Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DRAMATIESE KUNSTE
NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all



--295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a/v1-20e004afb86073eee4e0/card.webp)
--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)
Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 611.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC November Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr (40)
AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
Vaardighede (40)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
20ste-eeuse Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
Mother Courage Bertolt Brecht
Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
Waiting for Godot Samuel Beckett
Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
Bagasie André P Brink
The Bald Primadonna Eugene Ionesco
Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNE TEATER
Skrapnel Willem Anker
Top Girls Carol Churchill
Popcorn Ben Elton
Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
Barney Simon OF
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Teater Company OF
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae (VRAAG 8 en VRAAG 9).
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
Hierdie vraag is VERPLIGTEND.
VRAAG 1
Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
BRON A
Wonderlike teater gee ons nie altyd
al die antwoorde nie.
Dit gee ons soms slegs die vrae.
[Bron: https://www.vectorstock.com/royalty-free-
vector/vraag-mark-vector-972076]
Bespreek, in 'n opstel, hoe die stelling in BRON A in die toneelteks en die 20ste-eeuse
Teaterbeweging wat jy bestudeer het, ondersoek word, asook die relevansie daarvan
vir ons lewens in die 21ste eeu.
Verwys na die volgende in jou opstel:
Voorbeelde van vrae wat deur die dramaturg in die toneelteks gevra word oor die
sosiopolitieke konteks, die lewe en menslikheid
Temas, karakters of taal in die toneelteks wat jou bespreking ondersteun
Die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het (Teater van die Absurde OF
Epiese Teater OF Postmoderne Teater) en die vrae wat daardeur ontstaan het
Skryf die titel/naam van die toneelteks en die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy
bestudeer het, aan die begin van jou opstel neer.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON B
Teater is 'n lewende, aktiewe, kollaboratiewe (samewerkende) kunsvorm. Vir my
beteken dit dat elke produksie anders is, hang af wie daaraan werk. Dit verander ook,
afhangend van die gehoor in die vertrek. Dit is wat teater kragtig en onvergeetlik maak.
[Bron: American Theatre, 22 Mei 2017]
Verbeel jou jy is 'n regisseur. Nadat jy die aanhaling in BRON B gelees het, is jy
geïnspireer om toneeluittreksels uit die toneelteks van Woza Albert! op te voer vir die
toneelfees van 'n plaaslike skool wat in Julie 2020 sal plaasvind.
2.1 Met verwysing na Woza Albert!, stel voor waarom teater as 'n 'kollaboratiewe
(samewerkende) kunsvorm' beskou kan word. (4)
2.2 Verduidelik waarom jy dink Woza Albert! 'n goeie keuse vir skole se
toneelfees kan wees. (4)
2.3 Noem en motiveer die toneelspelvaardighede wat jy van akteurs sal verwag
wat vir die produksie oudisies doen. (6)
2.4 Fokus op EEN toneel in die toneelteks.
Verduidelik aan die akteurs aan wie jy rolle in jou produksie toegeken het,
wat die geskikte toneelspelstyl sal wees om die toneel wat jy gekies het,
op te voer. (4)
2.5 Evalueer hoe enige TWEE insidente in die toneelstuk verskillende reaksies
kan uitlok, afhangend van verskillende gehore se ervaring. (8)
2.6 Stel aan die feesorganiseerders voor hoe die opvoerruimte kreatief gebruik
kan word om die styl van die toneelstuk te beklemtoon. (4)
2.7 Bespreek hoe jy die slot van die toneelstuk sal regisseer om 'n 'kragtig(e) en
onvergeetlik(e)' oomblik vir die gehoor by die fees te skep. Noem spesifieke
produksie- en opvoerelemente in jou antwoord. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON C
Teater is 'n lewende, aktiewe, kollaboratiewe (samewerkende) kunsvorm. Vir my
beteken dit dat elke produksie anders is, hang af wie daaraan werk. Dit verander ook,
afhangend van die gehoor in die vertrek. Dit is wat teater kragtig en onvergeetlik maak.
[Bron: American Theatre, 22 Mei 2017]
Verbeel jou jy is 'n regisseur. Nadat jy die aanhaling in BRON C gelees het, is jy
geïnspireer om toneeluittreksels uit die toneelteks van Sophiatown op te voer vir die
toneelfees van 'n plaaslike skool wat in Julie 2020 sal plaasvind.
3.1 Met verwysing na Sophiatown, stel voor waarom teater as 'n 'kollaboratiewe
(samewerkende) kunsvorm' beskou kan word. (4)
3.2 Verduidelik waarom jy dink Sophiatown 'n goeie keuse vir skole se toneelfees
kan wees. (4)
3.3 Noem en motiveer die toneelspelvaardighede wat jy van akteurs sal verwag
wat vir die produksie oudisies doen. (6)
3.4 Fokus op EEN toneel in die toneelstuk.
Verduidelik aan die akteurs aan wie jy rolle in jou produksie toegeken het,
wat die geskikte toneelspelstyl sal wees om die toneel wat jy gekies het,
op te voer. (4)
3.5 Evalueer hoe enige TWEE insidente in die toneelstuk verskillende reaksies
kan veroorsaak afhangend van verskillende gehore se ervaring. (8)
3.6 Stel aan die feesorganiseerders voor hoe die opvoerruimte kreatief gebruik
kan word om die styl van die toneelstuk te beklemtoon. (4)
3.7 Bespreek hoe jy die slot van die toneelstuk sal regisseer om 'n 'kragtig(e) en
onvergeetlik(e)' oomblik vir die gehoor by die fees te skep. Noem spesifieke
produksie- en opvoerelemente in jou antwoord. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON D
Teater is 'n lewende, aktiewe, kollaboratiewe (samewerkende) kunsvorm. Vir my
beteken dit dat elke produksie anders is, hang af wie daaraan werk. Dit verander ook,
afhangend van die gehoor in die vertrek. Dit is wat teater kragtig en onvergeetlik maak.
[Bron: American Theatre, 22 Mei 2017]
Verbeel jou jy is 'n regisseur. Nadat jy die aanhaling in BRON D gelees het, is jy
geïnspireer om toneeluittreksels uit die toneelteks van Siener in die Suburbs op te voer
vir die toneelfees van 'n plaaslike skool wat in Julie 2020 sal plaasvind.
4.1 Met verwysing na Siener in die Suburbs, stel voor waarom teater as 'n
'kollaboratiewe (samewerkende) kunsvorm' beskou kan word. (4)
4.2 Verduidelik waarom jy dink Siener in die Suburbs 'n goeie keuse vir skole se
toneelfees kan wees. (4)
4.3 Noem en motiveer die toneelspelvaardighede wat jy van akteurs sal verwag
wat vir die produksie oudisies doen. (6)
4.4 Kies EEN toneel in die toneelstuk.
Verduidelik aan die akteurs aan wie jy rolle in jou produksie toegeken het,
wat die geskikte toneelspelstyl sal wees om die toneel wat jy gekies het,
op te voer. (4)
4.5 Evalueer hoe enige TWEE insidente in die toneelstuk verskillende reaksies
kan veroorsaak afhangend van verskillende gehore se ervaring. (8)
4.6 Stel aan die feesorganiseerders voor hoe die opvoerruimte kreatief gebruik
kan word om die styl van die toneelstuk te beklemtoon. (4)
4.7 Bespreek hoe jy die slot van die toneelstuk sal regisseer om 'n 'kragtig(e) en
onvergeetlik(e)' oomblik vir die gehoor by die fees te skep. Noem spesifieke
produksie- en opvoerelemente in jou antwoord. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2019
NSS
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON E
Nothing but the Truth
deur John Kani
Teaterprogram
Sinopsis
Nothing but the Truth
speel af in 'n Suid-
Afrikaanse township.
Dit vertel die verhaal van
Sipho en Thando wat
wag vir die koms van die
liggaam van Sipho se
oorlede broer, Themba.
Themba se dogter,
Mandisa, daag op met
haar vader se as. Die
koms van die as verskaf
'n katalisator vir die
onthulling van geheime
uit die verlede.
Kommentaar deur Dramatis Personae & Rolverdeling
die Rolverdeling
'Dis 'n droom wat Sipho Makhaya – Alex Hadebe
bewaarheid word om deel Thando Makhaya – Boipelo Tseou
van hierdie spesiale Mandisa Mckay – Dorothy Aver
produksie te wees. Saam
met ons regisseur het Regisseur – Patricia Skosana
ons probeer om die
essensie van hierdie
meesterstuk vas te vang.' Programnota
– Alex Dit is 'n toneelstuk wat in die genre van Teater vir Versoening
'Deur 'n ondersoek van die val. Dit is anders as Protesteater of Teater van die Stryd. Kani
realistiese elemente glo se teks is steeds relevant en die kwessies wat uitgelig word, is
ons dat die opvoerings steeds net so toepaslik soos wat dit meer as 'n dekade gelede
waar en opreg is. Dankie was. Dit is teater wat die persoonlike saam met die politieke
Stanislavski.' – Boipelo weef om albei op 'n baie dieper en meer betekenisvolle vlak te
bring.
'Realisme op sy beste.' –
Dorothy
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2019
NSS
Jou klas het onlangs 'n produksie van Nothing but the Truth by julle plaaslike teater
bygewoon. Jy het 'n kopie van die teaterprogram by BRON E ontvang.
5.1 Definieer die volgende terme wat in die program gebruik is:
Sinopsis (1)
Rolverdeling (1)
Teks (1)
Regisseur (1)
5.2 Verwys na die sinopsis in die programnota by BRON E.
Motiveer of jy met die beskrywing van die Makhaya-familie as 'n 'familie in
krisis' saamstem of nie.
Verwys na die karakters in jou antwoord. (6)
5.3 Stel voor waarom die toneelstuk as Realisme beskryf word met verwysing na
die kostuums en onderwerpmateriaal. (6)
5.4 Verduidelik hoe enige van die akteurs in die rolverdeling VIER tegnieke van
Stanislavski' se Sisteem/Metode kan gebruik om 'n opvoering te skep wat
'waar en opreg' is.
Verwys na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk om jou antwoord te
motiveer. (8)
5.5 Evalueer waarom die dekorstel en opvoerruimte wat in die prentjie op die
program uitgebeeld word, vir 'n produksie van die toneelstuk geskik is. (6)
5.6 Bespreek waarom Nothing but the Truth 'n doeltreffende titel vir die toneelstuk
is. Verwys na gebeure en karakters in die teks. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON F
Groundswell deur Ian Bruce
Sinopsis
Teaterprogram
In 'n strandgastehuis aan die
onreëlmatige kus van
westelike Suid-Afrika, sweer
twee mans saam om hulle
enigste gas te oortuig om in
hulle diamantmynskema te
belê. Die drie mans bevind
hulleself in 'n magstryd wat
deur gierigheid en
desperaatheid aangevuur
word en sal enigiets doen om
'n kans op 'n beter lewe te
verseker.
Kommentaar deur
die Rolverdeling Dramatis Personae & Rolverdeling
'Dis 'n droom wat bewaarheid
word om deel van hierdie Thami – Kabu Ngwenya
spesiale produksie te wees. Johan – Stefan Jordaan
Saam met ons regisseur het Smith – Wilbur Lucas
ons probeer om die essensie
van hierdie meesterstuk vas te Regisseur – Sophia Rasmeni
vang.' – Kabu
Programnota
'Deur 'n ondersoek van die Daar is nog geen antwoord op die vraag oor wie 'n
realistiese elemente glo ons Afrikaan is nie. Kan wit mense deur swart mense as
dat die opvoerings waar en Afrikane aanvaar word? Die nalatenskap van verdeling –
opreg is. Dankie Stanislavski.' kultureel, sosiaal, geografies, sielkundig – bly
– Stefan voortbestaan. Dit wakker 'n vloedgolf van woede, verlies
aan identiteit, hoop en vooroordeel aan wat aanhou om
'Realisme op sy beste.' – ons alledaagse omgang te versteur. Die teks bevat
Wilbur magstryd en persoonlike konflik. Ten opsigte hiervan
beoordeel Groundswell nie, dit sê dinge soos wat dit is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2019
NSS
Jou klas het onlangs 'n produksie van Groundswell by julle plaaslike teater bygewoon.
Jy het 'n kopie van die teaterprogram by BRON F ontvang.
6.1 Definieer die volgende terme wat in die program gebruik is:
Sinopsis (1)
Rolverdeling (1)
Teks (1)
Regisseur (1)
6.2 Verwys na die sinopsis in die programnota by BRON F.
Motiveer of jy met die beskrywing van die 'drie mans bevind hulleself in 'n
magstryd' saamstem of nie.
Verwys na die karakters in jou antwoord. (6)
6.3 Stel voor waarom die toneelstuk as Realisme beskryf word met verwysing na
die kostuums en onderwerpmateriaal. (6)
6.4 Verduidelik hoe enige van die akteurs in die rolverdeling VIER tegnieke van
Stanislavski' se Sisteem/Metode kan gebruik om 'n opvoering te skep wat
'waar en opreg' is.
Verwys na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk om jou antwoord te
motiveer. (8)
6.5 Evalueer waarom die dekorstel en opvoerruimte wat in die prentjie op die
program uitgebeeld word, vir 'n produksie van die toneelstuk geskik is. (6)
6.6 Bespreek waarom Groundswell 'n doeltreffende titel vir hierdie toneelstuk is.
Verwys na karakters en gebeure in die teks (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON G
Mis deur Reza de Wet
Sinopsis
Teaterprogram
Die magies-realistiese toneel-
stuk, Mis, handel oor 'n dogter
se ontsnapping aan haar
wanfunksionele, landelike
gesin. Dit plaas vroue wat
vasgevang en bang is onder
die soeklig en ondersoek hoe
ver vrees hulle kan neem.
Kommentaar deur
die Rolverdeling
'Dis 'n droom wat bewaarheid
word om deel van hierdie
spesiale produksie te wees.
Dramatis Personae & Rolverdeling
Saam met ons regisseur het
ons probeer om die essensie
Miem – Karien van Jaarsveld
van hierdie meesterstuk vas te
Meisie – Trienie du Toit
vang.' – Karien
Gertie – Rushana Flank
Konstabel – Michael Slater
'Deur 'n ondersoek van die
realistiese elemente glo ons
Regisseur – Darren Noels
dat die opvoerings waar en
opreg is. Dankie Stanislavski.'
Programnota
– Trienie
Hierdie teks het my van die begin af aangegryp – die
beelde en woorde wat deur Reza de Wet opgetower is,
het my onmiddellik aangetrek. Vroue wat vasgevang,
'Realisme op sy beste.' –
bang of vermis is, is nie net op een besondere
Rushana
gemeenskap van toepassing nie. Dit hou verband met die
meeste gemeenskappe in hierdie land en baie ander
lande in die wêreld. So, ek kon dit universeel maak en dit
is baie opwindend vir my.
Jou klas het onlangs 'n produksie van Mis by julle plaaslike teater bygewoon. Jy het
'n kopie van die teaterprogram by BRON G ontvang.
7.1 Definieer die volgende terme wat in die program gebruik is:
Sinopsis (1)
Rolverdeling (1)
Teks (1)
Regisseur (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2019
NSS
7.2 Verwys na die sinopsis in die programnota by BRON G.
Motiveer of jy met die beskrywing van die gesin as 'wanfunksioneel'
saamstem of nie.
Verwys na die karakters in jou antwoord. (6)
7.3 Stel voor waarom die toneelstuk as Realisme beskryf word met verwysing na
die kostuums en onderwerpmateriaal. (6)
7.4 Verduidelik hoe enige van die akteurs in die rolverdeling VIER tegnieke van
Stanislavski' se Sisteem/Metode kan gebruik om 'n opvoering te skep wat
'waar en opreg' is.
Verwys na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk om jou antwoord
te motiveer. (8)
7.5 Evalueer waarom die dekorstel en opvoerruimte wat in die prentjie op die
program uitgebeeld word, vir 'n produksie van die toneelstuk geskik is. (6)
7.6 Bespreek waarom Mis 'n doeltreffende titel vir hierdie toneelstuk is. Verwys
na die verskillende interpretasies van die woord 'mis' en die temas. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2019
NSS
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
Beantwoord óf VRAAG 8 óf VRAAG 9.
VRAAG 8: OUDISIEPROGRAM OF TEMAPROGRAM
Jy het jou finale opvoeringseksamen (oudisieprogram OF temaprogram) gedoen.
Gee die graad 12-Dramatiese Kunste-leerders van volgende jaar raad oor hoe om vir
'n suksesvolle opvoeringseksamen te beplan.
8.1 Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer dramatiese items
(stukke) vir 'n opvoering gekies word. (4)
8.2 Stel TWEE voordele van gereelde repetisies voor. (2)
8.3 Analiseer TWEE uitdagings om in 'n groep te werk. (4)
8.4 Verskaf praktiese wenke wat volgende jaar se graad 12-leerders sal help om
vir die dag van hulle finale praktiese eksamen voor te berei om 'n suksesvolle
optrede te verseker. (6)
8.5 Bespreek hoe die beginsels van die teaterpraktisyn, Jerzy Grotowski, jou
begrip en ondervinding van praktiese werk beïnvloed het. Gee voorbeelde om
jou antwoord te motiveer. (8)
8.6 Daar is deesdae 'n hele aantal innoverende vorms van vermaak beskikbaar.
Dit sluit in YouTube-video's, Straatteater, rekenaarspeletjies, films (op TV/
Netflix of in die rolprentteater), ens.
Kies enige EEN van hierdie vorms wat jou aantrek en lewer kommentaar op
die doeltreffendheid van die dramatiese vaardighede en tegnieke wat gebruik
is. (8)
8.7 Bespreek die uitdagings wat sommige leerders kan ervaar om toegang te kry
tot drama- en teaterproduksies, en hoe die beskikbaarheid van tegnologie
(selfone, slimfone, die internet, ens.) kan help om hierdie uitdagings te
oorkom om te verseker dat almal na dramaproduksies kan kyk. (8)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 9: TEGNIESE TEATERPROGRAM
Jy het jou finale tegnieseteaterprogram-eksamen (stelontwerp OF verhoogbestuur OF
filmwerk OF regisseerwerk) gedoen.
Gee die graad 12-Dramatiese Kunste-leerders van volgende jaar raad oor hoe om vir
'n suksesvolle tegniese teaterprogram te beplan.
9.1 Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer een van die
tegniese teaterprogramopsies vir jou finale praktiese eksamen gekies word. (4)
9.2 Stel TWEE voordele van gereelde repetisies voor. (2)
9.3 Analiseer TWEE uitdagings om saam met ander mense te werk. (4)
9.4 Verskaf praktiese wenke wat volgende jaar se graad 12-leerders sal help om
vir die dag van hulle finale praktiese eksamen-optrede/-vertoning of
-aanbieding voor te berei. (6)
9.5 Bespreek hoe die analise van die *gegewe omstandighede van die
opvoering/film jou begrip van die visuele wêreld wat op die verhoog OF in 'n
film geskep word, gehelp het.
Gee voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.
*Gegewe omstandighede is die seisoen, geografiese omgewing, dramatiese
situasies van karakters, datum, tyd, ens. van 'n dramatiese item/toneelteks. (8)
9.6 Daar is deesdae 'n hele aantal innoverende vorms van vermaak beskikbaar.
Dit sluit in YouTube-video's, Straatteater, rekenaarspeletjies, films (op TV/
Netflix of in die rolprentteater), ens.
Kies enige EEN van hierdie vorms wat jou aantrek en lewer kommentaar op
die doeltreffendheid van die dramatiese vaardighede en tegnieke wat gebruik
is. (8)
9.7 Bespreek die uitdagings wat sommige leerders kan ervaar om toegang te kry
tot drama- en teaterproduksies, en hoe die beskikbaarheid van tegnologie
(selfone, slimfone, die internet, ens.) kan help om hierdie uitdagings te
oorkom om te verseker dat almal na dramaproduksies kan kyk. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2019 QP (Eng)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a/v1-20e004afb86073eee4e0/card.webp)
Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)
Memorandum