Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2012 QP (Afr)

Question paperDramatic ArtsGrade 12201222 pages

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2012 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2012 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. BEANTWOORD SLEGS DIE VRAE OOR DIE TONEELTEKSTE WAT JY BESTUDEER HET. 2. Daar word VYFTIEN minute leestyd toegestaan voor die begin van die eksamen. 3. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A (30 punte) AFDELING B (60 punte) AFDELING C (60 punte) 4. AFDELING A bestaan uit TWEE vrae: VRAAG 1: Epiese Teater (Kaukasiese Krytsirkel, Moeder Courage of Kanna Hy Kô Hystoe) VRAAG 2: Teater van die Absurde (Afspraak met Godot, Die Kaalkop Prima Donna of Bagasie) Beantwoord slegs EEN vraag uit AFDELING A. 5. AFDELING B bestaan uit AGT vrae: • VRAAG 3 (Boesman en Lena) • VRAAG 4 (uNosilimela) • VRAAG 5 (Woza Albert!) • VRAAG 6 (Sophiatown) • VRAAG 7 (Nothing but the Truth) • VRAAG 8 (Groundswell) • VRAAG 9 (Siener in die Suburbs) • VRAAG 10 (Mis) Beantwoord slegs TWEE vrae uit AFDELING B. 6. AFDELING C bestaan uit DRIE vrae. VRAAG 11 en VRAAG 12 is VERPLIGTEND. Beantwoord by VRAAG 13 enige EEN van die drie vrae: VRAAG 13.1 OF VRAAG 13.2 OF VRAAG 13.3. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Gee aandag aan die getal punte wat aan elke vraag toegeken is. 9. Gebruik jou klaskamerkennis, asook onafhanklike en kreatiewe denke, om die vrae te beantwoord. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2012 NSS AFDELING A: BEGRYP EN ANALISEER Beantwoord ÓF VRAAG 1: EPIESE TEATER ÓF VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE. VRAAG 1: EPIESE TEATER Beantwoord hierdie vraag indien jy Kaukasiese Krytsirkel OF Moeder Courage OF Kanna Hy Kô Hystoe bestudeer het. Brecht het sy Epiese Teater beskryf as teater wat die droomwêreld uitdaag waar alle probleme sorgvuldig opgelos word; hy wou 'n toeskouer hê wat wakker en waaksaam is. Sy teater het probleme gestel, en in plaas van om hulle op te los, is die taak om oplossings te vind aan die gehoor oorgelaat. Bespreek in 'n opstel hoe die Epiese tegnieke en die temas wat in die Epiese toneelstuk wat jy hierdie jaar bestudeer het, gebruik is om die gehoor aan te moedig om bewus te wees van en krities te wees oor die samelewing se probleme. [30] OF VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE Beantwoord hierdie vraag indien jy Afspraak met Godot OF Die Kaalkop Prima Donna OF Bagasie bestudeer het. Absurde Teater was surrealisties, onlogies, sonder konflik en sonder storielyn (plot). Die dialoog het dikwels soos totale brabbeltaal geklink. Dit was dus geen verrassing dat die publiek dit aanvanklik onbegryplik gevind en verwerp het nie. (Jerome P Crabbe) Verduidelik in 'n gedetailleerde opstel hoe die stelling hierbo waar is van die Absurde genre. Jy kan die volgende in jou antwoord insluit: • Filosofie van Teater van die Absurde • Eienskappe/Kenmerke van Teater van die Absurde • Struktuur van toneelstukke • Dialoog wat in toneelstukke gebruik word Jy moet spesifieke voorbeelde uit die toneelteks gebruik om jou antwoord te ondersteun. [30] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2012 NSS AFDELING B: BEGRYP EN ANALISEER Beantwoord slegs TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 3: BOESMAN EN LENA DEUR ATHOL FUGARD Lees die uittreksel uit Boesman en Lena hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LENA: Aikona! Met daai gaat ek polies toe. 1 BOESMAN: Daai't jy ook al getry … en wat gebeur? 'Sy's my vrou, Baas. Net bietjie warm gemaak …' 'Wel, vat haar' … Finish en klaar – hulle weet hoe dit met onse soort is. LENA: Dié slag nei! My naam is Maria, right 'Ken nie die man nie, my baas.' 5 Waar's jou proof nou BOESMAN: [Hou geklemde vuis omhoog] Hiesa! LENA: Pasop vir daai! Jy sal nog so aangaan, dan taai hulle die toutjie om jou nek! BOESMAN: Vir jóú? [Neerhalende lag.] Not guilty! Ge-discharge. 10 LENA: Staat jy daar met jou bek! Meantime vrek jy van die skytbang vir daai tou. Nei, Boesman, waar jý ophou met slaan is dit nie van die moeg nie, of van genoeg gehet het nie, dis van skytbang! Ja. [Pouse] Ja. Dis wanneer ek dit meeste voel … as jy versigtig slaan. Daai laastes … wanneer jy mik. Ek tel daais. Een … nog een … wag vir die 15 volgende ene! Hy rus net. Jy's reg, Boesman. Daai's proof. As ek dit voel, sal ek weet. Daai's wie ek is: Lena. BOESMAN: [Met nadruk] En ek's Boesman. 3.1 Verduidelik waarom Athol Fugard verkies het om 'n mengsel van tale in die uittreksel hierbo te gebruik. (4) 3.2 Bestudeer reël 2–4. 3.2.1 Waarom het die polisie nie destyds Lena se klagtes oor mishandeling ernstig opgeneem nie? (4) 3.2.2 Hoe beklemtoon Boesman se dialoog in hierdie reëls sy houding teenoor mishandeling en huishoudelike geweld? (4) 3.2.3 Hierdie toneelstuk is vir die eerste keer op 10 Julie 1969 opgevoer en het die heersende denkwyses van daardie tyd weerspieël. Dink jy die polisie se gesindheid teenoor mishandeling en huishoudelike geweld het sedertdien verander? Gee redes vir jou antwoord. (4) 3.3 Waarom voer Lena nie haar dreigement uit om Boesman te verlaat nie? (3) 3.4 Beskryf die verhoogtipe wat vir 'n produksie van Boesman en Lena geskik sal wees. Gee 'n rede vir jou antwoord. (3) 3.5 'Lena is Boesman se slagoffer en Boesman is 'n slagoffer van die samelewing.' Bespreek hoe die uittreksel die geldigheid (waarheid) van die stelling hierbo (8) bewys. Verwys na die uittreksel en die teks in die geheel. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2012 NSS VRAAG 4: uNOSILIMELA DEUR CREDO MUTWA Lees die uittreksel uit uNosilimela hieronder en beantwoord die vrae wat volg. The storyteller. The umuzi of Magadlemzini is set on the iThala. The 1 actors populate it as the storyteller narrates. Women are busy at various household chores; men sharpen, carve, decorate weapons, drink, chat, etc. STORYTELLER: No more in the mists of legend but the living present, where in the 5 south-west of Natal, on the banks of the Nkomazi River, there live the amaQhashi, who have been at war with the amaDedevu for over a hundred years. The amaQhashi are ruled by their king, Magadlemzini, who loves nothing more than to lie in the sun pretending to be sick. His great wife is Namdozolwana oyinyumba, 10 barren sangoma, guardian of the cave of the Earth Mother. iThala/Inkundla. Magadlemzini's umuzi. The amaQhashi is singing a satirical song about Namdozolwana, while one of the women stands guard. 14 4.1 uNosilimela bevat elemente van mitologie. Identifiseer 'n mite uit die teks en verduidelik hoe dit die struktuur en styl van die toneelstuk versterk. (4) 4.2 In die toneelstuk uNosilimela neem die storieverteller die posisie van God die Skepper in. 4.2.1 Hoe help die storieverteller die gehoor om die toneelstuk beter te verstaan? (2) 4.2.2 Hoe sou jy die storieverteller aantrek (kostumeer) om 'die beeld van God' voor te stel? (2) 4.2.3 Verbeel jou dat jy die rol van die storieverteller gaan speel. Verduidelik hoe jy reël 5–11 sou vertolk deur enige TWEE eienskappe van spraak (stembuiging, volume, toonhoogte, pas, pousering en klem) te gebruik om die karakter van die storieverteller doeltreffend uit te beeld. (4) 4.3 Verduidelik hoe jy enige DRIE rekwisiete sou gebruik om die opvoering van die toneelstuk te versterk. Motiveer jou antwoord. (6) 4.4 Bestudeer die verhoogopset van uNosilimela op die volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2012 NSS VERHOOGAREAS 1. 1. Area vir Geeste AREA VIR GEESTE Verhoogruimte vir die bonatuurlike Grot en/of Ithala Gewyde omheinde deel vir God G G E E gereserveer 3. 3. H AREA H 2. Hoë Area 2. AREA O VIR HOË VIR O Area waar storie bekendgestel word O LEWE O 3. Area vir Lewe AREA LEWE R R Verhoogarea waar hoofgebeurtenisse plaasvind en gehoor/spelers sit 5. 4. 4. Inkundla Ishashalazi Verhoog waar dramatiese handeling Inkundla afgesluit word GEHOOR GEHOOR 5. Ishashalazi Bykomende verhoog vir hoofopvoering 6. Ingang en Uitgang 6 Enigste ingang vir beide akteurs en gehoor [© Endlini kaGogo: IKS in Contemporary Context deur Phil Manana 2010] 4.4.1 Waarom moet die gehoor rondom sommige van die opvoerareas sit? (4) 4.4.2 Noem EEN voordeel van hierdie verhoogtipe. (2) 4.4.3 Bespreek EEN beperking van hierdie verhoogtipe. (2) 4.4.4 Watter klanke en ander spesiale verhoogeffekte sou jy gebruik om die gewyde (heilige) aard van die Ithala/grot weer te gee? (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2012 NSS VRAAG 5: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Lees die uittreksel uit 'n resensie deur Lesley Stones oor die toneelstuk Woza Albert! hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Hierdie is 'n uiters fisiese stuk teater, met die akteurs Mncedisi Shabangu en Hamilton 1 Dlamini wat in tekkies en sweetpakbroeke rondhardloop. Hulle is gou deurweek met sweet; deels omdat die lugversorging nie gewerk het nie, en deels omdat die toneelstuk so veeleisend is. Dit is verstommend hoeveel geraas twee mans kan maak soos hulle tronksirenes, treine, blaffende honde en 'n dosyn ander geluide uit die 5 daaglikse lewe van die strate van Johannesburg namaak. Die toneelstuk deur Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon is gevul met geestigheid (humor) en satire. Shabangu en Dlamini speel 'n verskeidenheid karakters om die ongelykhede van die lewe, toe wittes alles gehad het en swartes die afvalstukkies moes optel, na vore te bring. 10 Pienk narreneuse verander hulle in Afrikaners, wat hierdie punt op 'n ondermynende (opstandige) en visuele manier beklemtoon. Albei akteurs het 'n oormaat vaardigheid en energie, en Shabangu se ongelooflike gesigsuitdrukkings roer regtig die hart. Waar hy 'n ou verflenterde straatloper speel, probeer hy moedig om garing in 'n naald te steek om sy verslete jas reg te maak. Die 15 gehoor het spontaan hande geklap toe die denkbeeldige garing uiteindelik deur die denkbeeldige naald gesteek is. 5.1 Sou die lees van die resensie jou aanspoor om 'n opvoering van die toneelstuk Woza Albert! te gaan kyk? Motiveer jou antwoord. (4) 5.2 Verduidelik waarom die opvoering van hierdie toneelstuk as 'n 'uiters fisiese stuk teater' beskryf word. Gee TWEE redes. (4) 5.3 Verduidelik waarom en hoe die akteurs hulle liggame as opvoerinstrumente gebruik om die onderskeie karakters en die klanke in die toneelstuk te skep. (6) 5.4 'Die gehoor het spontaan hande geklap toe die denkbeeldige garing uiteindelik deur die denkbeeldige naald gesteek is' (reël 15–17). Watter toneelspeltegniek word hier gebruik en waarom was dit nodig om hierdie metode te gebruik? (3) 5.5 Verduidelik waarom Woza Albert! 'n goeie voorbeeld van 'n protestoneelstuk is. (3) 5.6 Bespreek TWEE temas, met voorbeelde uit die toneelstuk, wat die aandag vestig op die 'ongelykhede van die lewe, toe wittes alles gehad het en swartes die afvalstukkies moes optel' (reël 9–10). (10) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2012 NSS VRAAG 6: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE-TEATERGESELSKAP Verwys na die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. BRON A B C A 'n Produksiefoto van Sophiatown wat die uittreksel in BRON B weerspieël BRON B (The household breaks into a celebratory song.) 1 A bo tle Re ba kakqathe Ga bo pala Re bo tsho lole (x 2) 5 (Let it come We'll drink it If it doesn't taste nice We'll throw it out) (x 2) (RUTH fetches bottles of gin, brandy and whiskey, hidden in brown- 10 paper packets. LULU hands out glasses. The song gets raucous. RUTH interrupts.) RUTH: I've got a surprise! Along with the usual gift from the Yeoville shops: a bottle of special home-made Jewish Friday night wine. FAFHEE: What? 15 RUTH: I thought we might all like to try it. It's specially made for Friday night, and today's Friday, so here we are. Who knows, the entire house may be miraculously converted. FAFHEE: Three drops of this Jewish wine and we're all Softown Majietas. JAKES: Com'on then, let's hit that bottle. 20 (He opens the wine and pours.) Right everybody, take a glass. We'll drink a toast in Jewish wine to the Jewish girl. And here's hoping for an instant rise in circulation. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2012 NSS 6.1 Identifiseer die karakters A, B en C op die produksiefoto. (3) 6.2 Waarom begin die huishouding in reël 1 feestelik saamsing? (3) 6.3 Wat was die doel daarvan om liedjies in die toneelstuk Sophiatown in te sluit? (4) 6.4 Verduidelik hoe dit gebeur het dat Ruth, 'n wit meisie, in Mamariti se sjebeen beland het, en wat sê dit van haar karakter? (4) 6.5 In hierdie toneel geniet al die karakters die joligheid. Beskryf, in 'n paragraaf, 'n ander toneel uit die toneelstuk waar die luim en atmosfeer heeltemal anders is. (5) 6.6 Die toneelstuk Sophiatown is deur die Junction Avenue-Teatergeselskap geskep. 6.6.1 Noem die proses wat gebruik is om hierdie toneelstuk te skep. (1) 6.6.2 Beskryf kortliks DRIE fases in die skeppingsproses. (6) 6.6.3 Hoe kan hierdie metode om toneelstukke te skep, voordelig wees vir 'n teatergeselskap? (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2012 NSS VRAAG 7: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. BRON A 'n Produksiefoto van Nothing but the Truth wat die uittreksel in BRON B weerspieël BRON B SIPHO: The funeral! Oh, my God! The funeral! What are we going to do? 1 What about the night vigil? Reverend Haya is coming to conduct a small service for the arrival of Themba's body. What body? How could you do this to me? Why didn't your mother say anything to me? MANDISA: My mother wrote to you, Uncle Sipho, and you never replied. Anyway, 5 I don't see the problem. That's what everybody does in England. SIPHO: You burnt my brother. MANDISA: Don't say burnt. He was cremated, and that was my mother's wish. SIPHO: Your mother's wish. You burnt him to ashes. THANDO: Daddy, please! 10 SIPHO: (Pointing to the urn): What is in this thing? MANDISA: His ashes. SIPHO: All of him. MANDISA: Some of him. SIPHO: Where is the rest? 15 MANDISA: You don't take all the ashes from the oven. It's symbolic. The rest is … discharged is the word they use. SIPHO: You mean thrown away? MANDISA: All right. Yes. SIPHO: I want them all. 20 MANDISA: Oh this is ridiculous. I didn't come here to argue about ashes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2012 NSS 7.1 Beskryf die stel en kostuums in BRON A en verduidelik hoe dit die realistiese genre van die toneelstuk versterk. (6) 7.2 Verduidelik waarom die houer ('urn') op die tafel (BRON A) 'n bron van konflik in hierdie toneel is. (4) 7.3 Verwys na die uittreksel in BRON B. Hoe sou jy 'n akteur wat die rol van Sipho speel, lei om deur middel van vokale en fisiese vertolking die aandag op sy emosionele toestand in reël 1–4 te vestig? (6) 7.4 Bespreek die kulturele verskille tussen Mandisa en Sipho wat duidelik waarneembaar is in die uittreksel hierbo en die toneelstuk in geheel. (6) 7.5 Bespreek die toepaslikheid wat 'n toneelstuk soos Nothing but the Truth in die samelewing het deur na die karakters, dialoog en onderwerp te verwys. (8) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2012 NSS VRAAG 8: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE Verwys na die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A THAMI: There are men in the informal settlement of Rooikamp who will sell you a 1 diamond for the price of a white pipe or a papsak. JOHAN: That's who you've been talking to? THAMI: My parcel is growing fatter month by month. Week by week, in fact. JOHAN: (Shocked) You're lying. 5 THAMI: No. JOHAN: You're lying. Where's it? THAMI: Safe. JOHAN: Why didn't you tell me about it before? THAMI: Why should I tell you? So you can tell me it's wrong, and I must rather 10 wait until you can get a jackpot? JOHAN: I thought you were my friend, my partner. THAMI: I can't be that. (Johan fetches the knife, approaches Thami.) JOHAN: I wanted to help you, Thami. I wanted to make things right for you. 15 THAMI: I don't need you to do that for me. JOHAN: (Struck) No, don't say that. THAMI: I don't need you for anything. JOHAN: (Shows the knife) I'm warning you, I'll – THAMI: I know what you'll do. 20 JOHAN: Don't make me. THAMI: Don't make you what? Kill an unarmed man? Why not? That's what you can do. JOHAN: I didn't mean to – THAMI: But you did! You killed a man who couldn't protect himself. 25 BRON B 'n Produksiefoto van Groundswell wat die uittreksel in BRON A weerspieël Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2012 NSS 8.1 Watter opvoerstyl sou die geskikste vir hierdie toneelstuk wees? (1) 8.2 Beskryf die stel wat 'n mens kan gebruik om die opvoerstyl van die toneelstuk te ondersteun. (6) 8.3 Wat bedoel Thami in reël 11 wanneer hy van 'n 'jackpot' praat? (3) 8.4 Bestudeer reël 25. 8.4.1 Na watter gebeurtenis verwys Thami in hierdie reël? (2) 8.4.2 Bespreek hoe Thami se stelling die tema van skuld en verlossing beklemtoon. (4) 8.5 In reël 5 en 7 herhaal Johan die woorde: 'You're lying'. Hoe sou jy die akteur wat die rol van Johan speel, lei om hierdie reëls vokaal en fisies te vertolk om die groeiende spanning tussen die twee karakters te beklemtoon? (4) 8.6 Verwys na die foto in BRON B. Alhoewel Johan 'n mes vashou, wys Thami se lyftaal geen vrees nie. Verduidelik die magsverskuiwing tussen Johan en Thami, wat 'n hoogtepunt in hulle finale konfrontasie bereik. (6) 8.7 Lees die uittreksel uit 'n resensie van Groundswell hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Dit mag dalk lyk of Suid-Afrika ná apartheid ver van hier af is, maar die verhaal wat in Groundswell vertel word (wat daar afspeel), is een waarby baie gehoorlede taamlik maklik aanklank sou vind. Hierdie riller, wat deur Ian Bruce geskryf is, volg drie mans wat op 'n spanningskoord van hebsug en wanhoop binne 'n chaotiese bestel loop. (Diana Saenger) Stem jy saam dat gehoorlede die toneelstuk sal geniet selfs al ken hulle nie die geskiedenis van apartheid nie? Motiveer jou antwoord. (4) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2012 NSS VRAAG 9: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 9.1 Die karakters in die toneelstuk bevind hulle in 'n baie spesifieke sosiale omgewing waar daar onderskeid getref word tussen die boonste en onderste wêrelde van die suburb. 9.1.1 Noem EEN karakter wat aan die boonste wêreld van die suburbs behoort en verduidelik hoekom hy/sy daar geplaas is. (3) 9.1.2 In watter wêreld sal jy die karakter Sybil plaas? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) BRON A Die karakters streef daarna om uit die ellende van 'n sukkelbestaan te ontvlug. (Ernst Lindenberg uit sy resensie 'Siener is Iets Besonders') 9.2 Verduidelik hoe die karakter Tiemie 'n persoon weerspieël wat probeer om te ontvlug uit die ellende van 'n sukkelbestaan. (10) BRON B 9.3 Lees die uittreksel uit die toneelstuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JAKES: Kom, laat die oues van dae 'n slukkie drink. 1 FÉ: Sies! (Sy gaan staan by die motor.) GIEL: Nee, skink maar, ou vriend. JAKES : (Skink) Vir die soetgeit en die bloedgeit En die cherries se rondgeit 5 En die halfjack se kleingeit En die moeilikgeit … (Hulle drink.) GIEL: Jy moenie van moeilikheid praat nie, Jakes. Ek is in 'n lelike ding. JAKES: Jy dink jý't moeilikheid! Jy moet myne hoor. 10 GIEL: Dis 'n ernstige ding wat ek in is. Ek praat nou baie waar. JAKES: Orraait, let money talk. As jy groter moeilikheid het as ek, gee ek jou 'n kas van dié. Kom ons drink eers 'n lekka dikke op die ding. Ons versuip ons moeilikhede. Vrydag is Vrydag. (Hy skink weer.) Hier gaat die moeilikheid. 15 9.3.1 In die uittreksel hierbo sê Giel en Jakes dat hulle 'moeilikheid' het. Verduidelik wat Giel se 'moeilikheid' is. (3) 9.3.2 Jy vertolk die karakter Jakes. Verduidelik hoe jy deur middel van vokale en fisiese vertolking reël 1, 4–7 en 10 sou opvoer sodat Jakes se gesprek met Giel die gehoor se aandag sal behou. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2012 NSS 9.3.3 Jy is die regisseur van Siener in die Suburbs. Teken die skets hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en dui aan, met redes, waar jy die karakters Jakes, Fé en Giel tydens hul gesprek in die uittreksel hierbo sal plaas. Gebruik die volgende sleutel wanneer jy die karakters aandui: • J = Jakes • F = Fé • G = Giel VERHOOG GEHOOR (6) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2012 NSS VRAAG 10: MIS DEUR REZA DE WET 10.1 Bestudeer die bronne en beantwoord die vrae wat daarop volg. BRON A 'n Foto wat tydens die Groot Depressie (1929–1933) geneem is 10.1.1 Beskryf die maatskaplike en ekonomiese toestande van die Groot Depressie waarteen die drama Mis afspeel. (4) 10.1.2 Verduidelik hoe ELK van die volgende karakters deur die Groot Depressie beïnvloed is: • Miem (3) • Gabriël (3) • Meisie (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2012 NSS BRON B 10.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GERTIE: Ag, Miem … jy weet vanaand is nie 'n aand om alleen te wees nie. 1 MIEM: (Sug en gaan sit) Jy kan dit weer sê, Gertie. (Tel die goiing op en werk verder.) GERTIE: Toe dag ek, my tuin is so groot en die bure so ver … en toe … so in die stilligheid … hoor ek … geluide … Die hele huis het begin kraak … en 5 die luike het geklap. O, dit was aaklig. MIEM: Foei tog, Gertie, dis geen wonder nie. (Tel haar voet op en laat dit op 'n stoel rus.) GERTIE: En toe hoor ek 'n uil roep in die tuin. Jy weet wat die ou mense gesê het … nou ja … toe skraap ek maar 'n paar goedjies bymekaar … Ek is 10 jammer om so skielik op julle af te kom … MIEM: Jy't reg opgetree, Gertie. Vanaand moet ons almal saamstaan. MEISIE: Gisteraand het ek ook 'n uil gehoor. In die boom net voor my venster. MIEM: My arme kind. Maar moet jou nie bekommer nie. GERTIE: Ek wil nie moeite wees nie. 15 MIEM: Nee wat, Gertie, dis geen moeite nie. Jy kan op die klein bedjie in my kamer slaap. Meisie, neem solank juffrou Gertie se goed kamer toe. MEISIE: Ja, Ma. (Tel die hoed en die tassie op en verdwyn deur die gangdeur.) GERTIE: (Roep agter haar aan) Dankie, Meisie! ('n Sagte huilwind word gehoor.) 20 10.2.1 Waarom sê Gertie 'jy weet vanaand is nie 'n aand om alleen te wees nie' (reël 1)? (2) 10.2.2 'n Uil wat roep, is tradisioneel 'n teken van onheil. Verduidelik hoe die verwysings na uile in die uittreksel hierbo by die tema van beswering in Mis aansluit. (4) 10.2.3 Bespreek hoe die dramaturg, Reza de Wet, die geluid van die wind gebruik om atmosfeer en betekenis in Mis oor te dra. Verwys na die uittreksel hierbo en die toneelstuk in sy geheel. (6) 10.2.4 Jy vertolk die rol van Gertie. Verduidelik hoe jy reël 9–11 deur middel van vokale en fisiese vertolking sou opvoer om die stemming en atmosfeer te skep wat in hierdie reëls duidelik is. (5) [30] TOTAAL AFDELING B: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2012 NSS AFDELING C: PAS PERSOONLIKE HULPBRONNE TOE EN BESIN EN EVALUEER AFDELING C is VERPLIGTEND. VRAAG 11 Lees die vertaling van 'n monoloog uit Mr Matwetwe deur Thembile Pepetka hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MNR. MATWETWE: En toe … Ek het 'n groep jong seuns gesien, skielik het ek tot my 1 aardse sinne teruggekeer, ek het die bybel paniekerig onder my baadjie weggesteek, maar dit was te laat … Een van hulle het geskree 'Impimpi! (Spioen!) 'n Walkie-talkie (tweerigtingradio) onder sy baadjie!' Hulle het my gejaag met pangas, stokke, 5 klippe. Ek het die Bybel laat val toe ek hardloop … deurmekaar, huilend, ek het gehardloop na hierdie huis toe (hy hardloop oor die verhoog rond) hulle het die deur toegemaak, ek het na hierdie huis toe gehardloop, hulle het die deur toegemaak, ek het na hierdie een toe gehardloop, hulle het die deur toegemaak, hulle 10 het almal hulle deure toegemaak omdat hulle nie deur my siekte besmet wou word nie. Daar onder by Mbizweni Square het ek 'n hippo (weermagvoertuig) gesien, ek het gedink God is by my, ek het na die hippo toe gehardloop, maar toe trek dit weg, die sogenaamde beskermers van my township was weg. Die enigste 15 ding wat ek daarna kon onthou was, ek was moeg, (hy kniel) hulle het 'n tyre (motorband) om my nek gesit, koue petrol oor my lyf gegooi en my aan die brand gesteek. 11.1 Stel jou voor dat jy die monoloog hierbo as deel van jou Temaprogram moes aanbied. Beskryf TWEE oefeninge wat jy sou gebruik om jou stem en liggaam voor te berei om so 'n ernstige monoloog te kan vertolk. (4) 11.2 Verduidelik hoe afwisseling in die vokale (stem-) vertolking van die monoloog hierbo gebruik kan word om die gevoel van groeiende vrees en paniek te skep wat Mr Matwetwe voel. (6) 11.3 Ellipse (…) word in reël 1, 3 en 6 gevind. Wat stel jy voor moet gebeur waar die ellipse voorkom, en waarom? (2) 11.4 Stel voor wat die ander lede in jou groep kan doen terwyl jy hierdie monoloog opvoer. (3) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2012 NSS VRAAG 12 Verwys na die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON A 12.1 Sou jy die opvoering in BRON A as 'n voorbeeld van Fisiese Teater beskou? Motiveer jou antwoord. (3) 12.2 Verduidelik of jy sou verkies om na 'n fisieseteater-opvoering of 'n opvoering van 'n tradisionele toneelstuk te kyk. (4) 12.3 Hoe sou 'n geselskap bestaande uit slegs mans of slegs vroue die aanbieding van 'n fisieseteater-opvoering beïnvloed? Motiveer jou antwoord. (4) 12.4 Die liggaam sê meer as woorde. Waarom sou hierdie stelling waar wees vir die opvoering in BRON A? Motiveer jou antwoord. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2012 NSS BRON B 12.5 Bestudeer die foto in BRON B. Dink jy die gebruik van kostuums sou die opvoering van 'n bewegingstuk versterk? (3) 12.6 Bespreek TWEE vaardighede/eienskappe wat 'n leerder sou benodig om in die bewegingstuk wat hierbo getoon word, op te tree. (4) 12.7 Bespreek DRIE faktore wat jy en jou groep in aanmerking geneem het tydens die beplanning en voorbereiding van julle bewegingstuk. (6) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2012 NSS VRAAG 13 Beantwoord EEN van die volgende drie vrae, dus VRAAG 13.1 OF VRAAG 13.2 OF VRAAG 13.3. Jou antwoord moet ten minste EEN bladsy lank wees. 13.1 LEWENDIGE OPVOERING (KEUSEVRAAG) Die gehoor is die mees geëerde lid van die teater. Sonder 'n gehoor is daar geen teater nie. Alles wat gedoen word, is uiteindelik vir die genot van die gehoor. Hulle is ons gaste, medespelers en die laaste speek in die wiel wat dan kan begin draai. Hulle maak die opvoering betekenisvol. (Viola Spolin) Bespreek die geldigheid (waarheid) van die stellings hierbo, deur die impak wat die gehoor op die akteur en sy vertoning het, te beskryf. Verwys in jou antwoord na: • Opvoerings wat jy gesien het • Jou eie optree-ervaring • Teaterpraktisyns wat jy bestudeer het [15] OF 13.2 MEDIASTUDIES (KEUSEVRAAG) Werklikheidsprogramme soos Big Brother, Survivor, Idols, America's Got Talent, ensovoorts, het baie gewild geword onder hedendaagse gehore. Die droom om dit te 'maak' (suksesvol te wees), om jou naam in helder ligte te sien, om 'n glanspersoonlikheid te word en beroemd te wees, maak hierdie programme aanloklik vir mense. Op die ou end word die gewone man vergeet en is dit slegs die borge wat wen. Bespreek die gewildheid van werklikheidsprogramme en verduidelik hoekom dit gewone mense aantrek. Verwys in jou antwoord na: • Tegnieke wat gebruik word (byvoorbeeld die gebruik van glanspersoonlikhede) • Gehoordeelname • Oordrewe reklame in die media [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2012 NSS 13.3 KULTURELE OPVOERING EN RITUELE (KEUSEVRAAG) 'Ayibukelwa!' (SiSwati) [Geen toeskouers toegelaat nie!] 'Ayibukelwa' is 'n EmaSwati spreekwoord wat spesifiek verwys na die inheemse iNcwala [self- versterkingseremonie] wat toeskouerskap tydens die opvoering ontmoedig. In inheemse opvoerings word daar van die gehoor verwag om met die akteurs te meng en deel te neem aan die opvoering. Daar is geen onderskeid tussen die akteur en die toeskouer nie. Bespreek die geldigheid van die stelling hierbo. Verwys in jou antwoord na: • Die seremonie hierbo • Enige ander kulturele seremonie wat jy beoefen of wat aan jou bekend is • Die verhouding tussen die akteur en die gehoor [15] TOTAAL AFDELING C: 60 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all