Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
DRAMATIESE KUNSTE
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IDRAMEA*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 











View all





Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Question Paper
Grade 11 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape November 2015, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Dramatic Arts · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 887.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord SLEGS vrae wat op die drama tekste wat jy bestudeer het.
2. Lees tyd van 15 minute is voor die aanvang van die eksamen toegeken.
3. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 30 punte
AFDELING B: 40 punte
AFDELING C: 40 punte
AFDELING D: 40 punte
4. AFDELING A is VERPLIGTEND.
VRAAG 1: Realistiese Teater (ONDERWERP 1 & 2)
5. AFDELING B is VERPLIGTEND.
VRAAG 2: Suid-Afrikaanse Teater (ONDERWERP 4 & 5)
6. AFDELING C: Kontemporêre Pan-Afrikaanse Teater OF
Elizabethaanse Teater OF
Teater van die Verre-Ooste OF
Kontemporêre Amerikaanse Teater OF
Ekspressionistiese Teater
7. VRAAG 3: Kontemporêre Pan-Afrika Teater (KEUSEVRAAG)
OF
VRAAG 4: Elizabethaanse Teater (KEUSEVRAAG)
VRAAG 5: Teater van die Verre-Ooste (KEUSEVRAAG)
VRAAG 6: Kontemporêre Amerikaanse Teater (KEUSEVRAAG)
VRAAG 7: Ekspressionistiese Teater (KEUSEVRAAG)
8. AFDELING D is VERPLIGTEND.
VRAAG 8: Die Geskiedenis van Teater
9. AFDELING E: Praktiese werk en refleksie
Beantwoord SLEGS EEN vraag uit die volgende vrae:
VRAAG 9: Stem en fisiese werk OF
VRAAG 10: Lewendige optrede OF
VRAAG 11: Die rol van die Regisseur OF
VRAAG 12: Die rol van die Ontwerper
11. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
12. Hou in gedagte die puntetoekenning aan ʼn vraag om die lengte van jou
antwoord bepaal.
13. Gebruik jou klaskamerkennis, sowel as onafhanklike en kreatiewe denke om
die vrae te beantwoord.
14. Skryf netjies en leesbaar.
15. Trek ʼn lyn na elke afdeling.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 3
AFDELING A: TEATER VAN REALISME
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 1
Neem asseblief kennis dat jou keuse van teks om hierdie vraag te beantwoord nie
weer gebruik word in enige ander vraag wat volg nie. As jy byvoorbeeld kies om
hierdie vraag (VRAAG 1) te beantwoord oor ʼn Suid-Afrikaanse teks, mag jy nie
VRAAG 2 beantwoord deur na dieselfde teks te wys nie. Beantwoord elke vraag
oor die verskillende toneelstukke wat jy hierdie jaar bestudeer het.
Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vraag wat volg. Verwys na
die Realistiese Teaterteks wat jy bestudeer het om die vraag te beantwoord.
Die genialiteit van realisme, in die roman sowel as op die verhoog, is nie net om
die werklike wêreld getrou te weerspieël nie, maar vereis ook dat ons oor die
besonderhede gaan en oordeel wat ons dikwels ignoreer, as gevolg van hulle
oppervlakkige bekendheid.
[Newman Library, Towards Modern Drama. Digital Collections, Hoofstuk 9]
Skryf ʼn opstel waarin jy bespreek hoe die dramaturg die drama gebruik om
gemeenskapskwessies van die samelewing in die teks aan te spreek.
Oorweeg die gebeure in die drama en die verskillende temas daarvan.
Jou opstel moet ongeveer 3–4 bladsye lank wees.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 2
LET WEL: Kies ʼn ander teks vir elke vraag wat jy beantwoord.
2.1 Bespreek enige TWEE sosiale kwessies wat Suid-Afrikaanse dramas sal
aanspreek. (5)
2.2 Verduidelik waarom die stryd na identiteit een van die hooftemas in die
meeste Suid-Afrikaanse toneelstukke van die verlede gevorm het. (5)
2.3 Wat is alternatiewe teater? (2)
2.4 Skryf die verskille tussen die regering en alternatiewe teaterruimtes neer. (4)
2.5 Noem die titel en die dramaturg van die Suid-Afrikaanse Teater-teks wat jy
bestudeer het. (2)
2.6 Watter internasionale teaterstyl het die struktuur van die drama beïnvloed
wat jy bestudeer het? Gebruik die drama as verwysing om jou antwoord te
ondersteun. (10)
2.7 Op watter manier beïnvloed die karakterverhoudings die intrige van die
drama wat jy bestudeer het? Fokus op EEN verhouding in die drama om
jou antwoord te ondersteun. (8)
2.8 Wat is die voordele vir die Suid-Afrikaanse jeug in die studie van Suid-
Afrikaanse teatergeskiedenis? (4)
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 5
AFDELING C: Kontemporêre Pan-Afrikaanse Teater OF
Elizabethaanse Teater OF
Teater van die Verre-Ooste OF
Kontemporêre Amerikaanse Teater OF
Ekspressionistiese Teater
Beantwoord slegs die vraag wat gebaseer is op drama wat jy bestudeer het.
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE PAN-AFRIKAANSE TEATER
3.1 Verduidelik die term ‘mite’. (2)
3.2 Bespreek die gehoor-akteur verhouding in die Pan-Afrikaanse Teater. (6)
3.3 Wat is die VYF karaktereienskappe van Pan-Afrikaanse-teater? (5)
3.4 Skryf ʼn paragraaf waarin jy ʼn mondelinge tradisionele optrede beskryf wat
deel is van ʼn tradisionele seremonie. Verduidelik hoekom dit gesien kan
word as ʼn optrede. Oorweeg die elemente van mondelinge tradisie en
rituele teater in jou antwoord. (10)
3.5 Noem die titel en die dramaturg van die Pan-Afrikaanse teks wat jy
bestudeer het. (2)
3.6 Op watter tipe verhoog sal jy die drama laat afspeel? Oorweeg die ritme en
teikengehoor van die drama in jou antwoord. (10)
3.7 As jy ʼn karakter in hierdie drama sou speel, hoe sou jy te werk gaan om voor
te berei vir jou optrede? Kies EEN karakter van die drama as jou verwysing. (5)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 4: ELIZABETHAANSE TEATER
4.1 Verduidelik die konsep tragedie en gee ʼn voorbeeld daarvan. (4)
4.2 Bespreek hoe die Elizabethane hulle optrede geadverteer het. (3)
4.3 Beskryf hoe die teaters die sosiale struktuur van die periode in die plasing
van die gehoor bevestig het. (8)
4.4 Noem die titel en die dramaturg van die Elizabethaanse teks wat jy
bestudeer het. (2)
4.5 Oor watter kwaliteit moet ʼn akteur beskik om ʼn karakter in hierdie toneelstuk
te speel? (5)
4.6 Tot watter genre behoort die drama wat jy bestudeer het? Oorweeg die tema
van die drama om jou antwoord te ondersteun. (8)
4.7 Wat was die grootste bekommernis van Elizabethaanse dramaturge?
Gebruik die temas van die dramas wat jy bestudeer het om jou antwoorde te
ondersteun en gee voorbeelde. (10)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 7
VRAAG 5: TEATER VAN DIE VERRE-OOSTE
5.1 Bespreek die VIER hooftipes akteursrolle in die Chinese Teater. (8)
5.2 Vergelyk die Noh- en Kabuki-teater in terme van die struktuur van die
toneelstukke. (6)
5.3 Skryf ʼn kort paragraaf waarin jy die proses beskryf waardeur jy ʼn Noh-teater
akteur word. (6)
5.4 Verduidelik die gebruik van musiek in Kabuki-teater. (8)
5.5 Noem die titel en dramaturg van die Teater van die Verre-Ooste wat jy
bestudeer het. (2)
5.6 Hoe het die dramaturg die karakter in die drama wat jy bestudeer het in n
tradisionele manier gebruik? Verwys na jou kennis van die elemente van
karakters in die Verre-Ooste teater. (10)
[40]
OF
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE AMERIKAANSE TEATER
6.1 Wat is die ‘Amerikaanse Droom’ en watter effek het dit op die Amerikaners
in die verlede gehad? (6)
6.2 Bespreek DRIE ooreenkomste tussen Amerikaanse en Suid-Afrikaanse
historiese agtergrond. (6)
6.3 Verduidelik jou begrip van die frase ‘teater as ʼn wapen’ in die konteks van
Amerikaanse teater. (3)
6.4 Wie het die opleidingsmetode vir akteurs genoem ‘private moment’ geskep? (1)
6.5 Wat gebeur in die bogenoemde opleidingsmetode? (2)
6.6 Noem die titel en die dramaturg van die Amerikaanse teks wat jy bestudeer
het. (2)
6.7 Wat is die periode van die Amerikaanse Teater teks wat jy bestudeer het en
wat is die sosio-politieke konteks van daardie tyd? Verwys na die gebeure
in die drama om jou antwoord te ondersteun. (10)
6.8 Hoe beïnvloed die sosio-politieke toestande van daardie tyd die
karakterverhoudings en die tema van die drama? (10)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 7: EKSPRESSIONISTIESE TEATER
7.1 Verwys na die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
… In Realisme, mag hy sê, sit akteurs rond op stoele en praat oor die
weer, maar in Ekspressionisme staan hulle op dit en skreeu oor die wêreld
…
J L Steyn
7.1.1 Met verwysing na die bogenoemde uittreksel, wat is jou begrip van
die visuele verskil tussen Realisme en Ekspressionisme? Verwys
na die ruimte om jou antwoord te ondersteun. (8)
7.1.2 Wat suggereer die bogenoemde uittreksel oor die temas van
Ekspressionistiese Teaters? Verwys in jou antwoord na die
algemene temas van Ekspressionistiese Teater. (8)
7.2 Noem die titel en dramaturg van die Ekspressionistiese Teater teks wat jy
bestudeer het. (2)
7.3 Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Die doel van ekspressionistiese skrywers was om die innerlike gevoelens
en ervarings van karakters te ontbloot, eerder as die uiterlike realiteit
waarin hulle leef.
[Dramatic Arts, Grade 11 Learner’s Book/Via Afrika]
7.3.1 Bespreek die sosio-politieke konteks van die Ekspressionistiese
Teater-teks wat jy bestudeer het. (5)
7.3.2 Hoe het die dramaturg die karaktersituasies gebruik om die temas
van die Ekspressionistiese drama wat jy bestudeer het aan te
spreek? Ondersteun jou antwoord deur voorbeelde uit die drama
te gebruik. (10)
7.4 Verduidelik hoe jy sou karakteriseer vir ʼn ekspressionistiese
Teaterkarakter. Kies EEN karakter uit die drama en gebruik dit as
verwysing na jou antwoord. (7)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 9
AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE,
INHOUD EN VAARDIGHEDE
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 8
8.1 Oorweeg die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg:
8.1.1 Wat is die TWEE belangrikste drama genres verteenwoordig
deur die bogenoemde maskers? (2)
8.1.2 Verduidelik die TWEE belangrikste genres wat jy in
VRAAG 8.1.1 genoem het. (2)
8.2 Watter eksperimentele teaterpraktisyn se dramatiseringsmetodes is
beïnvloed deur die Noh-teater? Verduidelik die besonderhede van die
invloed. (6)
8.3 Wat is die akteur-gehoorverhouding in ‘Poor’-teater? Skyf ʼn kort paragraaf. (6)
8.4 Is dit nodig om formele drama-opleiding te het om ʼn goeie akteur/aktrise te
word? Ondersteun jou antwoord deur te verwys na jou of ander se
ervarings in drama. (4)
[20]
TOTAAL AFDELING D: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING E: PRAKTIESE WERK
Beantwoord SLEGS EEN vraag uit die volgende vrae.
VRAAG 9: Stem en Fisiese Werk OF VRAAG 10: Lewendige Optredes OF
VRAAG 11: Die Rol van die regisseur OF VRAAG 12: Die Rol van die Ontwerper
VRAAG 9: STEM EN FISIESE WERK (KEUSEVRAAG)
9.1 Oorweeg die volgende verskil tussen pouse en stilte in drama en
beantwoord die vrae wat volg:
Akteurs maak doelbewus gebruik van pouse om die gehoor meer
noukeurig na hulle te laat luister.
Stilte is onheilspellend maar gee die spreker ʼn wapen om die gehoor
te maak dink en reflekteer oor naakte waarheid.
[DifferenceBetween.com, Gepubliseer op Junie 9, 2011 deur Olivia]
9.1.1 Gee ʼn voorbeeld van ʼn moment in jou optrede waar jy ʼn pouse
en stilte gebruik het soos in die bogenoemde uittreksel. (6)
9.1.2 Beskryf EEN artikulasie oefening wat in drama gebruik kan word
om ʼn akteur voor te berei vir goeie hoorbaarheid. (2)
9.1.3 Wat is die resonansieholtes? (2)
9.2 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg:
[Chris Tobo, JOMBA 2014, Moving Into Dance Mophatong, Ngizwise]
9.2.1 Bespreek enige van Grotowski se tegnieke wat uit die
bogenoemde prent na vore kom. (4)
9.2.2 In watter manier ʼn kan menslike liggaam ʼn boodskap in die teater
kommunikeer? Gee ʼn voorbeeld om jou antwoord te ondersteun. (4)
9.2.3 Wat is van die uitdagings wat ʼn akteur in die gesig kan staar as sy
liggaam nie gereed is vir ʼn optrede nie? (2)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) DRAMATIESE KUNSTE 11
VRAAG 10: LEWENDIGE OPTREDE (KEUSEVRAAG)
10.1 Jy het onlangs in jou finale eksamen opgetree. Lewer ʼn geskrewe verslag
oor jou ondervinding.
Oorweeg die volgende in jou respons.
Die keuse van die regte materiaal om te dramatiseer
Die repetisie-proses
Tegniese aspekte van jou optrede
En die ondervinding opgedoen uit groepwerk [20]
OF
VRAAG 11: DIE ROL VAN DIE REGISSEUR
11.1 Oorweeg jou finale praktiese optrede en beantwoord die volgende vraag.
As die regisseur van die optrede, hoe het jy ritme in die vloei van die
drama toegepas?
Hou die volgende in gedagte:
Ritme om die tema van die optrede te kommunikeer
Ritme om die struktuur van die optrede te ondersteun
Ritme in terme van die atmosfeer van die produksie [20]
OF
VRAAG 12: DIE ROL VAN DIE ONTWERPER
12.1 Verwys na die film of die lewendige produksie wat jy hierdie jaar gesien het
en beantwoord die vraag wat volg.
Op watter manier het die ontwerper die ritme van die drama aangewend
om die temas van die drama te ondersteun?
Verskaf voorbeelde van die spesifieke drama wat jy bestudeer het om jou
antwoord te ondersteun. (10)
12.2 Oorweeg dieselfde film/lewendige optrede en beantwoord die volgende
vraag.
Beskryf hoe die ontwerper kostuum gebruik het om tyd in die produksie uit
te beeld. Gebruik voorbeelde uit die produksie om jou antwoord te
motiveer. (10)
[20]
TOTAAL AFDELING E: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 Dramatic Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dramatic Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 11 Dramatic Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More Dramatic Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Question Paper

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2014 Question Paper
More from Grade 11 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 11 Dram Art ATP 2023 24

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (English)

Memorandum