Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
DRAMATIESE KUNSTE
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 









_hlayiso.com_--a2f6daad-9dc6-4a35-9246-063278a2bb3d/v1-524340afecdc6ffa9ab5/card.webp)
_hlayiso.com_--6c605964-344e-4dca-94a8-89902c56bf68/v1-d90bba2055834a8b0dd8/card.webp)
View all




_hlayiso.com_--2012c6a4-6b5c-4a03-8828-7fd63fbb40dd/v1-470cd5ce179ee79f4ab6/card.webp)
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)
Grade 11 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Dramatic Arts · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 799.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord SLEGS vrae wat op die dramatekste wat jy bestudeer het, van
toepassing is.
2. Leestyd van 15 minute word voor die aanvang van die eksamen toegeken.
3. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 30 punte
AFDELING B: 40 punte
AFDELING C: 40 punte
AFDELING D: 40 punte
4. AFDELING A is VERPLIGTEND.
VRAAG 1: Teater van Realisme (ONDERWERP 1 en 2)
5. AFDELING B is VERPLIGTEND.
VRAAG 2: Suid-Afrikaanse Teater (ONDERWERP 4 en 5)
6. AFDELING C: Kontemporêre Pan-Afrikaanse Teater OF
Elizabethaanse Teater OF
Teater van die Verre-Ooste OF
Kontemporêre Amerikaanse Teater OF
Ekspressionistiese Teater
7. VRAAG 3: Kontemporêre Pan-Afrikaanse Teater (KEUSE-VRAAG)
OF
VRAAG 4: Elizabethaanse Teater OF
VRAAG 5: Teater van die Verre-Ooste OF
VRAAG 6: Kontemporêre Amerikaanse Teater OF
VRAAG 7: Ekspressionistiese Teater OF
8. AFDELING D is VERPLIGTEND.
VRAAG 8: Die Geskiedenis van Teater
9. AFDELING E: Praktiese werk en refleksie
Beantwoord SLEGS EEN vraag uit die volgende vrae:
VRAAG 9: Stem en fisiese werk OF
VRAAG 10: Stem en fisiese werk OF
VRAAG 11: Die rol van die Regisseur OF
VRAAG 12: Die rol van die Ontwerper
11. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
12. Hou in gedagte die puntetoekenning aan ʼn vraag om die lengte van jou
antwoord te bepaal.
13. Gebruik jou klaskamerkennis, sowel as onafhanklike en kreatiewe denke
om die vrae te beantwoord.
14. Skryf netjies en leesbaar.
15. Trek ʼn lyn na elke afdeling.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 3
AFDELING A: TEATER VAN REALISME
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 1
Let asseblief dat die toneelteks wat jy vir die beantwoording van hierdie afdeling
kies, nie weer met die beantwoording van enige ander vrae wat volg, gebruik
mag word nie. Byvoorbeeld, indien jy ʼn Suid-Afrikaanse toneelteks kies om
hierdie vraag (VRAAG 1) te beantwoord, mag jy nie dieselfde toneelteks gebruik
om VRAAG 2 te beantwoord nie. Beantwoord elke vraag op ʼn ander toneelstuk
wat jy bestudeer het.
Lees die volgende gedagte en beantwoord die vraag wat volg.
Drama het die ingebore vermoë om mense te transformeer. Transformasie kan
slegs plaasvind as die gehoor met die optrede kan identifiseer; wanneer hulle
elemente van hul eie lewens in die optrede raaksien. Daarom kan ʼn mens sê dat
drama die gemeenskap weerspieël; dit wat die werklikheid is reflekteer.
[Bron: Eksaminator]
In die vorm van ʼn opstel, verwys na die toneelteks wat jy hierdie jaar bestudeer
het en bewys die bogenoemde stelling. Stel dit duidelik of jy daarmee saamstem
of nie.
Verwys na DRIE van die volgende sleutel-elemente in jou opstel om jou
antwoord te staaf:
Sosio-politiese konteks van dramateks
Karakters
Toneelplasing (setting)
Intrige
Temas
Motiewe
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. [30]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 2
LET WEL: Kies ʼn ander toneelteks vir elke vraag wat jy beantwoord.
2.1 Benoem die toneelstuk sowel as die dramaturg van die Suid-Afrikaanse
toneelstuk wat jy hierdie jaar bestudeer het. (2)
2.2 Wat is die sosio-politieke konteks van die toneelstuk wat jy bestudeer
het? Gebruik voorbeelde uit die toneelstuk om jou antwoord te staaf. (8)
2.3 Watter tipe verhoog sal effektief wees vir die toneelstuk wat jy bestudeer
het? Verduidelik jou antwoord. (4)
2.4 Kies ʼn hoofkarakter uit die toneelstuk wat jy bestudeer het en skryf kort
notas waarin jy hom/haar beskryf. Maak seker dat jy sielkundige sowel
as fisiese aspekte van die karakter insluit. (8)
2.5 Verduidelik die volgende terme wat relevant tot Suid-Afrikaanse Teater is:
2.5.1 Agitprop (2)
2.5.2 Calvinisme (2)
2.5.3 Alternatiewe Teater (2)
2.5.4 Versoeningsteater (2)
2.5.5 Weerstandsteater (2)
2.5.6 Fisieke Teater (2)
2.6 In ʼn paragraaf, bespreek die doel van Gemeenskapsteater. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 5
AFDELING C: Kontemporêre Pan-Afrika Teater OF
Elizabethaanse Teater OF
Teater van die Verre Ooste OF
Kontemporêre Amerikaanse Teater OF
Ekspressionistiese Teater
Beantwoord SLEGS die vraag wat gebaseer is op die toneelstuk en teaterstyl
wat jy bestudeer het.
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE PAN-AFRIKA TEATER
Beantwoord hierdie vraag deur na die kontemporêre Pan-African toneelstuk wat
jy bestudeer het, te verwys.
3.1 Lees die onderstaande uittreksel oor Afrika Teater deur Mzo Sirayi en
beantwoord die vrae wat volg.
… die gemeenskapsaspek, ʼn kollektiewe werking in ʼn simboliese taal van
vrese, hoop en wense van ʼn organiese gemeenskap, die paai van die gode
(die natuurlike elemente) en ʼn plek vir die dooies wat kollektief opgeroep
word om vir die lewendes voorbidding te doen. Daar is geen behoorlike
‘teks’ nie en daarom geen enkele skrywer nie, somtyds ook nie eers ʼn
behoorlike gehoor nie aangesien die gehoor ondefinieërbaar is omdat hulle
voortdurend met die akteurs meng.
[Bron: Nkosi 1981:176]
3.1.1 Is werkswinkel ʼn algemene manier vir die meeste Afrika-groepe
om teaterproduksies te skep? Motiveer jou antwoord. (3)
3.1.2 Bespreek die gebruik van ruimte in Afrika Teater. (5)
3.1.3 Wat verstaan jy onder die term orale tradisie? (3)
3.1.4 Lewer kommentaar op die gehoor se betrokkenheid in ʼn Afrika
Teater optrede. (6)
3.1.5 Is dit waar dat die meeste Afrika optredes altyd die aanbidding
van gode insluit?
Neem die intrige van die Afrika Teaterteks wat jy bestudeer het in
ag om jou antwoord te staaf. (10)
3.2 Noem DRIE karaktereienskappe van Afrika-Teater. (3)
3.3 Kies ʼn toneel uit die toneelstuk wat jy bestudeer het en skryf notas oor
hoe jy dit op die verhoog sal aanbied. Neem die aanbiedingskonvensies
van Afrika-Teater in jou antwoord in ag. (10)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 4: ELIZABETHAANSE TEATER
Beantwoord hierdie vraag deur na die Elizabethaanse toneelstuk wat jy
bestudeer het, te verwys.
4.1 Die Elizabethaanse mense het in ʼn antieke filosofie geglo, die
Bestaanshiërargie (“Chain of Being”) wat sy oorsprong in die Middeleeuse
feodale sisteem gehad het.
Skryf ʼn kort paragraaf waarin jy die konsep, die doel en die redenasie
agter die sisteem verduidelik. (4)
4.2 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
Die Elizabethaanse mense het die Middeleeuse geloof aangeneem dat die
menslike liggaam vier temperamente (humours) of vloeistowwe bevat wat
deur die inname van sekere kossoorte gevorm word. Indien daar ʼn oormaat
van ʼn sekere temperament (humour) is, veroorsaak dit ʼn wanbalans in die
persoon.
[Bron: Via Afrika Dramatiese Kunste Graad 11] (8)
Kies EEN karakter uit die Elizabethaanse toneelstuk wat jy bestudeer het
wat ʼn oormaat van ʼn sekere temperament (humour) het. Skryf die naam
van die toneelstuk, die naam van die karakter sowel as die temperament
(humour) wat jy gekies het neer en motiveer jou keuse deur te verduidelik
hoe die temperament (humour) die karakter affekteer. (2)
4.3 Bespreek die verwagte vereistes van ʼn Elizabethaanse akteur. (5)
4.4 Bespreek EEN tema wat voorkom in die Elizabethaanse toneelstuk wat jy
bestudeer het. Verwys na relevante voorbeelde om jou antwoord te staaf. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 7
4.5 Bestudeer die onderstaande bron en beantwoord die vrae wat volg.
4.5.1 Verduidelik ten minste DRIE maniere waarop ingange en uitgange
geskep was. (3)
4.5.2 Wat was die doel van die ruskamers (tiring rooms)? (2)
4.5.3 Indien die koningin ʼn vertoning by Die Globe sou bywoon, waar
sou sy sit? Motiveer jou antwoord deur die uitleg van die sitplek-
reëlings in die teater te bespreek. (4)
4.6 Verduidelik waarom ʼn vertoning op hierdie verhoog NIE as Realisme
geklassifiseer kan word NIE. (4)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 5: TEATER VAN DIE VERRE-OOSTE
Beantwoord hierdie vrae deur na die teater van die Verre Ooste toneelstuk wat jy
bestudeer het, te verwys.
5.1 Wat is die titel sowel as die naam van die dramaturg van die toneelstuk wat jy
bestudeer het? (2)
5.2 Skryf ʼn kort paragraaf oor die struktuur en die styl van die Kabuki-teater in
Japan. (6)
5.3 Verduidelik die uitleg van ʼn tradisionele Kabuki-teater deur van ʼn diagram
gebruik te maak. Sluit die uitleg van die verhoog sowel as waar die gehoor sal
sit, in. (8)
5.4 Noem die twee opskrifte waaronder toneelstukke van Peking Opera gewoonlik
geklassifiseer word. (4)
5.5 Die gebruik van grimering in teater van die Verre Ooste is baie belangrik.
Bespreek die gebruik van grimering in Sjinese teater. (10)
5.6 Bespreek in ʼn kort opstel die gebruik van ruimte en tyd in die toneelstuk wat jy
bestudeer het. Verwys na hoe die gebruik van hierdie elemente bydra tot die
betekenis en temas van die toneelstuk. (10)
[40]
OF
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE AMERIKAANSE TEATER
Beantwoord hierdie vraag deur te verwys na die Amerikaanse teater toneelteks wat jy
hierdie jaar bestudeer het.
6.1 Skryf die titel sowel as die dramaturg neer van die Kontemporêre Amerikaanse
teater toneelstuk wat jy bestudeer het. (2)
6.2 Kies ʼn toneel uit die toneelstuk wat jy bestudeer het en teken ʼn vloerplan van die
toneel. Maak seker dat jy duidelike byskrifte (labels) van enige akteurs, meubels
en/of rekwisiete insluit. (10)
6.3 Skryf VYF elemente van die Amerikaanse Musiekblyspel libretto/bladmusiek
neer en verduidelik dit. (15)
6.4 Dink jy dat Kontemporêre Amerikaanse teater van toepassing is op Suid-
Afrikaanse gehore? Motiveer jou antwoord. (8)
6.5 Maak ʼn lys van DRIE redes hoekom die vervaardiging van musiekblyspele so
duur is. (3)
6.6 Verduidelik die term “Broadway”. (2)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 9
VRAAG 7: EKSPRESSIONISTIESE TEATER
Beantwoord hierdie vraag deur te verwys na die Ekspressionistiese toneelstuk
wat jy bestudeer het.
7.1 Wat was die oorsaak van die ontstaan van Ekspressionistiese teater? (2)
7.2 Wie was die vader van psigo-analise wat met die Ekspressionistiese
teaterbeweging geassosieer word? (2)
7.3 Bespreek die algemene struktuur van ʼn Ekspressionistiese toneelstuk.
(6)
7.4 Hoe word jou standpunt soos beantwoord in VRAAG 7.3 in die toneelstuk
wat jy hierdie jaar bestudeer het, uitgedruk? Gebruik die toneelstuk as ʼn
voorbeeld in jou antwoord. (10)
7.5 Kies ʼn toneel uit die toneelstuk wat jy hierdie jaar bestudeer het.
Skryf regisseursnotas aan jou akteurs wat sal bydra sodat die aanbieding
onder die term Ekspressionisme kan pas. (10)
7.6 Neem die plasing (setting) van die toneelstuk wat jy bestudeer het sowel
as die ontwerp-elemente daarvan in ag en beantwoord die volgende
vraag.
Wat is die visuele elemente wat in die toneelstuk voorkom wat dit gepas
as ʼn Ekspressionistiese produksie maak? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING D: TEATER GESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD
EN VAARDIGHEDE
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 8
8.1 Bespreek TWEE redes waarom dit so belangrik is om die historiese
agtergrond van ʼn toneelstuk te bestudeer. (4)
8.2 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Vir hierdie teaterpraktisyn is Afrika, Chinese en die meeste van die Verre
Ooste se teater rituele ʼn komponent in sy metodes.
8.2.1 Na watter praktisyn verwys die bogenoemde verklaring? (2)
8.2.2 Bespreek hierdie praktisyn se bydrae tot die tegnieke van
karakterisering in drama. (6)
8.3 Wat beteken die term, ‘konvensies’ in terme van drama? Gee EEN
voorbeeld. (3)
8.4 Hoe dra drama daartoe by om die samelewing se siening oor onderwerpe
en kwessies waaraan hulle dat op ʼn daaglikse basis blootgestel word te
verander?
Neem in ag die temas wat in dramas gevind word in jou antwoord. (5)
[20]
TOTAAL AFDELING D: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 11
AFDELING E: PRAKTIEKSE WERK
Beantwoord SLEGS EEN vraag uit hierdie afdeling.
VRAAG 9: Stem en Fisiese Werk OF VRAAG 10: Lewendige vertoning OF
VRAAG 11: Die Rol van die Regisseur OF VRAAG 12: Die Rol van die
Ontwerper
VRAAG 9: STEM EN FISIESE WERK (KEUSE-VRAAG)
9.1 Voordat jy in jou dramaklas kan optree, moet jy behoorlik opwarm om jou
liggaam en jou stem vir die optrede voor te berei.
Maak ʼn lys van VYF redes waarom STEM opwarming so belangrik is. (5)
9.2 ʼn Fisiese opwarming is net so belangrik voor enige optrede kan
plaasvind.
Maak ʼn lys van VYF redes waarom FISIESE opwarming so belangrik is. (5)
9.3 Jou onderwyser het jou gevra om ʼn opwarmingsprogram te ontwerp om
jou mede-akteurs vir ʼn skoolproduksie op te warm. Die opwarming sal
aan die begin van ʼn repetisie gebruik word en moet fisies- sowel as stem
opwarming insluit sodat dit ʼn gebalanseerde opwarming vorm wat alle
aspekte van die akteur se liggaam insluit.
Ontwerp hierdie program en wees duidelik oor waar ʼn mens begin, sowel
as wat fisiese werk en wat stemwerk is. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 DRAMATIESE KUNSTE (EC/NOVEMBER 2016)
OF
VRAAG 10: LEWENDIGE OPTREDES
10.1 Bespreek die elemente van ʼn lewendige optrede.
10.2 Verduidelik hoe maskering ʼn optrede, positief of negatief, kan beïnvloed.
10.3 Jy is gevra om ʼn lewendige teater optrede vir jou praktiese assesserings-
taak te doen.
Verduidelik hoe die volgende aspekte die optrede sal beïnvloed:
Ruimte waar optrede moet plaasvind
Stem
Energie
Jou antwoord moet jou begrip van die bogenoemde teater-elemente
demonstreer sowel as jou kennis oor die vermoë om dit te gebruik. [20]
OF
VRAAG 11: DIE ROL VAN DIE REGISSEUR
11.1 Watter aspekte bepaal hoe ʼn regisseur sy keuse maak oor die tipe
verhoog wat hy vir ʼn produksie gaan gebruik? (4)
11.2 Tabuleer DRIE verskille tussen ʼn regisseur en ʼn verhoogbestuurder. (6)
11.3 Noem VIER karakter eienskappe wat voordelig sal wees vir iemand wat
ʼn regisseur wil wees. (4)
11.4 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
Nie nou nie, Bernard deur David McKee
“Hallo, Pa,” het Bernard gesê. 1
“Nie nou nie, Bernard,” het sy pa gesê.
“Hallo, Ma,” het Bernard gesê.
“Nie nou nie, Bernard,” het sy ma gesê.
“Daar is ʼn monster in die tuin en dit gaan my eet,” het Bernard 5
gesê.
“Nie nou nie, Bernard,” het sy ma gesê.
Bernard het in die tuin ingegaan.
“Nie nou nie, Bernard,” het sy ma gesê.
Bernard het in die tuin ingegaan.
Skryf ʼn paragraaf waarin jy verduidelik hoe jy as regisseur ʼn akteur sal
aanraai om hierdie uittreksel op te voer.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) DRAMATIESE KUNSTE 13
VRAAG 12: DIE ROL VAN DIE ONTWERPER
12.1 Noem die beginsels van ontwerp.
12.2 Jy is gevra om ʼn plakkaat vir jou tema-program te ontwerp. Beantwoord
die volgende vrae gebaseer daarop:
12.2.1 Watter inligting moet op die plakkaat wees? (3)
12.2.2 Bespreek die doeltreffendheid van die grootte van die plakkaat. (3)
12.2.3 Teken ʼn uitleg van jou plakkaat en sluit die inligting van jou
antwoord vir VRAAG 12.2.1 in. (10)
[20]
TOTAAL AFDELING E: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 Dramatic Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dramatic Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 11 Dramatic Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More Dramatic Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Question Paper

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Question Paper

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2014 Question Paper
Related documents

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2014 Question Paper
_hlayiso.com_--a2f6daad-9dc6-4a35-9246-063278a2bb3d/v1-524340afecdc6ffa9ab5/card.webp)
Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2013 Question Paper
_hlayiso.com_--6c605964-344e-4dca-94a8-89902c56bf68/v1-d90bba2055834a8b0dd8/card.webp)
Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2013 Question Paper
More from Grade 11 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 11 Dram Art ATP 2023 24

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2014 Memo

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2014 Memo
_hlayiso.com_--2012c6a4-6b5c-4a03-8828-7fd63fbb40dd/v1-470cd5ce179ee79f4ab6/card.webp)
Memorandum