Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
DRAMATIESE KUNSTE
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye.
Skip to contentMemorandum 





_hlayiso.com_--3a27b5ee-3b68-4603-a691-2735838c61e9/v1-fe227a05bda689ae7f8d/card.webp)
_hlayiso.com_--a2f6daad-9dc6-4a35-9246-063278a2bb3d/v1-524340afecdc6ffa9ab5/card.webp)
_hlayiso.com_--6c605964-344e-4dca-94a8-89902c56bf68/v1-d90bba2055834a8b0dd8/card.webp)



View all





Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo
Grade 11 Dramatic Arts memorandum from the Eastern Cape November 2013, 23 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Dramatic Arts · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 941.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 23
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
ALGEMENE OPMERKING VIR EKSAMINATORS/OPVOEDERS:
1. Kandidate moet na Dramatiese Kunste-teorie verwys en dit binne konteks plaas
van die toneelstuk wat bestudeer is. Volpunte kan nie toegeken word tensy die
kandidaat wys dat hy/sy die teorieë van die vak verstaan nie. Die antwoorde moet
spesifiek tot drama as kunsdissipline spreek. Gebruik die Wat, Waar en Hoe met
spesifieke voorbeelde uit die teks.
2. Die volgende voorgestelde antwoorde is gewoonlik ver bo die vlak wat moontlik is
vir kandidate vir graad 11 en moet as stof vir ontwikkeling vir die merker gesien
word.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 3
AFDELING A: TEATER VAN REALISME
VRAAG 1: TEATER VAN REALISME
Die volgende is voorgestelde antwoorde. Die kandidate mag ander gesklike of voorbereide
antwoorde verskaf. Die nasiener moet elke kandidaat se ervaring en antwoord oorweeg.
Sien die matriks en voorgestelde feite hieronder. Die kandidaat moet na die
spesifieke teks wat bestudeer is verwys.
KATEGORIE PUNTE BESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande 26–30 Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde struktuur.
prestasie Vertoon ʼn uitstekende en hoë vlak van bevoegdheid om inligting te
verwerk tot ʼn oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van
feite.
Gebruik ʼn verskeidenheid van oorspronklike en/of relevant
dramatiese verwysings.
Insig, vloeiend, observasie en kennis word treffend uiteengesit.
Verdienstelike 21–25 Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie Vertoon ʼn hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk en
deurdagte keuse van feite.
Gebruik ʼn seleksie van relevante dramaverwysings.
Toon insig, waarneming en kennis–goed uiteengesit.
Bevredigende 19–20 Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van bevoegdheid,
prestasie sommige foute is waarneembaar in die opstel struktuur.
Interessante aanbieding, duidelike stellings, oortuigende,
eenvoudige taalgebruik.
Ondersteun deur ʼn keuse van relevante dramaverwysings.
Toon ʼn goeie begrip van die tema, sommige logiese stellings.
Voldoende 16–18 Struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om ondeurdagte en
gestereotipeerde antwoorde te verskaf.
Genoegsame seleksie van relevante dramaverwysings.
Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie en voel gememoriseerd, by tye
verbeeldingloos. Nie ʼn hoë vlak van insig nie.
Middelmatige 11–15 Opstel nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Nie altyd genoeg inligting nie; swak taalgebruik moontlik ʼn
bydraende faktor.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Elementêre 7–10 Ongestruktureerd, beperkte woordeskat en min poging aangewend
prestasie om die inligting op ʼn aanvaarbare manier aan te bied.
Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie maklik om te volg
nie, dikwels irrelevant.
Kandidaat het nie die bevoegheid om sy/haar antwoord met
toepaslike voorbeelde te motiveer nie.
Onvoldoende 0–6 Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede.
Irrelevant.
Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat deur kandidaat
gememoriseer is, maar geen begrip word getoon nie.
Downloaded from hlayiso.com
4 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
BEIDE van die volgende aspekte moet behandel word in die bespreking van die opstel vir
ʼn kandidaat om op die vlak van verdienstelik en hoër te presteer. (21 tot 30 punte):
Die goedgestruktureerde drama ‘well-made play’ – (Struktuur)
In die antwoord moet daar ʼn duidelike aanduiding wees dat die kandidaat die struktuur
van ʼn ‘well-made play’ verstaan en moet hy/sy kan aandui, deur na die teks te verwys,
in hoe ʼn mate die gekose teks hierdie struktuur navolg of nie.
Temas in die toneelstuk
Aanduidings rondom die tema in verhouding tot die struktuur wat verwys na eksposisie,
motoriese moment, ontwikkeling, krisis, klimaks, denouement, ontknoping, ens.
Indien die kandidaat slegs een van die bogenoemde aspekte bespreek kan ʼn maksimum
van 20 punte toegeken word.
Die goedgestruktureerde drama (‘well-made play’)
ʼn Duidelike eksposisie of uiteensetting van die situasie, waar die gehoor ingelig word
oor die situasie in die begin van die drama.
ʼn Aanduiding ter voorbereiding van toekomstige gebeure. Hier sien ons die invloed van
Comte se konsep van oorsaak en gevolg. Die gehoor moes glo dat alle handeling,
binne die konteks van wat hulle alreeds weet van die karakters, ʼn logiese ontwikkeling.
Onverwagte maar logiese ommeswaai in die karakters se omstandighede as ʼn
noodsaaklike deel van die dramatiese struktuur. Die gehoor moes nog steeds die
dramatiese gebeure as onverwags ervaar, maar dit moet gebeur as ʼn realistiese
moontlikheid.
Voortdurende en al hoe hewiger botsings.
ʼn Noodsaaklike toneel waarin die goeie voordeel trek en die slegte gestraf word.
Hierdie konvensie het die konserwatiewe gehore van die tyd tevrede gestel.
ʼn Logiese afwikkeling of denouement. Hierdie was ʼn ontknoping van die handeling en ʼn
afsluiting van enige uitstaande intriges in die toneelstuk.
ADDISIONELE inligting waarna verwys kan word.
Sosiopolitieke kontekste:
Bespreek die relatiewe sosiopolitieke konteks van ʼn veranderende samelewing volgens die
stuk wat bestudeer is.
1800’s tot die vroeë 1900’s: Van betrekking op die pionier-dramaturge van realisme soos
Ibsen, Shaw, Chekov ens.
Victoriaanse samelewing het ʼn front van konserwatiewe moraliteit voorgehou.
Daar is van vrouens verwag om aan aktiwiteite deel te neem wat gepas het by die fyner
geslag – moederskap, welsynswerk, huishou vir hul mans, om tee te drink saam met
ander vroue uit die opgevoede gemeenskap.
Die valsheid van die ‘ideale familie’ was onderhou.
Die harde werklikheid van die laer klasse was geïgnoreer deur die meeste mense.
Die Industriële Revolusie het teen die laat 1700’s posgevat in Engeland en Europa teen
die 1800’s bereik. Dit het gaandeweg ʼn landbou-samelewing tot ʼn geïndustrialiseerde
samelewing omskep.
Hierdie verandering het wydverspreide werkloosheid, misdaad en armoede tot gevolg
gehad.
Toeneming in prostitusie, kinderarbeid en georganiseerde misdaad.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 5
Europa het toenemend polities onderdrukkend geword.
1950’s: Realisme in ʼn moderne konteks: Van toepassing op die toneelstukke van die
Nuwe Realisme. Dramaturge soos Tennessee Williams, Arthur Miller, John Osborn, ens.
en dramaturge van moderne realisme soos PG du Plessis, Athol Fugard, David Mamet,
Reza de Wet, Anthony Ackerman, Greig Coetzee ens.
In die 1950’s was daar ʼn terugkeer van Realisme in teater wat toe die samelewing na
die Tweede Wêreldoorlog weerspieël het.
Mense was ontnugter en het gesukkel om die manier waarop godsdiens en wetenskap
hulle in die steek gelaat het, te aanvaar.
Protagoniste kan beskryf word as anti-helde – karakters wat die struwelinge van elke
dag oorleef ten spyte van die feit dat hulle skynbaar onvoorbereid was om sulke
probleme te hanteer en hulle blyk dikwels geïsoleerd te wees in hul penarie,
Die toneelstukke van die Nuwe Realisme het dikwels onafgesluit geëindig. Hulle het
idees ontleen uit die eksperimentele anti-Realisme bewegings soos Simbolisme en
Ekspressionisme.
Die toneel het die veranderende samelewings van die 20ste-eeu uitgebeeld.
Nuwe dramaturge het kontemporêre waardes en norme voorgestel.
Teater vra van sy gehore om hul eie samelewing te konfronteer en hul eie lewens te
kritiseer.
Toneelstukke poog om te reflekteer oor die siel van die samelewing in al sy
veranderende vorme.
Comte
Filosofie van Positivisme: slegs wetenskap kan werklik die samelewing baat.
Oorsaak en gevolg.
Enige iets buite iemand se ervaring is irrelevant.
Darwin
Oorsprong van die mens
Mens se natuur of karakter word bepaal deur twee dinge – fisiese eienskappe
waarmee hul gebore word (hul gene) en die sosiale omgewing waarin hulle bly.
Mense se optrede word bepaal deur faktore buite hul beheer so hul kan nie werklik
verantwoordelik gehou word vir hul dade nie.
Twyfeling in die bestaan van God, wat gesien word as ʼn onpersoonlike energie wat nie
in ons lewens ingryp nie.
Die idée van lewe na die dood word sterk aangeval.
Nietzsche
Het geglo dat mense kontak met God verloor het en het wegbeweeg van tradisionele
godsdienstige gelowe.
As reaksie op hierdie veranderde verhouding met God het Nietzsche voorgehou, ‘God
is dood.’
Hiermee het hy nie bedoel dat God nie meer bestaan nie, maar dat mense God nie
meer sien as ʼn sentrale persoonlike energie nie.
TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com
6 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
AFDELING B
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE TEATER (VERPLIGTE VRAAG)
2.1 EEN punt vir die volle korrekte titel van die toneelstuk en EEN punt vir die
volle korrekte naam van die dramaturg. (2)
2.2 Kandidaat moet aandui dat hulle die term Agitprop-teater duidelik verstaan:
ʼn politiese boodskap wat deur die toneelstuk oorgedra word en wat ten doel
het om die gehoor te stimuleer (agitate) deur die boodskap te ‘propageer’
(2 Punte). ʼn Ten volle gemotiveerde antwoord deur verwysing na die teks:
Volpunte. (5)
2.3 Kandidaat moet duidelik aandui dat hy/sy die opvoerruimte verstaan.
Benaming vir die ruimte soos bv.:
Westerse tipe ruimte: Proscenium-boog, Arena, Uitgeboude of ‘Thrust’-
verhoog.
OF
Tradisionele landelike Suid-Afrikaanse opvoerruimte: Teater-in-die-
rondte.
Kandidate se keuse kan aandui op:
Formal Theatre space
OF
Informele ruimte: Lokasieteater (Township Theatre)
(DRIE punte vir die keuse en beskrywing of skets en DRIE punte vir ʼn
gemotiveerde rede.) Bepunt volgens die gekose toneelstuk. (6)
2.4 2.4.1 Die naam van een van die hoof (drie-dimensionele) karakters. (1)
2.4.2 Fisies (ouderdom, geslag, ras, voorkoms) (4)
2.4.3 Sosiaal (status binne die gemeenskap, ekonomiese status, werk,
waardes, verhoudings) (4)
2.4.4 Psigologies (innerlike denke, emosies en intellek soos wat dit in die
karakter se optrede en dialoog openbaar word. (4)
2.4.5 Morele waardes (die keuses wat die karakter maak as hy/sy
homself/haarself in ʼn morele krisis bevind en watter waardes dit
bloot stel. (4)
2.5 VIER PUNTE vir die beskrywing van die toepaslike historiese periode en
kennis oor die konteks van die oorspronklike optrede. SES PUNTE as die
kandidaat die historiese konteks kan verbind met die temas in die
toneelstuk. Dit moet duidelik blyk dat die kandidaat verstaan hoe die
historiese konteks die temas en inhoud beïnvloed vir volpunte. (10)
TOTAAL AFDELING B: 40
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 7
AFDELING C: Kontemporêre Pan-Afrika teater OF
Elizabethaanse Teater OF
Teater van die Verre-Ooste OF
Kontemporêre Amerikaanse Teater OF
Ekspressionistiese Teater
Beantwoord slegs die vraag oor die toneelstuk wat jy bestudeer
het.
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE PAN-AFRIKA TEATER
Beantwoord hierdie vraag as die kandidaat ʼn Contemporary Pan-African Theatre
beantwoord het.
3.1 EEN punt vir die volle korrekte titel van die toneelstuk en EEN punt vir die
volle korrekte naam van die dramaturg. (2)
3.2 Dit is ʼn rituele en simboliese opvoering
Dit is gemeenskaplik en publiek van aard
Dit het ʼn musikale basis
Daar is ʼn sterk tradisie van mondelingse vertelling
Die dansvorme is kenmerkend, nie alleen ten opsigte van hul fisieke
vorm nie, maar ook ten opsigte van hul funksie binne die totale
opvoering (5)
3.3 Kandidate moet verwys na ten minste VYF van die volgende
eienskappe/funksies van ritueel (5 punte) en dit telkens in verband bring
met die toneelstuk wat hulle bespreek. (5 punte)
Gevolge van die ritueel (bv. ʼn verandering van sosiale status)
Verbinding met die afwesige ‘Ander Een’ (soos ʼn voorvader of god)
Verwydering van tyd, gebruik simboliese tyd
Bring die ‘Ander Een’ hier
Akteur/danser besete, in ʼn beswyming
Gehoor neem deel
Gehoor glo
Kritiek is verbode (heilige materiaal)
Gemeenskaplike kreatiwiteit (10)
3.4 Bepunt volgens eie diskresie maar hou in gedagte dat die kandidaat kennis
moet hê van Afrika-opvoerruimtes.
Teater-in-die-rondte
Ruimtes wat met ritueel verband hou
Funksie van optrede
Die gehoor word deur die plasing in die ruimte deel van die optrede
Integrasie van Westerse en Afrika teaterruimte (10)
Downloaded from hlayiso.com
8 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
3.5 Bepunt volgens die gekose toneelstuk en gebruik die rubriek as hulpmiddel.
Duidelike verwysing na karakter, handeling en temas noodsaaklik in die
bespreking.
KATEGORIE PUNTE BESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande 9–10 Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn uitstekende en hoë vlak van bevoegdheid
om inligting te verwerk tot ʼn oorspronklike interpretasie en
deurdagte keuse van feite.
Gebruik ʼn verskeidenheid van oorspronklike en/of relevant
dramatiese verwysings.
Insig, vloeiend, observasie en kennis word treffend
uiteengesit.
Verdienstelike 8 Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn hoë vlak van bevoegdheid om inligting te
verwerk en deurdagte keuse van feite.
Gebruik van relevante dramaverwysings.
Toon insig, waarneming en kennis – goed uiteengesit.
Bevredigende 6–7 Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van
prestasie bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar in die essay
struktuur.
Interessante aanbieding, duidelike stellings, oortuigend,
eenvoudige taalgebruik.
Ondersteun deur ʼn keuse van relevante dramaverwysings.
Toon ʼn goeie begrip van die tema, sommige stellings toon
insig.
Voldoende 5 Struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om
ondeurdagte en gestereotipeerde antwoorde te verskaf.
Genoegsame seleksie van relevante dramaverwysings.
Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie, voel gememoriseerd, by tye
verbeeldingloos. Nie ʼn hoë vlak van insig nie.
Middelmatige 4 Opstel nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies
prestasie nie.
Nie altyd genoeg inligting nie, swak taalgebruik moontlik ʼn
bydraende faktor.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie
Elementêre 3 Ongestruktureerd, beperkte woordeskat, min poging
prestasie aangewend om die inligting op ʼn aanvaarbare manier aan te
bied.
Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie maklik om te
volg nie, dikwels irrelevant.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Onvoldoende 0–2 Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte
vaardighede.
Irrelevant.
Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat deur kandidaat
gememoriseer is, maar geen begrip word getoon nie. (10)
3.6 Oop Vraag. Daar kan na die volgende verwys word:
Universele aspekte
Gemeenskaplike menswees
Gedeelde ervarings
Ooreenstemmende sosiopolitieke konteks (3)
[40]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 9
VRAAG 4: ELIZABETHAANSE TEATER
Kandidate beantwoord hierdie vraag oor die ELIZABETHAANSE teks.
4.1 EEN punt vir die volle korrekte titel van die toneelstuk en EEN punt vir die
volle korrekte naam van die dramaturg. (2)
4.2 Gebruik eie diskresie vir bepunting. Daar kan verwys word na die volgende.
Karakter uit hoër stand met karakterfout
Onvermydelike tragiese uitloop (noodlot)
Oorweldigende teenstand teen die karakter
Natuurlike en onnatuurlike oorsake (3)
4.3 Skryf kort notas oor die eienskappe van die volgende genres in
Elizabethaanse Teater.
4.3.1 Enige TWEE eienskappe oor Geskiedkundige toneelstukke:
Geskiedkundige toneelstukke gee uitdrukking aan die
nuutgevonde nasionalisme
Elizabethane het geglo dat die geskiedenis identifiseerbare
patrone volg wat die wil van God uitbeeld
Dramaturge gebruik antieke geskiedenis om te vermy dat hulle
gesensor word oor politieke uitlatings (2)
4.3.2 Enige DRIE eienskappe oor tragedies:
Intensiewe emosies
Held of heldin trotseer oorweldigende teenstand of teëspoed
Die oorwinning van innerlike menslike krag
Intense bron van morele bekommernis
Geweld en bloedvergieting
Gebruik van gruwel en bo-menslike gebeure
Tema van wraak (3)
4.4 VIER punte vir die noem en beskryf van die humors (humours). VIER punte
deur elke humor aan ʼn karakter uit die stuk te koppel met motivering.
Swart gal (Black Bile) het melancholie en hartseer tot gevolg (verbind
aan die element van grond) bv. Romeo in die openingstonele van Romeo
en Juliet
Speeksel (Phlegm) maak ʼn mens flegmaties, lui, stadig en letargies.
(Verbind met die element van water) bv. Polonius
Geel gal (Yellow bile) maak ʼn mens humeurig en kort van draad en ken
(met die element van vuur verbind word) bv. Macbeth
Bloed het tot gevolg dat mens vreesloos en braaf is (verbind aan die
element van lug) bv. Juliet (8)
Downloaded from hlayiso.com
10 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
4.5 4.5.1 ʼn Ronde (20-kantige) gebou met balkonne op drie verdiepings
wat binnetoe kyk.
Die adelstand en dames en here van die hoër klasse het in die
balkonne gesit van waar hul kon afkyk na die verhoog.
ʼn Opelug sentrale area met ʼn dak oor die verhoog
Die drie-verdieping ‘tiring house’ (verkleëkamers, ens. ook met
verskeie balkonne as agterverhoog)
ʼn Kleiner area agter ʼn gordyn middel agterverhoog was genoem
die studie (study/discovery space) vir intieme tonele.
Die gepeupel of laer klasse het staanplek om die verhoog
gehad.
Die area bo-oor die verhoog was die hemel (heavens) genoem.
Valdeure in die vloer was gebruik vir die verskyning van hekse
en geeste.
Twee deure agter het as ingang vir die akteurs gedien
Orkesruimte op die boonste balkon
Masjienkamer
ʼn Vlag het aangedui dat ʼn opvoering aan die gang was.
Vir elke ruimte of aspek wat geteken of beskryf is word ʼn half punt
toegeken. Vir elke korrekte benaming/terminologie word nog ʼn half
punt toegeken. (10)
4.5.2 Oproerige lewendige plekke. Die gehore het hul opinies van die
akteurs luid uitgespreek en het selfs vrugte na hulle gegooi en na
hulle gesis. Tydens die vertoning het verkopers bier, neute en
vrugte verkoop. Prostitute (genoem die lemoenfeekse ‘orange
wenches’) het besigheid met die here in die galerye gedoen. As die
gehoor egter geboei was, met die toneelstuk, was daar doodse
stilte. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 11
4.6 Merk volgens die gekose stuk en gebruik die volgende rubriek om jou te lei. Die
kandidaat moet duidelik verwys na die dialoog en simboliek in die toneelstuk
en hoe dit gebruik word om die hooftema uit te lig.
KATEGORIE PUNTE BESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande 9–10 Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde
prestasie struktuur.
Ondersteun deur ʼn uitstekende en hoë vlak van
bevoegdheid om inligting te verwerk tot ʼn oorspronklike
interpretasie en deurdagte keuse van feite.
Gebruik ʼn verskeidenheid van oorspronklike en/of relevant
dramatiese verwysings.
Insig, vloeiend, observasie en kennis word treffend
uiteengesit.
Verdienstelike 8 Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn hoë vlak van bevoegdheid om inligting te
verwerk en deurdagte keuse van feite.
Gebruik van relevante dramaverwysings.
Toon insig, waarneming en kennis – goed uiteengesit.
Bevredigende 6–7 Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van
prestasie bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar in die essay
struktuur.
Interessante aanbieding, duidelike stellings, oortuigend,
eenvoudige taalgebruik.
Ondersteun deur ʼn keuse van relevante dramaverwysings.
Toon ʼn goeie begrip van die tema, sommige stellings toon
insig.
Voldoende 5 Struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om
ondeurdagte en gestereotipeerde antwoorde te verskaf.
Genoegsame seleksie van relevante dramaverwysings.
Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie, voel gememoriseerd, by
tye verbeeldingloos. Nie ʼn hoë vlak van insig nie
Middelmatige 4 Opstel nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies
prestasie nie.
Nie altyd genoeg inligting nie, swak taalgebruik moontlik ʼn
bydraende faktor.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Elementêre 3 Ongestruktureerd, beperkte woordeskat, min poging
prestasie aangewend om die inligting op ʼn aanvaarbare manier aan te
bied.
Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie maklik om te
volg nie, dikwels irrelevant.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Onvoldoende 0–2 Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte
vaardighede.
Irrelevant.
Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat deur
kandidaat gememoriseer is, maar geen begrip word getoon
nie. (10)
[40]
OF
Downloaded from hlayiso.com
12 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
VRAAG 5: TEATER VAN DIE VERRE-OOSTE
Beantwoord hierdie vraag indien jy ʼn toneelstuk van die Teater van die Verre-
Ooste bestudeer het.
5.1 EEN punt vir die volle korrekte titel van die toneelstuk en EEN punt vir die
volle korrekte naam van die dramaturg. (2)
5.2 Enige VYF relevante stellings:
Die toneelstukke is gebaseer op emosie, en storie vertelling en nie op
dramatiese handeling nie.
ʼn Koor sing die akteur se reëls terwyl hy/sy dans en vertel die grootste
gedeelte van die storie.
Gewone dialoog word net gehoor tussen die dele van die twee bedryf
stuk en dit is ʼn opsomming van die handeling.
Die taal is poëties en gebaseer op die aristokratiese dialek/spraak van
die 14de eeu.
Die teks is kort, maar opvoerings kan vir ure aanhou – selfs ʼn hele dag
lank.
Toneelstukke gaan oor krygers, vroue, mal mense en geeste, demone,
duiwels en ander bonatuurlike wesens. Ander toneelstukke gaan oor die
lofsing van gode.
Die toneelstukke op die program word verdeel deur kryogen – kort,
komiese sketse wat verligting en balans bring tot die meer ernstige Nō. (5)
5.3 VIER punte vir die beskrywing van die karaktertipes en VIER punte vir die
verwysing na die ooreenkoms/teenstelling met karakters uit die gekose teks:
Manlike rolle (sheng) Strek van oud tot jonk en swak tot kragtig. Hulle
kan staatsmanne, akademici, minnaars, krygers en ander heroïese tipes
wees. Daar is rolle wat akrobaties is en ander te doen met vegkuns en
nog ander slegs vir sang of dans.
Vroulike rolle (tan) hierdie rolle word verdeel in ses tipes: lojale vrou of
minnares, kokette, krygermaagde, jong ongetroude meisies, bose
vrouens en ou vrouens. Hierdie rolle is oorspronklik almal deur aktrises
gespeel. Aktrises is verban van die verhoog vanaf die laat 18de-eeu tot
hul terugkeer na die verhoog in 1911.
Geverfde gesig rolle (ching): hierdie rolle word gekenmerk deur
uitgebreide grimering op die gesig. Hulle sluit in gode en ander bo-
natuurlike wesens, howelinge, krygers/soldate en rowers. Hulle basiese
eienskap is dat hulle hul bo-natuurlike krag ten toon stel. Die rolle word
verder verdeel in goeie en bose karakters asook karakters wat vegkuns
doen of karakters wat gimnastieke/akrobatiese rolle vervul.
Nar-rolle (ch’ou): hierdie is die mees realistiese karakters. Hulle praat
in alledaagse taal en kan grappe maak of improviseer. Hulle kan
bediendes, besigheidsmanne, tronkbewaarders, bitsige skoonma’s of
soldate wees. Hulle moet goed wees in mimiek en akrobatiese
bewegings. (8)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 13
5.4 Daar is twee hoof dele van die Nō-verhoog: die brug – hashigakari en die
hoof speelaria – butai.
Altwee het ʼn dak oor.
Die dak van die hoof speelarea word opgehou deur vier pilare, elk met sy
eie naam en verbind aan ʼn spesifieke karakter.
Die hoof-platform word verdeel in drie areas en elke deel word vir
verskillende handeling gebruik.
Die area tussen die vier pilare word vir die hoofhandeling gebruik.
Die wakiza, verhooglinks van die hoof-verhoog word deur die koor gebruik.
Die atoza, agter die agterverhoog-pilare is vir die orkes. (10)
5.5 Merk volgens die gekose stuk. Die kandidaat moet verwys na die gebruik van
tyd en ruimte wat gewoonlik nie realisties uitgebeeld word nie. Die kandidaat
moet ook aandui hoe die gebruik hiervan tot die betekenis en temas van die
spesifieke stuk bydra.
KATEGORIE PUNTE BESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande 13–15 Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn uitstekende en hoë vlak van bevoegdheid om
inligting te verwerk tot ʼn oorspronklike interpretasie en deurdagte
keuse van feite.
Gebruik ʼn verskeidenheid van oorspronklike en/of relevant
dramatiese verwysings.
Insig, vloeiend, observasie en kennis word treffend uiteengesit.
Verdienstelike 11–12 Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn hoë vlak van bevoegdheid om inligting te
verwerk en deurdagte keuse van feite.
Gebruik van relevante dramaverwysings.
Toon insig, waarneming en kennis – goed uiteengesit.
Verdienstelike 9–10 Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van
prestasie bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar in die opstel
struktuur.
Interessante aanbieding, duidelike stellings, oortuigend,
eenvoudige taalgebruik.
Ondersteun deur ʼn keuse van relevante dramaverwysings.
Toon ʼn goeie begrip van die tema, sommige stellings toon insig.
Voldoende 7–8 Struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om ondeurdagte
en gestereotipeerde antwoorde te verskaf.
Genoegsame seleksie van relevante dramaverwysings.
Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie, voel gememoriseerd, by tye
verbeeldingloos. Nie ʼn hoë vlak van insig nie
Middelmatige 6 Opstel nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Nie altyd genoeg inligting nie, swak taalgebruik moontlik ʼn
bydraende faktor.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Elementêre 0–3 Ongestruktureerd, beperkte woordeskat, min poging aangewend
prestasie om die inligting op ʼn aanvaarbare manier aan te bied.
Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie maklik om te volg
nie, dikwels irrelevant.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Onvoldoende 4–5 Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede.
Irrelevant.
Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat deur kandidaat
gememoriseer is, maar geen begrip word getoon nie. (15)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
14 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
OF
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE AMERIKAANSE TEATER
Kandidate antwoord hierdie vraag oor die Kontemporêre Amerikaanse Teater-teks.
6.1 EEN punt vir die volle korrekte titel van die toneelstuk en EEN punt vir die volle
korrekte naam van die dramaturg. (2)
6.2 EEN punt vir elke element van die Amerikaanse musiekblyspel:
ʼn Ouverture – voor die gordyn oopgaan en bevat musikale momente uit die
res van die musiekspel.
ʼn Openings-item wat die atmosfeer vir die res van die spel daarstel.
ʼn Hoof-aria – ʼn lied wat gesing word deur ʼn individu, gewoonlik ʼn beskrywing
van persoonlike, innerlike gevoelens.
ʼn Elfder-ure item (11 o’clock number) wat gewoonlik halfpad deur die Tweede
bedryf geplaas word. Dit is enige tipe lied maar dit het ten doel om die
gehoor te besiel vir die finale tonele.
ʼn Finale wat die gehoor met ʼn kragtige laaste indruk laat. (5)
6.3 Die volgende is moontlike inligting wat gebruik kan word in die antwoord maar dit
hang af van die presiese toneelstuk wat bestudeer is asook van die periode toe
dit die eerste keer geskep en opgevoer is. Die volgende het verband met
toneelstukke van die Nuwe Realisme (na 1950’s):
Terwyl die twee wêreldoorloë verwoesting in Europa gesaai het, het dit
Amerika versterk.
Amerikaanse tegnologie en ekonomie was goed ontwikkel as gevolg van die
ontwikkeling van wapens, insluitend die atoombom.
Hierdie groeitydperk vir Amerika se ekonomie het tot ʼn self-versadigde
periode gelei waartydens Amerika selfversekerd gevoel het in sy posisie as
die magtigste nasie op aarde.
Die enigste dreigende gevaar het gekom van die Sowjetunie wat ʼn
kommunistiese sisteem van staatsbeheer, bo ekonomie en samelewing
voorgestaan het.
Kapitalisme en vryemark-stelsel
Tuis is vrouens aangemoedig om terug te keer na die kombuis na die oorlog
en die ideaal was om die Amerikaanse Droom uit te leef:
Om ʼn kernfamilie te hê, ʼn huis in ʼn mooi voorstad, ʼn kar in die motorhuis en
al die nuutste huishoudelike toestelle.
Konserwatiewe, regse waardes het oorheers.
Televisie is uitgevind en het ʼn sterk gevaar vir die voortbestaan van teater
ingehou. (10)
6.4 Merk volgens eie oordeel volgens die toneelstuk wat bestudeer is. Kandidaat
moet duidelik verwys na die elemente van Teatrale Realisme (Theatrical
realism) (Bewys van die psigologie van die karakters en die temas) in sy/haar
ontwerp. Soek vir bewyse van die volgende aspekte:
o Stelontwerp
o Beligting
o Klank
o Karakterisering
o Konteks (10)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 15
6.5 Merk volgens eie oordeel volgens die rubriek en die relevante toneelstuk.
Kandidate moet duidelik verwys na die gebruik van ‘Theatrical Realism’
(Teatrale Realisme) in die opstel.
KATEGORIE PUNTE BESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande 9–10 Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn uitstekende en hoë vlak van bevoegdheid
om inligting te verwerk tot ʼn oorspronklike interpretasie en
deurdagte keuse van feite.
Gebruik ʼn verskeidenheid van oorspronklike en/of relevant
dramatiese verwysings.
Insig, vloeiend, observasie en kennis word treffend uiteengesit.
Verdienstelike 8 Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn hoë vlak van bevoegdheid om inligting te
verwerk en deurdagte keuse van feite.
Gebruik van relevante dramaverwysings.
Toon insig, waarneming en kennis – goed uiteengesit.
Bevredigende 6–7 Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van
prestasie bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar in die essay
struktuur.
Interessante aanbieding, duidelike stellings, oortuigend,
eenvoudige taalgebruik.
Ondersteun deur ʼn keuse van relevante dramaverwysings.
Toon ʼn goeie begrip van die tema, sommige stellings toon insig.
Voldoende 5 Struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om ondeurdagte
en gestereotipeerde antwoorde te verskaf.
Genoegsame seleksie van relevante dramaverwysings.
Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie, voel gememoriseerd, by tye
verbeeldingloos. Nie ʼn hoë vlak van insig nie.
Middelmatige 4 Opstel nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Nie altyd genoeg inligting nie, swak taalgebruik moontlik ʼn
bydraende faktor.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Elementêre 3 Ongestruktureerd, beperkte woordeskat, min poging
prestasie aangewend om die inligting op ʼn aanvaarbare manier aan te
bied.
Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie maklik om te volg
nie, dikwels irrelevant.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Onvoldoende 0–2 Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte
vaardighede.
Irrelevant.
Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat deur kandidaat
gememoriseer is, maar geen begrip word getoon nie. (10)
6.6 Oop Vraag. Daar kan na die volgende verwys word:
Universele aspekte
Gemeenskaplike menswees
Gedeelde ervarings
Ooreenstemmende sosiopolitieke konteks (3)
[40]
OF
Downloaded from hlayiso.com
16 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
VRAAG 7: EKSPRESSIONISTIESE TEATER
Kandidaat antwoord hierdie vraag volgens die Ekpressionistiese teater-teks.
7.1 EEN punt vir die volle korrekte titel van die toneelstuk en EEN punt vir die
volle korrekte naam van die dramaturg. (2)
7.2 Gevoel van onvergenoegdheid met outoriteit en materialisme wat met die
oorlog geassosieer word.
Die Ekspressionisme gebruik sarkasme en satire om die ewig-groeiende
industrialisme en materialisme in die wêreld aan te val.
Hulle het geglo daar bestaan nie so iets soos ʼn absolute waarheid nie.
Fundamentele waarheid, het hul geglo, kan mens as innerlike krag binne
menslikheid vind – die essensie daarvan, begeertes en visies – en
eksterne realiteit moes hervorm word totdat dit in harmonie met hierdie
innerlike eienskappe gebring kan word.
Hulle het geglo dat daar onder die sosiale fasade ʼn uitgebreide maar
verborge realiteit is wat bestaan uit geheime en onbewustelike begeertes,
strewens, konflikte, frustrasies en hallusinasies.
Hulle wou hierdie subjektiewe realiteit ondersoek. (5)
7.3 Gebruik die volgende as leiding en merk volgens die spesifieke gebruik van
hierdie elemente in die gekose stuk:
7.3.1 Struktuur
Episodiese struktuur wat slegs die hoofmomente van die handeling
uitbeeld.
Oordrywing en distorsie bo realistiese uitbeelding ten einde idees
en gevoelens uit te lig.
Fragmentariese reeks tonele om die chaotiese aard van die
innerlike realiteit van die hoofkarakter uit te beeld. (7)
7.3.2 Karakters
Naamloos, ʼn tipe ‘alleman’
Persoonlikheidlose tipes wat reflekteer word in name soos Heer in
Swart, die Biljoenêr, ens.
Hoofkarakter is die enigste komplekse karakter
Handeling gebeur deur die oë van die protagoniste: die toneelstuk
is sy/haar bewussyn. (8)
7.3.3 Temas
Woede teenoor samelewing.
ʼn Oproep vir een of ander redding.
Rebelleer teen kapitalisme, materialisme en die meganisasie van
die samelewing. (8)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 17
7.4 Merk volgens kandidaat se eie idees (evaluasie) van die spesifieke toneelstuk wat
bestudeer is. Kreatiewe voorstelle behoort krediet te kry. Moet beide aspekte
bespreek (gebruik van aspekte in toneel EN impak op die gehoor).
KATEGORIE PUNTE BESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande 9–10 Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn uitstekende en hoë vlak van bevoegdheid
om inligting te verwerk tot ʼn oorspronklike interpretasie en
deurdagte keuse van feite.
Gebruik ʼn verskeidenheid van oorspronklike en/of relevant
dramatiese verwysings.
Insig, vloeiend, observasie en kennis word treffend
uiteengesit.
Verdienstelike 8 Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie Ondersteun deur ʼn hoë vlak van bevoegdheid om inligting te
verwerk en deurdagte keuse van feite.
Gebruik van relevante dramaverwysings.
Toon insig, waarneming en kennis – goed uiteengesit.
Bevredigende 6–7 Georganiseerd, omvattend, ʼn bevredigende vlak van
prestasie bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar in die opstel
struktuur.
Interessante aanbieding, duidelike stellings, oortuigend,
eenvoudige taalgebruik.
Ondersteun deur ʼn keuse van relevante dramaverwysings.
Toon ʼn goeie begrip van die tema, sommige stellings toon
insig.
Voldoende 5 Struktuur nie altyd logies nie.
prestasie Demonstreer ʼn basiese begrip, maar is geneig om
ondeurdagte en gestereotipeerde antwoorde te verskaf.
Genoegsame seleksie van relevante dramaverwysings.
Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie, voel gememoriseerd, by
tye verbeeldingloos. Nie ʼn hoë vlak van insig nie
Middelmatige 4 Opstel nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies
prestasie nie.
Nie altyd genoeg inligting nie, swak taalgebruik moontlik ʼn
bydraende faktor.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
Elementêre 3 Ongestruktureerd, beperkte woordeskat, min poging
prestasie aangewend om die inligting op ʼn aanvaarbare manier aan te
bied.
Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie maklik om te
volg nie, dikwels irrelevant.
Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
voorbeelde nie.
0–2 Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte
Onvoldoende vaardighede.
Irrelevant.
Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat deur kandidaat
gememoriseer is, maar geen begrip word getoon nie. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Downloaded from hlayiso.com
18 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 8: TEATERGESKIEDENIS
8.1 8.1.1 Die drama-teks (script)
Grotowski gebruik die teks om patrone te vind wat hy geglo het sou
die universele betekenis vir gehore dra.
Grotowski het daarin geglo om klassieke teater tekste te gebruik
(soos Klassieke Griekse tekste of Middeleeuse tekste). Hy wou nie
moderne tekste gebruik nie aangesien hy ouer tekste as meer
suiwer beskou het in hul uitdrukking van universele betekenis.
Groot dele van die teks is gesny en die oorblywende dele is
herstruktureer met ʼn fokus op hierdie argetipes – hy het gesê dat die
teks slegs as ʼn tema gesien moet word waarop die regisseur ʼn
nuwe kunswerk bou wat die visuele teater word. (3)
8.1.2 Proscenium-boog teater – Hy het die gebruik van die proscenium
heeltemal afgeskryf ten gunste van ʼn groot kamer (oop ruimte) wat
verskuif kon word vir elke produksie. (2)
8.1.3 Rekwisiete (Props) – Slegs ʼn paar funksionele rekwisiete is gebruik en
hulle kon herorganiseer geword het of gebruik word op verskillende
maniere soos die handeling dit vereis. (2)
8.1.4 Grimering en kostuums – die akteurs was nie toegelaat om grimering
te gebruik of kostuums te verander om ʼn ander karakter of verandering
in een karakter te wys nie. (2)
8.2 Van essensiële belang vir Grotowski was om die regte gehoor-akteur
verwantskap te vind vir elke produksie. Die dekorstelle was heeltemaal
funksioneel, eerder as dekoratief, wat unieke verhoudings tussen die akteurs en
die gehoor geskep het. Om hierdie rede is die ontwerper gesien as ʼn ‘argitek’.
Grotowski het gewerk na ʼn integrasie van die akteurs en gehoor. Die ideale
doel was om die gehoor en akteurs met hulself te konfronteer deur ʼn tipe
godsdienstige ervaring. Die gehoorlid is gesien as iemand wat werklike
spirituele strewes gehad het en iemand wat, deur konfrontasie met die
opvoering, hom-/haarself wou analiseer.
Gee krediet vir die kandidaat se eie opinie oor of die akteur-gehoor verhouding
moontlik is of nie. (5)
8.3 Stap oefening:
As ʼn opwarming loop jy ritmies terwyl jy jou hande en arms in die rondte swaai.
Hardloop op jou tone sodat jou liggaam lig en soepel voel. Loop met jou bene
gebuig, hande op jou heupe. Loop met jou bene gebuig terwyl jy jou enkels
vashou. Loop met jou bene effens gebuig terwyl jy liggies aan die buitekant van
jou voete raak. Loop met jou tone binnetoe gedraai. Loop op jou hake. Terwyl
jy al hierdie verskillende stappe doen moet jy seker maak dat jou liggaam
gewigloos en sonder enige onnodige spanning bly.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 19
Opwarming van die ruggraat – die kat
Lê op jou maag, heeltemaal ontspanne. Jou bene uitmekaar en arms teen
reghoeke met jou lyf, handpalms na onder. Word wakker (soos ʼn kat) deur jou
hande in te trek na jou bors toe terwyl jou elmboë na boom toe wys. Lig jou
heupe en loop met jou voete, op tone, na jou hande toe. Lig jou linkerbeen op
na die kant toe en terselfde tyd lig jy jou kop op en strek jou nek. Sit jou
linkerbeen weer op die grond neer. Herhaal aan die regterkant. Strek jou
ruggraat uit.
Die kandidaat moet beskryf hoe, deur hierdie oefeninge te doen, dit hom/haar
fisies kan uitdaag om die lyf meer uitdrukkingsvol te maak. Die kandidaat moet
verwys na sy/haar eie fisieke teaterwerk en dalk enige probleme met spesifieke
bewegings bespreek. Hulle kan sekere bewegings uit die oefeninge herlei na
bewegings in hul eie werk. (6)
TOTAAL AFDELING D: 20
AFDELING E: PRAKTIESE WERK EN REFLEKSIE
Beantwoord SLEGS EEN van die vrae in hierdie afdeling:
VRAAG 9: Stemwerk OF VRAAG 10: Lewendige Opvoering OF VRAAG 11: Rol van die
regisseur OF VRAAG 12: Rol van die ontwerper
VRAAG 9: STEMWERK
9.1 Kandidaat se eie kreatiewe opinie met motivering gebaseer op die teks en
vertolkingsoorwegings. (2)
9.2 Moontlike antwoord:
Die eerste reël sal ek stadig doen om die diep oordenkende oorweging oor die
dood as ʼn moontlike verlossing uit pyn te laat insink. Die ritme sal stadig bly tot
by ‘smart’ in die vierde lyn om elke gedagte kans te gee om betekenis oor te dra:
die begeerte om verlossing na ‘gedroom’. Die pyn van die liefde met die einde
van die vraag ‘… lem in my hart?’ Vanaf die vyfde lyn moet die ritme geleidelik
vinniger en vinniger beweeg tot by die woorde ‘kom snel’ in die laaste reël. Dit
dui op die nader slepende onafwendbare einde wat die dood is suggereer en
ook die spreker se angstigheid om tot verlossing uit die pyn te kom. (4)
9.3 Ten minste TWEE woorde uitgewys wat klem moet dra en goedgemotiveer deur
die verstaan van die subteks. (TWEE punte vir motiverings) (4)
9.4 Kandidaat moet ten minste VIER interpretasie-tegnieke beskryf (toonhoogte en
pouses) bv. TWEE variasies in toonhoogte en TWEE moontlike gepaste pouses
vir dramatiese effek. Die kandidaat moet sy/haar keuses motiveer deur ʼn
duidelike begrip van die subteks aan te dui. Merk volgens eie oordeel. (5)
9.5 Punte moet toegeken word vir die korrekte dramatiese kunste terminologie bv.:
Stemontwikkeling: artikulasie, korrekte asemhaling, korrekte plasing,
uitspraak, projeksie
Bewegingsontwikkeling: Balans, beheer, stamina, ritme, karakterisering.
Geloofwaardige uitdrukking: Stanislavski se idees.
Duidelike praktiese motiverings oor hulle eie ontwikkeling. (5)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
20 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
OF
VRAAG 10: LEWENDIGE TEATER (KEUSEVRAAG)
10.1 Beskryf die proses of metode wat jy as ʼn akteur kan gebruik om ʼn karakter vir
die verhoog te skep. Jy kan na enige teaterpraktisyn verwys waarvan jy geleer
het. Jy moet ook verwys na enige van jou eie ervaring as akteur in ʼn produksie
of optrede vir assessering waaraan jy deelgeneem het
KATEGORIE PUNTE BESKRYWER
Baie goed 12–15 Kandidaat beskryf duidelik ʼn toneelspeel-tegniek vanaf die
eerste deurlees, repetisie-proses tot by die opvoering. Die
kandidaat kan verwys na enige teaterpraktisyn wat hy/sy
bestudeer het. Heel moontlik sal die kandidaat Stanislavski se
metode in detail beskryf en verwys na die Handeling/beweging,
Magiese ‘as’, gegewe omstandighede, verbeelding, super-
objektief (Hoof-funksie of hoofdoel), sirkels van fokus, Lyn van
handeling, emosionele geheue, tempo en ritme in beweging en
die metode van fisiese aksies om ʼn karakter te skep. Duidelike
verwysing na eie ervaring.
Goed 9–11 Kandidaat beskryf duidelik ʼn toneelspeel-tegniek vanaf die
eerste deurlees, repetisie-proses tot by die opvoering. Die
kandidaat kan verwys na enige teaterpraktisyn wat hy/sy
bestudeer het. Heel moontlik sal die kandidaat Stanislavski se
metode beskryf en verwys na die meeste aspekte van die
proses: Handeling/beweging, Magiese ‘as’, gegewe
omstandighede, verbeelding, super-objektief (Hoof-funksie of
hoofdoel), sirkels van fokus, Lyn van handeling, emosionele
geheue, tempo en ritme in beweging en die metode van fisiese
aksies om ʼn karakter te skep. Kandidaat verwys na eie ervaring.
Gemiddeld 7–8 Kandidaat verstaan of beskryf die proses van karakterskepping
nie volledig nie. Daar word sekere tegnieke/metodes genoem
soos Stanislavski se metode maar ʼn logiese beskrywing is
onvolledig. Die bespreking wys bewustheid van
toneelspeltegniek maar sekere belangrike detail van die proses
van skep/repetisie/ontwikkeling is weggelaat of vaag. Nie
genoegsame verwysing na eie ervaring nie.
Swak 0–6 Kandidaat maak vae, algemene opmerkings oor
toneelspeltegniek maar het nie genoegsame kennis oor die
aanwend van die tegniek en proses van repetisie nie. Min of
geen verwysing na eie ervaring. Onvoldoende, algemene
opmerkings. (15)
10.2 Punte moet toegeken word vir die korrekte dramatiese kunste terminologie
bv.:
Stemontwikkeling: artikulasie, korrekte asemhaling, korrekte plasing,
uitspraak en projeksie
Bewegingsontwikkeling: Balans, beheer, stamina, ritme en karakterisering.
Geloofwaardige uitdrukking: Stanislavski se idees
Duidelike praktiese motiverings oor hulle eie ontwikkeling. Merkers gebruik eie
diskresie in toepassing van die punte maar geen punte word toegeken vir
onduidelike of vae stellings nie. (5)
[20]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 21
VRAAG 11: DIE ROL VAN DIE REGISSEUR (KEUSEVRAAG)
11.1 Merk volgens die proses of metode wat jy gaan gebruik om een van die
toneelstukke wat jy die jaar bestudeer het, te regisseer. Die kandidaat moet
verwys na ‘n toneelstuk of ‘n film in die hele proses van beplanning en
voorbereiding, asook die repetisieproses met die regie van hierdie toneelstuk/film.
KATEGORIE PUNTE BESKRYWER
Baie goed 12–15 Kandidaat beskryf die proses van regie baie duidelik vanaf die kies van
ʼn teks, uitvind oor regte, beplanning van ʼn begroting, ruimte, oudisies,
rolverdeling, repetisies, tegniese repetisies en optrede. Kandidaat
beskryf duidelik dat die regisseur die algemene visionêr van die styl
van die produksie is en wys ʼn bewustheid van en beskryf die regisseur
se insette in alle aspekte van die produksie insluitend: akteuropleiding
(om betekenis te kry, ontwikkeling van karakters), om die bou te skep –
deur die toneelstuk visueel en ouditories te bou en vorm, die insluit van
tegniese aspekte soos klank, beligting en stel en kostuumontwerp. Die
kandidaat beskryf die proses deur te verwys na ʼn spesifieke
toneelstuk.
As die kandidaat die proses beskryf ten opsigte van ʼn filmproduksie
moet hy/sy ʼn duidelike bewustheid wys van die verskillende fases van
filmproduksie: voor-produksie (teksversorging, rolverdeling,
omgewing/plasingsbesluite), produksie (repetisie en verfilming) en na-
produksie (redigering). Die kandidaat moet die rol van die regisseur
van film duidelik insien as van hoofbelang deur die gebruik van
tegniese elemente om die storie te vertel. Tipes skote (‘Storyboarding’
en die gebruik van ʼn skote-teks), saamwerk met ʼn tegniese kamera,
beligting en klank span asook met die akteurs op stel. En die finale
saamwerk met ʼn redigeerder om die finale produk saam te stel.
Goed 9–11 Kandidaat beskryf meeste van die aspekte oor die proses van regie
vanaf die kies van ʼn teks, uitvind oor regte, beplanning van ʼn
begroting, ruimte, oudisies, rolverdeling, repetisies, tegniese repetisies
en optrede. Kandidaat is bewus van die regisseur se betrokkenheid by
alle aspekte van die produksie maar beskryf nie duidelik ʼn bewustheid
van die kreatiewe mag van die regisseur nie.
Gemiddeld 7–8 Die kandidaat bespreek meeste van die volgende aspekte:
akteuropleiding (om betekenis te kry, ontwikkeling van karakters), om
die bou te skep – deur die toneelstuk visueel en ouditories te bou en
vorm, die insluit van tegniese aspekte soos klank, beligting en stel en
kostuumontwerp. Die kandidaat beskryf die proses deur te verwys na
ʼn spesifieke toneelstuk. As die kandidaat die proses beskryf ten
opsigte van ʼn filmproduksie moet hy/sy ʼn duidelike bewustheid wys
van die verskillende fases van filmproduksie: voor-produksie
(teksversorging, rolverdeling, omgewing/plasingsbesluite), produksie
(repetisie en verfilming) en na-produksie (redigering). Die kandidaat
beskryf die rol van die regisseur in film as belangrik in alle aspekte
maar wys nie ʼn duidelike bewustheid van die belangrikheid van
tegniese elemente as deel van die regisseur se gereedskap om ʼn
storie in hierdie medium te vertel nie. Meeste van die volgende
aspekte word genoem: Tipes skote (‘Storyboarding’ en die gebruik van
ʼn skote-teks), saamwerk met ʼn tegniese kamera, beligting en klank
span asook met die akteurs op stel. En die finale saamwerk met ʼn
redigeerder om die finale produk saam te stel.
Swak 0–6 Kandidaat verstaan nie die proses van regie ten volle nie. Die mees
belangrike aspekte word beskryf oor seleksie en repetisie maar is
dikwels vaag in ʼn beskrywing van die gedetaileerde werk van ʼn
regisseur in alle aspekte van die produksie. Daar word soms verwys
na die spesifieke toneelstuk. (15)
Downloaded from hlayiso.com
22 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013)
11.2 Punte moet toegeken word vir die korrekte dramatiese kunste terminologie
bv.:
Stemontwikkeling: artikulasie, korrekte asemhaling, korrekte plasing,
uitspraak en projeksie.
Bewegingsontwikkeling: Balans, beheer, stamina, ritme en
karakterisering.
Geloofwaardige uitdrukking: Stanislavski se idees.
Duidelike praktiese motiverings oor hulle eie ontwikkeling.
Merkers gebruik eie diskresie in toepassing van die punte maar geen punte
word toegeken vir onduidelike of vae stellings nie. (5)
[20]
OF
VRAAG 12: DIE ROL VAN DIE ONTWERPER (KEUSEVRAAG)
12.1 Verbeel jou jy is die ontwerper van een van die toneelstukke wat jy hierdie jaar
bestudeer het. Doen ʼn volledige en gedetailleerde ontwerp (vloerplan) vir die
produksie. Jou ontwerp kan vir ʼn ateljeestel vir ʼn film of ʼn stel vir ʼn
verhoogproduksie wees. Skryf kort notas en byskrifte om jou keuses te
Motiveer en jou ontwerp duidelik te ondersteun. (15)
KATEGORIE PUNTE BESKRYWER
Baie goed 12–15 ʼn Duidelike funksionele ontwerp wat by die styl van die
produksie pas en die posisie van die gehoor wys. Die
ontwerp wys dat meeste van die volgende aspekte ten
opsigte van die toneelstuk oorweeg is: omgewing of
plasing, atmosfeer, temas van die toneelstuk en die tipe
karakters. Meeste detail van die dekor word duidelik
gewys en benoem. Kandidaat gebruik komposisionele
elemente tot ʼn groot mate en ook vlakke (rostra, stoele,
trappe ens.) maar nie altyd die beste plasingskeuses vir
estetiese en opvoeringsredes nie. ʼn Bewustheid van die
kameraplasing is duidelik in ʼn stelontwerp vir ʼn ontwerp
van ʼn filmstel. Sommige motiverings word gegee vir die
keuses in die ontwerp.
Goed 9–11 ʼn Duidelike funksionele ontwerp wat by die styl van die
produksie pas en die posisie van die gehoor wys. Die
ontwerp wys dat meeste van die volgende aspekte ten
opsigte van die toneelstuk oorweeg is: omgewing of
plasing, atmosfeer, temas van die toneelstuk en die tipe
karakters. Meeste detail van die dekor word duidelik
gewys en benoem. Kandidaat gebruik komposisionele
elemente tot ʼn groot mate en ook vlakke (rostra, stoele,
trappe ens.) maar nie altyd die beste plasingskeuses vir
estetiese en opvoeringsredes nie.
ʼn Bewustheid van die kameraplasing is duidelik in ʼn
stelontwerp vir ʼn ontwerp van ʼn filmstel. Sommige
motiverings word gegee vir die keuses in die ontwerp.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 23
Middelmatig 7–8 ʼn Baie middelmatige ontwerp wat nie duidelik die
produksiestyl wys nie maar amper net funksioneel
voorkom. Die ontwerp wys egter duidelik die verhouding
met die gehoor. Die ontwerp wys dat sommige van die
volgende oor die toneelstuk oorweeg is: omgewing of
plasing, atmosfeer, temas in die toneelstuk en die tipe
karakters. Meeste detail van die stel word duidelik gewys
en benoem. Kandidaat is bewus van visuele komposisie
op die verhoog en gebruik vlakke maar die ontwerp is
gewoon sonder veel innovering en/of kreatiwiteit.
Die kandidaat is vaagweg bewus van ʼn verskil vir ontwerp
vir ʼn filmstel of dui nie duidelik aan waarvoor daar
ontwerpe is nie. Onvoldoende motivering vir keuses
verskaf.
Swak 0–6 ʼn Swak of oninteressante ontwerp wat nie duidelik is oor
die plasing van dekorstukke en wat min of geen oorweging
wys oor die styl van die produksie nie. Ook min of geen
oorweging is geskenk aan die atmosfeer of temas in die
toneelstuk nie. Die ontwerp is moeilik om te verstaan en
het nie genoegsame verduidelikings nie. (15)
12.2 Punte moet toegeken word vir die korrekte dramatiese kunste terminologie
bv.:
Stemontwikkeling: artikulasie, korrekte asemhaling, korrekte plasing,
uitspraak en projeksie
Bewegingsontwikkeling: Balans, beheer, stamina, ritme en karakterisering.
Geloofwaardige uitdrukking: Stanislavski se idees.
Duidelike praktiese motiverings oor hulle eie ontwikkeling.
Merkers gebruik eie diskresie in toepassing van die punte maar geen punte
word toegeken vir onduidelike of vae stellings nie. (5)
[20]
TOTAAL AFDELING E: 20
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 Dramatic Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Dramatic Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 11 Dramatic Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More Dramatic Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo (English)
Related documents
_hlayiso.com_--3a27b5ee-3b68-4603-a691-2735838c61e9/v1-fe227a05bda689ae7f8d/card.webp)
Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo
_hlayiso.com_--a2f6daad-9dc6-4a35-9246-063278a2bb3d/v1-524340afecdc6ffa9ab5/card.webp)
Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2013 Question Paper
_hlayiso.com_--6c605964-344e-4dca-94a8-89902c56bf68/v1-d90bba2055834a8b0dd8/card.webp)
Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2013 Question Paper

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2014 Memo
More from Grade 11 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 11 Dram Art ATP 2023 24

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Eng)

Question paper