Skip to content
Question paper

Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Grade 11 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Dramatic ArtsGrade 11201813 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 DRAMATIESE KUNSTE PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IDRAMA* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Teater van Realisme (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater (40) AFDELING C: Gestileerde Teater (40) Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en AFDELING D: Vaardighede (40) 2. Beantwoord SLEGS die vrae wat gebaseer is op die tekste wat jy bestudeer het. 3. Leestyd van 15 minute word aan die begin van die eksamen gegee. 4. AFDELING A: REALISME is VERPLIGTEND. VRAAG 1: Teater van Realisme (ONDERWERPE 1 en 2) AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER is VERPLIGTEND. VRAAG 2: Suid-Afrikaanse Teater (ONDERWERPE 4 en 5) AFDELING C: GESTILEERDE TEATER (ONDERWERPE 7 en 8) Beantwoord SLEGS EEN vraag van hierdie afdeling: VRAAG 3: Kontemporêre Trans-Afrika Teater OF VRAAG 4: Elizabethaanse Teater OF VRAAG 5: Teater van die Verre Ooste OF VRAAG 6: Kontemporêre Amerikaanse Teater OF VRAAG 7: Ekspressionistiese Teater 7. AFDELING D: Hierdie afdeling is VERPLIGTEND TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE (ONDERWERPE 3, 6, 9, 10 en 11) VRAAG 8: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE 8. Nommer jou antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Hou ingedagte dat die hoeveelheid punte per vraag ʼn aanduiding is van die hoeveelheid detail wat in jou antwoord verwag word. 10. Gebruik jou klaskamerkennis, asook jou eie onafhanklike en kreatiewe denke om die vraestel te beantwoord. 11. Trek ʼn streep na elke afdeling. 12. Skryf netjies en leesbaar Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 3 AFDELING A: TEATER VAN REALISME Hierdie vraag is VERPLIGTEND. VRAAG 1: TEATER VAN REALISME Lees die volgende aanhaling en beantwoord die vraag wat volg.  “Ons is nie vry nie. En die hemelruim kan nog steeds op ons koppe neerval. En die teater is juis geskep om ons dit in die eerste plek te leer.” – Antonin Artaud  “Ek ag die teater as die grootste van alle kunstevorme, die mees onmiddellike manier waarmee ʼn mens met ander ʼn gevoel kan deel oor wat dit beteken om mens te wees.” – Thorton Wilder  Ons het Realisme nodig om realiteit te kan hanteer. – Slick Rick  Teater is ʼn spieël, ʼn skerp refleksie van die samelewing. – Yasmina Reza  Kuns is ʼn leuen wat ons die waarheid laat besef. – Pablo Picasso Die einde van die 19de eeu en die begin van die 20ste eeu in kuns is gekenmerk deur die ontstaan van Realisme. Toenemende ontwikkeling in tegnologie, die kunste en filosofie het nuwe maniere van denke ingelei en is aangewakker deur teaterpraktisyns van regoor die hele wêreld. Gebruik een of meer aanhalings uit BRON A om te bespreek en te evalueer hoe dit die temas en konvensies van Teater Realisme reflekteer. Gebruik die toneelteks van die Teater van Realisme wat jy bestudeer het as ʼn verwysing en voorbeeld. Jou opstel moet jou begrip van Teater van Realisme demonstreer, asook jou vermoë om te identifiseer, verduidelik en om dit van toepassing te maak op die toneelteks wat jy bestudeer het. Jou opstel moet 2–3 bladsye lank wees. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 4 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE TEATER 2.1 Noem die Suid-Afrikaanse drama en dramaturg wat jy hierdie jaar bestudeer het. (2) 2.2 Noem en beskryf die tipe verhoogspasie wat die geskikste sal wees vir die Suid- Afrikaanse drama wat jy hierdie jaar bestudeer het. (4) 2.3 Kies ʼn spesifieke toneel uit die Suid-Afrikaanse drama wat jy bestudeer het en teken ʼn verhoogplan (‘floor plan’) vir hierdie gekose toneel.. (6) 2.4 Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON B 2.4.1 Die foto hierbo is geneem uit ʼn protesdrama genaamd Asinamali. Noem en verduidelik DRIE doelwitte van Protesteater. (6) 2.4.2 Volgens jou opinie, is die Suid-Afrikaanse toneelstuk wat jy bestudeer het ʼn protesdrama? Gebruik voorbeelde uit die toneelstuk om jou antwoord te ondersteun. (3) 2.5 Oorweeg die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg. Jy is ʼn lid van ʼn Gemeenskapsteatergroep wat gevra is om ʼn toneelstuk vir jou gemeenskap te werkswinkel. Die ouer lede van die gemeenskap het begin oplet dat daar spesifieke probleemareas onder die jeug is en het jou gemeenskapsteatergroep gevra om ʼn werkswinkeltoneelstuk vir die jeug te skep. 2.5.1 Verduidelik die doelwitte van Gemeenskapteater. (5) 2.5.2 Skep ʼn intrige/handeling/plot vir jou produksie en verdeel dit in tematiese tonele. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 5 2.6 Kies TWEE karakters uit die Suid-Afrikaanse toneelstuk wat jy hierdie jaar bestudeer het. Skryf kort notas waarin jy die vaardighede bespreek wat nodig sal wees vir ʼn akteur om die rolle suksesvol uit te beeld. (6) TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 6 AFDELING C: GESTILEERDE TEATER Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 3: Kontemporêre Trans-Afrika Teater OF VRAAG 4: Elizabethaanse Teater OF VRAAG 5: Teater van die Verre Ooste OF VRAAG 6: Kontemporêre Amerikaanse Teater OF VRAAG 7: Ekspressionistiese Teater VRAAG 3: KONTEMPORÊRE TRANS-AFRIKA TEATER 3.1 Watter tipe opvoeringspasie is vir Afrika-teater gepas? (2) 3.2 Teken en benoem ʼn skets vir die opvoeringspasie in VRAAG 3.1 genoem. (6) 3.3 Beskryf die eienskappe van Afrika-Teater, deur die toneelstuk wat jy bestudeer het as verwysing te gebruik. (10) 3.4 Daar is ʼn sterk tradisie van mondelingse vertelling in Afrika-Teater. Beskryf hoe die dramaturg van die drama wat jy bestudeer het hierdie orale tradisie in die teks gebruik. Verwys na ʼn spesifieke toneel uit die teks om jou antwoord duidelik te maak. (6) 3.5 Kies ʼn karakter uit die toneelteks wat jy bestudeer het en ontwerp ʼn gepaste Egungun-masker vir die akteur wat die rol speel. Jy kan die masker teken of beskryf en dui duidelik aan tot watter karakterklas hierdie masker behoort. (6) 3.6 Motiveer waarom jou ontwerp in VRAAG 3.5 gepas is vir die karakter uit die toneelstuk wat jy gekies het. (3) 3.7 Sou ʼn prosceniumboog-verhoog gepas gewees vir ʼn optrede van die teks wat jy bestudeer het? Motiveer jou opinie. (2) 3.8 Assesseer krities die doeltreffendheid van ritualistiese elemente in die opvoer van die Trans-Afrika teks wat jy bestudeer het. (5) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 7 VRAAG 4: ELIZABETHAANSE TEATER 4.1 Noem die opvoerruimte (naam van teater) wat meestal met Elizabethaanse Teater geassosieer word. (2) 4.2 Beskryf die verskil tussen die ‘Blackfriars-teater’ opvoerruimte en die teater wat in VRAAG 4.1 genoem is. (6) 4.3 Skryf kort notas waarin jy die verantwoordelikhede van die volgende werkposisies in die Elizabethaanse teater verduidelik. Gee ook die moderne ekwiwalent van elke werksposisie. 4.3.1 Huishoudsters (3) 4.3.2 ‘Tiremen’ (3) 4.3.3 Boekhouers (3) 4.4 Kies ʼn karakter uit die Elizabethaanse toneelteks wat jy bestudeer het. Verduidelik die teenwoordigheid van ten minste TWEE verskillende temperamente (‘humour’) wat dominant in die karakter is op verskillende tye in die drama. Motiveer jou opinie deur na die teks te verwys. (8) 4.5 In Elizabethaanse tye het drama tipies aan sekere genres behoort. Aan watter genre behoort die toneelstuk wat jy bestudeer het? Motiveer deur die eienskappe van die genre uit te lig soos wat hulle in die teks voorkom. (5) 4.6 Verbeel jou jy was ʼn Elizabethaanse akteur. Kies ʼn karakter uit die toneelstuk wat julle geleer het en verduidelik watter vaardighede jy sou moet hê om daardie karakter te kan vertolk. (4) 4.7 Dui aan hoe jy dink die dramaturg dialoog gebruik om die sentrale tema van die drama uit te druk. Verwys na spesifieke oomblikke in die toneelstuk. (6) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 8 VRAAG 5: TEATER VAN DIE VERRE OOSTE 5.1 Beskryf die Japansese Noh-verhoog in detail. Jy kan ʼn skets teken om jou antwoord te verduidelik. (12) 5.2 Die akteur is die fokuspunt van die Chinese Teater. Rolle word in verskillende tipes verdeel. 5.2.1 Verduidelik die verskillende toneelrolle in Chinese Teater en verwys na die vaardighede wat akteurs nodig het om hierdie rolle te vertolk. (8) 5.2.2 Verduidelik hoe TWEE van die karakters in die toneelstuk wat jy bestudeer het, by hierdie rolle inpas. (4) 5.3 Skryf ʼn kort opstel waarin jy verduidelik hoe Kabuki-teater meer toeganklik is vir die Westerse teaterganger as ander tradisionele oosterse vorms. Verwys na die gebruik van rekwisiete (‘props’) in Kabuki-teater om jou antwoord duidelik te maak. (6) 5.4 Verduidelik in ʼn kort opstel die verskille en ooreenkomste tussen Suid- Afrikaanse Teater en die Teater van die Verre Ooste. (10) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 9 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE AMERIKAANSE TEATER 6.1 Verduidelik die verskil tussen verhoogontwerp vir Teater van Realisme en Teatrale Realisme (‘Theatrical Realism’). Verwys na die Amerikaanse Teater toneelteks wat jy bestudeer het om jou antwoord duidelik te maak. (4) 6.2 In ʼn kort opstel, vergelyk en kontrasteer die ontwikkeling van teater in Suid- Afrika en Amerika deur na sosio-politiese kontekste op beide kontinente te verwys. (12) 6.3 Op watter manier verken die toneelstuk wat jy bestudeer het die idee van die ‘Amerikaanse droom’ (American Dream)? Sluit ook verwysings van die intrige (‘plot’) en karakters in om jou antwoord te staaf. (6) 6.4 In die libretto van ʼn tipiese ‘Amerikaanse Musiekvertoning’ (American Musical) kom ons agter dat daar sekere konvensies gebruik word. Bespreek hierdie konvensies (gebruike) in ʼn kort paragraaf. (6) 6.5 Die hoofkarakter in Teatrale Realisme drama kom baie keer voor ʼn dilemma te staan en moet ʼn keuse maak. Kies ʼn karakter uit die toneelstuk wat jy bestudeer het en bespreek hoe hul dilemma (probleem) en keuse die einde van die toneelstuk beïnvloed. (6) 6.6 Die ‘Amerikaanse ‘Metode’ deur Lee Strasberg, is beïnvloed deur Stanislavski se sisteme en is al baie gekritiseer. Verduidelik in ʼn kort paragraaf of jy dink dat die kritiek geregverdig is deur na die moontlike gevare of ander probleme met die gebruik van die ‘Amerikaanse Metode’ te verwys. (6) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 10 VRAAG 7: EKSPRESSIONISTIESE TEATER 7.1 Verduidelik die filosofie van Ekspressionisme in ʼn kort paragraaf. (5) 7.2 Hoe is hierdie filosofie duidelik in die Ekspressionistiese toneelstuk wat jy bestudeer het? Bespreek jou antwoord in ʼn kort paragraaf deur na die tema en inhoud van die teks te verwys. (4) 7.3 Verduidelik die struktuur van die teks wat jy bestudeer het deur kort notas oor die funksie en volgorde van die tonele te skryf. (12) 7.4 Die hoofkarakter of protagonis in Ekspressionistiese Teater is gewoonlik die enigste komplekse karakter. 7.4.1 Verwys na die hoofkarakter van die toneelstuk wat jy bestudeer het en motiveer of die bogenoemde stelling waar is of nie. (4) 7.4.2 Bespreek hoe jy die karakterisering sou gebruik om TWEE van die ander karakters in die toneelstuk uit te beeld. (6) 7.5 Baie Ekspressioniste was kwaad vir hul gemeenskappe. Hulle was vol frustrasie vir die status quo en het gesmag na iets anders. Oorweeg die bogenoemde stelling en skryf ʼn kort opstel waarin jy jou idee van ʼn Ekspressionistiese drama verduidelik. Jou intrige (‘plot’) moet duidelik die samelewingskwessies wat jou idee geïnspireer het, uitwys. Beskryf ook die karakterisering van die protagonis en ander karakters wat jy wil gebruik. (9) TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 11 AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. VRAAG 8: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE 8.1 Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON C Nadat jy en jou dramaklas die produksie van Magnet Teater se Animal Farm gekyk het, was julle geïnspireerd om julle eie produksie van ENIGE roman wat julle gelees het op te voer deur ʼn werkswinkelproduksie daarvan te maak. Jy is verantwoordelik daarvoor om die produksie op die planke te bring. Noem en bespreek die rol van elke persoon in jou produksiespan deur seker te maak dat hulle almal weet wat hulle moet doen en waarom dit belangrik vir die produksieplan is. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 12 8.2 Bestudeer BRON D en beantwoord die vrae wat volg. BRON D 8.2.1 Jou klas is uitgenooi om saam met die teatergeselskap wat die produksie van die foto hierbo geskep het, op te tree. Noem en verduidelik watter DRIE vaardighede hierdie leerders nodig het om saam met hierdie akteurs te kan optree. (6) 8.2.2 Bestudeer die foto hierbo en beskryf wat jy jou verbeel die intrige (‘plot’) wat op hierdie oomblik in die opvoering aan die gang is. (4) 8.3 Bespreek hoe jy die gebruik van stem en karakterisering sal gebruik om die intrige (‘plot’), van die antwoord in VRAAG 8.2.2, in die foto hierbo te verryk. (4) 8.4 Gedurende repetisies kom jy agter dat een van die leerders uitasem raak in die middel van die optrede. Beskryf EEN stemoefening wat hy/sy kan doen om met asembeheer te help. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 13 8.5 Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON E Jong akteurs, vrees julle aanhangers! Leer betyds, vanaf jou eerste tree, om te hoor, te verstaan en lief te raak vir die wrede waarheid oor jouself. Vind uit wie jou daardie waarheid kan vertel en praat slegs met hulle wat jou die waarheid kan vertel oor jou kuns. [Bron: Constantine Stanislavski Deur jou eie praktiese eksamen optrede as verwysing te gebruik, bespreek die gebruik en belangrikheid van die volgende:  Verbeelding  Ensemble (4) 8.6 Skryf kort notas waarin jy jou persoonlike reis om hierdie ‘wrede waarheid’ oor jouself as ʼn akteur/teaterpraktisyn te ontdek, verduidelik. (10) [40] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Dramatic Arts

View all