Skip to content
Question paper

Dramatic Arts Grade 11 Eastern Cape November 2013 Question Paper

Grade 11 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape November 2013, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Dramatic ArtsGrade 11201310 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DRAMATIESE KUNSTE PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord SLEGS die vrae oor die toneelstukke wat jy bestudeer het. 2. Jy het 15 minute leestyd voor die eksamen begin. 3. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings: AFDELING A: 30 punte AFDELING B: 40 punte AFDELING C: 40 punte AFDELING D: 20 punte AFDELING E: 20 punte 4. AFDELING A is VERPLIGTEND. VRAAG 1: Teater van Realisme 5. AFDELING B is VERPLIGTEND. VRAAG 2: Suid-Afrikaanse Teater 6. AFDELING C: Kontemporêre Pan-Afrika teater OF Elizabethaanse Teater OF Teater van die Verre-Ooste OF Kontemporêre Amerikaanse Teater OF Ekspressionistiese Teater Beantwoord slegs die vraag van die toneelstuk wat jy bestudeer het. VRAAG 3: Kontemporêre Pan-Afrika Teater (KEUSE-VRAAG) OF VRAAG 4: Elizabethaanse Teater (KEUSE-VRAAG) OF VRAAG 5: Teater van die Verre-Ooste (KEUSE-VRAAG) OF VRAAG 6: Kontemporêre Amerikaanse Teater (KEUSE-VRAAG) OF VRAAG 7: Ekspressionistiese Teater (KEUSE-VRAAG) 7. AFDELING D is VERPLIGTEND. VRAAG 8: Teatergeskiedenis 8. AFDELING E: Praktiese werk en refleksie. Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Antwoord SLEGS EEN van die volgende vrae: VRAAG 9: STEMWERK OF VRAAG 10: LEWENDIGE OPVOERING OF VRAAG 11: ROL VAN DIE REGISSEUR OF VRAAG 12: ROL VAN DIE ONTWERPER 9. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 10. Let op die aantal punte aan elke vraag toegeken om die lengte van jou antwoorde te bepaal. 11. Gebruik jou kennis van die vak, asook jou eie onafhanklike en kreatiewe idees, om die vrae te antwoord. 12. Skryf netjies en leesbaar. 13. Trek ʼn lyn na elke vraag.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 3 AFDELING A: TEATER VAN REALISME Hierdie vraag is VERPLIGTEND. Neem kennis: Kies telkens ʼn ander toneelstuk vir elke vraag wat jy beantwoord. VRAAG 1: TEATER VAN REALISME Beantwoord hierdie vraag oor die Teater van Realisme-toneelstuk wat jy bestudeer het. Let asseblief daarop dat jou keuse van teks om hierdie vraag te beantwoord, nie weer in enige ander opvolgende vraag wat volg gekies kan word nie, byvoorbeeld, as jy kies om hierdie vraag (VRAAG 1) te beantwoord op ʼn Suid-Afrikaanse toneelstuk, dat jy nie VRAAG 2 oor dieselfde toneelstuk kan beantwoord nie. Elke vraag moet op ʼn ander toneelstuk wat jy hierdie jaar bestudeer het, beantwoord. In reaksie op ʼn veranderende samelewing het nuwe teatervorme begin ontwikkel teen die middel van die 1800’s. Die eerste van hierdie nuwe vorme, Realisme, is gelei deur Eugene Scribe (1792–1861). Wat veral vir Scribe van belang was was die intrige. Hy het ʼn struktuur onwikkel wat bekend geraak het as die goed- gemaakte toneelstuk (well-made play). [Via Africa, Dramatic Arts, Grade 11, Learner’s Book] Lees die bogaande stelling versigtig deur en beantwoord dan die volgende vraag. Skryf ʼn opstel van ongeveer 3 tot 4 bladsye waarin jy die dramatiese struktuur van die Teater van Realisme-teks wat jy hierdie jaar bestudeer het, bespreek. Verwys na Scribe se idee van die ‘well-made play’. Hoe ondersteun hierdie struktuur die oordra van die tema in die toneelstuk? TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com 4 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013) AFDELING B Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE TEATER (VERPLIGTE VRAAG) NEEM KENNIS: Kies ʼn ander toneelstuk vir elke vraag wat jy beantwoord. 2.1 Gee die naam en dramaturg van die Suid-Afrikaanse toneelstuk wat jy hierdie jaar bestudeer het. (2) 2.2 Kan die toneelstuk wat jy bestudeer het as Agitprop-teater gesien word? Motiveer jou antwoord deur na jou toneelstuk te verwys. (5) 2.3 Beskryf die teater-ruimte wat jy sou gebruik om ʼn produksie van hierdie toneelstuk op te voer, in ʼn kort paragraaf. Gebruik jou ondervinding en kennis van optreeruimtes van graad 10 en 11. Motiveer jou antwoord deur na die toneelstuk wat jy bestudeer het te verwys. (6) 2.4 Kies ʼn hoofkarakter uit die toneelstuk wat jy bestudeer het en skryf kort notas wat die karakter onder die volgende opskrifte beskryf: 2.4.1 Die naam van die karakter (1) 2.4.2 Fisies (4) 2.4.3 Sosiaal (4) 2.4.4 Psigologies (4) 2.4.5 Moreel (4) 2.5 Plaas die stuk binne die geskiedenis van Suid-Afrika. Verduidelik in ʼn kort paragraaf in watter periode van die geskiedenis die stuk geskryf of opgevoer is, en watter aspekte van Suid-Afrikaanse geskiedenis die temas en inhoud van die stuk bepaal. (10) TOTAAL AFDELING B: 40
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 5 AFDELING C: Kontemporêre Pan-Afrika teater OF Elizabethaanse Teater OF Teater van die Verre-Ooste OF Kontemporêre Amerikaanse Teater OF Ekspressionistiese Teater Beantwoord slegs die vraag oor die toneelstuk wat jy bestudeer het. Beantwoord hierdie vraag oor die toneelstuk wat jy bestudeer het. VRAAG 3: KONTEMPORÊRE PAN-AFRIKA TEATER Beantwoord hierdie vraag as jy ʼn ‘Kontemporêre Pan-African’-toneelstuk bestudeer het. 3.1 Skryf die naam van die Kontemporêre Pan-Afrika-toneelstuk en die skrywer wat jy bestudeer het, neer. (2) 3.2 Verskeie akademici het al probeer om gemeenskaplike eienskappe van teater in Afrika te identifiseer. Noem VYF algemene eienskappe van Afrika Teatervorme. (5) 3.3 Maak die dramaturg van hierdie toneelstuk van ritueel in die teks gebruik? Motiveer jou antwoord deur na jou kennis van rituele en inheemse Afrika- drama asook deur na die toneelstuk in sy geheel te verwys. (10) 3.4 Beskryf die gepaste teaterruimte wat die beste gaan werk vir ʼn optrede van die toneelstuk wat jy bestudeer het. Jy kan ʼn skets maak of die ruimte beskryf, maar jy moet jou keuses motiveer deur na die teks te verwys. Verwys ook na die invloed wat die ruimte kan hê op die gehoor-akteur- verhouding. (10) 3.5 Skryf ʼn kort opstel oor die belangrikste tema in die toneelstuk en hoe die dramaturg die intrige en karakters gebruik om hierdie tema uit te lig. (10) 3.6 Dink jy Afrika-teater is relevant vir gehore in die Westerse wêreld? (3) [40] OF
Downloaded from hlayiso.com 6 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013) VRAAG 4: ELIZABETHAANSE TEATER Beantwoord hierdie vraag as jy ʼn Elizabethaanse Teater-toneelstuk bestudeer het. 4.1 Skryf die titel en dramaturg se naam neer van die Elizabethaanse teater- stuk wat jy bestudeer het. (2) 4.2 Beskryf ʼn tragiese held (tragic hero). (3) 4.3 Skryf kort notas oor die karaktertrekke van die volgende genres van Elizabethaanse Teater: 4.3.1 Historiese-toneelstukke (History plays) (2) 4.3.2 Tragedies (3) 4.4 Beskryf kortliks die gebruik van die middeleeuse geloof oor die vier “humors” (humours) deur Elizabethaanse dramaturge in hul karakterisering. Verwys na spesifieke karakters in die toneelstuk wat jy bestudeer het. (8) 4.5 4.5.1 Beskryf of teken (met byskrifte) die ontwerp van ʼn tipiese Elizabethaanse Teater. (10) 4.5.2 Hoe het hierdie ontwerp die gehoor-akteur verhouding/interaksie beïnvloed? (2) 4.6 Beskryf in ʼn kort opstel hoe die dramaturg dialoog en simboliek gebruik om die hooftema van die toneelstuk uit te lig. (10) [40] OF VRAAG 5: TEATER VAN DIE VERRE-OOSTE Beantwoord hierdie vraag indien jy ʼn toneelstuk van die Teater van die Verre- Ooste bestudeer het. 5.1 Wat is die titel en naam van die dramaturg van die toneelstuk van die Teater van die Verre-Ooste wat jy bestudeer het? (2) 5.2 Skryf ʼn kort paragraaf oor die struktuur en styl van die Nō-Teater van Japan. (5) 5.3 Beskryf die VIER tipe rolle in Sjinese-teater. Bespreek die ooreenkoms of verskille van hierdie karaktertipes met die karakters in die toneelstuk wat jy bestudeer het. (8) 5.4 Beskryf die verhoogontwerp en teaterruimte van die Nō-verhoog. Jy kan ʼn skets teken om jou beskrywing duidelik te maak. (10) 5.5 Bespreek in ʼn kort opstel die gebruik van tyd en ruimte in die toneelstuk wat jy bestudeer het. Verwys na hoe hierdie elemente bydra om die betekenis en temas van die toneelstuk uit te lig. (15) [40] OF
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 7 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE AMERIKAANSE TEATER Beantwoord hierdie vraag as jy ʼn Amerikaanse Teaterstuk bestudeer het. 6.1 Noem die titel en skrywer van die Amerikaanse Teaterstuk wat jy bestudeer het. (2) 6.2 Skryf VYF elemente van die Amerikaanse Musiekblyspel (American Musical) neer. (5) 6.3 Beskryf in ʼn kort paragraaf die sosiopolitieke agtergrond van die Amerikaanse toneelstuk wat jy bestudeer het. (10) 6.4 Watter soort stel sou jy gebruik vir hierdie toneelstuk wat jy bestudeer het? Jy kan die stel beskryf of skets om jou keuses te motiveer. (10) 6.5 Beskryf in ʼn kort opstel die gebruik van Teatrale Realisme (Theatrical Realism) in die toneelstuk ten einde die psigologie van die karakters te ontbloot. Verwys na die teks om jou antwoord te motiveer. (10) 6.6 Dink jy dat Kontemporêre Amerikaanse Teater vir Suid-Afrikaanse gehore relevant is. Motiveer jou antwoord. (3) [40] OF VRAAG 7: EKSPRESSIONISTIESE TEATER Beantwoord hierdie vraag as jy ʼn Ekspressionistiese Teaterteks bestudeer het. 7.1 Noem die titel en skrywer van die Ekspressionistiese Teaterteks wat jy bestudeer het. (2) 7.2 Beskryf in ʼn kort paragraaf die gevoelens en idees van die Ekspressionistiese Beweging soos dit in Duitsland tydens die Eerste Wêreldoorlog ontwikkel het. (5) 7.3 Beskryf die gebruik van die volgende elemente in Ekspressionistiese Teater. Verwys na die toneelstuk wat jy bestudeer het om jou antwoord duidelik te maak: 7.3.1 Struktuur (7) 7.3.2 Karakters (8) 7.3.3 Temas (8) 7.4 Bespreek jou eie idees oor die gebruik en impak van sielkunde met verwysing na emosies en drome soos wat dit gebruik word in die toneelstuk wat jy bestudeer het. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40
Downloaded from hlayiso.com 8 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013) AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. VRAAG 8: TEATERGESKIEDENIS Verwys na die twee bronne hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. BRON A Grotowski het tien voorwaardes vir teater voorgestel. Die eerste voorwaarde stel voor: 1 ‘Teater gee ʼn kans vir iets wat ons integrasie kan noem, die weggooi van maskers, die ontbloting van ware eerlikheid: ʼn totaliteit van fisieke en verstandelike reaksies. Hierdie kans moet op ʼn gedissiplineerde wyse hanteer word, met ʼn deeglike bewustheid van die verantwoordelikheid wat dit behels. Hier kan ons teater se 5 terapeutiese funksie vir mense in ons hedendaagse samelewing sien.’ Towards a Poor Theatre (Grotowski) BRON B ‘Grotowski het my baie bewus gemaak van die kragtige kreatiwiteit van die akteur – nie slegs as ʼn instrument om te interpreteer nie, maar ook die akteur as oorspronklike skepper.’ Athol Fugard oor Grotowski Dink na oor BRON A en BRON B en beantwoord dan die volgende vrae. 8.1 Beskryf Grotowski se idees oor die volgende teaterkonvensies volgens sy visie vir ʼn ‘Gestroopte Teater’: 8.1.1 Die dramatiese teks (script) (3) 8.1.2 Proscenium-boogteater (2) 8.1.3 Rekwesiete (Props) (2) 8.1.4 Grimmering en kostuums (2) 8.2 Verduidelik in ʼn kort paragraaf hoe Grotowski die verhouding tussen akteur en die gehoor gesien het. Stem jy saam met sy siening? Motiveer jou antwoord. (5) 8.3 Beskryf ten minste TWEE van Grotowski se oefeninge en verduidelik hoe gereelde beoefening daarvan jou kan help om jou fisieke werk as akteur te verbeter. Verwys na jou eie ondervinding met fisieke teaterwerk. (6) TOTAAL AFDELING D: 20
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) DRAMATIESE KUNSTE 9 AFDELING E: PRAKTIESE WERK EN REFLEKSIE Beantwoord SLEGS EEN van die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 9: Stemwerk OF VRAAG 10: Lewendige Opvoering OF VRAAG 11: Rol van die regisseur OF VRAAG 12: Rol van die ontwerper VRAAG 9: STEMWERK Lees die gedig Diep Rivier deur Eugene Marais en beantwoord dan die vrae wat volg. O, Diep Rivier, O Donker Stroom 1 Hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom, Die lem van liefde wroegend in my hart? In jou omhelsing eindig al my smart; Blus uit, O Diep Rivier, die vlam van haat; 5 Die groot verlange wat my nooit verlaat. Ek sien van ver die glans van staal en goud, Ek hoor die sag gedruis van waters diep en koud; Ek hoor jou stem as fluistering in ʼn droom, Kom snel, O Diep Rivier, O Donker Stroom. 10 9.1 Indien jy ʼn keuse het om hierdie gedig as ʼn solo-optrede of as ʼn groepsgedig te doen wat sou jy kies? Motiveer jou antwoord. (2) 9.2 Beskryf jou gebruik van ritme in die gedig as jy dit sou voordra. Waar sou jy stadiger of vinniger gaan? Verwys na spesifieke reëls en gee redes vir jou keuses. (4) 9.3 Watter woorde staan vir jou uit en hoekom? Hoe kan jy jou stem en gebare gebruik om hierdie woorde uit te lig? (4) 9.4 Beskryf hoe jy variasie in toonhoogte en pouses kan gebruik om atmosfeer te skep of emosie uit te druk in hierdie gedig. Gee redes vir jou keuses. (5) 9.5 Reflekteer oor jou finale praktiese eksamen deur te verwys na:  Ontwikkeling van jou stem  Ontwikkeling van beweging  Ontwikkeling van geloofwaardige uitdrukking (5) [20] OF
Downloaded from hlayiso.com 10 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013) VRAAG 10: LEWENDIGE TEATER (KEUSEVRAAG) 10.1 Beskryf die proses of metode wat jy as ʼn akteur kan gebruik om ʼn karakter vir die verhoog te skep. Jy kan na enige teaterpraktisyn verwys wat jy bestudeer het. Jy moet ook verwys na enige van jou eie ervaring as akteur in die voorbereiding en opvoer in ʼn produksie of optrede vir assessering waaraan jy deelgeneem het. (15) 10.2 Reflekteer oor jou finale praktiese eksamen deur te verwys na:  Ontwikkeling van jou stem  Ontwikkeling van beweging  Ontwikkeling van geloofwaardige uitdrukking (5) [20] OF VRAAG 11: DIE ROL VAN DIE REGISSEUR (KEUSEVRAAG) 11.1 Verbeel jou jy gaan een van die stukke wat jy die jaar bestudeer het regisseer. Besluit of dit ʼn verhoogproduksie of ʼn film gaan wees en motiveer jou keuse. Beskryf in ʼn opstel die hele proses van beplanning en voorbereiding, asook jou repetisieproses met die regie van hierdie toneelstuk/film. Verwys na ʼn spesifieke toneelstuk om jou antwoord duidelik te ondersteun. (15) 11.2 Reflekteer oor jou finale praktiese eksamen deur te verwys na:  Ontwikkeling van jou stem  Ontwikkeling van beweging  Ontwikkeling van geloofwaardige uitdrukking (5) [20] OF VRAAG 12: DIE ROL VAN DIE ONTWERPER (KEUSEVRAAG) 12.1 Verbeel jou jy is die ontwerper van een van die toneelstukke wat jy hierdie jaar bestudeer het. Doen ʼn volledige en gedetailleerde ontwerp (vloerplan) vir die produksie. Jou ontwerp kan vir ʼn ateljeestel vir ʼn film of ʼn stel vir ʼn verhoogproduksie wees. Skryf kort notas en byskrifte om jou keuses te motiveer en jou ontwerp duidelik te ondersteun. (15) 12.2 Reflekteer oor jou finale praktiese eksamen deur te verwys na:  Ontwikkeling van jou stem  Ontwikkeling van beweging  Ontwikkeling van geloofwaardige uitdrukking (5) [20] TOTAAL AFDELING E: 20 GROOTTOTAAL: 150

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Dramatic Arts

View all