Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 300 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 





Economics Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Economics question paper from the 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Economics · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 14
- File size
- 313.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 14
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 A
1.2 C
1.3 A
1.4 A
1.5 C
1.6 D
1.7 B
1.8 B
1.9 B
1.10 C
1.11 C
1.12 B
1.13 A
1.14 D
1.15 A
1.16 A
1.17 C
1.18 B
1.19 D
1.20 C
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 14
AFDELING B
VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 A – Opswaai/Uitbreiding/Herstel/Voorspoed
B – Spits
C – Afswaai/Inkrimping/Resessie
D – Depressie
2.1.2 en 2.1.3 Noem 1 punt, Verduidelik 2 punte
2.1.2 Resessie/Afswaai/Inkrimping/Depressie – minder besteebare
inkomste vir nuwe skoene/probeer om die lewensduur van die
skoene vir solank as moontlik uit te rek/oorweeg goedkoper
alternatiewe.
2.1.3 Opswaai/Herstel/Uitbreiding/Voorspoed – 'n skuif van om
minderwaardige goedere te koop na normale goedere, dui op 'n
styging in reële inkomste/meer besteebare inkomste beteken dat
verbruikers na duurder winkels kan oorskakel. Soek vir beter
kwaliteit produkte/Werkloosheid verminder.
2.2 2.2.1 Die marginale verbruiksgeneigdheid is die toename in verbruik as
gevolg van 'n styging in inkomste OF Die gedeelte van 'n styging in
inkomste wat vir verbruik gebruik sal word.
2.2.2 1/1-mvg
= 1/0,3
= 3,33
2.2.3 Die vermenigvuldiger sal vergroot.
Verduideliking of berekening 2 punte
1/1-mvg
= 1/0,2
=5
OF
'n Inspuiting van ekstra inkomste van 'n styging in die mvg van 0,7
tot 0,8 lei tot meer besteding, wat die grootte van die
vermenigvuldiger vergroot. Hoe hoër die mvg hoe groter die
vermenigvuldigereffek.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 14
2.3 2.3.1 Die rand het van R16,38 tot R13,83 geappresieer.
2.3.2 Puntetoekenning: Grafiek 6 punte
Korrekte skuif van vraag na dollars wat verminder (direk)./Toename
in aanbod van dollars.
OF vraag na rand neem toe (indirekte metode)./Afname in aanbod
van rand.
Dui die appresiasie aan.
Korrekte benoeming van asse.
Korrekte benoeming van krommes.
OF
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 14
2.4 2.4.1 Malusi Gigaba
2.4.2 Reële BBP is Bruto Binnelandse Produk by konstante pryse. Reële
beteken dit is vir prysveranderings aangepas/uitwerking van inflasie
is verwyder/inflasie-aangepaste syfer.
OF
Reële Bruto Binnelandse Produk is 'n inflasie-aangepaste meting wat
die waarde van alle finale produkte en dienste weerspieël wat binne
die grense van 'n land in 'n gegewe jaar geproduseer is. of
produksievermoë van 'n land.
2.4.3 Die ekonomie moet gestimuleer word, maar die begrotingstekort
beperk dit/SA begroting het 'n tekort.
Hy moet 'n laegroeistrik vermy/lae ekonomiese groei wat tot stadiger
groei lei/groei is afwaarts hersien.
2.4.4 Fiskale beleide:
Die regering kan geld spandeer. Dit sal verseker dat besighede
inkomste kan verdien wat daartoe kan lei dat besteding toeneem wat
tot meer werk sal lei. (maks 4)
Die regering kan belastings verlaag. Dit sal verseker dat
huishoudings meer geld het om te spandeer/verhoogde indiensname.
(maks 4)
Die begrotingstekort sal egter nog groter word, aangesien verlaagde
belasting die staatsinkomste kan verminder en deur staatsbesteding
te verhoog, sal die begrotingstekort verhoog. (maks 6)
Kredietwaardigheid.
Aanvaar enige ander redelike antwoord.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 14
VRAAG 3 MIKRO-EKONOMIE
3.1 3.1.1 5
3.1.2 Die wet van afnemende marginale nut sê dat die marginale nut van 'n
produk of diens afneem wanneer meer daarvan in enige gegewe tydperk
gebruik word.
Gee 2 punte indien verduideliking met 'n voorbeeld.
3.1.3 A – 35
B – 114
C – 110
3.2 3.2.1 'n Normale produk is 'n produk waar 'n styging in inkomste 'n styging
in die vraag na die produk tot gevolg het/Hierdie produkte sal 'n
positiewe inkomste-elastisiteit van vraag hê, bv. sjokolade
'n Minderwaardige produk is 'n produk waarvoor 'n styging in
inkomste 'n daling in die vraag na die produk tot gevolg het/Hierdie
produkte het 'n negatiewe inkomste-elastisiteit van vraag, bv. brood,
mieliemeel.
3.2.2 Dit is heel waarskynlik dat die goedkoper handelsmerke/geen-naam-
handelsmerke 'n toename in verkope gedurende 'n resessie sal
ervaar, aangesien hulle meer bekostigbaar is.
Dit is egter baie onwaarskynlik dat duur sjokolade/luukse
handelsmerksjokolade verkope sal verhoog, aangesien verbruikers
minder koopkrag gedurende 'n resessie het.
Kan na persoonlike omstandighede verwys.
Handelsmerklojaliteit plus verduideliking.
Stem nie saam met gegewe stelling nie – redelike verduideliking.
(maks 4)
Aanvaar enige ander redelike antwoord. Aanvaar vergelyking in
tabelvorm.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 14
3.3 3.3.1 Basiese voedingstowwe is noodsaaklik vir daaglikse bestaan.
Dit help om armoede te verminder.
Dit verhoog bekostigbaarheid en verseker 'n basiese lewenstandaard.
3.3.2 Puntetoekenning: Diagram 4, Verduideliking 4
Maks. prys duidelik aangedui. (een punt vir net maks-prys-lyn)
Korrekte benoeming van asse en krommes.
Indien die maksimum prys laer as die ewewigsprys gestel is, sal dit
'n tekort veroorsaak – vraag sal groter as aanbod wees.
Weens die tekort skep dit die aansporing om 'n "swartmark" te
ontwikkel waar mense onwettig met die goedere handel dryf.
Nog 'n gevolg van 'n maksimum prys is dat mense gedwing sal word
om tou te staan om te probeer om die produk te kry voordat dit
uitverkoop.
Aanvaar enige ander redelike antwoord.
3.4.1 Reklame
Styging in inkomste
Styging in bevolking
Styging in die prys van plaasvervangers/komplimentêre goedere
3.4.2 Verduideliking 2 x 2
Gebrekkige goedere is goedere wat die samelewing dink burgers nie
moet verbruik nie of nie te veel verbruik nie, soos kitskos.
Gebrekkige goedere word as "sleg" vir verbruikers beskou.
Die verbruik van gebrekkige goedere kan tot negatiewe
eksternaliteite lei, soos vetsug.
Gebrekkige goedere word oorproduseer en oorverbruik.
Aanvaar enige ander redelike antwoord.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 14
3.4.3 Noem 2 punte. Verduidelik 2 punte.
Belasting
Deur belasting op ongesonde voedsel te hef, soos soet drankies en
voedsel wat baie vet bevat, kan help om die verbruik daarvan te
verminder.
OF
Openbare gesondheidsveldtogte
Deur bewustheid te verhoog, sal die regering probeer om mense te
oorreed om minder ongesonde voedsel te eet as 'n afskrik-middel.
OF
Vermeerder inligting
Die regering kan firmas dwing om inligting oor hul produkte bekend
te maak, bv. hoeveel suiker, vet en sout in hul voedsel is.
Meer inligting kan asimmetrie van inligting in die mark verminder en
sodoende vraag na kitskos tot die sosiale optimum vlak verminder.
Krediet: Verhoogde regulasie of verskaffing van subsidies met
toepaslike voorbeelde.
3.5 Maksimum vier punte per eienskap en verduideliking.
In monopolistiese mededinging is daar baie mededingende
produsente.
Daar is baie kitskosrestaurante in Suid-Afrika en daar is baie mededinging
in die mark.
Firmas in monopolistiese mededinging differensieer hul produkte
(heterogeen).
Elke kitskosketting het 'n ander spyskaart en sommige spesialiseer in
verskillende tipes voedsel.
Toetrede tot die mark is moontlik/vry, maar kan moeilik wees om mee
te ding weens hewige mededinging.
Daar is hindernisse soos franchisegelde indien 'n franchise gekoop word.
Indien dit egter nie 'n franchise is nie, is daar lae hindernisse tot toetrede –
lae kapitaalkoste, geen spesiale kundigheid nie, maar daar is hewige
mededinging tussen handelsmerke.
Die monopolistiese mededinger kan nie pryse beheer nie, maar kan 'n
premie vir 'n produk vra.
Aangesien die kitskosrestaurante effens gedifferensieerde goedere bied,
het hulle 'n mate van prysvasstellingsmag.
Volledige inligting is nie beskikbaar nie, weens mededinging.
Hoewel daar baie inligting vir die verskillende restaurante beskikbaar is, bly
dit onvolledig.
Toegang tot inligting is redelik beskikbaar, maar nie volmaak nie.
Faktore van produksie is onbeweeglik
Voorbeeld – franchise ooreenkomste
Produksie van goedere en dienste is hoog
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 14
VRAAG 4 EKONOMIESE WERKSAAMHEDE
4.1 4.1.1 Die Wêreldhandelsorganisasie is verantwoordelik vir die
handelsreëls tussen lande op 'n wêreldwye vlak of amper wêreldwye
vlak.
Die WHO help om konflik tussen lande op te los en verskaf forums
om oor handelsooreenkomste en die implementering daarvan in te
stem. Die WHO wil verseker dat handel so glad en vrylik as moontlik
vloei.
Reguleer handel tussen lande
4.1.2 Oorvertroue in diamante/Primêre produkafhanklikheid
Volhoubaarheidskwessies, d.i. voorraad wat uitgeput is.
4.1.3 Uitvoere sal tot ekonomiese groei lei, wat 'n noodsaaklike toestand is
vir ekonomiese ontwikkeling om plaas te vind.
Daar is egter geen waarborg dat ekonomiese groei uiteindelik tot
ekonomiese ontwikkeling sal lei nie.
Vir ekonomiese ontwikkeling om plaas te vind, moet die uitvoere tot
'n verbetering in die lewenstandaard van die meerderheid mense lei.
Vir ontwikkeling om in hulpbronryke lande plaas te vind, moet dit die
mense van die land baat en hul lewensgehalte verbeter.
4.2 4.2.1 Suid-Afrika
4.2.2 Noorweë
4.2.3 Denemarke en Noorweë Hoë BBP per capita/Lae Gini-
koëffisiënt/Hoë MOI
4.2.4 BBP per capita neem die gemiddelde inkomste per persoon in
aanmerking/lewenstandaard van die bevolking. MOI neem die drie
hoofgebiede van ekonomiese welstand in aanmerking: gemiddelde
inkomste (BBP per capita), opvoeding en lewensverwagting
(gesondheidstandaarde).
Aanvaar vergelyking in tabelvorm.
4.2.5 Beter onderwys en opleiding kan vaardigheidsvlakke verbeter, wat
arbeidsproduktiwiteit verbeter en totale aanbod verhoog.
Onderwys van 'n beter gehalte of meer toegang tot skole sal
algehele geletterdheidskoerse verhoog en dus MOI verhoog.
'n Beter opgevoede populasie is beter ingelig oor gesondheid.
Daarom 'n toename in lewensverwagting (maks 4)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 14
4.3 4.3.1 Tariewe is belasting wat op ingevoerde goedere gehef word; dit sal
die prys van die produk in die plaaslike mark verhoog.
'n Invoerkwota is 'n beperking op die aantal invoere wat in 'n
spesifieke land ingebring kan word.
Aanvaar vergelyking in tabelvorm.
4.3.2 Tariewe baat binnelandse produsente, maar benadeel plaaslike
verbruikers wat 'n hoër prys vir die ingevoerde produk moet betaal as
wat hulle kragtens suiwer vryhandel sou.
Hulle penaliseer buitelandse produsente en moedig 'n
ondoeltreffende toewysing van hulpbronne aan, plaaslik en
wêreldwyd.
Hulle beskerm ondoeltreffende sektore teen mededinging.
Hoewel die stelling meesal waar is, kan daar situasies wees waar op
kort termyn tariewe geregverdig kan word om die plaaslike
besighede te beskerm.
Aanvaar enige ander redelike antwoord.
4.3.3 Maksimum vier punte per eienskap en verduideliking.
Beskerming van spesifieke nywerhede/Bevoordeel plaaslike
vervaardigers:
Nuutgevestigde nywerhede vind dit baie moeilik om met die
goedkoper produksiekoste van lank gevestigde firmas in ontwikkelde
lande mee te ding.
Hulle word ook soms aan dumping blootgestel wanneer ander lande
goedere onder kosprys verkoop.
Ander nywerhede wat sukkel om mee te ding kan ook beskerm word.
(maks. 4)
Verbeter betalingsbalans:
'n Afname in invoere en bevordering van uitvoere kan help om die
betalingsbalanse te verbeter.
Invoerbeheermaatreëls help om te voorkom dat die waarde van
invoere vinniger as uitvoere styg, wat daartoe bydra dat die
ekonomie uitbrei.
'n Surplus op die betalingsbalans het 'n positiewe uitwerking op die
wisselkoers. (maks. 4)
Verhoog staatsinkomste:
Om tariewe op invoere te vra, dra by tot die inkomste van die staat,
veral in ontwikkelende lande waar die belastingbasis soms beperk is.
(maks. 4)
Indiensneming:
Die beskerming van plaaslike nywerhede is 'n belangrike meganisme
om werkgeleenthede in 'n land te beskerm.
Daar word geredeneer dat indien plaaslike nywerhede nie beskerm
word nie, hulle nie sal kan meeding nie, met die gevolglike verlies van
noodsaaklike poste. (maks. 4)
Voorkoming van dumping:
Dumping vind plaas wanneer goedere op buitelandse markte onder
kosprys in die oorspronklike land verkoop word.
Ingevoerde goedkoop goedere kan rampspoedig vir plaaslike
mededingers en plaaslike werksgeleenthede wees.
Soms is hierdie ingevoerde goedkoop goedere van 'n
minderwaardige gehalte. (maks. 4)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 14
Om jou nywerheidsbasis te diversifiseer en na nasionale
onafhanklikheid te strewe:
Lande wil nie op invoere van sekere lande staatmaak nie en verkies
om in hul eie behoeftes te voorsien, byvoorbeeld die VSA en olie.
Lande beskou ook sekere nywerhede as van nasionale belang, soos
energie, voedsel, water en staal.
Lande wil ook die basis van hul uitvoere vergroot en wil nie te
afhanklik van sekere goedere wees nie, soos Suid-Afrika met
minerale. (maks. 4)
VRAAG 5 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES EN GEMENGDE
VRAE
5.1 5.1.1 'n Daling in inflasiekoers/Inflasie wat teen dalende koers styg.
5.1.2 PPI het op produksiekoste betrekking. Prys van die goedere
wanneer hulle by die fabriekshek uitgaan. (maks 2)
5.1.3 Die Phillips-kromme demonstreer 'n omgekeerde verhouding tussen
inflasie en werkloosheid, d.i. indien werkloosheid afneem, sal inflasie
styg. (maks 2)
5.2 5.2.1 Vraagdruk
5.2.2 Kostedruk
5.2.3 Kostedruk
5.2.4 Vraagdruk
5.2.5 Vraagdruk
5.3 5.3.1 Die VPI verteenwoordig die koste van die "inkopiemandjie" van
goedere en dienste van 'n tipiese of gemiddelde Suid-Afrikaanse
huishouding.
Elke produk of diens is "geweeg" om sy relatiewe belangrikheid in
die mandjie aan te dui.
5.3.2 Die Reserwebank sal nie gelukkig wees nie.
Jaarlikse inflasie is buite die teikengrense van 3-6%./Jaarlikse
inflasie is bo 6%.
5.4 5.4.1 Die Nasionale Minimum Loon is die minimum betaling per uur/per
dag waarop werkers regtens geregtig is.
'n Bestaansloon is 'n loon wat hoog genoeg is om 'n redelike
lewenstandaard te handhaaf.
Aanvaar vergelyking in tabelvorm.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 14
5.4.2 Verduideliking maks. 4 punte, Evaluasie 2 punte
• 'n Minimum loon verhoog die inkomste van laag besoldigde werkers.
• 'n Styging sal mense wat minder as die minimum loon verdien die
geleentheid bied om hul lewenstandaard te verbeter.
• Om 'n minimum loon bekend te stel, kan egter tot werkloosheid
lei en dit kan armoedevlakke verhoog.
• Die uitwerking op relatiewe armoede is nie duidelik nie. Die
armste dele van die samelewing is geneig om nie werk te hê nie
en staatstoelae te ontvang.
Hulle word nie deur 'n nasionale minimum loon geraak nie.
Aanvaar enige ander redelike antwoord.
5.5 5.5.1 Beroepsonbeweeglikheid
Die regering kan opleidingskemas bekendstel om te verseker dat
ongeskooldes vaardighede bekom. Werkers sal waarskynliker 'n
ordentlike werk kry wanneer hulle vaardighede het.
Geografiese onbeweeglikheid
Die regering kan vervoer subsidieer sodat werkers van landelike
gebiede na dorpe kan gaan om te werk.
Ligging van strategiese industrieë skep 'n aanvraag.
Toegang tot beter inligting oor werksgeleenthede.
Aanvaar enige ander redelike antwoord.
5.5.2
Puntetoekenning:
Grafiek 6 punte, Ontleding 6 punte
Skuif in arbeidaanbodkromme na regs.
Dui die daling in lone aan en styging in hoeveelheid.
Korrekte benoeming van asse en krommes.
Deur die beweeglikheid van arbeid te verbeter, kan meer mense in 'n
sekere beroep werk.
Dit sal daartoe lei dat die arbeidaanbodkromme na regs skuif,
aangesien meer werkers in staat en bereid is om te werk.
Dit sal daartoe lei dat tot loonvlakke in die bedryf daal.
Kandidate kan punte kry vir 'n goeie verduideliking (maks 4) van
verhoogde vaardighede wat 'n verhoogde aanvraag vir arbeid skep,
maar geen punte vir grafiek wat toename in aanvraag aandui nie.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 14
AFDELING C
VRAAG 6 DATARESPONS
6.1 6.1.1 Persoonlike inkomstebelasting
6.1.2 Progressiewe belasting kom voor wanneer diegene op hoër
inkomstevlakke 'n hoër persentasie van hul inkomste aan belasting
betaal, bv. persoonlike inkomstebelasting.
Regressiewe belasting kom voor wanneer 'n styging in inkomste
veroorsaak dat 'n kleiner persentasie van hul inkomste aan belasting
afgestaan word, bv. BTW en aksynsregte. OF Mense met laer
inkomste betaal 'n hoër persentasie van hul inkomste aan belasting.
Aanvaar vergelyking in tabelvorm.
6.1.3
Puntetoekenning: Grafiek 4 punte, Ontleding 4 punte
Teken van die Laffer-kromme.
Korrekte benoeming van asse en krommes.
Die Laffer-kromme stel voor dat daar 'n punt is waar hoër
inkomstebelastingkoerse tot 'n daling in belastinginkomste lei omdat
mense ophou werk indien belasting te hoog is.
Aanvaar enige ander redelike antwoord.
6.2 6.2.1 Dit is 'n tydperk van stagnasie in die ekonomie/stadige groei
gekombineer met stygende inflasie en stygende werkloosheid.
6.2.2 Positiewe ekonomiese groei
Betalingsbalansewewig/Wisselkoersstabiliteit
Lae werkloosheid of volle indiensneming
Gelyke/billike inkomsteverdeling
Lae inflasie of prysstabiliteit
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 14
6.2.3 Noem 2 punte, Verduideliking 2 punte (4 × 2)
'n Afname in die koopkrag van die geldeenheid - die verbruiker kan
minder met sy/haar geld koop.
Negatiewe invloed op spaargeld en beleggings – moet inflasiekoers
met die opbrengs op beleggings vergelyk.
Mense wat van 'n vaste inkomste afhanklik is, word negatief
beïnvloed, bv. pensioenarisse.
Dit baat debiteure ten koste van krediteure. Debiteure betaal minder
oortyd.
Indien die inflasie van 'n lande hoër is as die van ander lande, sal hy
sy mededingende voordeel verloor.
Kan fiskale sleuring veroorsaak – staat ontvang meer belastinggeld
(hoër salarisse, hoë belasting).
Kan byvoorbeeld maatskaplike en nywerheidsonrus veroorsaak, as
gevolg van voedselinflasie.
Afname in BDI omdat SA as 'n riskante belegging gesien word.
Loonspiraal begin soos hoër lone vereis word. Dit lei tot 'n toename
in koste van produksie wat tot 'n toename in pryse lei, wat tot inflasie
lei. Kan tot werkloosheid lei as besighede nie die hoër lone kan
bekostig nie.
Aanvaar enige redelike antwoord.
6.2.4 Noem 2 punte, Verduideliking 2 punte
Indien die Reserwebank rentekoerse verhoog het, kan hy die
inflasiekoers verlaag, maar dit sal ekonomiese groei negatief
beïnvloed.
Indien die Reserwebank rentekoerse verlaag het, sal hy die
inflasiekoers verhoog, maar dit sal 'n positiewe effek op ekonomiese
groei hê.
Aanvaar enige ander redelike antwoord.
6.3.1 Lekkasie
6.3.2 Verduideliking twee punte (4 × 2)
Bevorder uitvoere.
Verminder invoere deur invoervervangingsbeleide asook invoertariewe.
Om rentekoerse te verhoog wat tot minder besteding aan invoere
deur plaaslike inwoners lei, maar moedig buitelanders aan om in
Suid-Afrika te belê.
Deviesebeheermaatreëls waar daar 'n beperking op die hoeveelheid
geld is wat Suid-Afrikaners uit die land kan neem.
Die regering kan buitelandse valuta verkoop en rande koop, en
sodoende die rand versterk om invoere goedkoper te maak.
(natuurlik, indien die rand swak was, sou Suid-Afrikaanse produkte
goedkoper vir buitelanders wees en ons uitvoere sal ook toeneem).
Bevorder toerisme sodat meer mense SA besoek en geld in SA
spandeer.
Enige ander redelike antwoord.
Moet uitbrei op punt om die volle 2 punte te kry.
Totaal: 300 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Economics notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Economics questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Economics quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Economics past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Economics and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2017 Question Paper

MemorandumIEB



