Skip to content
Memorandum

Economics Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Economics memorandum from the 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: EconomicsGrade 12201816 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2018 EKONOMIE NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 300 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 16 AFDELING A VRAAG 1 1.1 A 1.2 D 1.3 C 1.4 B 1.5 C 1.6 D 1.7 D 1.8 B 1.9 B 1.10 A 1.11 A 1.12 D 1.13 B 1.14 B 1.15 A 1.16 C 1.17 A 1.18 C 1.19 C 1.20 C IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 16 AFDELING B VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Uitgawemetode/Bestedingsmetode 2.1.2 A – 1 867 565 B – Oorblywende item C – 905 341 D – Invoere 2.1.3 Formule en/of toepassing van die formule 2 punte, antwoord 2 punte Reële BBP 2016 − Reële BBP 2015 × 100 Reële BBP 2015 3 071 658 − 3 063 101 = ×100 3 063 101 = 0,279% of 0,28% OF O,3% 2.1.4 Ja – aangesien invoere meer as uitvoere is. Meer geld verlaat die land as wat inkom. Dit impliseer dat ons te veel op ander lande se produkte staatmaak. Ons verbruik meer as wat ons produseer. Negatiewe uitwerking op die handelsbalans/betalingsbalans. Kan ons geldeenheid verswak. Nee – as 'n ontwikkelende land moet ons sekere produkte invoer om ons lewenstandaard te verbeter. Ons moet kapitaalgoedere en -produkte invoer om ons ekonomie te laat groei. Koste-inflasie as gevolg van toename in aanvraag. Negatiewe invloed op makro-ekonomiese doel van ekwilibrium op betalingsbalans Enige ander redelike antwoord 2.2 2.2.1 Die verbruiker spandeer 50c uit elke R1 aan die verbruik van goedere en dienste OF Die verbruiker spaar 50c uit elke R1 OF verbruiker spandeer 50% van ekstra inkomste 1 2.2.2 Formule: 1 − mpc 1 = 1 − 0,5 =2 Y 2= R30 miljoen Y = R60 miljoen OF 2 X R30 miljoen =R60 miljoen OF waarde van styging/1–mpc = 30 miljoen/0,5 = R60 miljoen 2.3 2.3.1 'n Wisselkoers is die prys van een geldeenheid ten opsigte van 'n ander een/'n Wisselkoers is die binnelandse prys van buitelandse valuta. Voorbeeld verduidelik IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 16 2.3.2 Goeie nuus vir invoerders van grondstowwe/halfvoltooide/ voltooide produkte aangesien die koste per eenheid daal. Slegte nuus vir uitvoerders aangesien die prys styg wat ons produkte minder mededingend maak, gegrond op prys. Enige ander redelike antwoord 2.3.3 Faktor Vraag of Toename of Uitwerking op aanbod van afname in die wisselkoers: rand (ZAR) aanbod van of Appresiasie of beïnvloed? vraag na rand depresiasie (ZAR)? van die rand (ZAR)? (a) 'n Toename in Vraag Styging in Appresiasie internasionale vraag toeriste wat Suid-Afrika besoek (b) 'n Groot, Aanbod Styging in Depresiasie aanhoudende aanbod tekort op die OF lopende Afname in rekening Aanvraag aanvraag (c) Politieke Vraag Daling in Depresiasie onstabiliteit en vraag swak OF ekonomiese Toename in prestasie in Aanbod aanbod Suid-Afrika 2.4 2.4.1 'n Resessie bestaan uit twee (of meer) opeenvolgende kwartale/ 6 maande van negatiewe ekonomiese groei/reële BBP. 2.4.2 Ekspansionêre monetêre beleid Verlaag rentekoerse, moedig dus lenery aan wat vraag sal verhoog en daar sal meer besteding in die ekonomie wees. Besigheid/verbruiker in skuld sal minder rente op hul lenings betaal en meer besteebare inkomste hê om te spandeer, wat ekonomiese aktiwiteit stimuleer. Laer rentekoerse kan die aansporing om te spaar verminder en sodoende besteding aanmoedig. SARB koop effekte/staatseffekte sodat kommersiële banke meer geld tot hul beskikking het om aan verbruikers te leen. Ekspansionêre fiskale beleid Die regering kan geld spandeer. Dit sal verseker dat besighede meer inkomste kan verdien wat daartoe kan lei dat besteding styg. Die regering kan belastings verlaag. Dit sal verseker dat huishoudings meer geld het om te spandeer. Enige ander redelike antwoord IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 16 VRAAG 3 MIKRO-EKONOMIE 3.1 Volmaakte Monopolie mededinging 3.1.1 Aantal produsente (verkopers Baie/onbeperk Een in die mark) 3.1.2 Tipe/Aard van goedere wat Homogeen/ Uniek/raar vir verbruikers beskikbaar is dieselfde 3.1.3 Het die firmas beheer oor hul Nee of prysnemer Ja of prysnemer eie pryse? 3.1.4 Is toetredehindernisse nul, Nul Hoog laag of hoog? 3.1.5 Tipe wins op die lang duur Normaal/ zero Ekonomies ekonomiese wins 3.2 Die internet maak dit baie maklik om pryse vinnig en doeltreffend te vergelyk (volmaakte inligting). Toegang tot inligting is maklik Maklike toegang tot mekaar (kopers en verkopers) Die internet het ook hindernisse tot toegang verlaag. Byvoorbeeld, om 'n gewilde produk op die internet te verkoop deur 'n diens soos bie of koop, is baie naby aan volmaakte mededinging. Dit is maklik om die pryse van produkte te vergelyk en by die goedkoopste verkoper te koop. Die internet het gesorg dat die prys van baie produkte geval het sodat sommige firmas wat goedere op die internet verkoop net normale winste maak. Enige ander redelike antwoord. 3.3 3.3.1 Kruiselingse pryselastisiteit meet die responsitiwiteit van vraag na 'n produk na 'n verandering in die prys van die betrokke produk of gebruik voorbeeld om te verduidelik. 3.3.2 Positiewe verhouding dui daarop dat hulle plaasvervangers is. Byvoorbeeld koffie en tee/Aanvaar enige ander toepaslike voorbeeld 3.3.3 Negatiewe verhouding dui daarop dat hulle komplemente is. Benoem albei asse. Benoem S en D. Benoem of skuif pyltjie in vraag van D na D1. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 16 3.3.4 Verduideliking 2 punte Voorbeelde 2 punte Die verskeidenheid en beskikbaarheid van plaasvervangers. Hoe meer plaasvervangerprodukte beskikbaar is en hoe makliker hierdie produkte vervang kan word, hoe meer sal ons verwag dat verbruikers van 'n sekere produk sal oorskakel wanneer sy prys styg, d.i. hoe meer elasties die vraag na die produk is. Byvoorbeeld, daar is baie verskillende handelsname van margarien op die mark beskikbaar en dus sal 'n styging in die prys van een daartoe lei dat baie klante hul vraag na 'n ander handelsnaam verander. Olie, wat min plaasvervangers het, is geneig om 'n relatiewe onelastiese vraag te hê, met vraag wat relatief min daal wanneer die prys styg. Tydperk Wanneer die prys van 'n produk verander, neem dit dikwels 'n rukkie vir verbruikers om hul koop- en verbruikspatrone te verander. Pryselastisiteit van vraag is dus geneig om meer onelasties op kort termyn te wees en raak dan meer elasties op lang termyn. Byvoorbeeld, indien die prys van petrol skerp sou styg, sal hulle steeds min of meer dieselfde hoeveelheid petrol koop. Mettertyd kan motors wat minder petrol of glad nie petrol gebruik nie egter ontwikkel word. Gewoontevormende goedere Sommige produkte is verslawend, bv. sigarette en alkohol. 'n Verandering in prys het 'n relatief klein uitwerking op die hoeveelheid wat gevra word. Dus, vraag is prysonelasties. 3.4 Verduideliking 3 × 2 punte, met minstens 2 van hierdie punte vir die regering se reaksie. Eksternaliteite Is ekonomiese newe-effekte wat 'n onbetrokke derde party kan affekteer, iemand wat nie regstreeks by die produksie betrokke is nie. Eksternaliteite kan positief of negatief wees. Byvoorbeeld, die bou van 'n nuwe snelweg kan 'n positiewe invloed op daardie mense in die gebied hê, omdat hulle nou vinniger by die werk kan uitkom, maar vir ander kan dit die waarde van eiendom verlaag weens die geraas en besoedeling. Belastings, subsidies en regulasies is die algemeenste maniere waarop die regering besluit om eksternaliteite te hanteer. Meriete-/gebrekkige goedere Merietegoedere is goedere wat die samelewing dink deur sy burgers verbruik moet word, bv. onderwys en gesondheidsorg. Merietegoedere word onderproduseer en onderverbruik onder omstandighede van volmaakte mededinging. Gebrekkige goedere is goedere wat die samelewing dink sy burgers moet nie verbruik nie, bv. Suid-Afrikaners mag nie soveel gewere as wat hulle wil besit nie. Gebrekkige goedere word oorproduseer en oorverbruik. Dus, ondertoewysing van hulpbronne aan merietegoedere en oortoewysing van hulpbronne aan gebrekkige goedere. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 16 Regering kan merietegoedere verskaf of die produksie van merietegoedere subsidieer, bv. staatsubsidie vir onderwys. Regering gebruik regulasies om die produksie en verbruik van sommige gebrekkige goedere te verbied, bv. geweerlisensies. Openbare goedere Die hoofkenmerke is nie-uitsluitbaarheid. Die beteken dat indien die produk of diens vir een verbruiker geproduseer word, geen ander verbruiker verhoed kan word om dit te verbruik nie, bv. straatligte, weermag. Dus sal mense wag en kyk of iemand anders daarvoor betaal en dan net voortgaan en dit gebruik. Dit is geen wonder dat openbare goedere deur die markstelsel onderproduseer word nie. Te min verbruikers is bereid om vir die produk te betaal en sal eerder meelopers wees. Daarom is daar ondertoewysing van hulpbronne vir die produksie van openbare goedere en die mark misluk. Om dit te hanteer, verskaf die regering openbare goedere en betaal daarvoor deur belasting te verhoog. Onvolmaakte mededinging Monopolieë en oligopolieë beperk aanbod ten einde wins te maksimeer . Hulpbronne word dus ondertoegewys vir die produksie van goedere en dienste wat onder toestande van onvolmaakte mededinging geproduseer word. Een opsie vir die regering is om niks hieraan te doen nie en te vertrou dat groot winste mededingers na die mark sal lok. Kan deur mededingingsbeleid reguleer. Uitbuiting van klante omdat die mark beheer kan word Onvolmaakte inligting Onder omstandighede van volmaakte mededinging word aangeneem dat verbruikers en produsente toegang tot al die inligting het wat nodig is om hulle in staat te stel om die mees ingeligte besluite oor produksie en verbruik te neem. In die werklike wêreld is daar asimmetriese inligting, bv. verkoper van 'n gebruikte motor het meer inligting oor die motor as die koper. In sommige markte het die produsente inligting oor hul produkte wat hulle nie aan kopers beskikbaar stel nie, bv. in die sigaretbedryf. Onder hierdie toestande word sigarette oorgeproduseer en onderverbruik en toewysingsdoeltreffendheid word gewoonlik nie bereik nie. Die regering kan firmas dwing om inligting oor hul produkte bekend te maak, bv. gevaar van sigaretrokery. Ongelyke verdeling van inkomste Dit word veroorsaak deur die feit dat sommige mense ryk ouers en toegang tot goeie onderwys het en ander nie. Dus, verskil mense wat hul vaardigheidsvlakke betref en hul vermoë om uitset voort te bring. Die mark versuim om te verseker dat almal gelyke toegang tot die uitset van die ekonomie het. Te veel van die hulpbronne word gebruik om uitset vir die rykes te lewer en te min vir die armes. In die Suid-Afrikaanse ekonomie, is 'n paar mense gegoed terwyl 50% van die bevolking in armoede leef. Die Suid-Afrikaanse regering lê progressiewe belasting op, d.i. hoe meer jy verdien hoe meer belasting betaal jy. Ook minimum lone. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 16 Immobiliteit van produksiefaktore Onder toestande van volmaakte mededinging word aangeneem die produksiefaktore is volmaak mobiel. In die werklike wêreld kan produksiefaktore egter nie vrylik van een gebied na 'n ander beweeg nie. Kapitaal is vas. Dit is nie maklik om 'n fabriek en masjinerie te verskuif nie. Die regering het dikwels streng maatreëls vir die beweging van arbeid tussen lande. As gevolg van die immobiliteit van produksiefaktore word die ekonomie se vermoë om uitset te produseer, verminder. Die regering kan opleidingskemas bekendstel om te verseker dat ongeskooldes vaardighede bekom. Die regering kan vervoer subsidieer sodat werkers van landelike gebied na dorpe kan gaan om te werk. Prysdiskriminasie Verskillende pryse word van verskillende verbruikers vir dieselfde produk gevra Voorbeeld – vliegkaartjies, dames aande, pensionarisafslag Aanvaar enige ander relevante oorsaak van markmislukking en die aanbevole staatsoptrede. VRAAG 4 AKTUELE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 Verenigde State Eurogebied Japan Verenigde Koninkryk 4.1.2 Brasilië China Indië Rusland Nigerië Suid-Afrika 4.2 4.2.1 BBP per capita dui lewenstandaarde van mense aan/gemiddelde inkomste per persoon. Hoe hoër die BBP per capita hoe beter/hoër die gemiddelde lewenstandaard. 4.2.2 Die Gini-koëffisiënt is 'n meting van gelykheid of ongelykheid/ verdeling van inkomste of welvaart. Hoe hoër die hoeveelheid, hoe groter die mate van inkomste-ongelykheid. 4.2.3 Die Indeks van Menslike Ontwikkeling (IMO) is 'n vergelykende meting van lewensverwagting, geletterdheid, onderwys, lewenstandaarde en lewensgehalte vir lande wêreldwyd. 'n Land het 'n hoër IMO wanneer die lewensduur hoër is, die onderwysvlak hoër is en die BBP per capita hoër is/hoe hoër die IMO hoe hoër die vlak van ekonomiese ontwikkeling. 4.2.4 Onder vyf-mortaliteit dui die aantal sterftes in 'n land aan voordat die ouderdom van vyf jaar bereik is. Hoe laer die getal des te beter OF 'n aanduiding van 'n goeie gesondheidstelsel en goeie voeding. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 16 4.3 Argument vir ontwikkelde ekonomieë: Die bron dui aan dat ontwikkelde ekonomieë se bydrae tot reële wêreldwye BBP-groei positief is en styg. Ontwikkelde ekonomieë het oor die algemeen groter stabiliteit en bied minder risiko as ontluikende ekonomieë. Drie ontluikende ekonomieë, Rusland, Nigerië en Brasilië, het 'n negatiewe groeikoers in 2016 gehad/Ontluikende markte is onbestendiger of riskant. OF Argument vir ontluikende ekonomieë: Ontluikende ekonomieë het oor die algemeen baie hoër groeikoerse, en verhoog dus die kans van hoër beleggingsopbrengste. China, en in die besonder Indië, het baie hoë groeikoerse wat tot 'n beduidende styging in die algehele grootte van hul BBP lei. Ontwikkelde ekonomieë bied nie 'n baie hoë groei nie, wat nie 'n baie goeie opbrengs op belegging oplewer nie. Minder regulasie en daarom makliker om die mark te betree Hoër rentekoerse lok warm geldvloei Enige redelike antwoord 4.4 4.4.1 Suid-Afrika se verlammende werkloosheidskoers saam met sy swak onderwysstandaarde is 'n toksiese mengsel wat die samelewing op baie negatiewe maniere beïnvloed. Swak onderwys/standaard van onderwys lei tot 'n gebrek aan vaardighede/lae geletterdheidsvlakke. Opgeleide mense het vaardighede om hul eie besighede te skep en werk vir hulleself of ander buite die formele arbeidsmark te skep en sodoende die werkloosheidskoers te verlaag. Arbeid met 'n gebrek aan vaardighede/swak opleiding is onindiensneembaar/geen vraag na werknemers sonder voldoende vaardigheidsvlak nie. Met betrekking tot totale vraag, lei beter opleiding tot meer werksgeleenthede wat verbruik en belegging 'n hupstoot gee en sodoende algehele ekonomiese groei verhoog. Met betrekking tot totale aanbod, beter opleiding kan arbeidsproduktiwiteit verbeter en totale aanbod verhoog. Enige ander redelike antwoord. 4.4.2 Verduideliking moet met indiensneming verbind wees Nuutgevestigde nywerhede vind dit baie moeilik om met die goedkoper produksiekoste van lank gevestigde firmas in ontwikkelde lande mee te ding. Hulle word ook soms aan dumping blootgestel wanneer ander lande goedere onder kosprys verkoop. Ouer nywerhede wat sukkel om mee te ding kan ook beskerm word. 'n Afname in invoere en bevordering van uitvoere kan help om die betalingsbalans te verbeter. Invoerbeheermaatreëls help om te voorkom dat die waarde van invoere vinniger as uitvoere styg, wat daartoe bydra dat die ekonomie uitbrei. 'n Surplus op die betalingsbalans het 'n positiewe uitwerking op die wisselkoers. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 16 Om tariewe op invoere te vra, dra by tot die inkomste van die staat, veral in ontwikkelende lande waar die belastingbasis soms beperk is. Die beskerming van plaaslike nywerhede is 'n belangrike meganisme om werksgeleenthede in 'n land te beskerm. Daar word geredeneer dat indien plaaslike nywerhede nie beskerm word nie, hulle nie sal kan meeding nie, met die gevolglike verlies van noodsaaklike poste. Dumping vind plaas wanneer goedere op buitelandse markte onder kosprys in die oorspronklike land verkoop word. Ingevoerde goedkoop goedere kan rampspoedig vir plaaslike mededingers en plaaslike werksgeleenthede wees. Soms is hierdie ingevoerde goedkoop goedere van 'n minderwaardige gehalte. Lande wil nie op invoere van sekere lande staatmaak nie en verkies om in hul eie behoeftes te voorsien, byvoorbeeld VS en olie. Lande beskou ook sekere nywerhede as van nasionale belang, soos energie, voedsel, water en staal. Lande wil ook die basis van hul uitvoere verhoog en wil nie te veel op sekere goedere staatmaak nie, soos Suid-Afrika met minerale. krediteer noem van invoerbelasting, invoerkwotas, invoerdeposito's en toelae 4.5 4.5.1 Prysdeflasie is wanneer die inflasiekoers negatief raak/die algemene prysvlak daal. Pryse van 'n wye verskeidenheid goedere en dienste daal deurlopend oor 'n lang tydperk. 4.5.2 Deflasie is erger as inflasie, want wanneer pryse deurlopend daal, sukkel firmas om te oorleef. Hulle produseer goedere en dienste, maar teen die tyd wat hulle dit verkoop, kan die pryse laer as hul koste wees. Deur verbruik uit te stel, kan die laer vraag beteken dat besighede werkers moet aflê of lone moet sny. Leners word ook negatief geraak, want hul skuld sal in reële waarde styg. Totale produksie, inkomste en indiensneming is geneig om te daal. Aandelepryse van maatskappye wat nadelig geraak word, sal daal wat 'n negatiewe uitwerking op beleggers se welvaart en pensioene het. Monetêre beleid kan ondoeltreffend raak wanneer rentekoerse daal of selfs nul word. Buitelandse belegging ontmoedig omdat lae groei gedurende inflasie ervaar word Depresiasie van geldeenheid vind plaas, maak invoere duurder Enige ander redelike antwoord IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 16 4.5.3 Marktoewysing vir diagram van totale vraag: Skuif in vraagkromme op en na regs. Dui die styging in prys en styging in uitset aan. Korrekte benoeming van asse (prysvlak en NI/uitset/totale produksie/ reële BBP) en krommes. Verduideliking: Herstel van binnelandse vraag sal veroorsaak dat totale vraag na regs skuif. Dit sal tot 'n styging in die vlak van uitset en 'n styging in pryse lei. VRAAG 5 GEMENGDE VRAE 5.1 5.1.1 'n Oop ekonomie is een wat by internasionale handel betrokke is. 5.1.2 Leidende ekonomiese aanwysers is aanwysers wat verander voordat die ekonomie verander./'n Leidende aanwyser is 'n faktor wat verander voordat die ekonomie begin om sekere patrone of tendense te volg. 5.1.3 'n Vry swewende wisselkoersstelsel is 'n stelsel waar die wisselkoers deur vraag en aanbod bepaal word. 5.1.4 'n Vakbond is 'n vereniging van werkers wat geskep is om beter betaling, voordele of werkomstandighede vir sy lede te bekom. 5.1.5 Hiperinflasie kom voor wanneer 'n land 'n baie hoë of versnellende inflasiekoers ervaar. 5.2 5.2.1 Samespanning kom voor wanneer mededingende maatskappye vir wedersydse voordeel saamwerk. /Wanneer twee of meer partye saam optree om produksie en/of prysvlakke te beïnvloed en dus billike mededinging verhoed. 5.2.2 Oligopolie 5.2.3 Mededingingskommissie/Mededingingstribunaal/Ombudsman IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 16 5.2.4 Dit dwing verbruikers om meer te betaal as wat hulle moet. Hoë pryse op noodsaaklike goedere, soos brood en medisyne, het 'n negatiewe uitwerking op verbruikers, veral arm mense. Dit het 'n negatiewe uitwerking op die inflasiekoers, wat die inkomste en lewenstandaard van verbruikers raak. Dit verhoed billike mededinging. Enige ander redelike antwoord 5.3 5.3.1 Congress of South African Trade Unions 5.3.2 Nadele: Enige styging in BTW kan tot 'n styging in pryse lei, wat 'n direkte koste vir verbruikers kan wees. Enige styging in BTW sal die armes en middelklas die swaarste tref. Dit sal 'n negatiewe uitwerking op lewenstandaard/bekostigbaarheid van goedere en dienste hê. Burgerlike onrus of betogings kan voorkom. BTW sal waarskynlik hoër inflasie, verlaagde BBP-groei en werkverlies veroorsaak. Enige ander redelike antwoord Voordele: 'n Styging in BTW sal meer inkomste vir die regering genereer. 'n Styging in inkomste sal die regering help om sy begrotingstekort te verminder. 'n Verbetering in die begrotingstekort sal die risiko verlaag om tot rommelstatus afgradeer te word. Dit kan ons mededingendheid op die lang duur verbeter. Daar is nou meer nulkoers-goedere wat die armes bevoordeel. Enige ander redelike antwoord 5.4 5.4.1 Slegte nuus, aangesien koste van voedsel styg. 5.4.2 3%–6% 5.4.3 Die VPI word bereken deur 'n mandjie goedere en dienste saam te stel wat die gemiddelde verbruiker in Suid-Afrika die beste verteenwoordig. Die VPI weerspieël die lewens van die middel- tot hoër inkomsteverdieners beter as die van die armes. Die goedere en dienste wat arm mense die meeste van hul inkomste aan verhoging teen 'n baie hoër koers/persentasie as die VPI spandeer. Dit is meer 'n weerspieëling van die populasie wat in die stedelike gebiede woon (gebaseer op VPI-berekening) as diegene in plattelandse gebiede Enige ander redelike antwoord IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 16 5.4.4 Noem: 2 × 2, verduideliking 2 × (2 × 2) Vraaginflasie Dit vind plaas wanneer die vraag in die ekonomie vinniger as die aanbod styg, wat tot prysstygings lei. Om monetêre en fiskale beleid te stimuleer, lei tot verbruikers wat meer spandeer. Hierdie beleid sluit laer rentekoerse en laer belastings in. Krediet wat meer geredelik beskikbaar is, sal ook veroorsaak dat vraag styg. Uitermatige staatsbesteding kan ook tot vraaginflasie lei. Enige ander redelike antwoord Koste-inflasie Dit is wanneer produksiekoste styg, wat tot hoër pryse lei. Styging in koste word veroorsaak deur hoër lone en salarisse, afname in produktiwiteit, depresiasie van die wisselkoers en natuurrampe wat voedselpryse laat styg. Verhoog insetkoste, aanbodskokke soos 'n styging in die prys van olie of elektrisiteit het 'n domino-effek op die prys van ander goedere. Enige ander redelike antwoord IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 16 AFDELING C VRAAG 6 DATARESPONS 6.1 6.1.1 "Rommelstatus" is 'n term wat gebruik word om 'n land te beskryf wat onder 'n aanvaarbare beleggingsgraad volgens die internasionaal erkende graderingsagentskappe geval het. 6.1.2 Onteien grond sonder vergoeding Nasionalisering van SARB Arm families wat gratis hoër onderwys ontvang 6.1.3 Koste van lenery styg Indien Suid-Afrika se vermoë om lenings terug te betaal as riskant beskou word, sal die koste om te leen, styg, wat tot groter skuldkoste vir die Tesourie lei. Elke bykomende rand wat die Tesourie aan rentebetalings spandeer, is 'n rand wat nie vir maatskaplike dienste gebruik kan word nie. (maks. 3 punte) Die rand verswak, goedere kos meer Onder rommelstatus is die rand onder meer druk. Al hierdie maatreëls lei tot minder besteebare geld wat in die samelewing beskikbaar is, aangesien minder mense werk en diegene wat werk het minder verdien. Belastings styg Indien die Tesourie gedruk voel, word hy gedwing om stappe te doen om die hoeveelheid geld wat beskikbaar is, te verhoog om sy skulde te betaal. Indien minder mense werk, ontvang hy minder belastings. Enige ander redelike antwoord Afname in buitelandse belegging Buitelanders sien Suid-Afrika as 'n gewaagde belegging wat tot laer ekonomiese groei lei 6.1.4 Verduideliking van twee onderopskrifte. Maks. 6 per onderopskrif Onteien grond sonder vergoeding Styging in grondeienaarskap vir voorheen benadeelde burgers/ Grond is onbekostigbaar vir die armstes van die armes en dit is vir sommige mense die enigste manier waarop hul toegang tot grond kan kry. Dit sal egter ekonomiese stabiliteit en voedselsekerheid bedreig. Dit kan ook beleggers afskrik, aangesien eiendomsregte bedreig word. Zimbabwe is 'n goeie voorbeeld van hoe hierdie beleid misluk het. Arm families wat gratis hoër onderwys ontvang Styging in lewenstandaard/Verbeterde werksgeleenthede vir diegene wat nie hoër onderwys kan bekostig nie. Groter druk op staatsbesteding en 'n styging in die begrotingstekort. Hoër onderwys het 'n aansienlike bedrag van befondsing vir navorsing nodig. Indien hierdie fondse besnoei word, verlaag die gehalte van onderwys. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 16 Belasting kan toeneem om vir gratis tersiêre onderrig te betaal, wat beteken dat daar minder besteebare inkomste is en daarom minder besteding in die ekonomie Nasionalisering van SARB Dit kan die vlak van risiko en onsekerheid vir die land in die sin van beide 'n finansiële en ekonomiese beleid verhoog. Dit sal die staat baie geld kos om aandeelhouers uit te koop. Hierdie geld kan gebruik word vir dringender behoeftes in die ekonomie. Geen duidelike voordeel vir die regering om SARB te nasionaliseer nie, aangesien hulle nie die mandaat kan verander sonder om die Grondwet te verander nie. Enige ander redelike antwoord. 6.2 6.2.1 Die nasionale minimum loon is die minimum betaling per uur/dag waarop werkers regtens geregtig is. 6.2.2 Huishoudelike werk Kleinhandel en handel Landbou 6.2.3 Vaardigheidsvlakke – hoe hoër die vaardigheidsvlakke, hoe hoër die loon en omgekeerd. Vraag na arbeid – waar die vraag na arbeid groter as die aanbod is, sal die loon hoër wees. Invloed van vakbonde – werkers in vakbonde kan hoër betaling kry omdat die vakbond druk op die werkgewer kan plaas om lone te verhoog. Mededingendheid en winsgewendheid van die sektor sal die aantal werkers wat onder die minimum loon verdien in 'n bepaalde sektor, beïnvloed Enige ander redelike antwoord. 6.2.4 Hoër koste vir firmas weens 'n styging in minimum lone kan tot koste- inflasie lei. Firmas kan minder mededingend word. Hoër koste vir uitvoerfirmas en hulle sal hul pryse moet verhoog. Die vraag na uitvoere kan afneem, wat 'n verslegting van die betalingsbalans veroorsaak. Hoër minimum lone kan buitelandse direkte belegging verlaag, aangesien daar lande is met goedkoper arbeid, wat weereens die betalingsbalansposisie vererger. Bron 7 doen aan die hand dat ander ontluikende markte hoër minimum lone as Suid-Afrika het, dit kan dus 'n kleiner invloed as wat verwag is, hê. Indien die styging in minimum lone tot 'n toename in doeltreffendheid lei, kan dit die betalingsbalans se posisie verbeter. Koopkrag kan toeneem, wat tot 'n toename in aanvraag in die ekonomie sal lei Enige ander redelike antwoord. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 16 6.3 Puntetoekenning vir Phillips-diagram: Korrekte benoeming van asse. Korrekte benoeming en vorm van Phillips-kromme Verduideliking (6 punte) Daar is 'n ongunstige/negatiewe verhouding tussen werkloosheid en inflasie. In 'n tydperk van hoë groei – werk word geskep, wat sorg dat werkloosheid daal. Maar, wanneer werkloosheid daal, kan dit 'n opwaartse druk op lone plaas wat tot inflasie lei. Indien 'n ekonomie inflasie ervaar, kan die Sentrale Bank rentekoerse verhoog. Hoër rentekoerse sal verbruikersbesteding en belegging verlaag wat tot laer totale vraag sal lei. Hierdie afname in totale vraag sal na laer inflasie lei. Indien daar egter 'n daling in reële BBP is, sal firmas minder werkers in diens neem, wat tot 'n styging in werkloosheid sal lei. Enige ander redelike antwoord. Totaal: 300 punte IEB Copyright © 2018

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.