Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
EKONOMIE
EKSAMENNOMMER
Tyd: 3 uur 300 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 40 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Lees die vrae noukeurig deur.
3. Alle vrae is VERPLIGTEND. Beantwoord die vrae soos volg:
EEN verpligte vraag in AFDELING A;
VIER verpligte vrae in AFDELING B; en
EEN verpligte vraag in AFDELING C.
4. Beantwoord AL die vrae in die ruimtes wat op hierdie vraestel verskaf is.
5. Beantwoord vrae, waar moontlik, punt vir punt, maar in volsinne. 'n Sistematiese
aanbieding van feite word vereis.
6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
7. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
8. Moet asseblief nie met 'n potlood skryf nie, aangesien werk in potlood nie
nagesien sal word nie. Enige sketse of diagramme kan egter in potlood gedoen
word.
9. Indien daar nie genoeg ruimte is vir u antwoord nie, is twee ekstra skoon bladsye
(bladsy 39 en 40) aan die einde van die vraestel bygevoeg. Dui asseblief duidelik
die vraagnommer van jou antwoord aan wanneer jy hierdie ekstra ruimte gebruik.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 





Economics Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Economics question paper from the 2018 (Afrikaans), 40 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Economics · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Question paper, 40 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 40
- File size
- 2.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 40
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 2 van 40
AFDELING A
VRAAG 1
Hierdie vraag is verpligtend en moet deur ALLE kandidate beantwoord word.
Kies die korrekte alternatief en trek 'n "X" in die blokkie wat met jou
antwoord ooreenstem.
1.1 In die kringloopmodel is huishoudings aan die:
A aanbodkant van die faktormark en die vraagkant van die
produkmark.
B aanbodkant van die faktormark en die produkmark.
C vraagkant van die faktormark en die produkmark.
D vraagkant van die faktormark en die aanbodkant van die
(2)
produkmark.
1.2 In die kringloopmodel sal BBP heel waarskynlik styg indien daar:
A 'n afname in uitvoere was.
B 'n afname in staatsbesteding was.
C 'n styging in invoere was.
D 'n afname in besparing was. (2)
1.3 Watter EEN van die volgende sal waarskynlik 'n styging in die waarde van
'n ekonomie se vermenigvuldiger veroorsaak?
A 'n Styging in die marginale geneigdheid om te spaar.
B 'n Styging in die basiese koers van inkomstebelasting in die
ekonomie.
C 'n Afname in die marginale geneigdheid om in te voer.
D 'n Afname in belegging in die ekonomie. (2)
1.4 Wat is progressiewe belasting?
A Almal betaal dieselfde deel van sy of haar inkomste aan
belasting.
B Hoë verdieners betaal 'n groter deel van hul inkomste aan
belasting.
C Lae verdieners betaal 'n groter deel van hul inkomste aan
belasting.
D Pensioenarisse betaal 'n groter deel van hul inkomste aan
(2)
belasting.
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 3 van 40
1.5 "Suid-Afrika se Indeks van Sakevertroue het weer gestyg."
Die Indeks van Sakevertroue is 'n voorbeeld van 'n ... aanwyser.
A nalopende
B saamvallende
C leidende
D asimmetriese (2)
1.6 Bestudeer Bron 1 en beantwoord die vraag wat volg.
Bron 1: Die prys van eiers
[Bron: <www.statssa.gov.za>]
Aangesien eiers 'n hoofbestanddeel in die bak van koeke is, gegrond op
bostaande inligting,
A sal die vraagkromme vir koeke na links skuif.
B sal beide die vraag- en aanbodkrommes van koeke na regs
skuif.
C sal die aanbodkromme van koeke na regs skuif.
D sal die aanbodkromme van koeke na links skuif. (2)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 4 van 40
1.7 Watter een van die volgende skep 'n aansporing vir firmas om besoedeling
te verminder?
A 'n Styging in negatiewe eksternaliteite indien firmas meer
produseer.
B Die versuim van die regering om firmas wat besoedel, te belas.
C Staatsubsidies wat aan firmas betaal word wat hul produksie
verhoog.
D 'n Belasting wat op firmas gehef word wat besoedeling
(2)
veroorsaak.
1.8 Die handelsooreenkoms wat Suid-Afrikaners voorkeurtoegang tot die VS-
mark gee deur middel van laer tariewe of geen tariewe op sekere produkte
nie, staan bekend as ...
A SADU
B AGOA
C EVV
D CIVETS (2)
1.9 Algehele inkomste-ongelykheid kan gemeet word deur ...
A die verskil tussen BBP en BNI.
B die Gini-koëffisiënt.
C die groeikoers van reële BBP.
D die bevolkingsaanwaskoers. (2)
1.10 Watter een van die volgende lande is nie 'n lid van OPUL nie?
A Afghanistan
B Iran
C Irak
D Venezuela (2)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 5 van 40
1.11 'n Onverwagse styging in Suid-Afrika se rentekoerse sal heel waarskynlik
veroorsaak dat die geldeenheid appresieer weens ...
A verhoogde invloei van warmgeld.
B verhoogde uitvloei van warmgeld.
C verhoogde lenery deur Suid-Afrikaanse verbruikers.
D verhoogde belegging deur binnelandse firmas. (3)
1.12 'n Verskil tussen 'n merieteproduk en 'n openbare produk is dat ...
A 'n merieteproduk altyd deur die private sektor verskaf word
terwyl 'n openbare produk altyd deur die openbare sektore
verskaf word.
B merietegoedere gepaard gaan met koste terwyl openbare
goedere sonder koste vir die staat verskaf word.
C merietegoedere nie volop beskikbaar is nie terwyl die voorraad
van openbare goedere onbeperk is.
D verbruik van merietegoedere die hoeveelheid wat vir ander
beskikbaar is verminder, terwyl 'n individu se verbruik van
(3)
suiwer openbare goedere nie 'n invloed het op die hoeveelheid
wat aan ander beskikbaar is nie.
1.13 "Wanneer die prys van 'n produk van R3 tot R5 styg, daal die
hoeveelheid wat gevra word van 60 tot 40."
Die boogelastisiteitmetode sal aandui dat die pryselastisiteit ...
A (-) 0,5 is en dus is die produk onelasties.
B (-) 0,8 is en dus is die produk onelasties.
C (-) 0,8 is en dus is die produk minderwaardig.
D (-) 0,5 is en dus is die produk minderwaardig. (3)
1.14 Grensnutleer is op watter een van die volgende aannames gegrond?
A Geen verandering in verbruiksaktiwiteite kan alle verbruikers
beter daaraan toe maak sonder om ander slegter daaraan toe
te maak nie.
B Die bevrediging wat huishoudings uit die verbruik van 'n
produk kry, neem af wanneer verbruik van daardie produk
toeneem.
C Die prys van 'n kommoditeit sal daal wanneer die aanbod van
daardie produk die vraag oorskry.
D Huishoudings het 'n deeglike begrip van hoe die ekonomie
(3)
werk en leer vinnig uit koopfoute.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 6 van 40
1.15 Watter een van die volgende is waarskynlik 'n gevolg van die misbruik van
markkrag deur 'n monopolis?
A 'n Wanaanwending van hulpbronne.
B Positiewe eksternaliteite in verbruik.
C Verhoogde mededinging tussen firmas.
D Oorproduksie van merietegoedere. (3)
1.16 Bestudeer Diagram 1 en beantwoord die vraag wat volg.
Diagram 1: Lande met die laagste BBP per capita in 2017
[Bron: <https://www.statista.com>]
Van die vyf lande wat hierbo gelys is ...
A sal die Menslike-ontwikkelingsindeks naby aan 1 wees.
B is die Verbruikersprysindeks geneig om laer te wees.
C is landbou geneig om 'n groter deel van die BBP te produseer.
D is hoë-inkomstehuishoudings geneig om 'n kleiner deel van die (3)
BBP te verbruik.
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 7 van 40
1.17 Bestudeer Grafiek 1 en beantwoord die vraag wat volg.
Grafiek 1: Arbeidsmark
In die arbeidsmark wat hierbo vertoon word, kon die skuif van die
aanbodkromme van SL1 na SL2 veroorsaak gewees het deur:
A 'n toename in emigrasie.
B 'n styging in arbeidsproduktiwiteit.
C 'n daling in die prys van kapitaal.
D die deregulasie van die arbeidsmark. (3)
1.18 Alle ander dinge synde gelyk, watter van die volgende, A, B, C of D, sal
heel waarskynlik tot verslegting in Suid-Afrika se lopende rekening op die
betalingsbalans wees?
Waarde van die
SA inflasiekoers
rand
A Verhoog Verlaag
B Verlaag Verhoog
C Verhoog Verhoog
D Verlaag Verlaag (3)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 8 van 40
1.19 Bestudeer Grafiek 2 en beantwoord die vraag wat volg.
Grafiek 2: Totale vraag en totale aanbod
[Bron: <http://revisionguru.co.uk/>]
Die styging in BBP (nasionale inkomste) is as gevolg van ...
A verhoogde verbruikersvertroue.
B verhoogde prys van grondstowwe.
C verhoogde onderwysvlakke onder werkers.
D verhoogde standaarde van omgewingsbeskerming. (3)
1.20 Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) vereis dat handelsbanke
reserwebatedeposito's by die sentrale bank hou.
Indien die SARB vereis dat handelsbanke hierdie deposito's verhoog, sal
watter een van die volgende waarskynlik plaasvind?
A Bankuitlening aan besighede en verbruikers sal styg.
B Bankwinste sal styg.
C Bankuitlening aan besighede en verbruikers sal daal.
D Banke sal meer by sentrale banke moet leen. (3)
50 punte
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 9 van 40
AFDELING B
Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE
2.1 Bestudeer Tabel 1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Tabel 1: Nasionale rekening se syfers vir 2015 en 2016 teen konstante
pryse
2015 2016
Item
R miljoen R miljoen
Finale verbruiksbesteding deur huishoudings 2 465 806 A
Finale verbruiksbesteding deur die algemene
619 183 631 791
regering
Bruto kapitaalvorming 651 781 603 024
B –38 –5 550
Bruto Binnelandse Besteding 3 117 587 3 096 830
Uitvoer van goedere en dienste 911 366 C
D 965 814 930 513
Bruto Binnelandse Produk 3 063 101 3 071 658
[Bron: SARB-kwartaalbulletin]
2.1.1 Watter metode om die nasionale rekenings te bereken, word in
Tabel 1 gebruik?
(2)
2.1.2 Noem of bereken A tot D. Jy hoef nie jou berekenings te wys nie.
(4)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 10 van 40
2.1.3 Gebruik die syfers wat gegee is en bereken die ekonomiese groei vir
2016. Toon al die berekenings.
(4)
2.1.4 Moet die Suid-Afrikaanse ekonomie bekommerd wees dat sy Bruto
Binnelandse Besteding in 2015 en 2016 meer is as sy Bruto
Binnelandse Produk? Motiveer jou antwoord.
(4)
2.2 "Sommige ekonome raam Suid-Afrikaanse verbruikers se marginale
geneigdheid om te verbruik op 0,5."
2.2.1 Verduidelik kortliks die betekenis van bostaande stelling.
(2)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 11 van 40
2.2.2 Gebruik bostaande inligting en bereken die totale styging in
nasionale inkomste indien daar 'n R30 miljoen styging in belegging
was. Toon al die berekenings.
(5)
2.3 "Suid-Afrikaanse vervaardigingsvlakke word sterk deur die
wisselkoers beïnvloed."
2.3.1 Beskryf die ekonomiese term "wisselkoers".
(2)
2.3.2 Verduidelik kortliks hoekom die appresiasie van die rand (ZAR)
goeie nuus vir sommige Suid-Afrikaanse vervaardigers kan wees en
slegte nuus vir ander Suid-Afrikaanse vervaardigers.
(4)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 12 van 40
2.3.3 Verduidelik die uitwerking wat die faktore wat hieronder gelys is
waarskynlik op die wisselkoers sal hê.
Tabel 2
Faktor Vraag of Toename of Uitwerking op
aanbod van afname in die
rand (ZAR) aanbod van wisselkoers:
beïnvloed? of vraag na appresiasie
rand (ZAR)? of
depresiasie
van die rand
(ZAR)?
(a) 'n Toename in
internasionale
toeriste wat
Suid-Afrika
besoek
(b) 'n Groot,
aanhoudende
tekort op die
lopende
rekening
(c) Politieke
onstabiliteit en
swak
ekonomiese
prestasie in
Suid-Afrika
(9)
2.4 "Die land het uit 'n resessie gekom en Suid-Afrika se BBP het
welkome verbeterings ervaar"
2.4.1 Omskryf die ekonomiese term "resessie".
(2)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 13 van 40
2.4.2 Bespreek hoe monetêre beleid en fiskale beleid in 'n ekonomie
gebruik kan word om te help om ekonomiese aktiwiteit te stimuleer.
(12)
[50]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 14 van 40
VRAAG 3 MIKRO-EKONOMIE
3.1 Onderskei tussen die kenmerke van volmaakte mededinging en monopolie
deur Tabel 3 te voltooi.
Tabel 3: Markstruktuur
Volmaakte
Monopolie
mededinging
3.1.1 Aantal produsente
(verkopers in die mark)
3.1.2 Tipe/Aard van goedere wat
vir verbruikers beskikbaar is
3.1.3 Het die firmas beheer oor
hul eie pryse?
3.1.4 Is toetredehindernisse nul,
laag of hoog?
3.1.5 Tipe wins op die lang duur
(10)
3.2 "Die internet het baie markte nader aan volmaakte mededinging
gemaak."
Gee TWEE redes hoekom hierdie stelling waar is.
(4)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 15 van 40
3.3 Bestudeer Tabel 4 en beantwoord die vrae wat volg.
Onderstaande tabel toon kruiselingse pryselastisiteit tussen produkte.
Tabel 4: Elastisiteit
Effek op die:
Vraag na A Vraag na B Vraag na C
Verandering in die: Prys van A n.v.t. + 0,7 – 1,4
3.3.1 Omskryf die ekonomiese term "kruiselingse elastisiteit van vraag".
(2)
3.3.2 Gebruik 'n voorbeeld om kortliks die waarskynlike kruiselingse
elastisiteitsverhouding tussen produk A en produk B te verduidelik,
indien die prys van produk A verander.
(4)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 16 van 40
3.3.3 Gebruik 'n diagram en 'n verduideliking om te bespreek wat met die
vraag na produk C sal gebeur indien daar 'n styging in die prys van
produk A is.
(6)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 17 van 40
3.3.4 Bespreek breedvoerig, met behulp van voorbeelde, die volgende
faktore en hoe hulle die pryselastisiteit van vraag beïnvloed:
• die verskeidenheid en beskikbaarheid van plaasvervangers
• die tydperk
• gewoontevormende produkte
(12)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 18 van 40
3.4 "In sekere markte kan die prysmeganisme misluk om hulpbronne
doeltreffend toe te wys, wat markmislukking veroorsaak."
Bespreek TWEE oorsake van markmislukking en bespreek in hooftrekke
wat die regering oor elkeen kan doen.
(12)
[50]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 19 van 40
VRAAG 4 AKTUELE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 Bestudeer die volgende inligting in Bron 2 en beantwoord die vrae wat volg.
Bron 2
[Bron: <https://www.imf.org>]
4.1.1 Identifiseer TWEE gevorderde ekonomieë in bostaande inligting.
(2)
4.1.2 Identifiseer TWEE ontluikende ekonomieë in bostaande inligting.
(2)
4.2 Verduidelik kortliks wat die aanwysers hieronder meet en hoe hulle gebruik
kan word om die prestasie van die ekonomie te meet.
4.2.1 BBP per capita
(3)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 20 van 40
4.2.2 Gini-koëffisiënt
(3)
4.2.3 MOI
(3)
4.2.4 Onder vyf-sterfte
(3)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 21 van 40
4.3 Jou finansiële adviseur beveel aan dat jy van jou geld in die gevorderde
ekonomieë belê eerder as in die ontluikende ekonomieë. Stem jy saam met
hierdie advies? Gee TWEE redes vir jou antwoord.
(4)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 22 van 40
4.4 Bestudeer Spotprent 1 en beantwoord die vrae wat volg.
Spotprent 1
[Bron: <https://www.zapiro.com/130509mg>]
4.4.1 Verduidelik kortliks die verband tussen die TWEE kwessies in die
spotprent en evalueer hoe hulle die ekonomiese groei van die Suid-
Afrikaanse ekonomie inperk.
(6)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 23 van 40
4.4.2 Bespreek TWEE maniere waarop handelsversperrings gebruik kan
word om plaaslike werkloosheid te verminder.
(8)
4.5 "Met 'n binnelandse vraag-geleide herstel, is Japan besig om
geleidelik vordering te maak om uit 20 jaar van deflasie te kom."
4.5.1 Omskryf die ekonomiese term "deflasie".
(2)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 24 van 40
4.5.2 Verduidelik kortliks DRIE redes hoekom deflasie skadelik vir 'n
ekonomie kan wees.
(6)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 25 van 40
4.5.3 Gebruik 'n diagram en 'n verduideliking om te illustreer hoe 'n
"binnelandse vraag-geleide herstel" totale vraag (TV) kan beïnvloed
en hoe dit die ewewigsvlak van uitset en pryse kan beïnvloed.
(8)
[50]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 26 van 40
VRAAG 5 GEMENGDE VRAE
5.1 Verduidelik kortliks die volgende begrippe:
5.1.1 Oop ekonomie
(2)
5.1.2 Leidende ekonomiese aanwysers
(2)
5.1.3 Vry swewende wisselkoersstelsel
(2)
5.1.4 Vakbonde
(2)
5.1.5 Hiperinflasie
(2)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 27 van 40
5.2 "Ondersoek na skooluniformpryse toon samespanning, nie-
mededingende gedrag en prysvasstelling."
5.2.1 Verduidelik kortliks die ekonomiese term "samespanning".
(2)
5.2.2 In watter markstruktuur vind samespanning plaas?
(2)
5.2.3 Watter organisasie in Suid-Afrika ondersoek nie-mededingende
gedrag?
(2)
5.2.4 Ontleed kortliks TWEE redes hoekom prysvasstelling negatief vir die
ekonomie is.
(4)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 28 van 40
5.3 "BTW is 'n regressiewe belasting wat die armes benadeel en vraag en
ekonomiese groei onderdruk. COSATU sal enige BTW-verhoging
teenstaan."
5.3.1 Waarvoor staan die akroniem COSATU?
(2)
5.3.2 Met verwysing na die stelling hierbo, bespreek TWEE voordele en
TWEE nadele om BTW te verhoog.
(8)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 29 van 40
5.4 Bestudeer Bron 3 en onderstaande stelling om die vrae wat volg te
beantwoord.
Bron 3
"Die VPI weerspieël nie die armes se pyn nie."
[Bron: <www.statssa.gov.za>]
5.4.1 Verduidelik kortliks of die inligting in Bron 3 goeie of slegte nuus vir
Suid-Afrikaanse verbruikers is.
(2)
5.4.2 Wat is die inflasieteikenpersentasie in Suid-Afrika?
(2)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 30 van 40
5.4.3 Verduidelik kortliks hoe die VPI bereken word en hoekom hierdie
berekening "nie die armes se pyn weerspieël nie".
(4)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 31 van 40
5.4.4 Bespreek die TWEE hoofoorsake van inflasie.
(12)
[50]
200 punte
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 32 van 40
AFDELING C
VRAAG 6 DATARESPONS
Bestudeer die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Vraag 6.1 is op Spotprent 2 en Bron 4 gegrond.
Spotprent 2
[Bron: http://www.zapiro.com>]
Bron 4
Radikale ekonomiese transformasie
Die media het aangekondig dat radikale ekonomiese transformasie beteken om die
Grondwet te verander om die regering in staat te stel om grond sonder vergoeding te
onteien. Dit, saam met 'n besluit wat vir die nasionalisering van die Suid-Afrikaanse
Reserwebank vra, en een wat by die regering op 'n spoedige implementering van gratis
hoër onderwys vir kinders van arm families aandring, is algemeen aangehaal as bewys
dat die ANC ekonomiese radikalisme omhels.
[Aangepas uit: <https://www.biznews.com/thought-leaders/2018/01/10/decoding-anc-radical-
resolutions/>]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 33 van 40
6.1 6.1.1 Beskryf die ekonomiese term "rommelstatus".
(2)
6.1.2 Met verwysing na Bron 4, identifiseer die DRIE hoofgebiede wat die
fokus van radikale ekonomiese transformasie is.
(3)
6.1.3 Verduidelik TWEE ekonomiese uitdagings waarvoor 'n land te staan
kom wat rommelstatus het.
(6)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 34 van 40
6.1.4 Met verwysing na Bron 4, evalueer die ekonomiese voordele en
nadele van TWEE van die hoofgebiede van die voorgestelde
radikale ekonomiese transformasie.
(12)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 35 van 40
Vraag 6.2 is op Bron 5 en Bron 6 gegrond.
Bron 5
"Dit is amptelik: nasionale minimum loon is op R20 'n uur vasgestel, wat
R3 500 per maand beteken, vanaf Mei 2018."
[Bron: <www.nationalminimumwage.co.za>]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 36 van 40
Bron 6: Minimum lone van ander BRICS-lande
[Bron: <www.fin24.com/Economy/Labour/infographic-how-sa-
minimum-wage-stacks-up>]
6.2 6.2.1 Omskryf die ekonomiese term "minimum loon".
(2)
6.2.2 Met verwysing na Bron 5, identifiseer die DRIE sektore wat die
hoogste aantal werkers het wat minder as R20 per uur verdien.
(3)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 37 van 40
6.2.3 Met verwysing na Bron 5, verduidelik kortliks hoekom daar so 'n
verskil is in die aantal werkers wat minder as die minimum loon in
sommige sektore verdien in vergelyking met ander.
(4)
6.2.4 Evalueer die mate waarin 'n styging in die minimum loon in Suid-
Afrika tot 'n verergering van Suid-Afrika se betalingsbalansposisie sal
lei.
(8)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 38 van 40
6.3 Verduidelik, met behulp van 'n diagram, die makro-ekonomiese konflik
tussen inflasie en werkloosheid.
(10)
50 punte
Totaal: 300 punte
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 39 van 40
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 40 van 40
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Economics notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Economics questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Economics quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Economics past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Economics and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2017 Question Paper

Question paperIEB
Economics Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB



