Skip to content
Question paper

Economics Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 Economics question paper from the 2019 (Afrikaans), 36 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: EconomicsGrade 12201936 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com TOTALE PUNTE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 EKONOMIE EKSAMENNOMMER Tyd: 3 uur 300 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 36 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Lees die vrae noukeurig deur. 3. Alle vrae is verpligtend. AFDELING A: Vraag 1 AFDELING B: Vraag 2, 3, 4 en 5 AFDELING C: Vraag 6 4. Beantwoord AL die vrae in die ruimtes wat op hierdie vraestel verskaf is. 5. Beantwoord vrae, waar moontlik, punt vir punt, maar in volsinne. 'n Sistematiese aanbieding van feite word vereis. 6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. 7. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 8. Moet asseblief nie met 'n potlood skryf nie, aangesien werk in potlood nie nagesien sal word nie. Enige sketse of diagramme kan egter in potlood geteken word. 9. Vier skoon bladsye (bladsy 33 tot 36) is aan die einde van die vraestel bygevoeg. Indien daar nie genoeg ruimte is vir jou antwoord nie, gebruik hierdie bladsye. Dui asseblief duidelik die vraagnommer van jou antwoord aan wanneer jy hierdie ekstra ruimte gebruik. Puntetoekenning V1 V2 V3 V4 V5 V6 Totaal 50 50 50 50 50 50 300 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 2 van 36 AFDELING A VRAAG 1 Kies die korrekte alternatief en skryf die letter van die korrekte antwoord in die blok. 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 1.9 1.10 1.11 1.12 1.13 1.14 1.15 1.16 1.17 1.18 1.19 1.20 1.1 Watter EEN van die volgende is nie 'n metode om die BBP teen markpryse te bereken nie? A inkomstemetode B waardetoegevoegde metode C bestedingsmetode D beleggingsmetode (2) 1.2 Kleinhandelsverkope, werkloosheidsyfers en reële BBP is almal voorbeelde van… A leidende aanwysers. B volgaanwysers. C teensikliese aanwysers. D saamvallende aanwysers. (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 3 van 36 1.3 Bestudeer Figuur 1 en beantwoord die vraag wat volg. Figuur 1: Die vermenigvuldiger 45° lyn Totale besteding R miljard Totale inkomste (Y) R miljard In bostaande figuur, is die vermenigvuldiger ... A 1,5 B 2,0 C 2,5 D 3,0 (2) 1.4 In ekonomie verwys die "lang termyn" na die tydperk wanneer … A alle produksiefaktore vas is. B alle produksiefaktore kan verander. C inkomste vas is. D sommige produksiefaktore vas is en ander kan wissel. (2) 1.5 Die prys van die produk wat in 'n volmaak mededingende nywerheid geproduseer is, word … A deur vraag- en aanbodtoestande waarvoor 'n individuele firma te staan kom, bepaal. B deur die regering bepaal. C deur vraag- en aanbodtoestande in die mark bepaal. D deur 'n paar firmas met markkrag in die nywerheid vasgestel. (2) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 4 van 36 1.6 In teorie, watter van die volgende beskryf die eienskappe van 'n openbare produk die beste? A uitsluitbaar en wedywerend B uitsluitbaar en nie-wedywerend C nie-uitsluitbaar en wedywerend D nie-uitsluitbaar en nie-wedywerend (2) 1.7 Die kruiselingse elastisiteit van vraag tussen goedere X en Y is positief. Dit impliseer hulle is … A normale goedere. B plaasvervangergoedere. C minderwaardige goedere. D komplementêre goedere. (2) 1.8 Wanneer 'n Suid-Afrikaner aandele in 'n Britse maatskappy koop, sal dit aangeteken word in Suid-Afrika se … A lopende rekening. B kapitaaloordragrekening. C finansiële rekening. D verandering in netto goud en ander reserwerekeninge. (2) 1.9 Die Phillips-kromme demonstreer 'n … A positiewe verhouding tussen inflasie en uitset. B positiewe verhouding tussen inflasie en werkloosheid. C negatiewe verhouding tussen inflasie en werkloosheid. D negatiewe verhouding tussen inflasie en uitset. (2) 1.10 Bestudeer Kaart 1 en beantwoord die vraag wat volg. Kaart 1: Venezuela se jaarlikse inflasiekoers verandering in jaarlikse inflasie Gemiddelde verbruikerspryse Bron: Internasionale Monetêre Fonds Watter tipe inflasie het Venezuela in 2018 ervaar? A disinflasie B hiperinflasie C gematigde inflasie D deflasie (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 5 van 36 1.11 In 2019 koop een VS dollar R12,50 (ZAR) en in 2020 koop een rand (ZAR) $0,075 dollar. Watter een van die volgende stellings is die korrekste? A Daar is geen verandering in die wisselkoers tussen 2019 en 2020 nie. B SA uitvoere na die VS is goedkoper in 2020 as in 2019. C Goedere wat van die VS ingevoer word, is duurder in 2019 as in 2020. D Vir VS-beleggers is Suid-Afrikaanse bates duurder om te koop in 2020 as in 2019. (3) 1.12 'n Verlaging in Suid-Afrika se maatskappybelastingskoers sal heel waarskynlik … A emigrasie verhoog. B die winsgewendheid van die land se firmas verminder. C werkloosheid verminder. D buitelandse direkte belegging in die land verhoog. (3) 1.13 Bestudeer Tabel 1 hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Tabel 1: Nasionale rekening se syfers vir 2017 Item R miljoene Bruto waarde by basiese pryse gevoeg 4 171 729 Belasting op produkte 496 009 A 15 953 Bruto binnelandse produk teen markpryse B Kies die korrekte kombinasie vir A en B in bostaande tabel. A Subsidies op produksie en 4 651 785 B Subsidies op produkte en 4 651 785 C Vergoeding van werknemers en 3 691 673 D Subsidies op produkte en 3 691 673 (3) 1.14 Bestudeer Tabel 2 hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Tabel 2: Bevolking, BBP teen huidige pryse en BBP teen konstante pryse Jaar Bevolking BBP teen huidige BBP teen konstante (miljoen) pryse (miljoen) pryse (miljoen) 2016 20 100 000 100 000 2017 21 110 000 103 000 Die data bevestig dat … A reële BBP met 10% gestyg het. B nominale BBP met 5% gestyg het. C die bevolking teen 'n vinniger koers as huidige pryse gegroei het. D reële BBP per capita gedaal het. (3) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 6 van 36 1.15 Indien die ewewigsmarkprys van 'n produk styg, sal hierdie hoër prys heel waarskynlik voorkom as gevolg van … A 'n daling in die prys van 'n plaasvervanger. B 'n styging in die prys van 'n komplementêre produk. C 'n natuurramp. D nuwe firmas wat tot die mark toetree. (3) 1.16 Wat sal heel waarskynlik aandui dat 'n ekonomie ontwikkel is eerder as ontwikkelend? A 'n hoë geboortesyfer en 'n lae sterftesyfer B 'n groot primêre sektor en 'n hoë bevolkingsaanwas C 'n groot dienssektor en kapitaalintensiewe produksie D 'n lae vlak van belegging en 'n hoë besparingskoers (3) 1.17 Land X se Lorenz-kromme is nader aan die lyn van volmaakte gelykheid as land Y se Lorenz-kromme. As alle ander dinge gelyk is, watter van die volgende is waar? A Land X het 'n groter Gini-koëffisiënt as land Y. B Land Y het 'n meer billike inkomsteverdeling as land X. C Land X se Lorenz-kromme sal nader aan land Y se Lorenz-kromme beweeg indien land X se top- marginale inkomstebelastingkoers verlaag word. D Land Y se Lorenz-kromme sal nader aan land X se Lorenz-kromme beweeg indien land Y se top- marginale inkomstebelastingkoers verlaag word. (3) 1.18 As alle ander dinge gelyk is, watter een van die volgende, A, B, C of D, verteenwoordig die waarskynlikste uitkoms van verlagings in rentekoerse in 'n land se ekonomie? Huishoudelike Huishoudelike Land se besparing lenery geldeenheid A daal daal verswak B styg styg versterk C styg daal versterk D daal styg verswak (3) 1.19 Bestudeer Tabel 3 hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Tabel 3: Hipotetiese data vir 'n ekonomie Staats- Besteding Belastings Beleggings Inkomste Besparing besteding aan invoere uit uitvoere 25 60 30 20 70 35 Watter stelling oor hierde ekonomie is korrek? A Dit brei uit omdat uitvoere meer as beleggings is. B Dit krimp in omdat besparing meer as belasting is. C Dit brei uit omdat inspuitings meer as lekkasies is. D Dit krimp in omdat lekkasies meer as inspuitings is. (3) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 7 van 36 1.20 'n Ekonomie ervaar hoë werkloosheid en 'n inflasiekoers onder die inflasieteiken. Watter makro-ekonomiese beleidsamestelling is die beste vir hierdie ekonomie? A ekspansionistiese fiskale en ekspansionistiese monetêre beleid B beperkende fiskale en beperkende monetêre beleid C ekspansionistiese fiskale en beperkende monetêre beleid D beperkende fiskale en ekspansionistiese monetêre beleid (3) 50 punte IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 8 van 36 AFDELING B VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE 2.1 Bestudeer Diagram1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Diagram 1: Kringloop van inkomste D 2.1.1 Benoem A tot D. (4) 2.1.2 Verduidelik kortliks die verskil tussen monetêre vloei en reële vloei. (4) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 9 van 36 2.1.3 Verduidelik kortliks die verhouding tussen belasting en staatsbesteding in die kringloopmodel. (4) 2.1.4 Gebruik 'n toepaslike voorbeeld om die moontlike uitwerking van die vermenigvuldigerproses op die ekonomie te verduidelik. (6) 2.2 Leidende aanwysers dui daarop dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) besig is om te herstel. 2.2.1 Noem die laagste punt op 'n sakesiklus voordat 'n ekonomie begin herstel. (2) 2.2.2 Omskryf die ekonomiese term bruto binnelandse produk. (4) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 10 van 36 2.2.3 Gebruik 'n voorbeeld om die ekonomiese term leidende aanwyser te verduidelik. (4) 2.2.4 Bespreek hoe monetêre beleid gebruik kan word om ekonomiese groei in 'n ekonomie te verbeter. (8) 2.3 Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) klassifiseer Suid-Afrika se wissel- koers as 'n beheerde swewende stelsel. 2.3.1 Onderskei kortliks tussen vry swewende, beheerde swewende en vaste wisselkoersstelsels. (6) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 11 van 36 2.3.2 Gebruik 'n grafiek en 'n verduideliking om te illustreer wat met die R/$-wisselkoers sal gebeur indien invoere dramaties styg vanweë infrastruktuurbesteding deur die Suid-Afrikaanse regering. (8) [50] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 12 van 36 VRAAG 3 MIKRO-EKONOMIE 3.1 Bestudeer Tabel 4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Onderstaande tabel toon die marginale nut en totale nut van speelgoedmotors. Tabel 4: Marginale en totale nut van speelgoedmotors Getal Marginale nut van Totale nut van speelgoedmotors speelgoedmotors speelgoedmotors (nutseenhede) (nutseenhede) 1 10 A 2 8 B 3 6 24 4 4 28 5 C 31 6 0 D 3.1.1 Beskryf die ekonomiese term nut. (2) 3.1.2 Bereken die waardes van A, B, C en D. (4) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 13 van 36 3.2 'n Firma verkoop 500 eenhede van 'n produk teen 'n prys van R20. Nadat die prys tot R25 verhoog is, daal die getal wat gevra word tot 425 eenhede. 3.2.1 Bereken die verskil in totale inkomste as gevolg van die prysstyging. Toon al die berekenings. (4) 3.2.2 Bereken die pryselastisiteit van vraag. Toon al die berekenings. (4) 3.2.3 Verduidelik hoe 'n firma kan baat sou hulle weet of die produk wat hulle verkoop pryselasties of prysonelasties is. (4) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 14 van 36 3.3 Bestudeer Tabel 5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Onderstaande tabel toon die inkomste-elastisiteit van verskillende produkte. Tabel 5: Inkomste-elastisiteit Produk Inkomste-elastisiteit van vraag X +0,6 Y –0,2 Z +1,4 3.3.1 Beskryf die ekonomiese term inkomste-elastisiteit van vraag. (2) 3.3.2 Gebruik ekonomiese teorie om kortliks die verskil tussen die inkomste- elastisiteit van vraag na produk X en produk Y te verduidelik. (6) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 15 van 36 3.3.3 Gebruik SLEGS 'n vraag-en-aanbod-grafiek om die uitwerking wat 'n styging in inkomste sal hê op die prys en hoeveelheid wat van produk Z verkoop word, aan te toon. (6) 3.4 Bespreek die volgende oorsake van markmislukking en assesseer wat die regering oor elkeen kan doen. 3.4.1 Onvolmaakte/asimmetriese inligting (6) 3.4.2 Onvolmaakte mededinging (6) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 16 van 36 3.4.3 Merietegoedere (6) [50] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 17 van 36 VRAAG 4 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Verduidelik die verskil tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (4) 4.2 Suid-Afrika het 'n baie hoër BBP per capita as Sri Lanka, maar Sri Lanka vaar baie beter as Suid-Afrika op grond van die MOI. 4.2.1 Onderskei kortliks tussen die menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) en bruto binnelandse produk (BBP) per capita as maatstaf van ekonomiese ontwikkeling. (4) 4.2.2 Met verwysing na die stelling in 4.2, gee TWEE moontlike redes hoekom dit so is. (4) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 18 van 36 4.3 Bestudeer Kaart 2 en Kaart 3 en beantwoord die vrae wat volg. Kaart 2: Suid-Afrika se werkloosheid Persentasie van Arbeidsmag [Bron: tradingeconomics.com] Kaart 3: Suid-Afrika se BBP-groei Persentasie [Bron: tradingeconomics.com] 4.3.1 Hoe word ekonomiese groei gemeet? (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 19 van 36 4.3.2 Hoe word werkloosheid gemeet? (2) 4.3.3 Noem VIER van Suid-Afrika se makro-ekonomiese doelwitte. (4) 4.3.4 Behoort die Suid-Afrikaanse regering bekommerd te wees oor die onlangsste gegewens in Kaart 2 en Kaart 3? Motiveer jou antwoord. (4) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 20 van 36 4.3.5 Gebruik 'n diagram van totale vraag en totale aanbod en 'n kort verduideliking om te illustreer hoe beter onderwys en opleiding die werkloosheidskoers en die ekonomiese groeikoers kan verbeter. (10) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 21 van 36 4.4 Om die begrotingstekort te verminder, kan die regering dit oorweeg om direkte of indirekte belastings te verhoog. 4.4.1 Wat word met die ekonomiese term begrotingstekort bedoel? (2) 4.4.2 Verduidelik die verskil tussen direkte en indirekte belastings met behulp van voorbeelde. (6) 4.4.3 Evalueer die mate waarin 'n styging in sowel direkte as indirekte belastings die begrotingstekort sal verbeter. (8) [50] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 22 van 36 VRAAG 5 GEMENGDE VRAE 5.1 Bestudeer Bron 1 en Bron 2 en beantwoord die vrae wat volg. Bron 1: Vraag na arbeid Bron 2: Gemiddelde salarisse Sterk aanvraag na Sektore t.o.v. groot aanvraag Vervaardiging & Montering Argitektuur & Ingenieurswese IT-Projekadministrasie/ Verpleging/ Admin, Kantoor & -bestuur Professionele versorging Ondersteuning Verkope Gemiddelde salaris- (KVM) Gemiddelde salaris- (KVM) aanbieding vir 'n posisie op aanbieding vir ’n posisie op Finansies geskoolde vlak geskoolde vlak Besigheid & Bestuur GP: R39 074 – R47 656 p.m. GP: R19 668 – R24 473 p.m. Inligtingstegnologie WC: R34 247 – R47 050 p.m. WK: R17 980 – R24 143 p.m. KZN: R19 455 – 24 600 p.m. [Bron: <http://www.businessessentials.co.za>] 5.1.1 Wat beteken die ekonomiese konsep vraag na arbeid? (2) 5.1.2 Met verwysing na Bron 2 en jou eie kennis, bespreek TWEE redes vir verskille in salarisse. (6) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 23 van 36 5.2 Verligting vir verbruikers toe VPI op tweejaar-laagtepunt is. Oorkoepelende VPI in vergelyking met VPI brandstof uitgesluit (jaarlikse veranderingskoers) Oorkoepelende VPI / VPI brandstof uitgesluit j/j [Bron: Consumer Price Index (CPI), January 2019] 5.2.1 Waarvoor staan die akroniem VPI? (2) 5.2.2 Onderskei kortliks tussen koste-inflasie en vraaginflasie. (4) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 24 van 36 5.2.3 Bespreek DRIE gevolge van inflasie. (12) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 25 van 36 5.3 VSA se handelsoorlog met China raak warm Handelsoorlog ... [Bron: <www.zanews.co.za>] 5.3.1 Beskryf TWEE vorms van proteksionisme. (4) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 26 van 36 5.3.2 Bespreek TWEE moontlike redes hoekom lande handelsversperrings gebruik om hul ekonomieë te beskerm. (8) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 27 van 36 5.3.3 Handel is 'n kerngroeigebied vir die meeste lande. Bespreek DRIE redes hoekom lande handel dryf. (12) [50] 200 punte IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 28 van 36 AFDELING C VRAAG 6 DATARESPONS 6.1 Bestudeer Spotprent 2 en Bron 3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Spotprent 2 [Bron: <https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2018-06-04-cartoon-fuel-price-heist>] Bron 3: SA se petrolmark Petrolmark in Suid-Afrika Die Suid-Afrikaanse regering is bekommerd oor die stygende koste van petrol in Suid-Afrika, wat grotendeels deur die rand-dollar-wisselkoers en die prys van ruolie veroorsaak word. Daar is oproepe vir die regering om maksimum petrolpryse te stel. Nog 'n voorstel is om petrolstasies toe te laat om petrolpryse te diskonteer, soos in die geval van diesel. Op die oomblik word die petrolprys gereguleer maar nie die dieselprys nie. Suid-Afrika het net 'n handjievol groot produsente en, indien pryse gedereguleer word, bestaan die gevaar dat pryse verlaag sal word ten einde mededinging van die klein onafhanklike verskaffers uit te skakel. Sodra hierdie kleiner spelers uit die mark geskakel word, kan die oligopolie oor pryse saamspan. [Bron: Aangepas uit: <https://www.mg.co.za>] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 29 van 36 6.1.1 Beskryf die ekonomiese term maksimum prys. (2) 6.1.2 Met verwysing na Bron 3, verduidelik kortliks hoe die TWEE faktore wat in paragraaf 1 genoem is die koste van petrol in Suid-Afrika beïnvloed. (4) 6.1.3 Verduidelik TWEE ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar weens die stygende koste van petrol. (6) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 30 van 36 6.1.4 Bespreek met behulp van 'n diagram wat sal gebeur as die regering 'n maksimum prys op petrol oplê wat onder die ewewigsprys is en assesseer watter uitwerking dit op die mark vir petrol sal hê. (10) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 31 van 36 6.1.5 Die petrolmark in Suid-Afrika word as 'n voorbeeld van 'n oligopolie beskou. Motiveer hoe hierdie voorbeeld ooreenstem met VIER eienskappe van oligopolieë. (16) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 32 van 36 6.2 Bestudeer Bron 4 en beantwoord die vrae wat volg. Bron 4: Suid-Afrika se handelsbalans Daar is altyd wenners en verloorders in wisselkoersbewegings. Een van die ekonomiese teorieë is dat 'n verbetering in Suid-Afrika se handelsbalans toegeskryf kan word aan die verswakking van die rand teen die dollar. Vraag na ingevoerde goedere is egter dikwels meer onelasties as die vraag na ons uitgevoerde goedere. UITVOERE INVOERE R118 884 554 896 R115 350 179 371 Handelsbalans: R3 494 375 525 Topvyflande na wie ons uitvoer: Topvyflande van wie ons invoer: 1. China (9,9) 1. China (19,6) 2. Duitsland (8,5) 2. Duitsland (9,5) 3. Verenigde State (7,0) 3. Verenigde State (6,4) 4. Japan (4,9) 4. Saoedi-Arabië (4,8) 5. Indië (4,8) 5. Nigerië (3,9) [Syfers: November 2018] [Bron: <http://www.sars.gov.za/ClientSegments/Customs-Excise/Trade-Statistics/Pages/default.asp>] 6.2.1 Watter land is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot? (2) 6.2.2 Met verwysing na Bron 4, identifiseer of die handelsbalans 'n lekkasie of 'n inspuiting verteenwoordig. (2) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 33 van 36 6.2.3 Evalueer of 'n swakker rand altyd tot 'n verbetering in die handelsbalans sal lei. (8) 50 punte Totaal: 300 punte IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 34 van 36 ADDISIONELE SPASIE (ALLE vrae) ONTHOU OM DUIDELIK BY DIE VRAAG AAN TE DUI DAT JY DIE ADDISIONELE SPASIE GEBRUIK HET OM TE VERSEKER DAT ALLE ANTWOORDE NAGESIEN WORD. IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EKONOMIE Bladsy 35 van 36 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: EkONOMIE Bladsy 36 van 36 IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.