Skip to content

Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paperElectrical TechnologyGrade 12201511 pages

Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE PUNTE: 200 TYD: 3 uur *ELCTDM* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye insluitend formulebladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees. 4. ALLE berekeninge moet getoon word en korrek tot TWEE desimale afgerond word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. ʼn Formuleblad word aan die einde van die vraestel voorsien. 7. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 8. Toon die eenhede vir alle antwoorde van berekeninge. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 3 VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 1.1 Gevaarlike praktyke oor die algemeen verwys na prosesse wat ʼn vorm van risiko of gevaar inhou as dit uitgevoer word. Noem TWEE aktiwiteite of take waarna verwys kan word as gevaarlike praktyke wanneer dit in ʼn elektriese werkswinkel uitgevoer word. (2) 1.2 ʼn Werkgewer het die reg om kommunikasie te monitor binne die werkplek so lank as die werknemer bewus is van die monitering voordat dit plaasvind. Noem EEN so soort kommunikasie wat ʼn werkgewer kan monitor. (1) 1.3 Goeie werksetiek vereis sekere karaktertrekke of eienskappe. Noem DRIE eienskappe wat tot goeie werksetiek bydra. (3) 1.4 Dit is belangrik dat werknemers as ʼn span saamwerk. Beskryf TWEE eienskappe wat tot goeie spanwerk bydra. (2) 1.5 Jy, as ʼn noodhulpgewer, is die eerste op die toneel van ʼn ongeluk. Voordat noodhulp aangebied word, wat is die eerste aksie wat geneem moet word? (2) [10] VRAAG 2: DRIE-FASE-WS-OPWEKKING 2.1 Teken ʼn fasordiagram van die drie spannings in ʼn driefase-stelsel. (3) 2.2 Noem DRIE voordele wat driefase-stelsels teenoor eenfase-stelsels het. (3) 2.3 ʼn Delta-verbinde alternator genereer 220 V per fase. Elke fase in hierdie gebalanseerde stelsel het ʼn impedansie van 44 Ω. Bereken die lyn- spanning, lynstroom en fasestroom. (8) 2.4 Verduidelik die verskil tussen aktiewe drywing (ook bekend as werklike of ware krag) en reaktiewe drywing. (2) 2.5 Alhoewel driefase-alternators krag aan gebalanseerde en ongebalanseerde laste kan lewer, hoekom is dit belangrik dat elke fase van die alternators gebalanseer word? Motiveer jou antwoord. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 3: DRIEFASETRANSFORMATORS 3.1 Stel voor of die volgende verklarings WAAR of ONWAAR is. 3.1.1 Die generators in kragstasies produseer elektrisiteit teen 22 kV. (1) 3.1.2 Die 22 kV word deur transformators tot 275 kV, 400 kV en selfs 765 kV verhoog, voor dit op die transmissie-netwerk geplaas word. (1) 3.1.3 11 kV word binne ons tuistes ingevoer vir huishoudelike gebruik. (1) 3.1.4 Eskom is die eerste diensverskaffer ter wêreld wat suksesvol hoogspanningsleiding teen 765 kV op hoë hoogtes bo seespieël bedryf. (1) 3.1.5 380 V en 240 V is vir huishoudelike gebruik beskikbaar. (1) 3.1.6 Hoëspanningsgeleiers is bykans altyd van ʼn aluminiumallooi gemaak. (1) 3.2 ʼn Boer gebruik ʼn driefase-delta-ster transformator met ʼn draaiverhouding van 150 : 3 om ʼn lynspanning van 11 kV te verminder. Hy gebruik beide enkel- en driefase-motors op sy plaas. 3.2.1 Indien die driefase-motor sterverbind is, bepaal die spanning oor elke fase van die motor. (4) 3.2.2 Hierdie driefase-motor het ʼn aanslag van 12 kW teen ʼn arbeidsfaktor van 0,8 nalopend. Bereken die lynstroom wat by die sekondêr van die transformator verskaf word. (6) 3.3 3.3.1 Beïnvloed die grootte van ʼn transformator die verkoelings- metodes? (1) 3.3.2 Noem DRIE metodes of maniere om transformators te verkoel. (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 5 VRAAG 4: DRIEFASEMOTORS EN-AANSITTERS 4.1 Gee DRIE voordele wat driefase-induksiemotors bo enkelfase-motors het. (3) 4.2 Noem die DRIE hoofonderdele van ʼn driefase-induksiemotor. (3) 4.3 Teken TWEE sketse van ʼn driefase-terminaalkas wat die verbindings van die terminale wys vir: 4.3.1 ster (3) 4.3.2 delta (3) Voorsien byskrifte vir die terminale. 4.4 ʼn 50 kW driefase-induksiemotor het altesame 12 pole en ʼn nalopende arbeidsfaktor van 0,9. Dit word aan ʼn 380 V / 50 Hz toevoer gekoppel. Bereken die: 4.4.1 Skyndrywing (s) (3) 4.4.2 Lynstroom (3) 4.4.3 Sinkrone spoed van die motor (4) 4.4.4 Glip indien die asspoed van die rotor 1 400 rpm (omp) is (3) 4.4.5 Rendement van die motor indien die drywing op die as 45 kW is (3) 4.5 Teken ʼn volledig benoemde skets van die beheer kringdiagram van ʼn outomatiese ster-delta-aansitter. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 5: RLC-KRINGE 5.1 In ʼn serie of parallel RLC-kring, hoe word die volgende beïnvloed deur frekwensie: 5.1.1 Weerstand (1) 5.1.2 Induktiewe reaktansie (1) 5.1.3 Kapasitiewe reaktansie (1) 5.2 Definieer die term ‘impedansie.’ (3) 5.3 ʼn Parallel RLC-kring bestaan uit ʼn 47 Ω weerstand, ʼn induktor met ʼn induktiewe reaktansie van 70 Ω, en ʼn kapasitor met ʼn kapasitiewe reaktansie van 80 Ω. Die parallel kring word aan ʼn 110 V / 60 Hz toevoer gekoppel. Bereken die: 5.3.1 Totale stroom wat van die toevoer getrek word (8) 5.3.2 Impedansie van die kring (2) 5.4 In ʼn radio-ingestemde RLC-kring waar dit verlang word dat die minste stroom getrek word, kontrasteer serie en parallel RLC-kringe. Besluit watter van die twee die beste sal wees om te gebruik. Motiveer jou keuse. (4) [20] VRAAG 6: LOGIKA 6.1 Waarvoor staan die afkorting PLB? (1) 6.2 Met verwysing na PLB’s, gee TWEE voorbeelde van die volgende: 6.2.1 Insette (2) 6.2.2 Uitsette (2) 6.3 Noem EEN industrie waar PLB’s gebruik word. (1) 6.4 Teken die leerlogika simbole vir die volgende: 6.4.1 Normaalweg oop kontak (inset) (1) 6.4.2 Normaalweg geslote kontak (inset) (1) 6.4.3 Uitset (spoel) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 7 6.5 ʼn PLB-program is ʼn stel instruksies wat in ʼn spesifieke programmeringstaal vir ʼn PLB geskryf word om ʼn spesifieke funksie uit te voer. Die uitvoering van elke instruksie verg DRIE basiese stappe. Beskryf die stappe. (3) 6.6 Vereenvoudig die volgende Boole uitdrukking deur ʼn Karnaugh-kaart te gebruik. ̅ ̅ ̅ ̅ (8) 6.7 Teken ʼn leerdiagram vir ʼn agtereenvolgende aansitter sonder ʼn tydreëlaar. Verwys na die bedradingsdiagram getoon onder. (8) 6.8 Verwys na die volgende waarheidstabel. A B SOM OORDRA 0 0 0 0 0 1 1 0 1 0 1 0 1 1 0 1 6.8.1 Skryf die Boole uitdrukkings vir die gegewe waarheidstabel. (4) 6.8.2 Ontwerp en teken die heknetwerk vir die uitdrukkings van VRAAG 6.8.1. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 7: VERSTERKERS 7.1 Teken ʼn netjiese skets wat die uitleg van die dubbel-in-lyn IK’s pakket van ʼn LM 741 operasionele versterker toon. Wys veral die insette, uitsette en toevoerspanning aan. (5) 7.2 Met verwysing na ʼn ideale operasionele versterker, wat word met oneindige bandwydte bedoel? (2) 7.3 Noem DRIE voordele van negatiewe terugkoppeling. (3) 7.4 Noem TWEE toepassings van operasionele versterker vergelykers. (2) 7.5 ʼn Omkeer operasionele versterker wat oop lus wins gebruik en ʼn 5 V verwysingsspanning op die nie-omkeer inset het, is gekoppel aan ʼn toevoerbron van (+) en (-) 15 volt. Wat sal die uitsetspanning wees indien: 7.5.1 5 V aan die omkeer inset gekoppel word? (1) 7.5.2 3 V aan die omkeer inset gekoppel word? (1) 7.5.3 6 V aan die omkeer inset gekoppel word? (1) 7.6 Teken ʼn volledig benoemde kringdiagram van ʼn nie-omkeer operasionele versterker. Toon die inset- en uitset-golfvorms. (8) 7.7 ʼn Nie-omkeer operasionele versterker gebruik ʼn terugvoerweerstand van 100 kΩ, en ʼn insetweerstand van 10 kΩ. Bereken die amplitude van die uitsetsein as die amplitude van die insetsein 3 V is. (3) 7.8 Teken ʼn volledig benoemde kringdiagram van ʼn operasionele-versterker integreerder. (5) 7.9 Teken die inset en uitset golfvorms van die integreerder en gee ʼn verduideliking van die wiskundige funksie wat die kring verrig. (4) 7.10 FIGUUR 7.10 7.10.1 Identifiseer die kring in FIGUUR 7.10. (1) 7.10.2 Noem TWEE toepassings vir die kring in VRAAG 7.10.1. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 9 7.11 7.11.1 Wat is ʼn mono-stabiele multivibrator? (2) 7.11.2 Teken volledig benoemde golfvorms van die snellerpulse en uitset van ʼn mono-stabiele multivibratorkring. Teken ten minste TWEE siklusse van hierdie golfvorms. (6) 7.12 FIGUUR 7.12 7.12.1 Identifiseer die kring in FIGUUR 7.12. (1) 7.12.2 Bereken die ossilleringsfrekwensie van ʼn RC-ossilleerder wat van drie RC netwerke gebruik maak. Neem aan alle weerstandwaardes dieselfde is en alle kapasitorwaardes dieselfde is. Die resistorwaarde is 10 kΩ en die van elke kapasitor 250 pF. (3) [50] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (EC/SEPTEMBER 2015) FORMULEBLAD DRIEFASE-WS-OPWEKKING RLC-KRINGE Ster XL = 2πfL VL = √ Xc = IL = Serie Delta IT = I R = I C = IL IL = √ Z= √ VL = VL = I XL S= √ VC = I XC Q=√ VL IL Sin θ VT = I Z Cosθ = VT = √ Tweewattmeter-metode PT = P1 + P2 IT = DRIEFASETRANSFORMATORS Cosθ = Ster VL = √ VPH IL = IPH Cosθ = Delta Parallel IL = √ IPH VT = VR = VC = VL VL = VPH IR = P=√ VL IL Cos θ IC = S=√ VL IL Q=√ VL IL Sin θ IL = Cosθ = IT = √ = = Cosθ = Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE 11 DRIEFASE-MOTORS EN -AANSITTERS VERSTERKERS Ster Wins AV = = [ ] VL = √ Wins AV = = [ ] IL = Delta IL = √ = VL = √ Drywing = √ P= √ VL IL Cos θ SKYNDRYWING S= √ VL I L Q= √ VL IL Sin θ PSKYN = Rendement (η)= Spoed ns = Glip = Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Electrical Technology

View all