Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n Formuleblad van 2 bladsye (i–ii). Maak
asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Beantwoord alle vrae en nommer die vrae soos wat dit op die vraestel verskyn.
3. Trek 'n lyn na elke vraag.
4. Neem altyd die puntetoekenning in ag, veral waar feite gelys moet word.
5. Alle sketse moet in potlood geskets word, met die nodige byskrifte in pen.
6. Gebruik die formuleblad wat agter aan die vraestel geheg is.
7. Alle antwoorde moet afgerond word tot die tweede desimaal.
8. 'n Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
9. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper
Electrical Technology Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afr)
IEB Grade 12 Electrical Technology question paper from the 2019 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Electrical Technology · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 8
- File size
- 305.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Bladsy 2 van 8
VRAAG 1 BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
1.1 Noem EEN onveilige toestand wat tot 'n besering in 'n elektriese tegnologie
werkswinkel kan lei. (1)
1.2 Definieer die term onveilige handeling met verwysing na 'n elektriese
tegnologie werkswinkel. (2)
1.3 Beskryf kortliks wat bedoel word met 'n risiko-analise van 'n werkswinkel. (2)
1.4 Verduidelik kortliks waarom produktiwiteit as belangrike werksetiek in die
Suid-Afrikaanse nywerheidskonteks beskou word. (3)
[8]
VRAAG 2 RLC
2.1 Noem die TWEE faktore wat die reaktansie van 'n kapasitor beïnvloed. (2)
2.2 Onderskei tussen die twee konsepte reaktansie en impedansie. (2)
2.3 Teken die tipiese frekwensie/impedansie-kenkromme van 'n serie-RLC-
kring. Die grafiek moet die verhouding tussen impedansie en frekwensie
toon, soos die frekwensie verander. Die grafiek moet ook die
resonansiepunt van die kring aandui. (4)
2.4 Bereken die Q-faktor van 'n serie-RLC-kring wat teen 6 kHz resoneer. Die
spoel en die kapasitor het elk 'n reaktansie van 4 kΩ teen resonansie. Die
spoel en die kapasitor word in serie met 'n 50 Ω-weerstand verbind. (3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Bladsy 3 van 8
2.5 Verwys na die kringdiagram in FIGUUR 2.1:
R = 30 Ω L = 400 mH C = 47 µF
V = 220 V / 50 Hz
FIGUUR 2.1: RLC-seriekring
Bereken die:
2.5.1 Induktiewe reaktansie van die spoel. (3)
2.5.2 Kapasitiewe reaktansie van die kapasitor. (3)
2.5.3 Frekwensie waarteen die kring sal resoneer. (3)
2.6 'n Parallelle RLC-kring bestaan uit 'n 10 Ω weerstand, 'n 30 mH induktor en
'n 120 µF kapasitor. Die kring is aan 'n 60 V ws-toevoer verbind. Bereken
die volgende:
2.6.1 Die resonante frekwensie. (3)
2.6.2 Die Q-faktor. (3)
2.6.3 Die bandwydte. (3)
2.7 'n Induktor het 'n induktiewe reaktansie van 80 Ω indien dit in serie met 'n
60 Ω weerstand aan 'n 230 V/50Hz toevoer verbind word.
Bereken die volgende:
2.7.1 Die impedansie van die kring. (3)
2.7.2 Die totale stroomvloei in die kring. (3)
2.7.3 Die fasehoek van die kring, asook die aard daarvan. (4)
2.7.4 Die spanningsval oor die induktor. (3)
[42]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Bladsy 4 van 8
VRAAG 3 DRIEFASE-WS-OPWEKKING
3.1 Noem die instrument wat gebruik word om elektriese energie te meet. (1)
3.2 Noem TWEE voordele van driefase-stelsels bo enkelfase-stelsels. (2)
3.3 Teken 'n netjies benoemde skets wat die spanningsgolfvorme van 'n
driefase-ws-opwekkingstelsel voorstel. (5)
3.4 'n Driefase sterverbinde gebalanseerde las word deur 'n driefasegenerator
voorsien. Die generator voorsien 20 kVA teen 'n stroom van 25 A. Die
generator is ook in ster verbind.
Bereken die:
3.4.1 Lynspanning van die generator. (3)
3.4.2 Fasespanning van die generator. (3)
3.5 In 'n driefase-toevoerstelsel is die tweewattmetermetode gebruik om die
insetdrywing na 'n induktiewe las met 'n arbeidsfaktor van 0,8 te meet. Die
waardes wat op die instrumente aangedui word, is onderskeidelik 8 kW en
4 kW. Die lynspanning is 380 V.
3.5.1 Noem twee voordele van die tweewattmetermetode. (2)
3.5.2 Teken 'n skets om aan te dui hoe die twee wattmeters volgens die
tweewattmetermetode verbind moet word. (4)
3.5.3 Bereken die totale insetdrywing. (3)
3.5.4 Bereken die lynstroom. (3)
3.6 Teken twee netjiese diagramme om die verskil tussen 'n ster- en 'n
deltaverbinding aan te dui. Voeg ook die nodige byskrifte by om die
verwantskap tussen die fase- en lynwaardes van die spannings en strome
in elke diagram aan te dui. (8)
[34]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Bladsy 5 van 8
VRAAG 4 DRIEFASETRANSFORMATORS
4.1 Noem EEN beskermingstoestel wat in transformators gebruik word. (1)
4.2 Noem EEN negatiewe invloed van verliese in transformators. (1)
4.3 Noem DRIE metodes om transformators te verkoel. (3)
4.4 Beskryf die invloed op die primêre stroom van 'n transformator indien die
las groter word, d.w.s. dit meer drywing moet lewer. (3)
4.5 Die delta-sterverbinde transformator in FIGUUR 4.1 voorsien 'n fabriek van
60 kW. Die stroom loop die spanning met 36,87° na. Die primêre
lynspanning is 11 kV en die sekondêre lynspanning is 380 V.
VL (primêr) = 11 kV VL (sekondêr) = 380 V
L1
L1 F
A
N B
L2 L2 R
I
L3 L3 E
K
FIGUUR 4.1: DELTA-STERVERBINDE TRANSFORMATOR
Bereken die:
4.5.1 Sekondêre lynstroom. (3)
4.5.2 Primêre lynstroom. (3)
4.5.3 Skyndrywing. (3)
4.5.4 Reaktiewe drywing. (3)
4.5.5 Noem twee tipe verliese wat algemeen in drywingstransformators
voorkom. (2)
4.6 Noem twee tipes foute wat in 'n transformatorstroombaan kan voorkom en
sê watter tipe relê gebruik word om die transformator daarteen te beskerm. (4)
[26]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Bladsy 6 van 8
VRAAG 5 DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
5.1 Verwys na FIGUUR 5.1 en beantwoord die vrae wat volg:
FIGUUR 5.1: DRIEFASE-KOUROTOR-INDUKSIEMOTOR
5.1.1 Noem of daar 'n elektriese verbinding tussen die stator en die rotor
is. (1)
5.1.2 Beskryf die werking van die motor. (7)
5.1.3 Beskryf wat met die motor sal gebeur indien een fase van die
statorwikkeling 'n oop kring is. (3)
5.2 Noem TWEE voordele van 'n driefase- bo 'n enkelfase-induksiemotor. (2)
5.3 Beskryf waarom dit belangrik is om die isolasieweerstand tussen die
statorwikkelinge na te gaan voordat 'n motor bekrag word. (In diens gestel
word.) (3)
5.4 Noem EEN meganiese toets wat op 'n motor uitgevoer moet word, voordat
dit bekrag word. (1)
5.5 'n Driefase-induksiemotor word oor 'n 380 V/50 Hz-toevoer verbind. Die
motor het 18 pole en 'n glip van 4%.
Bereken die:
5.5.1 Sinchrone spoed. (3)
5.5.2 Rotorspoed. (3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Bladsy 7 van 8
5.6 'n Driefase-deltaverbinde motor trek 'n stroom van 8,5 A wanneer dit aan 'n
380 V/50 Hz-toevoer verbind is. Die motor het 'n drywingsfaktor van 0,8 en
'n rendement van 95%.
Bereken die:
5.6.1 Inset-kVA van die motor teen vollas. (3)
5.6.2 Aktiewe kraglewering van die motor teen vollas. (3)
5.7 Beskryf die funksie van 'n oorbelastingseenheid in 'n motoraansitter. (3)
5.8 Wat is die doel van 'n ster-delta motoraansitter? (2)
[34]
VRAAG 6 PLB
6.1 Bestudeer FIGUUR 6.1 wat 'n tipiese PLB-skandeersiklus toon en
beantwoord die vrae wat volg.
Stap 1 Stap 2 Stap 3
Inset Proses Uitset
FIGUUR 6.1: PLB-SKANDEERSIKLUS
6.1.1 Noem TWEE insettoestelle wat in Stap 1 verbind kan word. (2)
6.1.2 Noem DRIE programmeermetodes wat in Stap 2 instruksies aan die
PLB kan gee. (3)
6.1.3 Noem DRIE uitsettoestelle wat in Stap 3 verbind kan word. (3)
6.1.4 Beskryf hoe ELKE stap in FIGUUR 6.1 gebruik word om 'n PLB-
program uit te voer. (6)
6.1.5 Verduidelik waarom sterkstroomtoestelle nie direk aan die uitset van
'n PLB, wat 'n transistor-uitset gebruik, gekoppel kan word nie. (3)
6.1.6 Beskryf hoe die probleem in Vraag 6.1.5 in industriële toepassings
opgelos word. (3)
6.2 Relêbeheerstelsels (hardbedrade stelsels) word dikwels deur PLB-
beheerstelsels vervang. Gee redes en beskryf hoekom dit die geval is. (3)
6.3 Teken drie simbole met byskrifte wat algemeen in leer-logika
programmering gebruik word. (3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: ELEKTRIESE TEGNOLOGIE Bladsy 8 van 8
6.4 Skryf 'n leer-logika program vir die OF-funksie (A + B = X). (3)
6.5 Skryf 'n leer-logika program vir 'n EN-funksie (A ⋅ B =X), met die uitset wat
d.m.v. 'n merker die uitset skakel. (5)
6.6 Verwys na die kring in FIGUUR 6.2.
L
Stop
O/B
L
Aan Hou in Aan Hou in
1 H K1 (N/O) 2 H K2 (N/O)
MK1 MK 2
(Lamp ) (Waaier)
N
FIGUUR 6.2: BEHEERKRING VAN 'N SEKWENSIËLE AANSITTER
6.6.1 Hoofkontaktor 1 (HK 1 ) skakel 'n lamp aan en hoofkontaktor 2 (HK 2 )
voorsien 'n waaier van krag. Teken die PLB-leer-logika diagram wat
dieselfde funksie as die relêbeheerkring in FIGUUR 6.2 sal uitvoer. (8)
6.6.2 Noem watter programmeringsfunksie in die leerdiagram ingesluit
moet word om die aanskakeling van die waaier (MK 2 ) te
outomatiseer. (1)
6.7 Teken die blokdiagram van 'n verstelbare spoedbeheerder met al die
nodige byskrifte. (5)
6.8 Beskryf die werking van die verstelbare spoedbeheerder in drie basiese
stappe. (6)
6.9 Noem twee tipe toepassings van motors wat van 'n verstelbare
spoedbeheerder gebruik maak. (2)
[56]
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

