Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE
NOVEMBER 2017
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 



%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)


Electrical Technology Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)
Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 522.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.
4. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
plekke af.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.
8. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 3 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
1.1 Gee EEN voorbeeld van ELK van die volgende:
1.1.1 Onveilige handeling (1)
1.1.2 Onveilige toestand (1)
1.2 Beskryf hoe spanwerk werksetiek kan verbeter. (3)
1.3 Verduidelik hoe bloeding beheer kan word, terwyl daar op mediese hulp
gewag word. (2)
1.4 Verduidelik hoe dwelmmisbruik deur 'n werker 'n negatiewe uitwerking op
produksie by die werkplek kan hê. (3)
[10]
VRAAG 2: DRIEFASE-WS-OPWEKKING
2.1 Noem DRIE voordele van 'n driefase-distribusiestelsel bo 'n eenfase-
distribusiestelsel. (3)
2.2 Teken 'n volledig benoemde voorstellingsdiagram van 'n driefase- ontwikkelde
spanningsgolfvorm in 'n driefasestelsel. (5)
2.3 Noem EEN nadeel van die gebruik van die tweewattmetermetode om drywing
in 'n driefasestelsel te meet. (1)
2.4 'n Driefase- sterverbinde generator het 'n aanslag van 25 kVA. Dit lewer 'n
stroom van 38 A teen 'n arbeidsfaktor van 0,9 nalopend.
Gegee:
S = 25 kVA
IL = 38 A
af. = 0,9 nalopend
Bereken die:
2.4.1 Lynspanning (3)
2.4.2 Fasespanning (3)
2.4.3 Impedansie per fase (3)
2.5 Beskryf hoe Eskom voordeel kan trek indien verbruikers die arbeidsfaktor van
hulle stelsels verbeter. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 4 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: DRIEFASETRANSFORMATORS
3.1 Wat is die doel van 'n transformator? (2)
3.2 Noem die soort verlies wat weens die interne weerstand in die wikkelinge in
'n transformator dissipeer. (1)
3.3 Noem TWEE metodes wat gebruik word om transformators te verkoel. (2)
3.4 Beskryf wat kan gebeur indien enigeen van die koelmetodes wat gebruik word
om groot transformators te verkoel, nie sy funksie kan uitvoer nie. (3)
3.5 Noem TWEE toepassings van 'n driefase-delta-ster-transformator. (2)
3.6 'n 120 kVA- delta-sterverbinde transformator word gebruik om 'n kliniek van
krag te voorsien. Dit lewer 380 V op elke lyn. Die transformator het 'n
arbeidsfaktor van 0,9 nalopend.
FIGUUR 3.6: Delta-ster-transformator
Gegee:
S = 120 kVA
V LS = 380 V
af. = 0,9 nalopend
Bepaal die:
3.6.1 Sekondêre lynstroom (3)
3.6.2 Sekondêre fasestroom (2)
3.6.3 Insetdrywing na die kliniek (3)
3.7 Verduidelik waarom die sekondêre wikkeling van 'n verlagingstransformator
'n dikker draad het. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 5 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 4.1: DRIEFASE-KOUROTOR-INDUKSIEMOTOR
4.1.1 Noem enige TWEE dele van die motor in FIGUUR 4.1. (2)
4.1.2 Verduidelik hoe die draairigting van hierdie motor omgekeer kan
word. (2)
4.1.3 Die stator van die motor kan in ster of delta verbind word.
Verduidelik watter verbinding die meeste wringkrag sal ontwikkel. (4)
4.2 Noem EEN voordeel van 'n driefase-induksiemotor bo 'n eenfase-
induksiemotor. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 6 DBE/November 2017
NSS
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 4.3: STATORWIKKELINGS VAN 'N DRIEFASE-INDUKSIEMOTOR
4.3.1 Beskou die lesings van die wikkelings in FIGUUR 4.3 en beskryf
die fout. (2)
4.3.2 Verduidelik die fout indien die weerstandslesing tussen U 2 en E wat
met 'n megger (isolasieweerstandtoetser) geneem is, 0 Ω is. (2)
4.3.3 Beskryf hoe die isolasietoets tussen wikkelinge uitgevoer moet word. (2)
4.4 'n Driefase-induksiemotor word aan 'n 380 V/50 Hz-toevoer verbind.
Die motor het 'n sinkrone spoed van 1 500 r/min en 'n glip van 6%.
Gegee:
VL = 380 V
f = 50 Hz
glip = 6%
Beantwoord die volgende vrae:
4.4.1 Bereken die rotorspoed. (3)
4.4.2 Verduidelik hoekom die frekwensie van die toevoer belangrik is in
die werking van motors wat aan 'n las verbind is. (3)
4.5 'n Driefase- deltaverbinde motor lewer 'n uitset van 6,8 kW wanneer dit aan
'n 380 V/50 Hz-toevoer verbind is. Die motor het 'n arbeidsfaktor van 0,8 en
'n rendement van 95%.
Gegee:
VL = 380 V
P UIT = 6,8 kW
f = 50 Hz
af. = 0,8
ŋ = 95%
Bereken die volgende teen vollas:
4.5.1 Skyndrywing (3)
4.5.2 Reaktiewe drywing (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 7 DBE/November 2017
NSS
4.6 FIGUUR 4.6 hieronder verteenwoordig die beheerkring van 'n sekwensiële
aansitter.
FIGUUR 4.6: BEHEERKRING VAN 'N SEKWENSIËLE AANSITTER
4.6.1 Noem EEN praktiese situasie waar twee motors met gebruik van die
metode in FIGUUR 4.6 aangesit kan word. (1)
4.6.2 Beskryf wat sou gebeur indien die kontak HK 1 N/O 2 foutief en
permanent toe sou wees. (2)
4.6.3 Beskryf die aansitvolgorde van die aansitter onder normale
omstandighede. (4)
4.6.4 Die aansitter beheer twee verskillende motors. Verduidelik, met
redes, of die beheerkring vir twee motors waarvan die aanslag
verskillend is, voorsiening maak. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 8 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 5: RLC
5.1 Beskryf die term impedansie met verwysing na 'n RLC-kring. (2)
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon die fasordiagram van 'n serie-RLC-kring.
Beantwoord die vrae wat volg.
VL = 80 V
Rotasie
VR = 110 V
VC = 50 V
FIGUUR 5.2: FASORDIAGRAM VAN 'N SERIE-RLC-KRING
5.2.1 Met verwysing na stroom en spanning, verduidelik of die kring
induktief of kapasitief is. (3)
5.2.2 Beskryf hoe 'n verhoging in frekwensie V L sal beïnvloed. (3)
5.2.3 Bereken die totale spanning. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 9 DBE/November 2017
NSS
5.3 Die parallelkring in FIGUUR 5.3 hieronder bestaan uit 'n kapasitor wat
'n stroom van 4 A trek, 'n induktor wat 'n stroom van 6 A trek en 'n weerstand
wat 'n stroom van 5 A trek. Die komponente word aan 'n 240 V/50 Hz-toevoer
verbind.
IR= 5 A IL = 6 A IC = 4 A
VTV=T =
240 VV
240
5050 HzHz
FIGUUR 5.3: RLC-PARALLELKRING
Gegee:
IR = 5A
IL = 6A
IC = 4A
VT = 240 V
f = 50 Hz
Bereken die:
5.3.1 Totale stroom (3)
5.3.2 Fasehoek (3)
5.3.3 Induktiewe reaktansie (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 10 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 6: LOGIKA
6.1 Noem DRIE voordele van 'n PLB-stelsel bo 'n vastedraad-relêstelsel. (3)
6.2 Noem TWEE tale wat gebruik word om PLB's te programmeer. (2)
6.3 Skryf die vereenvoudigde Boole-vergelyking vir die uitdrukking hieronder neer.
Gebruik 'n drie-veranderlike Karnaugh-kaart.
X=ABC+ABC+ABC+ABC + ABC (10)
6.4 Verwys na FIGUUR 6.4 hieronder en bepaal uitset F.
A
≥
B
& ≥ F
&
C
FIGUUR 6.4: HEKNETWERK (6)
6.5 Vereenvoudig die volgende Boole-vergelyking deur Boole-algebra te gebruik:
Q = A BC + A B C + A B C + A BC (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 11 DBE/November 2017
NSS
6.6 Verwys na FIGUUR 6.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
N/T N/T
FIGUUR 6.6: BEHEERKRING VAN 'N VORENTOE-AGTERTOE-AANSITTER
6.6.1 Teken die leerlogikadiagram wat dieselfde funksie in 'n PLB-stelsel
sal verrig. Gebruik dieselfde byskrifte wat in FIGUUR 6.6 gegee is. (12)
6.6.2 Gee EEN voorbeeld waar die kring in FIGUUR 6.6 in 'n elektriese
toepassing gebruik kan word. (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 12 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 7: VERSTERKERS
7.1 Verduidelik wat 'n operasionele versterker ('op amp') is. (2)
7.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van geïntegreerde kringe
(soos 'op amps') bo diskrete komponente (kringe wat met individuele
komponente gebou is). (2)
7.3 Beskryf hoe 'n differensiaalversterker werk. (3)
7.4 Noem die tipe terugvoer wat in die volgende kringe gevind word:
7.4.1 Versterkerkringe (1)
7.4.2 Ossillatorkringe (1)
7.5 Verduidelik die verskil tussen positiewe terugvoer en negatiewe terugvoer. (3)
7.6 Verwys na FIGUUR 7.6 hieronder.
+Vcc
VIN = 0,7 V +
Uitset
-
-Vcc Rf = 170 kΩ
RIN = 10 kΩ
0V
FIGUUR 7.6: OP-VERSTERKER
Bereken die:
7.6.1 Uitsetspanning van die versterker (3)
7.6.2 Spanningswins van die versterker (3)
7.7 Noem TWEE toepassings van 'n omkeer operasionele versterker ('inverting
op amp'). (2)
7.8 Gee EEN toepassing van 'n monostabiele multivibrator. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 13 DBE/November 2017
NSS
7.9 Verduidelik die grootste verskil tussen 'n monostabiele multivibrator en
'n bistabiele multivibrator. (4)
7.10 Teken die insetgolfvorme hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en direk
daaronder, op dieselfde y-as, teken die uitsetgolfvorme van die
geïdentifiseerde kringe.
7.10.1
INTEGREERDER-OP-VERSTERKER
VUIT
FIGUUR 7.10.1: INSETGOLFVORM VIR INTEGREERDER-OP-
VERSTERKER (3)
7.10.2
OMKEERVERGELYKER-OP-VERSTERKER
VVERW
VUIT
FIGUUR 7.10.2: INSETGOLFVORM VIR OMKEERVERGELYKER-
OP-VERSTERKER (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 14 DBE/November 2017
NSS
7.10.3 OMKEER-SCHMIDT-SNELLER-OP-VERSTERKER
+V Boonste
Upport
drempel-
Threshold
spanning
Voltage
00V Input Signal
Insetsein
Onderste
Lower threshold
drempel-
voltage
spanning
-V
+VCC
Output
Uitset-
00 V
Voltage
spanning
- VCC
FIGUUR 7.10.3: INSETGOLFVORM VIR OMKEER-
SCHMIDT-SNELLER-OP-VERSTERKER (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 15 DBE/November 2017
NSS
7.11 Teken die insetgolfvorme van 'n omkeer-sommeer-op-versterker in
FIGUUR 7.11 hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en direk daaronder,
op dieselfde y-as, teken die uitsetgolfvorm.
VUIT
FIGUUR 7.11: INSETGOLFVORME VAN 'N OMKEER-SOMMEER-
OP-VERSTERKER (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie 16 DBE/November 2017
NSS
7.12 Verwys na FIGUUR 7.12 hieronder.
'n Insetspanning van 5 V word voorsien aan die inset van 'n omkeer-
versterkerkring met 'n insetweerstand van 20 kΩ en 'n terugvoerweerstand
van 200 kΩ. Die versterkerkring is aan 'n gesplete kragbron verbind.
Rf = 200 kΩ
RIN = 20 kΩ
VUIT
FIGUUR 7.12: OMKEER-OP-VERSTERKER
Bereken die:
7.12.1 Uitsetspanning van die versterker (3)
7.12.2 Wins van die versterker (3)
7.13 Noem EEN toepassing van 'n Schmidt-sneller. (1)
7.14 'n Hartley-ossillator bestaan uit twee induktors met 'n totale induktansie van
27 mH en 'n kapasitor van 47 µF. Bereken die resonante frekwensie van die
ossillator.
Gegee:
L T = 27 mH
C T = 47 µF (3)
7.15 'n RC-faseverskuiwingsossillator gebruik drie RC-netwerke. Neem aan dat die
weerstandswaarde en kapasitorwaarde dieselfde is. Die waardes van die
weerstande is 25 kΩ elk en die waardes van die kapasitors is 45 pF elk.
Bereken die resonante frekwensie van die ossillator.
Gegee:
R = 25 kΩ
C = 45 pF (3)
[50]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie DBE/November 2017
NSS
FORMULEBLAD
DRIEFASE-WS-OPWEKKING RLC-KRINGE
Ster X L = 2π fL
VL = 3 × VF IL = IF 1
en Xc =
VF = IF × Z F 2πfC
1
Fo =
Delta 2π LC
VL = VF en IL = 3 × IF
Serie
VF = IF × Z F
IT = IR = IC = IL
Drywing
Z = R 2 + (XL − X C )
2
P = 3 × VL × IL × Cos θ × η
S (Pskyn ) = 3 × VL × IL VL = I × X L
Q (PR ) = 3 × VL × IL × Sin θ VC = I × X C
Wattmeter-metode VT = I × Z
PT = P1 + ....PN
N = getal wattmeters
DRIEFASETRANSFORMATORS
VT = VR + (VL − VC )
2 2
Ster VT
IT =
Z
VL = 3 × VF IL = IF R
en Cos θ =
Z
Delta VR
Cos θ =
VT
VL = VF en IL = 3 × IF
X L X C VL VC 1 L
Drywing Q= = = = =
Z Z VS VS R C
P = 3 × VL × IL × Cos θ × η Parallel
S = 3 × VL × IL VT = VR = VC = VL
P VR
Cos θ = IR =
S R
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie DBE/November 2017
NSS
VC
IC =
Q (PR ) = 3 × VL × IL × Sin θ XC
VF(P) NP IF(S) VL
= = IL =
VF(S) NS IF(P) XL
DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
IT = IR + (IL − IC )
2 2
Ster
I
Cos θ = R
VL = 3 × VF en IL = IF IT
X L X C VL VC 1 L
Delta Q= = = = =
Z Z VS VS R C
IL = 3 × IF VL = VF VERSTERKERS
en
Omkeerversterker
Drywing
VUIT R
Wins A V = = − f
P = 3 × VL × IL × Cos θ VIN RIN
R
VUIT = − f VIN
S (Pskyn ) = 3 × VL × IL RIN
Q (PR ) = 3 × VL × IL × Sin θ Nie-omkeerversterker
V Rf
Wins A V = UIT = 1 +
PIN − verliese VIN RIN
Rendement (η ) =
PIN
T = 5RC
Spoed
1
fr =
60 × f n S − nR 2π LC
nS = Glip =
p en nS
Rf
VUIT = 1+ V
nR = n S (1 − S ) RIN IN
1
fr =
2πRC 2 × N
N = getal RC-fases
Sommeerversterker
VUIT = −( V1 + V2 + V3 + ...VN )
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2017 QP (Eng)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2017 Memo

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP
%20Eng_hlayiso.com_--4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8/v1-4a17717732b5e94155ff/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41/v1-fa1744643566d36a385d/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum