Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2023
GRAAD 11
REKENINGKUNDE
VRAESTEL 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
11 bladsye + 1 formuleblad en ʼn 8-bladsye antwoordboek
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %20%202023%20Answer%20Book_hlayiso.com_--fc83e345-de39-459b-ab29-68db41a4266c/v1-86c7e02cfac73aec46fe/card.webp)
%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--798e29d9-4c97-46fd-8801-ca79ce2af2e8/v1-63316fd2551526a2aa39/card.webp)


%20%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c34ee48f-0b17-4afc-bbb3-efe1406a8eaf/v1-964a8b298b105a75476b/card.webp)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--53a6d2b9-6d3d-4b2e-baad-b064b8a631d6/v1-d7134b466e5012925b05/card.webp)
View all





Accounting Grade 11 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Gauteng November Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord
moet word.
3. ʼn FORLUMEBLAD met finansiële aanwysers word agter in hierdie vraestel verskaf.
4. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Waar van toepassing, toon alle berekeninge tot EEN desimale punt.
8. Leerders sal punte verbeur vir:
• Die gebruik van nie-gestandaardiseerde afkortings
• Die oorskryf van syfers of woorde
• Oorbodige/Vreemde inskrywings
9. Skryf netjies en leesbaar.
10. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD IN MINUTE
1 AARP & Vaste Bates Nota 30 24 minute
2 Inkomstestaat 45 36 minute
3 Balansstaat 50 40 minute
4 Ontleding en Vertolking 25 20 minute
TOTAAL: 150 120 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 1: GAAP & VASTE BATE NOTA (30 PUNTE; 24 MINUTE)
1.1 KONSEPTE
Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
ONWAAR langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK
neer.
1.1.1 Drawaarde is die oorblywende waarde van 'n bate nadat dit ten volle
gedepresieer is.
1.1.2 AARP maak dit moontlik om die finansiële resultate van verskillende
maatskappye te vergelyk.
1.1.3 Die wesenlikheidsbeginsel bepaal dat alle inkomste verdien, en
uitgawes aangegaan, vir dieselfde finansiële tydperk getoon moet word.
1.1.4 Opgehoopte waardevermindering is 'n uitgawe.
1.1.5 Waardevermindering is 'n negatiewe bate. (5)
1.2 VASTE BATE NOTA
GOODY SKOENHANDELAARS
Jy word voorsien van die volgende inligting uit die rekords van Goody
Skoenhandelaars. Die finansiële jaareinde is 31 Desember 2023.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die totale waardevermindering op toerusting vir die jaar
geëindig 31 Desember 2023. (4)
1.2.2 Voltooi die Vastebateregister vir die voertuie wat verkoop is. (5)
1.2.3 Bereken die waardevermindering op die ou voertuie vir die jaar geëindig
31 Desember 2023. (4)
1.2.4 Voltooi die Vaste Bate Nota tot die Finansiële State op 31 Desember
2023. (12)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INLIGTING:
A. Uittreksel van 'n Vooraansuiweringsproefbalans van Goody
Skoenhandelaars.
Lys van saldo's op 31 Desember 2023
Voertuie 2 680 000
Toerusting 810 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 1 060 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 240 000
B. Toerusting
• Nuwe toerusting met 'n kosprys van R120 000 is aangekoop op
1 Oktober 2023. Geen inskrywings is gemaak nie.
• Toerusting word gedepresieer teen 20% p.j. deur die kosprysmetode te
gebruik.
C. Voertuie
• Een van die afleweringsvoertuie is op 1 Julie 2023 vir R190 000 verkoop.
Die voertuig is op 1 Julie 2021 vir R320 000 gekoop.
• Voertuie word gedepresieer teen 10% p.j. deur die verminderde saldo-
metode te gebruik.
30
VRAAG 2: INKOMSTESTAAT (45 PUNTE; 36 MINUTE)
PLUMSTEAD HARDEWARE
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Plumstead Hardeware. Die
finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2023 en hulle gebruik die deurlopende
voorraadstelsel.
GEVRA:
Stel die Omvattende Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 op. (45)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INLIGTING:
Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2023
Balansstaat Rekeninge Afdeling Debiet Krediet
Vaste deposito: Prosper Bank 50 000
Voertuie 200 000
Kapitaal 538 610
Onttrekkings 280 080
Toerusting 56 000
Opgehoopte waardevermindering: Voertuie 75 000
Opgehoopte waardevermindering: Toerusting 23 100
Handelsvoorraad 352 800
Debiteurekontrole 35 600
Voorsiening vir oninbare skuld 1 086
Bank 111 996
Wisselgeld 1 052
Lening: ABSA 90 000
Krediteurekontrole 45 170
Nominale Rekeninge Afdeling
Verkope 1 797 600
Koste van verkope 1 027 200
Debiteureafslag 9 860
Huuruitgawe 59 850
Advertensies 10 800
Skryfbehoeftes 3 490
Salarisse en lone 324 000
WVF-bydraes 3 240
Oninbare skuld 5 670
Oninbare skulde verhaal 1 342
Versekering 10 560
Water en elektrisiteit 17 724
Telefoon 12 336
Korting ontvang 2 340
Korting toegestaan 1 990
2 574 248 2 574 248
A. Aansuiwerings en addisionele inligting
(i) Op 27 Februarie 2023 het 'n debiteur, L. Abbas, goedere met 'n
verkoopprys van R1 575 teruggegee. Die besigheid gebruik 'n
winsopslag van 75% op die kosprys van goedere.
(ii) Die eienaar, F. Madhi, het handelsvoorraad met 'n kosprys van R1 300
vir persoonlike gebruik geneem.
(iii) Geen inskrywings is gemaak met betrekking tot voorraad wat op
3 Februarie 2023 gesteel is nie. Die versekeringsmaatskappy het
Plumstead Hardeware ingelig dat hulle R9 600 in die besigheid se
bankrekening oorgeplaas het ten opsigte van die versekeringseis.
Plumstead Hardeware dra 20% van die voorraadverlies.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
(vi) Op 28 Februarie 2023 is 'n fisiese voorraadtelling gedoen. Dit het
getoon dat die volgende voorhande is:
(a) Handelsvoorraad, R340 740
(b) Skryfbehoeftes, R480
(v) Verskeie debiteure het lank agterstallige rekeninge gehad. Die vennote
het besluit om rekeninge van altesaam R3 425 af te skryf.
(vi) Die voorsiening vir oninbare skulde moet aangesuiwer word tot 3% van
uitstaande skuld.
(vii) Huuruitgawe word een maand vooruit betaal. Die huur is verhoog met
10% p.j. op 1 Januarie 2023.
(viii) Op 1 Januarie 2023 is 'n bedrag van R720 betaal vir die plasing van 'n
advertensie vir die eerste drie maande van 2023.
(ix) Die volgende rekeninge was nog betaalbaar op 28 Februarie 2023:
(a) Water en elektrisiteit, R1 098
(b) Telefoon, R662
(x) 'n Werknemer, Mnr. Martha, is uit die Februarie 2023-salarisjoernaal
weggelaat. Sy salaris is soos volg:
Netto salaris R10 500
Aftrekkings R1 500
WVF-bydrae 1% van sy netto salaris
(xi) Die volgende inligting het verskyn op die Bankstate wat van Nedbank
ontvang is:
• Diensgelde, R1 120
• Internetbankfooie, R320
• Rente op oortrokke rekening, R170
(xii) Die volgende verklaring is van Prosper Bank ontvang met betrekking
tot die vaste deposito:
Saldo op 1 Maart 2022 R50 000
Rente gekapitaliseer ?
Saldo op 28 Februarie 2023 R53 250
(xiii) Maak voorsiening vir waardevermindering van R13 987.
45
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 3: BALANSSTAAT (50 PUNTE; 40 MINUTE)
3.1 KONSEPTE
Pas die konsep in KOLOM A by die voorbeeld in KOLOM B. Skryf slegs die letters
(A – E) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Lopende saak A Het die vennootskap genoeg bates om
alle skuld te dek?
3.1.2 Solvabiliteit
B Ontleding van die finansiële posisie van
3.1.3 Balansstaat die vennootskap
3.1.4 Likiditeit C Die vennootskap wys handelsvoorraad
ter waarde van R60 000 in die
Balansstaat, al beplan hulle om
volgende maand ʼn uitverkoping te hou.
Die voorraad sal dan vir R40 000
verkoop word.
D Die vennootskap moet dieselfde
voorraadstelsel van een finansiële jaar
na 'n ander gebruik.
E Is die vennootskap in staat om alle
korttermynskuld te betaal? (4)
3.2 HOPPITY POPPITY HANDELAARS
GEVRA:
Berei die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie voor
op 28 Februarie 2023. Toon al die berekeninge met betrekking tot die notas
tussen hakies. (21)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INLIGTING:
Die volgende saldo's het onder andere in die Algemene Grootboek van Hoppity
Poppity Handelaars op 28 Februarie 2023 verskyn.
Kapitaal: Hoppity (1/03/2022) 200 000
Kapitaal: Poppity (1/03/2022) 170 000
Privaatrekening: Hoppity (Debiet) 1 690
Privaatrekening: Poppity (Krediet) 10 360
Lening: ABSA Bank (12%) 40 000
Handelsvoorraad 58 040
Debiteurekontrole 70 000
Opgelope inkomste 3 000
Wisselgeld en kleinkas 7 000
Krediteurekontrole 24 070
SARS: LBS 3 500
Bank oortrokke ?
Pensioenfonds 500
Vooruit ontvangde inkomste 700
A. Aansuiwerings en addisionele inligting
(i) Op 28 Februarie 2023 het Poppity toerusting ter waarde van R30 000
bygedra om haar kapitaalbydrae gelyk te maak. Hierdie inskrywing is nie
aangeteken nie.
(ii) Die volgende staat is van ABSA Bank ontvang met betrekking tot die
lening:
Saldo op 1 Maart 2022 R49 000
Terugbetaling insluitende rente 12 000
Rente gekapitaliseer ?
Saldo op 28 Februarie 2023 R40 000
Die onderneming sal dieselfde kapitaalgedeelte van die lening in die
volgende finansiële jaar as die huidige jaar, afbetaal.
(iii) Die bedryfskapitaalverhouding is 2 : 1.
3.3 IRONMAN SPEELGOEDWINKEL
Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van IronMan
Speelgoedwinkel geneem. Die winkel is 'n vennootskap tussen Mnr. Iron en
Mnr. Man.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
GEVRA:
Berei die lopende Privaatrekening Nota voor soos dit in die aantekening tot die
finansiële state vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 sal verskyn. (25)
INLIGTING:
A. Die volgende saldo's het op 28 Februarie 2023 in die grootboek van
IronMan Speelgoedwinkel verskyn.
Kapitaal: Iron R360 000
Kapitaal: Man R760 000
Privaatrekening: Iron R2 300 (DT)
Privaatrekening: Man R4 500 (KT)
Onttrekkings: Iron R25 000
Onttrekkings: Man R30 000
B. Addisionele inligting:
(i) Iron het voorraad ter waarde van R35 000 geneem. Dit is in sy
persoonlike hoedanigheid aan 'n plaaslike liefdadigheidsorganisasie
geskenk.
(ii) Op 1 Maart 2022 het Iron sy kapitaal met R175 000 verhoog. Geen
inskrywing is vir hierdie transaksie gemaak nie.
(iii) Die vennootskapsooreenkoms het die volgende bepaal:
• Vennote is geregtig op rente teen 15% p.j. op hul kapitaalsaldo aan
die einde van die finansiële jaar.
• Op 1 Januarie 2022 het Iron 'n 10% verhoging op sy maandelikse
salaris van R26 500 ontvang. Geen verdere verhogings is gegee nie.
• Man se salaris vir die jaar het R425 000 beloop.
• Aan die einde van die finansiële jaar het slegs Man 'n bonus
gelykstaande aan 12% van sy jaarlikse salaris ontvang.
• Yster en Man het die oorblywende winste of verliese in die
verhouding 3 : 2 gedeel.
(iv) Yster het aan die einde van die finansiële jaar 'n bonus van R12 000
ontvang.
(v) Man se gedeelte van die finale verdeling van die wins het R125 000
beloop.
50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 4: ONTLEDING EN VERTOLKING (25 PUNTE: 20 MINUTE)
NOTA KLEREBOETIEK
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Nota Klereboetiek vir die jaar
geëindig 31 Desember 2023, tesame met vergelykende syfers vir 2022. Die
besigheid word besit deur vennote, Nombeko en Thandi.
GEVRA:
4.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2023. Toon alle berekeninge
en rond jou antwoord af tot een desimale plek waar nodig.
4.1.1 Persentasie bedryfsuitgawes op omset (2)
4.1.2 Vuurproefverhouding (4)
4.1.3 Skuld-ekwiteitverhouding (3)
4.1.4 Persentasie opbrengs op gemiddelde vennotebelang (4)
4.2 Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die onderneming vir 2023.
Haal EEN finansiële aanwyser en syfers aan om jou antwoord te staaf. (4)
4.3 Die besigheid het hul beleid met betrekking tot die winsopslag van 2022 tot
2023 verander. Wat was die verandering in beleid? Wat is die risiko's in
verband hiermee en watter effek het hierdie verandering op die besigheid se
inkomste gehad? (4)
4.4 Het die besigheid goeie beheer oor hul uitgawes? Haal EEN finansiële
aanwyser en syfers aan om jou antwoord te staaf. (4)
INLIGTING:
Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste:
2023 2022
Omset 3 213 000 3 004 400
Koste van verkope 2 142 000 2 146 000
Bedryfsuitgawes 512 640 520 000
Rente op lenings (14% p.j.) 53 200 70 000
Netto wins 505 160 279 376
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie:
2023 2022
Nie-bedryfsbates (vaste bates) 647 200 631 000
Bedryfsbates 430 560 262 300
Voorraad 357 660 175 600
Handels- en ander debiteure 31 700 29 800
Kontant en kontantekwivalente 41 200 56 900
Vennotebelang 496 610 273 500
Nie-bedryfslaste (Lenings) 380 000 500 000
Bedryfslaste 201 150 119 800
Finansiële aanwysers:
2023 2022
Persentasie bruto wins op koste van verkope 50% 40%
Persentasie bedryfsuitgawes op omset ? 17,3%
Bedryfskapitaalverhouding 2,1 : 1 2,2 : 1
Vuurproefverhouding ? 0,7 : 1
Voorraadomsetkoers 8 keer p.j. 12,2 keer p.j.
Voorraad hou tydperk 45 dae 30 dae
Debiteure-invorderingstydperk 34 dae 36 dae
Krediteure betalingstydperk 30 dae 30 dae
Skuld : Ekwiteitsverhouding ? 1,8 : 1
Persentasie opbrengs op vennote se ekwiteit ? 102,1%
25
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins 100 Bruto wins 100 Netto wins 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale verdienste deur vennoot 100 Netto wins 100
Gemiddelde eienaarsbelang 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1
Bedryfsbates: Bedryfslaste Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste
Handels- en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente: Bedryfslaste
Gemiddelde debiteure 365 12 Gemiddelde krediteure 365 12
of of
Kredietverkope 1 1 Kredietaankope of Koste van verkope 1 1
Gemiddelde voorraad 365 12 Koste van verkope
of
Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad
Nie-bedryfslaste: Eienaarsbelang Totale bates: Totale laste
Totale vaste koste
Verkoopprys per eenheid − Veranderlike koste per eenheid
Study this subject
Recommended for this subject
%20%202023%20Answer%20Book_hlayiso.com_--fc83e345-de39-459b-ab29-68db41a4266c/v1-86c7e02cfac73aec46fe/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 11 P1 Gauteng November 2023 Addendum (Afr)
%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--798e29d9-4c97-46fd-8801-ca79ce2af2e8/v1-63316fd2551526a2aa39/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Eng)
%20%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c34ee48f-0b17-4afc-bbb3-efe1406a8eaf/v1-964a8b298b105a75476b/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2023 Memo (Afr)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--53a6d2b9-6d3d-4b2e-baad-b064b8a631d6/v1-d7134b466e5012925b05/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2023 Memo (English)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum