Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2024
GRAAD 11
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
VRAESTEL 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 100
10 bladsye + 2 inligtingsblaaie
b.o.
Skip to contentQuestion paper 






%20NOV%20Question%20Paper_hlayiso.com_--bb077689-4b9d-4f39-85a4-cf88be0f223e/v1-f28c751b0acfd48af398/card.webp)


%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69/v1-590693500e5b175f70e0/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d8ad0b2e-99ec-47ff-be82-cc3abc9cbea6/v1-d20fa47991ae9a03c2eb/card.webp)
View all





Physical Sciences Grade 11 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)
Grade 11 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Physical Sciences · Grade 11 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 580.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDBOEK.
2. Die vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
5. Laat EEN lyn oop tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegte DATAVELLE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE
desimale plekke.
11. Gee kort verduidelikings, besprekings, ens. waar benodig.
12 Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommers (1.1 – 1.8) in die ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.9 A.
1.1 Vektor R en – R werk in op dieselfde punt O. Die hoek tussen die twee
vektore is:
A 270°
B 180°
C 90°
D 0° (2)
1.2 Watter EEN van die volgende groepe van fisiese hoeveelhede is vektore?
A Versnelling, spoed en snelheid
B Massa, afstand en versnelling
C Versnelling, krag en snelheid
D Massa, spoed en snelheid (2)
1.3 Watter EEN van die volgende hoeveelhede is ʼn aanduiding van die traagheid
van ʼn liggaam?
A Versnelling
B Energie
C Massa
D Snelheid (2)
1.4 Die grafiek hieronder toon die verband tussen die netto krag en die versnelling
vir twee massas X en Y.
Watter EEN van die onderstaande stellings is WAAR?
A Die liggame het dieselfde massa.
B Liggaam X het ʼn kleiner massa.
C Liggaam Y het ʼn kleiner massa.
D Die massa beïnvloed nie die gradiënt van die grafieke nie. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
1.5 Die magnetiese vloedkoppeling deur ʼn lus hang af van ...
A die dikte van die draad in die lus.
B die hoek tussen die lus en die magneetveld.
C die rigting van die magneetveld.
D die materiaal waarvan die lus gemaak is. (2)
1.6 Die elektriese veldsterkte is ...
A die werk wat gedoen word om ʼn eenheidslading van oneindig ver tot by
daardie punt te beweeg.
B nul, behalwe as daar ʼn lading by daardie punt is.
C gelyk aan die lading by daardie punt.
D die krag per eenheidslading by daardie punt. (2)
1.7 Die werk gedoen deur ʼn resistor met ʼn potensiaalverskil V is gelyk aan x Joule.
Indien die potensiaalverskil oor dieselfde resistor VERDUBBEL word, en die
weerstand en tyd dieselfde bly, sal die moontlike hoeveelheid energie wat
gelewer word gelyk wees aan:
A x2
B 2x
C 4x
D 0,5 x (2)
1.8 Watter van die onderstaande stellings is WAAR indien die stroom wat
deur die drie resistors in die gegewe stroombaan gaan identies is?
A R1 en R2 bymekaar getel sal dieselfde weerstand as R3 hê.
B R1 en R3 het dieselfde weerstand.
C R1, R2 en R3 het dieselfde weerstand.
D R1 en R2 elk het ʼn groter weerstand as R3. (2)
[16]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 2 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder toon vier kragte van 2N, 3N, 4N en 5N wat op ʼn voorwerp op
dieselfde vlak inwerk. Die 2N krag is 30° kloksgewys vanaf die x-as. Die diagram is
nie volgens skaal geteken nie.
5N
3N 4N
30°
2N
2.1 Definieer die term resultante krag. (2)
2.2 Bereken:
2.2.1 Die grootte van die resultante krag wat op die voorwerp inwerk. (7)
2.2.2 Die rigting van die resultante krag. (2)
[11]
VRAAG 3 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
ʼn 5 kg-trollie verkeer in rus op ʼn growwe helling, wat ʼn hoek van 30° met die
horisontaal maak. ʼn Konstante krag word toegepas wat veroorsaak dat die trollie 2 m
teen die helling op versnel teen 0,45 m·s–2. (Ignoreer die rotasie-effek van die wiele en
lugwrywing.)
3.1 Stel Newton se Tweede wet van Beweging in woorde. (2)
3.2 Teken ʼn benoemde, vrye liggaamdiagram van AL die kragte wat inwerk op die
trollie soos wat dit teen die helling opbeweeg. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.3 Indien die koëffisiënt van kinetiese wrywing μk teen die helling 0,18 is, bereken
die:
3.3.1 Wrywingskrag op die trollie soos wat dit teen die helling opbeweeg. (3)
3.3.2 Toegepaste krag F. (4)
3.4 Sal die wrywingskrag tussen die trollie en die oppervlak TOENEEM, AFNEEM of
DIESELFDE BLY indien die hoek tussen die horisontaal en die helling toeneem?
Verduidelik jou antwoord. (3)
3.5 ʼn Ruimtetuig met ʼn massa van 1 000 kg, beweeg in ʼn wentelbaan 100 km bokant
die Aarde se oppervlakte.
3.5.1 Stel Newton’s se Universele Gravitasiewet in woorde. (2)
3.5.2 Bereken die grootte van die gravitasiekrag wat die ruimtetuig sal ervaar. (4)
[22]
VRAAG 4 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
ʼn Klein sfeer A, met ʼn massa van 0,2 kg en ʼn lading van -3C word vasgemaak op die
punt van ʼn 0,3 m lange ligte, buigsame, onrekbare tou (met weglaatbare massa). Die
tou is met ʼn hakie aan die plafon vasgemaak. ʼn Ander identiese klein sfeer, B, word
aan die linkerkant van sfeer A geplaas. Sfeer A ervaar ʼn aantrekkingskrag en beweeg
in die rigting van sfeer B. Sodra sfeer A in statiese ewewig verkeer, maak die toutjie ʼn
hoek van 10° met die vertikaal en daar word gevind dat die afstand tussen die twee
sfere 50 cm is, soos aangetoon in die diagram (nie volgens skaal) hieronder.
10°
B
50 cm
A –3 µC
4.1 Stel Coulomb se Wet in woorde. (2)
4.2 Teken ʼn benoemde, vrye liggaamdiagram van al die kragte wat op sfeer A
inwerk. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
4.3 Bereken:
4.3.1 Die aantrekkingskrag wat deur sfeer A ervaar word. (3)
4.3.2 Die lading op sfeer B. (3)
4.4 Hoe sal die krag wat sfeer A ervaar verander indien die afstand tussen die twee
sfere verander word na 0,4 m? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE
BLY. Verduidelik die antwoord. (3)
[14]
VRAAG 5 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
Twee puntladings met grootte, +3 pC en +7 pC, word op ʼn afstand van 0,15 m vanaf
mekaar geplaas. P is ʼn punt op ʼn lyn wat wat die twee ladings verbind, op ʼn afstand D
meter vanaf die +7 pC lading, sodat die NETTO elektriese veld by punt P nul is.
+ 3 pC p + 7 pC
D
0,15 m
5.1 Teken die elektriese veldpatroon tussen die twee ladings asof hulle identies in
grootte is. (3)
5.2 Bereken die afstand D in meter. (4)
[7]
VRAAG 6 (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
ʼn Spoel met ʼn deursnit van 0,6 m besit 60 windinge en lê só dat die magnetiese
veldsterkte die maksimum waarde van 0,15 T het. Die veld verander dan na die
minimum in 1,6 s. (A= r2)
6.1 Stel Faraday se Wet van Elektromagnetiese Induksie in woorde. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
6.2 Bereken:
6.2.1 Die verandering in magnetiese vloed in die lus. (4)
6.2.2 Die gemiddelde geïnduseerde emf in die lus in 1,6 s. (3)
6.3 Hoe sal die geïnduseerde emk verander indien die lus in 1,8 s geroteer word?
Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY? Verduidelik die
antwoord. (3)
[12]
VRAAG 7 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
In die stroombaan hieronder is die emk van die selle 12 V. Die interne weerstand van
die selle is weglaatbaar.
7.1 Definieer die term emk. (1)
7.2 Bereken die totale effektiewe weerstand tussen A en B. (3)
7.3 Wanneer die skakelaar S gesluit is, gee die ammeter ʼn lesing van 2,57 A.
Bereken:
7.3.1 die weerstand van resistor R. (4)
7.3.2 die potensiaalverskil oor resistor R. (2)
ʼn Leerder verbind ʼn ammeter direk tussen punte A en B.
7.4 Hoe sal die drywing gelewer deur resistor R beïnvloed word? Kies uit TOENEEM,
AFNEEM of DIESELFDE BLY? Verduidelik die antwoord. (3)
[13]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 8 (Begin op ’n nuwe bladsy)
ʼn Groep leerlinge wil die verband tussen die potensiaalverskil oor ʼn resistor en die
stroom deur ʼn resistor ondersoek deur die stroom met behulp van ʼn reostaat te
verander. Hul stel die stroombaan op soos in die diagram hieronder.
Hulle verkry die onderstaande grafiek vanaf hul resultate:
Grafiek wat die verband tussen stroom en potensiaalverskil oor ʼn resistor aandui
Potensiaalverskil (V)
Stroom (mA)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
8.1 Identifiseer die:
8.1.1 Onafhanklike veranderlike. (1)
8.1.2 Afhanklike veranderlike. (1)
8.1.3 ʼn Faktor wat beheer moet word. (1)
8.2 Noem die veranderlike wat deur die helling van die grafiek verteenwoordig
word. (1)
8.3 Vind die weerstand van die resistor R. (1)
[5]
TOTAAL: 100
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 11
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Gravitational constant
G 6,67 x 10-11 Nm2kg-2
Swaartekragkonstante
Radius of Earth
RE 6,38 x 106 m
Straal van die Aarde
Coulomb's constant
K 9,0 x 109 Nm2·C-2
Coulomb se konstante
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ʼn vakuum
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of the Earth
M 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = v i + a t x = v i t + 21 at 2
v + vi
v f = v i + 2ax
2 2
x = f t
2
FORCE/KRAG
Fnet = ma w = mg
Gm1m 2 fs
F= s = (max)/( maks)
r2 N
f
k = k
N
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA 12
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v=f T=
f
ni sin i = nr sin r c
n=
v
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 F
F= (k = 9,0 x 109 Nm2·C-2) E=
r2 q
kQ W
E= 2 (k = 9,0 x 109 Nm2·C-2) V=
r Q
ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME
=−N = BA cos
t
CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
Q V
I= R=
t I
𝟏 𝟏 𝟏 𝟏
= + + +. .. R = R1 + R 2 + R 3 +. ..
R R𝟏 R𝟐 R𝟑
W = Vq W
P=
Δt
W = VI t
P = VI
W= I2R t
P = I2R
V Δt
2
V2
W=
R P=
R
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 Physical Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Physical Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 11 Physical Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 11 Physical Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More Physical Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 11 Paper 1 KZN June 2024 Question Paper

Question paper
Physical Sciences Grade 11 Paper 2 KZN June 2024 Question Paper

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Limpopo June 2024 Question Paper
Related documents

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)
%20NOV%20Question%20Paper_hlayiso.com_--bb077689-4b9d-4f39-85a4-cf88be0f223e/v1-f28c751b0acfd48af398/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Gauteng November 2021 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69/v1-590693500e5b175f70e0/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Gauteng June 2018 QP (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d8ad0b2e-99ec-47ff-be82-cc3abc9cbea6/v1-d20fa47991ae9a03c2eb/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
More from Grade 11 Physical Sciences

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 Paper 1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 Paper 2 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 Paper 2 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P1 Mpumalanga June 2025 Paper & Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo

Memorandum