Skip to content

Physical Sciences Grade 11 P2 Gauteng November 2021 QP (Afr)

Question paperPhysical SciencesGrade 11202114 pages

Grade 11 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng November 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2021 GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 100 10 bladsye en 4 inligtingsblaaie b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 2 (Vraestel 2) GRAAD 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDBOEK neer. 2. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Antwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 5. Los EEN lyn oop tussen twee sub-afdelings, byvoorbeeld VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Jy word aangeraai om die aangehegte INLIGTINGSBLAAIE te gebruik. 9. Toon ALLE formules en vervangings in AL die berekeninge aan. 10. Rond jou FINALE numeriese antwoord af tot ʼn minimum van TWEE desimale punte. 11. Gee kort motiverings, besprekings ensovoorts, waar nodig. 12. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 3 (Vraestel 2) GRAAD 11 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier keuses word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK, bv 1.11 E. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. 1.1 Die intermolekulêre kragte tussen twee nie-polêre molekules is … A ioniese bindings. B London kragte. C waterstofbinding. D dipool-dipoolkragte. (2) 1.2 Watter stelling verduidelik die vorming van ʼn datiewe binding tussen water (H2O) en die waterstofioon (H+ ) die beste? A Beide H2O en H+ is polêr. B Die elektronegatiwiteit van die suurstof atoom is groter as die elektronegatiwiteit van waterstof. C H+ ioon word gesien as ʼn proton en word aangetrokke tot die elektrone op die suurstofatoom van die H2O molekuul. D Die H2O molekuul het twee alleenstaande pare elektrone en die H+ ion het ʼn leë orbitaal. (2) 1.3 Watter van die volgende is NIE ʼn eienskap van ʼn ideale gas NIE? A Daar is geen aantrekkingskrag tussen die molekules nie. B Die botsings tussen die molekules is perfek elasties. C Die volume wat die gas beslaan is gelyk aan die totale volume van al die individuele molekules. D Die produk van die druk en die volume van die gas is konstant by konstante temperatuur. (2) 1.4 Watter van die volgende gasse beslaan die grootste volume by STD? A 17 g ammoniak B 8 g helium C 16 g suurstof D 28 g stikstof (2) 1.5 Die aktiveringsenergie van die voorwaartse reaksie van die onderstaande reaksie is 230 kJ.mol-1. A2 + B2 → 2C H = + 150 kJ.mol-1 Wat is die aktiveringsenergie van die terugwaartse reaksie, in kJ.mol-1? A 380 B 230 C 150 D 80 (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 4 (Vraestel 2) GRAAD 11 1.6 Die sterkste oksideermiddel is ... A KMnO4. B MnO2. C HNO 3. D O 2. (2) 1.7 Natrium en chloor reageer saam om natriumchloried te vorm, volgens die onderstaande gebalanseerde reaksie: 2Na + Cl2 → 2NaCl Watter van die volgende stellings is korrek? A Natrium word geoksideer en is die oksideermiddel. B Chloor word gereduseer en is die reduseermiddel. C Natrium word geoksideer en is die reduseermiddel. D Chloor word geoksideer en is die reduseermiddel. (2) 1.8 Watter gekonjugeerde suur-basispaar word in die volgende vergelyking getoon? H2S(g) + H2O(1) ⇌ HS–1(aq) + H3O+(aq) A H2O & H3O+ B H2S & H3O+ C H2O & H2S D H2S & H2O (2) 1.9 Watter van die volgende stowwe tree as ʼn amfoliet op? A H2SO 4 B HSO 4-1 C SO2 D SO4-2 (2) 1.10 Hoeveel mol is daar in 5,6 dm3 chloorgas by STD? A 2,8 mol B 125,44 mol C 0,25 mol D 11,3 mol (2) [20] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 5 (Vraestel 2) GRAAD 11 VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die onderstaande grafiek toon die verwantskap tussen die kookpunt van die hidriede van Groep 16 elemente en hulle molekulêre massas. H2W Kookpunt (°C) H2Z Molekulêre massa H2Y H2X 2.1 Definieer die term kookpunt. (2) 2.2 Oorweeg die Groep 16 verbindings, uitsluitend H2W. 2.2.1 Noem die verwantskap tussen die molekulêre massa en die kookpunte van die verbindings. (2) 2.2.2 Verduidelik hierdie tendens van die kookpunte. Verwys na molekulêre massa, intermolekulêre kragte en energie in jou antwoord. (3) 2.3 H2W volg nie die tendens by die kookpunte vir die Groep 16 elemente nie. 2.3.1 Identifiseer die verbinding H2W. (1) 2.3.2 Noem die intermolekulêre kragte teenwoording in hierdie verbinding. (2) 2.3.3 Verduidelik waarom die kookpunt hoër is as wat verwag word. (2) [12] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 6 (Vraestel 2) GRAAD 11 VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Waterstoffluoried (HF) word gebruik in die vervaardiging van koelmiddels, onkruiddoders, farmaseutiese produkte en petrol. Waterstoffluoried (HF) kan berei word deur kalsiumfluoried met swaelsuur te behandel, volgens die volgende gebalanseerde vergelyking. CaF2 + H2SO4 → CaSO4 + 2HF 3.1 Teken ʼn Lewis diagram vir: 3.1.1 HF (2) 3.1.2 CaF2 (2) 3.2 Definieer ʼn polêre kovalente binding. (2) 3.3 Watter van die TWEE produkte in hierdie reaksie sal waarskynlik: 3.3.1 ʼn Gas by kamertemperatuur wees? (1) 3.3.2 ʼn Kristallyne vastestof wees by kamertemperatuur? (1) 3.4 Definieer elektronegatiwiteit. (2) 3.5 Gebruik elektronegatiwiteit om die tipe binding te bepaal wat in CaF2 sal vorm. (2) 3.6 Sal HF ʼn polêre of ʼn nie-polêre molekuul wees? (1) 3.7 Verduidelik die antwoord in VRAAG 3.6 met ʼn berekening (2) [15] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 7 (Vraestel 2) GRAAD 11 VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Leerders het ʼn ondersoek gedoen om die verwantskap tussen die druk en die volume van ʼn gegewe massa gas te bepaal, terwyl die temperatuur konstant is. Hulle het die volume van die gas verander deur die apparaat te gebruik soos hieronder getoon. Die drukmeter word gebruik om die druk in die gasspuit te meet. Hulle het hulle resultate geteken soos in die grafiek hieronder. Druk (kPa) 4.1 Skryf ʼn toepaslike ondersoekende vraag vir hierdie ondersoek neer. (2) 4.2 Skryf die volgende neer: 4.2.1 Onafhanklike veranderlike (1) 4.2.2 Gekontroleerde veranderlike (1) 4.3 Stel, in woorde, die wet wat ondersoek word. (2) 4.4 Bereken die waarde van X deur ander waardes op die grafiek te gebruik. (3) 4.5 Soos alle ware gasse, sal hierdie gas vervloei onder hoë drukke. Verduidelik waarom dit gebeur. (2) [11] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 8 (Vraestel 2) GRAAD 11 VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Swaeldioksied het ʼn skerp, irriterende reuk, soortgelyk aan ʼn vuurhoutjie wat so pas gebrand het. Alhoewel die hoofgebruike daarvan is in die bereiding van swaelsuur, swaeltrioksied en sulfiete, word swaeldioksied ook gebruik as ʼn ontsmettingsmiddel, ʼn koelmiddel, ʼn reduseermiddel, ʼn bleikmiddel en ʼn voedsel preserveermiddel, veral in droë vrugte. Die gebalanseerde vergelyking van die ontbinding van swaweligsuur, H2SO3 is: H2SO3(aq) → H2O(ℓ) + SO2(g) Twee monsters H2SO3 met ʼn gelyke massa waarvan een suiwer en een onsuiwer is, word in oop houers op ʼn balanseringsskaal geplaas, soos in die onderstaande diagram: Onsuiwerhede Voor die Na die Chemiese reaksie Chemiese reaksie Die onderstaande grafiek toon die resultate wat verkry is en die grafiek is parallel aan die x-as wanneer die reaksie voltooi is. Massa van die fles en inhoud in g Tyd(e) Onsuiwer oplossing Suiwer oplossing b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 9 (Vraestel 2) GRAAD 11 5.1 Verduidelik waarom die massa van die fles met die inhoud verminder. (2) 5.2 Op watter tyd het die reaksie met die suiwer H2SO3 gestop? (2) 5.3 Bereken die verandering in die massa van die suiwer H2SO3 monster. (3) 5.4 Bereken die persentasie opbrengs van die onsuiwer H2SO3 monster. (4) 100 g van die SO2 reageer nou met 50 g O2, volgens die onderstaande gebalanseerde vergelyking: 2SO2 + O2 → 2SO3 5.5 Bereken die aantal mol SO2 en O2. (3) 5.6 Bepaal watter stof die beperkende reaktant is. (2) 5.7 Bereken die massa SO3 wat geproduseer word. (3) [19] VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Chemiese koue pakke word gereeld gebruik om swelling na ʼn atletiese besering te verminder. ʼn Algemene voorbeeld van ʼn chemiese yspak is een wat water en ʼn pakkie ammoniumchloried bevat. Die yspak word geaktiveer deur die versperring tussen die water en die ammoniumchloried te breek, wat dit toelaat om te meng. Die onderstaande diagram stel die potensiële energieverandering voor as die koue pak geaktiveer word. 6.1 Is dit ʼn eksotermiese of ʼn endotermiese reaksie? (1) 6.2 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 6.1. (1) 6.3 Watter letter op die diagram stel die aktiveringsenergie van die voorwaartse reaksie voor? (1) 6.4 Verduidelik hoe ʼn katalisator die aktiveringsenergie van die reaksie sou beïnvloed? (2) 6.5 Verduidelik waarom ʼn “koue pak” effektief is om die swelling van ʼn geswikte enkel van ʼn individu te verminder. Verwys na die kinetiese molekulêre teorie in jou antwoord. (2) [7] b.o.
Downloaded from hlayiso.com VRAAG 7: (Begin op ʼn nuwe bladsy.) In die Haber-proses, word stikstof (wat uit lug onttrek word) en waterstof (wat van natuurlike gas verkry word) deur ʼn pyp gepomp. Die druk van die mengsel gasse word verhoog tot 200 atmosfeer. Die gasse wat onder druk is word verhit tot 450°C en beweeg deur ʼn tenk wat ʼn yster katalisator bevat, om ammoniak (NH3) te vorm, volgens die volgende gebalanseerde vergelyking: N2 + 3H2 → 2NH3 7.1 Definieer die term oksidasie in terme van elektronoordrag. (2) 7.2 Skryf die reduksie-halfreaksie neer. (2) 7.3 Identifiseer die oksideermiddel. (2) 7.4 Stikstof kan op verskillende maniere reageer. Bereken die oksidasiegetal van stikstof in HNO3. (2) [8] VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Sure en basisse speel ʼn groot rol in industriële chemie en in die alledaagse lewe. Amper elke biologiese chemiese proses is sterk verbind aan suur-basis ewewig in die organisme en die suurheid of alkaliniteit van die grond en water is baie belangrik vir plante of diere wat daarin leef. 8.1 Definieer ʼn Bronsted-Lowry suur. (2) 8.2 Voorspel die produkte en skryf die gebalanseerde vergelyking van die volgende chemiese reaksie: H2SO4 + MgCO3 → (2) 8.3 Identifiseer die Bronsted-Lowry suur en basis en hulle gekonjugeerde paar in die volgende reaksie: NaCN(aq) + HBr(aq) → NaBr(aq) + HCN(aq) (4) [8] TOTAAL: 100 EINDE
Downloaded from hlayiso.com DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Avogadro's constant/ NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro se konstante Molar gas constant/ R 8,31 J∙K-1∙mol-1 Molêre gaskonstante Standard pressure/ p 1,013 x 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP/Molêre Vm 22,4 dm3∙mol-1 gasvolume by STD Standard temperature/ Standaardtemperatuur T 273 K TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES p1V1 p 2 V2 = pV = nRT T1 T2 m N n= n= M NA V n m n= c= OR/OF c= Vm V MV
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 12 (Vraestel 2) GRAAD 11 TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) 1 Atomic number 2 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2,1 H He 1 4 3 4 29 5 6 7 8 9 10 Electronegativity Symbol 1,0 Li 1,5 Be Elektronegatiwiteit 1,9 Cu Simbool 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 7 9 63,5 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn Fe 1,8 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo Tc 1,9 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 226 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 13 (Vraestel 2) GRAAD 11 TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies Eθ (V) F2(g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87 Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81 H2O2 + 2H+ +2e− ⇌ 2H2O + 1,77 − MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 Cℓ2(g) + 2e− ⇌ 2Cℓ− + 1,36 2− Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33 O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23 MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 Pt2+ + 2e− ⇌ Pt + 1,20 Br2(ℓ) + 2e− ⇌ 2Br− + 1,07 − NO 3 + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Hg2+ + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 Ag+ + e− ⇌ Ag + 0,80 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë − NO 3 + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77 O2(g) + 2H+ + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 I2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 Cu+ + e− ⇌ Cu + 0,52 SO2 + 4H+ + 4e− ⇌ S + 2H2O + 0,45 2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2− SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16 Sn4+ + 2e− ⇌ Sn2+ + 0,15 S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14 2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00 Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06 Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13 Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14 Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27 Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28 Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40 Cr3+ + e− ⇌ Cr2+ − 0,41 Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44 Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74 Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76 2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83 Cr2+ + 2e− ⇌ Cr − 0,91 Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18 Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36 Na+ + e− ⇌ Na − 2,71 Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87 Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89 Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90 Cs+ + e- ⇌ Cs – 2,92 K+ + e− ⇌ K − 2,93 Li+ + e− ⇌ Li − 3,05
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) 14 (Vraestel 2) GRAAD 11 TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies Eθ (V) Li+ + e− ⇌ Li − 3,05 K+ + e− ⇌ K − 2,93 Cs+ + e− ⇌ Cs − 2,92 Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90 Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89 Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Na+ + e− ⇌ Na − 2,71 Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36 Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18 Cr2+ + 2e− ⇌ Cr − 0,91 2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83 Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76 Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74 Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44 Cr3+ + e− ⇌ Cr2+ − 0,41 Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40 Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28 Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27 Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14 Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13 Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06 2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00 S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14 Sn4+ + 2e− ⇌ Sn2+ + 0,15 Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16 2− SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 SO2 + 4H+ + 4e− ⇌ S + 2H2O + 0,45 Cu+ + e− ⇌ Cu + 0,52 I2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 O2(g) + 2H+ + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77 − NO 3 + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Ag+ + e− ⇌ Ag + 0,80 Hg2+ + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 − NO 3 + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 − − Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07 Pt2+ + 2 e− ⇌ Pt + 1,20 MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23 2− Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33 − − Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36 − − MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 H2O2 + 2H+ +2 e− ⇌ 2H2O + 1,77 Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81 F2(g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87

Study this subject

More from Grade 11 Physical Sciences

View all