Skip to content

Sepedi HL Grade 12 Gauteng Mock 2024 Question Paper (Afr)

Question paperSepedi HLGrade 12202429 pages

Grade 12 Sepedi HL question paper from the Gauteng Mock Exam 2024 (Afrikaans), 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Gauteng Mock Exam 2024

Document textSearch extracted text and jump to a page.
VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2024 10870 TOERISME TYD: 3 uur PUNTE: 200 29 bladsye b.o.
TOERISME 2 10870/24 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer jou vrae volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoord. 6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Die tabel hieronder is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. TYD AFDELING ONDERWERP PUNTE (IN MINUTE) A Kortvrae 40 20 B Kaartwerk en Toerbeplanning; 50 50 Buitelandse Valuta-verhandling C Toerismebesienswaardighede; 50 50 Kultuur- en Erfenistoerisme; Bemarking D Toerismesektore; Volhoubare en 30 30 Verantwoordelike Toerisme E Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; 30 30 Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 b.o.
TOERISME 3 10870/24 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Vier moontlike opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Die kaart hieronder van die eerste drie fases van die Tour de France 2024 regdeur Italië wys … [Bron: www.turismotorino.org] A ʼn sirkelroete. B ʼn lineêre roete. C alle Franse stede. D ʼn reisplan. 1.1.2 Die bedrag geld wat ʼn Suid-Afrikaanse toeris toegelaat word om binne een jaar uit die land te neem is ʼn ... A reisversekering. B reistoewysing. C reistoelae. D reisbegroting. b.o.
TOERISME 4 10870/24 1.1.3 Die infografika hieronder is ʼn voorbeeld van ... Ons hou van: Ons hou nie van: Plaaslike beleggings Energie- en Alles ingeslote waterbesparing oorde Dieremishandeling Bewaring van wild Bewaring van kulture Uitbuiting Massa toerisme [Bron: www.issuesonline.co.uk] A internasionale toerisme. B plaaslike toerisme. C vrywillige toerisme. D volhoubare toerisme. 1.1.4 ʼn Avontuur toeris sal ʼn ... as ʼn aktiwiteit verkies. A sonsondergangrit B valskermsprong uitstappie C besigtigingstoer D wandeling in die natuur 1.1.5 ʼn Gesondheidstoeris sal die volgende tipe akkommodasie kies: A ʼn Luukse gastehuis B ʼn Luukse boetiekhotel C ʼn Eksklusiewe spa en welstandsoord D ʼn Rugsakreisiger hostel 1.1.6 Die proses waardeur geld in die verskillende toerismesektore herbestee word, en dus werk skep en die ekonomie stimuleer: A Buitelandse valuta B Vermenigvuldigereffek C Bruto binnelandse produk D Markaandeel b.o.
TOERISME 5 10870/24 1.1.7 ʼn Styging in die waarde van die rand kan die volgende effek op internasionale toerisme hê: A Dit kan daartoe lei tot dat buitelandse toeriste meer geld in Suid- Afrika spandeer. B Dit kan meer buitelandse valuta-inkomste vir Suid-Afrika tot gevolg hê. C Dit kan dit vir Suid-Afrikaners duurder maak om na Europa te reis. D Dit kan dit meer bekostigbaar vir Suid-Afrikaners maak om na Europa te reis. 1.1.8 Produkte wat as verbode goedere by die doeanebeheer beskou sal word: A Vuurwerke B 20 sigare C Sportapparaat D 250 ml eau de toilette 1.1.9 Die tyd volgens die 24-uur horlosie formaat: A 9h00 B 09:00 C 9:00 vm. D 21:00 nm. 1.1.10 ʼn Simptoom wat deur ʼn toeris met ʼn malaria-infeksie besmet is, ervaar kan word: A Vergeling van die vel B Hoë koors C Blou vingerpunte D Verlies van reuk 1.1.11 ʼn Voorbeeld van ʼn politieke gebeurtenis: A Krieket Wêreldbeker, Indië B Rugby Wêreldbeker, Frankryk C 49ste G7-beraad D Parys Olimpiese Spele 1.1.12 Die voordeel van Australië en Nieu-Seeland as gasheerlande, wat die 2023 FIFA Vroue Sokker Wêreldbeker aangebied het, was … A meer ontwikkeling van infrastruktuurdienste. B ’n hoër misdaadsyfer in en om die stede. C meer besoedeling en werksgeleenthede vir buitelanders. D ’n hoër werkloosheidsyfer in die landelike gebiede. b.o.
TOERISME 6 10870/24 1.1.13 Hierdie wêreldikoon is in Rio de Janeiro, op die berg Corcovado geleë: [Bron: www.trips-southamerica.com] A Die Vryheidstandbeeld B Die Standbeeld van Christus die Verlosser C Die Leunende Toring van Pisa D Die Groot Piramides van Giza 1.1.14 Die uiters groot katagtige standbeeld met die gesig van ʼn farao en die lyf van ʼn leeu, word die ... genoem. A Uluru B Groot Piramides van Giza C Standbeeld van Christus die Verlosser D Sfinks 1.1.15 Die ikoniese plek waar die pous as die wêreldwye leier van die Katolieke Kerk uitgekies word: A Swartwoud B Colosseum C Vatikaanstad D Venesië b.o.
TOERISME 7 10870/24 1.1.16 Die Wêrelderfenisterrein in die prent hieronder is ʼn natuurlike terrein in Mpumalanga. [Bron: www.mountainlands.co.za] A Kaapse Blommeryk Beskermde Gebiede B ǂKhomani Kulturele Landskap C Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap D Barberton Makhonjwa Berge 1.1.17 Die middel van vervoer in Suid-Afrika wat in 2022 meestal deur internasionale toeriste verkies is, volgens die onderstaande tabel: Aantal aankomste, vertrek en transito van buitelandse toeriste volgens middel van vervoer, 2022 Middel Aankomste Vertek Transito van vervoer Aantal % Aantal % Aantal % Lug 2 121 232 26,4% 2 109 440 30,8% 295 015 100,0% Pad 5 863 598 73,1% 4 691 409 68,6% - - See 51 579 0,5% 38 552 0,6% - - Totaal 8 026 409 100,0% 6 839 401 100,0% 295 015 100,0% [Aangepas uit www.statssa.gov.za] A Padvervoer B Seevervoer C Lugvervoer D Spoorvervoer b.o.
TOERISME 8 10870/24 1.1.18 Die handelsmerk van ʼn bestemming is ʼn baie belangrike aspek van bemarking van ʼn bestemming. Die handelsmerk logo wat deur Suid-Afrikaanse Toerisme gebruik word: A B C D [Bron: www.southafrica.net] 1.1.19 Die voordeel van hierdie vorm van betaling vir ʼn Suid-Afrikaanse toeris wat ʼn internasionale bestemming besoek, is om kontant byderhand te hê vir onmiddellike uitgawes: A Debietkaarte B Shyft-geld-toepassing C Buitelandse geldnote D Elektroniese fondsoorplasing 1.1.20 Die positiewe impak van uitstekende dienslewering op ʼn organisasie se besigheidswinsgewendheid is ... A herhaalde besigheid. B verminderde verkope. C negatiewe mondelingse aanbevelings. D verhoogde bemarkingskoste. (20 x 1) (20) b.o.
TOERISME 9 10870/24 1.2 Kies ʼn term uit die lys hieronder vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.6 Ekwator. verantwoordelike toerisme; koolstofvoetspoor; afvalbestuur; demokrasie; intellektuele hulpbronne; driedubbele-slotreëlbenadering; gelyke lone 1.2.1 ʼn Beginsel van ‘Fair Trade Tourism’ waar alle werknemers die geleentheid gegee word om deel te neem aan besluitneming wat hulle raak 1.2.2 ʼn Konsep wat gebruik word wanneer die drie pilare van volhoubaarheid (planeet, wins en mense) bereik word 1.2.3 Die proses van herwinning, hergebruik en vermindering 1.2.4 ʼn Maatstaf met betrekking tot betalings vir die sertifisering van ‘Fair Trade Tourism’ 1.2.5 Wanneer toeriste die gedragskode volg en gepas optree by ʼn bestemming (5 x 1) (5) 1.3 Kies die korrekte woord/afkorting uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord/afkorting langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 Cholera. 1.3.1 (Plaaslike/Verstreke) tyd is die spesifieke tyd by ʼn bepaalde geografiese ligging. 1.3.2 Die bank sal (BAK/BVK) gebruik wanneer ʼn Duitse toeris by OR Tambo Internasionale Lughawe 1 000 euro na rand omruil. 1.3.3 (DBT/UTC) vind plaas wanneer die horlosies gedurende die somermaande een uur vorentoe geskuif word. 1.3.4 ʼn Toeris wat meer items het as wat die belastingvrye toelaag aandui, moet na die (rooi/groen) kanaal by die lughawe gaan. 1.3.5 ʼn Toeris kan aansoek doen vir ʼn (paspoort/visa) by ʼn ambassade van die bestemmingsland. (5 x 1) (5) b.o.
TOERISME 10 10870/24 1.4 Kies ʼn term vir die vorm van betaling uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.4.6 G. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Dit gebeur elektronies en werk deur A EFT (EFO) internasionale betalingsopdragte tussen verskeie banke te stuur deur kodes te B Bankwissels gebruik totdat dit sy bestemming bereik. C Voorafgelaaide 1.4.2 Dit is ʼn elektroniese vorm van betaling Buitelandse valuta waar geld van een persoon se rekening na debietkaart ʼn ander oorgeplaas word. D Kontant 1.4.3 Toeriste kan dit gebruik om enigiets te koop, en hulle moet die volle bedrag aan E SWIFT oordrag die einde van die maand of mettertyd terugbetaal. F Kredietkaart 1.4.4 Dit is ʼn papierdokument wat deur individue gebruik word om betalings aan derde partye te maak (sender, finansiële instelling, ontvanger van die geld). 1.4.5 Toeriste kan dit gebruik waar dit as ʼn vorm van betaling aanvaar word mits daar geld op die kaart is om te spandeer. (5 x 1) (5) b.o.
TOERISME 11 10870/24 1.5 Kies die woord(e)/term uit die lys hieronder om by die prente in VRAAG 1.5.1 tot 1.5.5 te pas. Skryf slegs die woord(e)/term langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.5.6 Paspoort. Kliënte terugvoer metode; Doeane; Vorm van vervoer; Buitelandse toeriste aankomste; Metode van betaling; Belastingvry 1.5.1 1.5.2 GASTEOPNAME Ons is op ʼn missie Ons wil jou graag beter bedien. Vul asseblief hierdie kaart in oor jou ervaring vandag sodat ons die geleentheid kan gebruik om te verbeter. Dankie vir jou besigheid. Vriendelikheid Effektiwiteit Kennis van spyskaart Aanbieding Smaak 1.5.3 Porsiegrootte Hoe skoon is alles? Geselligheid Waarde vir geld BAIE DANKIE 1.5.4 Internasionale Plaaslike 1.5.5 aankomste aankomste [Bron: www.sanews.gov.za] (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
TOERISME 12 10870/24 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING VRAAG 2 2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder tesame met die inligting op die volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg. Praag Parys b.o.
TOERISME 13 10870/24 3de INTERNASIONALE STUDENTEKONFERENSIE: PRAAG 2024 Die 3de Internasionale Studente- konferensie is ʼn belangrike geleentheid vir studente van verskeie lande om byeen te kom en hulle bewustheid van die klimaatkrisis te verhoog. Die konferensie bevorder internasionale samewerking en kulturele begrip. Henry Mahlangu, ʼn Suid-Afrikaanse toerisme leerder, het aan die 3de Internasionale Studentekonferensie in Praag (+1), die Tsjeggiese Republiek (Tsjeggië) op 1 – 5 Maart 2024 deelgeneem. Hy het op 5 Maart ʼn aanbieding gelewer en hy het gepraat oor die effek van klimaatsverandering op kulturele erfenis. Henry kon nie ʼn direkte vlug kry nie, so hy het ʼn aansluitingsvlug bespreek. LET WEL: Parys en Praag beoefen DBT vanaf die einde van Maart. Henry se vlugskedule was soos volg: Deel 1 van die reis: Air France AF 0995 Vertrek: Johannesburg om 21:00 op 29 Februarie 2024 Vliegtyd is 11 uur. Aankomstyd: Parys om 07:00 1 Maart 2024 Oorstaantyd in Parys vir 5 uur. Deel 2 van die reis: Air France AF 1382 Vertrek: Parys om 12:00 op 1 Maart 2024 Vliegtyd is 2 uur. [Aangepas uit www.elemasyn.gr] 2.1.1 Verduidelik EEN verskil tussen ʼn direkte vlug en ʼn aansluitingsvlug. (2) 2.1.2 Motiveer of Henry se reis deur DBT beïnvloed is of nie. (2) 2.1.3 Bereken die tyd en dag waarop Henry se vlug vanaf Parys in Praag aangekom het (Deel 2 van die reis). (5) 2.1.4 Henry se ma, in Johannesburg, het besluit om hom op 4 Maart om 20:00 te bel om hom voor sy aanbieding te motiveer. Bereken die tyd toe Henry die telefoonoproep in Praag ontvang het. (3) b.o.
TOERISME 14 10870/24 2.1.5 Dit was Henry se eerste internasionale vlug. Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat hy moes oorweeg terwyl hy by die oorstaan-lughawe in Parys was. (4) 2.1.6 Noem of Henry vlugvoosheid of vluguitputting ervaar het. (1) 2.1.7 Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 2.1.6. (2) 2.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B [Bron: www.myDr.com.au] 2.2.1 (a) Identifiseer dokument B. (1) (b) Verduidelik die doel van dokument B. (2) 2.2.2 (a) Gee die oorsaak van die siekte genoem in prent A. (2) (b) Noem TWEE simptome van die siekte genoem in prent A wat ervaar kan word deur ʼn toeris wat ʼn besmette gebied besoek. (2) 2.2.3 Skryf die akroniem WGO (WHO) volledig uit. (2) 2.2.4 Verduidelik EEN rede waarom ʼn reisagent riglyne van die WGO (WHO) sal oorweeg wanneer ʼn reis vir toeriste beplan word. (2) b.o.
TOERISME 15 10870/24 2.3 Mnr. James Singh sal na ʼn baie warm klimaat reis en moet sekere gesondheids- voorsorgmaatreëls tref. Gee hom raad oor enige TWEE gesondheidsvoorsorgmaatreëls wat hy sal moet tref vir die warm klimaat. (4) 2.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Moenie beperkte of verbode items na Suid-Afrika bring of invoer nie. Alle plante en plantprodukte word beperk, soos sade, blomme, vrugte, heuning, margarien en groente-olies. Diere, voëls, pluimvee en produkte daarvan, soos suiwelprodukte, botter en eiers word ook beperk. [Aangepas uit www.capetown-internationalairport.co.za] 2.4.1 Differensieer (verduidelik die verskil) tussen verbode goedere en beperkte goedere. (2) 2.4.2 Verduidelik EEN rede waarom alle plante en plantprodukte nie toegelaat sal word om ingevoer of na Suid-Afrika gebring te word nie. (2) 2.4.3 Identifiseer die kanaal wat ʼn toeris by ʼn lughawe moet kies as hy/sy op ʼn inkomende vlug met enige goedere wat in die prentjie hierbo getoon word, reis. (2) [40] b.o.
TOERISME 16 10870/24 VRAAG 3 3.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: www.forbes.com] Gee die volle name van TWEE buitelandse geldeenhede wat in die prent hierbo getoon word. (2) 3.2 Bestudeer die buitelandse valuta-verhandelingstabel hieronder (soos op 2 April 2024) en beantwoord die vrae wat volg.  Toon ALLE berekeninge.  Rond die antwoord af tot TWEE desimale plekke. Geldeenheidskode BAK BVK USD 18,7269 19,1580 [Aangepas uit www.standardbank.co.za] 3.2.1 Mnr Joseph, ʼn Amerikaanse toeris van Michigan, het ʼn somervakansie in Kaapstad beplan. Hy het USD 2 000 vir sy persoonlike uitgawes en aktiwiteite begroot. Bereken die bedrag wat Mnr Joseph in rand sal ontvang wanneer hy sy geld by die Kaapstadse Internasionale Lughawe omruil. (3) 3.2.2 Na sy reis het Mnr Joseph R1 500 oor. Bereken die bedrag in dollar wat Mnr Joseph sal ontvang as hy sy geld by die Kaapstadse Internasionale Lughawe omruil voor sy vlug terug. (3) 3.3 Gee EEN rede waarom ʼn buitelandse toeris wat Suid-Afrika besoek ʼn swakker rand sal verkies. (2) [10] TOTAAL AFDELING B: 50 b.o.
TOERISME 17 10870/24 AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE ITALIAANSE JUWELE A B C [Bron: www.tripadvisor.co.za] 4.1.1. Gee die name van ikone A, B en C in die prente hierbo. (3) 4.1.2. Noem die kontinent waar al die ikone in VRAAG 4.1.1 geleë is. (1) 4.1.3. Noem EEN gebruik van ikoon A in die tye van die Romeinse Ryk. (2) 4.1.4. Gee EEN strukturele feit oor ikoon B. (2) 4.1.5. Verwys na ikoon C. (a) Gee EEN unieke kenmerk van hierdie ikoon. (2) (b) Noem die vervoermiddel wat deur toeriste gebruik word wanneer hulle hierdie ikoon besoek. (2) b.o.
TOERISME 18 10870/24 4.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NUWE BESOEKERSENTRUM OPEN BY DIE NIAGARA-WATERVALLE Die ‘Ralph C. Wilson, Jr’ verwelkomingsentrum by die Niagara-watervalle Staatspark het amptelik op Maandag 18 Desember 2023 geopen. Niagara-watervalle Staatspark trek ongeveer 9 miljoen besoekers per jaar, meer as enige ander Staatspark in New York. Die nuwe besoekersentrum bied moderne geriewe aan die miljoene besoekers wat elke jaar by die park aankom. Die sentrum verskaf inligting oor alles wat die Niagara-watervalle omgewing aan besoekers kan bied. Die meeste van hierdie areas bied besienswaardighede en aktiwiteite vir almal aan en is ook toeganklik vir mense met gebreke of gestremdhede byvoorbeeld die begeleide Niagara-watervalle trollie (trein of trem) wat vir passasiers ʼn oorsig oor die park en die omliggende gebied gee. Die besoekersentrum het glasmure en ʼn lae dak om dit makliker te maak om die uitsigte en verbindings met die Niagara-watervalle te sien.  Dit sluit nuwe kaartjie- en inligtingstoonbanke in.  Die glas-, staal-, en beton fasiliteite is ontwerp om die natuur aan te vul en sluit dak sonpanele, groen dakelemente en ʼn aparte toiletgebou in.  Ander spesiale kenmerke sluit in: Nuwe toeganklike paadjies (geskik vir rolstoele), inheemse tuine; buitelug uitstallings, en tekens om die pad aan te dui, spesiale patroonglas om voëlbotsings te voorkom (voëls wat die vensters tref).  Die bestaande administrasiegebou langs die fasiliteit is verander om ʼn gemeenskapskamer, argiewe (plek om historiese dokumente en items te bêre) en kantore vir die Niagara-watervalle personeel in te sluit. Die nuwe sentrum sal ook plaaslike kos bedien en van plaaslike kleinhandelaars gebruik maak. Al die besienswaardighede en meeste voetpaadjies is ten volle toeganklik, geskik vir rolstoele en het uitstekende uitsigte oor die Niagara-watervalle. [Aangepas uit www.fingerlakesdailynews.com] b.o.
TOERISME 19 10870/24 4.2.1 Noem die land waar die Niagara-watervalle geleë is. (2) 4.2.2 Gee EEN rede waarom die Niagara-watervalle as ʼn ikoon beskou word. (2) 4.2.3 Elke ikoon vereis spesifieke faktore om as ʼn suksesvolle ikoon beskou te word. Identifiseer, uit die uittreksel, EEN manier hoe die Niagara-watervalle elk van die volgende suksesfaktore toon: (a) Volhoubare- en verantwoordelike bestuursplanne (2) (b) Positiewe besoekerservaring (2) (c) Neem die behoeftes van gestremdes in ag (2) [22] b.o.
TOERISME 20 10870/24 VRAAG 5 Bestudeer die artikel met prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE OPKOMS VAN ERFENIS IN SUID-AFRIKA Erfenis in Suid-Afrika is divers. Sommige terreine bied unieke erfenis geskep deur die aanpassingsproses vir toerisme, gesien as heilige plekke, sowel as terreine van vorige gruweldade (wreedheid) en oorlogserfenis. Is hierdie terreine die moeite werd om te beskerm? TERREIN A TERREIN B Demonstreer die opkoms en val van Bekend vir sy bergagtige natuurlike die eerste inheemse koninkryk in landskap, belangrik as ʼn plek van veiligheid Suider-Afrika tussen 900 en vir baie bedreigde endemiese (slegs in 1 300 nC. Die hoof gebied beslaan hierdie gebied aangetref) spesies, en vir sy byna 30 000 hektaar (300 km2) en vele rotsskilderye wat oor ʼn tydperk van word ondersteun deur ʼn 4 000 jaar deur die San-mense gemaak is. voorgestelde buffersone van Die terrein beslaan ʼn oppervlakte van ongeveer 100 000 hektaar 249 313 hektaar (2 493 km2) wat dit die (1 000 km2). grootste beskermde terrein langs die Groot Platorand (rand van ʼn plato, die hoër, meer plat gebied) van Suider-Afrika maak. TERREIN C Geleë aan die grens van Botswana en Namibië in die noordelike deel van die land. Hierdie terrein beslaan ʼn uitgestrekte gebied binne die Kalahari Gemsbok Nasionale Park. Hierdie landskap bevat bewyse van mense wat daar woon vanaf die Steentydperk tot vandag en word geassosieer met die kultuur van die San- mense. [Aangepas uit www.whc.unesco.org] 5.1 Gee die name van die Wêrelderfenisterrreine gemerk A, B en C. (3) 5.2 Noem die provinsie in Suid-Afrika waar die gemengde Wêrelderfenisterrein B geleë is. (1) b.o.
TOERISME 21 10870/24 5.3 Noem TWEE ooreenkomste tussen terrein A en C. (2) 5.4 Verwys na die volgende aanhaling uit die artikel. “Sommige terreine bied … heilige plekke” 5.4.1 Identifiseer die Wêrelderfenisterrein wat algemeen bekend is as die eerste Afrika Koninkryk wat handel gedryf het met China en Egipte. (1) 5.4.2 Verduidelik EEN rede hoekom die terrein in VRAAG 5.4.1 vir toekomstige generasies bewaar moet word. (2) 5.5 Skryf ʼn paragraaf waarin jy TWEE positiewe impakte van terrein C op die San gemeenskap ëvalueer. (4) [13] VRAAG 6 6.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE BELANGRIKHEID OM SUID-AFRIKA INTERNASIONAAL TE BEMARK Suid-Afrika maak staat daarop om toeriste te lok om ʼn gesonde toerismebedryf te handhaaf. Internasionale toeriste is dalk nie vertroud met ervarings in Suid-Afrika nie. Bemarking kan help om buitelandse toeriste bewus te maak van wat Suid- Afrika kan bied. Die toerismebedryf is baie mededingend, en besighede moet bemarking gebruik om toeriste te lok en terugkerende toeriste aan te moedig. [Aangepas uit www.southafrica.net] 6.1.1 Identifiseer die organisasie wat verantwoordelik is om Suid-Afrika internasionaal te bemark. (2) 6.1.2 Behalwe om Suid-Afrika internasionaal te bemark, noem EEN ander kernfunksie van die organisasie wat in VRAAG 6.1.1 geïdentifiseer is. (2) 6.1.3 Verduidelik in ʼn volsin EEN belangrikheid om Suid-Afrika internasionaal te bemark. (2) b.o.
TOERISME 22 10870/24 6.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PRENT A PRENT B 6.2.1 Pas die reis-handelskoue wat in die prente getoon word by die volgende stellings. Skryf die naam van die handelskou langs die vraagnommers 6.2.1 (a) en 6.2.1 (b). (a) Een van Suid-Afrika se bemarkingsgeleenthede wat jaarliks in Kaapstad aangebied word (1) (b) Die voorste wêreldwye bemarkingsgeleentheid wat jaarliks in Groot- Brittanje gehou word (1) 6.2.2 Beskryf EEN manier hoe die reis-handelskoue in VRAAG 6.2.1 gebruik kan word om Suid-Afrika te bemark. (2) b.o.
TOERISME 23 10870/24 6.3 Begin by die individuele reisiger, rangskik die stappe van die bydrae- en verspreidingsprosesse van die toerismeheffing hieronder (A – E) in ʼn logiese volgorde. Skryf slegs die letters (A – E) in die korrekte volgorde langs die vraagnommer (6.3) in die ANTWOORDBOEK neer. (5) B TBCSA A Bemarkingsaktiwiteite (Plaaslik en Wêreldwyd) C Toeris D Toerisme besigheid (Akkommodasie, Toeroperateur, Motor- verhuring ens.) E Suid-Afrikaanse Toerisme (Toerisme Bemarkings- Agentskap) [15] TOTAAL AFDELING C: 50 b.o.
TOERISME 24 10870/24 AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOURVEST GREEN SEAT Tourvest is Suider-Afrika se voorste geïntegreerde toerismegroep. Die groep is in 1997 geskep toe verskeie toerismemaatskappye in ʼn groep gekonsolideer is. Die groep bestuur besighede wat wissel van toerbestuursmaatskappye, hotelle, lodges en restaurante tot handwerk-, curio- en juwelierswinkels, sowel as ʼn buitelandse valutaburo, wat meer as 5 000 mense in diens het. Een van hulle CSI (KMB) projekte is ‘Tourvest Green Seat’. ‘Tourvest Green Seat’ ondersteun ons wild, planeet en mense. Die maatskappy ondersteun volhoubare toerisme en is eko-vriendelik. Hulle bied reisigers die geleentheid om by te dra tot die vermindering van hulle koolstofvoetspoor en om die stryd teen renosterstropery te ondersteun deur ʼn ‘Green Seat’ te koop. ʼn ‘Green Seat’ is ʼn kenteken wat toeriste en kliënte kan koop, en die geld word vir verskillende projekte van die maatskappy bygedra. Sedert 2012 het die maatskappy meer as R510 000 geskenk aan teen-renosterstropery, R216 000 vir herbebossing, en R84 000 is aan die gemeenskapsprojek betaal vir die vervaardiging van die nuwe ‘Green Seat’ kliënte kentekens. [Aangepas uit www.tourvest.co.za] 7.1 Tourvest ondersteun volhoubare toerisme. Definieer die term volhoubare toerisme. (2) 7.2 Verduidelik die afkorting CSI (KMB). (2) 7.3 Tourvest ‘Green Seat’ ondersteun ons wild, planeet en mense. Identifiseer die TWEE pilare wat deel vorm van die driedubbele-slotreëlbenadering wat in die stelling hierbo genoem word. (2) 7.4 Verduidelik hoe Tourvest elkeen van die TWEE pilare van die driedubbele-slotreël wat in VRAAG 7.3 genoem is, toepas. Elke pilaar moet duidelik aangedui word. (4) b.o.
TOERISME 25 10870/24 7.5 7.5.1 Definieer die term verantwoordelike toeris. (2) 7.5.2 Dink jy dat die toeriste en kliente wat die 'Green Seat' kentekens koop verantwoordelike toeriste is? (1) 7.5.3 Motiveer die antwoord op VRAAG 7.5.2. (2) [15] VRAAG 8 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BIRDING AFRICA Birding Africa is ʼn voëltoeroperateur wat spesialiseer in professioneel begeleide voëltoere vir groepe en privaat individue na lande regoor Afrika en Madagaskar. Dit is ʼn vorm van avitoerisme, waar mense reis om voëls in hulle natuurlike habitat te bekyk. Hulle pas toere aan vir beide wêreldlysmakers (ernstige voëlkykers wat al die voëls wat hulle sien op ʼn lys dokumenteer) en meer ontspanne vakansievoëlkykers (mense wat dit net geniet om voëls te kyk). Hulle is in Kaapstad gebaseer en fokus op begeleide daguitstappies op die Kaapse Skiereiland. Hulle het ook die Kogelberg toer en die Weskus Nasionale Park en 2-dag staptogte na die Tankwa Karoo en Overberg. Hulle het bewaringstoere in samewerking met die African Bird Club en werk saam met verskeie internasionale maatskappye en die BBC 'Natural History Unit'. Birding Africa: 2 500 voëlspesies, 20 endemiese (inheemse) voëlfamilies, ʼn wêreldrekord vir die aantal voëlspesies wat op ʼn dag gesien is. [Aangepas uit www.gobirding.org.za] 8.1 Gee ʼn ander naam vir voëlkyk as ʼn vorm van toerisme. (1) 8.2 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Voëlkyk, afgesien van die term in VRAAG 8.1, is ook ʼn vorm van ekotoerisme. 8.2.1 Definieer die konsep ekotoerisme in jou eie woorde. (2) 8.2.2 Verduidelik waarom voëlkyk ekotoerisme in die Weskus Nasionale Park kan bevorder. (2) 8.3 Stel TWEE maniere voor hoe die bestuur van die Weskus Nasionale Park omgewingsbewuste toeriste kan lok. (4) 8.4 Stel ʼn drie-punt toeriste gedragskode saam vir ekotoeriste wanneer hulle die verskillende voëlkyk bestemmings besoek. (6) [15] TOTAAL AFDELING D: 30 b.o.
TOERISME 26 10870/24 AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RUGBY WÊRELDBEKER BRING MILJOENE NA DIE FRANSE EKONOMIE Terwyl Suid-Afrika sy triomf in die Rugby Wêreldbeker 2023 vier, het die gasheerland Frankryk ʼn oorwinning op sy eie: Die geleentheid het ʼn aansienlike ekonomiese voordeel vir die land opgelewer. Die Frankryk 2023-reëlingskomitee het €40 miljoen wins aan die einde van die geleentheid verwag. Hulle het beplan om die winste aan te wend om sport te ondersteun, CSI- programme (KMB) te finansier, infrastruktuur te ontwikkel en rugby in Frankryk te bevorder. Dit is geen wonder dat hulle optimisties was nie; sowat 2,5 miljoen kaartjies is altesaam vir die kompetisie verkoop, met pryse wat wissel van €10 tot €950. [Aangepas uit www.euronews.com] 9.1.1 Klassifiseer die Rugby Wêreldbeker as ʼn tipe gebeurtenis met internasionale belang. (2) 9.1.2 Verduidelik die term gasheerland. (2) 9.1.3 Lees die aanhaling hieronder wat uit die uittreksel geneem is en beantwoord die vraag wat volg. “Die geleentheid het ʼn aansienlike ekonomiese voordeel vir die land opgelewer.” Met verwysing na die aanhaling, skryf ʼn paragraaf om die impak van die 2023 Rugby Wêreldbeker te evalueer. Sluit die volgende in:  TWEE positiewe impakte op die ekonomie van Frankryk (4)  TWEE negatiewe impakte rakende die aanbied van ʼn wêreldgebeurtenis vir Frankryk (4) b.o.
TOERISME 27 10870/24 9.2 Lees die nuusartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKAANSE VLOEDE: MINSTENS 11 MENSE STERF NA DIE ERNSTIGE WES-KAAPSE VLOEDE (27 SEPTEMBER 2023) Minstens 11 mense is dood nadat swaar reën en winde Suid-Afrika se Wes-Kaapse provinsie, insluitende Kaapstad, oor die naweek van 27 September 2023 getref het en ʼn spoor van verwoesting gelaat het. Owerhede het gewaarsku dat die aantal sterftes kan styg soos die vloedwater sak (minder word). Reddingspanne was steeds op soek na mense wat vermoedelik vasgekeer was (nie kon uitkom nie) in hul huise, wat gedeeltelik (nie ten volle) onder water was. [Aangepas uit www.bbc.com] 9.2.1 Kies die korrekte term uit die hakies hieronder om die stelling wat volg te voltooi. Vloede is ʼn voorbeeld van (politieke situasies/onvoorsiene gebeurtenisse). (2) 9.2.2 Vloede word gesien as een van die faktore wat toeriste ontmoedig om ʼn plek te besoek. Bespreek EEN impak van oorstromings op elk van die volgende: (a) Internasionale toerisme (2) (b) Die ekonomie van die geaffekteerde land (2) b.o.
TOERISME 28 10870/24 9.3 Bestudeer die statistieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STATISTIEKE VAN INTERNASIONALE TOERISTEGETALLE NA SUID-AFRIKA Augustus Mediese Streek woonagtig Besigheid Vakansie Studeer 2023 behandeling Europa 93 602 974 92 174 424 30 Noord-Amerika 32 933 275 32 516 122 20 Sentraal- en Suid- 2 697 122 2 540 34 1 Amerika Australasië 8 702 34 8 659 7 2 Midde-Ooste 8 941 87 8 805 48 1 Asië 18 830 997 17 647 179 7 Oorsee 165 705 2 489 162 341 814 61 Ander Afrikalande 10 942 538 9 878 486 40 SAOG 530 625 17 833 510 313 2 308 171 Afrika 541 567 18 371 520 191 2 794 211 Ongespesifiseerd 887 36 849 1 1 Totaal 708 159 20 896 683 381 3 609 273 [Aangepas uit www.statssa.gov.za] 9.3.1 Identifiseer, per naam, die Afrikamark met die hoogste aantal toeriste aankomste na Suid-Afrika gedurende Augustus 2023. (1) 9.3.2 Verduidelik waarom die eerste kolom (Streek woonagtig) in drie kategorieë verdeel is (ingekleur en in vetgedrukte letters). (2) 9.3.3 Verwys na die ‘Besigheid’ en ‘Vakansie’ kolomme. (a) Noem die mark met die laagste aantal besigheidstoeriste aankomste in Augustus 2023. (1) (b) Noem die aantal mense wat vir vakansiedoeleindes vanaf Asië gereis het. (1) [23] b.o.
TOERISME 29 10870/24 VRAAG 10 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HOE OM EERLIKE EN GEDETAILLEERDE TERUGVOER VAN JOU KLIËNTE TE KRY Hoe gaan dit Goed, met alles dankie. sover? In restaurante regoor die wêreld is die “opvolg-dans” tussen die bedieners en kliënte baie algemeen. Bedieners (kelners) vra hoe alles sover gaan nadat die kliënte hulle ete ontvang het, en byna alle kliënte reageer met ʼn outomatiese “ Goed, dankie”. [Aangepas uit havardbusinessreview.org] 10.1 Stel EEN rede voor waarom ʼn antwoord soos ‘Goed, dankie’ NIE gedetailleerde terugvoer aan ʼn restaurant gee NIE. (2) 10.2. Beveel EEN terugvoermetode aan wat ʼn restauranteienaar kan gebruik om te verseker dat klante gedetailleerde terugvoer gee wat maklik ontleed kan word. (1) 10.3. Gee raad aan ʼn potensiële restauranteienaar oor hoe klanteterugvoer tot uitstekende dienslewering in hulle kos-en-drankonderneming kan lei. (4) [7] TOTAAL AFDELING E: 30 TOTAAL: 200 EINDE

Study this subject