NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*CNSTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 











View all


--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)


Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Question Paper
Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 731.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
AFDELING PUNTE TYD (mins)
VRAAG 1: Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20
VRAAG 2: Die Verbruiker 20 20
VRAAG 3: Voedsel en Voeding 40 40
VRAAG 4: Kleding 20 20
VRAAG 5: Behuising 40 40
VRAAG 6: Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL 200 180
2. ALLE vrae is verpligtend en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommering stelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs in swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 3
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde voorsien vir die volgende vrae. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Inflasie lei tot …
A verhoging in verbruikersbesteebare inkomste.
B verhoging in die brandstofprys.
C verlaging in die prys van goedere en dienste.
D verlaging in verbruikers se besteebare inkomste. (1)
1.1.2 Hierdie voedselitem is van BTW vrygestel:
A Hoender
B Stampmielies
C Koekmeelblom
D Geblikte vis (1)
1.1.3 ʼn Skema waarin die lede vergoed word vir die hoeveelheid nuwe lede wat
hulle kan werf, is ʼn … skema.
A onwettige stokvel-
B piramiede
C swendel-
D wettige stokvel- (1)
1.1.4 Die sieke wat die ystervlakke in die bloed verlaag:
A Hipoglukemie
B Hipertensie
C Osteoporose
D Anemie (1)
1.1.5 Die siekte wat deur lug versprei word wanneer ʼn geïnfekteerde persoon nies,
hoes of spoeg:
A Disenterie
B Hepatitis A
C E.coli
D Tuberkulose (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
1.1.6 Tipiese gedrag van ʼn persoon wat aan anorexia lei is …
A braking wat self aangebring word.
B oormatige gewigsverlies.
C uithongering uit eie keuse.
D eetvergryping gevolg deur oefeninge. (1)
1.1.7 Die volgende voedsel behoort deur ʼn diabeet vermy te word:
A Fudge, sjokolade
B Volgraan broodrolletjie, botterbone
C Laevet melk, groente
D Bruin rys, vetterige vleis (1)
1.1.8 ʼn Kledingstyl wat aandui dat dit van ʼn vorige era is:
A Klassieke style
B Standaard neiging
C Retrospektiewe mode
D Kontemporêre mode (1)
1.1.9 Ekovriendelike tekstiele …
A word gekweek om die grondtoestand te verbeter.
B word sonder insekdoders gekweek en word met natuurlike kleursel
gekleur.
C produseer oeste oor ʼn paar seisoene.
D word gekweek sonder onkruiddoders en word in mooi kleedstowwe
geskep deur chemiese kleurstowwe te gebruik. (1)
1.1.10 In ʼn deeltitelwoonstelkompleks is die … verantwoordelik vir die herstel van
ligte by trappe, tuine en vullisverwydering.
A huurder
B bouersraad
C verhuurder
D huiseienaarsvereniging (1)
1.1.11 … word uitgeneem om die struktuur van die huis te dek.
A Lewensversekering
B Verbandbeskermingsversekering
C Huisinhoudsversekering
D Huiseienaarsversekering (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.12 Kies die persoon wat die beste vir ʼn staatsbehuisingsubsidie sal kwalifiseer:
A Jamie se vrou het elf jaar gelede ʼn staatsubsidie ontvang.
B Beulah het al twee maande gelede uit Somalia immigreer en ʼn
spazawinkel begin.
C Elton verdien R3500 per maand.
D Caren wil haar tweede huis koop. (1)
1.1.13 Wendy woon in ʼn woonstel wat spasie vir ʼn wasmasjien onder die
werkoppervlak het. Sy wil water bespaar alhoewel sy ʼn wasmasjien gebruik.
Kies die wasmasjien wat mees geskik sal wees:
A Voorlaai
B Dubbel balie
C Bolaai
D Outomaties (1)
1.1.14 Die dokument waarby die huiskoper belowe om ʼn huislening terug te betaal is
ʼn…
A huurkontrak.
B kontrak.
C verband.
D huis verband (1)
1.1.15 Sammy huur ʼn eiendom. Identifiseer sy finansiële verantwoordelikheid met
huur:
A Betaal vir water en elektrisiteitsverbruik
B Betaal die heffing en belasting van die eiendom
C Betaal vir enige onderhoud wat nodig is
D Betaal vir enige verandering wat aan die struktuur gemaak word (1)
1.1.16 Die afkoelperiode vir ʼn direkte bemarkingstransaksie is … werksdae.
A twee
B drie
C vier
D vyf (1)
1.1.17 Goeie kwaliteit verwys na …
A monitor kwaliteit van roumateriaal.
B kontrole van die hoeveelheid van voorraad op hande.
C inspekteer produkte op te verseker dat dit aan die vereiste
standaarde voldoen.
D versekering dat werkers die werkplek opgeruim hou. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
1.1.18 Goeie finansiële kontrole in ʼn besigheid sal …
A verkope verhoog.
B verseker dat daar genoeg geld is vir rou materiaal.
C meer as genoeg voorraad in die stoorkamer verseker.
D verseker dat genoeg wins genereer word sodat die eienaar ʼn goeie
salaris kry. (1)
1.1.19 Identifiseer die verpakking wat die meeste aanklank by verbruikers sal vind.
Die produk is … verpak.
A in bruinpapier
B in kleurvolle deurskynende papier
C in koerantpapier
D witpapier (1)
1.1.20 Die dokument wat die beweging van geld oor toekomstige periode wys is …
A kontantvloei vooruitskatting.
B beste verkope scenario.
C finansiële haalbaarheid.
D slegte verkope scenario. (1)
1.2 Gee die naam van elk van die volgende tipe belasting wat hieronder beskryf word.
Skryf slegs die naam van tipe belasting langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Belasting wat deur Suid-Afrikaanse passasiers betaal word om na ʼn vreemde
land te vlieg. (1)
1.2.2 Belasting waarvan sommige basiese voedselitems soos bruinbrood vrygestel
is. (1)
1.2.3 Belasting wat deur werknemers betaal word sodra hulle ʼn inkomste verdien. (1)
1.2.4 Belasting wat gehef word uit enige opbrengs wat verkry was uit die verkope
van ʼn bate. (1)
1.2.5 Belasting wat gehef word op die waarde van alle eiendom wat deur ʼn Suid-
Afrikaanse burger besit word op die datum van sy of haar dood. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.3 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies om elke stelling te voltooi. Skryf slegs die
woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 (Handelsmerk/Handelsmerkroof) klere word dikwels by vlooimarkte verkoop. (1)
1.3.2 Modes wat tydloos is, is (giere/klassieke style). (1)
1.3.3 Gerekenariseerde patroonontwerpe, beter brei- en naaimasjiene is
(ekonomiese/tegnologiese) faktore wat modeveranderinge beïnvloed. (1)
1.3.4 Huidige modeneigings word (kontemporêr/antiek) genoem. (1)
1.3.5 Mode met ʼn baie kort lewensiklus is (giere/standaardstyle). (1)
1.4 Pas die beskrywing in Kolom B wat pas by die entrepreneuriese terme in Kolom A.
Skryf die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK.
KOLOM A KOLOM B
Entrepreneuriese Term Beskrywing
1.4.1 Kontantvloeiprojeksie A Voorspel die hoeveelheid produkte vir
toekomstige verkope
1.4.2 Finansiële uitvoerbare B Onderhou ʼn egalige vlak van produksie en
studie verkope
1.4.3 Volhoubare C Winsgrens
winsgewendheid
1.4.4 Verkope scenario D Vermoë om ʼn bestendige vlak van produksie
en verkope te handhaaf sonder om
beskikbare kontant uit te put
1.4.5 Aanvangskoste E Moontlikheid van sukses
F Voorspel toekomstige hoeveelheid kontant
G Bedryfskoste
(5 x 1) (5)
1.5 Identifiseer uit die onderstaande lys VYF vereistes van ʼn bank om ʼn huislening toe te
staan. Skryf slegs die letter (A–H) langsaan die vraagnommer (1.5) in die
ANTWOORDEBOEK.
A Huweliksertifikaat
B Bewys van inkomste
C Bewys van behuising heffings en belasting
D Afskrif van die koopaanbod
E Evaluering van besteding- en betaling gewoontes
F Bewys van Suid-Afrikaanse identiteitsdokument
G Verhuising en reisuitgawes
H Kredietnavraag (5)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Verduidelik die volgende terme:
2.1.1 ʼn Kontrak (2)
2.1.2 Afkoelperiode (2)
2.1.3 UItsluitingsklousule (2)
2.2 Verduidelik hoe Suid-Afrikaanse gesinne water meer verantwoordelik in die tuin kan
gebruik. (2)
2.3 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg:
Heather, ʼn onderwyseres en nege van haar kollegas het ʼn klub begin waarin elke lid
R1 000,00 per maand bydra. Hierdie geld word in ʼn bank met saamgestelde rente
gespaar. Hulle het besluit dat die lede hulle bydraes saam met die rente aan die
einde van Oktober terug sal ontvang.
Heather wou lankal al haar gesin met vakansie neem, maar kon nooit genoeg geld
spaar nie. Die belasting wat van haar salaris afgetrek word, was hoog en sy moes
meer op brandstof uitgee weens die konstante verhoging in die brandstofpryse.
Inflasie het verder bygedra tot haar verlaagde besteebare inkomste.
2.3.1 Identifiseer die tipe klub waarna daar in die gevallestudie verwys word. (1)
2.3.2 Verduidelik hoe hierdie klub funksioneer. (3)
2.4 Verduidelik hoe die klublede meer uit saamgestelde rente as enkelvoudige rente
bevoordeel sal word. (4)
2.5 Bespreek hoe inflasie ʼn negatiewe impak op Heather se besteebare inkomste het. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 9
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg:
Elton het ʼn burger by ʼn karavaan gekoop wat wegneemetes verkoop. Hy het
spesifiek gevra dat die “beef patty” nie goed gaar moet wees nie. Die kok het die
blaarslaai en ʼn skyfie tamatie op die broodrolletjie geplaas nadat sy dit in ʼn emmer
water afgespoel het. Hy het ook mayonnaise oor die “beef patty” gesmeer, die burger
verpak en dit vir Elton gegee. Elton het ʼn paar dae daarna begin siek voel.
3.1.1 Identifiseer die voedselverwante siekte waaraan Elton gelei het. (1)
3.1.2 Verduidelik hoe hierdie siekte aan Elton oorgedra was. (2)
3.1.3 Noem DRIE simptome wat Elton moontlik kon hê. (3)
3.2 Organiese voedsel is baie gewild en plaaslike boere kan nie genoeg daarvan aan
supermarkte in die buiteland voorsien nie.
3.2.1 Verduidelik VIER redes waarom Suid-Afrikaanse boere nie ekonomies gretig
is om organiese vrugte te produseer nie. (4)
3.2.2 Beskryf die negatiewe impak van organiese geproduseerde voedsel op die
natuurlike omgewing. (4)
3.3 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg:
Bruce ly aan hipertensie en koronêre hartvatsiekte. Hy het van die kaaskoek geëet
en het simptome van gastro-enteritis begin toon.
3.3.1 Verduidelik hoe gastro-enteritis aan Bruce oorgedra was. (3)
3.3.2 Stel DRIE maniere voor om Bruce se toestand te behandel. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
3.4 Bestudeer die onderstaande ligte maaltyd spyskaart en beantwoord die vrae wat volg:
SPYSKAART
LIGTE MAALTYD
Voorgereg
Peri-Peri lewer op Blaarslaai
Bedien met geroosterde volgraanbrood
Nagereg: Kaaskoek
Bestanddele vir die kaaskoek:
Tennisbeskuitjies, gesmelte margarien, kondensmelk, suurlemoensap,
roomkaas, room, gelatien en water
3.4.1 Onderskei tussen melk-allergie en laktose-intoleransie. Tabuleer jou antwoord
as volg:
Melk-allergie Laktose-intoleransie
(2) (2) (4)
3.4.2 Verduidelik waarom die voorgereg geskik sal wees vir ʼn persoon wat anemies
is. (3)
3.4.3 Beskryf in ʼn paragraafvorm die geskiktheid van die kaaskoek vir ʼn diabeet. (5)
3.4.4 Analiseer die kaaskoek vir ʼn persoon wat aan osteoporose lei. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 11
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Verduidelik die volgende terme:
4.1.1 Styl (2)
4.1.2 Modeneigings (2)
4.2 Verduidelik hoe inflasie die verbruikers se klere-aankooppatrone beïnvloed. (4)
4.3 Handelsmerkroof het definitief impak op die verkope van wettige bekende
handelsmerke. Regverdig die stelling. (4)
4.4 “Katoen is ʼn baie gewilde kleedstof vir uitrustings, maar katoen is nie ʼn ekovriendelike
kleedstof nie”. Bespreek die impak van katoenproduksie op die natuurlike omgewing. (4)
4.5 Bestudeer die onderstaande uitrusting en beantwoord die vraag wat volg:
Evalueer die geskiktheid van die uitrusting vir ʼn formele geleentheid. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 5: BEHUISING
5.1 Verduidelik die volgende terme:
5.1.1 Inisiasie fooi (2)
5.1.2 Okkupasiehuur (2)
5.2 Onderskei tussen voltitel en deeltiteleienaarskap. Tabuleer jou antwoorde soos volg:
Voltiteleienaarskap Deeltiteleienaarskap
(2) (2) (4)
5.3 Lees die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat volg:
Drie slaapkamers, aparte badkamer en toilet, oopplankombuis. Swembad, ingeboude
braai area, groot agterplaas.
Geslote dubbelmotorhuis, elektriese heining, alarmstelsel.
Huurtydperk: 12 maande
Opsie om te koop na beëindiging van kontrak.
5.3.1 Noem die tipe eienaarskap vir die bogenoemde huis. (1)
5.3.2 Beskryf die voordele van hierdie tipe eienaarskap. (5)
5.4 Identifiseer die tipe versekering wat die huiseienaar moes uitneem toe hy die
huislening van die bank kry.
Verduidelik hierdie tipe versekering. (2)
5.5 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg:
Ralton, ʼn jong huurmotoreienaar besluit om die eiendom te huur. Hy geniet dit om sy
vriende en familie oor naweke te onthaal. Hy wil ʼn regop vrieskas op huurkoop
aankoop.
5.5.1 Identifiseer die kontrak wat Ralton moet teken voordat hy in die huis trek. (2)
5.5.2 Verduidelik die in VRAAG 5.5.1. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 13
5.6 Kies uit die lys hieronder, vrieskas kenmerke wat vir Ralton sal help in elk van die
volgende gevalle:
Verstelbare rakke
Outomatiese toedeur-funksie
Self ontdooi
A-energie
Optimale temperatuur beheer
Geen vries opsie
ʼn Geluidwaarskuwing wanneer die deur oop is
Eweredige verspreiding van lug en elektrisiteit
5.6.1 Vergemaklik skoonmaak (2)
5.6.2 Bespaar op elektrisiteit (5)
5.6.3 Om meer voedsel te berg en om voedsel makliker te bereik (1)
5.7 Beskryf watter voordele ʼn huurkooptransaksie vir Ralton sal inhou. (4)
5.8 Evalueer die voordele van die eiendom wat Ralton huur. (8)
[40]
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg:
Zelda woon in ʼn gemeenskap met baie getroude paartjies wat tienerjarige kinders het.
Sy het die behoefte vir fasiliteite waar mense hulle klere kan regmaak herken. Sy het
besluit om ʼn nuwe besigheid te begin deur nuwe ritssluiters in te sit, some en nate reg
te maak en klere-items te verstel. Kliënte het nie altyd hulle klere betyds kom afhaal
nie en Zelda het die geld benodig.
Sy het ʼn groentetuin en het begin om haar atjar te produseer. Zelda het strooibiljette
oor haar besigheid uitgehandig en die besigheid het daarna vinnig gegroei. Sy het ʼn
werker in diens geneem met geen vaardighede en het haar in albei produkte opgelei.
Sy gebruik slegs papier wat herwin is vir strooibiljette, mayonnaise bottels wat sy van
vriende en familie kollekteer vir die verpakking van die atjar en ou kruideniersware
plastieksakke vir die afhaal van herstelde klere.
6.1.1 Verduidelik die term teikenmark. (2)
6.1.2 Identifiseer Zelda se teikenmark toe haar besigheid begin het. (2)
6.2 Zelda het goeie beheer van haar rou-materiale. Beskryf die hoofdoel van geskikte
voorraadbeheer van die atjarbestanddele. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
6.3 Verduidelik die belangrikheid van produkspesifikasie. (4)
6.4 Hoe help die opleiding van werkers Zelda se besigheid? (2)
6.5 Beskryf hoe Zelda se effektiewe stoorprosedure haar besigheid bevoordeel het. (2)
6.6 Bemarking dra by tot die sukses van die besigheid.
6.6.1 Noem TWEE maniere wat Zelda kan gebruik om haar produkte te bemark. (2)
6.6.2 Verduidelik hoe Zelda aanhou om volhoubare kliënteverhoudings te skep. (4)
6.7 Analiseer hoe Zelda VIER van die bemarkingstrategieë gebruik om haar produkte te
verkoop. (8)
6.8 Zelda verkoop 15 bottels atjar op haar slegste besigheidsdag. Die rou-materiaal per
bottel is R12,40 en die oorhoofse koste is R7,36. Sy voeg 65% vir ʼn wins by.
6.8.1 Bereken die verkoopprys per bottel. Rond die verkoopprys af tot die naaste
rand. Toon alle berekeninge. (4)
6.8.2 Bereken Zelda se wins op haar slegste besigheidsdag. Toon alle
berekeninge. (6)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Question Paper

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC Supplementary 2016 Question Paper
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Memorandum