Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
GASVRYHEIDSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ʼn antwoordblad.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all

--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)



Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)
Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Hospitality Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 406.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GASVRYHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Hierdie vraestel bestaan uit VIER AFDELINGS.
AFDELING A: Kortvrae (40)
AFDELING B: Gasvryheidskonsepte en Gesondheid en Veiligheid (40)
AFDELING C: Voedselproduksie (80)
AFDELING D: Voedsel- en Drankbediening (40)
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Lees ALLE vrae noukeurig.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel van hierdie
vraestel.
4. Skryf netjies en leesbaar.
5. Beantwoord AFDELING A op die gegewe ANTWOORDBLAD.
6. Beantwoord AFDELING B, C en D in die ANTWOORDEBOEK.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GASVRYHEIDSTUDIES 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.15) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
VOORBEELD:
1.1.16 Wyn-druif variëteite wat die boustene vorm van die wynmeester se
ambag:
A Kultivar
B Oesjaar
C Versterkte
D Oorsprong
ANTWOORD:
1.1.16 A B C D
1.1.1 ʼn Kraag van digte, ferm skuim wat effens bo die rand van die glas
uitsteek wanneer bier geskink word, staan as … bekend.
A skuim
B kroon
C hoed
D vloei (1)
1.1.2 Wanneer bordbediening toegepas word, moet die vleisgereg altyd
by die ... posisie geplaas word.
A 6 uur
B 12 uur
C 3 uur
D 9 uur (1)
1.1.3 ʼn Soort apparaat wat verhit word deur kerse of vlambare jel en
gebruik word vir die bediening van warm voedsel op ʼn buffettafel
staan as ... bekend.
A konfoor
B bain-marie
C warmskinkbord
D gueridontrollie (1)
Downloaded from hlayiso.com
4 GASVRYHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2013)
1.1.4 Maagdrukking is ʼn noodhulpbehandeling wat toegepas word
wanneer die persoon ...
A hoes.
B asemhaal.
C skok.
D verstik. (1)
1.1.5 ʼn Ensiem wat gevind word in rou pynappel wat veroorsaak dat
gelatienmengsels nie stol nie:
A Ficin
B Bromelien
C Papaïen
D Kaseïen (1)
1.1.6 Mense wat mees waarskynlik die entrepreneur se produkte sal koop,
staan as ... bekend.
A kliënte
B bemarkingsresep
C gaste
D teikenmark (1)
1.1.7 Die tipe media wat e-posse, webtuistes en selfone insluit om
produkte te bemark, staan as ... bekend.
A oudio
B visueel
C elektronies
D oudiovisueel (1)
1.1.8 Enige iets wat te doen het met hoe elke individu sy/haar persoonlike
voorkoms vestig:
A Versorging
B Welsyn
C Gevoel
D Welstand (1)
1.1.9 Vleis wat baie sag en lig van kleur is en verkry word van kalwers,
staan as ... bekend.
A pluimvee
B beesvleis
C kalfsvleis
D wildsvleis (1)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GASVRYHEIDSTUDIES 5
1.1.10 Wanneer ʼn persoon aan diabetes ly, beteken dit die persoon se
liggaam produseer nie genoeg ... nie.
A cholesterol
B kalorieë
C immuniteit
D insulien (1)
1.1.11 Die virus verwoes die bloedselle wat verantwoordelik is vir die
normale funksionering van die immuunstelsel staan bekend as ...
A Rota-virus
B Staphylococcus virus
C Menslike immuniteitsgebrekvirus
D Salmonella virus (1)
1.1.12 Die verskil tussen die werklike koste om ʼn produk te produseer en die
bedrag waarvoor dit verkoop is, staan as ... bekend.
A bruto-wins
B werklike koste
C direkte koste
D netto-wins (1)
1.1.13 Groente met ʼn dubbelsoom-peul waarin enkele rye saad gehou word,
word ... genoem.
A neute
B peulgewasse
C kalbasse
D ranke (1)
1.1.14 Die mees gewildste geurmiddel vir nageregte wat geproduseer word
van die kakaoboon is:
A Room
B Koffie
C Mousse
D Sjokolade (1)
1.1.15 Die proses waardeur alkohol verhit en die reuke wat ontstaan vanaf
die residu geskei word om ʼn vloeistof met ʼn sterker alkoholinhoud te
vorm, staan bekend as ...
A distillering.
B afgieting.
C vermindering.
D konsentrasie. (1)
Downloaded from hlayiso.com
6 GASVRYHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2013)
1.2 PASITEMS
Pas die term in KOLOM A by die beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die letter
(A – F) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.10) op jou ANTWOORDBLAD.
VOORBEELD:
1.2.11 L
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kelnersvriend A Klein houers vir sout en peper of asyne en olies
1.2.2 Gueridon- B Die proses van krummels afvee deur gebruik te
bediening maak van ʼn gevoude servet
1.2.3 Voorsnyeenh C Die voorbereiding wat gedoen word deur
eid restaurantpersoneel voor en na ʼn funksie
1.2.4 Stelletjies D Oordra van voedsel van die opdienskottel na die
gas se bord op die sytafel of trollie – voor die gaste
1.2.5 Bedienings- E Die jaar waarin die wyn, veral wyn van hoë
toerusting gehalte, geproduseer is
1.2.6 Opruiming F ʼn Gereedskapstuk wat ʼn kurktrekker, lem en
botteloopmaker insluit, word die algemeenste
gebruik
1.2.7 Mise-en- G Toerusting wat gebruik word om wyn te verkoel
place
1.2.8 Versterkte H Opdienlepel en -vurk, maar kan ook bestaan uit
wyn messe, veral vismesse
1.2.9 Warmskink- I Gebruik om borde, opdienborde en kos warm te
bord hou
1.2.10 Oesjaar J Voorsny van vleisstukke, hoender of wildsvleis
K Wyn waarby ekstra alkohol by gevoeg is (10)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GASVRYHEIDSTUDIES 7
1.3 EENWOORD-ITEMS
Gee EEN woord of term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord of term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.10) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD neer:
1.3.1 Alle voedsel wat volgens Islamitiese wette voorberei is (1)
1.3.2 ʼn Klein deeltjie van ʼn deurlopende inventariskaart wat gebruik word
om aan te teken hoeveel items in die stoorkamer ontvang en weer
uitgereik is (1)
1.3.3 Formele of informele funksie wat vir ʼn groot hoeveelheid mense
georganiseer is (1)
1.3.4 Die soorte wyn wat met kaviaar en oesters bedien kan word (1)
1.3.5 Metode om produkte te bemark deur gebruik te maak van brosjures,
koepons, gratis monsters en strooibiljette (1)
1.3.6 ʼn Persoon wat hom/haar eie besigheid begin en wat bereid is om
berekende risiko’s te neem (1)
1.3.7 Om voedsel te versier deur iets by te voeg wat die voorkoms en die
smaak sal verbeter (1)
1.3.8 ʼn Tou of band wat baie styf om ʼn ledemaat geknoop word om
bloeding te stop (1)
1.3.9 Die proses om die binnekant van voorbereide stukke vleis met
fynvleis te stop (1)
1.3.10 Die kleurlose, reuklose middel wat uit diere se bene en kraakbene
verwyder word (1)
1.4 ONTBREKENDE WOORDE OF TERME
Kies die geskikste woord(e) of term(e) van die lys in die boks om die gapings in
die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die woord(e) of term(e) langs die
vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) op jou ANTWOORDBLAD neer.
Gepak, Water, Bedieningsvadoek, “Coaster”, Dekplekke, Kurk, Uitgereik
1.4.1 ... verwys na die aantal mense wat bedien word. (1)
1.4.2 Voorraad word van die sentrale stoorkamer ... wanneer ʼn rekwisisie
ontvang word. (1)
1.4.3 ... word benodig deur die liggaam om die opgeloste voedingstowwe
deur die liggaam te vervoer en om gewrigte te smeer. (1)
1.4.4 ... word deur kelners gebruik om die hande en polse teen
brandwonde te beskerm wanneer hulle warme borde dra. (1)
1.4.5 Wanneer vonkelwyn oopgemaak word, mag die ... nie uit die bottel
skiet nie; dit moet met ʼn sagte sug uitkom. (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Downloaded from hlayiso.com
8 GASVRYHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2013)
AFDELING B: GASVRYHEIDSKONSEPTE, GESONDHEID EN VEILIGHEID
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die plakkaat hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
WELKOM BY LAGOON BEACH HOTEL
“A memorable experience ever”
(“Hoe langer jy bly, hoe minder betaal jy.”)
Bly 2 nagte & Bly 4 nagte & Bly 3 nagte &
Spaar 15% Spaar 25% Spaar 20%
2.1.1 Evalueer die bostaande plakkaat na gelang van die riglyne wat
gevolg moet word wanneer ʼn plakkaat ontwerp word. (5)
2.1.2 Stel VIER geleenthede vir selfwerksaamheid voor wat die Lagoon
Beach Hotel kan. (4)
2.1.3 Verduidelik hoe die bogenoemde onderneming tot die plaaslike
ekonomie kan bydra. (2)
2.2 Om ʼn suksesvolle besigheid te verseker moet die entrepreneur ʼn voldoende
sakeplan saamstel. Van die inligting wat in ʼn sakeplan moet wees is die
finansiële plan.
Stel VYF punte voor wat oorweeg moet word wanneer ʼn finansiële plan
opgestel word. (5)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GASVRYHEIDSTUDIES 9
2.3 Spanwerk vir die Lagoon Beach hotel is baie belangrik om funksionerend te
wees.
Beveel SES maniere aan hoe om spanwerk in die bogenoemde onderneming
te bereik. (6)
2.4 Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.
ʼn Groep toeriste het siek geword nadat hulle middagete in ʼn plaaslike
restaurant gehad het. Die siekte is met die inname van water geassosieer. Agt
werknemers van die restaurant was ook siek. Ondersoek het getoon dat ʼn
septiese waterput aan die gebou die watertenk wat water aan die restaurant
verskaf, besmet. Monsters was geneem van twee toeriste en een restaurant
werknemer se uitwerpsels en water vir verdere ondersoekdoeleindes.
2.4.1 Identifiseer die siekte wat kon veroorsaak het dat die toeriste siek
word . Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.4.2 Lys VIER simptome wat die toeriste kon ervaar het. (4)
2.4.3 Bespreek kortliks die voorsorgmaatreëls wat deur die restaurant se
werkgewers gevolg kon word om die bogenoemde situasie te vermy. (4)
2.5 ʼn Sjef het homself met warm olie gebrand terwyl hy gebraaide vis voorberei
het.
Verduidelik die prosedure wat gevolg moet word om die sjef se wond te
behandel. (4)
2.6 Allergiese reaksies sal waarskynlik in die voedsel- en drankonderneming
plaasvind.
Gee VYF simptome van allergiese reaksies. (4)
TOTAAL AFDELING B: 40
Downloaded from hlayiso.com
10 GASVRYHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2013)
AFDELING C: VOEDSELPRODUKSIE
VRAAG 3
3.1 Jy is ʼn nuwe Inligtingstegnologiebestuurder by Walter Sisulu kollege. Jy begeer
om ʼn rekenaarstelsel te koop en te installeer vir die Gasvryheiddepartement.
3.1.1 Oorreed die rektor oor hoe rekenaars in die kombuis voordelig kan
wees vir spyskaartbeplanning. (5)
3.1.2 Stel VIER veilige aankooppraktyke voor vir die koop van
kombuisapparaat oor die internet. (4)
3.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:
Betty beplan om sjokolademousse as nagereg by haar onderneming te bedien.
Sy is nie seker vir hoeveel sy die nagereg sal moet verkoop nie. Sy sal graag ʼn
35%-wins op haar verkope wil maak. Help vir Betty om die berekeninge te
doen deur van die volgende inligting gebruik te maak.
Bestanddele:
120 g donker sjokolade @ R24,50 per 250 g
20 g koffie @ R12,99 per 100 g
4 groot eiers @ R14,45 per dosyn
125 mℓ room @ R11,99 per 250 mℓ
5 g gelatien @ R9,00 per 50 g
60 g strooisuiker @ R18,00 per 1,5 kg
3.2.1 Bereken die totale koste van die bestanddele. Toon alle berekeninge. (14)
3.2.2 Bereken die wins wat Betty op die bogenoemde nagereg sal maak. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GASVRYHEIDSTUDIES 11
3.3 Bestudeer die onderstaande spyskaart en beantwoord die vrae wat volg.
SPYSKAART
Salmtert
****
Wortelgroente Frittatas
****
Spinasie Quiche
****
Dadels toegedraai met Spek
****
Geurige Hoendervlerkies
****
Beeskebabs
****
Kaasballetjies
****
Komkommerkoppies
****
Profiteroles met Sjokoladesous
28 August 2013
3.3.1 Stel die soorte funksie voor waartydens die bogenoemde spyskaart
bedien kan word. (1)
3.3.2 Gee VIER voordele van die bogenoemde funksie. (4)
3.3.3 Evalueer die bogenoemde spyskaart na gelang van of die
hoeveelheid happies geskik is vir die funksie waar daar geen
aandete bedien sal word nie. (2)
3.3.4 Identifiseer EEN dis wat nie geskik vir Moslems is nie en verskaf
EEN rede vir jou antwoord. (2)
3.4 Beveel DRIE dieetriglyne aan vir ʼn persoon wat aan hipertensie/hoë bloeddruk
ly. (3)
3.5 Gee ʼn volledige beskrywing vir elk van die volgende vegetariërs:
3.5.1 Lakto-vegetariërs (1)
3.5.2 Veganiste (1)
3.5.3 Pesco-vegetariërs (1)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
12 GASVRYHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.1.1 Identifiseer die pasteideeg wat in die bogenoemde dis gebruik word. (1)
4.1.2 Stel enige TWEE ander disse voor wat gemaak kan word deur die
bogenoemde deeg in VRAAG 4.1.1 te gebruik. (2)
4.1.3 Gee DRIE eienskappe van die gebakte deeg in VRAAG 4.1.1. (3)
4.2 Bestudeer die onderstaande illustrasie en beantwoord die volgende vrae:
4.2.1 Identifiseer die vleissnitte genommer 1, 2, 6 en 8. (4)
4.2.2 Beveel die mees geskikte kookmetode vir die snitte genoem in
VRAAG 4.2.1 aan. (4)
4.2.3 Stel DRIE faktore voor wat die kooktyd van vleis beïnvloed. (3)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GASVRYHEIDSTUDIES 13
4.3 ʼn Gas is gereed om nagereg te bestel na die hoofgereg. Sy is nie seker of sy
Charlotte Russe of Charlotte Royale moet kies nie.
4.3.1 Onderskei tussen Charlotte Russe en Charlotte Royale. (2)
4.3.2 Bespreek DRIE stappe wat belangrik is in die voorbereiding van ʼn
gelatien dis. (6)
4.3.3 Verduidelik die uitwerking van die volgende bestanddele op gelatien-
disse:
(a) Rou pynappel (3)
(b) Te veel suiker (2)
(c) Melk (2)
4.4 Sommige gaste verkies om vleis met getekstureerde plantproteïene (TVP) te
vervang.
4.4.1 Bespreek VYF voordele in die gebruik van getekstureerde
plantproteïene. (5)
4.4.2 Gee DRIE punte oor hoe om boontjies korrek te bewaar. (3)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Downloaded from hlayiso.com
14 GASVRYHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2013)
AFDELING D: VOEDSEL- EN DRANKBEDIENNING
VRAAG 5
5.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Priscilla is aangestel as die voorraadbeheerder by Lagoon Restaurant. Sy is
baie entoesiasties oor haar nuwe werk en sy is baie vasberade om die werk tot
die beste van haar vermoë te doen. Omdat jy iemand is wat meer ervare is in
die voorraadbeheerprosesse, word jy gevra om vir Priscilla te help met inligting
aangaande voorraadbeheer.
5.1.1 Adviseer Priscilla ten opsigte van watter items sy moet nagaan
wanneer sy bestellings vir alkoholiese drankies ontvang. (5)
5.1.2 Stel DRIE punte voor oor hoe linne in die bogenoemde restaurant in
stand gehou moet word. (3)
5.2 Stel die geskikste wyn voor wat met die volgende disse in die Blue Lagoon
restaurant bedien kan word:
5.2.1 Arbeieroomys (1)
5.2.2 Kaasbord (1)
5.2.3 Beeskaserol (1)
5.2.4 Koffie (1)
5.3 Bespreek die basiese beginsels van wyn en bier met betrekking tot die
volgende:
5.3.1 Skink van wyn (3)
5.3.2 Redes hoekom bier in ʼn droë plek bewaar moet word (3)
5.3.3 Bedieningstemperatuur van elk (Wyn en Bier) (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GASVRYHEIDSTUDIES 15
5.4 Bestudeer die prent van tafeldekking by die Lagoon restaurant en beantwoord
die vrae wat volg.
5.4.1 Identifiseer die soorte funksie vir die bostaande tafeldekking. (1)
5.4.2 Verduidelik in SES punte hoe die opening mis-en-place vir die
bogenoemde restaurant uitgevoer kan word. (6)
5.4.3 Bespreek die prosedure wat gevolg moet word vir die gee van die
rekening in die bogenoemde restaurant. (4)
5.5 Professionele voorkoms van ʼn onderneming dra by tot ʼn mate van orde,
dissipline en netheid van die onderneming.
Beveel die personeel van die Lagoon restaurant aan hoe om ʼn professionele
gedragskode te onderhou. (5)
5.6 Stel voor hoe ʼn atmosfeer van ʼn informele etniese tema bereik kan word in die
bogenoemde tafeldekking. (4)
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 200
Downloaded from hlayiso.com
16 GASVRYHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2013)
NAAM EN VAN: GRAAD 12:
AFDELING A:
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.2 PASITEMS
1.1.1 A B C D 1.2.1
1.1.2 A B C D 1.2.2
1.1.3 A B C D 1.2.3
1.1.4 A B C D 1.2.4
1.1.5 A B C D 1.2.5
1.1.6 A B C D 1.2.6
1.1.7 A B C D 1.2.7
1.1.8 A B C D 1.2.8
1.1.9 A B C D 1.2.9
1.1.10 A B C D 1.2.10
1.1.11 A B C D (10 x 1) (10)
1.1.12 A B C D
1.1.13 A B C D
1.1.14 A B C D
1.1.15 A B C D
(15 x 1) (15)
1.3 EENWOORD-ITEMS 1.4 ONTBREKENDE WOORDE OF
ITEMS
1.3.1 1.4.1
1.3.2 1.4.2
1.3.3 1.4.3
1.3.4 1.4.4
1.3.5 1.4.5
(5 x 1) (5)
1.3.6
1.3.7
1.3.8
1.3.9
1.3.10
(10 x 1) (10) TOTAAL AFDELING A: 40
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Hospitality Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper