Downloaded from hlayiso.com
GRADE 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
GASVRYHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2013
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all

--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)



Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)
Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2013
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (40)
AFDELING B: Gasvryheidskonsepte en gesondheid en veiligheid (40)
AFDELING C: Voedselbereiding (80)
AFDELING D: Voedsel- en drankbediening (40)
2. Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Wanneer jy 'n trots Suid-Afrikaanse produk koop, dra jy by
tot die …
A koop van duur produkte.
B koop van minderwaardige produkte.
C opbou van die plaaslike ekonomie.
D opbou van die internasionale ekonomie. (1)
1.1.2 EEN van die volgende stellings is NIE van toepassing op goeie
spanwerk NIE:
A Om regverdig en eerlik met die span te wees
B Om in staat te wees om na dieselfde doelwit te streef
C Om nie bevooroordeeld te wees nie
D Om nie in staat te wees om sukses en mislukkings te deel nie (1)
1.1.3 … kan aan 'n pasiënt gegee word wat aan gastroënteritis ly.
A Melk met suiker en sout
B Melk met heuning en suurlemoen
C Water met suiker en sout
D Water met heuning en suurlemoen (1)
1.1.4 'n Simptoom van gastroënteritis is …
A naarheid.
B diarree.
C hoes.
D sproei. (1)
1.1.5 Die VERKEERDE behandeling van 'n ligte wond is om …
A die pasiënt vir skok te behandel.
B dit met 'n steriele verband te bedek.
C salf en olie aan die geaffekteerde deel te smeer.
D die geaffekteerde deel onder lopende water te hou. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/November 2013
NSS
1.1.6 … is die skatting of raming van die getal spyskaartitems wat
verkoop moet word.
A Vereenvoudiging
B Voorspelling
C Rekonsiliasie
D Aankoop (1)
1.1.7 Die totale koste van 'n sjokoladekoek is R75,00. Dit bedien agt
porsies. Een porsie kos dus …
A R9,38
B R9,34
C R9,32
D R9,36 (1)
1.1.8 Die … in chouxdeeg tree as 'n emulgeermiddel op.
A meel
B water
C eiers
D sout (1)
1.1.9 Charlotte … is 'n gelatiennagereg wat met Switserse rolkoek
uitgevoer word.
A Russe
B Royal
C Mousse
D Muscovite (1)
1.1.10 'n Voorbeeld van Mexikaanse kookkuns is …
A taco's.
B blini's.
C paella.
D fondue. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/November 2013
NSS
1.2 PASITEMS
Kies 'n definisie uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
TERME DEFINISIES
1.2.1 Bemarking A 'n groot groep tieners wat die goedere
en dienste sal koop
1.2.2 Produk
B identifiseer die mense wat die goedere
1.2.3 Teikenmark en dienste koop asook waar hulle
woon, hulle behoeftes en inkomste
1.2.4 Markgrootte
C bring nuwe produkte onder klante se
1.2.5 Markbeskrywing aandag
D goedere en dienste wat in 'n supermark
te koop aangebied word
E 'n paar mense wat jou produk koop en
'n groot persentasie wat by ander koop
F die prys van goedere en dienste wat
verkoop word
G gebruik verskillende tegnieke om die
publiek oor die goedere en dienste wat
jy wil verkoop, in te lig
H die getal mense in die gebied wat die
goedere en dienste wat jy verkoop,
aankoop
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/November 2013
NSS
1.3 SKRYF DIE ONTBREKENDE WOORD(E) NEER
Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 … is 'n rak in 'n stoorkamer wat aan een spesifieke item
toegeken is.
1.3.2 … is die term wat gebruik word om items soos melk, eiers, meel en
vleis te beskryf.
1.3.3 … is 'n tipe vla wat stysel as 'n verdikkingsmiddel het.
1.3.4 … word van styfgeklitste eierwit en suiker gemaak wat as 'n basis
vir baie nageregte en soetgebak gebruik word.
1.3.5 'n Franse tertdeeg met 'n droë holte is …
1.3.6 'n Apparaat wat met 'n vlambare jel verhit word en gebruik word om
voedsel warm te hou, word 'n … genoem.
1.3.7 Die Franse term vir voorafbereiding is …
1.3.8 'n … is 'n plek ('place setting') wat vir een persoon by die tafel
gedek is.
1.3.9 Tydens silwerbediening word brood vanaf die …-kant van die gas
bedien.
1.3.10 'n …-spyskaart laat gaste nie toe om die geregte self te kies nie. (10)
1.4 KIES DIE KORREKTE ANTWOORDE
Sekere items moet op 'n kwotasievorm verskyn. Kies VYF items uit die lys
hieronder (A–H) wat op 'n kwotasievorm moet verskyn en skryf dit in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld: J. Vervaldatum.
A Datum van geldigheid
B Personeelsalarisse
C Finale prys en ekstra koste
D Handtekening van die bestuurder
E Spesiale versoeke
F Deposito vereis
G Oorhoofse koste
H Datum vir betaling van balans (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/November 2013
NSS
1.5 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
rekwisisie; inventaris; bates; sopie;
kleindiefstal; voorraadbeheer; verkooppunt
1.5.1 Om by die gasvryheidsonderneming te steel
1.5.2 'n Rekenaarstelsel wat verkope maklik maak
1.5.3 'n Maat wat gebruik word om alkoholiese drankies te verkoop
1.5.4 Items wat langtermynwaarde het
1.5.5 'n Proses wat gebruik word om die verlies aan drank, wat tot lae
wins lei, te bepaal (5)
1.6 PASITEMS
Kies 'n definisie uit KOLOM B wat by die tipe wyn in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
TIPES WYN DEFINISIES
1.6.1 Brut A wyn waarby alkohol ingesluit is
1.6.2 Versnit B wyn wat 'n groot hoeveelheid
suiker bevat
1.6.3 Gefortifiseerd
C wyn wat koolstofdioksied bevat
1.6.4 Natuurlik
D 'n medium droëwyn
1.6.5 Vonkel
E 'n mengsel van twee wyne
F wyn waarin die doppe geweek het
G 'n baie droë wyn
H wyn waarby niks tydens die
gisproses gevoeg is nie
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/November 2013
NSS
AFDELING B: GASVRYHEIDSKONSEPTE EN GESONDHEID EN VEILIGHEID
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SJEF GLY EN DOEN BRANDWONDE AAN SY ARM OP
AS GEVOLG VAN WARM OLIE
'n Sjef wat 'n houer met aartappelskille gedra het, het verby 'n diepvetbraaier
geloop toe sy voet gly. Hy het sy hand uitgesteek om te keer dat hy val en het
sy arm in warm olie gedruk. Hy het brandwonde aan sy hand, arm en gesig
opgedoen omdat die warm olie op hom gespat het.
2.1.1 Noem die tipe brandwond wat die sjef opgedoen het. (1)
2.1.2 Verduidelik die prosedure wat gevolg moet word wanneer die sjef
se brandwonde behandel word. (4)
2.2 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1 Evalueer die professionele voorkoms van die sjef hierbo. (5)
2.2.2 Gee VIER wenke oor professionele etiek wat die sjef moet volg. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/November 2013
NSS
2.3 Kelners besef soms nie dat hulle onprofessioneel in die werkplek optree nie.
Noem VIER praktyke wat jy as onprofessionele gedrag sou beskou. (4)
2.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Jy is as 'n lid van die Champs Fried Chicken-bemarkingspan aangestel. Hulle
het 'n nuwe resep vir gebraaide hoender ontwikkel. Die bestuurder van
Champs Fried Chicken wil hê jy moet aan innoverende idees dink om hulle
produk te bemark omdat KFC hulle mededinger is.
2.4.1 Beveel maniere aan waarop jy Champs Fried Chicken kan bemark. (6)
2.4.2 Champs Fried Chicken se besigheidsplan het nie 'n begroting nie.
Noem items wat by hulle begroting ingesluit moet word. (4)
2.4.3 Dui DRIE beroepsgeleenthede aan wat Champs Fried Chicken
kan bied. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/November 2013
NSS
2.5 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
2.5.1 Is dit moontlik om tuberkulose te kry as die bogenoemde in die
kombuis plaasvind? (1)
2.5.2 Jy is 'n gasspreker en word gevra om met die kombuispersoneel
oor die oordrag van tuberkulose te praat.
Noem die volgende in jou toespraak:
• DRIE maniere waarop tuberkulose oorgedra kan word
• DRIE simptome van tuberkulose (3 x 2) (6)
2.5.3 Beveel TWEE metodes aan om tuberkulose te behandel. (2)
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/November 2013
NSS
AFDELING C: VOEDSELBEREIDING
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Drie groepe leerders is gevra om aan sekere aspekte van die
kosteberekening vir 'n funksie by die skool te werk. Hulle het die volgende in
hulle onderskeie groepe bereken:
GROEP 1: Die skaapvleispasteie het R120 gekos. Die groep wou 65% wins
maak.
GROEP 2: Die verkoopprys van die hoenderlasagne was R250. Die totale
koste van die voedsel was R60; arbeid het R20 gekos, ligte R30
en water R10.
GROEP 3: Hulle het R300 aan arbeidskoste bestee. Die totale koste was
R725.
3.1.1 Bereken die wins wat GROEP 1 gemaak het. (2)
3.1.2 Bereken die netto wins van GROEP 2. (4)
3.1.3 Bereken die % (persentasie) wat GROEP 3 aan arbeid bestee het. (3)
3.2 Rekenaars speel 'n belangrike rol in die stoor van resepinligting.
Vergelyk die stoor van inligting op 'n rekenaar met die stoor van inligting met
die hand. Tabuleer jou antwoord soos volg:
REKENAAR PER HAND
(3) (3) (6)
3.3 Noem enige VIER besonderhede wat op die rekwisisievorm om voorraad te
bekom, moet verskyn. (4)
3.4 Bestudeer die paragraaf oor chouxdeeg hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
Jou graad 12-klas het éclairs gebak. Toe die éclairs oopgemaak is om die vla
met 'n versiersak in te spuit, het hulle gevind dat daar geen holte was om die
vla in te spuit nie. In 'n tweede baksel éclairs het botter uitgesypel.
Gee TWEE redes vir elk van die volgende foute wanneer éclairs berei word:
3.4.1 Geen holte is gevorm nie. (2)
3.4.2 Botter sypel uit die éclairs (sinerese). (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/November 2013
NSS
3.5 Bestudeer die lys geregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Swartbekboontjieslaai
Amandelsemolinakoek deurweek met Heuningsitrusstroop
Gestoomde Broccoli op 'n Bed van Aartappels
Sitrusverglansde Jambon (Gerookte Ham)
Vars Roomgarnale
Geroosterde Vis met Gestoomde Groente
Gebraaide Vis en Skyfies
Soetsuur Vark
Kies TWEE geregte wat GESKIK en TWEE geregte wat NIE GESKIK is vir elk
van die volgende persone nie:
A 'n Persoon wat aan 'n hartsiekte ly
B 'n Moslem-gas
Gee EEN rede om jou keuse van GESKIKTE geregte te motiveer.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
GESKIK MOTIVERING NIE GESKIK
Persoon wat (i) (i) (i)
aan 'n
hartsiekte ly (ii) (ii)
(i) (i) (i)
Moslem-gas
(ii) (ii)
(10)
3.6 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Formele dinees is gewild tydens die feesseisoen. Die volgende gange word
gewoonlik by 'n formele dinee bedien: braaistuk en bykosse, nageregte, sop
en hors d'oeuvres.
3.6.1 Rangskik die gange in die lys hierbo in die korrekte
bedieningsvolgorde. (4)
3.6.2 Noem DRIE aspekte wat jy in ag sal neem wanneer jy 'n formele
dinee beplan. (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die foto van die lamsnit hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Tou
Gerol
4.1.1 Identifiseer die gereg hierbo. (1)
4.1.2 Noem die deel van die lam waaruit die snit geneem is om die gereg
te berei. (1)
4.1.3 Noem DRIE kenmerke van dié deel van die lam wat in
VRAAG 4.1.2 genoem is. (3)
4.1.4 Verduidelik die tegniek wat met die vleisrolsnit hierbo gebruik word. (1)
4.1.5 Noem die voordeel daarvan om die vleis te rol soos in die
foto hierbo. (1)
4.1.6 Die vleis in VRAAG 4.1.2 kan vakuumverpak word. Noem TWEE
voordele van vakuumverpakking. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/November 2013
NSS
4.2 Bestudeer die vegetariese spyskaart hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
SPYSKAART
Crudités
Groentelasagne/Groentequiche
Aartappelskyfies
Groen Mengelslaai
Vars vrugteslaai
Roomys
Tee/Koffie
24 September 2012
4.2.1 Noem die VIER tipes vegetariërs vir wie die spyskaart hierbo
geskik sal wees. (4)
4.2.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.2.1. (1)
4.3 Die restaurantbestuurder wil die hoofgereg op die spyskaart met 'n
peulgroentegereg vervang.
4.3.1 Verduidelik die term peulgroente. (1)
4.3.2 Stel 'n peulgroentegereg voor wat die hoofgereg kan vervang. (1)
4.4 GPP ('TVP') word deesdae in baie geregte gebruik.
4.4.1 Waarvoor staan die afkorting GPP ('TVP')? (1)
4.4.2 Stel TWEE plaaslike Suid-Afrikaanse groente voor wat geskik sou
wees om saam met GPP te bedien. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 15 DBE/November 2013
NSS
4.5 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Tertdeeg
Chantillyroom
4.5.1 Identifiseer die produk in die foto hierbo. (1)
4.5.2 Noem die tipe tertdeeg wat gebruik word om die gereg hierbo
te maak. (1)
4.5.3 Noem 'n ander gereg wat gemaak kan word met die tertdeeg wat in
VRAAG 4.5.2 genoem is. (1)
4.5.4 Noem TWEE maniere waarop lug by hierdie tertdeeg ingesluit kan
word. (2)
4.5.5 Noem die verhouding meel tot smeer wat in die tertdeeg gebruik
word. (1)
4.5.6 Graad 12-leerders ontdek dat die tertdeeg gekrimp het nadat dit uit
die oond gehaal is. Gee TWEE redes vir hierdie verskynsel. (2)
4.5.7 Noem TWEE algemene riglyne wat gevolg moet word wanneer
tertdeeg gemaak word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 16 DBE/November 2013
NSS
4.6 Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GRENADELLAMOUSSE
BESTANDDELE
2 ekstragroot eiers, geskei
125 mℓ strooisuiker
100 mℓ grenadellamoes
15 mℓ gelatien
50 mℓ koue water
150 mℓ room, liggies geklop
METODE
1. Meng eiergele en suiker in 'n hittebestande bak.
2. Roer grenadellamoes by en meng goed.
3. Plaas bak oor water wat prut vir ongeveer 5–10 minute of totdat die
mengsel begin verdik.
4. Sprinkel gelatien oor koue water en laat eenkant staan vir 'n paar minute.
5. Plaas gelatien in mikrogolfoond vir ongeveer 10 sekondes om te smelt.
Roer by vlamengsel in. Laat afkoel.
6. Klits eierwitte styf.
7. Vou eierwitte en room versigtig by die mengsel in.
8. Skep mengsel in 4–5 jellievorms of ramekins en plaas in die yskas om te
stol.
4.6.1 Gee EEN rede vir elk van die volgende stappe:
(a) Stap 3: Plaas bak oor water wat prut.
(b) Stap 4: Sprinkel gelatien oor koue water en laat eenkant
staan vir 'n paar minute.
(c) Stap 5: Plaas gelatien in mikrogolfoond vir ongeveer
10 sekondes om te smelt. (3)
4.6.2 Beskryf hoe jy die stolvorm sal voorberei voordat jy die mengsel
daarin gooi. (2)
4.6.3 Noem die tipe alkoholiese drankie wat tradisioneel saam die
nagereg hierbo bedien word. (1)
4.6.4 Noem en verduidelik die diens wat na die hoofmaal plaasvind
voordat die grenadellamousse bedien word. (3)
4.6.5 Verduidelik hoe die rekening aan die gaste oorhandig moet word
nadat hulle die nagereg geëet het. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 17 DBE/November 2013
NSS
AFDELING D: VOEDSEL- EN DRANKDIENS
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OOR KLAS EN SMAAK
'n Eeu nadat die Titanic gesink het, onthou ons
nog die maaltye wat bedien is.
Die Titanic is 'n droomskip genoem, en dit was ook so. Om net in die
eetvertrek van die Titanic te wees, was die prys van die vaart werd.
Die nageregtrollie het 'n verskeidenheid nageregte gehad, gemaak van
lemoene, stekelrige pynappels, granaatrooi pere in wyn geposjeer, 'n toring
klewerige gemmerrolletjies gevul met geklopte room en 'n profiteroles-
piramide.
Hulle het waarlik eersteklasmaaltye bedien, filet mignon, oesters en paté de
foie gras. Passasiers kon vir middagete kies vanaf 'n buffet wat kreef en
ingemaakte garnale met 'n consommé ingesluit het. Die skip het
banketvertrekke gehad wat bedoel was om glans vir die eersteklasmaaltye te
skep. Allerhande tipes geregte is bedien, soos geroosterde niertjies en spek,
ham en eiers, Weense worsies, bokwietkoek, broodrolletjies, botterbroodjies,
tee en koffie.
[Aangepas uit Rumblings, 15 April 2012, bl. 5]
5.1.1 Verduidelik die term profiteroles. (1)
5.1.2 Die nagereg is vanaf die trollie aan gaste bedien. Verduidelik hoe
dit gedoen moet word. (2)
5.1.3 Noem TWEE ander nageregte met eier as basis wat by die
nageregte op die trollie gevoeg kan word. (2)
5.1.4 Beveel TWEE bedieningstyle aan wat gebruik kan word om die
eersteklasmaaltye te bedien. Motiveer jou antwoord. (3)
5.1.5 Stel voor hoe dit moontlik sou wees om 'n aangename atmosfeer in
die banketvertrekke te skep. (4)
5.1.6 Noem TWEE werksgeleenthede wat in die banketvertrekke geskep
kan word. (2)
5.1.7 Noem EEN soort spesiale apparaat wat vir die banketfunksie
gebruik kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 18 DBE/November 2013
NSS
5.2 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
5.2.1 Identifiseer die tipe funksie waar die peuselhappies hierbo bedien
kan word. (1)
5.2.2 Evalueer tot watter mate die peuselhappies hierbo geskik is vir die
funksie wat in VRAAG 5.2.1 geïdentifiseer is. (1)
5.2.3 Bespreek hoe kelners die afsluitings-mise-en-place sal uitvoer vir
die funksie wat in VRAAG 5.2.1 geïdentifiseer is. (5)
5.2.4 Beveel TWEE plaaslike produkte of bestanddele aan wat bo-op die
peuselhappies hierbo gebruik kan word. (2)
5.2.5 'n Verskeidenheid peuselhappies is vir die funksie hierbo verskaf.
Verduidelik die faktore wat in ag geneem moet word wanneer
peuselhappies gekies word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 19 DBE/November 2013
NSS
5.3 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
5.3.1 Identifiseer die drankie wat in die foto hierbo bedien word. (1)
5.3.2 Teen watter temperatuur behoort die drankie hierbo bedien te
word? (1)
5.3.3 Is die glas gemerk B geskik vir die drankie wat bedien word? (1)
5.3.4 Verduidelik waarom die prosedure in die foto hierbo gevolg word
om die drankie te skink. (2)
5.3.5 Beveel die korrekte prosedure aan wat gevolg moet word wanneer
drankvoorraad ontvang word. (4)
5.3.6 Verduidelik hoe die drank in die foto hierbo (byskrif A) gestoor
moet word. (4)
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2013 Memo (Afr)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2013 Memo (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Hospitality Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper