Skip to content

Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paperHospitality StudiesGrade 12202316 pages

Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRADE 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GASVRYHEIDSTUDIES NOVEMBER 2023 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings. AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40) AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede; Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20) AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning; Voedselkommoditeite (80) AFDELING D: Sektore en loopbane; Voedsel- en drankbediening (60) 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. AFDELING A: VRAAG 1 – MOENIE 'n reël tussen antwoorde ooplos NIE, bv. 1.1.1 1.1.2 5. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 3 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B. VOORBEELD: 1.1.11 'n Goeie bron van vitamien C is … A melk. B lemoene. C vleis. D brood. ANTWOORD: 1.1.11 B 1.1.1 Die oppervlak van vleis word vinnig teen 'n hoë temperatuur verbruin om die geur te verbeter: A Smoor B Oondbraai C Soteer D Toeskroei (1) 1.1.2 'n Voorbeeld van harige wild: A Krokodil B Volstruis C Springbok D Fisant (1) 1.1.3 'n Preserveringsmetode waartydens voedsel in plastieksakke geplaas word en al die lug deur 'n gespesialiseerde proses verwyder word: A Spuitdroging B Vriesdroging C Lugdigte verpakking D Vakuumverpakking (1) 1.1.4 Die soort inligting wat NIE vereis word wanneer 'n bespreking gemaak word NIE: A Inkomste en uitgawes B Aantal gaste C Identiteitsnommer D Kontakbesonderhede (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 4 DBE/November 2023 NSS 1.1.5 'n Voorbeeld van 'n warm, gebakte eierbasis-nagereg: A Ryspoeding B Brood-en-botter-poeding C Kerspoeding D Malvapoeding (1) 1.1.6 Wanneer 'n … meringue voorberei word, word 'n warm suikerstroop by eierwitte gevoeg terwyl dit geklits word: A Franse B Sweedse C Italiaanse D Switserse (1) 1.1.7 Die algemene simptome van tuberkulose: 1 2 3 4 A 1, 2, 3 B 2, 3, 4 C 1, 3, 4 D 1, 2, 4 (1) 1.1.8 'n Hors d'oeuvre wat uit 'n croûte-basis en twee ander dele bestaan: A Pizette B Blinis C Palmiers D Canapés (1) 1.1.9 Inligting wat slegs op die etiket aan die agterkant van 'n wynbottel verskyn: A Bedieningstemperatuur B Naam van vervaardiger C Oorsprong van wyn D Kultivar (1) 1.1.10 Die gasvryheidsektor verseker goeie kliëntediens deur … te verskaf. A redelike afslag B goed opgeleide personeel C goed gedrukte spyskaarte D redelike pryse (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 5 DBE/November 2023 NSS 1.2 PASITEMS Kies die bedieningstyl uit KOLOM B wat by 'n bedieningsmetode in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H. KOLOM A KOLOM B BEDIENINGSMETODES BEDIENINGSTYLE 1.2.1 A familie B silwer C bordbediening D buffet 1.2.2 E Russies F gueridon G voorsny 1.2.3 1.2.4 1.2.5 (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 6 DBE/November 2023 NSS 1.3 PASITEMS Kies die soort wyn uit KOLOM B wat by die gereg in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H. KOLOM A KOLOM B GEREGTE SOORT WYN 1.3.1 Oondgebraaide beesvleis A rosé 1.3.2 Malvapoeding B Chardonnay 1.3.3 Geroosterde bottergarnale C sjampanje 1.3.4 Filterkoffie D hanepoot 1.3.5 Rissie-kruie-oesters E Shiraz F droë port G brandewyn (5 x 1) (5) 1.4 EENWOORD-ITEMS Gee EEN term/woord vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Om potensiële kliënte in te lig oor produkte en dienste wat hulle moontlik wil koop 1.4.2 Die tipe wyn waaruit die alkohol verwyder is 1.4.3 'n Tradisionele sous wat met oondgebraaide vark bedien word 1.4.4 'n Maleise styselgebaseerde melkpoeding wat met 'n meringue- bolaag gebak kan word 1.4.5 Verhitting en afkoeling van couverture-sjokolade tot spesifieke temperature wat 'n gladde, blink voorkoms tot gevolg het 1.4.6 'n Nie-alkoholiese drankie waar twee of meer bestanddele in lae opmekaar geplaas word 1.4.7 'n Tipe ryk tertdeeg wat gebruik word om tarte Tatin te berei 1.4.8 Die proses waar gesponsde gelatien oor stoom gesmelt word 1.4.9 'n Ronde, harde meringuedop gevul met roomys of geklopte room en vars vrugte 1.4.10 'n Proses wat ná rigor mortis plaasvind waar spiervesels afgebreek word en sagter vleis tot gevolg het (10 x 1) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 7 DBE/November 2023 NSS 1.5 KEUSE 1.5.1 Kies VYF peuselhappies uit die lys hieronder wat nie deur 'n Moslemgas genuttig kan word nie. Skryf slegs die letters (AJ) langs die vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK. A Rösti-aartappels B Sterk gekruide ('devilled') eiers C Quiche Lorraine D Hoendervlerkies ('Buffalo wings') E Salami baguette F Aartappel-samoesas G Romerige mossels H Duiwelruitertjies ('Devils-on-horseback') I Brandewynballetjies J Koffie Panna Cotta (5) 1.5.2 Identifiseer TWEE snitte hieronder wat van die voorkwart van 'n beeskarkas verkry word. Skryf slegs die letters (AD) langs die vraagnommer (1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer. A B C D DIKRIB KRUISSKYF DY PLATRIB (2) 1.5.3 Kies DRIE rolle van die Finansies-en-boekhouding-departement in 'n groot gasvryheidsonderneming uit die lys hieronder. Skryf slegs die letters (AF) langs die vraagnommer (1.5.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Instandhouding en opgradering van verkooppunt-sagteware B Bou klantelojaliteit C Betaal personeelsalarisse D Kontroleer bankprosedures E Verseker dat die hotel se beeld korrek geprojekteer word F Teken kontrakte met betroubare diensverskaffers (3) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 8 DBE/November 2023 NSS AFDELING B: KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE; HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT VRAAG 2 2.1 Bestudeer die aangepaste mediaverklaring hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MEDIAVERKLARING VRYDAG 24 FEBRUARIE 2023 PUBLIEK WORD NA EERSTE STERFGEVAL GEMAAN OM AAN CHOLERA-VOORKOMINGSMAATREËLS TE VOLDOEN Een provinsie het vyf choleragevalle bevestig. Ongelukkig het die vyfde geval die dood van die pasiënt, wat vroeër met erge waterige diarree in die hospitaal opgeneem is, tot gevolg gehad. Die departement se Uitbraakrespons en Ondersoekspan het reeds altesaam 12 nabye kontakte van die oorledene opgespoor. Twee van hierdie kontakte is personeellede van 'n restaurant. Die gesondheidsraad het die restaurantbestuur verseker dat hulle soos gewoonlik met sake kan voortgaan, aangesien hulle higiëniese praktyke en sanitasiesisteem aan die veiligheidstandaarde voldoen. [Aangepas uit mediaverklaring, 24/02/2023] 2.1.1 Noem DRIE simptome, behalwe waterige diarree, wat die kontakte kan ondervind. (3) 2.1.2 Motiveer waarom die restaurant nie in gevaar is om die siekte oor te dra nie. (4) 2.1.3 Beskryf die mense wat die meeste in gevaar is om die siekte op te doen. (3) 2.2 Gaste-opnames is een van die beste metodes om seker te maak dat die onderneming aan die gaste se verwagtinge voldoen. Bestudeer die gaste- opname hieronder en beantwoord die vraag wat volg. TAMM RESTAURANT RESULTATE VAN GASTE-OPNAME: 15 NOVEMBER 2023 ITEM BEOORDELING Gehalte van die voedsel 4 Wagtyd vir die maaltyd 1 Tyd wat dit geneem het om 'n sitplek te kry 4 Neem van die kosbestelling 3 Professionalisme en effektiwiteit van die personeel 3 Algehele uitnemende diens 1 Aanbeveling van restaurant aan vriende 1 Beoordelingskaal: 1  Swak; 2  Aanvaarbaar; 3  Goed; 4  Uitstekend Analiseer die impak wat die positiewe en negatiewe resultate op TAMM Restaurant en die winsgewendheid daarvan kan hê. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 9 DBE/November 2023 NSS 2.3 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vyfster Viswinkel het as gevolg van beurtkrag baie uitdagings met die kontrole van hulle voorraad ervaar. Maandag het 'n vragmotor van 'n vis- groothandelaar 10 bokse viskoekies afgelewer. Aangesien die rekenaars van lyn af was, moes die stoorman 'n handgeskrewe voorraadkontrolekaart opstel en hy het in die proses vyf bokse verkeerdelik opgeteken. GEREKENARISEERDE VOORRAADKONTROLEKAART Prys Voorraad Voorraad Beskrywing Datum per Balans ontvang op hande eenheid Skelvis- viskoekies 22/11/2023 (a) R45,99 12 (b) 300 g 2.3.1 Korrigeer inligting (a) en (b) wat die stoorman op die gerekenariseerde voorraadkaart moet opteken. (2) 2.3.2 Verduidelik kortliks hoe rekenaars voordelig is vir voorraadkontrole- stelsels by Vyfster Viswinkel. (4) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 10 DBE/November 2023 NSS AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING; VOEDSELKOMMODITEITE VRAAG 3 3.1 Bestudeer die volgende keuse van geregte vir 'n spyskaart en beantwoord die vrae wat volg. Hors d'oeuvre Entrée Hoofgereg Nagereg Sushi Geroosterde-spek- Schnitzels Sjokolade- en-kaas-sampioene bedien met mousse Aartappelkrokette 3.1.1 Noem TWEE anafilaktiese reaksies wat 'n gas kan toon nadat die geroosterde-spek-en-kaas-sampioene geëet is. (2) 3.1.2 Evalueer die keuse van voedselgeregte vir 'n formele viergangspyskaart. (5) 3.1.3 Die keuse van geregte is nie geskik vir 'n gas met diabetes nie. Motiveer jou antwoord. (4) 3.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. CROQUEMBOUCHE GOUGÈRES 3.2.1 Onderskei tussen die chouxdeeg-poffertjies wat in die croquembouche en gougères gebruik word. Tabuleer jou antwoord soos volg: CROQUEMBOUCHE GOUGÈRES (1) (1) (2) 3.2.2 Stel voor hoe die gebakte chouxdeegpoffertjies wat vir die croquembouche gebruik word, gestoor kan word indien dit twee dae voordat dit aanmekaargesit word, berei word. (2) 3.2.3 Verduidelik DRIE moontlike redes waarom die gebakte gougères swaar en olierig kan wees. (3) 3.2.4 Beskryf die bereiding van die spinsuiker wat gebruik is om die croquembouche te garneer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 11 DBE/November 2023 NSS 3.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WARM BEROKING 3.3.1 Beskryf die proses van warm beroking. (1) 3.3.2 Verduidelik die voordele van warm beroking. (4) 3.3.3 Noem DRIE soorte voedsel wat gepreserveer kan word deur warm beroking te gebruik. (3) 3.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PLANT CAFÉ Een van Oos-Londen se voedselskatte is Plant Café wat in ongeprosesseerde veganiese kosse spesialiseer. Dit is 'n volledige veganiese eetplek wat trots is op hulle heerlike plantgebaseerde maaltye, skemerkelkborde, vrugteskommels ('smoothies'), sappe en nageregte. Terwyl jy daar is, kan jy ook jou voorraad aanvul, soos melkplaasvervangers en bestanddele vir gebak. 3.4.1 Gee EEN voorbeeld van 'n plantgebaseerde melkplaasvervanger wat gebruik kan word om die vrugteskommels op die spyskaart van Plant Café te berei. (1) 3.4.2 Maak 'n lys van die voordele van die inname van plantgebaseerde maaltye. (4) 3.4.3 Voorspel waarom die Plant Café moontlik nie so gewild onder fleksitariërs as onder veganiste ('vegans') sal wees nie. (3) 3.4.4 Bestudeer die lys met hors d’oeuvres hieronder en kies TWEE items wat NIE vir die Plant Café se skemerkelkborde geskik is NIE. Motiveer ELKE item wat gekies is. LYS VAN HORS D'OEUVRES rissoles; foie gras; salsa; crudités; tofu-stokkies; hummus; vishappies (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 12 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4 4.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Crème Pâtissière Aarbeijellie 4.1.1 Noem TWEE tegnieke wat jy kan gebruik om die aarbeijellie- mengsel af te koel om vinniger te stol. (2) 4.1.2 Bespreek hoe die byvoeging van ekstra suiker die stolling van die aarbeijellie sal beïnvloed. (1) 4.1.3 Beskryf TWEE maniere hoe jy die vorm vir die jellie sal voorberei. (2) 4.1.4 Noem VIER hoofbestanddele wat gebruik word om die Crème Pâtissière te berei. (4) 4.1.5 Verduidelik waarom die Crème Pâtissière nie by 'n hoë temperatuur skif nie. (1) 4.2 Bestudeer die prente van soet broskorsdeeg hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B C TEGNIEK GEKRIMPTE DEEG VRUGTETERTJIE 4.2.1 Motiveer waarom die apparaat, toerusting en bestanddele yskoud gehou moet word wanneer die broskorsdeeg berei word. (2) 4.2.2 Verduidelik die rol wat suiker in die gebakte broskorsdeeg speel. (2) 4.2.3 Identifiseer die tegniek in PRENT A. (1) 4.2.4 Gee TWEE redes waarom die deeg in PRENT B gekrimp het nadat dit gebak is. (2) 4.2.5 Identifiseer die versiering van die vrugtetertjie in PRENT C. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 13 DBE/November 2023 NSS 4.3 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Jy is die gasheer van 'n aandete en die hoofgereg is skaapvleispotjiekos. 4.3.1 Stel die mees geskikte skaapvleissnitte vir die potjiekosgereg voor. (3) 4.3.2 Identifiseer en beskryf die gaarmaakmetode wat gebruik word om die skaapvleis gaar te maak. (3) 4.3.3 Noem TWEE kwaliteitseienskappe van die vet en tekstuur van skaapvleis. Tabuleer jou antwoorde soos volg: VET TEKSTUUR (2) (2) (4) 4.4 Verduidelik hoe die verlies aan sarkoplasma tydens die bereiding en gaarmaak van die vleissnitte vir die potjiekosgereg voorkom kan word. (3) 4.5 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mpumzale Troue 50 gaste 24 Augustus 2023, vanaf 14:00 tot 21:00 ITEM PRYS VOEDSEL- EN DRANKKOSTE Voedsel R4 500,00 Troukoek R1 200,00 Drankies R3 000,00 HUUR Musiek en vermaak R1 500,00 Groot tent en Tiffany-stoele R4 500,00 Lasergesnyde naamkaartjies R600,00 Blomme R500,00 Tydelike personeel (Kelners x 5 @ R100,00 per uur) 4.5.1 Bereken die arbeidskoste vir die duur van die funksie. Toon ALLE formules en berekeninge. (3) 4.5.2 Identifiseer TWEE items wat deel uitmaak van die oorhoofse koste. (2) 4.5.3 Bereken die totale koste van die troue. Toon ALLE formules en berekeninge. (4) [40] TOTAAL AFDELING C: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 14 DBE/November 2023 NSS AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE; VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING VRAAG 5 5.1 Bespreek die rolle en verantwoordelikhede van 'n nag-ouditeur. (2) 5.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Statistiek Suid-Afrika het in 'n verslag aangedui dat die totale inkomste vir die hotelsektor in Julie 2022 laer was as die totale inkomste in Julie 2019, terwyl besetting ook afgeneem het. 5.2.1 Verduidelik hoe die bemarkingsdepartement se personeel in die gasvryheidsbedryf klante kan lok om verkope te verhoog. (4) 5.2.2 Noem en beskryf TWEE nie-inkomstegenererende areas in 'n akkommodasie-onderneming wat 'n bydrae maak tot 'n verhoging in inkomste as gevolg van die positiewe beeld wat dit skep. (4) 5.2.3 Noem VIER maniere waarop 'n hoër inkomste in die hotelsektor tot die Suid-Afrikaanse ekonomie kan bydra. (4) 5.3 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Tydens 'n onlangse besoek aan Kaapstad, het Thandi en Thabo die land se kulinêre cuisine ervaar deur verskillende voedselstalletjies te besoek en gebruik te maak van die jongste motorfietsbestuurderdienste. Die motorfietsbestuurders het ook as voedselgidse gedien. Thandi en Thabo het saamgespan om hierdie besigheidsidee vir jong voedselentoesiaste na die Durban-strandfront te bring. Hulle het met drie motorfietsbestuurders en 10 voedselstalletjies, wat spesialiseer in 'n verskeidenheid cuisine, begin. Hulle wil die hele strandfront-area vanaf die Suncoast Casino tot Ushaka Marine World binne ses maande bedien. Thandi en Thabo wil ook die dienste na ander provinsies uitbrei. 5.3.1 Identifiseer die teikenmark. (1) 5.3.2 Ontwikkel 'n sakeplan vir Thandi en Thabo se besigheidsidee, onder die volgende opskrifte: (a) Besigheidsbeskrywing (2) (b) Personeelplan en posbeskrywings (4) 5.3.3 Stel VIER bekostigbare visuele bemarkingsmiddele voor wat hulle kan gebruik om hulle besigheid te bemark. (4) 5.3.4 Noem VYF eienskappe van 'n goeie visuele bemarkingsmiddel. (5) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 15 DBE/November 2023 NSS VRAAG 6 6.1 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 6.1.1 Regverdig waarom die wyn in die prentjie hierbo as 'n vonkelwyn geklassifiseer word. (1) 6.1.2 Stel 'n witdruif-kultivar voor wat gebruik kan word om die wyn hierbo te produseer. (1) 6.1.3 Noem TWEE metodes om vonkelwyn te produseer. (2) 6.1.4 Noem die graad van soetheid vir ELK van die volgende: (a) Sec (1) (b) Doux (1) 6.1.5 Maak 'n lys van VIER algemene vereistes vir 'n binneverbruik(op die perseel)-dranklisensie. (4) 6.2 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag. Beskryf die algemene reëls vir die bereiding van skemerkelkies wanneer die metode in die prentjie hierbo gebruik word. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Gasvryheidstudies 16 DBE/November 2023 NSS 6.3 Bestudeer die diagram van 'n tafelsitplekplan vir 'n formele funksie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mev. M Zulu Mnr. K Zulu Mev. F Roux Mnr. J Smith Mnr. K Jabe (GASHEER) Mev. T Mahlatji Mev. A Brand Mev. T Naidoo 6.3.1 Gee die naam van die gas wat soos volg bedien gaan word: (a) Eerste (1) (b) Vierde (1) (c) Laaste (1) 6.3.2 Noem VYF riglyne om te volg wanneer 'n lokaal vir 'n formele funksie opgestel word. (5) 6.3.3 Verduidelik hoe die gaste by die restaurant gegroet en verwelkom sal word. (4) 6.4 Verduidelik hoe jy 'n gas sal hanteer wat tydens restaurantdiens met 'n kelner flirt. (3) [30] TOTAAL AFDELING D: 60 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Hospitality Studies

View all