Downloaded from hlayiso.com
GRADE 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GASVRYHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2022
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all

--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)



Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)
Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane;
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. AFDELING A: VRAAG 1: Moet NIE 'n reël tussen die antwoorde ooplaat NIE,
bv.
1.1.1
1.1.2
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B
VOORBEELD:
1.1.11 'n Goeie bron van vitamien C is …
A melk.
B lemoene.
C vleis.
D brood.
ANTWOORD:
1.1.11 B
1.1.1 Om die risiko van hoë cholesterol te verminder, is die volgende
bestanddeel 'n gesonde keuse:
A Olyfolie
B Sonneblomolie
C Volroommelk
D Kondensmelk (1)
1.1.2 Kies 'n voorbeeld van 'n oorhoofse koste uit die prentjies (A–D)
hieronder.
KOMBUISPERSONEEL RESTAURANTPERSONEEL
HUUR
KRUIDENIERSWARE
A B C D (1)
1.1.3 Gedurende die afkrummelingsproses word …
A slegs leë glase verwyder.
B die nageregeetgerei verwyder.
C die nageregeetgerei afgetrek.
D slegs die glase afgetrek. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/November 2022
NSS
1.1.4 Hepatitis A is 'n siekte wat die … affekteer.
A maag
B longe
C niere
D lewer (1)
1.1.5 Kies die mees gepaste voorbeeld van professionalisme in die
gasvryheidsbedryf uit die prentjies (A–D) hieronder.
A B C D (1)
1.1.6 Kies 'n gereg wat vir 'n Joodse gas geskik sal wees:
A Mini-quiche Lorraine
B Sampioen-rollade
C Kreef thermidor
D Gerookteham-pizette (1)
VRAAG 1.1.7 en 1.1.8 verwys na die karkas hieronder.
1.1.7 Die mees geskikte dele van die karkas om ontbeen en gerol te
word:
A 4, 6, 7
B 3, 5, 7
C 3, 6, 9
D 2, 4, 5 (1)
1.1.8 Saratoga-tjops en kroonbraad word met hierdie snitte voorberei:
A 4, 6
B 1, 3
C 1, 5
D 5, 6 (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/November 2022
NSS
1.1.9 'n Geskikte gaarmaakmetode vir lamsosaties:
A Stowe
B Bak
C Rooster
D Stoom (1)
1.1.10 Die tegniek, wat in die prentjie hieronder getoon word, word op
vleissnitte toegepas:
A Marinering
B Bardering
C Lardering
D Skroeiing (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/November 2022
NSS
1.2 PASITEMS
Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die skemerkelkhappie in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.7 J.
KOLOM A KOLOM B
SKEMERKELKHAPPIE BESKRYWING
1.2.1 Rösti A vis saam met rys gerol, toegedraai in
nori-velle en in ronde skywe gesny
1.2.2 Pâté
B gevulde deegvelletjie ('wrapper') wat
1.2.3 Chinese rolletjies opgerol en gediepbraai is
('Spring rolls')
C bros ronde goudbruin aartappelkoekie
1.2.4 Rissoles
D blokkies gebraaide brood as garnering
1.2.5 Blini gebruik
1.2.6 Soesji E gladde hoenderlewersmeer wat saam met
Melba-roosterbrood bedien word
F mengsel van gemaalde vleis, gekapte uie,
melkgeweekte broodkrummels en geklitste
eier in balletjies gevorm en gesoteer
G verskeidenheid rou groente op 'n bord
saam met 'n doopsous bedien
H plaatkoekies met 'n gisbasis saam met
suurroom en kaviaar bedien
(6 x 1) (6)
1.3 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die nie-inkomstegenererende area
in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.5 G.
KOLOM A KOLOM B
NIE-INKOMSTE- BESKRYWING
GENERERENDE AREA
1.3.1 Sekuriteit A beheer/bestuur finansies en bates
1.3.2 Instandhouding B hanteer verdagte aktiwiteite en beskerm die
instansie
1.3.3 Voorkantoor
C dra by om meer gaste te lok
1.3.4 Wassery
D dra by tot die gladde verloop van elektriese
stelsels en loodgietery
E inboek- en uitboekprosedures
F versorg linne en gordyne
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/November 2022
NSS
1.4 EENWOORDITEMS
Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 'n Trollie wat in hoogs gesofistikeerde restaurante gebruik word om
geregte in die teenwoordigheid van die gaste te flambé
1.4.2 'n Plaasvervanger vir gelatien wat vir veganiste geskik is
1.4.3 Die getal glase wat vir twintig gaste by 'n skemerkelkfunksie benodig
word
1.4.4 'n Warm nagereg met 'n sponskoekbasis wat met 'n warm, versoete
room-en-bottersous deurweek is
1.4.5 Die naam van die metode wat in Suid-Afrika gebruik word waar die
tweede fermentasie van vonkelwyn in die bottel plaasvind
1.4.6 Die term wat gebruik word vir vleis wat afkomstig is van diere en voëls
wat gejag word
1.4.7 'n Groep mense wat waarskynlik jou produk sal koop
1.4.8 Die tipe wins wat bepaal word deur die verskil tussen die verkoopprys
en die totale koste te bereken
1.4.9 Die biologiese stof ('substance') in vars pynappel wat jelvorming
voorkom
1.4.10 Papierdun deeg wat met 'n klam vadoek bedek moet word om (10)
uitdroging te voorkom (10 x 1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/November 2022
NSS
1.5 KEUSE
1.5.1 Kies DRIE additiewe hieronder wat by die preservering van
piekeluie gebruik kan word. Skryf slegs die letters (A–F) langs die
vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Natriumpropionaat
B Bensoësuur
C Natriumbensoaat
D Olyfolie
E Suikerstroop
F Bruin asyn (3)
1.5.2 Om die swak punte in 'n besigheid te identifiseer, word 'n
SWOT-analise gedoen. Kies DRIE voorbeelde hieronder wat met
die swak punte in 'n besigheid te make het. Skryf slegs
die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5.2) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Gebrek aan finansies om 'n besigheid te bedryf
B Gapings in die mark om klein besighede uit te brei
C Swak vaardighede en vermoëns om produkte te lewer
D Inagneming van demografiese faktore soos ouderdom
E Geen bates om die besigheid mee te bedryf nie
F Straatverkopers wat dieselfde produkte verkoop (3)
1.6 VOLGORDE
Herrangskik die stappe om die broskorsdeegtertdop hieronder te berei. Skryf
slegs die letters (A–D) in die korrekte volgorde langs die vraagnommer (1.6)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
A B C D (4)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B: KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TUISNYWERHEID AAN UITBREKING GEKOPPEL
Owerhede ondersoek die uitbreek van gastroënteritis wat aan 'n tuisbesigheid
gekoppel kan word. Klante en sommige werknemers het 'n verskeidenheid
simptome aangemeld nadat hulle hoenderpasteie, wat by dié besigheid
gekoop is, geëet het. Owerhede het voedselhanteerders daaraan herinner om
te alle tye goeie voedsel- en persoonlikehigiëne-praktyke te volg.
2.1.1 Maak 'n lys van VIER simptome wat die mense kan ondervind. (4)
2.1.2 Regverdig waarom die geïnfekteerde werknemers huis toe gestuur
is. (3)
2.1.3 Behalwe persoonlike higiëne, beveel ander praktyke aan wat
toegepas moet word om die verspreiding van gastroënteritis te
voorkom. (4)
2.2 Beskryf VIER voorsorgmaatreëls wat in ag geneem moet word wanneer
aanlyn aankope gedoen word. (4)
2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Hierdie oesters is veronderstel ONMOONTLIK!!!!
om die beste in die land te wees, Ons kos is van die hoogste kwaliteit …
maar dit is nie vars nie!!! Kan ek voorstel dat indien u die
kwaliteit van ons cuisine betwyfel, u
eerder na 'n ander restaurant toe gaan!!
2.3.1 Lewer kommentaar op die uitkoms van die gaste se verwagtings. (1)
2.3.2 Kritiseer die vlak van kliëntediens wat die kelner toon. (4)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/November 2022
NSS
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die uittreksel uit 'n resep vir 'n mango-charlotte hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
MANGO-CHARLOTTE
BESTANDDELE: METODE:
20 sponsvingerbeskuitjies 1. Berei die charlotte-vorm voor.
2. Voer die kante van die charlotte-vorm met
MANGOVULSEL: vingerbeskuitjies uit.
20 mℓ gelatienpoeier 3. Voeg gelatienpoeier by water in 'n
75 mℓ water hittebestande bak, los vir 'n paar minute
160 mℓ melk om die water te absorbeer en plaas dan
5 ekstragroot eiers, geskei die gelatien oor pruttende water om tot
160 mℓ strooisuiker deurskynend te smelt.
200 g geblikte mango's, 4. Verhit melk in 'n kastrol. Klits eiergele en
gepuree helfte van die suiker saam. Voeg die
160 mℓ vars room, geklop eiermengsel by die warm melk in die
kastrol en meng goed. Kook vir 5 minute.
Verwyder van die hitte.
5. Laat mengsel afkoel en voeg gelatien by.
6. Klits die eierwitte tot skuimerig. Voeg die
res van die suiker geleidelik by en klits tot
stywepuntstadium.
7. Vou die mango-puree liggies met 'n lepel
in. Vou die geklopte room in.
8. Skep die vulsel in die middel van die
charlotte-vorm.
3.1.1 Beskryf hoe om die vorm vir die mango-charlotte voor te berei. (1)
3.1.2 Identifiseer die TWEE gelatienprosesse wat in Stap 3 beskryf word.
Skryf slegs die name van die prosesse in die korrekte volgorde
neer. (2)
3.1.3 Klassifiseer die produk wat in Stap 4 berei word. (1)
3.1.4 Verkeerde metodes is in Stap 4 gebruik. Voorspel die moontlike
uitkomste van die produk in Stap 4. (2)
3.1.5 Stel voorsorgmaatreëls voor wat gevolg moet word wanneer die
produk in Stap 4 berei word om te verseker dat die produk
suksesvol sal wees. (3)
3.1.6 Gee nog 'n metode, behalwe die een in Stap 3, wat gebruik kan
word om die gelatien te smelt. (1)
3.1.7 Identifiseer die tipe meringue wat in Stap 6 berei word. (1)
3.1.8 Beskryf riglyne om gedurende die bereiding van die meringue
te volg. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/November 2022
NSS
3.2 Die Davey-hotel het 'n verskeidenheid roomys en granita op die spyskaart.
3.2.1 Onderskei tussen die twee bevrore nageregte. (2 x 2) (4)
3.2.2 Evalueer die geskiktheid van die gebruik van spinsuiker as 'n
bolaag vir die roomys. (3)
3.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Leerlingsjef het 'n spyskaart saamgestel wat op produkte wat by 'n
spesialiteitvoedselmark gekoop is, gebaseer is.
spyskaart SPESIALITEITVOEDSELMARK
Spesialiseer in plantgebaseerde produkte
Botterskorsiesop met
Kaasrolletjies
Filodeegmandjies met
geroosterde groente Bestanddele gekoop:
Perskes
Soja-schnitzels
Gebraaide Soja-schnitzel met 'n Botterskorsies
Griekse Slaai Geroosterde amandels
Perske-Compote met
geroosterde amandels
Tee en Koffie
3.3.1 Regverdig waarom die spyskaart NIE KORREK volgens die reëls
vir die skryf van 'n spyskaart is NIE. (5)
3.3.2 Bepaal die tipe vegetariër wat slegs die voedselitems wat by die
spesialiteitvoedselmark gekoop is by sy/haar dieet sal insluit. (2)
3.3.3 Verduidelik waarom die soja-schnitzels 'n uitstekende
vleisvervanger is. (4)
3.3.4 Bespreek die voedingsvoordele om die geroosterde amandels by
die nagereg te voeg. (2)
3.3.5 Beskryf TWEE ander kreatiewe maniere om geroosterde amandels
as garnering/bykomstigheid in die bereiding van die nagereg te
gebruik. (2)
3.3.6 Evalueer die geskiktheid van die spyskaart vir 'n Hindoe-gesin. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WAGYU-SKOF* YORKSHIRE-POEDING
*Wagyu-bief is uitstekende kwaliteit bief wat
van beeste wat in 'n rustige omgewing
aangehou en volgens 'n spesiale dieet gevoer
word, verkry word.
4.1.1 Beveel 'n geskikte gaarmaakmetode vir die skof aan. (1)
4.1.2 Verduidelik TWEE faktore wat die uitstekende kwaliteit van die
Wagyu-skof voor slagting beïnvloed het. (2)
4.1.3 Beoordeel die gebruik van die Yorkshire-poeding as 'n
bykomstigheid by die skof. (2)
4.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A B
Identifiseer en beskryf die tegnieke in Prente A en B. (2 x 3) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/November 2022
NSS
4.3 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BOUCHÉE-DOPPIES
5 cm
A B
4.3.1 Identifiseer die deeg wat in die bereiding van die bouchées gebruik is. (1)
4.3.2 Skryf die verhouding van vet tot meel wat in die deeg gebruik is, neer. (1)
4.3.3 Evalueer die voorkoms van die bouchée-doppie in Prent A. (3)
4.3.4 Gee riglyne wat gevolg moes word om 'n suksesvolle voorkoms en
tekstuur van die produk in Prent B te verseker. (3)
4.4 Bestudeer die etiket van ingemaakte pere hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
ETIKET KOSPRYS VAN
BESTANDDELE
Bestanddele:
Pere, suiker,
suurlemoensap,
pektien
Pere: R27,99
Ceres-vallei 25
Suiker: R9,99
KAAPSTAD Suurlemoensap:R6,00
SUID-AFRIKA Pektien: R5,00
Om varsheid na
oopmaak te
behou, verkoel PEERSKYFIES IN
SUIKERSTROOP
in yskas
4.4.1 Bepaal die inligting wat op die etiket ontbreek. (4)
4.4.2 Bespreek hoe inmaak gebruik word om die pere te preserveer. (4)
4.4.3 Bereken die volgende. Toon ALLE formules en berekeninge.
(a) Voedselkoste van die peerskyfies in suikerstroop (2)
(b) Die verkoopprys van die peerskyfies in suikerstroop deur 'n
voedselkostepersentasie van 40% te gebruik (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/November 2022
NSS
4.5 Bestudeer die illustrasies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.5.1 Identifiseer die chouxdeegproduk in die prentjies hierbo. (1)
4.5.2 Gee die temperatuur wat benodig word om die produk te braai. (1)
4.5.3 Beskryf hoe die produk hanteer moet word onmiddellik nadat dit
gebraai is. (1)
4.5.4 Regverdig hoekom die volgende prosedures belangrik is wanneer
chouxdeeg berei word:
(a) Moenie die water en smeer vir te lank kook nie. (2)
(b) Eiers moet bietjies op 'n slag by die afgekoelde deeg
gevoeg word. (2)
(c) Moenie meer meel by die deeg voeg nadat die meelmengsel
reeds gekook is nie. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 15 DBE/November 2022
NSS
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Internasionale toergroep het die Mpumzale-restaurant besoek. Een van die
gaste, wat 'n paar drankies te veel gehad het, het baie luidrugtig geraak en
die ander gaste begin pla. Die kelner het die gas hoflik gevra om op te hou.
Toe die gas op nog 'n drankie aangedring het, het die kelner geaarsel, maar
toe wel die drankie bedien. Die gas het so besope geraak dat hy op die tafel
begin dans het. Hy het sy balans verloor, van die tafel afgeval en sy enkel
gebreek.
5.1.1 Noem die personeellid wat die kelner moes ondersteun het. (1)
5.1.2 Redeneer of die kelner die situasie met die besope gas reg hanteer
het. (4)
5.1.3 Behalwe noodhulp, stel voor hoe die restaurantpersoneel hierdie
onvoorsiene omstandigheid waar die gas sy enkel gebreek het,
moet hanteer. (3)
5.2 Bestudeer die advertensie en webblad hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
ADVERTENSIE WEBBLAD
WERKSGELEENTHEID:
Televerkoopbestuurder vir Mpumzale-
gastehuis ***MPUMZALE LUUKSE GASTEHUIS***
R999
p.p.p.n.
Kwalifikasies: Graad/Nagraads Die gastehuis is 200 m vanaf die strand geleë.
Aantal jare ondervinding: 5 jaar Gratis watersport is beskikbaar. Naby
Energiek met 'n positiewe ingesteldheid wandelpaaie en watervalle. 24-uur-ontvangs en
Kriteria vir seleksie: kamerdiens.
Persoonlike onderhoud HOOGTEPUNTE
Bespreek aanlyn bemarkingsinstrument
Omvattende CV
( www.mpumzale.com)
Kontakbesonderhede: +27 (0)11 555 5555
Akkommodasie Gourmet-etes Spa
Sluitingsdatum: 6 Mei 2022
BESPREEK NOU!!!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 16 DBE/November 2022
NSS
5.2.1 Noem die departement waaronder die televerkooppersoneel val. (1)
5.2.2 Noem die rolle en verantwoordelikhede van 'n
televerkoopspersoon. (3)
5.2.3 Beskryf kortliks die rol van die menslikehulpbron-bestuurder nadat
'n geskikte kandidaat deur die instansie aangestel is. (3)
5.2.4 Motiveer waarom die webblad 'n suksesvolle visuele en
elektroniese bemarkingsinstrument vir die gastehuis is. (5)
5.2.5 (a) Definieer inkomstegenererende areas. (1)
(b) Identifiseer TWEE voorbeelde van inkomstegenererende
areas op die webblad. (2)
5.3 Noem DRIE bemarkingsmengselkonsepte wat 'n entrepreneur in ag moet
neem wanneer 'n besigheid gevestig word. (3)
5.4 Verduidelik hoe die Covid-19-pandemie die gasvryheidsbedryf en die
ekonomie van die land negatief beïnvloed het. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 17 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.1.1 Beoordeel die akkuraatheid van die dekplek ('cover') volgens die
plasing van die:
(a) Eetgerei (3)
(b) Breekware (2)
6.1.2 Lewer kommentaar op die algehele voorkoms van die servet. (2)
6.2 Bestudeer die prente en lys van apparate hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
A – GEBOUDE SKEMERKELKIE B – VRIESVERSIER ('FROSTING')
LYS VAN APPARAAT: Lepel
Mengfles
Deurgooisif ('Strainer')
6.2.1 Identifiseer die gepaste apparaat wat die kroegman sal gebruik om
die skemerkelkie in Prent A te berei. (1)
6.2.2 Beskryf hoe die skemerkelkie in Prent A berei word. (2)
6.2.3 Verduidelik die metode wat die kroegman sal volg om die glas wat
in Prent B geïllustreer is, te vriesversier. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 18 DBE/November 2022
NSS
6.3 'n Groep kollegestudente besoek die Soweto-wynfees. Hulle het geen vorige
kennis van wyn, hoe dit gestoor word of die pas van kos en wyn nie.
6.3.1 Help die studente deur die wynklassifikasie te verskaf wat by die
beskrywings hieronder pas.
Geen addisionele Groot koolstof- Wynspiritus word
bestanddele is dioksiedborrels bygevoeg om
gedurende vorm gedurende fermentasie te stop
fermentasie by die fermentasie in die
wyn gevoeg nie bottel
A B C (3)
6.3.2 Noem DRIE tipes inligting wat op die voorkant van 'n wynetiket
ingesluit moet word. (3)
6.3.3 Beveel aan hoe die voedsel- en drankbedieningpersoneel
rooiwynbottels met kurkproppe moet stoor. (5)
6.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BROODBEDIENING
6.4.1 Identifiseer die bedieningstyl wat gebruik word om die brood te
bedien. (1)
6.4.2 Beskryf hoe die kelner hierdie tegniek in die restaurant sou uitvoer. (4)
6.5 Verduidelik die prosedure om dekplekke ('covers') by 'n formele maaltyd reg
te maak. (2)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Hospitality Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper