You're offline
Skip to content
Question paper

Gr12 MLIT P1 S12 QP Afr hlayiso.com

Subject: Mathematical LiteracyGrade 12201316 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *MLITA1* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitende bylae.
Downloaded from hlayiso.com 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in die vraestel. 3. VRAAG 4.1.1 moet op BYLAAG 1 beantwoord word. VRAAG 4.1.6 moet op BYLAAG 2 beantwoord word. VRAAG 5 moet met die hulp van die kaart op BYLAAG 3 beantwoord word. VRAAG 6.4.1 moet op BYLAAG 4 beantwoord word. Alle BYLAE is aan die einde van die vraestel. 4. Skryf jou naam in die spasies wat voorsien is en handig die BYLAE met die ANTWOORDEBOEK in. 5. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag gebruik word, tensy anders aangedui. 6. ALLE berekeninge en stappe moet duidelik gewys word. 7. ALLE finale antwoorde moet afgerond word tot TWEE desimale plekke, tensy anders aangedui. Afronding moet SLEGS in die finale antwoord geskied. 8. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 1.1.1 Vereenvoudig: 65% van 580 + (247,68 + 3 246,32) (2) 1.1.2 Herlei 5,75 kg na gram. (1) 1.1.3 Skryf 2 453 000 in wetenskaplike notasie. (1) 1.1.4 Bereken: √64 + √121 – 3 (2) 1.1.5 Indien 1 dosyn blikkies kola R58,20 kos, bereken die koste van 1 blikkie kola? (2) 1.1.6 Indien dit 4 mans 6 dae neem om ʼn grensmuur te bou, hoe lank sal dit 12 mans neem om dieselfde muur te bou as aangeneem word dat almal teen dieselfde tempo werk? (2) 1.2 1.2.1 As jou ouers van hulle salaris aan huur spandeer, aan kos, watter breuk van hul inkomste word aan ander dinge spandeer? (2) 1.2.2 Indien hulle gesamentlike inkomste R26 560 is, bereken die volgende: (a) Die bedrag wat hulle elke maand aan huur spandeer (2) (b) Die bedrag wat hulle aan kos elke maand spandeer (2) 1.2.3 Noem TWEE items wat ingesluit kan word onder ander dinge wat jou ouers elke maand geld aan spandeer. (2) 1.3 Jy word uitgenooi na ʼn vriend se verjaarsdagpartytjie by ʼn plaaslike pizza restaurant. Agtien van julle is by die partytjie en word by 2 tafels geplaas. By Tafel A kan 10 mense sit en by Tafel B 8 mense. Wanneer die pizzas gereed is, word 8 pizzas na Tafel A gebring en 6 pizzas na Tafel B. 1.3.1 Bereken watter breuk van die pizza elke persoon by Tafel A sal kry. (2) 1.3.2 Bereken watter breuk van die pizza elke persoon by Tafel B sal kry. (2) 1.3.3 Jy hou regtig van pizza. By watter tafel sal jy graag wil sit? (1) 1.4 Jou familie gaan met vakansie na Kaapstad in Desember hierdie jaar. Julle verblyf is bespreek vanaf 16 Desember tot aan die einde van die maand. Bereken die volgende: 1.4.1 Hoeveel dae sal julle in Kaapstad bly? (2) 1.4.2 Indien die verblyfskoste R450 per dag is, hoeveel sal jou ouers vir verblyf betaal? (2) [27]
Downloaded from hlayiso.com 4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 2 Onlangs het die Minister van Finansies, mnr. Gordhan, die 2012-begroting aangekondig. Die sirkeldiagram hieronder toon hoe die begroting tussen die verskillende regeringsdepartemente opverdeel was. 2012 Nasionale Begroting Ander Onderwys 16% 20% Verdediging 4% Publieke Orde & ‐veiligheid 9% Maatskaplike beskerming 15% Gesondheid 12% Behuising & Ekonomiese Gemeenskap aangeleenthede 11% 13% 2.1 Die Nasionale Begroting vir 2012 was 1 058,4 miljard (biljoen) rand. 2.1.1 Watter departement het die grootste deel van die begroting gekry? (1) 2.1.2 Watter departement het die kleinste deel van die begroting gekry? (1) 2.1.3 Bereken hoeveel geld aan Onderwys toegewys was. (3) 2.1.4 Hoeveel geld was aan Gesondheid toegewys? (3) 2.1.5 Noem TWEE items, wat jy dink, onder die gesondheidsbegroting val. (2) 2.2 Vir 2013 het die bedrag wat aan Onderwys toegewys is vermeerder na 250 miljard rand. Salarisse neem 65% van die begroting vir Onderwys en Leerdermateriaal is 23% toegewys. Die res is vir Geboue en Instandhouding. 2.2.1 Watter persentasie van die Onderwysbegroting in 2013 is gebruik vir Geboue en Instandhouding? (3) 2.2.2 Hoeveel van die Onderwysbegroting is gebruik vir salarisse van personeel? (3) 2.2.3 Hoeveel van die Onderwysbegroting is gebruik vir Onderwys- en Leerdermateriaal? (3) 2.2.4 Dink jy die regering spandeer genoeg geld aan Onderwys? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) [21]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 VRAAG 3 Xolani het ʼn erf net buite die dorp gekoop. ʼn Skets van die erf word hieronder aangedui. (Hierdie is nie volgens skaal nie.) 328 m A B 75 m 65 m (hoogte) 70 m D C 450 m 3.1 Deur die formule hieronder te gebruik, bereken die oppervlakte van die erf in m2, wat Xolani gekoop het. (3) 3.2 Hoeveel hektaar het Xolani gekoop? Onthou een hektaar (1 ha) is ʼn vierkante meting van 100 m by 100 m. (2) 3.3 Die erf het ʼn heining nodig wat die bure se beeste van die erf weg sal hou. 3.3.1 Bereken die omtrek van Xolani se erf. (3) 3.3.2 Xolani beplan om die erf met doringdraad te omhein. Hy sal 5 stringe draad vir sy heining gebruik. Bereken hoeveel draad hy nodig het om te koop. (3) 3.3.3 Indien die draad R2,75 per meter kos, hoeveel sal die heining hom kos? (3) 3.4 Xolani beplan om groente op sy erf aan te plant en beplan om dit te verkoop op die plaaslike mark. Hy het besluit om op van die land kool te plant, met aartappels, aan groenboontjies, met wortels en met groenrissies. Gebruik die volgende formule: 3.4.1 Bereken hoeveel van die erf, in m2, Xolani sal gebruik vir kool. (3) 3.4.2 Bereken hoeveel van die erf, in m2, Xolani sal gebruik vir wortels. (3) 3.5 Xolani moet die erf bemes. Die instruksies dui aan dat hy 12,5 g vir elke m2 moet gebruik. Bereken hoeveel kunsmis hy sal moet koop indien hy elkeen van die groente twee keer gedurende die groeiseisoen moet bemes. (4) [24]
Downloaded from hlayiso.com 6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 4 4.1 Onlangs het 2 klasse ʼn Wiskundige Geletterheidstoets geskryf. Hieronder is die uitslae in persentasies: Graad 12 A 85 25 53 57 49 75 78 54 87 37 44 72 90 29 59 66 55 51 60 67 62 49 53 58 50 52 54 49 57 52 31 44 Graad 12 B 23 53 40 29 48 60 69 12 50 50 60 59 52 60 55 60 26 46 50 58 47 38 52 80 50 58 54 44 84 44 57 52 4.1.1 Gebruik BYLAAG 1 om die data hierbo in die gegewe frekwensietabelle te rangskik. (4 x 2) (8) 4.1.2 Watter klas het die meeste punte behaal in die 51 – 60-klasinterval? (2) 4.1.3 Hoeveel leerders het tussen 41 – 60 punte behaal in: (a) Graad 12 A? (2) (b) Graad 12 B? (2) 4.1.4 Watter klas het die meeste leerders gehad wat 50% of minder behaal het? (2) 4.1.5 Hoeveel leerders het in totaal meer as 70% in die toets behaal? (3) 4.1.6 Gebruik BYLAAG 2 en teken ʼn saamgestelde kolomgrafiek (balkgrafiek) wat die toetsuitslae van beide klasse voorstel. (6) [25]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 VRAAG 5 5.1 Gebruik die kaart van Suid-Afrika in BYLAAG 3 en beantwoord die volgende vrae. 5.1.1 Voltooi die volgende: (a) 1cm op die kaart = ... in werklikheid. (1) (b) 1 cm = … kilometer. (2) 5.1.2 Bereken die reguitlynafstand (afstand in werklikheid) vanaf: (a) Kaapstad na Johannesburg? (2) (b) Durban na Kimberley? (2) 5.1.3 Indien ʼn vlieënier vanaf Johannesburg na Kaapstad vlieg, in watter algemene rigting moet hy/sy vlieg? (2) 5.2 SAA (Suid-Afrikaanse Lugdiens) vlieg vanaf Durban na Kaapstad, daarna vanaf Kaapstad na Johannesburg en laastens vanaf Johannesburg terug na Durban. Bereken hoe ver, in kilometer, die bemanning van SAA op daardie dag aflê. (7) 5.3 Indien die vliegtuig 3 liter brandstof per kilometer gebruik, bereken die volgende: 5.3.1 Hoeveel brandstof word benodig om die rit in VRAAG 5.2 af te lê? (3) 5.3.2 Indien die brandstofkoste R12,06 per liter is, bereken die koste van die brandstof vir die rit. (3) 5.4 Jy word ʼn ander kaart gegee en word gesê dat die afstand van ʼn besigtings- rit in die Krugerwildtuin 7 cm op die kaart is en 28 km in werklikheid. Bereken die skaal van die kaart. (4) [26]
Downloaded from hlayiso.com 8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 6 6.1 Met die aankoop van die erf het Xolani genoeg geld gehad om sy groente- besigheid te begin, maar moes ʼn lening van R358 000,00 met die bank aangaan om die erf te betaal. Hy het twee verskillende banke genader om die beste moontlike lening wat beskikbaar is, te kry. Die volgende is wat hy aangebied is deur die banke. Bank A Hy moes ʼn 10%-deposito betaal en kan die res teen 12,5% per jaar leen wat oor 10 jaar teen enkelvoudige rente terugbetaal moes word. Bank B Hy kan ʼn persoonlike lening kry wat oor 10 jaar terugbetaal moet word. Hy sal teen 11% per jaar rente belas word wat jaarliks saamgestel is. 6.1.1 Bereken hoeveel Xolani vir die deposito sal betaal indien hy Bank A gebruik. (3) 6.1.2 Bereken hoeveel geld Xolani van Bank A sal leen. (2) 6.1.3 Bereken hoeveel geld Xolani aan Bank A na 10 jaar sal terugbetaal. Gebruik die volgende formule: Waar = toekomstige waarde = bedrag geleen = rentekoers = aantal jare (3) 6.1.4 Bereken hoeveel geld Xolani sal terugbetaal indien hy die persoonlike lening by Bank B aangaan. Gebruik die volgende formule: 1 Waar A = toekomstige waarde = bedrag geleen = rentekoers = aantal jare (3) 6.1.5 Watter bank sou jy Xolani aanbeveel om te gebruik vir sy lening? (1)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 6.2 Xolani moet ʼn reservoir bou sodat hy sy lande kan besproei. Hy besluit om ʼn sirkelvormige reservoir te bou. Die afmetings word in die diagram hieronder gegee. 5,5 m deursnee 2,5 m hoogte 6.2.1 Bereken die volume water wat die reservoir kan hou. Gee jou antwoord in m3. Gebruik die formule: Gebruik 3,14 (3) 6.2.2 Hoeveel kiloliter water hou die reservoir? (1) 6.3 Xolani moet die reservoir bedek met ʼn net om te verhoed dat die plaaslike kinders in die reservoir val as dit vol is. 6.3.1 Bereken die buite-oppervlak aan die bokant van die reservoir. Gebruik die formule: waar = 3,14 (3) 6.3.2 Bereken die koste van die net as dit R125,00 per m2 is. (3)
Downloaded from hlayiso.com 10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2013) 6.4 Xolani moet middagete vir sy personeel koop omdat hulle langer as verwag op ʼn Saterdag werk. By die plaaslike vulstasie het hy die opsie van óf hamburgers óf pasteie om te eet, en die keuse van Coke, water of sap om te drink. 6.4.1 Deur gebruik te maak van BYLAAG 4, vul die ontbrekende items in om die Boomdiagram te voltooi. Uitkomste Coke Hamburger : Coke Hamburger (a) _____ Hamburger : Water Sap (b) _____ : _____ Coke Pastei : Coke Pastei Water (c) _____ : _____ Sap Pastei : Sap (3) 6.4.2 Bereken die waarskynlikheid dat een personeellid ʼn pastei en sap sal ontvang. Gee jou antwoord in breukvorm en as ʼn persentasie. (2) [27] TOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11 BYLAAG 1 NAAM: VRAAG 4.1.1 GRAAD 12 A Klasinterval Telling Frekwensie 0 – 10 11 – 20 21 – 30 31 – 40 41 – 50 51 – 60 61 – 70 71 – 80 81 – 90 (4) GRAAD 12 B Klasinterval Telling Frekwensie 0 – 10 11 – 20 21 – 30 31 – 40 41 – 50 51 – 60 61 – 70 71 – 80 81 – 90 (4)
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com 12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2013) BYLAAG 2 NAAM: VRAAG 4.1.6 GRAAD 12-TOETSUITSLAE 15 10 FREKWENSIE 5 0 1-10 11-20 21-30 31-40 41-50 51-60 61-70 71-80 81-90 KLASINTERVALLE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 13 BYLAAG 3 VRAAG 5
Downloaded from hlayiso.com 14 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2013) BYLAAG 4 NAAM: VRAAG 6.4.1 Uitkomste Coke Hamburger : Coke Hamburger (a) __________ Hamburger : Water Sap (b) __________ : __________ Coke Pastei : Coke Pastei Water (c) __________ : __________ Sap Pastei : Sap (3)

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Mathematical Literacy

Explore more published documents in this catalogue.

View all