Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
PUNT
150
E:
TYD: 3 uur
*MLITA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ʼn antwoordblad en ʼn
addendum met 3 bylaes.
Skip to contentAll 2019 papers %202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a/v1-800bfe1d1d09f06cc902/card.webp)

%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)


%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 630.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. 2.1 Gebruik die addendum met BYLAE A vir VRAAG 1.3
BYLAE B vir VRAAG 2.4
BYLAE C vir VRAAG 4
2.2 Skryf jou NAAM en GRAAD in die voorsiende spasie op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 2.3.2.
Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
5. Rond ALLE finale antwoorde af volgens die gegewe konteks wat gebruik word,
tensy anders aangedui.
6. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Toon ALLE berekeninge duidelik aan.
9. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3
VRAAG 1
1.1 Jane se bankbalans aan die einde van Januarie 2019 was -R2 530. Die werkgewer het haar
netto salaris op 01/2/2019 in haar bankrekening gedeponeer en haar nuwe balans was
R8 750.
1.1.1 Bereken die netto salaris bedrag wat in Jane se bankrekening inbetaal was. (2)
1.1.2 Bereken Jane se bruto salaris, indien haar bruto salaris 175% van die nuwe balans
is. (2)
1.2
Jane onttrek R500 op 9 Februarie 2019 vir inkopies om 14:35. Haar bank vra R2 + 0,75%
van die bedrag meer as R500. Sy kom by die huis aan na haar inkopies om 16:21.
1.2.1 Bereken die bankkoste vir die ontrekkingsbedrag van R500. (2)
1.2.2 Jane koop ʼn rok wat geadverteer was soos hieronder getoon.
ROK OP UITVERKOPING!!!
1.2.2 Bereken die prys wat sy vir die rok na die afslag betaal het. (2)
1.2.3 Bereken die tyd wat verloop het vanaf die tyd van haar onttrekking tot haar
aankoms by die huis. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
1.3 BYLAE A toon ʼn prent van ʼn 800 g-bruinbrood met die bestanddele en die
voedingswaardes.
Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg te beantwoord.
1.3.1 Bepaal die aantal snye in die 800 g-bruinbrood indien elke sny ewe dik gesny is. (2)
1.3.2 Bepaal die hoeveelheid suiker in ʼn 800 g-bruinbrood. (2)
1.3.3 Bereken die aantal Joule in 1 003,90 kilojoule (kJ). (2)
1.3.4 Bereken die koste van twee snye brood vir ʼn toebroodjie indien die brood
R14,99 kos. (2)
1.4 ʼn Skaal van 1 : 500 000 is gebruik op ʼn kaart van Suid-Afrika.
Gebruik die bogenoemde inligting om die vrae wat volg te beantwoord.
1.4.1 Noem die tipe skaal wat op die kaart gebruik is. (2)
1.4.2 Bepaal die werklike afstand in kilometer (km) wat deur 500 000 cm voorgestel
is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5
1.5 TABEL 1 hieronder toon die slaagpersentasie (% slaag) van leerders in die Oos-Kaapse
Distrikte vir die 2018 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Uitslae vir Graad 12 in
Wiskundige Geletterdheid.
TABEL 1: % VAN LEERDERS IN DIE OOS-KAAPSE DISTRIKTE IN 2018
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT UITSLAE (GRAAD 12) IN
WISKUNDIGE GELETTERDHEID GESLAAG HET.
Naam van Distrik Aantal leerders wat % Slaag
geskryf het
Alfred Nzo-Oos 1 314 61,0
Alfred Nzo-Wes 2 226 61,5
Amathole-Oos 2 247 53,3
Amathole-Wes 2 605 50,2
Buffalostad 4 438 72,1
Chris Hani-Oos 976 56,0
Chris Hani-Wes 2 729 64,5
Joe Gqabi 1 436 61,7
Nelson Mandela Metro 5 227 75,8
OR Tambo-Kus 2 747 61,1
OR Tambo-Binneland 2 146 69,2
Sarah Baartman 1 940 70,6
TOTAAL 30 031 64,4
[Bron: ecdoe.co.za]
1.5.1 Noem die distrik met die hoogste slaagpersentasie. (2)
1.5.2 Rangskik die slaagpersentasie van die distrikte in stygende orde. (2)
1.5.3 Noem die distrikte wat ʼn beter slaagpersentasie as Chris Hani-Wes behaal het. (2)
1.5.4 Bereken die persentasie leerders in OR Tambo-Binneland wat gedruip het. (2)
1.5.5 Vir die 2018 Oos-Kaapse uitslae, skryf neer die waarskynlikheid dat ʼn leerder
wat willekeurig gekies is, Wiskundige Geletterdheid geslaag het. (2)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 2
2.1 Eerste Nasionale Bank belas transaksies per e-Wallet binne Suid-Afrika of aan die
buurlande. TABEL 2 toon die fooie wat op e-Wallet transaksies belas word en
TABEL 3 toon Nomonde se e-Wallet transaksies.
TABEL 2: TRANSAKSIEFOOIE PER LAND
Bedrag in Rand Binne Suid-Afrika Mosambiek
20 – 500 R10,95 R45
501 – 1000 R10,95 R45
1001 – 2 000 R10,95 R70
2001 – 3 000 R10,95 R105
[Bron: First National Bank (FNB)]
TABEL 3: NOMONDE SE E-WALLET TRANSAKSIES VANAF DESEMBER
2018 – FEBRUARIE 2019
Transaksies Selfoonnommer Bedrag gestuur in Land
Rand
2018/12/29 082 456 2011 500 Suid-Afrika
2018/12/21 073 558 2014 450 Suid-Afrika
2018/12/18 063 656 2015 2 250 Mosambiek
2018/12/07 082 456 2011 100 Suid-Afrika
2018/12/06 063 425 1972 300 Suid-Afrika
2018/12/03 082 456 2011 1 200 Mosambiek
2018/11/22 074 789 5630 100 Suid-Afrika
2019/01/20 084 132 1234 350 Suid-Afrika
2019/02/14 082 737 7487 1 600 Mosambiek
Totaal gestuur:
Gebruik TABEL 2 en TABEL 3 hierbo om die onderstaande vrae te beantwoord.
2.1.1 Bereken die totale bedrag wat Nomonde gestuur het. (2)
2.1.2 Skryf die selfoonnommer neer van die persoon wat die hoogste bedrag ontvang
het. (2)
2.1.3 Bereken die totale bankkoste vir die e-Wallet transaksies wat na Mosambiek
gemaak is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7
2.2 Masakhane-gemeenskap huur hulle saal uit teen ʼn koste van R750 per onthaal wat
aangebied word. Die plaaslike munisipaliteit voorsien die gemeenskap van ʼn vaste
maandelikse inkomste van R500 om te help om die fasiliteite van die saal in stand te hou.
TABEL 4 toon die totale maandelikse inkomste vir die saal afhangende van die aantal
onthale wat aangebied is.
Die gemeenskap gebruik die formule hieronder om die totale maandelikse inkomste te
bereken.
TABEL 4:
DIE TOTALE MAANDELIKSE INKOMSTE VIR DIE HUUR VAN DIE SAAL
Aantal onthale aangebied in ʼn maand 0 1 3 5 10
Inkomste in Rand (R) B 1 250 2 750 C 8 000
Totale maandelikse inkomste = R500 + (750 × aantal onthale aangebied in ʼn maand)
Gebruik die bostaande formule om die volgende waardes te bereken:
2.2.1 B (2)
2.2.2 C (3)
2.3 Die maandelikse vaste uitgawes om die saal te onderhou, is R3 000 en daar is ʼn
addisionele uitgawe van R250 per onthaal. TABEL 5 toon die totale maandelikse
uitgawes.
TABEL 5: TOTALE MAANDELIKSE UITGAWES VAN DIE SAAL
UITGAWES
Aantal onthale aangebied in ʼn maand 0 1 3 D 10
Totale maandelikse uitgawes in
3 000 3 250 3 750 4 250 5 500
Rand (R)
2.3.1 Gebruik die volgende formule om die waarde van D, die aantal onthale, te
bepaal.
Totale maandelikse uitgawes
= R3 000 + (250 × aantal onthale aangebied in ʼn maand) (3)
2.3.2 Op die ANTWOORDBLAD is ʼn reguitlyngrafiek vir inkomste (I) geteken.
Gebruik TABEL 5 om nog ʼn reguitlyngrafiek op dieselfde assestelsel vir die
maandelikse uitgawes te teken. (4)
Gebruik die grafieke om die volgende vrae te beantwoord.
2.3.3 Bepaal die aantal onthale in ʼn maand wat die Masakhane gemeenskap moet
aanbied om gelyk te breek. (2)
2.3.4 Bepaal die wins wat die Masakhane gemeenskap sal maak indien hulle
8 onthale aanbied. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
2.4 Die Masakhane-gemeenskap koop ʼn UHD digitale televisiestel vanaf ʼn meubelwinkel op
ʼn huurkoopooreenkoms. Die huurkoopooreenkoms word in BYLAE B getoon.
Gebruik BYLAE B om die vrae hieronder te beantwoord.
2.4.1 Bereken die bedrag vir die deposito wat die Masakhane gemeenskap vir die
huurkoopooreenkoms betaal het. (2)
2.4.2 Verduidelik die term krediet in hierdie konteks. (2)
2.4.3 Bereken die bedrag vir die rente wat Masakhane elke maand moet betaal. (2)
2.4.4 Bepaal die datum (maand en jaar) vir die betaling van die laaste paaiement. (2)
2.4.5 Bereken die bedrag vir Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW 15%) op die
versekering. (3)
2.5 Masakhane ontvang ʼn donasie van £500 (Britse Pond GBP) vanaf ʼn nie-winsgewende
organisasie nadat ʼn versoek om hulp gerig is.
TABEL 6 toon die bank se wisselkoerse en die bankkoste teen tye van die wisseling.
TABEL 6: WISSELKOERSE EN BANKKOSTE
GELDEENHEID KOOP VERKOOP
£1 R17,268 R18,087
Bankkoste: 3% van die Randwaarde op die bedrag wat gewissel word.
Gebruik TABEL 6 hierbo om die vrae hieronder te beantwoord.
2.5.1 Identifiseer die wisselkoers wat die bank sal gebruik om die £500 van Masakhane
te wissel. (2)
2.5.2 Bereken die Randwaarde wat Masakhane vir die £500 sal ontvang. (5)
[41]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9
VRAAG 3
3.1 Onke wil ʼn krieketstel koop. TABEL 7 toon inligting vir ʼn gidskaart wat ʼn speler
kan gebruik om die groottes te koop.
Die groottes word aangedui in voet (') en duim ('').
TABEL 7: GIDSKAART VIR GROOTTES
Krieketkolf Lengte van Speler Krieketkolflengte Krieketkolfbreedte
grootte voet (') en duim ('') duim ('') duim ('')
2 4' 3'' – 4' 6'' 3
274'' 3,5''
3 4' 6'' – 4' 9'' 3
284'' 3,5''
4 4' 9'' – 4' 11'' 3
294'' 3,75''
5 4' 11'' – 5' 2'' 3
30 4'' 4''
6 5' 2'' – 5' 5'' 3
31 4'' 4''
[Bron: www.talentcricket.co.uk]
3.1.1 Skryf neer die krieketkolflengte (in desimale duim) vir ʼn kolwer wat 4' 10''
lank is. (2)
3.1.2 Herlei ʼn krieketkolf grootte 2 na sentimeter (cm).
Jy mag die volgende gebruik: 𝟏′′ = 𝟐, 𝟓𝟒 𝒄𝒎 (3)
3.1.3 Identifiseer die maksimum lengte van ʼn speler wat ʼn krieketkolfgrootte 6
gekoop het. (2)
3.1.4 Bereken die Liggaamsmassa-indeks (LMI) van ʼn krieketspeler met ʼn lengte
van 1,65 m en ʼn gewig van 62 kg.
𝐆𝐞𝐰𝐢𝐠 𝐢𝐧 𝐤𝐢𝐥𝐨𝐠𝐫𝐚𝐦
Jy mag die formule gebruik: L𝐌𝐈 = (𝐋𝐞𝐧𝐠𝐭𝐞 𝐢𝐧 𝐦𝐞𝐭𝐞𝐫)𝟐 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
3.2 Nontando hou waterbottels in ʼn reghoekige boks, waarin ysblokkies is, wat hy aan
die kriekettoeskouers verkoop. Bestudeer die houer hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
REGHOEKIGE BOKS DIAGRAM VAN ʼn REGHOEKIGE BOKS
[Bron: pioneerplastics.co.za]
3.2.1 Skryf neer die breedte van die boks in sentimeter. (2)
3.2.2 Bereken die volume (in cm3) van EEN reghoekige boks.
Jy mag die formule gebruik:
Volume = Lengte × Breedte × Hoogte (3)
3.2.3 Bepaal hoeveel liter water die reghoekige boks kan hou.
1 000 cm3 = 1 liter (2)
3.3 Die krieketkolfblad word hieronder voorgestel. Bestudeer die voorstelling en
beantwoord die vrae wat volg.
KRIEKETKOLFBLAD
[Bron: wikimapia.org]
3.3.1 Verduidelik die term omtrek. (2)
3.3.2 Bereken die omtrek van die gebied waar die spelers hardloop tydens
kolfbeurte.
Jy mag die formule gebruik: Omtrek = 2 (lengte + breedte) (2)
3.3.3 Bereken die oppervlakte van die krieketkolfblad in vierkante meter (m2).
Jy mag die formule gebruik: Oppervlakte = Lengte × Breedte (3)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11
VRAAG 4
BYLAE C toon die kaart van ʼn deel van die Great Wall (Groot Muur) in China en afstande
tussen plekke. Dele word genommer vanaf 1 tot 8. Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg
te beantwoord.
4.1 Identifiseer die reservoir(s) wat wes van deel 5 geleë is. (2)
4.2 Gee die algemene rigting van Yangqing vanaf Mentougou. (2)
4.3 ʼn Persoon wil vanaf Changping na deel 4 reis. Bereken:
(a) Bereken die afstand indien die bergpad gebruik word. (2)
(b) Bereken die verskil in afstand vanaf Changping na deel 4 deur gebruik te
maak van die bergpad en die hoofpad deur Beijing. (3)
4.4 Andile het vanaf Mentougou na Beijing gereis, voort na Shunyi en draai regs. Die
volgende dorp was sy bestemming. Noem hierdie dorp. (2)
4.5 Bepaal hoe lank (in minute) dit Andile geneem het om vanaf Beijing na Shunyi te
reis, ʼn afstand van 30 km teen ʼn gemiddelde spoed van 50 km/h.
Jy mag die formule gebruik:
𝐀𝐟𝐬𝐭𝐚𝐧𝐝
𝐓𝐲𝐝 = 𝐒𝐩𝐨𝐞𝐝 (3)
4.7 Mnr. Wong ry vanaf Beijing na Changping dan na Mentougou en terug na Beijing
wat ʼn totale afstand van 121,7 km is. Bereken die afstand vanaf Beijing na
Mentougou. (2)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 5
5.1 TABEL 8 toon die aantal verkope van passasiersvoertuie vir elke provinsie tot
November 2017.
TABEL 8: VERKOPE VAN PASSASIERVOERTUIE VIR ELKE
PROVINSIE TOT NOVEMBER 2017
VERKOPE
Provinsie Oktober 2017 November Totale verkope
2017 tot en met
November 2017
Oos-Kaap 1 129 Y 12 017
Vrystaat 657 640 7 002
Gauteng 10 412 10 983 114 822
KwaZulu-Natal 3 795 3 985 41 912
Limpopo 963 971 9 447
Mpumalanga 1 228 1 267 13 071
Noordwes 742 753 8 681
Noord-Kaap 281 256 2 939
Wes-Kaap 3 577 3 334 37 848
TOTAAL 22 784 23 415 247 739
[Bron: Lightstone.created with datawrapper]
5.1.1 Bereken die totale aantal passasiersvoertuie wat in die Noordwes-provinsie
tydens Oktober 2017 en November 2017 verkoop is. (2)
5.1.2 Noem die provinsie wat die tweede meeste passasiersvoertuie tot en met
November 2017 verkoop het. (2)
5.1.3 Bepaal die aantal motors wat nasionaal vanaf Januarie tot September 2017
verkoop is. (3)
5.1.4 Vir die totale nasionale verkope tot en met November 2017, bepaal die
waarskynlikheid (as ʼn persentasie) om willekeurig ʼn passasiersvoertuig te
kies wat in die Wes-Kaap verkoop is. (4)
5.1.5 Bepaal die waarde van Y, die aantal passasiersvoertuie wat in November
2017 in die Oos-Kaap verkoop is. (3)
5.1.6 Verduidelik die betekenis van die term omvang/variasiewydte. (2)
5.1.7 Bepaal die omvang/variasiewydte vir die provinsiale passasiersvoertuig
verkope in Oktober. (3)
5.1.8 Bereken die gemiddelde van die passasiersvoertuie wat nasionaal verkoop
is tot en met November 2017. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 13
5.1.9 Bereken die Interkwartiel Omvang (IKO) vir die aantal passasiersvoertuie
wat tot en met November 2017 vir die provinsies verkoop is deur van die
snor- en baarddiagram hieronder gebruik te maak.
(3)
5.2 TABEL 9 toon die bevolking en netto migrante van Indië vir die periode
2013–2019.
Die netto migrante se waarde is negatief wanneer die aantal mense wat die land
verlaat, meer is as die aantal mense wat die land binnekom.
TABEL 9: BEVOLKING EN NETTO MIGRANTE VAN INDIË VIR DIE
TYDPERK 2013–2019
Tydperk Bevolking Netto migrante Stedelike
(in miljard) (in miljoene) bevolking
(in miljoene)
2019 1,37 -4,9 4,6
2018 1,35 -4,9 4,4
2017 1,34 -4,9 4,3
2016 1,32 -4,9 4,2
2015 1,30 -5,5 4,1
2014 1,23 -3,9 3,29
2013 1,14 -1,43 2,88
[Aangepas van worldometers.info]
Gebruik TABEL 9 om die volgende vrae te beantwoord.
5.2.1 In watter jaar het Indië die minste mense gehad wat die land verlaat het in
vergelyking met mense wat die land binnegekom het? (2)
5.2.2 Druk 2015 se bevolkingswaarde uit in getalformaat. (2)
5.2.3 Bepaal die modale waarde vir die net migrante. (2)
5.2.4 Skryf neer die jaar waarin die stedelike bevolking die meeste gegroei het. (2)
5.2.5 Bepaal die waarskynlikheid (as ʼn gewone breuk) om willekeurig ʼn jaar
vanaf 2013 tot 2019 te kies waarin die stedelike bevolking minder as 4,2
miljoen is. (2)
5.2.6 Bereken die verskil tussen die 2013 bevolking en die 2013 stedelike
bevolking. (3)
[38]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
14 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
ANTWOORDBLAD VIR VRAAG 2.3.2
NAAM VAN KANDIDAAT: ................................................................... GRAAD 12: ......
MASAKHANE GEMEENSKAPSAAL:
GRAFIEK VIR INKOMSTE (I) / UITGAWES (E)
IN RAND
TOTALE MAANDELIKSE INKOMSTE EN
UITGAWES
9 000
8 000 I
7 000
6 000
BEDRAG (in RAND)
5 000
4 000
3 000
2 000
1 000
0
0 2 4 6 8 10
AANTAL ONTHALE AANGEBIED IN 'N MAAND
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject
%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a/v1-800bfe1d1d09f06cc902/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2021 Addendum (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3/v1-7d01bb76199b3362da1d/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Errata