Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 12201711 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 10601 WISKUNDIGE GELETTERDHEID EERSTE VRAESTEL TYD: 3 uur PUNTE: 150 9 bladsye en 2 antwoordblaaie 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Eerste Vraestel) 10601/17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017 WISKUNDIGE GELETTERDHEID (Eerste Vraestel) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord alle vrae. 2. Skryf jou naam in die spasie wat verskaf is en handig albei jou ANTWOORDBLAAIE saam met jou ANTWOORDBOEK in. 3. Gebruik die ADDENDUM soos volg: • Gebruik BYLAAG A om Vraag 1.2 te beantwoord. • Gebruik BYLAAG B om Vraag 1.3 te beantwoord. • Gebruik BYLAAG C om Vraag 2.1 te beantwoord. • Gebruik BYLAAG D om Vraag 2.3 te beantwoord. • Gebruik BYLAAG E om Vraag 4.1 te beantwoord. • Gebruik BYLAAG F om Vraag 4.3 te beantwoord. • Gebruik BYLAAG G om Vraag 5.1 te beantwoord. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat op hierdie vraestel gebruik word. 5. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word. 6. ALLE berekeninge moet duidelik getoon word. 7. ALLE antwoorde moet afgerond word na aanleiding van die gegewe konteks, tensy anders vermeld word. 8. Eenhede van meting moet getoon word, waar van toepassing. 9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE / SKOON bladsy. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Eerste Vraestel) 10601/17 VRAAG 1 1.1 Dr. Kyle Brooks woon in Johannesburg. Hy moet maandeliks aan die Munisipaliteit van Johannesburg belasting betaal vir die water en elektrisiteit wat hy gebruik. Hieronder is die elektrisiteitsrekening wat hy vir Augustus se verbruik ontvang het. MUNISIPALITEIT VAN JOHANNESBURG Civic Boulevard Straat, 158 Metropolitan Sentrum, 8ste Vloer, A-Blok, Braamfontein Straat Adres Kliënt se Naam Faktuurnommer Tiende Straat, 47 Dr. K. Brooks NOORD – ELEK453723 Linden 2196 Datum Besonderhede van Tarief Sub- BTW Sub-Totaal Verskuldig Verbruik Totaal 29/08 Vorige lesing: 114628 kWh Huidige lesing: 115353 kWh R0,219 per R158,78 ____(B) R181,01 kWh → Verbruik vir Augustus: _____________(A) 29/08 30 AMP Stroombreker R2,80 per R84,00 R11,76 R95,76 AMP (C) TOTALE BEDRAG VERSKULDIG 1.1.1 Definieer die term tarief. (2) 1.1.2 Wat is die sterkte van die stroombreker wat huidiglik aan die woonstel gekoppel is? (2) 1.1.3 Bereken die verbruik vir Augustus. (A) (2) 1.1.4 Toon aan hoe die sub-totaal waarde van R158, 78 bereken was. (2) 1.1.5 Bereken die BTW bedrag op R158, 78. (B) (2) 1.1.6 Bepaal die totale bedrag verskuldig. (C) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Eerste Vraestel) 10601/17 1.2 Die grafiek op BYLAAG A toon die totale aantal besoekers aan Hermanus per maand vanaf Januarie 2014 tot Junie 2017. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg. 1.2.1 Wat was die aantal besoekers aan Hermanus in Januarie 2015 en April 2017? (2) 1.2.2 Vir watter maand en jaar was die aantal besoekers aan Hermanus ongeveer twee keer meer as in Januarie 2014? (2) 1.2.3 Bepaal die verhouding van besoekers aan Hermanus in April 2015 tot die aantal besoekers aan Hermanus in Februarie 2016. Skryf jou antwoord in die eenvoudigste vorm. (3) 1.2.4 Is hierdie data ʼn voorbeeld van diskrete data of kontinue data? (2) 1.3 Die sirkelgrafiek op BYLAAG B toon die aantal besoekers aan Hermanus van ander vastelande as ʼn persentasie aan. Bestudeer die sirkelgrafiek en beantwoord die vrae wat volg. 1.3.1 Identifiseer die vasteland met die hoogste persentasie besoekers aan Hermanus en identifiseer ook die persentasie. (2) 1.3.2 Bereken die aantal besoekers wat van Asië afkomstig is. (2) 1.3.3 Die totale aantal besoekers aan Hermanus gedurende 2017 was 1 075. Daar word voorspel dat die aantal besoekers aan Hermanus met 8% sal toeneem vir die volgende jaar. Bereken die aantal besoekers wat voorspel word. (2) 1.3.4 Wat is die verskil in persentasie tussen die besoekers uit Europa en die besoekers vanuit Australië and Nieu-Seeland? (2) [29] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Eerste Vraestel) 10601/17 VRAAG 2 2.1 Dr. Kyle Brooks is ʼn senior lektor aan die College of Computer Studies. Bestudeer sy salarisstrokie op BYLAAG C en beantwoord die vrae wat volg 2.1.1 Wat is Dr. Brooks se basiese salaris? (2) 2.1.2 Bepaal Dr. Brooks se ouderdom. (2) 2.1.3 Bereken Dr. Brooks se maandelikse pensioenfonds bydrae (A op die salarisstrokie) indien hy 7,5% van sy basiese maandelikse salaris tot sy pensioenfonds bydra. (3) 2.1.4 Waarvoor staan die afkorting WVF? (2) 2.1.5 (a) Bereken Dr. Brooks se maandelikse WVF bydrae (B op die salarisstrokie). (3) (b) Bereken die totale bedrag wat die College of Computer Studies tot die WVF vir hierdie werknemer betaal. (2) 2.1.6 Bereken die ontbrekende waardes van C en D op die salarisstrokie. (4) 2.1.7 Watter persentasie van Dr. Brooks se reistoelaag word vir belasting betaal? (4) 2.2 Dr. Brooks het aan die einde van Augustus 2017 ʼn waterrekening vir 50 kiloliters se waterverbuik ontvang. Gebruik die watertariefstruktuur hieronder om die bedrag (BTW ingesluit) te bereken, wat hy betaal het. Beantwoord hierdie vraag op ANTWOORDBLAD 1 (nommer 2.2.1 – 2.2.8) wat verskaf word aan die agterkant van hierdie vraestel. Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in. Tabel 1: Johannesburg munisipale plaaslike watertariewe* vir 2016/17 Johannesburg munisipale plaaslike watertariewe* vir 2016/17 WATER Volume Heffing (per kl) Tot 6 kl R0, 00 6, 1 kl – 15 kl R7, 85 15, 1 kl – 30 kl R11, 29 30, 1 kl – 45 kl R13, 05 > 45 kl R14, 00 *Alle tariewe sluit BTW uit, wat gehef word teen 14%. (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Eerste Vraestel) 10601/17 2.3 Dr. Brooks oorweeg om ʼn lening uit te neem om vir sy seun, Josh se Universiteitsstudies te betaal. Die tabel op BYLAAG D word gebruik om te bereken hoeveel geld Dr. Brooks maandeliks sal terugbetaal. Bestudeer die tabel om die volgende vrae te beantwoord. 2.3.1 Definieër die term rente. (2) 2.3.2 Hoeveel rente sal hy op ʼn leningsbedrag van R110 000, 00 (aanvanklike kostes uitgesluit) betaal? (2) 2.3.3 Wat is die langste leningstermyn? Skryf jou antwoord in jare. (2) 2.3.4 Bereken die rentekoers wat Dr Brooks sal betaal op ʼn leningsbedrag van R82 000, 00. Gebruik die volgende formule: Totale Terugbetaling - Leningsbed rag Rentekoers  x 100 Leningsbed rag (3) [39] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Eerste Vraestel) 10601/17 VRAAG 3 Dr. Brooks beplan om ʼn swembad te bou waarin hulle kan afkoel en ook om sy familie en vriende gedurende die warm somer dae te onthaal. Die swembad sal bestaan uit ʼn reghoekige deel aan die een kant van die swembad en ʼn semi-sirkelvormige deel aan die ander kant van die swembad. Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg. 10 m 8m 2, 5 m 0, 8 m 3.1 Bereken die omtrek van die semi-sirkelvormige deel van die swembad. Gebruik die formule: Omtrek = deursnee × π Gebruik π = 3, 142 (3) 3.2 Bereken nou die omtrek van die hele swembad. (3) 3.3 3.3.1 Bepaal die radius van die half silindriese deel van die swembad. (2) 3.3.2 Bereken die oppervlakte van die semi-sirkelvormige deel van die swembad. Gebruik die formule: Oppervlakte van ʼn semi-sirkel = ½ (π × r2) Gebruik π = 3, 142 (4) 3.4 Bereken nou die volume water vir die silindriese deel van die swembad. Gebruik die formule: Volume van ʼn half silinder = ½ (π × r2 × diepte) Gebruik π = 3, 142 (4) 3.5 Bereken die volume water vir die reghoekige prisma. Gebruik die formule: Volume = lengte × wydte × diepte (4) 3.6 Bereken die totale volume water wat benodig word om die swembad tot bo vol te maak. (2) 3.7 Indien 1m3 = 1000 l en 1000 l = 1 kl, bereken die totale aantal kiloliter water wat benodig word om die swembad vol te maak. Rond jou antwoord af tot die naaste (3) kiloliter. 3.8 Die aanbevole temperatuur vir swembaddens vir ontspanning is 29 ⁰C. Herlei hierdie temperatuur na grade Fahrenheit. Jy mag die volgende formules gebruik: ⁰F = (1, 8 × ⁰C) + 32 ⁰C = (⁰F – 32) ÷ 1, 8 (2) [27] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8 (Eerste Vraestel) 10601/17 VRAAG 4 4.1 Dr. Brooks het besluit om sy vrou na ʼn konsert van haar gunsteling kunstenaar te neem. Bestudeer die sitplekplan van die George Ignatieff Theatre in BYLAAG E en beantwoord die vrae wat volg. 4.1.1 Hoeveel sitplekke is daar in die teater? (2) 4.1.2 Bepaal vir hoeveel rolstoele daar voorsiening gemaak is, indien sitplekke H1 tot H13 vir mense met rolstoele gereserveer is. (2) 4.1.3 Gee die kompasrigting van sitplek G30 na die verhoog. (2) 4.1.4 Dr. Brooks se sitplek is in die middelste blok, in die derde ry van agter. Sy sitplek is presies in die middel van die ry. Bepaal die ry en die sitpleknommer waar Dr. Brooks sit. (2) 4.1.5 Dr. Brooks se vrou sit op sitplek F15. Sy word genooi om haar gunsteling kunstenaar op die verhoog te ontmoet. Beskryf die kortste roete van haar sitplek na die verhoog. (3) 4.2 Terwyl hulle na die George Ignatieff Theatre reis, besluit Dr. Brooks om na musiek te luister. Hy het ʼn CD houer wat die volgende tipe musiek bevat: 6 CD’s met jazz musiek, 2 CD’s met opera musiek, 4 CD’s met klassieke musiek en 12 CD’s met instrumentele musiek. 4.2.1 Watter tipe musiek het die hoogste waarskynlikheid om onwillekeurig gekies te word? Bewys jou antwoord deur berekeninge te toon. (2) 4.2.2 Bepaal die waarskynlikheid om ʼn CD met hip-hop musiek te kies. (2) 4.2.3 Wat is die waarskynlikheid dat Dr. Brooks onwillekeurig ʼn CD met jazz musiek sal kies? Skryf jou antwoord as ʼn desimale breuk. (2) 4.3 Verwys na BYLAAG F, die vloerplan van die gastehuis waar Dr. Brooks en sy vrou na die konsert gaan oorslaap. Bestudeer die vloerplan en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Is die skaal wat op hierdie kaart gebruik is ʼn nommer skaal, staafskaal of verbale skaal? (2) 4.3.2 Verduidelik wat hierdie skaal beteken. (2) 4.3.3 Bepaal die totale aantal deure op die vloerplan. (2) 4.3.4 Op watter aansig sal jy die voorstoep vind? (2) 4.3.5 Meet die dimensies (lengte en breedte) van Slaapkamer 3 op die vloerplan. Gee jou antwoord in mm. (3) [28] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9 (Eerste Vraestel) 10601/17 VRAAG 5 5.1 Josh Brooks is in Graad 12. Sy pa, Dr Kyle Brooks is besorgd oor sy toekoms en is tans besig om inligting in te samel oor agt verskillende universiteite. Bestudeer die tabel op BYLAAG G en beantwoord die volgende vrae. 5.1.1 Josh stel belang om vir ʼn BA graad te studeer. Wat sal die gemiddelde bedrag geld wees wat hulle kan verwag om te betaal? (3) 5.1.2 Wat is die modale bedrag vir ʼn BSc graad? (2) 5.1.3 Bereken die omvang van ʼn LLB graad. (2) 5.1.4 Rangskik die fooie vir ʼn BA graad in dalende volgorde. (2) 5.1.5 Wat is die laagste fooi vir ʼn BCom graad? Identifiseer die universiteit wat die laagste fooi aanbied. (2) 5.1.6 Skryf die fooie wat die Universiteit van KwaZulu-Natal sal hef vir ʼn BEng graad, in woorde. (2) 5.1.7 Bepaal die mediaan bedrag vir ʼn BCom graad. (2) 5.1.8 Bereken die interkwartiel omvang vir ʼn LLB graad indien die volgende data van toepassing is: Die minimum bedrag is R29 460, kwartiel 1 is R32 135, die mediaan is R36 500, kwartiel 3 is R40 668 en die maksimum bedrag is R46 500. Toon al jou berekeninge. (2) 5.1.9 Is die data in die tabel in BYLAAG G kategoriese of numeriese data? (2) Verduidelik kortliks jou antwoord. 5.2 Gebruik die inligting in die tabel in BYLAAG G om ʼn staafgrafiek te teken wat die koste vir ʼn BCom graad by die verskillende universiteite sal verteenwoordig. Voltooi hierdie vraag op ANTWOORDBLAD 2 en handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in. (4) 5.3 Die tweede kwartiel staan ook bekend as ... . (2) 5.4 Gee EEN voorbeeld van kategoriese data. (2) [27] TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10 (Eerste Vraestel) 10601/17 ANTWOORDBLAD 1 Naam: ________________________________ GRAAD 12: ____ VRAAG 2.2 Tabel 1: Johannesburg munisipale plaaslike watertariewe vir 2016/17 Johannesburg munisipale plaaslike watertariewe* vir 2016/17 WATER Volume Heffing (per kl) Tot 6 kl R0, 00 6, 1 kl – 15 kl R7, 85 15, 1 kl – 30 kl R11, 29 30, 1 kl – 45 kl R13, 05 > 45 kl R14, 00 *Alle tariewe sluit BTW uit, wat gehef word teen 14%. Aantal kiloliters verbruik Koste per kiloliter Totale koste 6 kl Gratis R0, 00 9 kl R7, 85 R70, 65 2.2.1 R11, 29 2.2.3 15 kl R13, 05 2.2.4 2.2.2 R14, 00 2.2.5 Totaal (BTW uitgesluit) 2.2.6 BTW 2.2.7 Totaal (BTW ingesluit) 2.2.8 (8)
Koste in Rand 10 000 20 000 40 000 50000 60 000 00 10000 20000 30 000 30000 40000 50 000 60000 VRAAG 5.2 Universiteit Kaapstad of Cape Universityvan Town ANTWOORDBLAD 2 Universiteit van die University of Witwatersrand Witwatersrand Stellenbosch Stellenbosch University Universiteit Universiteit KwaZulu- KwaZulu University ofvan Natal Natal WISKUNDIGE GELETTERDHEID Universiteite Universiteit van University Pretoria ofPretoria Naam: __________________________________________ Rhodes Universiteit Rhodes University Vergelyking van Klasgelde vir ʼn BCom Graad Vergelyking van Klasgelde vir `n B.Com Graad van of Johannesburg University Universiteit Downloaded from hlayiso.com Johannesburg (Eerste Vraestel) 10601/17 Noordwes Universiteit North-West University GRAAD 12: ____ 11 (4)

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all