Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 12201712 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 10602 WISKUNDIGE GELETTERDHEID TWEEDE VRAESTEL TYD: 3 uur PUNTE: 150 10 bladsye en 2 antwoordblaaie 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Tweede Vraestel) 10602/17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN WISKUNDIGE GELETTERDHEID (Tweede Vraestel) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Gebruik die BYLAE soos volg: Gebruik BYLAAG A en B om VRAAG 1.1 te beantwoord. Gebruik BYLAAG C om VRAAG 1.2 te beantwoord. Gebruik BYLAAG D om VRAAG 2.2 te beantwoord. Gebruik BYLAAG E om VRAAG 2.3.2 te beantwoord. Handig beide ANTWOORDBLAAIE saam met jou ANTWOORDBOEK in. 3. Nommer jou antwoorde korrek soos die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) gebruik, tensy anders vermeld. 6. Toon ALLE berekeninge duidelik. 7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld. 8. Dui meeteenhede aan waar van toepassing. 9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders aangetoon. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Tweede Vraestel) 10602/17 VRAAG 1 1.1 Mnr Bush is ʼn 54-jarige werknemer by die Gautengse Departement van Onderwys. Hy dra 7,5% van sy basiese maandelikse salaris by tot die GEPF (Staatswerknemer Pensioenfonds). Hy ontvang ʼn bonus wat ekwivalent is tot sy maandelikse salaris wat belastingaftrekbaar is. Hy betaal mediese fonds vir sy 3 kinders en sy vrou. Hy ontvang ook ʼn behuisingstoelaag wat belastingaftrekbaar is. Gebruik die salarisadvies op BYLAAG A en die belastingtabel op BYLAAG B om die volgende vrae te beantwoord. 1.1.1 Bepaal die waardes van A, B en C op sy salarisadvies. (6) 1.1.2 Gebruik berekeninge om te wys hoe die waarde van R61 296 vir die derde belastingkoers op die belastingtabel afgelei was. (3) 1.1.3 Mnr Bush het gekla dat, alhoewel sy behuisingstoelaag belasbaar is, glo hy dat hy op ʼn maandelikse basis oorbelas word. Gebruik berekeninge om sys telling te bevestig. Belasbare Inkomste = Jaarlikse Bruto Salaris - Jaarlikse Pensioenfondsbydrae Belasting Betaalbaar = Jaarlikse Belasting Betaalbaar - Jaarlikse Mediese Belastingkrediete - Korting (11) 1.2 Mnr en Mev Bush se huishulp Phelo en haar dogter Thuli, bly by hulle. Thuli en haar vriendin Busi is bekommerd oor hul gewig. Bestudeer die groeikaart op BYLAAG C en beantwoord die vrae wat volg. 1.2.1 Bepaal Thuli se LMI (Liggaamsmassa-Indeks). Sy is 17 jaar oud en haar LMI plaas haar op die 75ste persentiel. (2) 1.2.2 Busi is 18 jaar oud en is 1,74 m lank. Sy het ʼn massa van 96 000 g. TABEL 1 toon die verhouding tussen LMI en massa status. TABEL 1: MASSA STATUS TABEL LMI-vir-ouderdom Persentielomvang Massa status ˂5de persentiel Ondergewig 5de tot ˂85ste persentiel Gesond 85ste tot ˂95ste persentiel Risiko vir oorgewig ≥95ste persentiel Oorgewig (a) Bepaal haar gewigstatus deur TABEL 1 en die gegewe formule te gebruik: 𝑀𝑎𝑠𝑠𝑎 (𝑖𝑛 𝑘𝑔) LMI = (5) (𝐿𝑒𝑛𝑔𝑡𝑒 𝑖𝑛 𝑚)2 (b) Watter advies kan Mev Bush aan Busi se ouers gee? (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Tweede Vraestel) 10602/17 1.3 Mnr Bush sal binnekort ʼn verjaarsdag vier. Mev Bush het ʼn ringkoek met ʼn hoogte van 10 cm vir haar man se verjaarsdag gekoop. Dit het ʼn sirkelvormige opening aan die binnekant en is met sjokolade-versiersuiker bedek. Die deursnit van die buite-ring van die koek is 16 cm en die radius van die binne-ring is 3 cm. Bereken die oppervlak van die koek wat met versiersuiker bedek sal word. Let wel: Die binne-opening en die onderkant van die koek sal nie bedek word nie. 3 cm 3cm 16 cm 16 cm Buite oppervlak van ʼn groot sirkel = πr2+2πrh Oppervlak van ʼn klein sirkel = πr2 Gebruik π = 3,142 (8) [37] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Tweede Vraestel) 10602/17 VRAAG 2 2.1 Mnr en Mev Bush beplan ʼn reis na Richardsbaai. Mev Bush het drie kwotasies vir verblyf in Richardsbaai gekry. Hulle beplan om 4 DAE op vakansie te spandeer. Sy het kwotasies van drie interessante gastehuise vir TWEE gaste, met verskillende kenmerke soos in TABEL 2 hieronder getoon, gevind. TABEL 2: Gastehuise in Richardsbaai Naam Brighton Beach Bentley Lodge Camarque Ontbyt ingesluit Ja Nee Ja Koste vir 2 gaste R1200 R1400 R1800 per dag Afslag Geen 15% 35% Let wel: Die afslag is slegs van toepassing indien hul vir meer as 3 dae boek. Ontbyt is ʼn addisionele koste van R60,00 per persoon en SONDER afslag. Mev Bush beweer dat Bentley Lodge goedkoper is. Gebruik berekeninge om haar stelling te bevestig. (9) 2.2 BYLAAG D wys ʼn kaart van Suid-Afrika met al die dorpe, stede en nasionale paaie wat Mnr en Mev Bush kan verbygaan op hul reis van Johannesburg na Richardsbaai toe. Gebruik BYLAAG D en beantwoord die volgende vrae. 2.2.1 (a) Gee TWEE nasionale paaie wat Mnr en Mev Bush vanaf Johannesburg na Richardsbaai kan gebruik. (2) (b) Gee TWEE voordele om nasionale paaie te gebruik. (4) 2.2.2 Gebruik die staafskaal om die reguitlyn afstand (soos die kraai vlieg) tussen Johannesburg en Richardsbaai in kilometer, te bepaal. (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Tweede Vraestel) 10602/17 2.3 Mnr en Mev Bush sal hul nuwe Tuscon 1.6 liter gebruik om vanaf Johannesburg na Richardsbaai en terug huistoe, te reis. ʼn Vol tenk petrol vir die motor is 62 liter. Die prys vir loodvrye petrol is R12,60 per liter in Junie. Hulle beplan om met die N3 via Durban en daarna die N2 na Richardsbaai te Klas 1 Voertuig neem. Die afstand wat hul sal reis is 886 km. 2.3.1 Die spesifikasie van die motor dui aan dan ʼn vol tenk 560 000 m sal dek teen ʼn gemiddelde spoed van 120 km/h. Gebruik berekeninge om te bevestig of hul meer as DRIE vol tenks petrol vir ʼn retoer-reis sal benodig. (4) 2.3.2 BYLAAG E toon die tolhek-fooie wat hul sal betaal vir hul reis vanaf Johannesburg na Richardsbaai. Hulle sal deur al die hoofstroom tolhekke op die N3 en N2 gaan. Bereken die totale koste vir VIER vol tenks petrol en die tolhek fooie vir ʼn retoer-reis. (6) 2.3.3 Ontleders het voorspel dat die VPI (Verbruikers-Prys-Indeks) vir 2017 soortgelyk aan die een vir 2013, soos in TABEL 3 hieronder getoon, sal wees. TABEL 3: Verbruikers-Prys-Indeks (VPI) vir 2013 Maand Jan Feb Maart Apr Mei Jun Jul Groeikoers 2,15% 2,26% 1,96% 1,74% 1,50% 1,41% 1,39% In Junie het Mnr Bush beweer dat, indien hul besluit om in Julie te reis, dat hul R2 500,00 vir brandstofkoste sal benodig. Bevestig sy bewering deur alle noodsaaklike berekeninge te toon. (4) [34] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Tweede Vraestel) 10602/17 VRAAG 3 3.1 Mev Bush wil Mnr Bush aanmoedig om versigtig te bestuur terwyl hulle op vakansie is. Sy het vir hom statistiek in TABEL 4 gewys wat die aantal ongelukke oor Suid-Afrika plaasvind, toon. TABEL 4: Statistiek van padongelukke vanaf 1 Desember tot 11 Januarie TOTAAL PROVINSIES Jaar GP KZ-N WK OK VS MP NW LP NK RSA 2015/2016 246 308 122 227 131 159 108 186 A 1535 2016/2017 271 B 162 278 157 184 136 208 57 C Verskil 25 -6 40 51 26 25 28 22 9 220 www.arrivealive.co.za Gebruik TABEL 4 om die volgende vrae te beantwoord. 3.1.1 Bereken die waarde van A. (2) 3.1.2 Bepaal die waarde van B. (2) 3.1.3 Daarna, bepaal die waarde van C. (2) 3.1.4 Bepaal die gemiddelde aantal ongelukke in 2015/2016. (3) 3.1.5 Rangskik die data in stygende volgorde en gebruik berekeninge om te toon dat die interkwartiele omvang vir ongelukke wat in die jaar 2016/2017 vir die nege provinsies gerapporteer is, 128 was. (5) 3.1.6 Bepaal die mediaan vir die verskille in padongelukke gerapporteer. (2) 3.1.7 Wat is die waarskynlikheid dat die getal ongelukke vir die jaar 2016/2017 die volgende jaar sal afneem? (2) 3.1.8 Gebruik die grafiekpapier op ANTWOORDBLAD 1 aan die einde van jou vraestel, om ʼn lyngrafiek te teken wat die verskil in padongelukke gerapporteer, verteenwoordig. Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in. (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8 (Tweede Vraestel) 10602/17 3.2 Een dag, het die paartjie besluit om hul vriende, Mnr en Mev Mkhize, te besoek. Die afstand tussen Bentley Lodge en Richardsbaai is 5,4 cm op die kaart van die area gemeet. Die skaal van die kaart is 1 : 3 000 000. Mnr en Mev Bush het Richardsbaai om 17:30 verlaat en het Bentley Lodge om 19:22 bereik. Mnr Bush beweer dat hy teen ʼn gemiddelde spoed van 90 km per uur gery het. Bewys, deur alle berekeninge te toon, dat sy stelling geldig is. Afstand Gebruik die formule: Gemiddelde Spoed = Tyd (8) 3.3 Mnr en Mev Bush het ook ʼn restaurant met hul vriende vir middagete besoek. Die maaltyd wat bedien was, is : Bruin rys (BR) of Pap (P); dan het hulle ʼn keuse van skaapvleis (SK) of beesbredie (BB), bedien met ʼn Griekse slaai (GS) of Spinasie (S). 3.3.1 Teken ʼn boomdiagram op ANTWOORDBLAD 2 aan die einde van jou vraestel om die moontlike uitkomste vir die spyskaart voor te stel. Handig jou ANTWOORBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in. (5) 3.3.2 Bepaal die waarskynlikheid om skaapvleis te kies, as ʼn persentasie. (2) 3.4 Op ʼn ander dag, het hul na ʼn vlooimark gegaan en T-hemde gekoop. John, die verkoper, koop die T-hemde vanaf die plaaslike fabriek en druk name daarop. Hy spandeer R37,00 om elke T-hemp aan te koop en R18,00 op drukmateriaal. Hy verkoop dan die gedrukte T-hemde vir R90,00 elk. 3.4.1 Skryf ʼn formule neer om sy totale bestedingkoste te bepaal wanneer hy die t- hemde koop en druk. (2) 3.4.2 Gebruik die formule om te bepaal hoeveel hy sal spandeer wanneer hy 50 T- hemde koop en druk. (2) 3.4.3 Bepaal sy persentasie wins per T-hemp. (3) [46] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9 (Tweede Vraestel) 10602/17 VRAAG 4 4.1 Mnr en Mev Mkhize het die skade van padongelukke in Suid-Afrika bespreek. Die staafgrafiek verteenwoordig die totale skade van menslike sterfgevalle in biljoene rand in Suid-Afrika in 2015 in verskillende kategorieë van ongelukke. Die sirkeldiagram toon die totale skade van motorherstelwerk vir die verskillende kategorieë van ongelukke. Die totale menslike sterfgevalle waarvoor ongelukke geëis was, is 99 biljoen rand en die totale motorherstelwerk is meer as 21 miljoen rand. Menslike sterftegevalle in Motorherstelwerk koste 2015/2016 biljoene rande 60 Noodlot-tig % Hoof 50 skade Menslike sterftegevalle koste Klein 40 skade % 30 20 10 0 Slegs Hoof Skade Noodlottig skade Klein skade 81% Slegs skade Koste kategorie www.arrivealive.co.za 4.1.1 Noem en verduidelik EEN oorsaak van padongelukke op ons paaie. (3) 4.1.2 Bepaal die motorherstelwerkkoste waarvoor geëis is vir hoofskade-ongelukke in 2015/2016 indien die totale bedrag wat geëis is, R21 326 000 was. (4) 4.1.3 Mnr Bush het beweer dat die totale koste waarvoor klein skade ongelukke geëis is, vir beide motorherstelwerk en menslike noodlottigheid oor die 14 miljoen rand is. Verwys na die Koste Kategorie Grafiek en bevestig sy stelling. (5) 4.1.4 Staaf moontlike redes waarom die persentasie eise vir menslike noodloottigheid hoër is as dié vir noodlottige motorherstelwerk kostes. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10 (Tweede Vraestel) 10602/17 4.2 Mnr en Mev Mkhize het besluit dat hulle hul vriende in Johannesburg sal besoek per vlug in plaas daarvan om per pad te reis. As ʼn algemene reël, word passasiers toegelaat om een tas en een persoonlike item per vlug te neem. Daarvolgens, is daar spesifieke grootte en massabeperkings. Persoonlike items sluit in ʼn handsak of skootrekenaar-sak in. Mnr en Mev Mkhize het elk ʼn tas met die volgende afmetings: Na aanleiding van lugredery regulasies, mag die massa van die bagasie nie 7 kg oorsky nie, anders sal ʼn addisionele fooi gehef word. FORMULES: Buite oppervalk van ʼn reghoekige boks = 2 (ℓ × w) + 2(ℓ × h) +2(w × h) Omtrek van ʼn boks = 2 ℓ + 2w Volume van ʼn reghoekige boks = ℓ× w× h Waar ℓ = lengte; w = wydte en h = hoogte 4.2.1 Mnr en Mev Mkhize moes hul bagasie oortrek voordat hul aan boord van die vliegtuig klim. Bepaal die lengte van die plastiek wat benodig word (in m), om die tasse oor te trek indien die plastiek ʼn dubbellaag sal kry om maksimum veiligheid te verseker. Die plastiek het ʼn wydte van 56 cm en sal al die kante, (7) behalwe die bo en onderkant van die tas, dek. 4.2.2 Indien die koste om die tasse te dek met een laag plastiek R70,00 is (BTW ingesluit), bepaal die BTW uitgelsuite prys om beide die tasse met ʼn dubbellaag plastiek te dek. (4) 4.2.3 Bepaal die totale kapasiteit van hul bagasie. (6) 4.2.4 Verduidelik hoekom die bagasie eers geweeg word voordat jy aan boord klim. (2) [33] TOTAAL : 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 11 (Tweede Vraestel) 10602/17 ANTWOORDBLAD 1 NAAM : ______________________________________ GRAAD 12: _______ VRAAG 3.1.8 : Lyngrafiek wat padongeluk verskille verteenwoordig Padongeluk Verskille 60 50 VERSKIL IN PADONGELUKKE GERAPPORTEER 40 30 20 10 0 -10 GP KZ-N WK OK VS MP NW LP NK PROVINSIES
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 12 (Tweede Vraestel) 10602/17 ANTWOORDBLAD 2 NAAM : ______________________________________ GRAAD 12: _______ VRAAG 3.3.1 : Boomdiagram wat verskillende uitkomste vir spyskaart wys UITKOMSTES _________ __________ __________ S __________ BR GS __________ BB S __________ GS __________ SK S __________ P GS __________ __________ _________ __________

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all