You're offline
Skip to content
Question paper

Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper hlayiso.com

Subject: Mathematical LiteracyGrade 12202224 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10602 WISKUNDE GELETTERDHEID VRAESTEL 2 TYD: 3 uur PUNTE: 150 13 bladsye en ʼn addendum van 5 bladsye Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. 'n Addendum van 5 bladsye is binne die vraestel ingesluit. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Vraestel 2) 10602/22 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Antwoord AL die vrae. 2. Gebruik die BYLAE in die ADDENDUM om die volgende vrae te antwoord: BYLAAG A vir VRAAG 2.2 BYLAAG B vir VRAAG 4.2 BYLAAG C vir VRAAG 5.1 BYLAAG D vir VRAAG 5.2 3. Nommer jou antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbare en nie-grafiese) gebruik, tensy anders aangedui. 6. Wys ALLE berekeninge duidelik aan. 7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders aangedui. 8. Wys eenhede van meting, waar van toepassing. 9. Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Vraestel 2) 10602/22 VRAAG 1 1.1 Bestudeer die inligting en die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die Suez-kanaal is ʼn kunsmatige seevlak-waterweg van 193 kilometer tussen Port Said in die noorde en Suez in die suide. Die Suez-kanaal bied ʼn korter roete vir groot skepe wat vragte rondom die wêreld vervoer. Konstruksie van die Suez-kanaal het op 25 September 1859 begin en die kanaal is vir die eerste keer in 1869 oopgemaak. Met die aanvanklike opening in 1869, was die kanaal 8 meter diep, 22 meter wyd op die bodem en 61 tot 91 meter wyd op die oppervlak. Om skepe toe te laat om mekaar verby te steek, is daar elke 8 tot 10 km verbysteek areas gebou. Die kaart hieronder wys die Suez-kanaal en die omliggende omgewing. ASIË Mediterreense See Suez- kanaal Egipte AFRIKA [Bron: https://kids.britannica.com/kids/article/Suez-Canal/353819] 1.1.1 Identifiseer die land wat aan die westekant aan die Suez-kanaal grens. (2) 1.1.2 Skryf die name van die kontinente neer wat deur die Suez-kanaal geskei word. (2) 1.1.3 Identifiseer die see wat aan die suidekant van die Suez-kanaal is. (2) 1.1.4 Skryf die afstand neer tussen die stad aan die suidekant van die Suez-kanaal en die stad aan die noordekant van die Suez-kanaal. Gee jou antwoord in km. (2) 1.1.5 Noem EEN voordeel wat skepe het wanneer hulle die Suez-kanaal gebruik. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Vraestel 2) 10602/22 1.1.6 Noem enige TWEE items wat ʼn skip, wat die Suez-kanaal gebruik, kan vervoer. (2) 1.1.7 Gee EEN rede waarom “verbysteek areas” elke 8 tot 10 km gebou is oor die lengte van die Suez-kanaal. (2) 1.1.8 Bepaal die aantal jare wat dit geneem het om die Suez-kanaal vir seeverkeer oop te maak vanaf konstruksie begin het. (2) 1.2 Op 23 Maart 2020, het die 1 300 ft lange skip, die Ever Given, van Asië na Europa gereis. Dit het die Suez-kanaal in die suide binne gegaan en het noord gereis. Die skip is vasgevang in modder regdeur die suidelike kant van die kanaal. 1.2.1 In watter algemene rigting het die Ever Given deur die Suez-kanaal gereis? (2) 1.2.2 By watter stad het die Ever Given die Suez-kanaal binne geseil? (2) 1.2.3 Die “Ever Given” is 1 300 ft. lank. Herlei die lengte van hierdie vragskip na meter, indien 1 ft = 0,3048 m. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Vraestel 2) 10602/22 1.3 Die sjef op die skip het sjokolademousse vir die bemanningslede voorberei. Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SJOKOLADEMOUSSE RESEP BESTANDDELE 200 g donker sjokolade 30 ml brandewyn (opsioneel) 3 eiers (slegs eierwitte) 60 ml strooisuiker 100 ml room Voorbereidingstyd: 10 minute Baktyd: 5 minute Bedien: 6 mense METODE  Rasper 50 g donker sjokolade, breek die res in klein stukkies en smelt in ʼn pot.  Roer die brandewyn in (indien gebruik).  Klits die eierwit tot styf, plaas die strooisuiker by en klits tot glad.  Vou die room in en plaas twee derdes van die gerasperde donker sjokolade by.  Versprei die mengsel tussen 6 bakkies, strooi die oorblywende donker sjokolade oor en plaas in die yskas vir 2 uur. 1.3.1 Bepaal die totale tyd (in ure) om die sjokolademousse voor te berei en te maak. (2) 1.3.2 Herlei die gewig van die donker sjokolade na kilogram. (2) 1.3.3 Skryf die verhouding van die strooisuiker tot die brandewyn in die eenvoudigste vorm. (2) 1.3.4 Bepaal die hoeveelheid gram gerasperde sjokolade wat by die room gevoeg word. (2) 1.3.5 Die sjef het die sjokolademousse om 11:55 begin maak. Hoe laat sal dit gereed wees om te eet? (2) [32] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Vraestel 2) 10602/22 VRAAG 2 2.1 Die Royal Mail Ship St Helena, was ʼn unieke vrag-passasierskip wat in 1989 spesifiek gebou is om die eiland van St Helena, ʼn Britse oorsese grondgebied in die tropiese Suid- Atlantiese Oseaan, te voorsien. Die Royal Mail Ship St Helena kan 156 passasiers en 56 bemanningslede akkommodeer. AFRIKA ATLANTIESE OSEAAN BRASILIË Bestudeer die inligting en die kaart hierbo, en beantwoord die vrae wat volg. 2.1.1 Bepaal die waarskynlikheid dat indien ʼn persoon ewekansig van die skip gekies kon word, dit ʼn bemanningslid sou wees. Gee die antwoord as ʼn persentasie. (3) 2.1.2 Die passasiers op die Royal Mail Ship St Helena, is van die volgende nasionaliteite: Nasionaliteit Aantal passasiers Manlik Vroulik Suid-Afrikaans 48 35 13 Russies 12 8 4 Amerikaans 56 23 33 Duits 23 10 13 Bepaal die waarskynlikheid dat indien ʼn passasier ewekansig van die skip gekies kon word, die passasier ʼn Russiese man of ʼn vroulike Suid-Afrikaner sal wees. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Vraestel 2) 10602/22 2.2 Die Royal Mail Ship St Helena, vertrek vanaf Kaapstad na St Helena. Bestudeer die kaart op BYLAAG A en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Waar is die hawe op St. Helena waarskynlik geleë? (2) 2.2.2 Kies die korrekte letter wat die volgende stelling WAAR sal maak. Die dorp Levelwood lê: A Suid van Longwood B Wes van Blue Hill C Suidwes van Jamestown (2) 2.2.3 Watter tipe skaal word in BYLAAG A aangedui? (2) 2.2.4 Gebruik die skaal op die kaart om die afstand, soos die kraai vlieg, van Longwood (die dorp) na St Pauls (die dorp) te bepaal. Gee die antwoord in kilometer. LET WEL: dat 1 myl = 1,60934 km. (4) 2.2.5 Gee EEN rede waarom party dorpe op die kaart met groter kolle as ander dorpe aangedui word. (2) 2.2.6 Gebruik ʼn liniaal om die geskatte lengte, soos die kraai vlieg, op St. Helena van die mees suidwestelike kant na die mees noordoostelike kant van die eiland te bepaal. Gee die antwoord in cm. (2) 2.2.7 Die maksimum breedte van die eiland is ongeveer 10 km. Gebruik die skaal op die kaart, asook die antwoord op VRAAG 2.2.6, om die geskatte oppervlak van die hele eiland vas te stel. (4) 2.2.8 Bevolkingsdigtheid is die aantal mense wat per vierkante kilometer van ’n gebied, woonagtig is. Volgens die laaste sensus opname in 2016, was daar 4 534 mense op die eiland van St Helena. Gebruik die antwoord op VRAAG 2.2.7 om die bevolkingsdigtheid van St Helena te bepaal. (3) 2.2.9 As jy ʼn geleentheid gehad het om ʼn besigheid op St. Helena te begin, watter tipe besigheid sou jy oorweeg? (2) [30] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8 (Vraestel 2) 10602/22 VRAAG 3 Mrs Phalatsi wil graag ʼn swembad by haar huis hê. Sy vergelyk die grootte van twee vorms van swembaddens. Swembad A is reghoekig met ʼn diepte wat eenvormig van 3 voet tot 9 voet toeneem. Swembad B is silindries met ʼn deursnee van 5 m. Hieronder is diagramme van beide swembaddens. SWEMBAD A (reghoekige vorm) SWEMBAD B (silindriese vorm) Diepte 1 Deel A Diepte 2 Deel B Swembad A afmetings Swembad B afmetings Lengte: 40 voet Deursnee: 5 m Breedte: 25 voet Diepte : …… Diepte 1: 3 voet Diepte 2: 6 voet Die volgende formules kan gebruik word: Oppervlak van ’nreghoek = lengte × breedte (diepte) Oppervlak van ’ndriekhoek = ½ × basis × hoogte Oppervlak van ʼn sirkel = π × radius2 (waar π = 3,142) (diepte) Volume van ʼn silinder = π × radius2 × hoogte Omtrek = π × deursnee π = 3,142 1 m3 = 1 000 liter 1 voet = 0,3048 m 3.1 Verduidelik die term omtrek. (2) 3.2 Herlei die lengte van die reghoekige swembad na meter (m). (2) 3.3 Mev. Phalatsi beweer dat swembad A meer as 169 000 liter water hou. Indien die volume van die water vir deel A van die swembad gegee is as 84 951 ℓ, bepaal of Mev. Phalatsi se bewering korrek is. (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 5 BLADSYE LOS. VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10602 WISKUNDE GELETTERDHEID ADDENDUM VRAESTEL 2 5 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDE GELETTERDHEID 2 (Vraestel 2) ADDENDUM 10602/22 BYLAAG A: VRAAG 2.2 5 myl [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/File:Districts of St Helena.svg] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDE GELETTERDHEID 3 (Vraestel 2) ADDENDUM 10602/22 BYLAAG B: VRAAG 4.2 44 feet voet 12 inches 12 duim 12 duim 12 inches [Bron: https://www.chimneyspecialistsinc.com/blog/in-ground-fire-pits-vs-above-gound-fire-pits/] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDE GELETTERDHEID 4 (Vraestel 2) ADDENDUM 10602/22 BYLAAG C: VRAAG 5.1 LMI 2 to 20 SEUNS jaar Pasiënt Identifiseerder ________________________________________________________ LMI LMI 97ste 95ste 90ste Om LMI te bereken: 85ste Kilogram en meter gewig (kg)/lengte (m)2 75 ste Ponde en duim: gewig (lb)/lengte (duim)2 x 703 50ste SEUNS: 25ste 99ste persentiel snypunte 10de 5de OUDERDOM LMI 3de 5 20,1 6 21,6 7 23,6 8 25,6 9 27,6 10 29,3 11 30,7 12 31,8 13 32,6 14 33,2 15 33,6 16 33,9 17 34,4 Ouderdom in Jare 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 From National Initiative for Children’s Healthcare Quality (www.richq.org) [Color coding of the 2 000 CDC BMI charts by UNC’s Department of Pediatrics and Center for Health Promotion and Disease Prevention (CDC Cooperative agreement U48-DP-000059) for research and clinical purposes] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDE GELETTERDHEID 5 (Vraestel 2) ADDENDUM 10602/22 BYLAAG D: VRAAG 5.2 STROOKKAART VAN KAAPSTAD NA BLOEMFOTEIN ROETE: KAAPSTAD - BLOEMFOTEIN EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9 (Vraestel 2) 10602/22 3.4 Kies die korrekte letter wat die volgende stelling WAAR sal maak. Die formule om die volume van swembad B te bereken is: A π × 5 × hoogte B π × 2,52 × hoogte C π × 52 × hoogte (2) 3.5 Daar word beraam dat swembad B 65 000 liter water hou. Bepaal die diepte van swembad B en rond jou antwoord af tot twee desimale plekke. (5) 3.6 Swembad B word gevul met water wat vloei teen ʼn koers van 1,5 m3 per minuut. Mev. Phalatsi beweer dat dit teen 8:00 tot 92% van sy kapasiteit gevul kan word as die vulproses om 7:30 begin. Verifieer of Mev. Phalatsi se bewering korrek is. (5) 3.7 Mev. Phalatsi besluit op swembad A. Gee EEN moontlike rede hoekom sy swembad A gekies het, al gebruik swembad A meer water as swembad B. (2) 3.8 Toe Mev. Phalatsi in haar nuwe swembad wou swem, was die temperatuur van die water 19 °C en sy het gesê dat sy slegs sal swem as die temperatuur van die water 25 °C is. Die temperatuur moet toeneem met 6 °C. Bereken wat die verandering in temperatuur sal wees in °F. Jy mag die volgende formule gebruik: (°F − 32) ÷ 1,8 = °C (5) [31] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10 (Vraestel 2) 10602/22 VRAAG 4 4.1 Sakhile het by die Universiteit van Johannesburg ingeskryf en het ʼn bachelor woonstel in Johannesburg gehuur. Gebruik die vloerplan van Sakhile se woonstel en beantwoord die vrae wat volg. VLOERPLAN VAN SAKHILE SE BACHELOR WOONSTEL MEGANIESE KAMER DEK OF PATIO N SLAAPKAMER LEEFAREA INGANG BADKAMER KOMBUIS Skaal 1:100 [Aangepas uit www.pinterest.com] NOTA: Oppervlak van die bachelor woonstel = 322,36 vierkante voet (ft²) 100 cm² = 0,107639 vierkante voet (ft²) 4.1.1 Skryf die aantal deure wat binne in die leefarea en kombuis oopmaak, neer. (2) 4.1.2 Gebruik die skaal wat gegee is en bereken die ware lengte van die slaapkamer, insluitend die meganiese kamer. (5) 4.1.3 Herlei die oppervlak van die bachelor woonstel na m². (4) 4.1.4 Sakhile sê hy hou van ʼn oopplanwoonstel. Kwalifiseer hierdie bachelor woonstel as ʼn oopplanwoonstel? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 11 (Vraestel 2) 10602/22 4.2 Mnr. Botha, die eienaar van die woonstel waar Sakhile bly, wil ʼn vuurput in die agterplaas bou. Hy het op die internet gesoek en die idee gekry soos aangedui in BYLAAG B. Gebruik BYLAAG B om die vrae wat volg te beantwoord. Die gat vir die vuurput moet 4 voet breed en 12 duim diep wees. NOTA: 1 voet = 30,48 cm 1 duim = 2,54 cm 1 gallon = 3,7854 ℓ 4.2.1 Bepaal die radius van die vuurput, in sentimeter. (4) 4.2.2 Bepaal die volume van die vuurput in cm3. Jy mag die volgende formule gebruik: Volume van silinder = π × radius2 × hoogte; gebruik π = 3,142 (4) 4.2.3 Wat is die formule wat gebruik word om die omtrek rondom die sirkel te meet? Kies die korrekte antwoord van die opsies wat hieronder gegee is. Skryf slegs die korrekte letter (A – D) langs die vraagnommer. A Omtrek van ’n sirkel = π × deursee B Omtrek van ’n sirkel = π × radius C Oppervlak van ’n sirkel = π × radius2 D Volume van ’n silinder = π × radius2 × hoogte (2) 4.2.4 Dus, bereken die omtrek van die gat vir die vuurput. Rond jou antwoord af tot drie desimale plekke. (3) 4.2.5 ʼn Laag van drie 5 gallon emmers lavaklippe moet in die gat geplaas word. Mnr. Botha sê dat twee en ʼn driekwart van ʼn 20 ℓ emmer gelyk is aan drie 5 gallon emmers. Verifieer sy verklaring, en meld aan of daar ʼn oorskot of tekort aan lavaklippe sal wees. (5) [31] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 12 (Vraestel 2) 10602/22 VRAAG 5 5.1 Bestudeer die persentiel kurwe in BYLAAG C en beantwoord die vrae wat volg. Afrigter Maxwell, die rigter by ʼn plaaslike atletiekklub gebruik persentielkaarte om die gesondheidstatus van atlete wat by die klub aansluit te bepaal om die beste oefening vir hulle te bepaal. Afrigter Maxwell laat atlete wie se LMI’s tussen die 5de en 85ste persentiel is toe om by die klub aan te sluit. 5.1.1 Wat verteenwoordig die afkorting, LMI? (2) 5.1.2 Bepaal die maksimum LMI wat ʼn seun moet hê om by die klub te kan aansluit. (2) 5.1.3 Dus, bepaal die maksimum gewig van ʼn seun wat 1,8 m lank is en wie se LMI as gesond beskou word vir ʼn seunsatleet. Jy mag die volgende formule gebruik: gewig (kg) LMI = lengte (m) 2 (4) 5.1.4 ʼn 14-jarige seun wat 48 kg weeg en wie se hoogte 1,3 m is, beweer dat hy kwalifiseer om toegelaat te word by die klub. Bereken die LMI van die seun. (2) 5.2 Gebruik BYLAAG D om die volgende vrae te beantwoord. Afrigter Maxwell reis vanaf Kaapstad na Bloemfontein. 5.2.1 Bepaal die afstand van Colesberg na Beaufort-Wes. (2) 5.2.2 Bepaal die waarskynlikheid om deur of verby ʼn dorp te ry wat met die letter T begin, langs die N1 vanaf Kaapstad na Bloemfontein. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 13 (Vraestel 2) 10602/22 5.2.3 Gedurende afrigter Maxwell se reis vanaf Kaapstad na Bloemfontein, het hy vir 45 minute in Laingsburg gestop vir middagete. Sy volgende stop was Beaufort-Wes vir 15 minute en later het hy vir 15 minute in Colesberg gestop. Die reis van Kaapstad na Bloemfontein het 'n totaal van 9 uur en 15 minute geduur. Bereken die gemiddelde spoed (tot die naaste km/h) waarteen afrigter Maxwell gereis het vanaf Kaapstad na Bloemfontein. Regverdig, met berekeninge, of afrigter Maxwell by die spoedgrens van 120 km/h op nasionale paaie gehou het. Jy mag die volgende formule gebruik: Afstand Gemiddelde spoed = Tyd (6) 5.2.4 Die brandstofverbruik van afrigter Maxwell se motor is 5,9 ℓ/100 km en die brandstoftenk het ʼn kapasiteit van 45 ℓ. Verifieer of dit nodig was vir afrigter Maxwell om brandstof in te gooi by enige van die dorpe waar hy gestop het op pad na Bloemfontein. Wys ALLE berekeninge. (6) [26] TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Mathematical Literacy

Explore more published documents in this catalogue.

View all