Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 12201521 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2015 10601 WISKUNDIGE GELETTERDHEID EERSTE VRAESTEL PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 1 bylaag en 2 antwoordblaaie. 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Eerste Vraestel) 10601/15 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2015 WISKUNDIGE GELETTERDHEID (Eerste Vraestel) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Beantwoord VRAAG 1.4.2 EN 1.4.3 op die ANTWOORDBLAD. Skryf jou naam en klas in die spasies op die ANTWOORDBLAD A EN B. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in. Gebruik BYLAAG A om VRAAG 3.1.3 te beantwoord. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders aangedui. 6. Toon AL die berekeninge duidelik aan. 7. Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die konteks af, tensy anders aangedui. 8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing. 9. Padkaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Eerste Vraestel) 10601/15 VRAAG 1 1.1 Robert en Marie is verloof en gaan op Saterdag, 12 Desember 2015 trou. Soos met enige troue besef hulle dat daar baie dinge is om te doen en te reël. Robert en Marie gaan soek bypassende ringe. Hulle besluit om ’n stel ringe te koop wat R6 000 kos. Hulle sal vir ʼn lening moet aansoek doen om vir die stel ringe te kan betaal. Hulle het twee opsies: Opsie 1: Opsie 2: BUR Bank bied: Robert se pa bied: 10% saamgestelde rente p.j. 12% enkelvoudige rente p.j. Termyn van twee jaar Termyn van drie jaar Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende: 1.1.1 (a) Bereken die totale bedrag wat Robert vir die ringe sal betaal indien hy die geld by BUR Bank leen. (4) (b) Indien Robert se pa wil hê dat hy die lening teen R230 per maand moet terugbetaal, bereken die totale bedrag wat Robert aan sy pa sal terugbetaal. (2) (c) Bepaal die bedrag wat Robert sal spaar indien hy die lening met BUR Bank aangaan. (1) 1.1.2 Robert verdien ʼn salaris van R15 500 per maand. Die paaiement op die BUR Bank-lening bedra R302,50 per maand. Bereken die terugbetalings bedrag op die lening as ‘n persentasie van Robert se maandelikse salaris. Rond jou antwoord af tot die naaste heelgetal. (3) 1.1.3 Die juwelierswinkel wat die stel ringe aan Robert verkoop, het dit teen ʼn kosprys van R3 495 aangekoop. (a) Bereken die wins wat die juwelierswinkel sal maak op die verkoop van die stel ringe. (2) (b) Bereken die persentasie wins wat die juwelierswinkel sal maak. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Eerste Vraestel) 10601/15 1.2 SALARISSTROKIE LEAP Environmental Strategies Salarisstrokienommer 312 Robert E Wills Aanstellingsdatum: 01/06/2010 Lopienommer 443 Beroep: Salaristydperk: Omgewingsimpakbestuurder 01/06/2015 – 30/06/2015 Werknemersnommer: LES 113 Identiteitsnommer: 8203025013089 Beskrywing Verdienstes Aftrekkings Basiese salaris 15 500,00 Reistoelaag 3 400,00 Mediese fonds 1 230,00 Pensioenfonds A Personeellening 500,00 WVF-werknemersbydrae B Belasting – gewone verdienste 1 439,60 Belasting – toelaag 510,00 Totaal 18 900,00 C Netto salaris D Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende: 1.2.1 Bereken die ontbrekende waarde A, indien Robert 7,5% van sy maandelikse salaris tot die pensioenfonds bydra. (3) 1.2.2 (a) Bereken Robert se WVF-bydrae by B. (3) (b) Bepaal die totale bedrag wat LEAP Enviromental Strategies aan WVF vir hierdie werknemer sal oorbetaal. (2) 1.2.3 Bereken die ontbrekende waarde by C en D. (4) 1.2.4 Bepaal die persentasie waarteen Robert op sy reistoelaag belas word. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Eerste Vraestel) 10601/15 1.3 Robert en Marie besluit om na die troue vir een nag by die Da Vinci Hotel oor te bly voordat hulle op hul wittebrood vertrek. Die Da Vinci Hotel is ʼn bekende internasionale hotel en bied aan die bruid en bruidegom die wittebroodsuite teen ʼn koste van $950 per nag, 14% BTW ingesluit, bereken op die ekwivalente bedrag in die Suid-Afrikaanse geldeenheid. ʼn Ekstra 1% stadsbelasting is betaalbaar. Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord: 1.3.1 Herlei die koste vir een nag se verblyf in die Da Vinci Hotel na Suid- Afrikaanse geldeenheid as die wisselkoers R11,38 : $1 is. (2) 1.3.2 Bepaal die bedrag BTW (in rand) ingesluit in die koste vir een nag se verblyf in die wittebroodsuite. (3) 1.3.3 Bereken die totale bedrag betaalbaar (in rand) vir die wittebroodsuite, stadsbelasting ingesluit. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Eerste Vraestel) 10601/15 1.4 Robert en Marie beplan ʼn huweliksonthaal. Hulle besoek twee plekke en vergelyk die kwotasie van die Da Vinci Hotel en Tre-Jole Lodge en Konferensie Sentrum. Die kwotasies van die twee plekke is soos volg: Die Da Vinci Hotel Tre-Jole Lodge en Konferensie Basiese fooi van R8 000 Geen basiese fooi R200 per persoon R275 per persoon Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord: 1.4.1 Skryf ʼn vergelyking neer wat Robert en Marie in staat sal stel om die koste vir die huur van die Da Vinci Hotel te bereken. (2) 1.4.2 Voltooi Tabel 1 hieronder op die ANTWOORDBLAD A. Tabel 1: Koste vir huur van plek Aantal gaste 0 20 40 60 80 100 120 140 160 180 200 Da Vinci Hotel (Koste in R) 8 000 12 000 16 000 20 000 24 000 ... ... ... ... ... ... Tre-Jole Lodge (Koste in R) 0 5 500 11 000 16 500 22 000 27 500 33 000 38 500 44 000 49 500 55 000 (3) 1.4.3 Gebruik Tabel 1 en die grafiek op ANTWOORDBLAD A om die koste vir die Da Vinci Hotel voor te stel. (5) 1.4.4 Gebruik die grafiek op ANTWOORDBLAD B om die volgende te beantwoord: (a) Skryf die getal gaste neer wat die gelykbreekpunt verteenwoordig as die twee plekke vergelyk word. (1) (b) Skryf die getal gaste neer wat Robert en Marie kan uitnooi indien hulle begroting hulle toelaat om R43 000 te spandeer en hulle die Da Vinci Hotel wil huur. (2) [51] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Eerste Vraestel) 10601/15 VRAAG 2 2.1 Marie wil in ʼn perdekoets na die troue ry. Die perd draf teen ʼn spoed van 15 km/h en Marie trek by ʼn plek aan wat 5 km is vanaf die plek waar die huweliksbevestiging gaan plaasvind. Bereken die tyd, in minute, wat Marie moet toelaat om betyds by die huweliksbevestiging op te daag. Afstand Gebruik die formule: Tyd  (3) Spoed 2.2 Robert en Marie het besluit om ronde tafels vir die onthaal te gebruik. Hulle moet besluit hoeveel gaste aan elke tafel moet sit en hoeveel tafels benodig sal word. Deursnee van tafel = 150 cm Elke sitplek om die rant van die tafel = 40 cm Spasie tussen elke sitplek benodig vir gaste om nie ingeperk te voel nie = 15 cm Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende: 2.2.1 Bereken die omtrek van die tafel. Gebruik die formule: Omtrek van tafel = 2×π×r ; waar π = 3.142 (3) 2.2.2 Gebruik die omtrek om te bepaal hoeveel gaste by elke tafel kan sit. (3) 2.2.3 Bepaal hoeveel tafels vir 120 gaste nodig sal wees. (2) 2.2.4 As die ronde tafeldoeke 15 cm oor die kante van die tafels moet hang, bereken die oppervlakte van elke tafeldoek in m2. Gebruik die formule: Oppervlakte van tafeldoek = π × r2 ; waar π = 3.142 (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8 (Eerste Vraestel) 10601/15 2.3 Die verwelkomingsdrankies sal as ‘selftap’ bedien word, wat beteken elke gas vul hul eie glase vanuit die silindriese houer soos hieronder getoon: 50 cm 30 cm 2.3.1 (a) Bereken die volume van die silindriese houer in liter (ℓ) as 1 cm3 = 1 mℓ. Gebruik die formule:Volume van houer = π × r2 × h; waar π = 3.142 (4) (b) As elke glas ʼn kapasiteit van 40 mℓ het, bepaal hoeveel glase uit die houer kan gevul word. Rond jou antwoord af tot die naaste heelgetal. (3) 2.4 Robert en Marie besluit om voorsiening te maak vir vrugtesap vir die kinders wat die troue gaan bywoon. Elke kind kan vier glase kry van 330 mℓ elk, wat dit 1 320 mℓ per kind maak. Die vrugtesapkonsentraat kan verdun word in die verhouding 1 : 5, waar 1 deel vrugtesapkonsentraat is en 5 dele is water. (a) As al die vrugtesap gelyktydig aangemaak word, bereken die hoeveelheid konsentraat en die aantal water wat gemeng moet word per kind. (3) (b) As hulle besluit om konsentraat in elke glas te gooi en dan met water te vul, bepaal die aantal konsentraat benodig vir elke glas. (2) [27] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9 (Eerste Vraestel) 10601/15 VRAAG 3 3.1 Robert se pa het besluit om vir die bruidspaar se wittebrood te betaal en bespreek ʼn vaart op ʼn plesierboot van Durban na die Portugese Eilande in Mosambiek. Vir hierdie vaart sal die paartjie van Johannesburg na Durban vlieg, aan boord die boot gaan in Durban en vyf dae en vier nagte op die boot deurbring. Die dag waarop die boot vertrek is Maandag, 14 Desember 2015. Die tyd om aan boord te gaan is 10:00. Wanneer die boot voor anker lê in die Durbanse hawe, lê die boot met die voorkant wat noord wys. Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord: 3.1.1 Indien die boot Durban op Maandag verlaat, skryf die dag en datum neer wat die boot weer terug sal wees in Durbanse hawe. (2) 3.1.2 As die vlug vanaf Johannesburg om 08:15 by die King Shaka Lughawe in Durban arriveer, bereken die tyd, in uur en minute, wat Robert en Marie het om betyds aan boord die boot te gaan in die Durbanse hawe. (3) 3.1.3 Gebruik die dekplan (verskillende vlakke of vloere op die boot) op BYLAAG A en die inligting in die scenario hierbo en beantwoord die volgende: (a) Skryf neer watter vermaaklikheidsarea aan die voorkant van die boot op die Rigoletto-dek is. (2) (b) Skryf die aantal vol dekke neer wat net uit kajuite bestaan. (2) (c) Skryf neer die vermaaklikheid wat op Dek 13 gevind kan word. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10 (Eerste Vraestel) 10601/15 3.2 Mosambiek PORTUGESE Indiese Oseaan EILAND DURBAN Suid-Afrika N Die kaart hierbo dui die roete aan wat die boot sal volg vanaf die Durban hawe na die Portugese Eilande in Mosambiek, ʼn afstand van 2 150 km. Met die terugvaart vaar die boot met ʼn kurwe die see in en dek ʼn afstand van 3,7 cm op die kaart. Die skaal op die kaart is 1:100 000. Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord: 3.2.1 Verduidelik wat die skaal 1:100 000 beteken. (2) 3.2.2 Herlei die gegewe afstand van Durban na die Portugese Eilande na cm. (3) 3.2.3 Bereken die werklike afstand wat die boot vaar op die terugvaart na Durban. (3) 3.2.4 Skryf die algemene rigting van die Portugese Eilande na Durban neer. (2) 3.3 N14 R24 Hendrik Potgieter Rylaan N1 N3 N M2 Gebruik die kaart en beskryf die roete wat Robert en Marie sal volg van Magaliesburg na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe. (6) [27] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 11 (Eerste Vraestel) 10601/15 VRAAG 4 4.1 Die dekplan van die plesierboot op BYLAAG A toon die uitleg van die kajuite op elke dek. Die boot het 867 kajuite wat 2 199 gaste kan akkommodeer. Daar is een dubbelbed in elke kajuit; sommige kajuite maak voorsiening vir addisionele beddens. Die data vir die addisionele en tipes addisionele beddens per kajuit is soos volg: Dek 12: Sofabed 28 Dek 10: Mense met gestremdhede 1 Derde bed (kajuitbed) 0 Derde en vierde bed (kajuitbed) 17 Aansluitingskajuite (4 x kajuitbed) 38 Dek 9: Mense met gestremdhede 2 Derde bed (kajuitbed) 8 Derde en vierde (kajuitbed) 38 Aansluitingskajuite 0 Dek 8: Mense met gestremdhede 1 Derde bed (kajuitbed) 76 Derde en vierde bed (kajuitbed) 100 Aansluitingskajuite 0 Dek 7: Mense met gestremdhede 0 Derde bed (kajuitbed) 2 Derde en vierde bed (kajuitbed) 16 Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die vrae wat volg. 4.1.1 Bepaal die aantal kajuite op die plesierboot wat vier gaste kan akkommodeer. (2) 4.1.2 Bereken die aantal kajuite op die plesierboot wat slegs ʼn dubbelbed het. (4) 4.1.3 As 1 921 van die 2 199 gaste aan boord die plesierboot volwassenes is, bereken watter persentasie van die totale getal gaste kinders sal wees. Rond jou antwoord korrek af tot die naaste heelgetal. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 12 (Eerste Vraestel) 10601/15 4.2 Robert en Marie samel statistiek in oor die aantal buitelandse reisigers en die aantal Suid-Afrikaners wat die afgelope sewe jaar vanaf Durban vertrek het. Die statistiek wat hulle versamel het is in Tabel 2 saamgevat. Tabel 2: Getal buitelandse reisigers en Suid-Afrikaanse inwoners wat vanaf Durban vertrek, 2008 – 2014 Jaar Buitelandse Reisigers Suid-Afrikaanse Inwoners Totaal 2008 5 955 3 164 10 119 2009 6 093 4 190 10 283 2010 2 192 6 728 8 470 2011 A 4 338 11 839 2012 8 023 4 433 12 456 2013 4 429 8 474 B 2014 8 680 4 423 13 103 Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Bepaal die ontbrekende waarde A en B. (4) 4.2.2 Bepaal die mediaan getal buitelandse reisigers oor die afgelope sewe jaar wat vanaf Durban vertrek het. (3) 4.2.3 Bereken die gemiddelde aantal Suid-Afrikaanse inwoners wat die afgelope sewe jaar vanaf Durban vertrek het. (3) 4.2.4 Gebruik berekeninge, toon aan dat 7 123 meer buitelandse reisigers as Suid-Afrikaanse inwoners oor die afgelope sewe jaar vanaf Durban vertrek het. (3) [24] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 13 (Eerste Vraestel) 10601/15 VRAAG 5 5.1 Marie werk as ʼn statistiese ontleder vir Statistiek Suid-Afrika. Sy het gedink dit sal interessant wees om te weet hoeveel van hulle huweliksgaste onder die ouderdom van vyftig jaar is en hoeveel bo die ouderdom van vyftig jaar is. Sy het die inligting in Tabel 3 hieronder aangedui: Mans Vrouens 50 en onder 45 29 Bo 50 23 23 Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord: 5.1.1 Bepaal die waarskynlikheid dat, ewekansig gekies, ʼn gas ʼn vrou sal wees. (2) 5.1.2 Bepaal die waarskynlikheid dat, ewekansig gekies, ʼn gas ʼn man en onder vyftig sal wees. Gee jou antwoord as ʼn persentasie. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 14 (Eerste Vraestel) 10601/15 5.2 Die mond-en-snor grafiek hieronder toon die spoed van tien waterponies (ʼn watertuig wat soos ʼn motorfiets lyk en hanteer word) wat beskikbaar is vir gaste wat die Portugese Eilande besoek. 80 90 100 110 WATER- PONIE Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord: 5.2.1 Skryf die spoed van die waterponie neer wat die vinnigste gevaar het. (1) 5.2.2 Indien die spoedbeperking op die water 100 km/h is, bepaal hoeveel vinniger as die spoedbeperking die vinnigste waterponie gery het. (2) 5.2.3 Skryf die mediaan van die waterponies neer wat opgeteken is. (2) 5.2.4 Skryf die waarde van die onderste kwartiel en die boonste kwartiel van die stel data neer. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 15 (Eerste Vraestel) 10601/15 5.3 Robert en Marie kan elk een reistas aan boord die plesierboot neem en die reisagentskap gee hulle spesifieke instruksies oor die grootte van die reistas wat hulle kan saam neem. Die afmetings is soos volg: Lengte = 1,2 m Breedte = 60 cm Hoogte = 30 cm Buite oppervlakte = 2(lengte × breedte + breedte × hoogte + lengte × hoogte) Volume = lengte × breedte × hoogte 60 cm 30 cm 1,2 m Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord: 5.3.1 Bereken die buite-oppervlakte van die reistas in cm2. (5) 5.3.2 Bereken die kapasiteit van die reistas. (3) [21] TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 16 (Eerste Vraestel) 10601/15 BYLAAG A VRAAG 3.1.3 Sondek, Minigholf- 13 12 La Bohème Dek dek Tosca Dek 11 10 Turandot Dek Norma Dek 9 8 La Traviate Dek Rigoletto Dek 7 Aida Dek 5 6 Otello Dek Kajuite Casino sitkamer Kaartkamer en biblioteek Mediese sentrum DEK 12 DEK 10 DEK 9 DEK 8 DEK 7
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 17 (Eerste Vraestel) 10601/15 NAAM:________________________________________________ KLAS:__________ ANTWOORDBLAD A VRAAG 1.4.2 Tabel 1: Koste vir huur van plek Aantal gaste 0 20 40 60 80 100 120 140 160 180 200 Da Vinci Hotel 8 000 12 000 16 000 20 000 24 000 (Koste in R) Tre-Jole Lodge 0 5 500 11 000 16 500 22 000 27 500 33 000 38 500 44 000 49 500 55 000 (Koste in R)
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 18 (Eerste Vraestel) 10601/15 NAAM: _________________________________________ KLAS: ___________ ANTWOORDBLAD B VRAAG 1.4.3 Vergelyking van huurkoste 60 000 50 000 40 000 30 000 20 000 10 000

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all