You're offline
Skip to content
Question paper

Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper hlayiso.com

Subject: Mathematical LiteracyGrade 12201518 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2015 10602 WISKUNDIGE GELETTERDHEID TWEEDE VRAESTEL PUNTE: 150 TYD: 3 uur Bladsye 18 3
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Tweede Vraestel) 10602/15 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN WISKUNDIGE GELETTERDHEID (Tweede Vraestel) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Jy mag gebruik maak van ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie- grafies), tensy anders vermeld. 5. Wys ALLE berekeninge duidelik. 6. Gebruik gepaste afronding vir ALLE finale antwoorde, tensy daar spesifieke afronding aangedui word OF waar toepaslike afronding OP of AF toegepas moet word. 7. Toon maateenhede waar nodig. 8. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders vermeld. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Tweede Vraestel) 10602/15 VRAAG 1 1.1 JOHANNESBURG – Die munisipaliteit sê dat die watervoorraad in Ekurhuleni het Sondag begin stabiliseer nadat Bedfordview en Primrose begin water ontvang het na ʼn periode van watertekort. (28 September 2014). Baie soortgelyke nuusartikels het gereeld oor die hele land in die koerante verskyn gedurende 2014. Meer mense het begin om watertenks by hulle huise te installeer om sodoende water op te vang. Die grootte van die dak vanwaar die water opgevang word en die gemiddelde reënval in die area, bepaal die geskatte volume water wat oor ʼn tydperk van ʼn jaar opgevang word. 1.1.1 Mnr. Chidi wil die volume van die water wat hy vanaf die dak kan opvang, bereken. Hy moet eerstens die oppervlakte van die dak waar vanaf hy die water wil opvang, bepaal. 4 280 mm Die lengte van die dak is 22 700 mm en die skuinshoogte is 4 280 mm. Hy sal slegs water van een kant van die staandak af opvang. 22 700 mm Bereken die oppervlakte van die dak in die illustrasie aan die kant waar hy die water sal opvang in vierkante meter. Gebruik die formule: Oppervlak van ʼn reghoek = lengte × breedte (3) 1.1.2 Die omgewing waar Mnr. Chidi woon, se gemiddelde reënval is omtrent 638 mm per jaar. Bereken naastenby die volume water (in liter) wat hy oor ʼn tydperk van een jaar in ʼn tenk sal opvang, as die volgende inligting gegee is:  Een millimeter reën op ʼn vierkante meter dak is gelyk aan een liter.  Bereken naastenby hoeveel water oor ʼn tydperk van ʼn jaar opgevang is en gebruik die volgende formule: Dak se volume water (liter) = gemiddelde jaarlikse reënval (in mm/jaar) x dakoppervlak (in m2) x 85% (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Tweede Vraestel) 10602/15 1.1.3 Mnr Chidi koop ʼn 4 500 liter tenk soos in die prent (op skaal) hieronder aangetoon. Die diameter van die tenk is 1 810 mm en die hoogte is 2 060 mm. 4 500 liter 2 060 mm 1 810 mm (a) Meet die diameter van die tenk op die 2D-prent van die 3D-tenk en gebruik die afmeting om die skaal wat vir die prent gebruik is te bepaal. Gee jou antwoord as eenheid-skaal. Moenie desimale in die skaal gebruik nie. (4) (b) Op 14 Desember het die meter wat hy op die tenk geïnstalleer het, aangedui dat die volume water in die tenk 3, 76 kiloliter was. Bereken die hoogte van die water in die tenk op daardie dag, in meter. Gebruik die volgende formule: Volume van ʼn silinder = × × hoogte 1 kl = 1 m3 Gebruik π = 3,142 (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Tweede Vraestel) 10602/15 1.2 Die verkoopsbestuurder by “Water IQ”, ʼn maatskappy wat watertenks verkoop, maak data bymekaar oor die aantal tenks wat deur drie van sy top verkoopsagente per maand verkoop word, oor ʼn tydperk van ʼn jaar. Hy het ʼn opsomming van hierdie data gemaak op ʼn houer-en-puntdiagram soos hieronder. Tenks verkoop in 2014 1.2.1 Skat die onderste kwartielwaarde van die aantal watertenks wat deur Agent C verkoop is. (2) 1.2.2 Vir hoeveel maande het Agent A 40 of minder tenks verkoop? Wys/verduidelik jou stappe van berekening. (3) 1.2.3 Bepaal die minimum en die maksimum aantal tenks wat deur bemarkingsagent B per maand verkoop is gedurende die drie maande wat hy gedurende sy laagste verkope aangeteken het. (4) 1.2.4 Agent B het die toekenning vir die “Verkoopsman van die jaar” in 2014 ontvang. Dink jy die regte verkoopsman het die toekenning ontvang? Gee 3 redes vir jou antwoord. Verwys na die aantal tenks wat verkoop is in die kwartiele wat jy gebruik het om die prestasie van die agente te vergelyk. (7) 1.2.5 Indien die minimum kommissie wat ʼn agent per tenk kan verdien R713.76 is, bereken die laagste bedrag wat agent C per maand in 2014 kon verdien het. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Tweede Vraestel) 10602/15 1.3 Die volgende berig het op 12 Augustus 2014 in die Newcastle Advertiser verskyn – Graad 1- en Graad R-leerders van Laerskool Utrecht is huis-toe gestuur weens die watertekort, wat die skool vir twee dae sonder water gelaat het. 1.3.1 Een rede waarom ʼn skool moontlik moet sluit as daar nie water is nie, is dat daar nie water vir die leerders en personeel is om te drink nie. Dit is egter nie die hoofrede waarom skole moet sluit as daar nie lopende water beskikbaar is nie. Noem enige ander gesondheidsrisiko verbonde aan ʼn watertekort wat skole kan dwing om te sluit as daar nie water is nie. (2) 1.3.2 Deesdae sien ons al hoe meer skole wat watertenks installeer. Ons sien ook dat watertenks by die meeste nuwe skole wat gebou word, geinstalleer word. Verduidelik waarom skole die beste plek vir munisipaliteite is om reënwatertenks te installeer om water aan die omliggende gemeenskap te verskaf wanneer daar ʼn waterkrisis ontstaan. (2) [39] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Tweede Vraestel) 10602/15 VRAAG 2 2.1 Die staat vereis inkomste op ʼn deurlopende basis, daarom moet werkgewers LBS (Lopende Betaal Stelsel) van hulle werknemers se salarisse aftrek en dit dan aan SAID (Suid-Afrikaanse Inkomstediens) elke maand oorbetaal. Mnr. Joe Nxumalo werk as ʼn senior Rekenaar (IT) Tegnikus by ʼn “IT Kliniek.” Hy ontvang ʼn basiese salaris van R21 650,75 per maand gedurende die 2014/15 belastingjaar.  Sy volle bydrae aan die pensioenfonds is aftrekbaar van belasting. Die 7,5 % bydrae tot die pensioenfonds sal sy belasbare inkomste verminder.  Sy vrou en twee kinders is lede van sy mediese fonds. Die kwalifiserende mediesebelasting-krediet bedrag is aftrekbaar vanaf die berekende belasbare bedrag.  Die WVF(UIF) bedrag wat afgetrek word, is minder as 1% as gevolg van die maksimum aftrekkingslimiet (die plafonbedrag) van toepassing in 2014. WVF is nie aftrekbaar van belasting nie.  Hy ontvang sy jaarlikse bonus in sy verjaarsdagmaand.  Die bonus is belasbaar.  Geen pensioenfonds word van sy bonus afgetrek nie.  Hy verkies om sy jaarlikse belasting op sy bonus in die maand wat hy sy bonus ontvang, te betaal. (ʼn Werknemer het die keuse om die belasting op sy bonus te versprei oor 12 maande – wat dan sy maandelikse aftrekking op sy belasting verhoog, dit sal lei tot ʼn hoër netto uitbetaling in sy bonusmaand.) Gebruik die salarisstrokie in BYLAAG A om die volgende te beantwoord: 2.1.1 Mnr. Nxumalo het sy jaarlikes bonus (ʼn nie-pensioendraende 13de tjek wat belasbaar is) in Mei ontvang. Bereken sy belasbare inkomste vir 2014/2015. (5) 2.1.2 Bereken die jaarlikse mediesefonds belastingkrediet waarvoor Mnr. Nxumalo kwalifiseer. (3) 2.1.3 Verduidelik waarom dit belangrik is om Mnr. Nxumalo se geboortedatum vir belastingdoeleindes te weet. (2) 2.1.4 Gebruik die belastinginligting op BYLAAG B om die jaarlikse belasting wat betaalbaar is op Mnr. Nxumalo se belasbare inkomste, te bereken. (6) 2.1.5 Gebruik die inligting van die belastingaftrekkings op die salarisstrokie om te verifieer of die werkgewer genoeg belasting vanaf Mnr. Nxumalo se salaris vir 2014/2015 belastingjaar afgetrek het. Wys al jou stappe. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8 (Tweede Vraestel) 10602/15 2.2 Een van die items op Mnr. Nxumalo se begroting is maandelikse brandstofkostes. Hy begroot om vir ʼn afstand van 1 530 km per maand te reis. Die gemiddelde brandstofverbruik van sy voertuig is 8,1 liter per 100 km. Die brandstofprys in Junie sal R14,24/liter wees. 2.2.1 Sy begroting vir Junie 2014 wys dat hy beplan om R1 800 te spandeer. Het hy genoeg geld vir brandstof begroot? (4) 2.2.2 Gee ʼn praktiese rede vir die verskil in die bedrag waarvoor hy begroot het en die werklike berekening. (2) 2.2.3 Hy het rekord gehou waarvoor hy sy voertuig in Junie 2014 gebruik het. Hy vermeld dat die verhouding tussen reis vir familiedoeleindes, reis tussen huis en werk en reis na kliënte 3:11:4 was. Hy het 14 heen-en- weer ritte tussen sy huis en werksplek gedurende Junie 2014 afgelê, bereken die geraamde afstand tussen sy huis en werk indien sy eintlike reisafstand vir die maand 1 512 km was. (4) 2.3 Die maandelikse salarisse van 16 mense wat in die tegniese department werk, is in die tabel hieronder gelys. Die geldeenheid is in Rand. TABEL 1: Die maandelikse salarisse van 16 mense 34 720 17 482 9 800 A 13 550 21 650 11 200 17 482 16 245 14 837 13 420 10 000 8 400 12 996 B 15 400 2.3.1 A verteenwoordig die laagste salaris. B is minder as R32 000. Die omvang van die stel salarisse is R28 020. Bepaal die waarde van A. (2) 2.3.2 Die gemiddelde salaris is R14 702. Bereken die waarde van B. Toon alle stappe. (4) 2.3.3 Bepaal die mediaansalaris. (3) 2.3.4 Wat is die waarskynlikheid dat ʼn persoon wat in die tegniese department werk, ʼn salaris sal verdien wat bo die gemiddelde salarisskaal is? Druk jou antwoord uit in ʼn desimale formaat. (3) 2.3.5 Watter maatstaf van sentrale neiging gee ʼn beter opsomming van die salarisse van die tegniese afdeling? Gee redes vir jou antwoord. (3) 2.3.6 Verskaf 2 moontlike redes vir die groot gapings tussen die salarisse van die werkers in die tegniese department. (4) [49] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9 (Tweede Vraestel) 10602/15 VRAAG 3 3.1 Mnr. en Mev. Swart het onlangs afgetree. Hulle beplan om in ʼn aftree-oord wat nog in ontwikkeling is, in te trek. Hulle word van verskeie vloerplanne voorsien waaruit hulle die tipe huis kan kies waarby hulle lewenstyl sal pas. Hulle word toegelaat om voorstelle te maak oor die herorganisering van die binnekant van die huis, maar die buitemure moet soos op die plan aangedui bly. Gebruik die inligting en die planne wat verskaf is in BYLAAG C om die volgende vrae te beantwoord. 3.1.1 Die afmetings op die plan is nog in Amerikaanse duime en voete (10’6 beteken 10 voet 6 duim). Bereken naastenby die vloeroppervlakte (in vierkante meter) van die huis in die plan, maak gebruik van die langste buitenste sye van die mure. Oppervlak van ʼn reghoek = lengte × breedte (4) 3.1.2 Hulle vermeld dat die vloeroppervlakte van die huis 37% kleiner is as hulle huis huidiglik. Bereken die vloeroppervlake van hulle huidige huis. (3) 3.1.3 Verduidelik watter kamers op die plan warmer as die ander sal wees gedurende die wintermaande, indien geen verwarmers aangeskakel word nie. Gee redes vir jou antwoord(e). (4) 3.1.4 Gebruik die kompasrigting om C te vervang met “C – Aansig”. (2) 3.1.5 Noem die kamers sonder vensters op die plan. Bespreek enige uitdaging wat ʼn bewoner van die gebou mag ondervind weens die gebrek aan vensters. (3) 3.1.6 Bespreek een uitlegverandering wat jy sal maak aan hierdie huis indien jy dit sou koop. Gee redes vir jou voorstelle. (2) Nota: ʼn Verandering sonder enige geldige verduideliking sal geen punte kry nie. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10 (Tweede Vraestel) 10602/15 3.2 Mnr. Rotkin het ʼn huis by Mnr. en Me. Swart gekoop en ʼn lening by die bank aangegaan. Hy het slegs aansoek gedoen vir ʼn verbandlening van R500 000 terugbetaalbaar oor ʼn tydperk van 20 jaar. Die maandelikse saamgestelde rentekoers vir hierdie lening is 8.75%. Mnr. Rotkin het nie die opsie van verkorte terugbetaling oor ʼn periode van 15 jaar geneem nie, maar het besluit om ʼn addisionele maandelikse bedrag van R1 000 op sy verband af te betaal. 3.2.1 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg: TABEL 2: HUISLENING TERUGBETALINGSTABEL Leningstermyn Results en opsomming Lening Bedrag 500 000,00 Maandelikse Rentekoers 0,729% Jaarlikse Rente 8.75% Aantal Geskeduleerde Betalings 240 Leningsperiode in Jare 20 Totale Geskeduleerde Betalings 1 060 452,85 Betalingspaaiemente Maandeliks Totale Rente 560 452,85 Saamgestelde periode Maandeliks Aantal Terugbetalings 154 Einde van Soort Betaling Totale Betalings 834 320,92 Periode Eerste betalingsdatum 1-1-2016 Totale Rente 334 320,92 Geskatte rente gespaar A 227 131,93 Verpligte maandelikse paaiement 4 418,55 Addisionele Betalings 1 000,00 Afbetalingsdatum B 3.2.1 (a) Die eiendomsagent het die bostaande opsomming aan Mnr. Rotkin getoon sodat hy kan sien watter bedrag hy na verwagting kan spaar in rente indien hy die ekstra R1 000 elke maand betaal. Sy het uitgewys dat hy R217 131.93 op sy totale verbandterugbetaling sal bespaar. Toon deur middel van volledige berekeninge aan of sy vir hom die korrekte vooruitgeskatte besparingsbedrag gegee het. (3) (b) Die tabel toon die verkorte periode vir die terugbetaling van die verbandlening aan mits hy die ekstra R1 000 maandelikse betaling kan betaal. Verskaf die maand (B) en jaar (B) waarin Mnr. Rotkin se huis afbetaal sal wees indien hy die dissipline het om vol te hou met die addisionele maandelikse betaling. (3) 3.2.2 Bestudeer die twee grafieke in BYLAAG D en beantwoord die vrae wat volg: (a) Vergelyk die stawe en waardes van die verskillende bedrae wat in grafiek A gebruik is. Verduidelik waarom die ligter gedeelte nie alleen gebruik kan word om die bedrag van betaalbare rente gedurende 1 jaar te bepaal nie. Beraam/skat die bedrag rente wat gedurende daardie jaar betaalbaar is. (4) (b) Vir hoeveel jaar sal Mnr. Rotkin ʼn groter bedrag in rente betaal, in vergelyking met die oorspronklike leningsbedrag? (2) (c) Watter grafiek maak dit makliker vir jou om die antwoord vir (b) raak te sien? Motiveer jou keuse. (2) [32] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 11 (Tweede Vraestel) 10602/15 VRAAG 4 4.1 Bestudeer die illustrasie hieronder en gebruik die inligting wat gegee is in die spotprent en die bevolkingstatistiek om die vrae te beantwoord wat gebaseer is op die 2014-syfers: MOORD IN SA GIF STOMP KAAL HANDE 600 VERMOOR VOORWERPE 400 VERMOOR PER JAAR PER JAAR 2000 VERMOOR PER JAAR SKERP VUURWAPENS O JA, AMPER VERGEET… 5000 VERMOOR …6000 VERMOOR PER JAAR INSTRUMENTE PER JAAR 3000 VERMOOR DEUR DRONK BESTUURDERS PER JAAR Tabel 2: Halfjaarlikse bevolkingsvooruitskatting per provinsie, 2014 Bevolkingsvooruitskatting % van totale bevolking Oos-Kaap 6 786 900 12,6 Vrystaat 2 786 800 5,2 Gauteng 12 914 800 23,9 KwaZulu-Natal 10 694 400 19,8 Limpopo 5 630 500 10,4 Mpumalanga 4 229 300 7,8 Noord-Kaap 1 166 700 2,2 Noordwes 3 676 300 6,8 Wes-Kaap 6 116 300 11,3 TOTAAL 54 002 000 100 Bron: Statistiek Suid-Afrika Baie Onmoontlik Onwaar- Gelyke Waar- Hoogs Definitief Onwaar- skynlik kans skynlik Waarskynlik skynlik Onmoontlik Gelyke kans Definitief b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 12 (Tweede Vraestel) 10602/15 4.1.1 (a) Bereken die waarskynlikheid dat iemand in Suid-Afrika in 2014 deur ʼn dronkbestuurder doodgery sal word. Gee jou antwoord as ʼn persentasie. (3) (b) Kies een van die woorde in die boonste deel van die waarskynlikheidskaal om woordeliks te beskryf wat die waarskynlikheid is dat ʼn persoon deur ʼn dronkbestuurder doodgery sal word. (2) (c) Mnr. Joseph, ʼn navorser, gebruik die statistiek in die illustrasie om die gemiddelde geweersterftes per provinsie te bereken. Hy gebruik die verhoudingsverdeling van die bevolking per provinsie om die vooruitgeskatte provinsiale gemiddeld te bepaal. Hy beweer dat Mpumalanga sowat 390 geweersterftes per jaar sal hê. Verifieer of hierdie berekenings akkuraat is. (3) 4.1.2 Lees die onderstaande verslag. Dit bevat inligting betreffende die koste van Suid-Afrikaanse padongelukke. Gebruik die inligting om die onderstaande vrae te beantwoord: Die “RWIN” (Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing) sê dat die koste van padongelukke in Suid-Afrika jaarliks R309 biljoen beloop. Die Departement van Vervoer raam op ongeveer 14 000 sterftes per jaar – maar die meeste persone betrokke by padveiligheid reken hierdie is grootliks verkeerd en die ongelukkige / sterftes en beserings is nie volledig gerapporteer nie. Alkoholmisbruik (voetgangers / bestuur onder die invloed) veroorsaak ten minste die helfte van hierdie probleme. www.sadd.org.za (a) Die bedrag van R309 biljoen is gebaseer op die koste van ongelukke as gevolg van allerlei oorsake. Bepaal die geraamde koste wat gereken word as gevolg van alkoholmisbruik. Skryf die antwoord SONDER die gebruik van die woord “biljoen”. (2) (b) Indien die geskatte koste van padongelukke Suid-Afrika 8,3 % meer gaan kos vir die volgende jaar, bepaal die nuwe geraamde bedrag vir die begroting. Gee jou antwoord afgerond tot die naaste miljoen. (3) [13] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 13 (Tweede Vraestel) 10602/15 VRAAG 5 5.1 Toe Xolani in ʼn tuin-kothuis naby sy nuwe werksplek ingetrek het, het hy ʼn bed teen R 1 270 en ʼn yskas teen R2 530 aangeskaf. Die winkel was bereid om hierdie items op die volgende voorwaardes op krediet aan hom te verkoop:  Hy moet 10 % deposito betaal;  18.24 % enkelvoudige rente per jaar op die uitstaande bedrag bereken sal word.  Hy het ʼn keuse van terugbetaling oor 6 / 12 / 18 / 24 of 30 maande. 5.1.1 Bereken die balans nadat die deposito betaal is. (2) 5.1.2 Gebruik die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. TABEL 4: Maandelikse paaiement per R100 wat geleen is Hoeveelheid paaiemente Enkelvoudige rente per jaar 11,24% 14,74% 18,24% 21,74% 6 17,6033 17,8950 18,1867 18,4783 12 9,2700 9,5617 9,8533 10,1450 18 6,4922 6,7839 7,0756 7,3672 24 5,1033 5,3950 5,6867 5,9783 30 4,2700 4,5617 4,8533 5,1450 NEEM KENNIS Getalle gereflekteer hierbo is in Rand per R100-lening (a) Bereken die maandelikse paaiement wat hy sal moet betaal vir die bed en die yskas omdat hy besluit het om die balans oor ʼn tydperk van 30 maande te betaal. Toon alle berekeninge. (3) (b) Bereken hoeveel méér Xolani sal moet betaal vir die bed en die yskas aangesien hy besluit het om dit op skuld koop. (3) (c) Gee ʼn rede waarom mense op krediet koop, al kos dit hulle meer. (2) 5.2 Xolani se ma het vir hom ʼn boek- en vertoonkas gekoop. Hy moet dit self aanmekaar sit na aanleiding van die instruksies ingesluit in die verpakking.  Bestudeer die instruksies in die partelys in BYLAAG E.  Skryf gedetailleerde instruksies vir die aanmekaarsit van die rak.  Skryf eers die stapnommer en dan die instruksie vir die spesifieke gedeelte neer.  Jy moet die name van die parte soos verskaf in BYLAAG E, gebruik.  Dui die rigtings aan soos wat die rakke / panele in die kas ingeskuif moet word om te verseker dat dit stewig in posisie sluit. (7) [17] TOTAAL: 150 b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 14 (Tweede Vraestel) 10602/15 BYLAAG A: VRAAG 2 Joe Nxumalo se salarisstrokie vir Mei 2014 SALARIS PERSONEEL NAAM: DEPARTEMENT: IT Kliniek DATUM: NOMMER: J Nxumalo Tegnies 31-05- 2014 991256 WERKSBE- BELASTING IDENTITEITS GEBOORTE SKRYWING: VERWYSINGS NOMMER: DATUM: Senior IT- NOMMER: 8005280112083 28-05-1980 Tegnikus 0835/078/25/3 HUWELIK MEDIESE FONDS BANKREKENING BANK: STATUS: AFHANKLIKES: NOMMER: ABC Bank Getroud 3 (eggenoot + 2 kinders) 963 246 987 SALARIS BEDRAG AFTREKKINGS BEDRAG Belasbare Inkomste (LBS) Basiese salaris R21 650,00 R2 069,85 (op basiese salaris) Belasbare Inkomste (LBS) Jaarlikse Bonus R21 650,00 R5 412,50 (op bonus) Pension R1 623,75 Mediesefonds-bydrae R3 740,00 WVF R148,72 BRUTO R43 300,00 TOTALE AFTREKKINGS R12 994,82 SALARIS NETTO SALARIS BETAALBAAR: R 30 305,18 b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 15 (Tweede Vraestel) 10602/15 BYLAAG B: VRAAG 2 Belastingkoers (Van toepassing op individue) 2014-2015 belastingsjaar Belasbare Inkomste (R) Belastingskoers (R) 0 – 174 550 18% van elke R1 174 551 - 272 700 31 419 + 25% van die bedrag bo 174 550 272 701 - 377 450 55 957 + 30% van die bedrag bo 272 700 377 451 - 528 000 87 382 + 35% van die bedrag bo 377 450 528 001 - 673 100 140 074 + 38% van die bedrag bo 528 000 673 101 en bo 195 212 + 40% van die bedrag bo 673 100 Belastingkorting van toepassing op individue Primêre korting R 12 726 Sekondêre korting (vir persone 65 jaar en ouer) R 7 110 Tersiêre korting (vir persone 75 jaar en ouer) R 2 367 ʼn Belastingkorting is ʼn tipe afslag. Belastingdrempels van toepassing op individue Persone onder 65 jaar R 70 700 Persone 65 jaar en ouer R110 200 Persone 75 jaar en ouer R123 350 Mediese fonds- belastingkrediet: 2014/2015 jaar (1 Maart 2014 - 28 Februarie 2015) R257 per maand vir belastingpligtiges wat mediese fonds-bydraes maak R257 per maand vir die eerste afhanklike op die mediese fonds R172 per maand vir elke addisionele afhanklike op die mediese fonds Hoe werk dit? Die Jaarlikse Mediese fonds – belastingkrediete moet afgetrek word vanaf die berekende bedrag van die werknemer se belasting vir die jaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 16 (Tweede Vraestel) 10602/15 BYLAAG C – VRAAG 3.1 (LET WEL– diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.) Geen B-Aansig spens hoofslaap- eet kamel kamer kombuis familie C-Aansig slaapkamer ingang N A -Aansig D-Aansig IMPERIËLE: METRIEKE HERLEIDINGSTABEL 1 meter = 3,28084 voet 1 voet = 0,3048 meter 1 voet = 12 duim 1 duim = 0,0254 meter 1 duim = 2,54 cm 1 jaart = 0,9144 meter 1 cm = 0,3937 duim b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 17 (Tweede Vraestel) 10602/15 BYLAAG D - VRAAG 3.2 Beide grafieke wys dieselfde inligting naamlik:  Die uitstaande balans op die lening aan die einde van elke jaar  Die bedrag rente betaal in ʼn jaar  Die bedrag wat betaal is op die eerste bedrag (aanvangsbedrag) van (die geleende bedrag) GRAFIEK A: 20 JAAR lening- Terugbetaling op ʼn R500 000 lening– Ekstra R1000 betaal per maand Betaling Rente Hoofsom Hoofsombalans Lening/ vir die Betaal betaal Hoofsom jaar balans 60 000,00 500 000,00 50 000,00 400 000,00 40 000,00 300 000,00 30 000,00 200 000,00 20 000,00 100 000,00 10 000,00 0 (100 000,00) 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 Aantal jare betaal GRAFIEK B: 20 jaar lening- Terugbetaling op ʼn R500 000 lening – Ekstra R1000 word per maand betaal Totale rente betaal Hoofsom afbetaal Hoofsom Balans Bedrag in Rand Volle aantal jare b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 18 (Tweede Vraestel) 10602/15 BYLAAG E: VRAAG 5.2 Gemonteerde produk Stap 1 Stap 2 Stap 3 Stap 4 Stap 5 D A A- Boonste rak B E B- Onderste rak Pyle dui rigting aan waarin a B panele/rake gedruk moet C- Kantpanele (L & R) word om stabiliteit te verseker. C C D- Boonste buiteblad F E- Basis bo F- Agterste Paneel ONDERDELE DIAGRAM ONDERDELE LYS EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Mathematical Literacy

Explore more published documents in this catalogue.

View all