Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 12202220 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10601 WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 1 TYD: 3 uur PUNTE: 150 9 bladsye + 1 antwoordblad en ʼn addendum van 7 bladsye Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 1 antwoordblad. 'n Addendum van 7 bladsye is binne die vraestel ingesluit. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Vraestel 1) 10601/22 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf jou naam in die spasie wat voorsien word in jou ANTWOORDBLAD en handig dit in met jou ANTWOORDBOEK. 3. Gebruik die BYLAE soos volg:  Gebruik BYLAAG A om Vraag 1.2 te beantwoord  Gebruik BYLAAG B om Vraag 3.1 te beantwoord  Gebruik BYLAAG C om Vraag 3.2 te beantwoord  Gebruik BYLAAG D om Vraag 3.3 te beantwoord  Gebruik BYLAAG E om Vraag 4.1 te beantwoord  Gebruik BYLAAG F om Vraag 4.3 te beantwoord 4. Nommer jou vrae korrek soos die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 5. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word indien anders vermeld. 6. Toon ALLE berekeninge duidelik aan. 7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, indien anders vermeld. 8. Dui eenhede van meting aan, waar toepaslik. 9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Vraestel 1) 10601/22 VRAAG 1 1.1 Thato het ʼn bankrekening met Capitec Bank. Bestudeer die bankstaat hieronder, en beantwoord die vrae wat daarop volg. Tabel 1: Thato se bankstaat Debiet Krediet Balans Datum Beskrywing (R) (R) (R) 19/04 Balans voortgebring 26 935,48 20/04 Kontant Deposito 2 450 29 385,48 Diensfooi 12,25 29 373,23 21/04 Debietorder: King Price Versekering 1 250 A Diensfooi 5,00 28 118,23 23/04 Aftrekorder: Discovery Mediese Fonds 5 927 22 191,23 Diensfooi 5,00 22 186,23 25/04 Deposito: Salaris B 54 708,48 Diensfooi 32,52 54 675,96 29/04 Debietkaart: Checkers 7 332,4 47 343,51 5 Diensfooi 3,50 47 340,01 01/05 Verbandbetaling 14 500 32 840,01 Diensfooi 21,75 32 818,26 01/05 Wesbank: Motor paaiement 6 500 26 318,26 Diensfooi 7,00 26 311,26 01/05 Truworths rekening 2 250 24 061,26 Diensfooi 2,75 24 058,51 1.1.1 Bereken die waarde van A in die bankstaat. (2) 1.1.2 Bereken die waarde van B in die bankstaat. (2) 1.1.3 Skryf Thato se bankbalans op 19 April in woorde neer. (2) 1.1.4 Identifiseer die diensfooi wat op die verbandbetaling gehef was. (2) 1.1.5 Bereken die aantal dae vanaf 15 April tot 14 Mei. (2) 1.1.6 Definieer die term debietorder. (2) 1.1.7 Toon hoe die balans van R29 385,48 (op 20 April) bereken was. (2) 1.1.8 Met watter bank doen Thato sy bankwese? (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Vraestel 1) 10601/22 1.2 Beurtkrag het baie huishoudings en besighede in ons land geaffekteer. Sommige besighede in ons land is gevra hoe hulle gedurende hierdie tyd deur elektrisiteitstekorte geraak is. Verwys na BYLAAG A, wat antwoorde het op vrae wat aan besigheid-eienaars gestel is, en beantwoord die vrae wat volg. 1.2.1 Verklaar die verskil tussen diskrete data en kontinue data. (2) 1.2.2 Bepaal die modus van die data wat in VRAAG A (Bylaag A) voorsien is. (2) 1.2.3 Bepaal die verskil tussen die besighede wat neutraal gebly het in terme van persentasie vir VRAAG A en VRAAG B (Bylaag A). (2) 1.2.4 Identifiseer die hoogste persentasie van die data in VRAAG A (Bylaag A). (2) 1.2.5 Noem die stad waar hierdie opname gedoen is. (2) 1.2.6 Watter persentasie het sterk ingestem dat hul besighede hoogs afhanklik is van stabiele en veilige elektrisiteitstoevoer? (2) 1.2.7 Rangskik die data in VRAAG A (Bylaag A) in dalende volgorde. (2) [30] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Vraestel 1) 10601/22 VRAAG 2 2.1 Mnr. Nkosi beoog om sy eerste huis vir R1 450 000 te koop. Hy het twee finansiële instellings genader om leningsbedrae tussen die twee te vergelyk. Verwys na Tabel 2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Tabel 2: Verband opsies vir Mnr. Nkosi (eerste keer huislening) ITEM INVESTEC FNB Leningsbedrag B R1 520 172 *Inisiasiefooi R6 037,50 0 *Verbandregistrasiefooi R29 280,00 R27 211,00 *Verbandoordragfooi R20 432,50 R42 961,00 Totale opsetkoste A R70 172,00 Maandelikse terugbetalings R11 489,79 R11 577,17 Maandelikse diensfooi R69,00 R69,00 Nie van toepassing indien lening uit persoonlike rekening betaal word nie Termyn ooreenkoms 20 jaar 240 maande 2.1.1 Die bank beveel aan dat jou maandelikse terugbetalings nie 30% van jou bruto maandelikse salaris oorskry nie. Wat sal Mnr. Nkosi se bruto salaris moet wees om ʼn lening van Investec te kry? Rond jou antwoord af tot die naaste tien duisend. (4) 2.1.2 Bepaal die totale opsetkoste, A, vir die Investec-opsie. (2) 2.1.3 Wanneer ʼn eiendom gekoop word, mag jy al die opsetkostes saam met die kosprys vir die eiendom optel om ʼn lening te ontvang. Bepaal B, die lening vir Investec, indien die eiendom vir R1 450 000 gelys is. (2) 2.1.4 Die diensfooi van R69,00 word nie gehef deur Investec vir Mnr. Nkosi indien die lening deur sy persoonlike rekening betaal word nie. (a) Hoeveel geld sal hy spaar by Investec oor die totale termyn van die lening? (3) (b) Indien Mnr. Nkosi nie sy lening vanaf sy persoonlike rekening betaal nie, hoe sal dit hom finansieel beïnvloed? (2) 2.1.5 Mnr. Nkosi beweer dat, indien hy sy huis deur Investec koop en uit sy persoonlike rekening betaal, dit hom geld sal spaar op rente en maandelikse diensfooie teen die tyd wat sy lening ten volle betaal is. Bepaal, deur ALLE berekeninge te toon, hoeveel Mnr. Nkosi sal spaar indien hy die Investec opsie kies. (9) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Vraestel 1) 10601/22 2.2 Die waarde van ’n geldeenheid fluktueer op ʼn daaglikse basis bepalend op vraag en aanbod. Verwys na die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Tabel 3: Wisselkoers en randwaarde Geldeenheid Randwaarde Amerikaanse Dollar R13,82 Kanadese Dollar R10,35 Britse Pond R18,06 Euro R15,73 Australiese Dollar R9,82 2.2.1 (a) Watter geldeenheid, vanaf die tabel hierbo, is die swakste? (2) (b) Verduidelik wat dit sou beteken vir ʼn Suid-Afrikaner wat oorsee reis. (2) 2.2.2 Mev. Nkosi ontvang £1 200 vanaf haar tannie in Brittanje. Gebruik die tabel hierbo om die randwaarde van £1 200 te bereken. (2) 2.2.3 Nadat Mev. Nkosi haar geld verwissel het, was sy R200,80 gehef. Verwisseling van geld in Suid-Afrika bestaan uit ʼn administrasie-fooi van R125 en ʼn kommissie fooi van 2,28% vir die bedrag wat verruil word. Verifieer, deur berekeninge te toon, of die regte bedrag gehef was. (4) 2.2.4 Geldeenhede fluktueer altyd. Noem EEN rede hoekom dit gebeur. (2) 2.3 Elektrisiteit kan op twee maniere by Eskom gekoop word, voorafbetaald (prepaid) en nabetaald (postpaid). Verwys na die vergelykende tabel hieronder om die vrae wat volg, te beantwoord. Tabel 4: Vaste maandelikse koste teenoor koste per eenheid Naam van Vaste maandelikse koste Koste per eenheid (R/kWh) Sisteem Voorafbetaald R200,00 R0,7085 Nabetaald nul 0 – 50 R0,69 50,1 – 350 R0,81 350,1 – 600 R1,27 Pryse sluit BTW van 15% uit 2.3.1 Skryf die vaste maandelikse koste vir die voorafbetaalde sisteem neer. (2) 2.3.2 Die Smith huishouding wat uit 3 mense bestaan, het 349,9 kWh elektrisiteit gebruik op die nabetaalde sisteem. Hoeveel sal hulle moet betaal (BTW uitgesluit) vir hulle elektrisiteitsverbruik? (4) 2.3.3 Mev. Smith het uitgewerk dat wanneer haar dogter universiteit toe gaan, haar rekening twee derdes van die bedrag bereken in VRAAG 2.3.2 sal wees. Verifieer, deur alle berekeninge te toon, of haar aanname korrek is. (6) [46] b.o.
Downloaded from hlayiso.com MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 7 BLADSYE LOS. VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10601 WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 1 ADDENDUM 7 bladsye b.o.
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Vraestel 1) ADDENDUM 10601/22 BYLAAG A VRAAG 1.2 Vraag A: Vraag B: My besigheid was finansieël ernstig geraak My besigheid is hoogs afhanklik van 'n deur die onlangse energiekrisis in Kaapstad stabiele en veilige elektrisiteitstoevoer 50 70 44,9 62,8 45 60 40 50 35 30 40 25 30 Percentage Persentasie 21,4 Persentasie 26,5 20 17,3 20 15 13,8 10 10 6,1 3,6 1 5 2,6 Downloaded from hlayiso.com 0 Stem Stem glad nie sterknie Stem Stem Neutraal Neutraal Stem saam Stemsaam Stem Stem 0 Stem sterk nie Stem Neutraal Stem saam Stem saam nie nie saam nie sterk saam saam saam nie sterk saam saam nie gedeeltelik heeltemal Stemnie glad nie nieStem Neutraal Sten saam Stem nie saam nie saam saam nie gedeeltelik nie heeltemal saam nie saam ël b.o.
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Vraestel 1) ADDENDUM 10601/22 BYLAAG B VRAAG 3.1 Persentasie mense wat daagliks sosiale media gebruik Downloaded from hlayiso.com YouTube Twitter Instagram Snapchat TikTok Facebook b.o.
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Vraestel 1) ADDENDUM 10601/22 BYLAAG C VRAAG 3.2 Sosiale media-verbruik volgens ouderdomsgroep yrs 6565+ +yrs 37 jaar 5050- –6565jaar 64 jaar 3030- –4949jaar 78 Ouderdomsgroep jaar 1818- –2929jaar 88 0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 Downloaded from hlayiso.com Persentasie van mense wat sosiale media gebruik b.o.
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Vraestel 1) ADDENDUM 10601/22 BYLAAG D VRAAG 3.3 Elektrisiteitsverbruik per huishouding 39 16 12 11 Persentasie elektrisiteisverbruik 7 6 5 3 1 Downloaded from hlayiso.com Ligte Gieser Geiser Wasgoed Ander Koelkamer Stoof en oond Ruimteverhitting Swembad pomp Ander kookgeriewe Elemente/Objekte wat elektrisiteit verbruik b.o.
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Vraestel 1) ADDENDUM 10601/22 BYLAAG E Vraag 4.1 Inkomste en Uitgawes van verskillende dele van die wêreld 70 000 70000 60 000 60000 50 000 50000 40000 40 000 30000 30 000 20 000 20000 10 000 10000 00 San Diego-Wes San Diego Wes Los Angeles-Wes Los Angeles Wes Boston-Oos Boston Oos See Sea Wes Wes Chicago-Oos Chicago Oos Philadelphia-Oos Philidelpia Oos Salarisse Inkomste 46 46733 63 343 63343 59 234 59234 50 343 50343 49 213 49213 45 023 45023 Downloaded from hlayiso.com Uitgawes Uitgawes 48 48023 63 130 63130 62 943 62943 51 51023 48 021 48021 48 234 48234 b.o.
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Vraestel 1) ADDENDUM 10601/22 BYLAAG F VRAAG 4.3 2022 BELASTINGJAAR (1 Maart 2021 – 28 Februarie 2022) Belasbare inkomste (R) Belastingkoerse (R) 1 – 216 200 18 % van belasbare inkomste bo 216 200 216 201 – 337 800 38 916 + 26% van belasbare inkomste bo 216 200 337 801 – 467 500 70 532 + 31% van belasbare inkomste bo 337 800 467 501 – 613 600 110 739 + 35% van belasbare inkomste bo 467 500 613 601 – 782 200 163 335 + 39% van belasbare inkomste bo 613 600 782 201 – 1 656 600 229 089 + 41% van belasbare inkomste bo 782 200 1 656 601 en meer 587 593 + 45% van belasbare inkomste bo 1 656 600 Belastingkorting – sien veranderinge vanaf die vorige jaar Belastingkorting Belastingjaar 2022 2021 2020 2019 2018 2017 2016 2015 Primêr (ouderdom onder 65) R15 714 R14 958 R14 220 R14 067 R13 635 R13 500 R13 257 R12 726 Sekondêr (65 tot 74) R8 613 R8 199 R7 794 R7 713 R7 479 R7 407 R7 407 R7 110 Tersiêr (75 en ouer) R2 871 R2 736 R2 601 R2 574 R2 493 R2 466 R2 466 R2 367 Belastingdrempel – sien veranderinge vanaf die vorige jaar Downloaded from hlayiso.com Ouderdom Belastingjaar 2022 2021 2020 2019 2018 2017 2016 2015 Onder 65 R87 300 R83 100 R79 000 R78 150 R75 750 R75 000 R73 650 R70 700 65 tot 74 R135 150 R128 650 R122 300 R121 000 R117 300 R116 150 R114 800 R110 200 75 en ouer R151 100 R143 850 R136 750 R135 300 R131 150 R129 850 R128 500 R123 350 EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Vraestel 1) 10601/22 VRAAG 3 3.1 Oor die afgelope paar jaar, het mense meer op sosiale media-platforms staatgemaak om skepping en deling van inligting, idees en ander vorme van uitdrukking deur virtuele gemeenskappe en netwerke te fasiliteer. Bestudeer BYLAAG B en beantwoord die vrae wat volg. 3.1.1 Watter sosiale media-platform word die meeste op ʼn daaglikse basis gebruik? (2) 3.1.2 Bereken die omvang van die inligting oor sosiale media-platforms. (2) 3.1.3 Noem EEN ander tipe grafiek wat die inligting oor sosiale media-platforms kan verteenwoordig. (2) 3.1.4 Bepaal die mediaan van die data wat vir sosiale media-platforms verskaf word. (3) 3.1.5 Dink jy dat leerders teen tegnologie beskerm moet word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 3.2 Sosiale media word deur alle ouderdomme gebruik. Verwys na BYLAAG C en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Watter ouderdomsgroep gebruik die minste sosiale media? (2) 3.2.2 Hoekom dink jy gebruik die jonger ouderdomsgroep die meeste sosiale media? (2) 3.2.3 Bepaal die gemiddelde persentasie van die ouderdomsgroepe wat sosiale media gebruik. (2) 3.3 Om sosiale media te gebruik, is elektrisiteit noodsaaklik. Daar is tans verskillende tipes energie wat gebruik kan word: hernubare energie, steenkool, sonkrag, wind krag, aardgas energie, olie energie ensovoorts. Verskillende aktiwiteite vereis verskillende hoeveelhede energieverbruik. Verwys na BYLAAG D, in verband met die gebruik van energie, en beantwoord die vrae wat volg. 3.3.1 Watter huishoudelike aktiwiteit vereis die minste energieverbruik? (2) 3.3.2 Bepaal die interkwartiele-omvang van die persentasie elektrisiteitsverbruik per huishouding. (5) 3.3.3 Stel TWEE maniere voor oor hoe elektrisiteitsverbruik verminder kan word. (4) 3.3.4 Skryf as ʼn desimaal, die waarskynlikheid neer dat ʼn geiser (geyser) en ruimteverhitting die meeste elektrisiteit verbruik. (3) 3.3.5 Voltooi die grafiek op die ANTWOORDBLAD wat voorsien is, met betrekking tot huishoudelike gebruik van elektrisiteit. Haal jou ANTWOORDBLAD uit die vraestel en plaas dit in jou ANTWOORDBOEK. (4) [35] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8 (Vraestel 1) 10601/22 VRAAG 4 4.1 Die lewenskoste het aansienlik toegeneem in alle lande. Inkomste ontvang van werkgewers, dek nie uitgawes nie. Verwys na BYLAAG E en beantwoord die vrae wat volg. 4.1.1 Bepaal die verskil in inkomste tussen die mense wat in Los Angeles-Wes woon en die mense wat in Boston-Oos woon. (2) 4.1.2 Watter stad het die minste uitgawes? (2) 4.1.3 Bepaal die implikasies van uitgawes wat inkomste oorskry. (2) 4.1.4 Sou ʼn verhoging in salaris ʼn impak op belastingbetalings hê? Verduidelik jou antwoord. (3) 4.1.5 Bepaal die persentasie verskil tussen die inkomste en uitgawes van mense wat in Chicago-Oos woon. (4) 4.2 Die Graad 12’s van Hoërskool Rouge het besluit om ʼn fliekaand te hou as fondsinsameling vir hul matriekafskeid. Hul het ʼn onderhoud met ʼn paar leerders en onderwysers by die skool gevoer oor die verskillende genres flieks wat hulle sou verkies. Verwys na die sirkelgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Verskillende tipes flieks wat verkies word (Genres) Wetenskapfiksie 8% Buitelands 8% Komedie 27% Gruwel 11% Drama Aksie 14% 18% Romanse 14% b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9 (Vraestel 1) 10601/22 4.2.1 Indien 180 leerders en 20 onderwysers ondervraag was, hoeveel mense het wetenskapfiksie verkies? (3) 4.2.2 Bepaal die modus van die data voorsien op die verskillende genres. (2) 4.2.3 Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ʼn persoon te kies wat die gruwel tipe (genre) verkies. (2) 4.2.4 Wat is die waarskynlikheid om lukraak ʼn persoon te kies wat die komedie tipe (genre) verkies? (2) 4.2.5 Bepaal kwartiel 1 (K1) indien die interkwartiele-omvang (IKO) 10% en kwartiel 3 (K3) 18% is. (3) 4.2.6 Skryf, as ʼn verhouding, die persentasie van mense wat aksie-flieks tot dié wat gruwel-films verkies. Skryf jou antwoord in eenheidsvorm neer. (3) 4.3 Die individuele belastingkoerse vir die 2022 belastingjaar word in BYLAAG F getoon. Gebruik BYLAAG F om die volgende vrae te beantwoord. 4.3.1 Trevor is ʼn 67-jarige loodgieter wat ʼn jaarlikse belasbare inkomste van R126 500 in 2021 verdien het. Het hy aan die belastingdrempelvereistes vir 2021 voldoen? Verduidelik wat dit beteken. (2) 4.3.2 Watter inligting word benodig om ʼn persoon se korting te bepaal? (2) 4.3.3 Mnr. Naidoo is ʼn 72-jarige wat ʼn belasbare inkomste van R55 250 per maand 1 verdien, na aftrekkings in die belastingjaar van 2022. Hy beweer dat meer as 4 (een kwart) van sy jaarlikse belasbare inkomste aan SAID betaal word. Verifieer, deur alle berekeninge te toon, of sy bewering korrek is. (7) [39] TOTAAL: 150 EINDE
WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10 (Vraestel 1) 10601/22 ANTWOORDBLAD Naam: ____________________________________________________ GR 12 - ____ VRAAG 3.3.5 Elektrisiteitsverbruik per huishouding 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 Persentasie elektrisiteitsverbruik per huishouding Ligte Geiser Ander Downloaded from hlayiso.com Wasgoed Koelkamer Stoof en oond Ruimteverhitting Swembad pomp Ander kookgeriewe Elemente/Objekte wat elektrisiteit verbruik
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all