You're offline
Skip to content
Question paper

MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans.pdf

Subject: Mathematical LiteracyGrade 12202310 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2023 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan 10 bladsye, insluitend ʼn bylaag en ʼn antwoordblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/JUNIE 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. 2.1 Gebruik die BYLAAG in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord: BYLAAG A vir VRAAG 4.1. 2.2 Antwoord VRAAG 3.2.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAD. 2.3 Skryf jou NAAM en GRAAD in die ruimte voorsien op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.2.2. Handig jou ANTWOORDBLAD met jou ANTWOORDEBOEK in. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders vermeld. 6. Toon ALLE berekeninge duidelik aan. 7. Rond ALLE finale antwoorde volgens die gegewe konteks af, tensy anders aangedui. 8. Dui maateenhede aan, waar van toepassing. 9. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 Tweehonderd graad 10 en 11 leerders beplan om op 'n toer na Durban te gaan. Ses en ʼn half persent (6,5%) minder leerders is uiteindelik na Durban. 1.1.1 Skryf 6,5% as ʼn gewone breuk in sy vereenvoudigde vorm. (2) 1.1.2 Bepaal die aantal leerders wat op ʼn toer gegaan het. (3) 1.1.3 Druk die aantal leerders wat op die toer gegaan het, en die aantal leerders wat beplan het om op ʼn toer te gaan, as ʼn verhouding in sy vereenvoudigde vorm uit. (2) 1.1.4 Skryf die waarskynlikheid (as ʼn persentasie) neer om leerders wat nie op ʼn toer gegaan het nie, ewekansig te kies. (2) 1.2 David is in Februarie 1998 gebore en Sam in Maart 1993. Hul pa het R409 750 in die verhouding van hul ouderdomme verdeel, voordat hy in 2023 gesterf het. 1.2.1 Skryf David en Sam se ouderdomme in April 2023 neer. (2) 1.2.2 Bereken die bedrag wat Sam en David elk sal ontvang. (3) 1.3 Amanda het vyftien pakkies 2,5 kg White Star Super mieliemeel gekoop as deel van ʼn donasie vir behoeftige gesinne. Een 2,5 kg pakkie het R38,99 gekos. UITVERKOPING R38,99 Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord. 1.3.1 Skryf die ‘BTW’-akroniem volledig neer. (2) 1.3.2 Skryf die bedrag BTW neer wat sy op die bogenoemde items betaal het. (2) 1.3.3 Bereken die totale bedrag wat sy vir die bogenoemde items betaal het. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/JUNIE 2023) VRAAG 2 2.1 Lection het twee motorverhuringsmaatskape genader om ʼn spesifieke motor te soek om vir 3 dae te huur. Hy het sy broer, Touch, in Jeffreysbaai besoek. Bestudeer die inligting hieronder van die twee motorverhuringsmaatskappy vir dieselfde motor en beantwoord die vrae wat volg. TABEL 1: TARIEF VAN MOTORVERHURINGSMAATSKAPPYE MAATSKAPPY Sekuriteits- Bybetaling Huurkoste vir Januarie deposit 5de tot 7de 13de tot 16de A R18 650 R17 000 R2 340,90 R1 955,33 B R18 650 R17 000 R3 220,65 R2 661,91 LET WEL: Maatskappy A = 2 340,90 + 3,00 × (n – 600) kilometers Maatskappy B = 3 220,65 + onbeperkte kilometers Onbeperkte kilometers – wanneer ʼn kliënt nie gehef word op kilometers wat afgelê is nie. Bybetalings (oortollige heffings) beteken die verskil tussen die gefaktureerde heffings en die toepaslike toegelate bedrag of nie-kontrakterende bedrag. 2.1.1 Skryf die bedrag neer wat hy vir bybetalings sal betaal. (2) 2.1.2 As Lection maatskappy A gebruik het en die motor beskadig het nadat hy in ʼn ongeluk betrokke was, bereken die bedrag wat hy van die sekuriteitsdeposito sal terug eis. (3) 2.1.3 Gee ʼn rede waarom die meeste motorverhuringsmaatskappye net motors uitverhuur aan mense wat genoeg krediet op hul kredietkaarte het. (2) 2.1.4 Lection het 950 kilometer gereis vir die drie dae wat hy die motor gehuur het. Hy het gesê dat dit goedkoper sou gewees het as hy maatskappy B, in plaas van maatskappy A gebruik het. Verifieer sy stelling. (5) 2.1.5 Gee ʼn moontlike rede waarom daar ʼn verskil in die huurkoste op verskillende tye in Januarie was. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 2.2 Werknemers dra maandeliks belasting deur middel van SAID by. Chloe, ʼn 51-jarige opvoeder, verdien maandeliks R34 447,22 en dra 7,5% van haar bruto salaris tot ʼn pensioenfonds by. Sy het ook ʼn mediesefonds vir haarself, man en twee kinders. Die belastingtabel hieronder word gebruik om die bedrag wat elke persoon sal bydra volgens sy/haar salaris, te bereken. TABEL 2: BELASTINGKOERSE VIR 2023/2024 BELASBARE INKOMSTE BELASTINGKOERSE 1– 237 100 18% van belasbare inkomste 237 101 – 370 500 42 678 + 26% van belasbare inkomste bo 237 100 370 501 – 512 800 77 362 + 31% van belasbare inkomste bo 370 500 512 801 – 673 000 121 475 + 36% van belasbare inkomste bo 512 800 673 001 – 857 900 179 147 + 39% van belasbare inkomste bo 673 000 857 901 – 1 817 000 251 258 + 41% van belasbare inkomste bo 857 900 1 817 001 en hoër 644 489 + 45% van belasbare inkomste bo 1 817 000 TABEL 3: BELASTINGKORTINGS EN KREDIETE VIR MEDIESE BYSTAND VIR 2023/2024 BELASTINGKORTING Primêre R16 425 Sekondêre (65 en ouer) R9 000 Tersiêre (75 en ouer) R2 997 MEDIESE BELASTINGKREDIETE PER MAAND VIR LEDE VAN DIE MEDIESE FONDS Belastingbetaler R347 Eerste afhanklike R347 Vir elke addisionele afhanklike R234 [Bron: www.sars.gov.za] Gebruik TABEL 2 en TABEL 3 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.2.1 Skryf die akroniem SAID volledig uit. (2) 2.2.2 Skryf die aantal belastingkerwe in die persoonlike inkomstebelastingtabel hierbo neer. (2) 2.2.3 Toon deur middel van berekeninge hoe die minimum bedrag (77 362) wat op een van die belastingtabel gehef word, bereken word. (3) 2.2.4 Gee die betekenis van die term belastingkorting volgens die konteks. (2) 2.2.5 Chloe het gesê dat haar maandelikse belastingbydrae R3 550,25 is. Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon of haar bewering KORREK is. (8) [31] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/JUNIE 2023) VRAAG 3 3.1 Die tabel hieronder toon die beramings van die aantal voltydse werknemers per kwartaal vanaf Junie 2018 tot September 2022. TABEL 4: VOLTYDSE WERKNEMERS PER KWARTAAL VANAF JUNIE 2018 TOT SEPTEMBER 2022 JAAR KWARTAAL AANTAL VERANDERING % WERKNEMERS IN AANTAL VERANDERING (in '000') WERKNEMERS IN AANTAL (in '000') WERKNEMERS VOLTYDS KWARTAALLIKSE RESULTATE 2018 Junie 1 134 - - Sept. 1 141 7 0,6 Des. 1 152 11 1,0 2020 Maart 1 109 5 0,5 Junie 1 036 (73) (6,6) Sept. 1 039 A B Des. 1 037 (2) (0,2) 2022 Maart 1 093 (7) (0,6) Junie 1 098 5 0,5 Sept. 1 097 (1) (0,1) [Aangepas uit www.statssa.gov.za] Gebruik die tabel hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 3.1.1 Identifiseer die maand en die jaar wat die laagste aantal voltydse werknemers het. (2) 3.1.2 Gee die aantal voltydse werknemers vir die derde kwartaal van 2022 tot die naaste miljoen. (2) 3.1.3 Bereken die persentasie verandering (korrek tot EEN desimale plek) in die aantal werknemers vanaf Junie 2020 tot September 2020. Jy kan die volgende formule gebruik: nuwe waarde − ou waarde Persentasie-verandering = × 100% (4) ou waarde 3.1.4 Skryf die modale waarde van Maart 2020 tot September 2022 van die aantal voltydse werknemers neer. (2) 3.1.5 Gee EEN rede waarom die aantal voltydse werknemers in enige bedryf afneem. (2) 3.1.6 Gee die rede waarom die ander waardes tussen hakies geskryf is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 3.2 Twee monsters was in ʼn ondersoek gebruik. Een van mense wat slimfone gebruik en die ander een van mense wat tablette gebruik. Bestudeer die resultate in die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERMAAK-KATEGORIEË SLIMFONE TABLETTE Speletjies 35% C Sosiale netwerking 29% 15% Nutsprogramme 20% 3% Musiek en video's 8% 13% Nuus 3% 4% Ander 5% 8% TOTAAL 100% 100% [Aangepas uit learnenglish.britishcouncil.org] 3.2.1 Bereken die waarde van C. (3) 3.2.2 Op ANTWOORDBLAD 1 is ʼn onvolledige grafiek van die slimfone en tablette geteken. Voltooi die grafiek deur die ontbrekende kolomme te teken. (4) [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/JUNIE 2023) VRAAG 4 4.1 Daar is twee tipes werke; die minste stresvol en mees stresvol, met hul salarisse, wat op die grafiek in BYLAAG A geteken is. Gebruik die inligting op BYLAAG A en beantwoord die vrae wat volg. 4.1.1 Identifiseer ʼn ander tipe grafiek wat gebruik kan word om die stresvolle werke se salarisse te vertoon. (2) 4.1.2 Identifiseer uit die grafiek TWEE werke wat met gesondheidskwessies handel. (2) 4.1.3 Bepaal die waarskynlikheid (as ʼn persentasie) om ʼn werknemer lukraak te kies wat ʼn salaris van meer as $70 000 verdien. (4) 4.1.4 Herlei die hoogste salaris op die minste stresvolle werk grafiek na die naaste miljoen rand, gegewe dat $1 = R18,42. (4) 4.2 Ivan het sy huisversekeringsberekeninge ontvang. Bestudeer die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg: SASRIA – South African Special Risk Insurance Association/Suid-Afrikaanse Spesiale Risiko Versekeringsassosiasie. POLISNOMMER: 4516172367 PREMIE OPSOMMING JAARLIKSE PREMIE BEREKENINGE AFDELING 2023 Huiseienaar/gebou R4 456,38 SASRIA R73,48 Subtotaal (BTW uitgesluit) R4 529,86 Administrasiefooi (BTW ingesluit) --- Totale premie (BTW ingesluit) R5 309,21 SASRIA is ʼn staatsbeheerde entiteit wat dekking bied vir skade wat veroorsaak word deur spesiale risiko’s soos polities gemotiveerde stakings en openbare betogings/protes. 4.2.1 Skryf die totale premiebedrag insluitend BTW in sent neer. Gee jou finale antwoord in woorde. (4) 4.2.2 Druk die administrasiefooi as ʼn persentasie van die totale premie insluitend BTW uit. (5) 4.2.3 Bepaal die maandelikse premie (tot die naaste rand) wat Ivan sal betaal. (3) 4.2.4 Bepaal die totale BTW-bedrag wat op hierdie polis betaal is. (4) [28] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 VRAAG 4.1 BYLAAG A TABEL: MEES EN MINDER STRESVOLLE WERKE MET HUL SALARISSE (IN VSA DOLLARS) MEES STRESVOLLE WERK MINDER STRESVOLLE WERK 350 000 120 000 106 960 302 072 SALARIS (VSA DOLLARS) SALARIS (VSA DOLLARS) 300 000 90 170 100 000 82 550 81 180 250 000 76 590 77 010 74 980 75 220 80 000 65 610 200 000 116 423 150 000 105 363 106 999 60 000 100 000 49 953 55 149 41 184 36 552 40 000 31 280 50 000 21 177 20 000 0 0 0 MEES STRESVOLLE WERK MINDER STRESVOLLE WERK Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 10 ANTWOORDBLAD 1 NAAM VAN LEERDER: …………………………………… GRAAD: …… VRAAG 3.2.2 VERMAAK-KATEGORIEË OP SILMFONE EN TABLETTE Ander 5% Slimfone en tablette vermaak-kategorieë Nuus 4% 3% Musiek en video's 8% Nutsdienste 3% Sosiale netwerk 15% 29% Speletjies 35% 0% 10% 20% 30% 40% 50% 60% Tablette Slimfone Persentasies van vermaak-kategorieë gebruik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Mathematical Literacy

Explore more published documents in this catalogue.

View all