Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNT: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ʼn addendum met 2 bylaes.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)
View all


MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023_Afrikaans.pdf
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 2
- Pages
- 8
- File size
- 318.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:
BYLAE A vir VRAAG 2.2
BYLAE B vir VRAAG 4.1
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
5. Toon AL die berekeninge duidelik aan.
6. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.
7. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
8. Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy
anders aangedui.
9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 Mavis reis vanaf Pretoria na Durban. Sy berei skons voor vir haar reis deur ʼn resep
te gebruik met bestanddele en hoeveelhede om 8 skons soos hieronder getoon, te
maak.
BESTANDDELE VIR SKONS
360 g meel
90 g botter
5 teelepels bakpoeier
0,5 teelepels sout
0,5 koppie wit suiker
1 eier, geklits
LET WEL: Bereidingstyd: 12 minute
Baktyd: 15 minute
[Aangepas uit www.allrecipes.com]
1.1.1 Wat is die totale hoeveelheid meel en botter in kg? (3)
1.1.2 Druk die botter tot meel in verhouding tot die eenvoudigste vorm uit. (2)
1.1.3 Skryf die totale aantal teelepels bakpoeier en sout tot die naaste heelgetal
neer. (2)
1.1.4 Skryf die totale voorbereiding en baktyd in ure neer. (3)
1.1.5 Bepaal die hoeveelheid botter wat benodig word om 24 skons te maak. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2023)
1.2 Hieronder is ʼn kaart wat die roete tussen Pretoria en Durban toon. Beantwoord die vrae
wat op die kaart hieronder gebaseer.
1.2.1 Noem die dorpe tussen Harrismith en Pretoria op die N3-pad. (2)
1.2.2 Hoeveel nasionale paaie is op die kaart? (2)
1.2.3 Wat is die hoofverskil tussen hierdie kaart en ander soorte kaarte? (2)
1.2.4 Wat is die afstand tussen Villiers en Pietermaritzburg in kilometers (km)? (2)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
VRAAG 2
2.1 Die afstandskaart hieronder toon afstand (in km) tussen sommige dorpe en hekke by die
Kruger Nasionale Park. Beantwoord die vrae wat op die afstandkaart hieronder
gebaseer is.
2.1.1 Wat is die afstand in meter tussen Tzaneen en Johannesburg? (3)
2.1.2 Mnr. Smith beweer dat die verskil in die afstand tussen Malelane-hek en
Phalaborwa-hek en die afstand tussen Krokodilbrug-hek en Kruger-hek
180 km is. Bewys met berekeninge of sy stelling geldig is of nie. (5)
2.1.3 Wat is die kortste afstand in km op hierdie kaart getoon? (2)
2.2 BYLAE A verteenwoordig die Twee Oseane-halfmarathonroete wat ʼn afstand van
21,1 km is.
Gebruik BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord.
2.2.1 As Kenilworth suid van Claremont is, wat is die kompasrigting vanaf
Dieprivier na Claremont? (2)
2.2.2 Een van die marathon-hardlopers beweer dat die verversingstasies twee keer
die aantal mediesestasies is. Bewys met berekeninge of die stelling geldig is
of nie. (4)
2.2.3 Identifiseer op die hoogtekaart wat die hoogste punte in kilometers (km) is. (2)
2.2.4 Een marathon-hardloper het die marathon in 3 uur 45 minute voltooi. Bereken
sy hardlooptempo in kilometers per uur (kmh). Gee jou antwoord tot TWEE
desimale plekke afgerond. (4)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 3
3.1 Netbal is ʼn gewilde sport in byna al die skole in die Oos-Kaap. Dit is ook ʼn
internasionale sport en Suid-Afrika gaan die Netbalwêreldbeker-toernooi in Julie 2023
aanbied. Hieronder is ʼn netbalbaan met afmetings.
LET WEL: Die sentersirkel het ʼn deursnee van 0,9 m.
3.1.1 Bepaal die omtrek van die netbalbaan in meter (m). (3)
3.1.2 Bereken die radius van die sentersirkel in sentimeter (cm) as sy deursnee
0,9 m is. (3)
3.1.3 Bereken die oppervlakte van die hele baan uitgesluit die twee doelsirkels
(halfsirkels) en die sentersirkel in m2.
Jy mag die volgende formules gebruik:
Oppervlakte van reghoek = lengte x breedte
Oppervlakte van sirkel = πr2
Waar ( r) radius is en π = 3,142 (7)
3.1.4 In ʼn skool is daar twee netbalbane elk met ʼn oppervlak van 465,14 m2 wat
met waterbestande glyvaste verf geverf moet word. Twee lae verf word
benodig en 1 liter verf dek 8 m2. Bereken hoeveel blikke verf benodig word as
verf in 20 liter blikke verkoop word. (6)
3.1.5 Verf kos R1 500 per 20 liter blik (BTW ingesluit). Arbeid vir verf is R150 per
uur en ʼn gedeelte daarvan. Die verwer voltooi die werk in 23,5 uur. Die
sportmeester van hierdie skool beweer dat R15 000 genoeg sal wees om al die
verfkoste te dek. Verifieer, met berekeninge, of sy bewering geldig is. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
3.2 3.2.1 ʼn Professionele netbalwedstryd word in vier kwartale van 15 minute elk
verdeel. Daar is ʼn 4-minute interval tussen kwart 1 en 2 en nog 4-minute
interval tussen kwart 3 en 4. Daar is ʼn addisionele halftyd interval van
12 minute tussen kwart 2 en 3 As ʼn wedstryd om 8:30 begin, watter tyd sal
hierdie wedstryd eindig? (4)
3.2.2 Wat is die waarskynlikheid dat ʼn netbalspeler op ʼn driehoekige kwart van
die netbalbaan sal speel? (2)
[31]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 4
4.1 BYLAE B verteenwoordig ʼn Suid-Afrikaanse kaart. Beantwoord die vrae hieronder
wat op die bylae gebaseer is.
4.1.1 Noem die twee oseane op die kaart. (2)
4.1.2 Watter tipe skaal word op die kaart gewys? (2)
4.1.3 Gebruik die skaal om die werklike afstand in kilometer (km) tussen
Bloemfontein en Messina tot die naaste kilometer (km), te bereken. (4)
4.1.4 Wat is die waarskynlikheid, as ʼn persentasie, om in ʼn land wat nie Suid-
Afrika of Lesotho is nie, van al die lande op die kaart te wees? (3)
4.2 ʼn Familie van Bloemfontein kuier in Messina. Hulle vertrek om 7:45 uit
Bloemfontein en ry teen ʼn gemiddelde spoed van 110 km per uur. Oppad het hulle
twee ruspouses van 35 minute elk. Bereken hoe laat hulle by hul bestemming sal
aankom.
Jy mag die formule gebruik: Afstand = Spoed x Tyd (6)
4.3 Jojo-watertenks word gebruik om reënwater op te vang.
Afmetings vir die watertenk: Hoogte = 1 200 mm
Deursnee = 870 mm
4.3.1 In die meeste gebiede gebruik mense watertenks om reënwater op te vang.
Mnr. Smith het ʼn watertenk wat 1 200 mm hoog is, met ʼn volume van
713 453 940 mm3. Wys hoe hierdie volume bereken is as hierdie tenk ʼn
deursnee van 870 mm het.
Jy mag die formule gebruik: Volume = 3,142 x radius2 x hoogte (3)
4.3.2 Herlei die volume van die tenk na liters. Rond jou antwoorde tot die naaste
liter af.
Gegee: 1 liter = 1 000 000 mm3 (3)
4.3.3 Wat is die deursnee van die tenk in duim as 1 duim = 2,54 cm? Gee jou
antwoord afgerond tot die naaste TWEE desimale getalle. (3)
[26]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Maths-LIT-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) June 2025 Question Paper.pdf
Question paper
Mathematical-Literacy-Maths-LIT-Grade-12-NSC-QP-March-2025-Limpopo.pdf
Question paper
Maths-LIT-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Maths-LIT-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Limpopo.pdf
Question paper
Maths-LIT-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-North-West.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans.pdf
Question paper
MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
MATHS LITERACY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
Question paper
Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197/v1-18b512a90a2f9d4de661/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Mathematical Literacy
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025_AFRIKAANS FINAL_watermark.pdf

Addendum
MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR_watermark.pdf
Memorandum
MATHS LIT GRADE 12 SEPT 2025 MEMO ENG_watermark.pdf

Memorandum
Maths-LIT-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-Free-State.pdf
Addendum
Maths-LIT-Grade-12-NSC-P1-ANSWER-BOOK-September-2025-KZN.pdf
Addendum