Vertroulik
NASIONALE
•
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2025 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.7 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A 2025
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
1.1.1 Die volgende stelling is NIE van toepassing op die bemarking van
landbouprodukte NIE:
A Bemarkingsbestuur is winsgedrewe
B Bepaal die behoeftes van die verbruikers en verskaf
daarvolgens
C Fokus op die behoeftes van die verkoper
D Beplanning is lang termyn, gebaseer op nuwe produkte vir
toekomstige groei
1.1.2 Die tipe koper wat vir kommissie werk, koop beeste teen 'n sekere
prys aan en verkoop hulle teen 'n hoër prys:
A Kleinhandelaar
B Agent
C Groothandelaar
D Verwerkingsmaatskappy
1.1.3 EEN van die volgende is NIE 'n rede vir prysvasstelling NIE:
A Die uitskakel van kompetisie
B Verhoging van winsmarges
C Verkoop dieselfde produk, teen dieselfde prys, deur
verskillende produsente
D Verbeter toeganklikheid van 'n produk vir verbruikers
1.1.4 Die volgende stellings is redes vir die opstel van 'n besigheidsplan:
(i) Om te bepaal of dit moontlik sal wees om die besigheidsidee
suksesvol te implementeer
(ii) Vir die terugbetaling van die banklening
(iii) Om daaglikse bedrywighede te vestig
(iv) Om die finansiële behoeftes van die besigheid te bepaal
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.5 Al die ekonomiese insette wat deur boere benodig word om goedere
en dienste te lewer, staan as … bekend.
A produksiefaktore
B vraag
C produksiekapitaal
D aanbod
1.1.6 Uitgawes, soos elektrisiteit, wat NIE met een spesifieke
onderneming verbind word NIE, staan as … koste bekend.
A oorhoofse
B vaste
C veranderlike
D bruto
1.1.7 'n Aksieplan deur die boer om risiko's te herken en te hanteer:
A Voorsiening van risiko
B Strategiese risikobestuur
C Gebeurlikheidsbeplanning
D Die neem van risiko's
1.1.8 Die Wet op Werkloosheidsversekering, 2001 (Wet 63 van 2001)
reguleer die volgende:
(i) Werkgewer en werknemer dra albei tot die fonds by
(ii) Voorsiening van sekuriteit vir werkers indien hulle werkloos sou
raak
(iii) Beskerming van werkers teen onregverdige diskriminasie
(iv) Die gevolge van werkloosheid vir die werknemer
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (ii), (iii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.9 Die volgende stelling oor oorerflikheid is NIE KORREK NIE:
A Gene beïnvloed die oorerflikheid van 'n eienskap.
B Die omgewing beïnvloed die oorerflikheid van 'n eienskap.
C 'n Gedeelte fisies sigbare verskille word vanaf ouers na die
nageslag oorgedra.
D Vergelyk eenderse eienskappe tussen verwante individue.
1.1.10 EEN van die volgende is 'n moontlike geenkombinasie wat tydens
die vorming van die gamete deur 'n individu met 'n AaBb-genotipe
geproduseer kan word:
A Aa, Bb, AA, ab
B AA, aa, BB, bb
C AB, Ab, aB, ab
D AB, ab, BB, aa (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.2 Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Plaas plakkers op produkte om dit A aanbod
as omgewingsvriendelik te
bevorder B ekonomiese eienskap
1.2.2 Die ketting wat die vervaardiging C diversifikasie
en verspreiding van die produk vir
die mark insluit D eko-etikettering
1.2.3 Die ruimte wat vir landbou- E kwalitatief
aktiwiteite beskikbaar is
F groen-etikettering
1.2.4 Die strategie waarvolgens die boer
die belegging oor verskeie G kwantitatief
ondernemings kan versprei
H grond
1.2.5 'n Eienskap wat 'n hele reeks
waardes kan aanneem, sonder I spesialisasie
duidelike grense tussen die
verskillende klasse J vraag
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Verandering in pryse as gevolg van seisoenaliteit van
landbouprodukte
1.3.2 Die verskil tussen die waarde van bates en die waarde van laste
1.3.3 Die wetenskaplike studie van hoe gene en eienskappe vanaf ouers
na die nageslag oorgedra word
1.3.4 'n Tipe mutasie met een of meer ekstra of afwesige chromosome in
die stel
1.3.5 Die fisiese ligging van 'n geen op 'n chromosoom (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Massa-bemarking fokus op 'n spesifieke produk om spesifieke
markbehoeftes te bevredig.
1.4.2 Beplanning is die bestuursbeginsel wat die nagaan en verifikasie
van resultate of doelstellings behels.
1.4.3 'n Mendeliaanse vierkant is 'n tabel wat toon hoe genetiese
eienskappe by elke ouer oorgeërf word en die moontlike genotipes
van die nageslag.
1.4.4 Die willekeurige verandering in die genetiese samestelling van 'n sel
staan as variasie bekend.
1.4.5 'n Dihibried het twee identiese allele vir 'n spesifieke geen. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die aanbod van produkte kan meer of minder as die vereiste hoeveelhede in 'n
mark wees. Met tye kan die mark in ewewig wees.
2.1.1 Noem die situasie in 'n mark wanneer die produkte wat aangebied
word, minder is as die produkte wat aangevra word. (1)
2.1.2 Noem EEN faktor wat tot die situasie in VRAAG 2.1.1 kon gelei het. (1)
2.1.3 Verduidelik die situasie in 'n mark wanneer dit in ewewig is. (2)
2.2 'n Metode om 'n produk te bevorder, word hieronder getoon.
SPESIALE
AANBIEDING!
Slegs die
goedkoopste,
gesondste, sagste
en smaaklikste
vleis!!
2.2.1 Dui die metode aan om produkte te bevorder wat hierbo
verteenwoordig word. (1)
2.2.2 Noem TWEE ander metodes om produkte te bevorder. (2)
2.3 'n Avokadoprodusent het 500 sakke avokado's teen R50 elk verkoop, terwyl 'n
mielieboer 800 sakke mielies teen R300 elk verkoop het, en beide het alles
verkoop. As gevolg van die hoë vraag na die produkte het pryse gestyg en
gevolglik is 'n sak avokado's teen R55 verkoop, terwyl 'n sak mielies vir R500
verkoop is. Die getal avokadokopers het van 500 tot 250 afgeneem, terwyl die
mieliekopers van 800 tot 790 afgeneem het.
2.3.1 Identifiseer die produk wat prysonelastititeit van vraag getoon het. (1)
2.3.2 Gee 'n rede om die antwoord op VRAAG 2.3.1 te ondersteun. (2)
2.3.3 Verduidelik hoe die beskikbaarheid van plaasvervangerprodukte tot
pryselastisiteit van vraag bydra. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.4 Die skematiese voorstelling hieronder toon landboubemarkingsfunksies.
A
Bewaring van produkte
in 'n koel plek
B
DIE HOOF- Verandering
D BEMARKINGS- van produkte
FUNKSIES na 'n meer
bruikbare
vorm
C
2.4.1 Identifiseer die landboubemarkingsfunksie wat deur D
verteenwoordig word. (1)
2.4.2 Noem TWEE voordele van die bemarkingsfunksie in B. (2)
2.4.3 Noem EEN riglyn wat boere in ag moet neem om te verseker dat
die veiligheid van produkte gehandhaaf word wanneer die
bemarkingsfunksie in C toegepas word. (1)
2.5 Die tabel hieronder illustreer die prys en vraag na skape gedurende 'n periode
van ses maande.
SEPT. OKT. NOV. DES. JAN. FEB.
Prys (rand) 1 500 1 500 1 600 2 000 1 300 1 400
Vraag na skape 100 120 200 1 050 100 80
2.5.1 Teken 'n staafgrafiek om die verwantskap tussen die prys en die
vraag na skape gedurende 'n periode van ses maande te toon. (6)
2.5.2 Identifiseer die maand waartydens die boer die hoogste inkomste uit
die verkoop van skape gehad het. (1)
2.5.3 Lei die faktor af wat tot die hoër vraag na skape in Desember kon
gelei het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.6 Noem die bemarkingskanaal wat met ELK van die volgende stellings
geassosieer word:
2.6.1 Die boer verkoop eiers op die plaas (1)
2.6.2 Vrugte en groente word deur 'n agent by die munisipale mark
verkoop (1)
2.6.3 Produkte word elektronies geadverteer en verkoop (1)
2.7 Die illustrasie hieronder dui die verskillende fases van die entrepreneursproses
aan.
Berei 'n Aksies om
bedryfsplan Mobiliseer die mark te
(A) hulpbronne
voor dien
(B) (C)
2.7.1 Identifiseer die fases van die entrepreneurskapsproses wat deur A
en B in die illustrasie hierbo verteenwoordig word. (2)
2.7.2 Definieer die konsep entrepreneurskap. (2)
2.8 'n Besigheidsplan word benodig voordat 'n onderneming begin word.
2.8.1 Dui TWEE aspekte aan waarna potensiële beleggers in 'n
besigheidsplan kyk. (2)
2.8.2 Noem TWEE elektroniese hulpbronne wat as instrumente vir die
opstel van 'n besigheidsplan gebruik kan word. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die volgende is die ekonomiese eienskappe van grond as 'n produksiefaktor:
beskikbaarheid; appresiasie; wet van dalende meeropbrengs;
waarborg; spesifieke omgewing
3.1.1 Pas die volgende stellings by ELK van die ekonomiese eienskappe
wat hierbo genoem word:
(a) Die prys van grond neig om met tyd te verhoog. (1)
(b) Grond is 'n waardevolle bate wat boere as sekuriteit vir 'n lening
kan gebruik. (1)
3.1.2 Verduidelik hoe ELK van die volgende boerderymetodes gebruik
kan word om grondproduktiwiteit te verbeter:
(a) Gebruik van wetenskaplike metodes (2)
(b) Konsolidasie van klein onekonomiese grondeenhede (2)
3.2 Die vloeidiagram hieronder toon verskillende metodes wat 'n boer gebruik het
om arbeidsproduktiwiteit te verhoog.
A B
Koop trekkers Stig van
en stropers opleidingsentrums
VERHOGING VAN
ARBEIDS-
PRODUKTIWITEIT
D C
Voorsien veilige Voorsien kondome
huise vir en ARV medikasie
plaaswerkers aan werknemers
3.2.1 Definieer die konsep arbeidsproduktiwiteit. (2)
3.2.2 Lei die arbeidsprobleem af wat deur die boer opgelos word in:
(a) B (1)
(b) C (1)
(c) D (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.2.3 Dui aan hoe die maatreël in A die arbeidsproduktiwiteit kan verhoog. (1)
3.3 Hieronder is 'n uittreksel van die komponente en die items van 'n kontrak wat
tussen die boer en die plaaswerker geteken is.
KOMPONENT ITEM
1. … 4 Oktober 2020 tot aftrede
2. POSTITEL Spuitoperateur
3. VERLOF Een maand betaalde verlof per jaar
4. … 07:00–17:00 daagliks
5. … Maandelikse salaris/loon
6. BESKERMENDE DRAG Oorpak, masker en handskoene
3.3.1 Dui die komponent van 'n kontrak aan wat deur die volgende
verteenwoordig word:
(a) 1 (1)
(b) 4 (1)
(c) 5 (1)
3.3.2 Noem die arbeidswetgewing wat aan verlofvoordele aandag gee. (1)
3.3.3 Identifiseer die items wat nakoming van die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993) hanteer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.4 Die prente hieronder verteenwoordig verskillende kapitaalitems op 'n plaas.
PRENT A PRENT B
Medikasie vir uitwendige
parasiete
PRENT C
3.4.1 Identifiseer die tipe kapitaal wat in die volgende verteenwoordig
word:
(a) PRENT C (1)
(b) PRENT A (1)
3.4.2 Verduidelik die tipe krediet wat gebruik kan word om die kapitaalitem
in PRENT B aan te koop. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.5 Die tabel hieronder toon 'n finansiële rekord vanaf April tot Julie.
APRIL MEI JUNIE JULIE
INKOMSTE
Bedryfsinkomste 5 000 24 300 51 200 33 100
Kapitaalverkope 0 13 000 0 3 000
Nie-plaas-inkomste 500 3 000 4 500 5 100
UITGAWES
Bedryfsuitgawes 2 100 7 500 13 500 7 500
Kapitaaluitgawes 0 3 000 0 0
Nie-plaas-uitgawes (bankkoste) 1 200 1 500 1 600 2 000
KONTANTVLOEI-OPSOMMING
Beginsaldo 8 000 10 200 38 500 A
Totale inkomste 5 500 40 300 55 700 41 200
Totale uitgawes 3 300 12 000 15 100 9 500
Wins/Verlies 2 200 28 300 40 600 B
Eindsaldo 10 200 38 500 79 100 C
3.5.1 Die finansiële rekord in die tabel hierbo is NIE 'n Inkomstestaat NIE.
Gee 'n rede om die stelling te ondersteun. (2)
3.5.2 Bepaal die waarde van A. (1)
3.5.3 Bereken die waarde van ELK van die volgende:
(a) B (2)
(b) C (2)
3.5.4 Gee 'n rede wat die lewensvatbaarheid van die onderneming hierbo
ondersteun. (1)
3.6 'n Boerderyonderneming kan deur verskillende kragte beïnvloed word.
3.6.1 Identifiseer die eksterne krag wat deur ELK van die volgende
verteenwoordig word:
(a) 'n Verhoging in die BTW op kommoditeite (1)
(b) Nuwe opkomende markte vir plaasprodukte (1)
3.6.2 Dui die bron van risiko aan wat met die volgende verbind kan word:
(a) VRAAG 3.6.1(a) (1)
(b) VRAAG 3.6.1(b) (1)
3.7 Noem TWEE algemene bestuursvaardighede wat vir die bestuur van 'n
boerderyonderneming nodig is. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die genetiese diagram hieronder illustreer 'n kruising tussen twee beesrasse.
Swart bul Wit koei
P1
Proses 1
Gamete
Proses 2
F1-generasie
Gamete
F2-generasie
4.1.1 Noem die tipe kruising wat in die genetiese diagram hierbo
geïllustreer word. (1)
4.1.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.1.1. (1)
4.1.3 Identifiseer die prosesse in die genetiese diagram hierbo:
(a) PROSES 1 (1)
(b) PROSES 2 (1)
4.1.4 Gee ELK van die volgende:
(a) Die getal swart nageslag in die F2-generasie (1)
(b) Die fenotipe van die F1-generasie (1)
4.1.5 Dui die genotipiese verhouding van die F2-generasie aan. (1)
4.2 By ertjieplante is sferiese sade (D) dominant oor ingeduikte sade (d).
Twee plante wat heterosigoties vir die saadvormeienskap is, is gekruis.
4.2.1 Gebruik 'n Punnett-vierkant om die genotipe van die F1-generasie te
bepaal. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.2.2 Gee die breuk van die F1-generasie wat sferiese sade behoort te hê. (1)
4.2.3 Neem aan dat 900 ertjieplante tydens die eksperiment as die
F1-generasie geproduseer is. Bereken die getal plante wat sferiese
sade sal hê. (2)
4.3 Identifiseer die verskillende patrone van oorerwing wat deur ELK van die
volgende stellings verteenwoordig word:
4.3.1 'n Plant met pers blomme word met 'n plant met wit blomme gekruis
en al die nageslagte het beide pers en wit kleure by dieselfde blom. (1)
4.3.2 Melkproduksie word deur 'n kombinasie van baie gene beïnvloed. (1)
4.3.3 Daar is vier allele vir die C-geen wat haarkleur by konyne beheer. (1)
4.3.4 Die ontwikkeling van 'n grys kalf uit die kruising van 'n wit koei met
'n swart bul (1)
4.4 Die prent hieronder toon verskille tussen individue van dieselfde spesie.
4.4.1 Identifiseer die eienskap in die diere hierbo wat deur die volgende
oorsake van variasie beïnvloed word:
(a) Geneties (1)
(b) Omgewing (1)
4.4.2 Noem TWEE belangrike aspekte van variasie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landbouwetenskappe/V2 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.5 Die illustrasie hieronder toon verskillende rasse waarop dieretelers hulle
seleksie gebaseer het.
Sussex
RAS A
RAS C
Bonsmara
RAS E
RAS D
Nguni
RAS B
Simmentaler
4.5.1 Identifiseer die volgende in die illustrasie:
(a) Tipe teelstelsel tussen RAS C en RAS D (1)
(b) Tipe seleksie in die illustrasie hierbo (1)
4.5.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.5.1(a). (1)
4.5.3 Dui TWEE nadele van die teelstelsel in VRAAG 4.5.1(a) aan. (2)
4.5.4 Noem die metode van seleksie wat gebruik is om RAS E te teel,
gebaseer op die prestasie van die Nguni en die Bonsmara. (1)
4.6 Wetenskaplikes het 'n eksperiment uitgevoer om die effek van genetiese
modifikasie op insekbestandheid by mielieplante te toets. Hulle het mieliesade
met 'n insekbestande geen en 'n normale saad gebruik. Beide sade is in 'n
omgewing met mieliestronkboorders gekweek.
4.6.1 Formuleer 'n hipotese wat op die eksperiment gebaseer is. (1)
4.6.2 Dui TWEE sosio-ekonomiese gevolge van geneties gemodifiseerde
mieliesade op kleinskaalboere aan. (2)
4.6.3 Noem TWEE voordele van genetiese modifikasie bo tradisionele
metodes. (2)
4.6.4 Noem TWEE doelwitte van die genetiese modifikasie van plante en
diere. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2020 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum