Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
7. Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2-punt-vraag TWEE
feite vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 T.
KOLOM A KOLOM B
1.1 Die term wat gebruik word vir die A potgooi ('podcast')
bemarking, koop en verkoop van
produkte of dienste oor die Internet B GHz
1.2 'n Rekenaar met die laagste C videoredigeringsagteware
hardeware-spesifikasies wat die
bekostigbaarste in sy kategorie is D netskans ('firewall')
1.3 'n Sigbladfunksie wat gebruik word om E PDF
die waardes in al die selle wat aan
sekere kriteria voldoen, bymekaar te F IM
tel
G selspasiëring
1.4 Die proses waar baie mense gevind
word om 'n projek te befonds, H netiket
gewoonlik oor die Internet
I intreevlak ('entry level')
1.5 'n Toepassing wat stem- en video-
oproepe oor die Internet moontlik maak J skarebefondsing ('crowd
funding')
1.6 'n Protokol of metode wat hoofsaaklik
gebruik word om baie groot lêers K roeteerder ('router')
tussen rekenaars oor die Internet oor
te dra L selafwerking ('cell padding')
1.7 'n Stel riglyne oor hoe jy jouself aanlyn M dienspakket ('service pack')
moet gedra en interaksie met ander
aanlyngebruikers moet hê N e-Handel
1.8 'n Tegnologie wat intydse, O COUNTIF
teksgebaseerde ('real-time')
kommunikasie toelaat P Skype
1.9 'n Multimedialêer wat vanaf die Internet Q FTP
afgelaai is en wat na rekenaars of
draagbare mediaspelers oorgedra kan R SUMIF
word
S toegangsbeheer
1.10 'n Attribuut wat gebruik word om die
afstand tussen die teks en die selraam
te spesifiseer
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.
2.1 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n webtuiste wat soos 'n
aanlyndagboek optree en lesers die opsie bied om kommentaar te skryf?
A RSS
B Wiki
C Blog
D Deurgang ('Portal') (1)
2.2 Watter EEN van die volgende word NIE direk met 'n drukker in verband
gebring NIE?
A SIM
B Laser
C Inkhouer
D SPD ('DPI') (1)
2.3 Watter EEN van die volgende kan as beide 'n toevoer- en afvoertoestel
geklassifiseer word?
A Drukker
B Aftaster ('Scanner')
C Luidspreker
D Raakskerm (1)
2.4 Watter EEN van die volgende verwys na 'n eienskap van sagteware waar
gebruikers met behulp van visuele kontroles soos knoppies en ikone met die
sagteware interaksie kan hê?
A GUI
B HOB ('RSI')
C GPS
D JPG (1)
2.5 Watter EEN van die volgende rolle word deur 'n rekenaar aangeneem
wanneer dit aan 'n bediener koppel om hulpbronne te gebruik?
A Netskans ('Firewall')
B Kliënt
C Stoorplek
D Bediener ('Server') (1)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
2.6 Watter EEN van die volgende verwys na 'n situasie waar gebruikers na
webtuistes met kriminele intensies aangestuur word, selfs al tik hulle die
korrekte adres van die webtuiste in die webblaaier?
A Skimkaping ('Pharming')
B Strikroof ('Phishing')
C Aansturing ('Redirecting')
D Koppeling ('Linking') (1)
2.7 Watter EEN van die volgende verwys na 'n proses waar drukinstruksies in 'n
tou geplaas word?
A Tussentydse databuffering ('Spooling')
B Wag
C Buffer
D Multitaakverwerking ('Multitasking') (1)
2.8 Watter EEN van die volgende verwys na die proses waar die toegangstyd na
data wat voorheen besoek is, soos 'n webblad, verbeter word?
A Verfrissing ('Refreshing')
B Kasberging ('Caching')
C Aflaai ('Downloading')
D Deursoek ('Searching') (1)
2.9 Watter EEN van die volgende toestelle is NIE 'n voorbeeld van konvergensie
NIE?
A Fablet ('Phablet')
B Tablet
C Slimfoon ('Smartphone')
D Muis (1)
2.10 Watter EEN van die volgende datatipes is die mees gepaste om 'n
telefoonnommer in 'n databasisveld te stoor?
A Number
B Text
C Yes/No
D Date (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stellings WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om jou
stelling te verander nie.)
Voorbeelde:
VRAAG: ANTWOORD:
'n Stilus kan vir meer akkurate toevoer op Waar
sekere raakskerms gebruik word.
Die Wêreldwye Web word gekenmerk Onwaar
deur ongelyke toegang tot IKT deur Digitale kloof
verskillende groepe mense.
3.1 Omskakeling is die proses waar data vanaf 'n databasis na 'n sigblad
oorgedra word sonder om maar net te kopieer en te plak. (1)
3.2 Klewerige sleutels ('Sticky keys') laat gestremde gebruikers toe om sleutels
soos Ctrl, Alt en Del afsonderlik te druk in plaas van saam. (1)
3.3 Smoring ('Throttling') is 'n praktyk waar werknemers hul eie toestelle bring om
toegang tot die werk se netwerk te verkry en dit te gebruik. (1)
3.4 'n Navraag word gebruik om data vanaf 'n groep mense te versamel. (1)
3.5 'n Seksiebreuk ('section break') maak dit moontlik om verskillende
bladsyoriënterings in dieselfde dokument te hê. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Bestudeer die spesifikasies van die rekenaar hieronder en beantwoord dan
die vrae wat volg:
• Core i5 3.2 GHz
• 6 GG ('GB') ETG ('RAM')
• 1 TB HDD
• 23", 1920x1080 HD-vertoonskerm
• 1 GG ('GB') toegewyde grafika
• 802.11 b/g/n, Ethernet
• DVD Multi-aandrywer (Opsioneel)
• Firewire
• 5xUSB 3.0
• Multikaartleser
• VGA-poort
• Windows 8 Home Premium
4.1.1 Wat is die spoed van die verwerker in die spesifikasies hierbo? (1)
4.1.2 Watter hardewaretoestel kan aan die rekenaar gekonnekteer word
indien addisionele USB-poorte benodig word? (1)
4.1.3 Noem die komponent in die spesifikasies wat die grootste invloed
op die algehele werkverrigting van die rekenaar sou hê. (1)
4.1.4 Watter spesifikasie hierbo verwys na skermresolusie? (1)
4.1.5 Watter item wat by die spesifikasies ontbreek, sal toelaat dat die
monitor in die spesifikasies hierbo aan die rekenaar gekoppel kan
word om ten volle van die monitor se vermoëns gebruik te maak? (2)
4.2 Rekenaarstelsels kan soms met sagteware wat die data en lêers op die
rekenaar beskerm, gebondel word.
4.2.1 Noem die tipe nutsprogram wat gebruik word om toegang tot jou
rekenaar oor 'n netwerk te beskerm. Moet NIE handelsname gee
NIE. (1)
4.2.2 Noem TWEE algemene funksies van 'n antivirusprogram. (2)
4.3 'n DVD-aandrywer word as 'n opsie by die spesifikasies ingesluit.
Gee TWEE redes, behalwe koste, waarom 'n gebruiker mag besluit om dit nie
in te sluit nie. (2)
4.4 Een van die spesifikasies in die advertensie is '802.11 b/g/n'.
Verduidelik wat die spesifikasies 802.11 en b/g/n sou aandui. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
4.5 Noem TWEE nadele van advertensieware ('adware'), behalwe vir die feit dat
dit lastig mag wees. (2)
4.6 Gee EEN rede waarom dit voordelig is as 'n grafikakaart sy eie geheue het. (1)
4.7 Bestudeer die drukkerspesifikasies hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
• Vier individuele inkhouers
• USB 3.0
• Geheuekaartleser
• 25 bpm ('ppm') – kleur
• 802.11 b/g/n
4.7.1 Noem TWEE voordele van die gebruik van vier aparte inkhouers. (2)
4.7.2 Watter spesifikasie verwys na die drukspoed? (1)
4.7.3 Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n laserdrukker in plaas
van 'n inkspuitdrukker. (2)
4.7.4 Stel 'n manier voor om 'n dokument met minder ink te druk sonder
om die dokument enigsins te verander. (1)
4.7.5 Watter voordeel sou dit hê om 'n geheuekaartleser in 'n drukker te
hê? (1)
4.8 Beskryf die TWEE hoofstappe wat jy sal moet volg om 'n toepassing wat nie
reageer nie, toe te maak. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Gee 'n algemene of generiese term/akroniem vir 'n rekenaarnetwerk wat oor
'n groot gebied, soos 'n land, versprei is. (1)
5.2 Watter netwerktoestel word benodig om 'n LAN aan 'n ander netwerk te
koppel? (1)
5.3 Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van 'n gekabelde netwerk in
plaas van 'n kabellose netwerk. (2)
5.4 Wat is nodig om 'n Bluetooth-konneksie tussen twee toestelle te bewerkstellig
indien al die vereiste Bluetooth-opsies reeds op beide toestelle geaktiveer en
reg opgestel is? (1)
5.5 'n Datalimiet ('data cap') is 'n belangrike oorweging wanneer 'n
Internetkonneksie gekies word.
Verduidelik kortliks wat datalimiet in hierdie konteks beteken. (1)
5.6 Baie gebruikers voel dat 'n onbeperkte ('uncapped') Internetkonneksie altyd
die beste keuse is.
Noem TWEE moontlike voordele van die keuse van 'n beperkte ('capped')
Internetkonneksie. (2)
5.7 Hoe sou 'n mens 'n tablet se 3G-Internetkonneksie met ander tablette in
dieselfde kamer kon deel sonder om enige ekstra hardeware te gebruik? (1)
5.8 Stel TWEE maniere voor waarop jy kan voorkom dat advertensies op die
skerm verskyn terwyl jy die Internet gebruik. (2)
5.9 Die gebruik van VoIP-sagteware, soos Skype, raak al hoe gewilder.
5.9.1 Gee TWEE redes waarom meer mense deesdae Skype gebruik as
in die verlede. (2)
5.9.2 Gee EEN rede waarom die video- en klankkwaliteit soms swak is
wanneer Skype gebruik word om 'n video-oproep te maak. (1)
5.9.3 Stel EEN manier voor waarop die klankkwaliteit van 'n VoIP-oproep
verbeter kan word sonder om die oproep te beëindig of enige
hardeware te verander. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Verduidelik wat die term plagiaat beteken. (2)
6.2 Die vorm hieronder is geskep om data in 'n databasis vas te lê.
Vak 3 Vak 7 Vak 4 Ouderdom
Wiskunde Toerisme Ekonomie 17
Graad Klas Vak 6 Vak 5
12 D Lewenswet Rekenaartoe
Vak 1 Vak 2 Naam Van
English Hom Xhosa Eerste A Thando Mahlakahlaka
Noem TWEE maniere waarop die uitleg van die vorm verbeter kan word. (2)
6.3 Noem DRIE eienskappe van 'n sigblad wat dit 'n ideale instrument maak om
data te analiseer. (3)
6.4 Verduidelik wat 'n bibliografie is EN waarom dit altyd by 'n navorsingsprojek
se verslag ingesluit moet word. (2)
6.5 Waarom is dit belangrik om 'n aantekening te maak van die datum waarop jy
data vir 'n projek vanaf 'n webtuiste afgelaai het, behalwe dat jy dit in jou
bronnelys benodig? (1)
[10]
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Wat is die algemene term wat gegee word vir enige poging om 'n gebruiker te
flous ('trick') of te manipuleer om vertroulike inligting, soos wagwoorde, uit te
gee? (1)
7.2 IKT maak telependel ('telecommuting') of telewerk ('teleworking') moontlik.
7.2.1 Beskryf wat telependel ('telecommuting') is. (2)
7.2.2 Gee TWEE moontlike redes waarom jy dink dat telependel
('telecommuting') nie so gewild in Suid-Afrika soos in ander lande
is nie. (2)
7.3 Wat beteken die term kuberkrakery ('hacking')? (2)
7.4 Inligtingsoorlading is 'n groter wordende probleem in die samelewing.
Noem TWEE praktiese maniere waarop jy tegnologie kan gebruik om die
probleem met inligtingsoorlading in jou lewe te verminder. (2)
7.5 Gee 'n definisie vir ruitnetwerkrekenarisering ('grid computing'). (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 Webbladontwikkeling.
8.1.1 Wat is die verskil tussen www en die Internet? (2)
8.1.2 Identifiseer die fout in die volgende deel HTML-kode:
<html>
<body bgcolour="black">
</body>
</html> (1)
8.2 In watter spesifieke deel van 'n databasisverslag moet jy 'n funksie wat die
totale hoeveelheid rekords in die verslag tel, plaas? (1)
8.3 Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A B C D E
1 Graad 12-punte
2
3 Nommer Naam Punt Slaag
4 1 Leonard 45 Ja
5 2 Mario 39 Nee
6 3 Thabo 27 Nee
7 4 Susan 81 Ja
8 5 Jonas 78 Ja
9 6 Gavin 74 Ja
10 7 Atha 65 Ja
11 8 Joe 55 Ja
12 9 Stacy 68 Ja
13 10 Sethu 69 Ja
14
15 Studente meer as 80 1 8 Slaag
16 Totale punte 601.10 2 Druip
8.3.1 Watter funksie moet in sel C15 gebruik word om te bepaal hoeveel
studente 80 of meer punte behaal het? (1)
8.3.2 Selfs al was die punte in sel C4:C13 tot die naaste heelgetal
geformateer, wys die totaal van al die punte in sel C16 'n waarde
na die desimale punt.
Verduidelik waarom dit gebeur deur na die verskil tussen die
gebruik van formatering en die gebruik van die ROUND-funksie te
verwys. (2)
8.3.3 Noem die mees gepaste datatipe wat in sel D4:D13 gebruik moet
word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
8.3.4 Noem 'n funksie wat in kolom D gebruik kan word om outomaties
die antwoord 'Ja' of 'Nee' te gee, gebaseer op die punte in
kolom C. (1)
8.3.5 'n Staafgrafiek ('bar graph/chart') is geskep om die verhouding van
studente wat geslaag ('Pass') of gedruip ('Fail') het, te toon.
Stel 'n meer gepaste tipe grafiek voor om hierdie inligting te
vertoon. (1)
8.3.6 Wanneer 'n telefoonnommer in 'n sel op die werkblad ingelees
word, val die 0 voor die nommer weg, byvoorbeeld 0831234567
word as 831234567 vertoon.
Verduidelik waarom dit gebeur en stel 'n moontlike oplossing voor. (2)
8.4 Wanneer jy 'n lêer op jou rekenaar oopmaak, mag 'n boodskap verskyn wat
aandui dat die lêer 'leesalleen' ('read-only') is.
Gee TWEE moontlike redes waarom die lêer 'leesalleen' ('read-only') kan
wees. (2)
8.5 Stel EEN manier voor waarop 'n program korrek vanaf 'n rekenaarstelsel
gedeïnstalleer moet word. (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
SCENARIO
Mnr. Joseph het onlangs 'n reisagentskap oopgemaak. Hy het 'n tegniese assistent
nodig om hom te help en het jou genader weens jou RTT-vaardighede. Help hom om
te verstaan hoe rekenaartegnologie sy besigheid meer doeltreffend kan maak.
9.1 RFID-merkers ('RFID tags') en strepieskodes ('bar codes') het 'n soortgelyke
funksie.
9.1.1 Watter medium gebruik 'n RFID-leser om 'n RFID-merker ('tag') te
lees? (1)
9.1.2 Watter medium gebruik 'n strepieskodeskandeerder ('barcode
scanner') om 'n strepieskode te lees? (1)
9.2 Wat is die voordeel van die gebruik van 'n QR-kode in 'n advertensie? (1)
9.3 Mnr. Joseph bring baie tyd op sosialenetwerk-webtuistes deur om sy
besigheid te bevorder.
9.3.1 Gee TWEE voorbeelde van sosialenetwerk-webtuistes. (2)
9.3.2 Noem TWEE voordele vir die reisagentskap om op sosialenetwerk-
webtuistes te adverteer. (2)
9.3.3 Hoe kan mnr. Joseph verseker dat die reputasie van sy besigheid
nie sal skade ly indien hy sosialenetwerk-webtuistes gebruik nie? (2)
9.4 Jy stel voor dat mnr. Joseph 'n GPS-toestel vir die besigheid koop.
9.4.1 Gee TWEE redes waarom jy eerder 'n GPS-toestel in plaas van 'n
gedrukte kaart sou gebruik. (2)
9.4.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van geo-etikettering ('geo-
tagging') op 'n foto. (2)
9.5 Mnr. Joseph het 'n nuwe sellulêre kontrak vir die besigheid uitgeneem.
9.5.1 Hy het 'n keuse tussen 'n slimfoon en 'n fablet ('phablet').
Wat is die hoofverskil tussen 'n slimfoon en 'n fablet ('phablet')? (1)
9.5.2 Die spesifikasies dui aan dat beide toestelle LTE-gereed is.
Verduidelik kortliks wat LTE is. Moet NIE net die afkorting uitskryf
NIE. (2)
9.5.3 Gee TWEE redes waarom mnr. Joseph moontlik die Android-
bedryfstelsel op hierdie toestel gekies het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
9.5.4 Noem TWEE basiese funksies van bedryfstelsels soos Android of
Microsoft Windows. (2)
9.5.5 Die bedryfstelsel op die fablet ('phablet') moet na die nuutste
weergawe opgedateer word.
Gee EEN rede waarom mnr. Joseph eerder 'n ADSL-konneksie as
'n sellulêre konneksie sal gebruik om die opdatering af te laai. (1)
9.6 Mnr. Joseph het baie vertroulike inligting op sy skootrekenaar by die werk
gestoor.
9.6.1 Noem TWEE praktiese maniere waarop hy kan voorkom dat sy
skootrekenaar uit sy kantoor gesteel word. (2)
9.6.2 Gee TWEE voorbeelde van biometriese eienskappe vir veilige
toegang op 'n skootrekenaar. (2)
9.7 Die bedryfstelsel op mnr. Joseph se skootrekenaar het 'n sagtewarefout
('software bug').
Wat is 'n sagtewarefout ('software bug')? (1)
9.8 Die skootrekenaar het 'n standaard-raakskerm.
9.8.1 Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n raakskerm. (2)
9.8.2 Watter term word gebruik vir die handeling om 'n foto op 'n
multiraakskerm kleiner te maak? (1)
9.9 Mnr. Joseph het nie 'n kantoorpakket op sy skootrekenaar geïnstalleer nie.
9.9.1 Wat is 'n kantoorpakket ('office suite')? (1)
9.9.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n kantoorpakket. (2)
9.9.3 Noem EEN voordeel van die gebruik van 'n aanlynsigblad-
toepassing in vergelyking met een wat op mnr. Joseph se
skootrekenaar geïnstalleer is. (1)
9.9.4 Noem TWEE gevalle waar dit beter sou wees om 'n databasis as 'n
sigblad te gebruik. (2)
9.10 Mnr. Joseph gebruik 'n elektroniese vorm om besonderhede van sy kliënte
vas te lê.
Noem TWEE voordele van hierdie benadering in plaas daarvan om pen en
papier te gebruik. (2)
9.11 'n Webtuiste moet vir mnr. Joseph se reisagentskap geskep word.
Noem DRIE riglyne wat dit sou vergemaklik om 'n webtuiste te gebruik en te
lees. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai-om-asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
9.12 Mnr. Joseph se skootrekenaar het gefaal ('crash') en kan nie meer selflaai
('boot') nie.
Gee 'n moontlike rede waarom dit gebeur het. (1)
9.13 Mnr. Joseph is aangeraai om sy data in die wolk ('cloud') te stoor.
Noem TWEE voordele van die gebruik van die wolk om data te stoor. (2)
9.14 Mnr. Joseph het daaraan gedink om 'n netwerkadministrateur aan te stel om
die reisagentskap se netwerk te bestuur.
Noem DRIE tipiese funksies wat deur 'n netwerkadministrateur uitgevoer
word. (3)
9.15 Behalwe vir sosialenetwerk-webtuistes wil mnr. Joseph ook 'n blog vir die
reisagentskap gebruik.
Stel TWEE maniere voor waarop hy lesers na die blog kan lok en hulle
aandag kan behou om die blog in die toekoms ook te lees. (2)
9.16 Mnr. Joseph is bekommerd oor sekuriteit op sy rekenaars.
9.16.1 Verduidelik aan mnr. Joseph hoekom 'n sleutelvaslegger
('keylogger') 'n baie gevaarlike soort kwaadwillige sagteware
('malware') kan wees. (1)
9.16.2 Noem EEN funksie wat deur die meeste Internetsekuriteitspakkette
uitgevoer word, behalwe om virusinfeksies te voorkom. (1)
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.