Skip to content
Memorandum

Afrikaans FAL Grade 8 Paper 2 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Grade 8 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the November Mock Exam 2026 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: Hlayiso

Subject: Afrikaans FALGrade 820268 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief hlayiso mock exams Oefenreeks: Graad 8 eksamenvoorbereiding WWW.HLAYISO.COM SENIOR FASE EINDEJAARSEKSAMEN GRAAD 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2026 (PROEF) NASIENRIGLYNE PUNTE: 30 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 8 bladsye.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 2 1. Gebruik die rubrieke aan die einde van hierdie nasienriglyne: Bylaag A (Opstel, 20 punte) en Bylaag B (Langer transaksionele teks, 10 punte). Bestudeer en bespreek die rubrieke deeglik voordat die nasien begin. Let daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 2. As ’n onderwerp misgetas is, word die kandidaat volgens die rubriek baie laag vir Inhoud aangeslaan, maar Taal en Struktuur word steeds normaal nagesien. 3. Indien ’n skryfstuk grootliks uit die vraestel oorgeskryf of saamgeflans is, ontvang die kandidaat geen punte nie (kommentaar: Nie eie werk nie / Saamgeflans). 4. Die kandidaat word nie addisioneel gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer as die maksimum getal woorde gebruik nie; die rubriek (Struktuur/Taal) maak reeds daarvoor voorsiening. By ’n skryfstuk wat baie te lank is, word ongeveer die maksimum lengte nagesien en ’n streep deur die res getrek. 5. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste poging nagesien. 6. Gebruik die volgende simbole by die nasien. Om net strepe te trek, is onaanvaarbaar. VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Punktuasiefout ◦ Omkring die fout Spelfout Dubbele strepie onder die woord Woordorde verkeerd ( )↷ Hakies en pyltjie Woord(e) weggelaat ∧ Weglaatteken Tye verwar T Hoofletter T in die kantlyn Herhaling van gedagtes hh In die kantlyn Dele uit die vraestel oorgeskryf Vr In die kantlyn Onduidelik/verwarrend ? Vraagteken in die kantlyn Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Woord uit ’n ander taal × Trek ’n × oor die woord Erkenning van goeie taalgebruik ✓✓ Bo die woord of uitdrukking NEERSKRYF VAN PUNTE • AFDELING A: Inhoud en beplanning (10) + Taal, styl en redigering (5) + Struktuur (5) = 20 • AFDELING B: Inhoud, beplanning en formaat (5) + Taal, styl en redigering (5) = 10 • Bepaal eers die kode (vlak) van die skryfstuk vir elke kriterium en ken dan ’n punt binne die gegewe punte toe (bv. Kode 7 vir Inhoud: 8, 9 of 10). • Skryf die punte onderaan die skryfstuk neer, bv. I = 6½ T = 3 S = 3 Totaal: 12½ = 13 • Halwe punte word na die eindtotaal van die skryfstuk oorgedra en daar na bo afgerond. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 AFDELING A: OPSTEL Assesseer die opstel sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie van die onderwerp. Die soort opstel word deur die onderwerp gelei, maar ’n opstel kan elemente van meer as een soort bevat. Die moontlikhede hieronder is nie bindend nie. SOORTE OPSTELLE (KORT RIGLYN) • Verhalend: ’n Storie of gebeurtenis (gewoonlik in die verlede tyd) met ’n duidelike storielyn wat logies ontwikkel; ’n treffende inleiding; oortuigende karakters en atmosfeer; ’n bevredigende of verrassende slot. • Beskrywend: Die skrywer beskryf ’n persoon, plek of gebeurtenis so lewendig dat die leser dit kan beleef; waarnemings met die sintuie, goeie woordeskat, beeldspraak en eie gevoelens; meer as net ’n lys waarnemings. • Argumenterend: Die skrywer neem ’n duidelike standpunt in (saam of nie saam nie) en verdedig dit deurgaans met redes en voorbeelde. • Beredenerend: Albei kante van die saak word gebalanseerd bespreek; die slot gee ’n gemotiveerde gevolgtrekking. • Visuele prikkel: Die opstel moet direk by die kern van die prent aansluit; die agtergrond mag gebruik word om die kern toe te lig. Die kandidaat se eie perspektief op die prent word aanvaar. VRAAG 1 Die opstel moet 160 tot 180 woorde (4 tot 5 paragrawe) lank wees. 1.1 Die snaaksste mens wat ek ken ’n Beskrywende opstel oor ’n persoon (bv. ’n ouer, oupa/ouma, broer/suster, neef/niggie, vriend(in), onderwyser of buurman). Die kandidaat moet: • die persoon se voorkoms beskryf (uiterlik, bv. klere, gesig, manier van loop); • beskryf hoe die persoon praat en optree – sy/haar grappe, gewoontes, snaakse uitdrukkings of streke; • verduidelik waarom die kandidaat graag by hom/haar is – ’n kort snaakse voorval as voorbeeld versterk die opstel. ’n Opstel wat net ’n grap of storie vertel sonder om die persoon te beskryf, word nie hoër as Kode 4 vir Inhoud geplaas nie. Die gegewe titel moet gebruik word. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 1.2 Die dag toe ek my vrees oorwin het ’n Verhalende opstel oor ’n keer toe die kandidaat sy/haar vrees moes trotseer (bv. leer swem, van ’n hoë duikplank spring, by ’n hond verbystap, in die donker alleen wees, voor die klas of in ’n kompetisie praat). • Die verhaal moet logies ontwikkel: wat die vrees is en waar dit vandaan kom, die situasie waarin hy/sy dit moes trotseer, hoe hy/sy gevoel het, en die oomblik van oorwinning. • Die opstel moet met die gegewe woorde eindig: “… en toe besef ek: ek is glad nie meer bang nie!” ’n Klein aanpassing van die woorde word aanvaar; indien die slotsin heeltemal ontbreek of glad nie by die verhaal pas nie, word die kandidaat nie hoër as Kode 4 vir Inhoud geplaas nie. • Gevoelens (senuwees, hartklop, verligting, trots) maak die verhaal lewendig en word beloon. [20] 1.3 Skooldrag – weg daarmee? ’n Argumenterende opstel (die kandidaat stem saam OF stem nie saam nie en verdedig sy/haar standpunt) of ’n beredenerende opstel (albei kante met ’n gevolgtrekking). Die standpunt moet duidelik wees. Moontlike argumente teen skooldrag (saam met die stelling): skooldrag is duur en ouers moet dit elke jaar koop; leerders kan hul persoonlikheid met eie klere uitdruk; gemaklike klere in warm weer; minder reëls en strawwe oor drag. Moontlike argumente vir skooldrag (nie saam nie): almal lyk dieselfde – ryk en arm leerders word gelyk behandel; geen druk om duur handelsmerke te dra nie; trots op die skool en dissipline; maklik om leerders op uitstappies te herken (veiligheid); kan tweedehands gekoop of oorgedra word; eie klere kan uiteindelik duurder wees. Die kandidaat mag die stelling as inleiding gebruik, maar moet eie argumente byvoeg; ’n opstel wat die stelling net herhaal, word laag vir Inhoud aangeslaan. [20] 1.4 Saterdagoggend in my buurt ’n Beskrywende opstel. Die kandidaat beskryf sy/haar buurt of dorp op ’n Saterdagoggend en gebruik die sintuie, bv. wat hy/sy sien (kinders wat sokker speel, besige winkels, die mark, ’n troue), hoor (musiek, honde, ’n grassnyer, taxi’s), ruik (vetkoek, braaivleis, vars brood, gesnyde gras), proe (iets van die mark of kafee) en voel (warm son, koel oggendlug). Beeldspraak (bv. vergelykings), ’n duidelike stemming en die kandidaat se eie gevoelens oor die buurt word beloon. ’n Opstel wat net ’n storie vertel sonder beskrywing, of minder as drie sintuie gebruik, word nie hoër as Kode 4 vir Inhoud geplaas nie. [20] 1.5.1 Prent: ’n gesin wat by kerslig ’n bordspel speel terwyl die krag af is Moontlike interpretasies: ’n verhalende opstel oor ’n aand toe die krag af was (beurtkrag/kragonderbreking) en die gesin iets anders saam gedoen het; ’n beskrywende opstel oor die stemming by kerslig; ’n bespiegelende opstel oor hoe ’n gesin nader aan mekaar kom sonder TV, selfone en internet; ’n humoristiese verhaal oor wie die speletjie wen; die waarde van familietyd. Die kandidaat moet sy/haar eie titel gee. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 1.5.2 Prent: ’n jong stapper met arms in die lug en ’n vlag bo-op ’n berg; ’n kronkelpaadjie lei tot bo Moontlike interpretasies: ’n verhalende opstel oor ’n staptog of klimtog (bv. ’n skooluitstappie, Tafelberg, die Drakensberg); ’n figuurlike/bespiegelende opstel oor ’n doel wat bereik is ná harde werk (die kronkelpad = probleme en terugslae op pad; die vlag = sukses), bv. goeie punte, ’n sportprestasie, die einde van graad 8; volharding en om nie op te gee nie. Enige opstelsoort is aanvaarbaar mits dit by die kern van die prent (om die top te bereik) pas. [20] TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS Van die kandidaat word verwag om EEN vraag te beantwoord, 120 tot 140 woorde te skryf, die opdrag uit te voer en die korrekte formaat te gebruik. Assesseer volgens die rubriek in Bylaag B. Indien die kandidaat ’n ander teks as die gevraagde skryf (bv. ’n formele brief in plaas van ’n vriendskaplike brief), word Inhoud, beplanning en formaat nie hoër as Kode 3 geplaas nie. VRAAG 2 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Fokus: Die brief moet TWEE aspekte dek: (1) bedanking vir die geskenk en waarom dit spesiaal is (bv. hy/sy het dit lank al gewens, dit help met skoolwerk of ’n stokperdjie, dit herinner aan die tante), EN (2) hoe die verjaardag gevier is (bv. partytjie, ete saam met die familie, vriende wat kom kuier, koek). Albei aspekte moet aangespreek word vir ’n punt bo Kode 4. Kenmerke: vriendelike, persoonlike en dankbare toon; die tante word direk aangespreek; informeel maar respekvol (bv. Tannie/u of jy – albei word aanvaar mits dit konsekwent gebruik word); vermy sleng en SMS-taal. Formaat: • Skrywer se adres regs bo in blokvorm; geen leestekens in die adres nie. • Datum direk onder die poskode, voluit geskryf, bv. 12 November 2026 (toegewing: ’n reël mag tussen die poskode en datum oopgelaat word). • Een reël oop; aanhef teen die linkerkantlyn, bv. Liewe Tannie Annie (geen komma nie). • Inleiding, liggaam (paragrawe) en slot, bv. Baie dankie weer. Ek sien uit daarna om Tannie in Desember te sien. • Afsluiting, bv. Liefdegroete, met Jou liefhebbende niggie/neef en die naam direk daaronder (geen reël oop nie). [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 2.2 DIALOOG Fokus: ’n Gesprek tussen die kandidaat en sy/haar pa/ma. Die kandidaat probeer die ouer oorreed met redes (bv. hy/sy sal self die hond kos gee, stap en bad; sakgeld sal help betaal vir kos; die DBV-hondjies is reeds ingeënt en gesteriliseer; ’n hond hou die huis veilig; ’n hond leer verantwoordelikheid; die hondjie het ’n huis nodig). Die ouer se besware (te veel werk, koste) moet in die gesprek aangespreek word, en die gesprek moet ’n logiese einde hê (die ouer stem in, weier of stel ’n voorwaarde). Formaat: • Die name van die sprekers word links geskryf, gevolg deur ’n dubbelpunt, bv. Pa: / Thabo: • Geen aanhalingstekens word gebruik nie. • ’n Reël word tussen die spreekbeurte oopgelaat; die teks is in blokvorm. • Enige ekstra inligting (gevoel, handeling) word in hakies geskryf, bv. (smekend). • ’n Kort agtergrond/toneelbeskrywing aan die begin is opsioneel. “Ek” as spreker is aanvaarbaar. • Die taal moet die verhouding pas: informeel maar respekvol teenoor die ouer. [10] 2.3 DAGBOEKINSKRYWING Fokus: Die kandidaat vertel wat by die jaareindkonsert gebeur het (bv. die voorbereiding, die senuwees agter die verhoog, die optrede self, ’n fout of ’n snaakse oomblik, die gehoor se reaksie) EN hoe hy/sy daaroor voel (bv. trots, verlig, opgewonde, effens teleurgesteld). Albei aspekte moet aangespreek word vir ’n punt bo Kode 4. Formaat en kenmerke: • Datum (en eventueel die dag/tyd) bo-aan, bv. Vrydag 20 November 2026. • Aanhef soos Liewe Dagboek is opsioneel. • Eerste persoon (ek); persoonlike, informele en reflektiewe toon; gevoelens word eerlik uitgedruk. • Hoofsaaklik in die verlede tyd vir wat gebeur het; teenwoordige tyd vir gevoelens. • ’n Afsluiting soos die skrywer se naam of Tot môre is opsioneel. [10] TOTAAL AFDELING B: 10 GROOTTOTAAL: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 Senior Fase – Nasienriglyne Hlayiso/Proef 2026 BYLAAG A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE OPSTEL [20 PUNTE] Kode 7 Uitmuntend 80–100% Kode 6 Verdienstelik 70–79% Kode 5 Beduidend 60–69% Kode 4 Voldoende 50–59% Kode 3 Matig 40–49% Kode 2 Basies 30–39% Kode 1 Ontoereikend 0–29% Inhoud en beplanning (10) 8–10 Inhoud beïndruk die leser; insig in die onderwerp; volwasse idees; beplanning lei tot ’n feitlik foutlose opstel 7–7½ Deeglike interpretasie van die onderwerp; idees interessant en verbeeldingryk; goed beplan 6–6½ Goeie interpretasie; idees interessant en oortuigend; beplanning lei tot ’n gepaste opstel 5–5½ Voldoende interpretasie; idees gewoon, diepte ontbreek; beplanning bevredigend 4–4½ Inhoud gewoon met leemtes in samehang; idees meestal relevant; redelike beplanning 3–3½ Inhoud dikwels onduidelik; min idees, herhalend; swak beplanning 0–2 Inhoud nie ter sake nie; geen samehang; idees herhaal; beplanning ontbreek Taal, styl en redigering (5) 4–5 Kritiese taal- bewustheid; taal en punktuasie korrek; gevarieerde woordkeuse; styl, toon en register toepaslik; feitlik foutloos 3½ Taal en punktuasie korrek; goeie woordkeuse; styl en register toepaslik; meestal foutloos 3 Taal en punktuasie meestal korrek; woordkeuse gepas; enkele foute na proeflees 2½ Taal eenvoudig; woordkeuse voldoende; styl en register oor die algemeen gepas; foute steeds teenwoordig 2 Taal gewoon; punktuasie dikwels foutief; woordkeuse basies 1½ Gebrekkige taal en punktuasie; beperkte woordkeuse; besaai met foute 0–1 Ernstige gebrek aan taal en punktuasie; woordkeuse ontoepaslik; verwarrend Struktuur (5) 4–5 Same- hangende ontwikkeling met verbeelding- ryke detail; sinne en paragrawe goed saamgestel; lengte korrek 3½ Logiese ontwikkeling van detail; paragrawe skakel logies; lengte korrek 3 Same- hangende ontwikkeling; sinne en paragrawe goed gekonstrueer; lengte amper korrek 2½ Noodsaaklike detail ingesluit; sinne en paragrawe met foute, maar die opstel maak sin 2 Sommige idees ontwikkel; sinne en paragrawe baie foutief, maar verstaanbaar; lengte te kort/lank 1½ Dwaal van die onderwerp af; gedagtegang moeilik om te volg; paragrafering elementêr 0–1 Afgedwaal; sinne en paragrawe deurmekaar; lengte heeltemal verkeerd LET WEL: Die drie punte word bymekaargetel (maksimum 10 + 5 + 5 = 20). Gebruik die rubriek holisties: die punte vir Taal en Struktuur sal gewoonlik nie meer as een kode van die Inhoud-kode verskil nie. Aangepas uit die openbare DBO-skryfrubrieke vir Eerste Addisionele Taal. BYLAAG B: RUBRIEK VIR DIE LANGER TRANSAKSIONELE TEKS [10 PUNTE] Kode 7 Uitmuntend 80–100% Kode 6 Verdienstelik 70–79% Kode 5 Beduidend 60–69% Kode 4 Voldoende 50–59% Kode 3 Matig 40–49% Kode 2 Basies 30–39% Kode 1 Ontoereikend 0–29% Inhoud, beplanning en formaat (5) 4–5 Gespesiali- seerde kennis van die teks; algehele fokus; alle aspekte van die opdrag gedek; alle formaatreëls toegepas 3½ Goeie kennis van die teks; behou fokus; same- hangende inhoud; formaat korrek 3 Redelike kennis van die teks; onbenullige afwykings; meeste formaatreëls toegepas 2½ Voldoende kennis; wyk effens af, maar betekenis bly duidelik; formaat voldoende 2 Gemiddelde kennis; oppervlakkige fokus; slegs een aspek van die opdrag gedek; kritiese formaatfoute 1½ Elementêre kennis; beperkte fokus; min onder- steunende detail; formaat vaag 0–1 Geen kennis van die teks nie; inhoud nie samehangend nie; geen formaat Taal, styl en redigering (5) 4–5 Grammatikaal akkuraat; sinne goed saamgestel; woordeskat, styl en register baie toepaslik; feitlik foutloos; lengte korrek 3½ Grammatikaal akkuraat; woordeskat meestal toepaslik; foutloos ná proeflees; lengte korrek 3 Lees maklik; woordeskat toepaslik; styl en register oor die algemeen toepaslik; enkele foute 2½ Voldoende saamgestel ten spyte van foute; woordeskat voldoende; lengte amper korrek 2 Basies saamgestel; verskeie foute; woordeskat beperk; lengte te kort/lank 1½ Swak en moeilik om te volg; register ongeskik; besaai met foute 0–1 Swak en verwarrend; woordeskat ontoepaslik; lengte heeltemal verkeerd LET WEL: Die twee punte word bymekaargetel (maksimum 5 + 5 = 10). Halwe punte word na die totaal oorgedra en na bo afgerond. Kopiereg voorbehou

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.