Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GASVRYHEIDSTUDIES
2019
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all

--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)



Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2019 QP (Afr)
Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Hospitality Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 630.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane;
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
VOORBEELD:
1.1.11 'n Goeie bron van vitamien C is …
A melk.
B vleis.
C brood.
D lemoene.
ANTWOORD:
1.1.11 D
1.1.1 'n Tradisionele sous wat saam met lamsvleis bedien word:
A Peperwortel
B Kruisement
C Tartare
D Hollandaise (1)
1.1.2 'n Meringuebasis gevul met geklopte room en vrugte:
A Pavlova
B Parfait
C Éclair
D Vacherin (1)
1.1.3 Papierdun beskuitjies gemaak van botter, versiersuiker, meel en
eierwitte:
A Makrolletjies ('Macaroons')
B Meringues
C Tuilles
D Palmiers (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/2019
SS/NSS
1.1.4 'n Groot hoeveelheid … sal die stolling van 'n gelatiengereg
voorkom.
A melk
B eiers
C asyn
D gelatien (1)
1.1.5 Geel bindweefsel wat in die ligamente van 'n beeskarkas voorkom:
A Kollageen
B Gelatien
C Myosien
D Elastien (1)
1.1.6 Die korrekte volgorde waarin jelvorming tydens die bereiding van
bloubessiejellie plaasvind:
A Dispersie, jelvorming, hidrering, ontvorming
B Hidrering, dispersie, jelvorming, ontvorming
C Dispersie, hidrering, jelvorming, ontvorming
D Jelvorming, dispersie, hidrering, ontvorming (1)
1.1.7 'n … hou voedsel warm deur 'n vlambare jel te gebruik.
A Konfoor
B Bain-marie
C Warmskinkbord
D Gueridontrollie (1)
1.1.8 'n Dun snytjie vleis (3–5 mm dik) wat uit die bolo gesny word, staan
as 'n … -skyf (steak) bekend.
A kruis
B kits ('minute')
C klub
D Porterhouse (1)
1.1.9 Voedseldiens waar die voedsel op 'n plat opdienbord na die tafel
gebring word en vir die gaste van links af aangebied word:
A Russies
B Silver
C American
D Gueridon (1)
1.1.10 Die eerste gang van 'n maaltyd is 'n …
A hors d' oeuvre.
B friandise.
C entrée.
D aperitief. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/2019
SS/NSS
1.2 PASITEMS
Pas die klassifikasie in KOLOM B by die gereg in KOLOM C. Pas dan die glas
in KOLOM D by die wyn in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–D) en die
Romeinse syfer ((i)–(iv)) en die nommer ((1)–(4)) langs die vraagnommer
(1.2.1 en 1.2.2) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.3 E (vi) (5).
KOLOM A KOLOM B KOLOM C KOLOM D
WYN KLASSIFIKASIE GEREG GLAS
1.2.1 Chardonnay A Rooi (i) Pavlova (1)
1.2.2 Cabernet B Wit (ii) Oondgebraaide (2)
Sauvignon botterskorsie
C Rosé (iii) Beesvleis- (3)
kebabs
D Vonkel (iv) Hoender- (4)
rollade
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/2019
SS/NSS
1.3 EENWOORDITEMS
Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die term wat aandui wat werknemers by 'n instansie moet aantrek
1.3.2 'n Vriendelike samekoms waar ligte happies bedien word
1.3.3 Die term wat vir tafeldoeke, servette, tafelkleedjies en diendoeke
gebruik word
1.3.4 'n Koste, buiten voedsel- en arbeidskoste, wat op 'n maandelikse
basis bereken word
1.3.5 Die naam wat aan 'n formele ete vir 'n spesiale geleentheid gegee
word
1.3.6 Die term op 'n wynetiket wat die jaar waarin die druiwe geoes is,
aandui
1.3.7 Die hoofrysmiddel in chouxdeeg
1.3.8 Die term wat gebruik word as tertdeeg met 'n vurk geprik word
1.3.9 Dik snye geroosterde brood wat as basis vir soutvulsels gebruik word
1.3.10 'n Persoon wat slegs die vrugte van plante eet (10)
1.4 IDENTIFIKASIE
1.4.1 Identifiseer VIER simptome van tuberkulose. Skryf slegs die letters
(A–H) langs die vraagnommer (1.4.1) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
A Borspyn
B Hoes bloed
C Nagsweet
D Braking
E Maagpyn
F Diarree
G Dispnee/Asemnood
H Longontsteking (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/2019
SS/NSS
1.5 PASITEMS
Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 H.
KOLOM A KOLOM B
TERM BESKRYWING
1.5.1 Tofu A vleisvervanger wat van sojabone
gemaak word
1.5.2 Peulgroente
B ovaalvormige neut met 'n botterige
1.5.3 Neute tekstuur
1.5.4 Lensies C soort bonekoekie wat van sojabone
gemaak word
1.5.5 Getekstureerde
plantproteïen D eetbare sade van vrugte wat met 'n
harde, nie-eetbare dop omring word
E plante met dubbelnaatpeule wat 'n
enkel ry sade bevat
F wit kaasagtige stremsel wat van
sojabone gemaak word
G klein, plat skyfies wat geel, oranje,
groen of bruin kan wees
(5 x 1) (5)
1.6 HERRANGSKIK
Die prosedure om gaste te bedien, is in die verkeerde volgorde. Rangskik die
prosedure in die korrekte volgorde. Skryf slegs die letters (A–E) langs die
vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Begelei die gaste uit die restaurant uit
B Bedien voorgeregte en dek af
C Neem die bestellings vir die maaltye
D Vou die servette oop
E Bedien hoofgereg en dek af (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die jaarlikse July-perdewedren bring 'n verskeidenheid kulture bymekaar.
Baie gasvryheidsondernemings is vir daardie naweek vol bespreek.
Rekenaars word gebruik om met die werkslading te help om sodoende die
groot hoeveelhede toeriste te kan hanteer. Mnr. Max, die hotelbestuurder sê:
'Ons werknemers moet 'n hoë mate van professionalisme in hierdie tyd toon.'
2.1.1 Noem VIER maniere waarop werknemers 'n netjiese en
professionele voorkoms kan verseker. (4)
2.1.2 Die werknemers in die hotel hierbo toon 'n hoë mate van
professionalisme.
Noem VIER aspekte van etiese gedrag wat werknemers moet
uitleef. (4)
2.1.3 Stel voor hoe rekenaars gebruik kan word om te help om
besprekings vir 'n groot aantal toeriste te maak. (3)
2.2 Lewer kommentaar op die stelling hieronder.
Werkers wat met MIV en Vigs geïnfekteer is, mag nie belet word om werk toe
te gaan nie. (1)
2.3 Onderskei tussen gastroënteritis en cholera met betrekking tot oorsake en
simptome. Tabuleer jou antwoord soos volg:
SIEKTE GASTROËNTERITIS CHOLERA
Oorsake (oorsprong) (2) (2)
Simptome (2) (2) (8)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die lamskarkas hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.1.1 Identifiseer die nommer en die naam van die snit wat geskik is vir
(a) lendetjops en (b) kussing. Tabuleer soos volg:
NOMMER VAN SNIT NAAM VAN SNIT
(a) Lendetjops
(b) Kussing (4)
3.1.2 Beveel 'n geskikte gaarmaakmetode vir die kussing aan. (1)
3.1.3 Die kussing word gewoonlik ontbeen. Identifiseer enige TWEE
ander snitte wat ook vir ontbening geskik is. Skryf slegs die
nommers van die snitte neer. (2)
3.1.4 Gee DRIE voordele van ontbening. (3)
3.2. Bestudeer die prente oor die smoor van vleis hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
A B C
3.2.1 Beskryf die prosesse wat in prent A, B en C toegepas word. (3)
3.2.2 Bespreek die uitwerking wat die smoormetode op die bindweefsel
sal hê. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/2019
SS/NSS
3.3. Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A B
Bestanddelelys op die verpakking: 200 g worsderms, 25 mℓ sout,
5 mℓ fyngemaalde swartpeper, 15 mℓ koljander, 1 mℓ fyn naeltjies, 25 mℓ asyn,
125 mℓ bruinsuiker, 3 kg beesvleis, 100 g vet, 2 ml fyn neutmuskaat
3.3.1 Identifiseer die preserveringsmetode wat vir die boerewors in A
gebruik is. (1)
3.3.2 Die boerewors in B kan ook gepreserveer word deur dit te vries.
Motiveer waarom dit 'n goeie preserveringsmetode vir boerewors is. (3)
3.3.3 Skryf TWEE natuurlike preserveermiddels uit die bestanddelelys
neer. (2)
3.3.4 Etikette op produkte is baie belangrik.
Verduidelik die belangrikheid van die inligting op die
boereworsetiket. (3)
3.3.5 Verduidelik die betekenis van die woord halaal op die verpakking. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/2019
SS/NSS
3.4. Bestudeer die nagereg hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die nagereg bestaan uit roomys, Chantilly-room en 'n coulis
en is met pistasieneute afgerond.
3.4.1 Identifiseer die nagereg hierbo. (1)
3.4.2 Definieer die volgende terme:
(a) Chantilly-room (2)
(b) Coulis (2)
3.4.3 Noem die vla wat as basis vir die roomys gebruik word. (1)
3.4.4 Regverdig waarom die roomysmengsel tydens die
bevriesingsproses gereeld gekarring moet word. (1)
3.4.5 Dink jy hierdie nagereg is vir ʼn laktovegetariër geskik? Motiveer jou
antwoord. (2)
3.4.6 Bespreek hoe neute tot die voedingswaarde van ʼn
laktovegetariese dieet kan bydra. (3)
3.4.7 Stel 'n gaarmaakmetode voor wat op die neute toegepas kan word
voordat dit oor die nagereg gesprinkel word. (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die bolaagbestanddele van die Paris-Brest hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
PARIS-BREST
Bolaagbestanddele, 4 porsies
50 g gevlokte amandels R16,00
100 g versiersuiker R3,90
100 g donker sjokolade R21,50
Toon ALL berekeninge. Bereken die volgende:
4.1.1 Koste van die bolaag (2)
4.1.2 Verkoopprys van die bolaag as jy 'n bruto wins van 50% het (3)
4.1.3 Koste per porsie (2)
4.2 Noem die pasteideeg wat gebruik word om die Paris-Brest te maak. (1)
4.3 Noem DRIE bestanddele wat gebruik word om die deeg wat in VRAAG 4.1.4
genoem word, te maak. (3)
4.4 Bestudeer die prentjies van fyngebak hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
A B
MILLE FEUILLE SPANAKOPITA
4.4.1 Identifiseer die soort tertdeeg wat vir gereg A en B onderskeidelik
gebruik is. (2)
4.4.2 Verduidelik die doel van die gebruik van yswater in deeg A. (1)
4.4.3 Gee TWEE redes waarom vet tydens die bakproses van A kan
uitsypel. (2)
4.4.4 Motiveer waarom al die apparaat koud moet wees wanneer
tertdeeg A berei word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/2019
SS/NSS
4.4.5 Beskryf TWEE voorkomingsmaatreëls wanneer deeg B ontdooi
word. (2)
4.4.6 Evalueer die geskiktheid van die geregte hierbo vir 'n
skemerkelkgeselligheid. (2)
4.4.7 Bespreek VIER reëls wat tydens die aanbieding van die happies by
'n skemerkelkfunksie toegepas moet word. (4)
4.5 Bestudeer die lys bestanddele hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
melk; eiergele; suiker; koue water; gelatien; rou pynappel
Identifiseer die geskikste bestanddeel om by die funksies hieronder te pas.
Gee 'n rede vir elk. Tabuleer jou antwoord soos volg.
FUNKSIES BESTANDDEEL REDE
Verdik die vla
Hidreer die gelatien
Voorkom die stolling van die
gelatien
Bevorder die styfheid van die
gelatien (8)
4.6 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
SPYSKAART
16 Junie 2019
Samoesa met Tuisgemaakte Mayonnaise
Koningklip bedien met Roosmarynkapokaartappels en Romerige
Sampioensous
Gestoomde Mediterreense Groente
Beetslaai
Toe Konfyttertjie met Chantilly-room
Evalueer die geskiktheid van die spyskaart vir 'n persoon wat aan 'n
hartsiekte lei. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
VOEDSEL EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NUWE BEGIN OLIEBOLLE ('DONUTS')
Heerlike liplekker oliebolle uit 'n ander wêreld!
Verskeidenheid geure: koekies en room, appel-fudge, malvalekker.
Die eerste 5 kliënte kry 5 GRATIS Nutella-balletjies.
Kom besoek ons by F5, Malandelastraat, Mamelodi.
Oop van 07:30 tot 17:00
5.1.1 Verduidelik die belangrikheid van die bemarkingsresep wanneer
die onderneming hierbo bemark word. (2)
5.1.2 Evalueer die geskiktheid van die geskrewe inligting in die
bemarkingsinstrument hierbo. (5)
5.1.3 Regverdig of die bemarkingsinstrument aan die vereistes van die
bemarkingsresep-aspekte voldoen. (5)
5.2 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Aphiwe het pas 'n bed en ontbyt in haar gemeenskap oopgemaak. Sy het jou
gevra om haar by te staan om haar nuwe onderneming te bedryf.
5.2.1 Noem enige TWEE inkomste-genererende areas wat kan help om
inkomste vir huishouding in te bring. (2)
5.2.2 Verduidelik die verantwoordelikhede van 'n rekenmeester in die
gasvryheidsbedryf. (4)
5.2.3 Noem DRIE eienskappe waaroor Aphiwe as 'n entrepreneur moet
beskik. (3)
5.2.4 Evalueer die inligting in die bedryfsplan hieronder. (5)
BEDRYFSPLAN VIR APHIWE SE BED EN ONTBYT
Die bed en ontbyt sal by Strubenstraat 98 oopgemaak word. Dit
beoog om beide plaaslike en internasionale toeriste in Limpopo te
akkommodeer. Twaalf mense sal op 'n voltydse basis in diens
geneem word. Die gastehuis sal in die plaaslike koerant en oor die
radio geadverteer word.
5.3 Beveel VIER entrepreneursgeleenthede in die voedsel-en dranksektor aan. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 15 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die wynetiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ndumiso is 'n restauranteur in Graaff-Reinet en het baie oorsese lande
besoek om wyn vir sy restaurant uit te soek.
6.1.1 Klassifiseer die wyn hierbo. (2)
6.1.2 Verwys na die wynetiket hierbo en gee die volgende inligting:
(a) Kultivar (1)
(b) Vervaardiger (1)
(c) Klas gespesifiseerde naam (1)
6.1.3 Bestudeer die geregte hieronder en identifiseer TWEE geskikte
geregte en TWEE geregte wat nie geskik is vir die wyn in
VRAAG 6.1 nie.
blini met suurroom en kaviaar; gebraaide kalfskywe;
beeslasagne; steurgarnaalkelkie
Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi
dit:
GESKIK NIE GESKIK NIE
(4)
6.1.4 Bepaal die prosedure wat jy sal volg wanneer jy hierdie wyn vir 'n
gas aanbied. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 16 DBE/2019
SS/NSS
6.2 Ndumiso het verskeie kere misluk om 'n dranklisensie te bekom.
Bespreek die stelling hierbo. (3)
6.3 Beskryf die riglyne wat die kelners moet volg wanneer hulle koffie aan gaste
moet bedien. (4)
6.4 'n Gas is by 'n hotel beseer.
Bespreek die stappe wat die bestuurder in die geval hierbo moet volg. (3)
6.5 Meng, skud, roer en bou is metodes wat gebruik word om
skemerkelkdrankies voor te berei.
6.5.1 Noem DRIE tipes apparaat wat nodig sal wees om
skemerkelkdrankies voor te berei. (3)
6.5.2 Beskryf in hooftrekke VIER riglyne vir die meng van
skemerkelkdrankies. (4)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2019 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2019 Memo (English)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Hospitality Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper