Downloaded from hlayiso.com
GRADE 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GASVRYHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2015
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all

--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)



Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)
Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
VOORBEELD:
1.1.11 Sushi is …
A 'n oop tertjie gevul met gebakte eiervla.
B gaar of rou vis wat met rys bedien word.
C fyngemaalde vleis, vis of pluimvee.
D oesters wat in spekvleis toegedraai is.
ANTWOORD: 1.1.11 B
1.1.1 … is 'n simptoom van hepatitis A.
A Kortasemigheid
B Gelerige oë
C Vinnige dehidrasie
D Bloed uithoes (1)
1.1.2 Een van die volgende voedselgroepe moet vermy word wanneer
iemand aan hoë cholesterol ly:
A Bruinbrood en bruinrys
B Volkoringbrood en volkoringpasta
C Rogbrood en rogmeel
D Witbrood en witrys (1)
1.1.3 Die verhouding van meel tot smeer wanneer skilferdeeg berei
word, is …
A 1 : 1.
B 1 : 2.
C 1 : 3.
D 1 : 4. (1)
1.1.4 Glanskersies word met gebruik van … gepreserveer.
A sout
B suur
C suiker
D chemikalieë (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/November 2015
NSS
1.1.5 … is voorbeelde van voedsel wat gefermenteer (gegis) kan word.
A Kaas en jogurt
B Bokkems en biltong
C Soutbeesvleis en ham
D Marmelade en smeer (1)
1.1.6 'n Tradisionele sous wat saam met tong bedien word:
A Kruisementsous
B Appelsous
C Rooi-aalbessiesous
D Rosyntjiesous (1)
1.1.7 'n … word van twee stelle lamsribbetjies gemaak.
A Noisette
B Kebab
C Kroonbraad
D Saratoga-tjop (1)
1.1.8 Broskors word gebruik om … te berei.
A quiche Lorraine en Corniese pasteitjies ('Cornish pasties')
B roomhorinkies en konfyttertjies
C baklava en Chinese rolletjies ('spring rolls')
D vlaskywe en vrugtetertjies (1)
1.1.9 'n … het 'n unieke groen kleur en word in pasteitjies/tertjies en
nageregte gebruik.
A Kasjoeneut
B Pekanneut
C Dennepit
D Pistasieneut (1)
1.1.10 'n Restaurantdranklisensie stel die eienaar in staat om drank … te
verkoop.
A op Sondae saam met 'n ete
B aan 'n persoon ouer as 16
C aan 'n dronk persoon
D teen 09:00 in die oggend (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/November 2015
NSS
1.2 Kies 'n nagereg uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
BESKRYWING NAGEREG
1.2.1 'n Ligte meringuedop met 'n malvalekker- A crêpe
tekstuur binne-in
B parfait
1.2.2 'n Nagereg gemaak met bakkersvla waarby
styfgeklitste eierwitte ingevou word C malvapoeding
1.2.3 'n Dun pannekoekie gemaak met 'n ryk D gemmerpoeding
beslag en met brandewyn geflambé
E Pavlova
1.2.4 'n Gebakte nagereg gemaak met
appelkooskonfyt en met warm vla bedien F Hertzogkoekie
1.2.5 'n Roomysnagereg met lae vrugte, sous en G vacherin
neute en in 'n lang glas bedien
H soufflé
(5 x 1) (5)
1.3 Kies 'n vleisdis uit KOLOM B wat by 'n gaarmaakmetode in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
GAARMAAKMETODE VLEISDIS
1.3.1 Kook A schnitzels
1.3.2 Stowe B lamsboud
1.3.3 Vlakbraai C afval
1.3.4 Oondrooster D lasagne
1.3.5 Smoor E potjiekos
F Tartaarse biefstuk
G bobotie
H blindevinke
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/November 2015
NSS
1.4 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die besprekingstelsel gebruik om akkommodasie-besprekings by
enige hotel, wat by een groep geaffilieer is, te maak (1)
1.4.2 'n Formele ete wat gewoonlik vir 'n groot aantal mense gehou word
om 'n spesifieke geleentheid te vier (1)
1.4.3 'n Bakteriese infeksie wat deur salmonella veroorsaak word (1)
1.4.4 Om vleis vinnig oor hoë hitte te verbruin (1)
1.4.5 Gemaalde en gegeurde lewersmeer wat saam met Melba-
roosterbrood bedien word (1)
1.4.6 Vrugtepuree, met of sonder suikerstroop, saam met nagereg bedien (1)
1.4.7 'n Spesiale trollie waarop vleisstukke, hoender of wildsvleis in porsies
gesny word (1)
1.4.8 'n Persoon wat sy/haar eie besigheid stig met nuwe en kreatiewe
idees (1)
1.4.9 Gereedskap wat tydens die afkrummelproses afwaarts beweeg word (2)
1.5 Kies TWEE korrekte beskrywings vir ELK van die volgende terme. Skryf
slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.5.1 Rypmaak
1.5.2 Ontdooi
1.5.3 Regsny ('Trimming')
A 'n Proses om te voorkom dat baie vog verloor word
B Verbetering van die voorkoms van die snit of vleisstuk
C Die proses waartydens spierproteïen as gevolg van ensiemwerking
afbreek
D Die buitenste laag van die vleis word taai en droog
E 'n Temperatuur van –18 °C tot –45 °C word vereis
F Vleis wat in warm water of die son gelaat word
G 'n Proses wat teen kamertemperatuur kan plaasvind
H Om kraakbeen en senings te verwyder (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/November 2015
NSS
1.6 Kies VIER voedselitems in die lys hieronder wat vir 'n persoon wat aan hoë
bloeddruk ly, geskik is. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer
(1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Laevet-vanieljejogurt
B Salami-toebroodjie
C Skelvis met kaassous
D Kitssjokoladepoeding
E Koljanderlensieslaai
F Bruinrys en vispaella
G Geroosterde hoenderfilet
H Rookmosselsop (4)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Tydens 'n induksieprogram vir die voorkantoor is die volgende aspekte
uitgelig:
• Lyftaal
• Houding
2.1.1 Bespreek kortliks die ideale lyftaal en houding vir
voorkantoorpersoneel. (2 x 3) (6)
2.1.2 Motiveer waarom eerste indrukke blywend is. (2)
2.2 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Suster, het jy al my
CD4-telling-toets-
resultate teruggekry?
Ja. Jou CD4-telling is
minder as 200.
Mary, jy het vol
ontwikkelde Vigs.
2.2.1 Mary kan nie verhinder word om in 'n kombuisomgewing te werk
nie. Motiveer hierdie stelling. (3)
2.2.2 Bespreek die voorkomende maatreëls wat Mary moet tref wanneer
sy in 'n kombuisomgewing werk. (3)
2.2.3 Stel DRIE aktiwiteite voor waaraan Mary kan meedoen wat nie
ander mense by die werksplek sal beïnvloed nie. (3)
2.3 Verduidelik hoe die 'POS'-stelsel produktiwiteit in 'n restaurant kan verhoog. (3)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/November 2015
NSS
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.1.1 Identifiseer die deel van die karkas wat hierbo geïllustreer word. (1)
3.1.2 Identifiseer die vleissnitte genommer 12, 13 en 15. (3)
3.1.3 Motiveer waarom repies groente of vet in die vleissnit genommer
15 ingesteek moet word. (3)
3.1.4 Jy wil 'n gestopte beesvleisrol berei. Beveel DRIE geskikte snitte in
die karkas hierbo aan wat jy kan gebruik. (3)
3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Jou onderwyser het die graad 12-leerders vir 'n interskolebakuitdaging
ingeskryf. Jy kies om beignets as een van jou produkte te berei.
3.2.1 Verduidelik aan die beoordelaars wat 'n beignet is. (2)
3.2.2 Beskryf DRIE gehaltekenmerke waarna die beoordelaars sal oplet
wanneer hulle die beignets beoordeel. (3)
3.2.3 Verduidelik hoe jy oorskietbeignets sal bêre. (2)
3.2.4 Stel DRIE ander voorbeelde van soet items voor wat uit die
oorskietmengsel wat gebruik is om die beignets te berei, gemaak
kan word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/November 2015
NSS
3.3 Bestudeer die foto's hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Identifiseer die preserveringsmetode hierbo. (1)
3.3.2 Bespreek kortliks die proses hierbo. (4)
3.4 Lees die paragraaf hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Steven berei tamatieblatjang wat hy as 'n entrepreneursprojek by die
vlooimark gaan verkoop. Sy ouma, wat hom help, raai hom aan om nie die
blatjang in yster- of koperpotte te kook nie.
3.4.1 Motiveer waarom Steven nie yster- of koperpotte moet gebruik nie. (1)
3.4.2 Beveel TWEE geskikte soorte kookgereedskap en -toerusting aan
wat Steven moet gebruik wanneer die blatjang berei word. (2)
3.4.3 Gee TWEE voorbeelde van preserveermiddels wat hy by
die blatjang kan voeg. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/November 2015
NSS
3.5 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.5.1 Identifiseer die tegniek wat in die foto hierbo gebruik word. (1)
3.5.2 Verduidelik die eindresultaat indien die tegniek hierbo uitgelaat
word. (2)
3.5.3 Noem DRIE reëls om toe te pas wanneer die pasteideeg hierbo
berei word om 'n harde taai kors te voorkom. (3)
3.6 Tydens 'n praktiese klas berei jy jogurtjellie. Gee 'n rede vir ELK van die
volgende stappe:
3.6.1 Hidreer gelatien in koue water. (1)
3.6.2 Dispergeer die gelatien oor warm water. (1)
3.6.3 Die gelatien moet nie kook nie. (1)
3.6.4 Die vorm moet met koue water uitgespoel word voordat die
jogurtjellie daarin gegooi word. (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SPYSKAART
AANDETE
Mulligatawnysop
Broodrolletjies
******
Geroosterde Stokvis met Keker-ertjie-slaai
******
Varkmedaljonne met Koljandervryfmiddel,
Aartappelwiggies en Geroomde Spinasie
********
Rooiwynvrugtejellie
28 November 2015
4.1.1 Noem die voedingswaarde van die keker-ertjies. (2)
4.1.2 Gee TWEE voorbeelde van bone wat die keker-ertjies in die slaai
hierbo kan vervang. (2)
4.1.3 Verduidelik waarom die water waarin die bone geweek word,
twee keer tydens die weekproses vervang moet word. (1)
4.1.4 Motiveer waarom die sjef die kelners op die hoogte moet bring
oor die gebruik van makadamianeutolie in die bereiding van
die geregte. (3)
4.1.5 Klassifiseer die vrugtejellie. (1)
4.1.6 Vervang die geroosterde stokvis met TWEE geregte wat vir
'n laktovegetariër-gas geskik is. (2)
4.1.7 Evalueer die geskiktheid van die spyskaart hierbo vir
'n Hindoe-gas. (4)
4.2 Gee EEN rede vir ELK van die volgende riglyne wanneer spyskaarte
beplan word:
4.2.1 Toerusting en perseel beskikbaar (1)
4.2.2 Hoeveelheid tyd nodig om die etes te berei (1)
4.2.3 Vaardighede van die sjefs (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/November 2015
NSS
4.3 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Appelcharlotte
4.3.1 Klassifiseer die nagereg hierbo. (1)
4.3.2 Beskryf TWEE gehaltekenmerke van die appelvulsel van
die nagereg. (2)
4.3.3 Stel TWEE geskikte bykomstighede vir die nagereg voor, behalwe
die vla in die foto. (2)
4.3.4 Verduidelik DRIE aspekte wat in ag geneem moet word wanneer
die nagereg op die bord oorgeplaas word. (3)
4.4 Die volgende koste is deur die Bon Appetite spyseniersmaatskappy
aangegaan om 'n spyskaart vir 50 gaste te berei:
Koste van voedsel: R2 550 Arbeidskoste: R1 000
Bokoste: R520 Wins: 60%
Bereken die volgende en toon AL die berekeninge en formules:
4.4.1 Verkoopsprys van die spyskaart (5)
4.4.2 Bruto wins (3)
4.4.3 Koste per persoon (2)
4.5 Bestudeer die insident hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
'n Klant by 'n restaurant bestel 'n 200 g-porsie lamstjops, maar in plaas
daarvan ontvang hy 'n 300 g-porsie.
Bepaal die gevolge van die praktyk hierbo. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/November 2015
NSS
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE
VOEDSEL- EN DRANKDIENS
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Carlton Drukkery maak 'n bespreking vir 100 werknemers vir 'n vierdag-
konferensie by die Black Bird Hotel. Hulle tarief is vir aandete, bed en ontbyt
en sal 'n was- en strykdiens insluit.
5.1.1 Identifiseer AL die inkomsteskeppende areas in die Black Bird
Hotel wat Carlton Drukkery gaan benut. (4)
5.1.2 Die nie-inkomsteskeppende areas by die Black Bird Hotel dra tot
die wins by.
Motiveer die stelling deur na die voorkantoor en die
instandhoudingsafdeling te verwys. (4)
5.1.3 Na jou mening, dink jy dat die Black Bird Hotel tot die plaaslike
ekonomie bydra? Motiveer jou antwoord. (3)
5.2 Verduidelik die pligte van die volgende voorkantoorpersoneel by die Black
Bird Hotel:
5.2.1 Besprekingsbeampte (2)
5.2.2 Portier (2)
5.3 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Kleinsake-eienaar in jou gemeenskap het 'n Espresso Café-koffiewinkel
oopgemaak. Dit is op die grondvloer van 'n winkelsentrum geleë en is binne
loopafstand van die universiteitskampus.
5.3.1 Bespreek die bemarkingsresep-aspekte wat tydens die beplanning
van die sakeonderneming in ag geneem moes word. (3 x 2) (6)
5.3.2 Bespreek die soort inligting wat by die volgende gedeeltes van die
sakeplan ingesluit moet word:
(a) Bedryfsplan (3)
(b) Bemarkingsplan (2)
5.4 Identifiseer die poste wat beskryf word deur die volgende rolle of
verantwoordelikhede van personeel wat by die Protea Hotel werk:
5.4.1 Betaal personeelsalarisse (1)
5.4.2 Beheer die beweging van bates (1)
5.4.3 Stel indiensnemingskontrakte op (1)
5.4.4 Organiseer promosies en spesiale geleenthede (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 15 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die spyskaart hieronder.
GOURMET-ETE
By die Romantiese Restaurant
R450 per persoon: Verwelkomingskemerkelkie en Kanapees gevolg deur Ete
Datum: 27 Desember 2015
Tyd: 19:00
SPYSKAART
Salm-, Steurgarnaal- en Mosselbisk met
Suurlemoenpeperpêrels
Schubert Shiraz
Lemoensorbet
Geroosterde Porterhouse-biefstuk
Uie-Tarte Tatin
Knolseldery-puree ROMANTIESE
Groenboontjies WYNE
Wagner Red Blend
Nageregtrio:
Kersiesponspoeding SCHUBERT SHIRAZ
OORSPRONG VAN WYN
Mascarpone-mousse
PAARL
Glühwein-roomys en Bessies SUID-AFRIKA
Chopin Hanepoot
Koffie
6.1.1 Identifiseer die tipe plekdekking vir die spyskaart hierbo.
Motiveer jou antwoord. (3)
6.1.2 Regverdig die plasing van die sorbet op die spyskaart. (1)
6.1.3 Beskryf die volgende terme:
(a) Kanapees (2)
(b) Mousse (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 16 DBE/November 2015
NSS
6.1.4 Kanapees moet op 'n aantreklike en aptytwekkende manier op die
buffettafel aangebied word. Bespreek hoe dit bereik kan word. (4)
6.1.5 Die wynetiket is nie volledig nie. Identifiseer TWEE brokkies
inligting wat op die wynetiket ontbreek. (2)
6.1.6 Beveel die beste temperatuur aan waarteen Shiraz bedien
moet word. (1)
6.1.7 Evalueer die geskiktheid van die wyn vir elke gang. (6)
6.1.8 Onderskei tussen die bedien van die wyn en die skemerkelkies by
die funksie deur te verwys na die gebruik van skinkborde en die
volgorde waarin gaste bedien moet word.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
BEDIEN VAN BEDIEN VAN
WYN SKEMERKELKIES
Gebruik van
skinkborde
Volgorde (4)
6.2 'n Gas bestel 'n 'built' skemerkelkie. Verduidelik hoe die kroegman die
skemerkelkie moet 'bou'. (2)
6.3 Nadat die gaste die skemerkelkies en kanapees geniet het, is hulle vir ete na
die eetkamer genooi. Een van die gaste het 'n besering opgedoen.
Stel voor hoe die hotelpersoneel hierdie noodtoestand moet hanteer. (3)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2015 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2015 Memo (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Eng)
More from Grade 12 Hospitality Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper