Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
GASVRYHEIDSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*IHOSPA*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 







View all


HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2019_Afr D_hlayiso.com_.pdf
Hospitality Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Pages
- 24
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (40)
AFDELING B: Kombuis- en
restaurantwerksaamhede
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (30)
AFDELING C: Voeding- en spyskaartbeplanning
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane
Voedsel- en drankbediening (50)
2. Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Begin elke AFDELING op ʼn nuwe bladsy.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GASVRYHEIDSTUDIES 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 C.
VOORBEELD:
1.1.11 Voedselitems wat geneig is om vinnig te verrot staan as … bekend.
A verbruikersgoedere
B nie-bederfbare produkte
C bederfbare produkte
D nie-verbruikersgoedere
ANTWOORD:
1.1.11 C
1.1.1 ʼn Tipies Suid-Afrikaanse gekruide rissiesous met gesnyde groente
en boontjies word ... genoem.
A sheba
B atjar
C salsa
D chakalaka
1.1.2 Identifiseer die gereg waarin die plant hieronder die hoofbestanddeel is.
A Breyani
B Waterblommetjiebredie
C Skilpadjies
D Dolmades
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.3 Voorbeelde van oorhoofse kostes om ʼn besigheid te bedryf is ...
A huur van gebou, lone.
B belasting, arbeid.
C huur van toerusting, betaling van water en elektrisiteit.
D lone, huur van linne.
1.1.4 Die temperatuur-gevaarsone vir voedsel is tussen ...
A -18 °C en 0 °C.
B -7 °C en 18 °C.
C 63 °C en 100 °C.
D 5 °C en 63 °C.
1.1.5 ʼn Voordeel van die gebruik van die EIEU-beginsel (FIFO) is dat dit ...
A produkgehalte deur voorraadrotasie verseker.
B die beste manier is om voorraadgetalle te kontroleer.
C personeel bewus maak van voorraadvlakke.
D die herbestelvlakke bepaal.
1.1.6 Vis waarvan die vleis se kleur rooi/pienk is:
A Geelbek, Snoek, Salm
B Tuna, Salm, Forel
C Koningklip, Forel, Sardyne
D Baber, Tuna, Tongvis
1.1.7 Watter een van onderstaande is NIE ʼn rede waarom voedselitems in
seisoen aangekoop moet word NIE?
A Groter koolstofvoetspoor
B Goedkoper
C Beter kwaliteit
D Makliker bekombaar
1.1.8 Die sjef wat verantwoordelik is vir die voorbereiding van visgeregte:
A Sjef Potager
B Sjef Poisonnier
C Sjef Plongeur
D Sjef Patissier
1.1.9 Organies-grootgemaakte hoender is voëls wat ...
A buite rondloop en slegs beenmeel eet.
B so geteel is dat hulle minder borsvet bevat.
C gevoer is met chemiese formulekos.
D vry is van groeistimuleerders of steroïde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GASVRYHEIDSTUDIES 5
1.1.10 Die basis van ʼn veloute sous is ...
A aftreksel en roux.
B melk en eiergeel.
C eiergeel en room.
D roux en melk. (10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
1.2 PASITEMS
Kies die spesery of kruie in KOLOM B wat die beste by die gereg in KOLOM A
pas. Skryf SLEGS die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
GEREG KENMERKENDE SPESERY OF KRUIE
1.2.1 Kerrievis A
1.2.2 Melktert
1.2.3 Boerewors
1.2.4 Pesto B
1.2.5 Focaccia
C
D
E
F
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GASVRYHEIDSTUDIES 7
1.3 PASITEMS
Kies die beskrywing van pligte in KOLOM B wat die beste by die
restaurantpersoneel in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A–G) langs die
vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.3.7 H.
KOLOM A KOLOM B
RESTAURANTPERSONEEL PLIGTE
1.3.1 Kos-en- A Moet ʼn grondige kennis van die
drankbestuurder Drankwet hê
1.3.2 Banketbestuurder B Doeltreffende koördinering en bestuur
van al die voedsel- en drankafdelings
1.3.3 Maitre d’hotel C Hoogs gekwalifiseerde persoon met ʼn
uitgebreide kennis van wyne
1.3.4 Kroegpersoneel D Opstel van personeelroosters vir die
restaurant
1.3.5 Sommelier E Bespreek reëlings rakende spyskaarte,
wyn en musiek met voornemende
kliënte
1.3.6 Restaurantbestuurder F Verseker dat mise-en-place doeltreffend
geskied
G Dek die tafels
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
1.4 EENWOORDITEMS
Gee EEN woord of term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS
die regte woord of term langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Alle kos en drank wat volgens Moslemwette verbode is
1.4.2 ʼn Tradisionele Xhosa-bredie van stampmielies en bone
1.4.3 Die tipe spyskaart wat geskik sal wees vir ʼn geleentheid soos ʼn troue
1.4.4 Die Franse term wat verwys na die voorbereiding en preservering van
vleise soos salami’s, terriens en patees
1.4.5 Om groente vir ʼn kort rukkie in kookwater te dompel
1.4.6 Die kleur van die kapplank wat in die industrie vir gaar vleis gebruik
word
1.4.7 Die nadelige gevolg wanneer voedsel sonder bedekking in die
vrieskas geberg word
1.4.8 Die proses waar gis koolhidrate gebruik om koolstofdioksied en
alkohol te vorm
1.4.9 Gepekelde harings wat om ʼn agurkie gerol is
1.4.10 ʼn Bondel vars kruie en speserye wat gebruik word om aftreksels te
geur (10)
1.5 KEUSE-ITEMS
Kies VYF kosse uit die lys hieronder wat potensieel tot voedselbesmetting kan
lei. Skryf SLEGS die letters wat ooreenstem met die korrekte antwoorde in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Slaai met ʼn mayonnaise-basis
B Rou pampoen
C Gaar pasta
D Vrugteslaai wat spanspek bevat
E Droë bone
F Rou eiers
G Salami en ham (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GASVRYHEIDSTUDIES 9
1.6 KEUSE-ITEMS
Kies uit die lys hieronder die groentesoort wat een van die hoofbestanddele in
die gegewe geregte is.
A. Eiervrug C. Kool E. Tamatie
B. Aartappel D. Blaarslaai F. Brusselse spruite
1.6.1 Sauerkraut (1)
1.6.2 Caprese slaai (1)
1.6.3 Vichyssoise (1)
1.6.4 Moussaka (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Onderskei tussen die terme voedselbederf en voedselvergiftiging. Gebruik
praktiese voorbeelde om jou antwoord te staaf. (4)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Pedro Marata begin ʼn kitskosonderneming. Voordat hy sy onderneming
oopmaak, stuur hy al sy voedselwerkers vir opleiding in voedselveiligheid.
2.2.1 Ondersteun Pedro se besluit om sy voedselwerkers op te lei.
Verduidelik waarom dit so belangrik is dat mense wat voedsel berei
om te verkoop, goeie kennis van voedselveiligheid moet hê. (3)
2.2.2 Stel DRIE riglyne saam vir Pedro en sy werkers sodat hulle die
volgende tipes besmetting in die kombuis kan verhoed:
(a) Fisiese besmetting (3)
(b) Chemiese besmetting (3)
(c) Kruisbesmetting (3)
2.3 Alle restaurante behoort ʼn doeltreffende sekuriteitstelsel te hê. Maak ʼn lys van
VYF komponente vir so ʼn stelsel. (5)
2.4 Stel riglyne saam vir ʼn hotel om elk van die onderstaande noodgevalle te
hanteer:
2.4.1 ʼn Gas het by die swembad gegly en haar arm gebreek (3)
2.4.2 ʼn Gemeenskapstaking voor die hotel, op pad na die plaaslike
munisipale kantore (3)
2.4.3 Gewapende rowers storm die voorportaal binne en eis dat die
ontvangsdame die kontant in die kluis aan hulle gee (3)
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GASVRYHEIDSTUDIES 11
AFDELING C: VOEDING- EN SPYSKAARTBEPLANNING
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die lys van geregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Snoekpatee en Potbrood; Sjokolade-Mousse; Bobotie; Geelrys met Rosyne;
Marogpoffertjies; Komkommer, Tamatie en Pikante Rissie Sambal;
Tamatie-roomsop met Croutons; Geroosterde Biefstuk; Aartappelskyfies;
Griekse Slaai; Malvapoeding met Rooibostee-vlasous
3.1.1 Kies uit die geregte ʼn gereg wat as weerspieëling van ons inheemse
Suid-Afrikaanse produkte beskou kan word:
(a) Voorgereg (1)
(b) Hoofgereg met bykosse (4)
(c) Nagereg (1)
3.1.2 Marog word nie gewoonlik in supermarkte verkoop nie. Maak ʼn
voorstel vir ʼn geskikte plaasvervanger vir marog. (1)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ontbyt is een van die belangrike dienste wat hotelle en gastehuise verskaf. Die
verskeidenheid geregte en manier waarop dit aangebied word, kan bydra tot
die kompeterende voordeel vir die onderneming.
3.2.1 Gee TWEE wenke vir die aanbied van graankosse vir ontbyt. (2)
3.2.2 Maak voorstelle vir TWEE maniere waarop eiers vir gaste voorberei
kan word vir ontbyt. (2)
3.2.3 Deesdae kry gastehuise al hoe meer gaste wat vegetariërs is. Maak ‘n
lys van TWEE hoofgeregte vir ontbyt wat geskik sal wees vir
vegetariërs. (2)
3.3 Gebruik jou kennis van spyskaartbeplanning en lewer krities kommentaar op
die stelling hieronder.
ʼn Sjef kan nie dieselfde spyskaart vir ʼn driegangete vir die volgende twee
groepe gebruik nie:
x ʼn middagete vir ʼn damesboekklub
x ʼn aandete vir die skool se eerste rugbyspan (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
3.4 Gee ʼn rede vir elk van die volgende reëls wanneer aftreksels gemaak word:
3.4.1 Moenie sout byvoeg nie (1)
3.4.2 Skep die skuim gereeld af (1)
3.4.3 Prut stadig (1)
3.5 Identifiseer TWEE groente hieronder wat NIE geskik is vir aftreksels nie.
Motiveer jou antwoord.
sampioene; wortels; blomkool; knoffel; aartappels; preie (4)
3.6 Verduidelik die betekenis van die volgende terme wat verband hou met
aftreksels:
3.6.1 Mirepoix (2)
3.6.2 Fumet (2)
3.6.3 Deglasuur (2)
3.7 Maak ʼn lys van VIER kenmerke van ʼn goeie sop. (4)
3.8 Bestudeer die kosteberekeningsbladsy hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
GEREG: SAMPIOEN FRITTATA
AANTAL PORSIES: 4
Bestanddele Eenheid benodig Eenheid aangekoop Aankoopprys
Eiers 8 dosyn R18,00
Sampioene 750 g 1 kg R80,00
3.8.1 Bereken die totale koste om die gereg te berei. Toon alle berekeninge. (4)
3.8.2 Bereken die koste per porsie. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GASVRYHEIDSTUDIES 13
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die volgende twee seekosdisse en vergelyk dit met mekaar deur die
tabel hieronder te voltooi.
A. B.
A B
4.1.1 Naam van gereg
4.1.2 Land van oorsprong
4.1.3 Tradisionele styselbykos
4.1.4 Gaarmaakmetode
(8)
4.2 Bestudeer die foto van die hoendergereg hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
4.2.1 Maak ʼn aanbeveling vir ʼn geskikte hoendersnit vir hierdie gereg.
Motiveer jou antwoord. (2)
4.2.2 Gee TWEE wenke vir die gaarmaak van hierdie gereg om te verhoed
dat die eindproduk droog is. (2)
4.2.3 Stel TWEE geskikte ... voor wat die gereg sal komplementeer.
(a) vulsels (2)
(b) bygeregte (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
4.3 Gee DRIE wenke vir die hantering van hoender om voedselvergifting en bederf
uit te skakel. (3)
4.4 Veronderstel jy moet ʼn brood bak vir iemand wat allergies is vir gluten.
Maak ʼn lys van DRIE meelsoorte wat jy as alternatief vir koringmeel kan
gebruik en wat glutenvry is. (3)
4.5 Gee DRIE funksies van die volgende bestanddele in gebak:
4.5.1 Suiker (3)
4.5.2 Eiers (3)
4.6 Kies uit die geregte hieronder TWEE voorbeelde van geregte waar stoom ʼn
belangrike rysmiddel is:
wortelkoek; sjokolade-bruintjies; roompoffertjies; karringmelkbeskuit;
tertdeeg; pizza (2)
4.7 Bestudeer die foto’s van koeke waarvan die resultate ongewens is hieronder.
A B
Identifiseer die fout in elk en gee TWEE moontlike redes vir die foute. Tabuleer
jou antwoord soos volg:
FOUT TWEE REDES
4.7.1 Koek A (1) (2)
4.7.2 Koek B (1) (2) (6)
4.8 Verduidelik die effek van die volgende op die eindresultaat van gisgebak:
4.8.1 Te min sout (1)
4.8.2 Te veel sout (1)
4.8.3 Te min vloeistof (1)
4.8.4 Te veel vloeistof (1)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GASVRYHEIDSTUDIES 15
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE
VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1 Kies ʼn geskikte wet vanuit die lys hieronder wat beskerming bied aan werkers
en werkgewers in die Gasvryheidsbedryf in elke situasie wat hieronder gegee
word.
Wet op Basiese Diensvoorwaardes; Wet op Billike Indiensneming;
Higiëneregulasies R918; Wet op Arbeidsverhoudinge;
Wet op Vreemdelingebeheer; Algemene Veiligheidsregulasies 1031;
Wet op Werkloosheidsversekering; Wet op Beroepsbeserings en -siektes
5.1.1 Nomsa het brandwonde opgedoen toe ʼn gasbottel in die kombuis
ontplof het. Sy kan vir 2 maande nie werk nie. Haar mediese verlof is
reeds uitgeput.
5.1.2 Hester kon nie aansoek doen vir die pos as Sous Sjef nie. Volgens
haar werkgewer kom slegs manspersoneel daarvoor in aanmerking.
5.1.3 Die restaurant waar Hein gewerk het, het hul personeelgetalle
verminder en Hein is nou sy werk kwyt.
5.1.4 Simphiwe is die eienaar van ʼn restaurant. Hy sorg dat sy restaurant se
gesondheids- en veiligheidsbeleid gevolg word en duidelik sigbaar is.
Brandblussers word gereeld nagegaan en gediens.
5.1.5 Die Sunshine Coast Hotel neem jaarliks sjefs uit Portugal in diens.
Daar word gekontroleer dat hulle wettige permitte het. (5)
5.2 Maak ʼn lys van VIER eienskappe waaroor ʼn sjef moet beskik. (4)
5.3 Gee die Franse naam van die sjef in ʼn groot kombuis wat verantwoordelik is vir
die volgende geregte:
5.3.1 Vleisaftreksels/Soppe
5.3.2 Beesvleisgeregte
5.3.3 Groentegeregte
5.3.4 Nageregte en fyngebak (4)
5.4 Bespreek VIER gevolge wat swak higiëne van kombuispersoneel vir ʼn
instelling kan inhou. (4)
5.5 Noem VIER verantwoordelikhede van die werkgewer van ʼn gasvryheids-
instelling soos voorgeskryf deur die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid. (4)
5.6 Bespreek hoe spanwerk die gladde verloop van die produksie-area in ʼn
restaurant sal verseker. (4)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die foto’s van bedieningstyle hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
A B
C D
E F
A
6.1.1 Identifiseer die bedieningstyl wat deur elke foto uitgebeeld word. (6)
6.1.2 Maak ʼn lys van DRIE voordele om bedieningstyl D te gebruik. (3)
6.1.3 Verduidelik waarom die geregte van bedieningstyl C so duur is. (2)
6.1.4 Verskaf TWEE nadele om bedieningstyl A vir ʼn groot groep gaste te
gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GASVRYHEIDSTUDIES 17
6.2 Elke restaurant het ʼn spesifieke prosedure om gaste te verwelkom en te plaas
wanneer hulle arriveer. Skryf ʼn algemene prosedure, wat in enige
onderneming aanvaarbaar sou wees, neer. (6)
6.3 Beskryf wat restaurantbestuur en -personeel kan doen om ʼn aangename
atmosfeer en restaurantomgewing te skep. (3)
6.4 Verduidelik wat die term afkrummel beteken. Verwys in jou antwoord na die
stadium van die maaltyd wanneer dit gedoen word en watter toerusting
daarvoor gebruik word. (3)
[25]
TOTAAL AFDELING D: 50
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV 2022_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2020 ENG D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2019_Eng D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV AFR_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV2019_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV2019_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Gr11-HOSP-N16-QP-Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11-HOSP-N16-QP-Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HOSP STUDIES GR11 QP ENG NOV2015_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Hospitality Studies
Explore more published documents in this catalogue.
Annual teaching plan
Gr 11 Hos Stu ATP 2023-24.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV 2022_English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HOSPITALITY STUDIES QP MEMO GR11 NOV2020 ENG D_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HOSPITALITY STUDIES QP MEMO GR11 NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum