Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
KAAPSE WYNLAND
ONDERWYSDISTRIK
LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1
Oorlewingsgids
1
Skip to contentStudy guide 











View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--bcc5f9b8-cec0-4ce9-b98f-a2f48f66b8c4/v1-800d585f48d6bd696b96/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f92ba3f0-2aa9-4a93-8230-8fa1e37eb2c9/v1-1480c2a7f5e45f931083/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--056e47d6-2126-48a7-b13d-b4af9641a5a9/v1-d5502c6f8d24b3731b50/card.webp)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--14c6bb83-399b-4f65-858d-915e1e99c43f/v1-e21abc406ac2b6028579/card.webp)
LewensWetenskappe Oorlewingsgids V1
Grade 12 Life Sciences study guide, 37 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: WCED Study Guides
Life Sciences · Grade 12. Study guide, 37 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Study guide
- Publisher
- WCED Study Guides
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 37
- File size
- 3.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 37
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Graad 12 Leerder
Dit is vir JOU belangrik om jou NSS suksesvol af te lê, en om dit te behaal gaan daar ekstra
tyd en inspanning van JOU geverg word. Ons het tyd geneem om hierdie oorlewingspakket
saam te stel om dit vir JOU moontlik te maak om jou doelwit in Lewenswetenskappe te kan
behaal.
Berei jouself
voor op
eksamensukses
Hierdie dokument is voorberei as studiemateriaal vir die voorbereidende September
eksamen, sowel as die finale NSS eksamen.
Die hulpbronne is georganiseer volgens die onderwerpe wat jy moet voorberei vir die
eksamen.
Kernnotas is ingesluit volgens onderwerpe wat aangespreek is in die 2021 Eksamenriglyne
dokument.
Vrae is gekies om die kern konsepte en kern vaardighede te toets en te oefen .
Die aksiewoorde in die vrae is onderstreep, sodat jy kan oefen om die instruksies te volg.
2
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
MENSLIKE VOORTPLANTING – VRAESTEL 1, 41 punte
Dit is belangrik dat jy byskrifte en funksies kan verskaf van die verskillende dele van die
manlike en vroulike voortplantingstelsels
MANLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL
Die diagram hieronder toon die verskillende dele van die manlike voortplantingsstelsel en hulle
funksies.
Funksies van testosteroon:
‘n Moontlike vraag in die NSS eksamen:
Beskryf die proses van SPERMATOGENESE – (die vorming van manlike gamete, spermselle)
• Onder die invloed van testosteroon
• ondergaan diploïede selle in die saadbuisies/seminale buisies/tubules in die testes
meiose
• om haploïede spermselle te vorm
3
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Dit is baie belangrik dat jy die struktuur/bou van die spermsel kan teken met byskrifte
en funksies van die dele ken
Vroulike voortplantingstelsel:
Ken die dele en funksies van die volgende dele:
Jy moet die proses van oögenese kan beskryf soos volg
Oögenese: die vorming van vroulike gamete - ovum
• Diploïede selle in die ovarium ondergaan mitose
• om talle follikels te vorm.
• Sodra puberteit begin
• en onder die invloed van FSH
• vergroot een sel binne 'n follikel en ondergaan meiose.
• Van die vier selle wat gevorm word, oorleef slegs een om 'n volwasse,
haploïede ovum te vorm.
• Dit vind in 'n maandelikse siklus plaas
4
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Jy moet die struktuur van die ovum kan teken en byskrifte verskaf (jellielaag, haploïede
nukleus, sitoplasma)
Struktuur van die ovum:
Dwarssnit van die ovarium wat die ontwikkeling van die follikels aandui
Proses
van
Ken die name en funksies van die volgende hormone wat ‘n rol speel in die
menstruele siklus:
Hormoon Klier/struktuur wat Funksie
hormoon afskei
FSH - Follikel- hipofise/ pituitere klier Stimuleer die ontwikkeling van die primere
Stimulerende- follikel na ‘n volwasse Graafse follikel
Hormoon
LH hipofise/ pituitere klier -Stimuleer die vrystelling van die ovum
(ovulasie)
-Vorming van die corpus luteum
estrogeen Graafse follikel Begin die verdikking van die endometrium
(voering van die uterus)
progesteroon Corpus luteum Verdik die endometrium nog verder,
voorbereiding indien bevrugting plaasvind
5
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Gebeure in die ovariale siklus:
1. Ontwikkeling van die Graafse follikel
2. Ovulasie
3. Vorming van die corpus luteum
Gebeure in die uteriene siklus:
• Veranderinge wat in die dikte van die endometrium plaasvind
• Menstruasie
Uteriene siklus:
1. Estrogeen is verantwoordelik vir die verdikking van die endometrium
2. Progesteroon verdik die endometrium nog verder
Menstruasie:
- Die bloedvatryke endometrium breek af, en bloeding vind plaas deur die vagina.
Progesteroonvlakke sal daal indien bevrugting NIE plaasvind nie, menstruasie sal
plaasvind.
Indien bevrugting WEL plaasvind, progesteroonvlakke sal hoog bly , endometrium sal nie
afbreek nie en menstruasie sal nie plaasvind nie.
Negatiewe terugvoer tussen progesteroon en FSH:
Indien progesteroonvlakke hoog bly, sal die hormoon FSH nie vrygestel word nie, want
geen follikel sal ontwikkel terwyl die vrou swanger is nie.
Indien progesteroonvlakke daal, sal FSH-vlakke styg, en nuwe follikels sal ontwikkel.
6
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Proses van bevrugting:
Die spermsel(n) en die ovum(n) versmelt om ‘n bevrugte eiersel, sigoot, te vorm
Ken ook die volgende: Ontwikkeling van die sigoot tot embrio:
• Die sigoot ondergaan mitose
• Om n balletjie selle te vorm
• word ‘n morula genoem
• Wat aanhou om te verdeel deur
mitose
• Om ‘n hol balletjie selle te vorm
• ‘n blastosist genoem
morula
VRAE - MENSLIKE VOORTPLANTING
1. Die diagram hieronder stel 'n gedeelte van die manlike voortplantingstelsel voor.
1.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel
wat:
(a) By kopulasie gebruik word (2)
(b) Testosteroon produseer (2)
1.2 Gee SLEGS die LETTERS van die TWEE
dele in die diagram wat:
(a) Tot die vorming van semen
bydra (2)
(b) 'n Kanaal vir die spermselle
verskaf (2)
Antwoord:
1.1 (a) A ; penis (2)
(b) E; testes (2)
1.2
(a) D; prostaat (2)
(b) C; vas deferens; /B; uretra (2)
2. Die struktuur hieronder stel 'n deel van die vroulike voortplantingstelsel voor.
7
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
2.1 Identifiseer deel D. (1)
2.2 Noem EEN funksie van deel A. (1)
2.3 Beskryf die proses van oögenese
soos wat dit in deel B plaasvind. (4)
2.4 Noem EEN manier waarop struktuur
C vir sy funksie tydens swangerskap
geskik is. (1)
2.5 'n Persoon ondergaan 'n chirurgiese
operasie om deel B aan beide kante
te verwyder. Verduidelik waarom
hierdie persoon nie sal menstrueer nie.
(3)
Antwoord:
2.1 serviks (1)
2.2 plek waar bevrugting plaasvind (1)
2.3 Diploïede selle in die ovarium ondergaan mitose
om talle follikels te vorm.
Sodra puberteit begin
en onder die invloed van FSH
vergroot een sel binne 'n follikel en ondergaan meiose.
Van die vier selle wat gevorm word, oorleef slegs een om 'n volwasse,
haploïede ovum te vorm.
Dit vind in 'n maandelikse siklus plaas (4)
2.4 Spieragtig – trek saam tydens geboorte
Vergroot omplek te maak vir die ontwikkelende foetus (1)
2.5 Die ovariums is verwyder
Geen Graafse follikels sal ontwikkel
Om estrogeen af te skei, wat die endometrium laat verdik,
Geen verdikking, geen menstruasie (3)
3. Teken 'n benoemde diagram om die bou van 'n spermsel (4)
en die bou van ‘n ovum aan te toon. (4)
(Elke diagram tel 4 punte)
8
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Antwoord:
Onthou om altyd ‘n opskrif te gee vir enige diagram wat jy gevra word om te teken. Jy
kry een punt daarvoor.
SPERMSEL (4) OVUM (4)
4. Die diagramme hieronder toon strukture wat tydens menslike voortplanting gevorm word.
4.1 Identifiseer deel A. (1)
4.2 Noem die organelle wat in groot getalle in deel C voorkom. (1)
4.3 Gee die NOMMER (1, 2, 3 of 4) van die diagram wat die volgende voorstel:
(a) Morula (1)
(b) Struktuur wat in die uterus sal inplant (1)
(c) Blastula/Blastosist (1)
4.4 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat die ovum tydens bevrugting
sal binnedring. (2)
4.5 Noem die tipe seldeling wat plaasgevind het om die struktuur in diagram 3
te vorm. (1)
Antwoord:
4.1 akrosoom (1)
4.2 mitochondria (1)
4.3 (a) 3 (1)
(b) 1 (1)
(c) 1 (1)
4.4 B- nukleus (2)
4.5 mitose (1)
9
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
5. Die diagram hieronder toon 'n menslike sperm en ovum. Die diagram is nie volgens
skaal geteken nie.
5.1 Tabuleer EEN verskil tussen die struktuur van 'n ovum en 'n spermsel.
(3)
5.2 Die kop van ‘n sperm bevat 'n ensiem wat proteïene verteer. Verduidelik die
belangrikheid van hierdie ensiem tydens bevrugting. (2)
5.3 'n Aktiewe gesonde spermsel kan ongeveer 4 mm per minuut swem. As die afstand
van die serviks tot aan die einde van die Fallopiese buis 20 cm is, hoe lank sal dit
neem voordat die spermsel die ovum aan die einde van die Fallopiese buis bereik?
Wys alle berekeninge. (3)
5.4 Semen het 'n pH van 7,5. Spermselle het 'n hoë sterftesyfer in suur toestande. Hoe
verseker die manlike liggaam dat die spermselle nie deur suur urine doodgemaak
word as hulle deur die uretra beweeg nie? (2)
Antwoord:
Indien jy gevra word om ‘n antwoord te tabuleer, trek altyd ‘n tabel. Jy sal een punt kry vir
die trek van die tabel.
5.1
Ovum Spermsel
Geen stert Besit ‘n stert vir voortbeweging
5.2 - die verterende ensieme is verantwoordelik om die selmembraan van die ovum
af te breek
- sodat die haploïede nukleus van die spermsel die ovum kan binnedring
5.3 20 cm = 200 mm
200 mm
4mm
= 50 minute
5.4 die prostaatklier skei ‘n alkaliese stof af
wat die suur van die vagina neutraliseer
10
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
6. Bestudeer die menslike manlike voortplantingstelsel hieronder en beantwoord die vrae
6.1 Identifiseer deel:
(a) B
(b) H (2)
6.2 Wat is die funksie van E? (2)
6.3 Bespreek TWEE strukturele aanpassings van die
spermselle om die ovum in die Fallopiusbuis van die vrou
te bereik. (4)
6.4 Toetsuitslae toon dat 'n man 'n lae spermtelling het.
Die dokter raai die man aan wanneer hy op sy skootrekenaar
werk, wat hitte uitstraal, dat hy nie die skootrekenaar op sy
skoot moet sit nie.
Waarom dink jy kan dit 'n invloed op vrugbaarheid hê?
(3)
Antwoord:
6.1 (a) B seminale vesikel (1)
(b) H testes (1)
6.2 Vervoer semen met spermselle/ (2)
Vervoer urine
6.3 Stert – om te swem
Mitochondria in die middlestuk – vir energie om te swem (4)
6.4 Optimale sperm produksie vind plaas teen 2-3 0C laer as
liggamstemperatuur
Die warm skootrekenaar sal die temperatuur van die testes verhoog
En die spermproduksie sal afneem/nie optimal wees nie
Verlaag fertiliteit (3)
7. Bestudeer die diagram hieronder van die volgorde van gebeure wat plaasvind vanaf die
bevrugting van die ovum tot die ontwikkeling van die embrio in 'n deel van die vroulike
voortplantingstelsel van die mens.
Die pyle dui die rigting van ontwikkeling van een ovum na bevrugting aan.
7.1 Identifiseer:
(a) Struktuur C
(b) Die ontwikkelingstadium van die embrio by E
(c) Die struktuur wat ontwikkel uit 'n kombinasie
van deel F en H
7.2 Noem die proses wat plaasvind:
(a) By B
(b) Wanneer G aan deel F vasheg
7.3 Gee die chromosoomgetal van:
(a) Die selle by D
(b) Sel A
Antwoord:
11
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
7.1 (a) sigoot
(b) morula
(c) plasenta
7.2 (a) bevrugting
(b) inplanting
7.3 (a) 46
(b) 23
REAKSIE OP DIE OMGEWING (MENSE)
VRAESTEL 1, 54 punte
Menslike Senuweestelsel
Die belangrikheid van ‘n senuweestelsel in mense:
- Reageer op inwendige en uitwendige veranderinge
- Koördineer die verskillende aktiwiteite van die liggaam
Ken die verskil tussen ‘n stimulus en ‘n impuls:
STIMULUS – enige verandering in die omgewing bv. ‘n harde geluid, ‘n flitsende lig
IMPULS – ‘n senuwee boodskap wat deur senuwees gelei word
Sentrale Senuweestelsel
Bestaan uit die Brein en Rugmurg
Ken die volgende dele en funksies van die brein:
1. Brein
2.Rugmurg
Funksies van die rugmurg:
- Verskaf ‘n pad/baan vir senuwee impulse na die brein EN vanaf die brein
- Die rugmurg dien as die sentrum vir refleksaksies
BESKERMING van die SENTRALE SENUWEESTELSEL:
Die brein word omring deur die skedel en die rugmurg deur die werwelkolom
Beide die brein en die rugmurg word omring deur 3 membrane, wat meninges genoem word.
Ons senuwees word uit miljoene klein neurone opgemaak:
12
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Jy moet ‘n eenvoudige neuron kan teken en byskrifte verskaf. Gebruik die volgende
byskrifte: nukleus, selliggaam, sitoplasma, miëlienskede, aksons en dendriete
Onthou die opskrif by enige tekening: ‘n Motoriese neuron
Rigting van die impuls, van DENDRIETE na AKSONS
Verskillende tipes neurone
Sensoriese neuron – gelei impulse vanaf
die RESEPTORE na die Sentrale
Senuweestelsel
Interneuron – verbind die sensoriese
aan die motoriese neuron
Motoriese neuron – gelei impulse vanaf
die Sentrale Senuweestelsel na die
EFFEKTORE
Ken die verskil tussen ‘n reseptor en ‘n effektor:
•RESEPTOR: gespesiliseerde selle wat bewus word van die STIMULUS (die verandering) en
dit omsit/omskakel in ‘n IMPULS (boodskap gelei deur senuwees)
•EFFEKTOR: ‘n orgaan of sel wat reageer op die stimulus – spiere of kliere
13
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Ken die verskil tussen: ‘n Refleksaksie en ‘n Refleksboog.
•Refleksaksie – ‘n vinnige, outomatiese beweging/aksie deur ‘n effektor, in reaksie op ‘n
stimulus wat deur die reseptor ontvang is.
•Refleksboog – die pad waarlangs senuwee impulse gelei word vanaf ‘n reseptor tot ‘n
effektor om ‘n refleksaksie teweeg te bring.
Struktuur en byskrifte van ‘n Refleksboog:
Refleksboog: pad is vanaf- 1 reseptor 2 sensoriese neuron 3 interneuron
4 motoriese neuron 5 effektor
Die belangrikheid van ‘n refleksaksie
Refleksbewegings beskerm die liggaam teen gevaarlike situasies , beskerm teen ernstige
beserings.
Die belangrikheid van ‘n sinaps
Om te verseker dat impulse slegs in een rigting gelei word (vanaf dendriete na aksons)
Oorsake en simptome van afwykings:
• Alzheimer se Degenerasie van breinselle wat geheue en
siekte denkprosesse beskadig
• Veelvuldige Miëlienskede van neurone/senuweeselle
sklerose word beskadig, geleiding van impulse is
stadiger
14
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.1 Die diagram hieronder stel die menslike brein voor.
1.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel
van die brein verantwoordelik vir:
1.1.1 Memorisering van 'n selfoonnommer (2)
1.1.2 Koördinering van alle willekeurige
bewegings (2)
1.1.3 Afskeiding van hormone (2)
1.1.4 Verbinding van die twee hemisfere van
deel B (2)
1.1.5 Die refleksbeweging wat plaasvind
wanneer jy kaalvoet op 'n skerp
voorwerp trap (2)
Antwoord
1.1.1 B - Serebrum
1.1.2 D - Serebellum
1.1.3 A - Pituïtêre klier/Hipofise
1.1.3 C - Corpus callosum
1.1.5 E - Rugmurg
1.2 Die diagram hieronder stel die bou van 'n neuron voor.
1.2.1 Noem die tipe neuron in die
diagram hierbo. (1)
1.2.2 Identifiseer deel:
(a) B (1)
(b) F (1)
(c) A (1)
1.2.3 Gee die LETTER en NAAM van die
deel wat:
(a)Impulse weg vanaf die
selliggaam gelei (2)
(b)Die oordrag van impulse isoleer
en versnel (2)
1.2.4 Noem die toestand wat deur die
toenemende agteruitgang van deel
D veroorsaak word. (1)
Antwoord:
1.2.1 Motoriese /multipolêre/efferente neuron
1.2.2 (a) B: Nukleus /kern/nukleusmembraan/kernmembraan
(b) F: Sitoplasma
(c) A: Dendriet
1.2.3 (a) C- Akson
(b) D- Miëlienskede
1.2.3 Veelvuldige sklerose
15
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.3 Bestudeer die diagram hieronder van 'n refleksboog.
1.3.1 Wat is 'n refleksaksie? (2)
1.3.2 Gee byskrifte vir elk van die volgende:
(a) Die funksionele verbinding by D (1)
(b) Neuron B (1)
1.3.3 Noem die belangrikheid van die
funksionele verbinding by D. (1)
1.3.4 Skryf, in die korrekte volgorde, SLEGS
die LETTERS van die neurone neer wat
betrokke is vanaf die tyd wanneer 'n stimulus
ontvang word totdat 'n reaksie plaasvind. (2)
1.3.5 Verduidelik die gevolge vir 'n
refleksaksie indien neuron C beskadig is. (2)
1.3.6 Teken 'n benoemde diagram om die
struktuur van neuron A voor te stel. (5)
Antwoord:
1.3.1 'n Refleksaksie is 'n vinnige, outomatiese respons op 'n stimulus.
1.3.2 (a) D: sinaps
(b) B: interneuron
1.3.3 Dit verseker dat die impuls slegs in een rigting beweeg
Dit verseker dat die impulse oorgedra word vanaf die sensoriese neuron na
die motoriese neuron
1.3.4 A→B→C
1.3.5 Die persoon sal die stimulus ontvang, maar nie daarop reageer nie
1.3.6
Opskrif: 1 punt
Korrekte tipe neuron geteken: 1 punt
Enige 3 korrekte byskrifte: 3 punte (5)
16
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Menslike OOG:
Ken die struktuur en funksies van die menslike oog, deur gebruik te maak van ‘n diagram:
NB funksie van
iris::
beheer die
hoeveelheid lig
wat die oog
binnegaan
Ken die verskil tussen OOG AKKOMODASIE en PUPILMEGANISME
Oog Akkomodasie: is die aanpassing van die VORM VAN DIE LENS om voorwerpe duidelik
te sien, ongeag of dit ver of naby is.
*Vergelyk die VORM VAN DIE LENS in hierdie twee diagramme hieronder:
VER VISIE (voorwerpe verder as 6m) NABY VISIE (voorwerpe verder as 6 m)
Vorm van die lens is platter Vorm van die lens is ronder
17
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Beskryf oog akkomodasie vir ver visie en naby visie:
Ver visie Naby visie
1. Siliêre spiere ontspan 1. Siliêre spiere trek saam
2. Suspensoriese ligamentse word styf 2. Suspensoriese ligamentse verslap
3. Spanning op lens vermeerder 3. Spanning op lens verminder
4. Lens is platter (minder konveks) 4. Lens is ronder (meer konveks)
5. Ligstrale word minder gebreek 5. Ligstrale word meer gebreek
6. Ligstrale word op die retina gefokus 6. Ligstrale word op die retina gefokus
PUPILMEGANISME: is afhanklik van die HOEVEELHEID LIG wat beskikbaar is.
Pupil raak KLEINER (vernou) Pupil word GROTER (verwyd)
18
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Gesigsgebreke:
Vrae: Die OOG
1.1 Die diagram hieronder stel 'n snit deur 'n menslike oog voor.
1.1.1 Identifiseer:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.1.2 Gee die LETTER en NAAM van die
deel wat:
(a) Die hoeveelheid lig wat die oog
binnekom, reguleer (2)
(b) 'n Donker pigment bevat wat oortollige lig
in die oog absorbeer (2)
(c) Reseptore bevat wat ligsensitief is (2)
(d) Met die breking van ligstrale help (2)
(e) Verander van vorm vir naby en ver sig (2)
Antwoord:
1.1.1 (a) A: Sklera (1)
(b) B: Kornea (1)
(c) C: Pupil (1)
19
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.1.2 (a) D – iris
(b) G – choroïed
(c) E – retina
(d) B – kornea
(e) F - lens
1.2 Die diagram toon twee oë (X en Y) wat op die voorwerpe (verteenwoordig deur die
pyle) op verskillende afstande van die oog gefokus is. Voorwerpe A en C was 2
meter weg van die oog af. Voorwerpe B en D was 7 meter weg van die oog af is.
1.2.1 Skryf slegs die LETTER neer
van die voorwerp waarop:
(a) Oog X gefokus is (1)
(b) Oog Y gefokus is (1)
1.2.2 Noem en beskryf die proses
wat veroorsaak dat oog Y 'n duidelike
beeld op die retina vorm. (6)
1.2.3 Beskryf die proses wat
veroorsaak dat ‘n duidelike beeld op
die retina vorm, wanneer ‘n Kaapse
kobra 9 meter vanaf ‘n persoon is.(5)
Antwoord:
1.2.1 (a) B
(b) C
1.2.2 Akkommodasie* (verpligte punte)
Siliêre spiere trek saam
Suspensoriese ligamente verslap / trekkrag op draagligamente verminder
Dit veroorsaak minder spanning op die len
Die lens word meer konveks/ rond
Brekingskrag van die lens neem toe
Beeld van die bal val op die retina
1.2.3 Siliêre spiere verslap/ontspan
Suspensoriese ligamente trek saam/styf / trekkrag op draagligamente
vermeerder
Dit veroorsaak meer spanning op die lens
Die lens word minder konveks/platter
Brekingskrag van die lens neem af
Beeld van die bal val op die retina
5
20
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.3 Die tabel hieronder toon die veranderinge in die deursnee van die pupil van die
menslike oog.
Verandering van deursnee van pupil met tyd :
Tyd in (s) Deursnee van pupil in (mm)
5 6 mm
10 6 mm
15 6 mm
20 6 mm
25 4 mm
30 2 mm
35 3 mm
40 3,5 mm
45 4 mm
50 4 mm
55 4 mm
60 4 mm
1.3.1 Watter struktuur in die menslike oog is verantwoordelik vir die veranderinge
wat in die grafiek aangedui word? (1)
1.3.2 Tydens watter periode het die persoon van dowwe lig na skerp lig beweeg? (1)
1.3.3 Beskryf die veranderinge wat in die oog plaasgevind het wat gelei het tot die
verandering in die deursnee wat van 30 tot 35 sekondes aangedui word. (3)
1.3.4 Teken 'n benoemde diagram van die vooraansig van die oog om pupil-meganisme
te illustreer wanneer die ligintensiteit baie hoog is.
(4)
Antwoord:
1.3.1 iris
1.3.2 (20 – 30) s
1.3.3 Radiale spiere trek saam
Kringspiere verslap
Pupil vergroot
1.3.4
Opskrif 1 punt
*Pupil vernou 1 punt
Enige 2 korrekte byskrifte
21
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.4 Die diagram hieronder illustreer hoe ligbreking in die menslike oog tot 'n visuele
defek lei.
1.4.1 Identifiseer deel:
(a) B (1)
(b) C (1)
1.4.2 Noem die visuele defek wat in die
diagram geïllustreer word. (1)
1.4.3 Beskryf die gevolge van die visuele
defek in jou antwoord op VRAAG 1.4.2.(2)
1.4.4 Verduidelik die gevolge indien die
ligstrale op deel A sou val. (3)
1.4.5 Verduidelik TWEE maniere waarop
die lens struktureel geskik is om sy
funksie te verrig. (4)
Antwoord:
1.4.1 (a) B: Lens
(b) C: Choroïed
1.4.2 Versiendheid
1.4.3 Naby voorwerpe kan nie gesien word nie en die beeld is dof
1.4.4 Geen beeld sal gevorm word nie /kan nie die voorwerp sien nie
Besit geen reseptore
Lig sal nie na impulse omgeskakel word nie
1.4.5 Lens is elasties
kan daarom van vorm verander/konveksiteit/om akkommodasie toe te laat
Lens is deurskynend
om ligstrale toe te laat om deur te gaan
Lens is bikonveks
om lig te breek
22
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
DIE MENSLIKE OOR
Die OOR huisves die reseptore vir gehoor, maar speel ook ‘n belangrike rol in die
handhawing van balans in ons liggaam.
Ken die dele en funksies van die OOR
Hoe gehoor plaasvind:
klankgolwe vibrasies drukgolwe
Beskryf die pad van die klankgolwe totdat jy hoor:
23
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Gehoor:
Klankgolwe word deur die pinna opgevang
En word gestuur na die uitwendige gehoorgang
Klankgolwe tref die timpanum(oordrom) en dit begin vibreer
Vibrasies word oorgedra na die ovale venster deur die 3 gehoorbeentjies
Die ovale venster vibreer
Die vibrasies van die ovale venster sal die vloeistof in die binneoor laat beweeg, veroorsaak
drukgolwe
•Drukgolwe(beweging van die vloeistof) in die binneoor stimuleer die reseptore (haarselle in die
Orgaan van Corti) in die koglea
Reseptore raak bewus van die stimulus skakel dit om in ‘n impuls
•Die impuls word deur die gehoorsenuwee gelei na die SEREBRUM, waar gehoor geïnterpreteer
word.
BALANS:
Beskryf die funsionering van die menslike oor om BALANS te handhaaf:
Gehoorgebreke:
24
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Vrae: DIE MENSLIKE OOR
1.1 Die diagram hieronder stel die menslike oor voor.
1.1.1 Gee die LETTER en NAAM van die
deel wat:
(a) Impulse na die brein gelei (2)
(b) Die druk tussen die uitwendige
en die middeloor dieselfde maak
(c) 'n Drukgolf in 'n vloeistof (2)
(d)Verminder die druk in die
inwendige oor (2)
1.1.2 Gee slegs die LETTER van TWEE
strukture in die diagram van die oor wat,
indien beskadig, die volgende tot gevolg sal
hê:
(a) wanneer klankgolwe nie deur die
uitwendige oor en middeloor gelei
kan word nie (2)
(b) wanneer klankgolwe in die binneoor
nie na senuwee-impulse
omgeskakel word nie (2)
1.1.3 Middeloorontsteking is 'n algemene
oorsaak van gehoorverlies.
Noem EEN manier waarop
middeloorontsteking behandel kan
word. (1)
Antwoord:
1.1.1 (a) F – Gehoorsenuwee
(b) G - Eustachius-buis
(c) E - Koglea
(d) H - Ronde venster
1.1.2 (a) B en C
(b) E en F
1.1.3 Dreineringsbuisies of Antibiotika
1.2 Die diagram hieronder stel die middeloor van die mens voor.
1.2.1 Identifiseer deel:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
(d) D (1)
1.2.2 Verduidelik die gevolge indien deel E
geblokkeer is. (4)
1.2.3 Beskryf hoe die dele van die middeloor, die
membrane ingesluit, help om
klankgolwe te versterk. (3)
1.2.4 Verduidelik waarom versmelting van die
ossikels tot gehoorverlies kan lei. (2)
Antwoord:
1.2.1 A - Timpaniese membraan
B - Aambeeld /Incus
C - Ovale venster
D - Ronde venster
25
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.2.2 Lug kan nie ingeneem word nie /vrygestel word
om die druk dieselfde te hou
aan weerskante van die timpaniese membraan nie
Timpaniese membraan/ossikels/gehoorbeentjies kan nie vrylik vibreer nie
Dit kan daartoe lei dat die timpaniese membraan bars en
kan daarom lei tot gehoorverlies /doofheid /pyn
1.2.3 Die klankvibrasies word oorgedra vanaf die groot timpanummembraan
na die kleiner ovale venster
deur die gehoorbeentjies/ossikels
wat geranskik is van die grootste na die kleinste
Dit konsentreer die vibrasies, versterk hulle
1.2.4 Die ossikels sal nie kan vibreer nie
en gevolglik sal geen vibrasies na die binne-oor oorgedra word nie/koglea
sal nie gestimuleer word nie/geen versterking
1.3 Die diagram hieronder stel 'n deel van die menslike oor voor.
1.3.1 Identifiseer deel:
(a) C (1)
(b) D (1)
1.3.2 Noem die reseptore wat in deel B
gevind word. (1)
1.3.3 Beskryf hoe deel B, die halfsirkelvormige
kanale, 'n rol speel om balans te behou
wanneer die liggaam van spoed en
rigting verander. (6)
1.3.4 Beskryf hoe balans en ewewig deur die
oor gehandhaaf word wanneer 'n persoon
sy/haar kop se posisie verander. (6)
1.3.5 n Doelwagter in 'n sokkerwedstryd het
voorkom dat 'n doel aangeteken word toe
hy na regs geduik het nadat die bal na
hom toe geskop is.
Beskryf hoe hy sy balans gehandhaaf het toe hy
geduik het om die bal te keer. (6)
Antwoord:
1.3.1 (a)C: Gehoorsenuwee (1)
(b)D: Koglea (1)
1.3.2 Kristae (1)
1.3.3 'n Verandering in die spoed/rigting van beweging
stimuleer die kristae
Die prikkel word omgeskakel na 'n impuls
Die impulse word vervoer na die serebellum
via die gehoorsenuwee
Die serebellum stuur impulse na die spier om balans te herstel (6)
1.3.4 'n Verandering in die posisie van die kop
stimuleer die makulae
Die prikkel word omgeskakel na 'n impuls
Die impulse word vervoer na die serebellum
via die gehoorsenuwee
Die serebellum stuur impulse na die spier om balans te herstel (6)
26
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.3.5 ‘n Veranderinge in die rigting en spoed van die liggaam
veroorsaak beweging van die vloeistof in die half-sirkelvormige kanale
wat die kristas stimuleer
‘n Verandering in die posisie van die kop
stimuleer die makulas in die utrikulus en sakkulus
Die prikkels word omgeskakel na ‘n impuls
wat deur die gehoorsenuwee vervoer word
en wat deur die serebellum geïnterpreteer word
wat die impulse na die spiere stuur
om balans en ewewig te herstel (6)
1.4 Beskryf hoe die verskillende dele van die oor en brein gehoor laat plaasvind (7)
Klankgolwe word deur die pinna gerig
deur die gehoorgang
tot by die trommelvlies/oordrom/timpanum
wat veroorsaak dat dit vibreer
Die vibrasies van die trommelvlies word na die gehoorbeentjies van die
middeloor oorgedra
wat sal veroorsaak dat die ovale venster vibreer
Dit veroorsaak drukgolwe in die koglea
Dit stimuleer die Orgaan van Corti in die koglea
om prikkels om te skakel na seuwee-impulse
wat dan vervoer word deur die gehoorsenuwee
na die serebrum waar dit geïnterpreteer word
ENDOKRIEN STELSEL EN HOMEOSTASE – VRAESTEL 1, 34 punte
Ken die verskil tussen ‘n endokriene klier en ‘n eksokriene klier
Endokriene kliere: buislose kliere Eksokriene kliere – kliere wat hul
wat hulle afskeidings (hormone) direk in die afskeidings in buise vrylaat na ‘n
bloed afskei. liggaamsholte, of na buite
bv. Ovariums, adrenale klier(bynier), bv. Speekselkliere wat speeksel deur
pankreas , hipofise buise afskei wat in die mondlholte
open
Hormone is chemiese boodskappers
Hormone kan sekere prosesse stimuleer (toename in hormone afgeskei, laat ‘n proses om
plaas te vind) of inhibeer(onderdruk - kan die afskeiding stadiger/minder laat plaasvind).
Ligging van die volgende kliere en die hormone wat hulle afskei:
Hipotalamus – ADH (beheer water
Hoeveelheid in die bloed)
Pituitêre klier/hipofise – Groeihormoon,
TSH, FSH, LH en prolaktien
Tiroïed klier – tiroksien
Pankreas – insulien en glukagon
Adrenale klier(bynier) – adrenalien,
aldosteroon
Ovarium – estrogeen, progesteroon
Testes - testosteroon
27
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Homeostase: Die handhawing van ‘n konstante, interne omgewing
Negatiewe terugvoermeganisme: om veranderinge op te tel of ‘n wanbalans in die interne
omgewing en om die balans weer te herstel
Jy moet die volgende negatiewe terugvoermeganismes ken en kan beskryf:
Tiroksienvlakke
Bloedglukose vlakke (pankreas skei insulien en glucagon af)
Koolstofdioksiedvlakke in die bloed
Waterbalans (osmoregulering)
Soutvlakke
Tiroksien en TSH – negatiewe terugvoer
Wanbalans kan die volgende insluit:
Tiroksienvlakke is TE HOOG: Tiroksienvlakke is TE LAAG:
-Pituitêre klier/hipofise word gestimuleer Pituitêre klier/hipofise word gestimuleer
-om MINDER TSH af te skei -om MEER TSH af te skei
-Lae TSH-vlakke stimuleer die tiroïedklier -Hoë TSH-vlakke stimuleer die tiroïedklier
-om MINDER tiroksien af te skei -om MEER tiroksien af te skei
-Tiroksienvlakke DAAL -Tiroksienvlakke STYG
-terug na normaal -terug na normaal
Bloedglukose vlakke
Glukosevlakke in die bloed is TE HOOG: Glukosevlakke in die bloed is TE LAAG:
Pankreas word gestimuleer Pankreas word gestimuleer
om INSULIEN af te skei in die bloed om GLUKAGON af te skei in die bloed
Insulien stimuleer die omsetting van Glukagon stimuleer die omsetting van
oortollige glikose na glikogeen wat gestoor gestoorde glikogeen na glukose
word in lewer en spiere
Glukosevlakke in die bloed DAAL Glukosevlakke in die bloed STYG
Terug na normaal Terug na normaal
Kyk na hierdie drie terme: Dit is belangrik dat jy nie hierdie terme met mekaar verwar
nie, dit moet ook reggespel word in die eksamen
Glukose Eenvoudigste suiker in die bloed
Glikogeen Glikose word omgeskakel na glikogeen en word gestoor in hierdie vorm
Glukagon Die hormoon wat vrygestel word deur die pankreas indien bloedsuiker te laag is
28
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Die regulering van koolstofdioksiedvlakke in die interne omgewing:
(jy hoef slegs te weet hoe dit gebeur indien koolstofdioksiedvlakke te HOOG is)
Regulering van die waterbalans (osmoregulering):
Wanneer die bloed MINDER water as Wanneer die bloed MEER water as
normal bevat: normal bevat:
Hipotalamus word gestimuleer Hipotalamus word gestimuleer
Stuur impulse na die pituitêre klier Stuur impulse na die pituitêre klier
/hipofise /hipofise
Om MEER ADH af te skei Om MINDER ADH af te skei
ADH verhoog die deurlaatbaarheid van die ADH verlaag die deurlaatbaarheid van die
nierbuisies nierbuisies
MEER water word geherabsorbeer na die MINDER water word geherabsorbeer na
bloed die bloed
Minder water gaan verlore (uriene Meer water gaan verlore (verdunde
gekonsentreerd) uriene)
Waterbalans in bloed keer terug na normaal Waterbalans in bloed keer terug na
normaal
Die regulering van die soutbalans:
Soutvlakke in die bloed TE HOOG: Soutvlakke in die bloed TE LAAG:
Bynier word gestimuleer Bynier word gestimuleer
Om MINDER aldosteroon af te skei Om MEER aldosteroon af te skei
MINDER sout word deur die bloed MEER sout word deur die bloed
geherabsorbeer geherabsorbeer
Soutvlakke in die bloed DAAL Soutvlakke in die bloed STYG
Terug na normaal Terug na normaal
Afwykings wat veroorsaak word deur 'n wanbalans in vlakke van:
Wanbalans van: Naam van afwyking:
Tiroksien Goitre (lae vlakke van jodium)
Bloedglukose Diabetes mellitus
Thermoregulering
Die rol van: sweet
vasodilasie
vasokonstriksie
29
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
VRAE: MENSLIKE ENDOKRIENE STELSEL EN HOMEOSTASE:
1.1 Die diagram hieronder stel dele van die endokriene stelsel van die mens voor.
1.1.1 Identifiseer klier:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.1.2 Gee die LETTER en die NAAM van
die klier wat 'n hormoon afskei wat
verantwoordelik is vir:
(a) Die begin van puberteit by
manlike individue (2)
(b) Die stimulering van die absorpsie
van glukose deur selle (2)
(c) Die waterdeurlaatbaarheid van
die nierbuisies (2)
Antwoord:
1.1.1 (a) A Hipofise/Pituïtêre klier
(b) B Byniere/adrenale kliere
(c) C Pankreas
1.1.2 (a) D - Testis
(b) C - Pankreas
(c) A - Hipofise/Pituïtêre klier
30
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.2 Die diagram hieronder stel die interaksie tussen twee belangrike endokriene
kliere voor. Die klier gemerk A word aan die onderkant/basis van die brein
aangetref terwyl die klier gemerk C aan die voorkant van die nek voorkom.
1.2.1 Gee 'n byskrif vir klier A. (1)
1.2.2 Benoem hormoon B. (1)
1.2.3 Noem TWEE funksies van hormoon D. (2)
1.2.4 Beskryf die negatiewe terugkoppelingsmeganisme
wat plaasvind wanneer die vlak van hormoon D
hoër as normaal in die bloed is. (5)
1.2.5 Beskryf die negatiewe terugkoppelingsmeganisme
wat plaasvind wanneer die
vlak van hormoon D laer as normaal in die bloed
is. (5)
Antwoord:
1.2.1 A. Hipofise/Pituïtêre klier
1.2.2 B: TSH
1.2.3 Beheer metabolisme
Beïnvloed tempo van hartklop
1.2.4 Hoë vlakke van tiroksien word waargeneem deur die hipofise
wat lei tot 'n afname
in die sekresie van TSH
Aktiwiteit van die tiroïed neem af /minder tiroksien word vervaardig
Vlak van tiroksien daal terug na normaal toe
1.2.5 Lae vlakke van tiroksien word waargeneem deur die hipofise
wat lei tot 'n toename
in die sekresie van TSH
Aktiwiteit van die tiroïed neem toe /meer tiroksien word vervaardig
Vlak van tiroksien styg terug na normaal toe
31
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.3 Bestudeer die vloeidiagram hieronder.
Identifiseer:
1.3.1 Orgaan 1 (1)
1.3.2 Hormoon 2 (1)
1.3.3 Hormoon 3 (1)
1.3.4 Die siekte wat veroorsaak word wanneer orgaan 1 nie in staat is om
genoegsame hoeveelhede van hormoon 2 vry te stel nie (1)
1.3.5 Beskryf hoe die bloedglukosevlak in die menslike liggaam na normaal terugkeer
wanneer die glukosevlak tot onder normaal daal. (4)
1.3.6 Beskryf hoe die bloedglukosevlak in die menslike liggaam na normaal terugkeer
wanneer die glukosevlak tot bo die normale styg (4)
Antwoord:
1.3.1 Pankreas (1)
1.3.2 Insulien (1)
1.3.3 Glukagon (1)
1.3.4 Diabetes mellitus
1.3.5 Die pankreas word gestimuleer om glukagon in die bloed te sekreteer
wat die lewer /spiere stimuleer
om glikogeen na glukose om te skakel
Die glukosevlak in die bloed styg nou en keer na normaal terug (4)
1.3.6 Die pankreas word gestimuleer om insulien in die bloed te sekreteer
wat die lewer /spiere stimuleer
om glukose na glikogeen om te skakel
Die glukosevlak in die bloed daal nou en keer na normaal terug (4)
32
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.4 Die diagram hieronder stel een deel van die negatiewe-terugkoppeling-reaksie
voor wat plaasvind wanneer 'n mens gedehidreer is.
Die afname in bloedvolume, as gevolg van die oormatige waterverlies, word deur die
brein waargeneem.
1.4.1 Identifiseer die:
(a) Hormoon X (1)
(a) Endokriene klier wat hormoon X afskei (1)
(c) Teikenorgaan (1)
1.4.2 Beskryf die negatiewe-terugkoppeling-reaksie wat plaasvind wanneer 'n persoon
gedehidreer is, nadat dit deur die brein waargeneem is. (4)
1.4.2Beskryf wat gebeur wanneer die bloed meer water as normaal bevat (4)
Antwoord:
1.4.1 (a) ADH
(b) Hipotalamus /Pituïtêre klier / Hipofise
(c) Niere
1.4.2 'n Toename in ADH veroorsaak dat die wande van die nierbuisies
meer deurlaatbaar vir water word
Meer water word herabsorbeer
en die bloedvolume neem toe
Minder urine word geproduseer
en die urine is meer gekonsentreerd (4)
1.4.3 'n Afname in ADH veroorsaak dat die wande van die nierbuisies
minder deurlaatbaar vir water word
Minder water word herabsorbeer
en die bloedvolume neem af
Meer urine word geproduseer
en die urine is minder gekonsentreerd (4)
9
33
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.5 Bestudeer die vloeidiagram hieronder van 'n homeostatiese meganisme wat gebruik
word om die konsentrasie van soute in die menslike liggaam te reguleer.
1.5.1 Definieer homeostase. (2)
1.5.2 Gee die naam van die volgende:
(a) Orgaan A (1)
(b) Klier B (2)
(c) Hormoon C (1)
1.5.3 Beskryf die reaksie van die effektor by D. (2)
Antwoord:
1.5.1 Die proses waardeur die mens 'n konstante interne omgewing handhaaf
1.5.2 (a) Nier
(b) Adrenale klier /bynier
(c) Aldosteroon
1.5.3 Wande van die nierbuisies
Word meer deurlaatbaar
meer natriumione word geabsorbeer
vanaf die filtraat/na die bloedvaatjies
1.6 Beskryf hoe die menslike liggaam die konsentrasie koolstofdioksied in die bloed herstel
indien dit hoër as normaal styg.
Reseptorselle
in die karotis/nekslagaar/aorta word gestimuleer
om impulse na die medulla oblongatain die brein te stuur
wat dan die hart stimuleer
om vinniger te klop
en die asemhalingspiere/voorbeeld
trek meer aktief saam
Dit verhoog die tempo / diepte van asemhaling
Meer CO word na die longe geneem en uitgeasem, wat die CO vlak in die bloed normaliseer
2 2
34
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.7 Die diagram hier onder stel die vel van ‘n person voor onder verskillende
omgewingstoestande.
1.7.1 Identifiseer deel X. (1)
1.7.2 Gee die LETTER van die diagram wat die vel op ‘n warm dag toon.(1)
1.7.3 Noem TWEE sigbare redes vir jou antwoord in VRAAG 1.7.2. (2)
1.7.4 Noem die deel van die brein wat liggaamstemperatuur reguleer. (1)
1.7.5 Noem EEN hormoon wat dieselfde effek het soos gesien in diagram A.
Antwoord:
1.7.1 sweetkliere
1.7.2 B
1.7.3 vasodilasie (verwyding) van bloedvate
sweetklier is baie aktief
1.7.4 hipotalamus
1.7.5 adrenalien
REAKSIE OP DIE OMGEWING: PLANTE – VRAESTEL 1, 13 punte
35
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Die rol van OUKSIENE in fototropisme and geotropisme:
(stimulus: eensydige lig)
Vraag:
1.1 'n Graad 12-leerder het 'n ondersoek uitgevoer om die effek van lig op die groei
van plantlote te bepaal. Die leerder het die plante wat gebruik is soos volg in drie
groepe verdeel:
Groep A – Die punt van die loot was ongeskonde.
Groep B – Die punt van die loot is verwyder.
Groep C – Die punt van die loot is deur 'n doppie bedek wat geen lig deurgelaat
het nie.
Die diagram hieronder toon elke loot aan die begin van die ondersoek en
langs elkeen, dieselfde loot aan die einde van die ondersoek.
Die pyltjies dui die rigting van lig in elke ondersoek aan.
36
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
1.1.1 Watter planthormoon se invloed word ondersoek? (1)
1.1.2 Verduidelik die resultate wat in ondersoeke A en C waargeneem is, soos in die
diagram hierbo geïllustreer. (6)
1.1.3 Plante reageer op swaartekrag.
Verduidelik hoekom die wortel in verskillende rigtings groei wanneer
'n potplant horisontaal op die grond geplaas word en lig eweredig vanuit alle
rigtings ontvang. (6)
Antwoord:
1.1.1 Ouksiene
1.1.2 In ondersoek A:
Lig vanaf die regterkant
veroorsaak dat ouksiene na die skadukant van die loot beweeg
wat lei tot verhoogde selverlenging en selverdeling
Daar was dus meer groei aan die skadukant
daarom groei/buig die loot na die ligbron
In ondersoek C:
Lig het geen invloed op die verspreiding van ouksiene nie
daarom groei die loot regop
1.1.3 Daar is ʼn hoër konsentrasie ouksiene aan die onderkant van die wortel
wat groei/ selverlenging/selverdeling aan die onderkant inhibeer /vertraag
Daar ʼn laer konsentrasie ouksiene aan die bokant van die wortel
wat groei/ selverlenging/selverdeling aan die bokant stimuleer
Die bokant van die wortel groei vinniger /oneweredige groei kom voor
wat veroorsaak dat die wortel afwaarts groei /buig
Die wortel groei na gravitasie /Die wortel is positief geotropies
37
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Life Sciences.
- Grade 12 Life Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Life Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Life Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Life Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 SBA exemplars
More Life Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 12 KZN March Test 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 North West Mock 2025 Question Paper

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (English)
More from Grade 12 Life Sciences

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (isiXhosa)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Free State June 2024 Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--bcc5f9b8-cec0-4ce9-b98f-a2f48f66b8c4/v1-800d585f48d6bd696b96/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 Question Paper (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f92ba3f0-2aa9-4a93-8230-8fa1e37eb2c9/v1-1480c2a7f5e45f931083/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Gauteng Prelim 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--056e47d6-2126-48a7-b13d-b4af9641a5a9/v1-d5502c6f8d24b3731b50/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Prelim 2024 Memo (English)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--14c6bb83-399b-4f65-858d-915e1e99c43f/v1-e21abc406ac2b6028579/card.webp)
Question paper