Skip to content
Study guide

LewensWetenskappe Oorlewingsgids V2

Grade 12 Life Sciences study guide, 35 pages. Read online or get the free PDF download.

Publisher: WCED Study Guides

Subject: Life SciencesGrade 1235 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 KAAPSE WYNLAND ONDERWYSDISTRIK LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 2 OORLEWINGSPAKKET 1
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 DNA/DNS, RNA/RNS en Proteïensintese (Vraestel 2- 27 punte) DNS/DNA is die basiese eenheid van genetika. DNS/DNA verskaf die kode vir die vervaardiging van proteïene, n proses wat bekend staan as proteïensintese Daar is twee tipes nukleїensure: DNS/DNA en RNS/ RNA • DNS/DNA word aangetref in die nukleus/selkern van selle word ook in die mitochondria van selle aangetref. • RNA/RNS is word in die nukleus/selkern gevind en by die ribosome in die sitoplasma van ‘n sel. • RNA/RNS speel ‘n rol in proteïensintese deur aminosure in die regte volgorde te verbind, volgens die instruksies wat DNA/DNS verskaf. STRUKTUUR VAN DNA/DNS: Dubbele Heliks Bestaan uit twee stringe van nukleotiedes wat ‘n gedraaide leer vorm (dubbele heliks) Dubbele heliks n DNS/DNA molekule word opgemaak uit boublokke(monomere), genoem nukleotiede NB : Elke DNA/DNS nukleotiede word uit drie komponente opgemaak: 1. Stikstofbasisse aanmekaar geheg deur swak waterstofbindings Die vier stikstofbasisse: adenien (A) timien (T) sitosien (C) guanien (G) 2. Suiker gedeelte (deoksiribose in DNA/DNS) 3. Fosfaat-gedeelte Spesifieke paring van basisse (komplimentêre basisse) A paar altyd met T (A-T) C paar altyd met G (C-G) NB!!: Stikstofbassise heg altyd aan die suiker gedeelte van die nukleotied Ken die stokdiagram van DNA/DNS om die struktuur te illustreer: Wanneer jy hierdie onderwerp leer, oefen om ‘n nukleotied te teken EN verskaf byskrifte vir die verskillende dele van die DNA/DNS stokdiagram 2
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 FUNKSIES VAN DNS/DNA: 1. Gedeeltes van DNS/DNA-vorming gene dra oorerflikheids inligting 2. DNS/DNA bevat gekodeerde inligting vir proteïensintese PROSES VAN DNS/DNA REPLISERING (Betekenis van repliseer = om ‘n presies kopie te maak) Wanneer in die selsiklus neem DNS repliseringplaas? Tydens INTERFASE Waar in die sel vind DNS replisering plaas? In die nukleus/selkern Belangrikheid van DNS replisering: • Die genetiese materiaal verdubbel sodat dit tussen die twee gevormde dogterselle tydens seldeling verdeel kan word. • Tydens mitose, die vorming van twee identiese (eenderse) dogterselle tot gevolg het. Hoe vind DNS replisering plaas: (jy moet hierdie proses kan beskryf) Definisie van ‘n DNS/DNA profiel: Kan beskryf word as ’n rangskikking van swart stafies op ’n rooster – die swart blokkies verteenwoordig DNA-fragmente. Gebruike van DNS/DNA profiele: • Misdadigers te identifiseer • Lyke te identifiseer • Naasbestaandes te identifiseer • Vaderskap te bepaal 3
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Interpretasie van DNS/DNA profiele: Vergelyk die DNS profiel wat by die misdaadtoneel gekry is met die DNS profiele van die verdagtes. Verdagte 2 is heel waarskynlik skuldig want al die stafies op sy DNS profiel stem ooreen(oorvleuel) met die stafies van die DNS profiel wat by die misdaadtoneel gevind is. Eksemplaarvrae – DNS Vraag 1: 1. Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van 'n DNS/DNA-molekuul. 1.1 Identifiseer dele genommer B, C en D. 1.2 Noem: (a) Monomeer A (b) EEN organel in ‘n sel waar DNS/DNA voorkom. 1.3 Hoeveel nukleotiede word in die diagram getoon? Antwoord 1.1 B – stikstofbasis C – fosfaat D - waterstofbindings (swak) 1.2 (a) nukleotied (monomeer = boublok) (b) nukleus of mitochondria 1.3 8 2. Die diagram hieronder verteenwoordig deel van ‘n DNS/DNA-molekuul. 2.1 Identifiseer die: (a) Molekuul X (b) Suiker Y (c) Binding W 2.2 Gee die gesamentlike naam vir dele X, Y en Z. 2.3 Noem die natuurlike vorm van die DNA/DNS- molekuul 2.4 Noem die proses waardeur DNA/DNS ‘n kopie van homself maak. 2.5 Noem TWEE plekke in ‘n diersel waar DNS/DNA voorkom. 4
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Antwoord: 2.1 (a) X - stikstofbasis (b) Y – deoksiribose (c) W – waterstofbinding 2.2 nukleotied 2.3 dubbele heliks 2.4 (DNS) replisering 2.5 nukleus Mitochondria 3.1 Beskryf die proses van DNS/DNA -replisering. - dubbeleheliks draai af - swak waterstofbindings tussen die stikstofbassise breek en twee DNS stringe rits los - beide oorspronklike DNS-stringe dien as ‘n templaat waarop die komplement gebou word - Vry DNS nukleotiede bou ‘n DNS string op elk van die oorsproklike twee DNs stringe deur aan hulle komplementêre stikstofbassise te heg - Twee identiese DNS molekules word gebou. Elke molekuul bestaan uit een oorspronklike string en een nuwe string Vraag 4 4.Die diagram hieronder toon 'n tegniek wat tydens vaderskaptoetse gebruik word. 4.1 Identifiseer die tegniek wat hierbo getoon word. 4.2 Watter man is die biologiese vader van die kind? 4.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 4.2. 4.4 Noem TWEE ander gebruike van hierdie tegniek. Antwoord: 4.1 DNA profilering 4.2 Man 1 4.3 Ons sal eerste al die bande van die ma met die kind s’n vergelyk en dan kyk watter van die orige bande stem die meeste ooreen met een van die mans, in hierdie geval man 1. 4.4 Misdadigers te identifiseer Lyke te identifiseer Naasbestaandes te identifiseer 5
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 RNS - (Ribonukleïensuur) en proteïensintese RNA is ook ‘n nukleïensuur. Dit word in die nukleus en in die sitoplasma gevind en speel ‘n baie belangrike rol tydens proteïensinese RNS is ‘n enkelstring nukleïensuur. Twee tipes RNS/RNA waarvan jy meer sal leer - bRNS (boodskapperRNS/) en oRNS (oordragRNS) Ligging van RNS: bRNS/mRNA word in die nukleus gevorm en oRNS/tRNA word in sitoplasma gevind, by die ribosome RNS/RNA word ook opgemaak uit boublokke (monomere) genoem nukleotiedes RNS nukleotiede bestaan uit 3 dele: fosfaat, ribose suiker en ‘n stikstofbasis (adenien, sitosien, urasiel and guanien) Stokdiagram van ‘n RNS molekule: Vraag 1 1.1 Tabuleer DRIE verskille tussen DNA en RNA. (7) DNA RNA Dubbelstringmolekuul Enkelstringmolekuul Besit deoksiribose Besit ribose Besit die stikstofbasis timien Besit die stikstofbasis urasiel 6
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. 1. Die suiker wat in RNS/RNA gevind word 2. Die binding wat tussen twee aminosure vorm. 3. Die stadium in proteïensintese waartydens mRNS/mRNA uit DNS/DNA vorm 4. Die tipe RNS/RNA wat antikodons bevat 5. Die organel in 'n sel waar translasie plaasvind 6. Die tipe nukleïensuur wat 'n spesifieke aminosuur dra 7. Stikstofbasis wat slegs in RNS/RNA molekule aangetref word 1. Ribose 2. Peptiedbinding 3. Transkripsie 4. tRNA/oRNS 5. ribosoom 6. tRNA/oRNS 7. urasiel 1.3 Noem TWEE verskille tussen 'n DNS/DNA-nukleotied en 'n RNS/RNA-nukleotied. By DNS is die suiker gedeelte deoksiribose By RNS is die suiker gedeelte ribose DNS besit die stikstofbasis timien RNS besit die stikstofbasis URASIEL PROTEÏENSINTESE Die betrokkenheid van RNS in proteïensintese: TRANSKRIPSIE (vind plaas in die nukleus) DNA mRNA TRANSLASIE (vind plaas by die ribosome) mRNA tRNA (bRNS) (bRNS) bRNS/mRNA herskryf die kode van DNA om ‘n bRNS molekule te vorm wat die nukleus verlaat en die “kode” oordra na die ribosome. Hierdie proses word TRANSKRIPSIE genoem en vind plaas in die nukleus. oRNS/tRNA dra ‘n spesifieke aminosuur oor na die ribosome,waar die aminosure verbind om ‘n proteïen te vorm. Hierdie proses word TRANSLASIE genoem en vind plaas by die ribosome. Die betrokkenheid van DNS in proteïensintese: DNS (‘n geen) verskaf die kode sodat ‘n bRNS molekule gevorm word, wat die nukleus verlaat en dan die “kode” oordra na die ribosome, waar proteïensintese sal voortgaan. Hierdie proses word TRANSKRIPSIE genoem. 7
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Beskryf TRANSKRIPSIE as volg: • Die dubbel heliks draai af • Die dubbel stringe DNS rits los, swak waterstofbindings breek • om twee afsonderlike stringe te vorm • slegs EEN string dien as ‘n templaat • om bRNS te vorm • gebruik vrye RNS nukleotiede van die nukleoplasma • bRNS is komplementêr tot DNS • bRNS het nou die gekodeerde boodskap vir proteïensintese Jy moet weet hoe om die proses van TRANSKRIPSIE te kan beskryf, asook diagramme wat hierdie proses verteenwoordig, te kan benoem. Oefen om hierdie kodes van ‘n DNS molekule oor te skryf as ‘n bRNS molekule TRANSLASIE: Hierdie proses vind plaas in die sitoplasma by die RIBOSOME Beskryf TRANSLASIE as volg: • Elke oRNS dra ‘n spesifieke aminosuur. • Wanneer die antikodon op die oRNS • pas op die kodon op die mRNS • DAN bring die oRNS die vereiste aminosuur na die ribosoom • Aminosure heg aan mekaar deur by peptiedbindings om die vereiste proteïen te vorm Gebruik die diagram om die volgende te identifiseer: - bRNS - oRNS - die ribosoom - aminosure - peptiedbindings Gaan terug na die vorige paragraaf en lees weer deur die stappe van translasie again, memoriseer die beskrywing! 8
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Vrae: 1. Oefen die volgende: 1.1.1 Skryf die komplimentêre string mRNA/bRNS waarvoor hierdie DNS string kodeer DNA/DNS: ACC GTC TAT CCA CTA mRNA/bRNS: UGG CAG AUA GGU GAU (Onthou: GEEN T’s in mRNA/bRNS!!!) 1.1.2 Skryf nou mRNA/bRNS terug na DNA/DNS mRNA/bRNS: GCA CCC UAA UCU AAG GAC DNA/DNS: CGT GGG ATT AGA TTC CTG 1.1.3 Gebruik die gegewe mRNA/bRNS string om die antikodons van die tRNA/oRNS neer te skryf. mRNA/bRNS: UUU AGC AUC CCU AAG GAU tRNA/oRNS: AAA UCG UAG GGA UUC CUA Vraag 2 Antwoord: 2.1.1 RNS 2.1.2 (a) stikstofbasis (b) ribose 2.1.3 TRANSKRIPSIE: • Die dubbel heliks draai af • Die dubbel stringe DNS rits los, swak waterstofbindings breek • om twee afsonderlike stringe te vorm • slegs EEN string dien as ‘n templaat • om bRNS te vorm • gebruik vrye RNS nukleotiede van die nukleoplasma • bRNS is komplementêr tot DNS • bRNS het nou die gekodeerde boodskap vir proteïensintese Vraag 3 1.5.1 Identifiseer die proses. 1.5.2 Identifiseer: (a) Organel A (b) Molekuul B (c) Die binding by E 1.5.3 Gee slegs die LETTER van die molekuul wat: (a) Die aminosuur dra (b) Van die DNS/DNA gekopieer word (c) Die monomeer/bousteen van proteïene is. 9
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Antwoord: 3.1.1 translasie 3.1.2 (a) ribosoom (b) mRNS/ bRNS (c) peptiedbinding 3.1.3 (a) C (b) B (c) D Vraag 4 4.1.1 Identifiseer: (a) Struktuur C (b) Molekule D 4.1.2 Noem die molekule: (a) A (b) B 4.1.3 Tabuleer TWEE verskille tussen die monomere van die twee molekules in VRAAG 4.1.2 (a) and (b) (5) 4.1.4 Beskryf die rol van die molekule A in transkripsie (2) Antwoord: 4.1.1 (a) nukleoporie (b) tRNS/oRNS 4.1.2 (a) DNA/ DNS (b) mRNA/ bRNS 4.1.3 By DNS is die suiker gedeelte deoksiribose By RNS is die suiker gedeelte ribose DNS besit die stikstofbasis timien RNS besit die stikstofbasis URASIEL 4.1.4 Rol van DNA/DNS in transkripsie: • Die dubbel heliks DNS/DNAdraai af • Die dubbel stringe DNS rits los, swak waterstofbindings breek • om twee afsonderlike stringe te vorm • slegs EEN string dien as ‘n templaat • om bRNS te vorm 10
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 5.1 Die diagram hieronder stel twee stadiums van proteïensintese voor. 5.1.1 Gee byskrifte vir: (a) Molekuul 1 (1) (b) Organel 6 (1) 5.1.2 Gee slegs die NOMMER van die deel wat die volgende voorstel: (a) DNS/DNA- templaatstring (1) (b) Monomeer van proteïen (1) (c) Kodon (1) 5.1.3 Beskryf die rol van DNS in proteïnsintese. (3) 5.1.4 Beskryf die stadium van proteïensintese wat by organel 6 plaasvind. (6) 5.1.5 Gee die: (a) DNS/DNA-volgorde wat vir glisien kodeer (1) (b) Kodon vir prolien (1) Antwoord: 5.2.1 (a) DNA (1) (b) Ribosoom (1) 5.2.2 (a) 2 (1) (b) 5 (1) (c) 7 (1) 5.2.3 DNA kodeer vir ‘n spesifieke proteïen – kan nie die selkern verlaat nie Een DNS string word as ‘n templaat gebruik om bRNA te vorm (3) 5.2.4 Die mRNS/mRNA heg aan die ribosoom. - Wanneer elke kodon van die mRNS/mRNA - by die antikodon op die tRNS/tRNA pas - bring die tRNS/tRNA die vereiste aminosuur na die ribosoom - Wanneer die verskillende aminosure in volgorde gebring word, - word aangrensende aminosure deur peptiedbindings verbind - om die vereiste proteïen (6) 5.2.5 (a) CCT (1) (b) CCU (1) (16) 11
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 MEIOSE – Vraestel 2, 21 punte Is 'n soort seldeling waardeur die diploïede sel (liggaamselle) twee verdelings ondergaan en verdeel om vier geneties verskillende haploïede selle te produseer - genaamd geslagselle of gamete (vroulike gamete = eiersel; manlike gameet = spermsel) Hersiening van selstrukture: Gee spesiale aandag aan die volgende 3 dele: Nukleus (selkern): die deel wat al die DNS (chromosome) bevat Sentrosoom: bestaan uit 2 sentriole wat elk na ‘n pool van die sel beweeg gedurende selverdeling Sitoplasma: die gelagtige vloeistof wat die binnekant van die selle vul en die organelle bevat Struktuur van chromosome: Wat is ‘n chromosoom? Hoogs gekondenseerde vorm van DNA (styf opgerol) wat sigbaar word as chromosome net voor die sel verdeel Een chromosoom word gemaak uit 2 chromatiede wat verbind word met ‘n sentromeer Onderskei tussen: (onderskei= ken die verskil tussen) Haploïede (n) and diploïede (2n) selle in terme van die chromosoomgetal: Alle liggaamselle is diploïed (2n), wat die volle chromosoomgetal in elke sel is (2 stelle chromosome, een stel van jou ma en die ander stel van jou pa) Slegs geslagselle (gamete) is haploïed (n) omdat die chromosoomgetal gehalveer word tydens meïose. Somatiese selle en gamete: Somatiese selle – is liggaamselle Gamete – is geslagselle wat gebruik word vir seksuele voortplanting vroulike gelagselle/gamete= ovum; manlike geslagselle/gamete = spermselle Geslagschromosome (gonosome) and outosome : Geslagschromsome - gonosome bepaal jou geslag (manlik XY chromosome; vroulike XX chromosome) Alle ander chromosome in jou selle word outosome genoem Die mens het 23 paar chromosome, 22 paar outosome en 1 paar gonosome Definisie van meiose: Meiose is ‘n proses waartydens ‘n enkel sel twee keer verdeel om sodoende vier selle wat helfte van die oorspronklike aantal genetiese informasie bevat, te produseer (haploïed chromosoomgetal). Hierdie selle is ons geslagselle – spermsel in mans, eierselle in vrouens 12
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Waar vind meiose plaas? Meiose vind slegs plaas in die voortplantingsorgane By die mens: mans - in die testes vir die vorming van vrouens- in die ovaria vir die vorming van manlike gamete (spermselle) vroulike gamete (ova) In plante: Manlike deel - helmknoppe met stuifmeelkorrels om manlike gamete te produseer Vroulike deel - vrugbeginsel (ovarium) om vroulike gamete te produseer Fases van Meiose Meiose I - die aantal chromosome halveer Diploïed getal (2n) halveer tot die haploïed getal (n) Meiose II Soortgelyk as mitose (Aantal chromosome verminder nie) Interfase -die deel van die selsiklus wat plaasvind net voor Meiose I ● DNS replisering vind plaas ● Chromosome wat enkelstring is, verdubbel ● Elke chromosoom sal nou uit twee chromatiede wat deur ‘n sentromeer verbind word ● DNS replikasie help om die genetiese materiaal te verdubbel, sodat dit gedeel kan word deur die nuwe selle wat ontstaan vanuit selverdeling. Fases van Meiose Leer die fases van Meiose I, d.m.v. die volgende diagramme: (Fases: P M A T) Profase I Insluitend ‘n beskrywing van die oorkruising Metafase I Insluitend ewekansige rangskikking van chromosome Anafase I Telofase I 13
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Fases of Meiose: PROFASE 1 Chromatien netwerk word korter en dikker Chromosome word sigbaar Chromosome van homoloë pare lê langs mekaar Chromosome heg aan die spoelvesels by die sentromeer Homoloë chromosome ruil segmente van hul chromosome gedurende OORKRUISING OORKRUISING (in Profase I) Chromatiede raak by chiasmata aan mekaar op homoloë chromosome waar oorkruising plaasvind. Chromatiede breek by die chiasmata Chromosome van homoloë pare herkombineer Homoloë chromosome verruil segmente van die chromatiede (dele van chromosome / gene) Wat is die belangrikheid van die oorkruising? Dit lei tot genetiese variasie METAFASE I Spoelvesels is oor die hele sel versprei Homoloë chromosome rangskik hulself lukraak (geen vaste patroon) in homoloë pare op die metafaseplaat (ewenaar) Dit word ewekansige rangskikking genoem Dit dra ook by tot genetiese variasie Spoelvesels is geheg by die sentromere van die chromosome ANAFASE I Spoelvesels trek saam en trek homoloë pare uitmekaar Een volle chromosoom (2 chromatiede geheg by ‘n sentromeer) van elke paar beweeg na die teenoorgestelde pole TELOFASE I Chromosome bereik die pole van die sel Pole het slegs die helfte van die oorspronklike chromosome getal Selmembrane knyp af in die middle en die sitoplasma verdeel (genoem sitokinese) Die resultaat aan die einde van Meiose I is TWEE selle met helfte van die chromosome getal 14
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Meiose II - gebruik diagramme om die verskillende fases te identifiseer Profase II Elke sel wat gedurende Meïose I gevorm word, verdeel weer. Elke chromosoom het 2 chromatiede geheg by ‘n sentromeer Spoelvesels is besig om tussen die twee pole in elke sel te ontwikkel Metafase II Individuele chromosome rangskik hulself op die ewenaar (metafase plaat) van elke sel Ewekansige rangskikking van chromosome kan ook plaasvind gedurende Metafase II Spoelvesels heg aan die sentromere Anafase II Spoelvesels begin saamtrek Trek die sentromere apart, sentromere verdeel Chromatied word na die teenoorgestelde pole van elke sel Telofase II Enkelstring (ongerepliseerde) chromosome bereik die pole ‘n Nuwe nukleus word gevorm Selmembraan van elke sel knyp af in die middel Sitoplasma verdeel (sitokinese) Vier haploïede (n) selle word gevorm Elke sel (gameet) het slegs die helfte van chromosoomgetal van die oorspronklike sel (23 chromosome by die mens) Gamete is almal geneties verskillend Belangrikheid van Meïose: Produksie van haploïed gamete Die halveereffek van meïose voorkom die verdubbelingseffek van bevrugting, dus word ‘n konstante chromosoom getal behou van die een generasie na die volgende 15
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Meganisme om genetiese variasie te bring deur: Oorkruising (gedurend profase I) Die ewekansige rangskikking van chromosome op die ewenaar (gedurende metafase I en II) Ooreenkomstes tussen Mitose en Meiose: Seldeling vind plaas Vorm nuwe selle Begin met ‘n ouersel Verskille tussen Mitose en Meiose: (jy moet hierdie verskille kan tabuleer) Mitose Meiose Vind plaas in alle somatiese selle Vind slegs plaas in voortplantingsorgane Vorm liggaamselle Vorm gamete (geslagselle) Net een selverdeling Twee selverdelings Vorm 2 diploïede selle wat identies is Vorm 4 haploïede selle wat almal geneties verskillend Vrae: Meiose Vraag 1 1. Die diagram hieronder verteenwoordig AL die chromosome in 'n sel wat normale seldeling ondergaan. 1.1 Noem die: (a) Tipe seldeling wat in die sel in die diagram plaasvind (b) Fase van seldeling waartydens die chromosome optree soos in die diagram getoon word. 1.2 Waar in die vroulike liggaam van die mens sal die tipe seldeling genoem in VRAAG 1.1(a) plaasvind? 1.3 Gee die LETTER en die NAAM van die struktuur wat aan die spoeldrade vasheg. 1.4 Hoeveel chromosome sal aan die einde van hierdie seldeling in elke dogtersel gevind word? Antwoord: 1.1.1 (a) Meiose (b) Profase I 1.2 Meiose vind plaas in voortplantingsorgane daarom is die antwoord: ovarium 1.3 C - sentromeer 1.4 Daar is 6 chromosome in die diagram So aan die einde van meiose, sal daar 3 chromosome wees 16
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Vraag 2 Die onderstaande diagram stel ‘n sel voor tydens seldeling. 2.1 Noem die tipe seldeling wat in die diagram hierbo getoon word. (1) 2.2 Identifiseer die fase wat deur die diagram voorgestel word. (1) 2.3 Gee die LETTERS wat……verteenwoordig: (a) die struktuur wat die chromosoom /chromatiede na die pole trek tydens Seldeling (1) (b) die deel wat verantwoordelik is vir die vorming van die spoelvesels (1) (c) TWEE identiese chromatiede (2) 2.4 Hoeveeel chromosome sal in elke dogtersel aangetref word aan die einde van hierdie seldeling? (1) 2.5 Gee die naam van die selle wat as gevolg van hierdie tipe seldeling by ‘n man gevorm is. (1) Antwoord: 2.1 Meiose 2.2 metafase 1 2.3 (a) B (b) F (c) D en E 2.4 4 2.5 spermselle Vraag 3: 3. Die diagramme hieronder verteenwoordig verskillende fases van meiose in 'n organisme. 3.1 Identifiseer dele: (a) A (b) B (c) C 3.2 Identifiseer die fase wat in DIAGRAM 3 voorgestel word. 3.3 Skryf die nommers van die diagramme neer om die volgorde waarin die fases plaasvind, te toon. 3.4 Noem EEN verskil tussen metafase I en metafase II. Antwoord: 3.1 A sentromeer B homoloë chromosoompaar C spoeldrade 3.2 Anafase II 3.3 2 – 1 - 3 3.4 Metafase I – chromosome rangskik hulself in homoloë pare op die metaphase plaat Metafase II – chromosome lê enkel op die metafase plaat (ewenaar) 17
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Vraag 4: Die diagram hieronder verteenwoordig twee vorme van ‘n chromosoom. 4.1 Identifiseer deel A. (1) 4.2 Identifiseer die proses wat gelei het tot die vorming van die chromosoom wat deur diagram 2 voorgestel word. (1) 4.1 Sentromeer 4.2 DNS-replisering GENETIKA, Vraestel 2 – 48 punte Genetika is die studie van oorerwing en die variasies van geërfde eienskappe. TERMINOLOGIE: GENETIKA Chromosoom: DNA (chromatien) verdik (styf opgerol) en nou sigbaar as chromosome. Geen: Klein gedeelte van DNA (chromosoom) wat die kode bevat vir ‘n spesifieke eienskap of proteïen Alleel: alternatiewe vorms van ‘n geen wat op dieselfde plek op ‘n chromosoom. Lokus: die posisie van die gene op die chromosome Dominante Indien EEN dominante alleel teenwoordig alleel: is, sal dit altyd in die fenotipe sigbaar wees Resessiewe Word oorskadu deur ‘n dominante alleel in alleel: die fenotipe, is sigbaar slegs as albei allele resessief is. (of dominante allele is afwesig) Fenotipe: Fisiese voorkoms van ‘n organisme word Verteenwoordig deur woorde bepaal deur die genotipe (wat ons kan sien bv. bruin, wit, blond en rooi… van buite af) ens. Genotipe: Genetiese samestelling van die gene vir Verteenwoordig deur letters bv. ‘n spesifieke eienskap. BB; Bb and bb 18
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Homosigoties: Twee identiese allele vir ‘n spesifieke eienskap (BB of bb) Heterosigoties : Twee verskillende allele vir ‘n spesifieke eienskap (Bb) Monohibriede ‘n Genetiese kruising waar slegs een kruisings: kenmerk betrokke is, bv. Kleur van pels NB!! Elke Vraestel 2 SAL ‘n genetiese kruising insluit wat jy moet voltooi, wat gewoonlik 6 punte tel. Jy kan 2/6 punte behaal indien jy hierdie templaat/format kan neerskryf vir genetiese kruisings. Oefen dit oor en oor voordat jy Vraestel 2 gaan skryf. Formaat vir die voorstelling van ‘n genetiese kruising: P1 – generasie Fenotipe ____________ x _____________ Genotipe ____________ x _____________ Meiose Moontlike Gamete ___, ___ x ___, ___ Bevrugting (Punnet diagram) F1 – generasie Genotipe ________ Fenotipe ________ NB: P1 + F1 ✓ Meiose + bevrugting ✓ Volledige Dominansie: Die genotipes sal altyd voorgestel word deur EEN letter bv. B, maar kan beide die hoofletter B en kleinletter b in verskillende kombinasies vir die 2 allele. Moontlike fenotipes vir ouers (P1 generasie): bruin hare en rooi hare Moontlike genotipe kombinasies vir ouers (P1 generasie): BB (homosigoties dominant); Bb (heterosigoties dominant) en bb (homosigoties resessief) B – bruin is heeltemal (volledig) dominant oor b - rooi Kom ons oefen: 1. By honde is growwe hare (H) dominant oor gladde hare (h). ‘n Hond met heterosigoties growwe hare word met ‘n hond met gladde hare geteel. Stel ‘n genetiese kruising voor om die fenotipiese verhouding van die babahondjies aan te toon. 19
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Antwoord: P – generasie Fenotipe growwe hare x gladde hare 1 Genotipe Hh x hh Meiose Moontlike Gamete H ; h x h; h Bevrugting H h h Hh hh h Hh hh F1 - generasie Genotipe: 2 Hh; 2 hh Fenotipe: 2 growwe hare; 2 gladde hare *Fenotipiese verhouding: 2 : 2 (*verpligte punt – in die vraag gevra) 2. Nog ‘n voorbeeld om te oefen: By konyne word swart pels deur die alleel (B) en wit pels deur die alleel (b) veroorsaak. Die tabel hieronder toon die genotipes van ‘n paar konyne. KONYN GENOTIPE 1 BB 2 Bb 3 bb Gebruik ‘n genetiese kruising om die persentasie kans te toon dat konyn 1 en 3 ‘n nageslag met wit pels sal hê. (6) Antwoord: P1 – generasie Fenotipe konyn 1(swart pels) x konyn 3(wit pels) Genotipe BB x bb Meiose Moontlike Gamete B; B x b; b Bevrugting B B b Bb Bb b Bb Bb F1 – generasie Genotipe: 4 Bb Fenotipe: almal swart pels *% kans vir wit pels = 0 % (* verpligte vraag – in vraag gevra) 20
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Nog Genetika vrae: Veelkeuse vrae 1. Krulhare is dominant oor reguit hare. ‘n Vrou wat homosigoties is vir krulhare, trou met ‘n man wat homosigoties is vir reguit hare. Wat is die moontlikheid dat hulle ‘n kind sal produseer met reguit hare? A 25% B 50% C 100% D 0% 2. Wanneer ‘n individu wat homosigoties dominant vir ‘n bepaalde eienskap is, gekruis word met ‘n individu wat homosigoties resessief vir die eienskap is, sal die nageslag almal……..wees. A homosigoties dominant B homosigoties resessief C heterosigoties D opreg geteel 3. Die diagram regs toon die allele vir hoogte in ‘n blomplant:(T=lank; t=kort) Die plant is.. A. Homosigoties dominant vir hoogte B. Heterosigoties vir hoogte C. Homosigoties resessief vir hoogte D. Onvolledig dominant vir hoogte 4. Antwoord: 1. D 2. C 3. B 4. C 21
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Terminologie vrae: 1. ’n Alleel wat nie die fenotipe beïnvloed wanneer dit in die heterosigotiese toestand voorkom nie. 2. Die posisie van ’n geen op ’n chromosoom. 3. Die fisiese of funksionele uitdrukking van ’n geen. 4. ’n Gedeelte van ’n DNS molekuul wat vir ’n spesifieke kenmerk kodeer. 5. Alternatiewe vorme van ’n geen by dieselfde lokus. 6. ’n Genetiese kruising wat EEN kenmerk behels. 7. Die tipe oorerwing waar die dominante allele die resessiewe allele in die heterosigotiese toestand onderdruk/oorskadu. 8. ‘n Genetiese kruising wat slegs EEN kenmerk insluit. Antwoord: 1. Resessiewe fenotipe 2. Lokus 3. Fenotipe 4. Geen 5. Allele 6. Monohibried 7. Volledige dominansie 8. Monohibried EVOLUSIE Vraestel 2 – 54 punte Evolusie is: verandering oor tyd…. Met die omgewing wat bepaal watter individue in ‘n spesie sal kan oorleef en en dan voortplant Evolusie: kan lei tot die ontwikkeling van nuwe spesies uit vorige vorms (Spesiasie). Biologiese evolusie: verwys na die genetiese veranderings in bevolkings oor baie generasies wat tot nuwe spesies gelei het. Evolusie: is `n proses van verandering oor tyd waar spesies/bevolkings tot hulle veranderde omgewing oorleef. NB!! SPESIE: ‘n Groep organismes met soortgelyke kenmerke, wat kan inteel EN vrugbare nakomelinge produseer. NB!! BEVOLKING: ‘n Groep organismes met soorgelyke kenmerke wat in dieselfde area voorkom wat kan inteel en vrugbare nakomelinge produseer. 22
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Bronne van variasie wat tussen individue van dieselfde spesies ontstaan: 1. Meiose -Oorkruising (profase 1) -Ewekansige rangskikking van chromosome (metafase 1) 2. Mutasies Mutasies is veranderinge in die DNA van chromosome 3. Ewekansige bevrugting (‘random’ bevrugting van gamete) 4. Ewekansige paring (van mannetjie en wyfies) Lamarck se ‘Wette’: 1. Wet van gebruik en ongebruik Organe verander of pas aan soos hulle gebruik word. Indien meer gebruik word – raak groter, nie gebruik – raak kleiner of verdwyn 2. Wet van verworwe kenmerke: Aanpassings wat deur gebruik en ongebruik gebeur het, word oorgedra na die volgende generasie (nakomelinge) Diere het aangepas tot die omgewing en hierdie aanpassings word oorgedra na die volgende generasie. Lamarck se wette word VERWERP: Slegs genetiese material (in jou DNA) kan oorgedra word en nie iets wat jy in jou lewe verwerf het nie. Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie: NB!!(soos in die eksamenriglyne) Daar is 'n groot mate van variasie onder die nakomelinge. Sommige besit gewenste eienskappe en sommige nie. NB!! Baie Wanneer daar 'n verandering in die omgewingstoestande is of kompetisie ontstaan, belangrik – sal organismes met eienskappe wat hulle geskikter maak, oorleef ken goed!! terwyl organismes met eienskappe wat hulle minder geskik maak, uitsterf. Die organismes wat oorleef, plant voort en dra dus die alleel vir die gewenste eienskap aan hul nakomelinge oor. Die volgende generasie sal dus 'n groter verhouding hê van individue met die gewenste eienskap. Gepunte Ewewig: verduidelik die tempo waarteen evolusie plaasvind Evolusie behels lang periodes waartydens spesies glad nie verander nie of geleidelik deur natuurlike seleksie verander (bekend as ewewig). Dit word afgewissel met (word gepunt deur) kort periodes waartydens vinnige veranderinge deur natuurlike seleksie plaasvind waartydens nuwe spesies oor 'n kort periode kan vorm. 23
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Kunsmatige seleksie Die mens doen al baie lank eksperimente om organismes te teel of te ontwikkel wat sekere geselekteerde gewenste kenmerke besit, byvoorbeeld: • beter gehalte oes en • groter hoeveelhede melk wat deur melkkoeie geproduseer word • Of suikerriet wat droogte kan weerstand of ‘n hoe suikerinhoud besit • Of graan wat bestand is teen peste Dit word deur kunsmatige seleksie gedoen. Verskille tussen Natuurlike Seleksie en Kunsmatige Seleksie Definisie van Spesiasie: Die vorming van ‘n nuwe spesie: (kyk na die voorbeelde hieronder) Identifiseer die geografiese versperring in hierdie diagramme Baie belangrik!! KEN dit NB!!!~Spesiasie/Spesievorming deur middel van geografiese isolasie: ● As 'n bevolking wat deur 'n geografiese versperring (see, rivier, berg, meer) geskei word ● dan verdeel die bevolking in twee. ● Daar is nou geen geenvloei tussen die twee bevolkings nie ● Omdat elke bevolking aan verskillende omgewingstoestande blootgestel kan word/die seleksiedruk anders mag wees, ● vind natuurlike seleksie onafhanklik in elk van die twee bevolkings plaas ● in so 'n mate dat die individue van die twee bevolkings baie van mekaar begin verskil, ● genotipies en fenotipies. ● Selfs al sou hierdie twee bevolkings weer met mekaar meng, ● sal hulle nie in staat wees om te kan kruisteel nie. ● Die twee bevolkings is nou verskillende spesies. 24
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Evolusie: Vrae Vraag 1 Beskryf hoe Darwin evolusie aan die hand van die kameelperd bevolking se nekke verduidelik het. (6) -variasie Daar is variasie in die kameelperdbevolking, -gewenste en ongewenste sommige het lang nekke en ander kort nekke -omgewings- Omdat daar meer voedsel (blare) hoër in die bome is toestand/kompetisie -geskikter oorleef Sal die kameelperde met lang nekke oorleef -ongewensde sterf En kameelperde met kort nekke het gesterf -oorleef, plant voort Die kameelperde wat oorleef, plant voort - dra alleel vir gewenste En dra die alleel vir lang nekke oor na die volgende generasie kenmerk oorgedra -groter verhouding geskikte Oor tyd sal daar is ‘n groter verhouding van langnek kameelperde kenmerke in die bevolking wees Vraag 2 Daar is twee variasies in die kleur van Die diagram hieronder verteenwoordig koningsslange. Sommige het 'n helder kleurvolle die verspreiding van die slange. patroon en ander het 'n dowwe patroon. Koningsslange is nie giftig vir hulle predatore nie. Koraalslange het ook 'n helder kleurpatroon, maar is giftig vir hulle predatore. Dit is 'n verdedigingsmeganisme omdat predatore hulle vermy. Wetenskaplikes het waargeneem dat waar koningsslange dieselfde habitat met koraalslange deel, daar meer koningsslange met helder kleurvolle patrone was. Gebruik Darwin se evolusieteorie deur natuurlike seleksie om te verduidelik hoekom daar meer helderkleurige koningsslange in hierdie habitat is. (6) Antwoord: -variasie Daar is variasie in die koningslangbevolking, -gewenste en ongewenste sommige het helder kleurvolle patroon en ander dowwe patroon -omgewings- Omdat predatore dink dat helder kleurvolle patroon koningslange toestand/kompetisie giftig is -geskikter oorleef Sal die helder kleurvolle koningslange oorleef -ongewensde sterf En die dowwe patroon koningslange word geëet deur die predatore -oorleef, plant voort Die helder kleurvolle koningslange wat oorleef, plant voort - dra alleel vir gewenste En dra die alleel vir helder kleurvolle patroon oor na die volgende kenmerk oorgedra generasie koningslange -groter verhouding geskikte Oor tyd sal daar is ‘n groter verhouding van helder kleurvolle kenmerke patroon koningslange in die bevolking wees 25
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Vraag 3 1. Wie het hierdie verskynsel eerste geïdentifiseer? (1) 2. Noem die gunstige eienskap vir hierdie slakbevolking om te oorleef. (1) 3. Beskryf TWEE verskillende tipes mutasies wat variasie in 'n bevolking kan veroorsaak. (4) Antwoord: 1. Darwin 2. Swart skulpe 3. Geen mutasie  Het 'n verandering in die nukleotiede volgorde in die DNS/DNA-molekule tot gevolg Chromosoom mutasie  Het die aantal of strukture van die chromosoom verandering gedurende meiose tot gevolg  4. Tabuleer DRIE verskille tussen natuurlike seleksie en kunsmatige seleksie. (7) 26
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Vraag 5 Die aarde was oorspronklik een groot landmassa wat later uitmekaar gedryf het en die kontinente gevorm het soos ons dit vandag ken. Die volgende twee diagramme toon baobabbome (kremetartbome) onderskeidelik gevind op die kontinent vanAfrika (Diagram I) en die kontinent van Madagaskar (Diagram II). Verduidelik hoe die twee spesies van baobabbome (kremetartbome) hierbo moontlik kon ontstaan het. Antwoord: bevolking geskei deur As 'n kremetartboom bevolking wat uit 'n enkele spesie geografiese bestaan deur 'n kontinentale drywing (see) geskei word, versperring verdeel die bevolking in twee. Geen geenvloei Daar is nou geen geenvloei tussen die twee kremetartboombevolkings nie Agv verskillende Omdat elke kremetartboombevolking aan verskillende omgewingstoestande omgewingstoestande blootgestel kan word/die seleksiedruk anders mag wees, natuurlike seleksie vind natuurlike seleksie onafhanklik in elk van die twee onafhanklik kremetartboombevolkings plaas individue verskil in so 'n mate dat die individue van die twee kremetartboombevolkings baie van mekaar begin verskil, genotipes en fenotipes genotipies en fenotipies. Indien weer meng, sal Selfs al sou hierdie twee kremetartboombevolkings weer met nie kruisteel mekaar meng,sal hulle nie in staat wees om te kan kruisteel nie verskillende spesies is Die twee bevolkings is nou twee verskillende spesies gevorm kremetartbome in Afrika en Madagaskar 27
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Vraag 6 Die onderstaande diagramme toon ʼn proses van evolusie. Die diagram illustreer die gebeure wat in die konynbevolking oor baie jare plaasgevind het. Bestudeer dit en beantwoord die vrae wat volg. Gebruik die diagram om te verduidelik hoe die twee nuwe spesies uit die oorspronklike bevolking ontstaan het. (6) Antwoord: bevolking geskei deur As 'n konynbevolking wat uit 'n enkele spesie bestaan deur 'n geografiese versperring geografiese versperring (grondverkskuiwing) geskei word,dan verdeel die bevolking in twee. Geen geenvloei Daar is nou geen geenvloei tussen die twee konynbevolkings nie Agv verskillende Omdat elke konynbevolking aan verskillende omgewingstoestande omgewingstoestande blootgestel kan word/die seleksiedruk anders mag wees, natuurlike seleksie vind natuurlike seleksie onafhanklik in elk van die twee onafhanklik bevolkings plaas individue verskil in so 'n mate dat die individue van die twee konynbevolkings baie van mekaar begin verskil, genotipes en fenotipes genotipies en fenotipies. Indien weer meng, sal Selfs al sou hierdie twee konynbevolkings weer met mekaar nie kruisteel meng,sal hulle nie in staat wees om te kan kruisteel nie verskillende spesies is Die twee konynbevolkings is nou verskillende spesies gevorm 28
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 MENSLIKE EVOLUSIE Filogenetiese boom om die plek van familie Hominidae aan te dui. Alle hominiede behoort aan hierdie familie Gemeenskaplike voorouer Die onderstaande diagram wys die moontlike verwantskappe tussen lede van die Hominidae familie. Wat noem ons hierdie tipe diagram? ‘n filogenetiese boom Nog ‘n tipiese vraag is: Noem die gemeenskaplike voorouer in hierdie diagram. Australopithecus Kenmerke wat die mens in gemeen het met Afrika-ape: Groot brein Oë voor Vrylik roterende arms Lang boarms Rotasie by die elmbooggewrig Kaal vingerpunte, naels ipv kloue Opponerende duim Regop postuur 29
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Anatomiese verskille tussen mense en Afrika-ape: Kenmerk Mense Afrika- Ape Foramen Foramen magnum in ‘n vorentoe Foramen magnum meer na agter geleë magnum posisie Kranium Groter kranium Kleiner kranium Ruggraat Meer gekromde (S-vormige) Minder gekromde (C-vormig) ruggraat ruggraat Tande Kleiner tande/ slagtande Groter tande/ slagtande Kake Minder uitstaande kake/ nie Meer uitstaande kake/ prognaat prognaat Vorm van Klein en halfsirkelvormig Lank en reghoekig verhemelte Kraniale riwwe Geen kraniale rif Kraniale riwwe oor die skedeldak Wenkbrou-riwwe Wenkbrou-riwwe nie goed Wenkbrou-riwwe goed ontwikkeld. ontwikkeld nie. Foramen magnum: Meer vorentoe by die mens Meer agtertoe by die sjimpansee Kranium - die area waarin die brein pas 30
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Ruggraat Tande en vorm van die verhemelte Meer gerond Meer reghoekig Kake Kraniale riwwe en wenkbrou riwwe 31
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Heupgordel: Lank en nou Kort en wyd Fossielbewyse toon die anatomiese verskille oor tyd in die volgende genera (een genus, baie genera) Genus: Ardipithecus Genus: Australopithecus Genus: Homo Nota: jy moet die Genus en die Spesie kan identifiseer soos hieronder. Gee the genus en die spesies van: 1. Australopithecus Sediba - Genus: Australopithecus; Spesie: Sediba 2. Homo Habilis - Genus: Homo; Spesie: Habilis Uit Afrika Hipotese: Bewyse vir die Uit Afrika-hipotese - jy moet die volgende goed ken Fossielbewyse: inligting oor elk van die volgende fossiele wat dien as bewyse vir die Uit Afrika-hipotese: 1. Ardipithecus (fossiele wat slegs in Afrika gevind is) 2. Australopithecus (fossiele wat slegs in Afrika gevind is, Karabo, Little Foot, Taung Child, Mrs Ples) ingesluit 3. Homo (fossiele van Homo habilis wat slegs in Afrika gevind is; oudste fossiele van Homo erectus en Homo sapiens wat in Afrika gevind is, terwyl die jonger fossiele is in ander dele van die wêreld 32
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Vrae: Menslike Evolusie 1. Die onderstaande diagram wys die moontlike verwantskappe tussen lede van die Hominidae familie. 1.1 Wat is die naam wat gegee word vir die tipe diagram hierbo? (1) 1.2 Hoeveel van elk van die volgende word voorgestel in die diagram? (a) Genera (1) (b) Spesies (1) 1.3 Verduidelik waarom A. robustus en A. boisei nader verwant is aan mekaar as A. boisei en A. afarensis. (2) 1.4 Watter van die hominiede in die bostaande diagram word oorweeg as die eerstes om gereedskap te gebruik? (1) 1.5 Noem TWEE Australopithecus fossiele wat in Suid-Afrika gevind is. (2) 1.6 Verduidelik hoe die ligging en die ouderdom van die Homo fossiele gebruik kan word as bewyse vir die ‘uit Afrika’ hipotese. (3) Antwoord: 1.1 filogenetiese boom 1.2 (a) 2 (b) 7 1.3 Daar is ‘n gemeenskaplike voorouer van boisei en robustus op die filogenetiese boom wat jonger is as A.afarensis, daarom is boisei en robustus nader aan mekaar verwant 1.4 Homo habilis 1.5 Mrs Ples Little foot Taung kind Sediba 1.6 Omdat Homo fossiele van Homo habilis slegs in Afrika gevind is; oudste fossiele van Homo erectus en Homo sapiens in Afrika gevind is, en die jonger fossiele is in ander dele van die wêreld gevind is, is dit bewyse dat Homo fossiele uit Afrika migreer het, maar hulle oorsprong in Afrika gehad het 33
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 2 Die diagram hieronder stel die gefossileerde skedels van drie verskillende primaatspesies voor. Hulle was óf tweevoetig óf viervoetig (organismes wat gewoonlik op al vier ledemate loop). 2.1 Benoem deel X en die tipe tande by (2) 2.2 Verduidelik die belangrikheid van die ligging van struktuur X in organisme C. (3) 2.3 Watter van die skedels (A, B of C) behoort aan: (a) ‘n Australopithecine (1) (b) 'n Viervoetige primaat (1) 2.4 Verduidelik hoe die verandering in die skedel van B na C 'n verandering in intelligensie kan aandui. (3) 2.5 Tabuleer TWEE waarneembare verskille, behalwe dié genoem in VRAAG 2.2 en 2.4, tussen skedels B en C wat tendense in menslike evolusie aandui. (5) Antwoord: 2.1 Deel X - foramen magnum Tipe tande Y - slagtande 2.2 Die foramen magnum (X) is meer vorentoe geleë in organisme C wat aandui dat organisme C bipedaal is en regop loop 2.3 (a) B (b) A 2.4 Die kranium van C is baie groter as B. Dit dui aan dat die brein van C ook groter is as B vir meer denkvermoë en intelligensie 2.5 Skedel B Skedel C Oogbank riwwe meer prominent Oogbank riwwe minder prominent Meer prognaat Minder prognaat Vorm van die verhemelte meer reghoekig Vorm van die verhemelte meer gerond 3 Mense en Afrika-ape deel baie eienskappe, maar hulle is duidelik verskillende spesies. 3.1 Noem VYF eienskappe wat mense met Afrika-ape deel. (in gemeen het) (5) Antwoord: ● Groot brein ● Oe voor ● Vrylik roterende arms ● Lang boarms ● Rotasie by die elmbooggewrig ● Kaal vingerpunte, naels ipv kloue ● Opponerende duim ● Regop postuur (enige 5) 3.2 Beskryf hoe elk van die volgende strukture verskil tussen mense en ape: (a) Werwelkolom (2) (b) Bekkengordel (2) 34
Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022 Mense Ape Werwelkolom S-vormig (minder gekrom) C-vormig (meer gekrom) Bekkengordel Kort en wyd Lank en nou 4 Die diagramme hieronder toon die bokake van sommige fossiele. Hierdie diagramme is volgens skaal geteken. 4.1 Beskryf EEN sigbare verskil tussen die kaak van 'n sjimpansee en dié van Homo sapiens wat tendense in menslike evolusie toon. 4.2 Gebaseer op die verskille in gebit, watter gevolgtrekking kan oor die verandering in dieet van Australopithecus afarensis na Homo sapiens gemaak word? 4.3 Australopithecus kan as 'n oorgangspesie tussen die sjimpansee en Homo sapiens beskryf word. (a) Definieer ‘n oorgangspesie. (b) Gebruik EEN sigbare eienskap van die kaak om te verduidelik hoekom A. afarensis moontlik as 'n oorgangspesie beskryf kan word. Antwoord: 4.1 Sjimpansee Homo sapiens Meer reghoekig Meer gerond Groter kaak Kleiner kaak Groter spasies tussen die tande Klein/geen spasies tussen die tande Groter slagtande/tande Kleiner slagtande/tande 4.2 Omdat die slagtande van Homo sapiens kleiner is as die van A.Afarensis, dui dita an op ‘n dieet waar Homo voedsel gekook het voordat hulle dit eet en het dus nie groot slagtande nodig nie. A.Afarensis se dieet sluit nog rou voedsel wat geskeur moet word deur die slagtande. 4.3 ‘n oorgangspesie bevat kenmerke van die spesie voor en na sy tydlyn, en is dus die ‘tussen-in’ spesie 4.4 Die kaak van sjimpansee is reghoekig en die van Homo sapiens meer gerond. A.afarensis se kaak se vorm is nie so reghoekig of gerond maar tussen in die twee. Die kaak is kleiner as dié van die sjimpansee maar groter as dié van Homo sapiens Die slagtande/tande is kleiner as dié van die sjimpansee maar groter as dié van Homo sapiens 35

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Life Sciences.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Life Sciences

View all