Skip to content

Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

MemorandumLife OrientationGrade 12202121 pages

Grade 12 Life Orientation memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 6 SEPTEMBER 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 2 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 C () 1.1.2 D () 1.1.3 B () 1.1.4 D () 1.1.5 A () (5) 1.2 1.2.1 Dehidrering/dehidrasie/ontwatering () 1.2.2 Kuberkundig/-skrander () 1.2.3 Balans () (3) 1.3. 1.3.1. Gee TWEE voorbeelde van moontlike geslagsongelykheidspraktyke in die werkplek. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt () vir elke antwoord. Moontlike antwoorde kan insluit:  Ongelyke betaling vir dieselfde werk wat gedoen word ()  Vroue en jongmeisies as objekte beskou ()  Sekere geslagte wat meestal die onbetaalde werk doen ()  Etikettering/stereotipering op grond van geslag ()  Ongelyke geslagsverteenwoordiging ()  Diskriminasie gebaseer op geslag/gestremdheid/ras/klas/ ouderdom ()  Beperkings tot leierskapposisies wat op geslag gebaseer word()  Behandeling van vroue/mans/ander geslagte as een homogene/gelyksoortige groep ()  Vroue wat beskou word as die swakker geslag wat nie werksdruk kan hanteer nie ()  Verwagtinge wat op 'n spesifieke geslag geplaas word wat hulle negatief kan beïnvloed ()  'n Spesifieke geslag vir 'n werk kies op grond van selfvertroue/-versekerdheid in plaas van bevoegdheid()  Te wyte aan regstellende aksie, mag mans oor die hoof gesien word vir sekere posisies ()  Enige TWEE van die bostaande antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 3 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 1.3.2 Verduidelik hoekom die rook van sigarette 'n negatiewe uitwerking op jou fisiese voorkoms kan hê. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Rook kan…  'n tekort aan suurstof in die bloedvate tot gevolg hê () wat _______ kan veroorsaak. (enige een van die volgende kwalifiseerders/motiverings) () - 'n verandering in velkleur - onegalige velkleur/vlekke/merke op die vel - slegte asem - geel oë - vlekke op die naels/vingers  skade aan/verkleuring van die tandvleis en tande  lei tot 'n hoë konsentrasie van chemikalieë in die liggaam () wat _____ kan veroorsaak. (enige een van die volgende kwalifiseerders/motiverings) () - verslapping van/swakker elastisiteit die vel - diep plooie in die gesig  die natuurlike groeiproses van die hare versteur () wat verdunning van die hare/haarverlies/haarloosheid/bles by sommige kan veroorsaak. .()  'n afname in aptyt veroorsaak () wat onnatuurlike gewigsverlies tot gevolg kan hê. .()  Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) 1.3.3 Hoekom dink jy behoort munisipaliteite regulasies gereeld aan te pas? Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt () vir elke antwoord. Dorpswette behoort aangepas te word, want…  die omgewing in 'n gemeenskap waar mense leef, verander van tyd tot tyd. ()  verouderde wette kan die gesondheid en veiligheid van mense in gevaar stel. () Dorpswette behoort aangepas te word om te verseker dat …  dit relevant/van toepassing bly tot die steeds veranderende behoeftes van die gemeenskap. ()  die prosedures/metodes/praktyke wat gebruik word om alle lede van die gemeenskap te beskerm, effektief is. ()  die konstitusionele reg tot 'n veilige samelewing ten alle tye handhaaf word. ()  Enige TWEE van die bostaande antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 4 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 1.3.4 Bespreek die belangrikheid daarvan om haalbare gesondheids- en fiksheidsdoelwitte te stel. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Dit is belangrik sodat dit…  makliker kan wees om jouself te reguleer () wat jou kan aanmoedig om verantwoordbaar aan jouself te bly.()  jou kan help om spesifiek te wees oor jou doelwitte () wat jou 'n duidelike idee kan oor gee watter aksies jy moet neem om jou doelwitte te bereik. ()  jou kanse kan verhoog om jou doelwitte suksesvol te voltooi() wat jou kan motiveer om groter doelwitte te stel namate jy vorder. ()  kan verhoed dat jy ontmoedig word deur onrealistiese doelwitte () wat jou kan help om dwarsdeur jou missie gemotiveerd te bly. ()  kan verseker dat jy geniet wat jy moet doen om jou doelwitte te bereik () wat kan voorkom dat jy gefrustreerd raak/in die versoeking kom om op te gee op jou doelwitte nie. ()  makliker kan wees om jou vordering te monitor () wat jou kan help om gefokus te bly op jou doelwitte. ()  Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 1.4 1.4.1 Verduidelik waarom entrepreneurs risiko's behoort te neem. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Dit kan…  hulle dryf om hulle doelwitte vir die besigheid te bereik () wat kan help om die sukses van die besigheid te verseker.()  nuwe geleenthede skep () wat kan verhoed dat die besigheid moontlik moet sluit/help dat die besigheid groei.()  hulle help om mislukking te aanvaar wat gepaard gaan met risiko's neem () wat hulle kan toelaat om mislukking te sien as 'n geleentheid om te leer/verbeter. ()  innoverende idees aanwakker om nuwe produkte/dienste te lewer () wat kan verseker dat hulle die kan voorsien in die veranderende behoeftes van kliënte/nuwe kliënte kan trek.()  hulle help om die vrees vir mislukking te oorkom () wat hulle meer vertroue kan gee om nuwe uitdagings die hoof te bied.()  hulle help om hulle sterk- en swakpunte te ontdek () wat hulle kan motiveer om nuwe vaardighede aan te leer en die bestaande vaardighede te ontwikkel. ()  Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 5 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 1.4.2 Beveel EEN manier aan waarop 'n potensiële entrepreneur kan bepaal of 'n besigheidsgeleentheid finansieel lewensvatbaar sal wees. Motiveer jou antwoord. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. 'n Potensiële entrepreneur kan...  vasstel of daar 'n aanvraag/behoefte is vir die produkte/ dienste wat hy/sy wil verkoop/lewer () om te bepaal of die produk verkoopbaar is/daar 'n volhoubare kliëntebasis vir die diens is. ()  'n geskikte ligging vir die besigheid identifiseer () om te verseker dat potensiële klante maklike toegang tot die besigheid het. ()  navorsing doen oor die kompetisie () om verliese as gevolg van oorversadigde mark te voorkom. ()  die nismark/'n spesifieke/klein teikengroep in die mark identifiseer () om sodoende 'n gespesialiseerde produk/diens te voorsien wat aan die vereistes van hierdie verbruikers voldoen. ()  bepaal wat die lopende uitgawes van die besigheid sal wees (bv. elektrisiteit, telefoon, huur, vervoer) () om 'n balans tussen die inkomste en uitgawes te verseker. ()  die besigheids-idee vooraf toets ()om te bepaal of die idee winsgewend sal wees. ()  navorsing doen oor hoe om die produk/diens te bemark () om te verseker dat die besigheid sal suksesvol sal wees. ()  Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 6 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING B (VERPLIGTEND) 1. In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne geskryf word. Vir 'n 3- of 4-punt vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte dus toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee. 2. Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde. VRAAG 2 2.1 Gee 'n definisie vir die term persoonlikheid. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Definisie: Persoonlikheid is...  'n samestelling van karaktertrekke/-eienskappe of kwaliteite () wat die kenmerkende karakter van 'n individu vorm. ()  die kenmerkende denkpatrone, gevoelens en gedrag () wat 'n persoon uniek maak. ()  'n reeks emosionele kwalitieite, optredes en houdings () wat een persoon anders van 'n ander maak. () Persoonlikheid…  sluit beide die inherente en aangeleerde gedragskenmerke in () wat een persoon van 'n ander onderskei. ()  omvat die gemoedstemmings, houdings en opinies van 'n persoon () wat duideliker uitgebeeld word deur die interaksie met ander mense.()  Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) 2.2 Noem TWEE faktore wat daartoe kon bydrae dat 'n jong persoon positiewe persoonlikheidseienskappe tydens kinderjare ontwikkel het. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt () vir elke voorbeeld. Faktore kan insluit:  Konsekwente/beginselvaste dissiplinêre maatreëls deur ouers/broers en susters/onderwysers/versorgers ()  Dissiplinêre maatreëls wat 'n kind kon lei oor hoe om gop 'n gepaste wyse op 'n situasie te reageer ()  Ouers wat 'n situasie as 'n verenigde front hanteer ()  Emosionele ondersteuning van ouers/broers en susters/uitgebreide familie/portuurs ()  Blootstelling aan mense met 'n positiewe uitkyk op die lewe ()  Opgegroei het onder liefdevolle, goedversorgde omstandighede ()  Gelei was deur kulturele waardesisteme/religieuse-/geloofs- oortuigings()  Enige TWEE van die bostaande antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 7 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 2.3 Verduidelik hoe 'n negatiewe houding teenoor die lewe jou kommunikasie met ander kan beïnvloed. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Dit kan daartoe lei dat jy…  bevooroordeeld teenoor ander is () wat kan veroorsaak dat jy altyd fout vind met ander wanneer jy met hulle kommunikeer. ()  afbrekend/kortaf/bars is in jou kommunikasie met mense () wat alle vorme van kommunikasie/interaksie kan beperk/miskommunikasie met ander kan veroorsaak. ()  gedurig oor alles kla () wat kan veroorsaak dat mense kommunikasie met jou vermy/nie kommunikasie met jou wil aanknoop nie. ()  altyd dit wat ander sê verwerp/minag () wat kan veroorsaak dat mense nie inligting/idees/aangeleenthede met jou wil deel nie. ()  oordryf/dinge erger maak as wat dit is () wat angstigheid/vrees in ander kan wek wanneer hulle met jou kommunikeer. ()  Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 2.4 Bespreek waarom die vermyding van konflik vir enige verhouding ongesond is. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Dit kan…  mense weerhou daarvan om die konflik op te los () wat die situasie net kan vererger. ()  veroorsaak dat jy onttrek/in jouself gekeer raak () wat tot onherstelbare verskille in die verhouding kan lei. ()  die probleem vererger () wat tot verdere/op die lange duur tot ander kwessies kan lei. ()  bydrae tot die betrokkenes se bestaande emosionele stres () wat die onenigheid/skeuring tussen die partye kan vererger. ()  veroorsaak dat 'n individu sy/haar ware gevoelens opsy moet skuif () wat tot frustrasie/ woede kan lei en daardie persoon se gesondheid negatief kan beïnvloed. ()  die vertroulikheid/nou band in die verhouding benadeel, () want alle openhartige kommunikasie met die ander persoon kan belemmer/ beëindig word. ()  'n verbrokkeling in kommunikasie/gespanne gevoelens teweegbring() aangesien die vertroue en eerlikheid in die verhouding verloor kan word. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 8 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 2.5 Waarom, dink jy, kan skikking (kompromieë aangaan) nie altyd as die mees ideale manier beskou word om meningsverskille op te los nie? Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit:  Aangesien 'n skikking/kompromie van beide kante verwag om iets op te gee sodat 'n ooreenkoms bereik kan word, () kan dit tot gevolg hê dat nie een van die partye tevrede is nie. ()  Wanneer iemand 'n skikking/kompromie as 'n verskuilde agenda gebruik/misbruik maak van die ander persoon se gewilligheid om te skik () kan daar mettertyd 'n patroon ontstaan waar een individu altyd sy/haar sin mag kry/die ander persoon manipuleer om sy/haar sin te kry. ()  'n Skikking/kompromie kan soms as 'n swakheid geskou word () wat kan veroorsaak dat mense hulpeloos/weerloos voel in die situasie. ()  Sommige mense mag voorgee dat hulle skik/'n kompromie aangaan terwyl hulle eintlik heeltemal anders voel oor die situasie () wat tot 'n wrok/gegriefdheid/haatdraendheid tussen die partye kan lei.()  'n Skikking/kompromie kan gesien word as 'n geval waar die ander party altyd tevrede gestel word () en dit kan gevoelens van bitterheid teenoor die ander party veroorsaak. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) 2.6 Hoe sou jy jou manier om veranderinge in enige verhouding te hanteer, verbeter? Dui ook in ELKE antwoord aan hoe die verbetering van hierdie hanteringsvaardighede jou kan help om die veranderinge in jou verhoudings te aanvaar. Punte moet soos volg toegeken word: DRIE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Jy kan…  evalueer watter mate van beheer jy oor 'n situasie in die verhouding het () deur te bepaal waarvoor jy verantwoordelikheid kan neem () en sodoende mag jy in staat wees om dit te aanvaar wat jy nie kan verander in die verhouding nie. ()  aanvaar dat, om verandering in die lewe te ondervind, onvermydelik is() wat jou in staat kan stel om skielike/onverwagse teleurstelling in 'n verhouding beter te hanteer () en dit kan jou help om die uitdagings in 'n verhouding die hoof te bied. ()  'n bewustelike besluit neem om nie die nodige aksies wat jy in 'n spesifieke situasie moet neem, uit te stel nie () sodat jy nie oorweldig word deur die onafwendbare nie () en dit kan jou help om vrede te maak met jou nuwe situasie. ()  beter selfsorg uitoefen/beter na jouself omsien wanneer jy enige vorm van verlies ervaar (die dood van geliefde/einde van 'n verhouding) () wat jou in staat kan stel om enige vorm van hartseer wat jy mag ervaar, beter te hanteer () en dit mag die risiko van angs oor jou omstandighede wat verander het, verlaag. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 9 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  meer bedag wees op jou denkpatrone/die manier hoe jy dink () sodat jy in staat kan wees om te evalueer hoe rasioneel/irrasioneel jou denke is () en dit kan jou help om nie soos 'n mislukking te voel omdat jy die ergste verwag in die verhouding nie. ()  visualiseer jouself in die toekoms van hierdie veranderde omstandighede () wat jou kan help om meer hoopvol oor die toekoms te wees () en dit kan jou help om meer positief te voel oor dit wat voorlê. ()  herinner jouself aan oorgangstydperke/uitdagings wat jy suksesvol bestuur het in die verlede () sodat jy kan oorweeg watter eienskappe/aksies jou deur die huidige uitdagings in jou verhouding kan dra () en dit kan jou help om te besef hoe sterk jy is wanneer jy enige verandering in 'n verhouding moet hanteer. ()  verandering beskou as 'n geleentheid om te groei in jou verhouding () wat jou kan help om te fokus op wat jy kon leer uit hierdie nuwe verwikkelinge () en dit kan jou help om te bepaal wat jou prioriteite vorentoe in die verhouding gaan wees. ()  jouself bewus maak van die feit dat 'n verandering in 'n verhouding ook positief kan wees () wat jou kan help om meer aanpasbaar te wees vir enige nuwe/onverwagse verandering in omstandighede () en dit kan jou toelaat om hierdie veranderinge in 'n verhouding as 'n aangename transisie te ervaar. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk. (2 x 3) (6) [20] VRAAG 3 3.1 Gee 'n definisie vir die term studievaardighede. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Geen punte moet toegeken word vir voorbeelde van studiemetodes, strategieë of tegnieke nie. Studievaardighede verwys na…  die vermoë m te konsentreer/inligting te begryp/korrek te verstaan () om te onthou wat jy geleer het. ()  'n vermoë wat jy aanleer om die strategieë/metodes/tegnieke wat jy geleer het, toe te pas () om jou studiedoelwitte te bereik/doeltreffend te leer. ()  die vermoë om inligting te herroep/onthou/nuwe inligting op 'n logiese manier suksesvol te weergee. ()  Enige DRIE van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (1x2) (2) 3.2 Onderskei tussen die volgende aksiewoorde soos dit in 'n eksamenvraestel gebruik word:  Illustreer  Identifiseer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 10 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit:  Wanneer jy illustreer, sal jy 'n voorbeeld gee deur duidelik te wys wat jy bedoel () terwyl identifiseer beteken om iets te vind/noem/meld. ()  Illustrasie beteken om dit wat verstaan moet word, duidelik te demonstreer () terwyl identifiseer behels die vermoë om iets uit 'n reeks faktore te kies. ()  Om te illustreer beteken om iets deur middel van visuele aanbieding te verduidelik, bv. deur gebruik te maak van 'n grafiek/figuur/diagram () terwyl identifisering beteken om uit te wys/die hoofpunte kortliks te beskryf. ()  Wanneer jy iets illustreer kan jy vergelykings gebruik () terwyl identifisering sou beteken om iets slegs te uit te ken en uit te wys. ()  Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (1x2) (2) 3.3 Verduidelik EEN voordeel daarvan om jou antwoorde te beplan wanneer jy eksamen afneem. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Dit kan jou in staat stel om…  te fokus op wat presies vereis word deur die vraag () sodat jy jou antwoorde volgens die kern-instruksie van die vraag kan formuleer/uit te werk. ()  veranderinge aan te bring voordat jy jou finale antwoord saamstel () om sodoende te verseker dat jou antwoorde duidelik/relevant tot die vraag is. ()  slegs op die hoofaspekte van die vraag te fokus () sodat jy nie tyd mors op onbelangrike inligting nie. ()  die vrae te kies wat jy goed ken () wat jou kan help om die nodige inligting maklik te herroep. ()  om 'n vraag akkuraat te beantwoord () om sodoende te verseker dat jy die vereiste detail gee. ()  jou gedagtes te orden sodat jy die inligting in volgorde van belangrikheid kan aanbied () sodat jy jou feite in 'n logiese/samehangende manier kan stel. ()  Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 3.4 Bespreek TWEE maniere waarop jy tydens 'n eksamensessie angs doeltreffend kan hanteer. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Jy kan…  'n paar oomblikke neem om asemhalingsoefeninge te doen () wat jou kan help om jou senuwees te kalmeer/van enige gevoelens van kommer ontslae te raak. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 11 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  jouself verseker dat jy goed genoeg/voldoende voorberei het vir die spesifieke vraestel () wat jou negatiewe denkpatrone kan verander/kan help om ontslae te raak van enige vrese van mislukking.()  eerste fokus op die vrae waaroor jy selfversekerd voel/wat jy goed ken() wat jou kan help om enige onsekerheid wat jy mag hê oor hoe om die vrae te beantwoord, te laat vaar. ()  jouself herinner aan ambisies vir die toekoms/hoekom jy jou eksamens suksesvol wil voltooi () wat jou kan inspireer om jou eksamen met die nodige wilskrag aan te pak. ()  jouself herinner aan die suksesse wat jy in jou vorige eksamens behaal het () wat enige gevoelens van waardeloosheiduit die weg kan ruim/jou selfvertroue kan versterk/kalmeer/help om te fokus om jou beste te doen in die eksamen waarmee jy tans besig is. ()  aanvaar die feit dat eksamenstres normaal is vir almal () wat jou senuweeagtigheid op daardie oomblik kan stuit. ()  aanvaar die uitdagings wat gepaardgaan met eksamen skryf () wat jou kan help om beter beheer te neem/om in beheer te bly van jou situasie.()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) 3.5 Assesseer hoe tydsbestuursvaardighede jou kan help om doeltreffend in jou graad 12-assesserings te presteer. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Dit kan jou in staat stel om…  dit wat jy moet lewer, te prioritiseer () en dit kan jou help om met meer gemak by die sperdatums/teikens van jou assesseringstake te hou. ()  die beplanning/skedulering van jou take/projekte behoorlik te doen () en dit kan verseker dat jy alle werksverwante aktiwiteite betyds kan voltooi. ()  te monitor dat die tyd wat jy aan elke taak spandeer, redelik is () en dit kan verseker dat jy nie te veel tyd aan een taak spandeer ten koste van 'n ander nie. ()  realistiese doelwitte te stel om take te voltooi () en dit kan jou help om die uitkomste vir 'n dag/spesifieke periode te bereik. ()  om jou werkslading op 'n sistematiese manier te versprei () en dit kan jou help om goed georganiseerd te bly/die hoeveelheid werk sonder moeite te hanteer. ()  om nie te veel take binne 'n gegewe tydperk te wil doen nie () en dit kan jou help om assesserings meer suksesvol te voltooi. ()  jou werksomgewing op 'n manier te organiseer om enige iets te elimineer wat jou aandag kan aflei () wat kan verseker dat jou tyd nie opgeneem word deur minder belangrike aktiwiteite wanneer jy jou assesserings moet voltooi nie. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 12 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 3.6 Hoe sal jy jou leesvaardighede aanpas om eksamenvrae doeltreffend te beantwoord? Dui ook in ELKE antwoord aan hoe dit jou vermoë kan verbeter om maksimum punte in 'n vraag te behaal. Punte moet soos volg toegeken word: DRIE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Jy kan die vaardigheid beoefen om...  reflektief te lees ('skim and scan') () om sodoende… - 'n algehele oorsig van die vraag en/of verwante tekste/stimuli te kry() (of) - die inligting met vorige kennis/ervaring te verbind () en dit kan jou alreeds 'n aanduiding gee van die formaat/lengte van die antwoorde wat vereis word. ()  jou leesspoed te ontwikkel () wat jou kan help om… - 'n vraag en/of verwante tekste/stimuli meer vloeiend te lees () (of) - inligting vinniger te absorbeer/in te neem () (of) - jou konsentrasie te verbeter () (of) - die verskillende instruksies in een vraag vas te vang () en dit kan verseker dat jy elke deel van die vraag suksesvol kan beantwoord.()  aktief te lees () sodat jy kan leer om… - ook die titels/subtitels/kaarte/grafieke/onderskrifte in ag te neem() (of) - te bepaal wat jy verstaan of nie verstaan omtrent die vraag en/of stimuli nie () (of) - die kernaspekte van 'n vraag te identifiseer () (of) - te evalueer hoe relevant die inligting is () en dit kan jou help om 'n sinvolle/beduidende antwoorde te formuleer. ()  strategieë te lees () wat jou in staat kan stel om…() - die manier hoe jy inligting ontsyfer/sin maak van inligting, te verbeter() (of) - voldoende inligting van die vraag/bron te verkry () (of) - betekenisvolle inligting vanuit 'n vraag/bron saam te stel () en op die manier kan jy die vraag binne die regte konteks beantwoord. ()  met begrip te lees () wat kan verseker dat jy die vraag in diepte/met die volle omvang beantwoord () en op die manier mag jy in staat wees om die mees gepaste antwoord te verskaf om volpunte te behaal. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk. (2x3) (6) [20] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 13 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING C 1. Kandidate moet enige TWEE vrae inhierdie afdeling beantwoord. Indien die kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE vrae nagesien word. Die oorblywende antwoord moet deurgehaal word en die volgende afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry Getal Vrae wat Vereis word). 2. Kandidate se antwoorde moet in die vorm van PARAGRAWE wees. Punte sal slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is. VRAAG 4 Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees. NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.  Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Noem VIER voordele vir 'n persoon wat 'n siekte vroeg genoeg ontdek. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt () vir elke antwoorde. Moontlike antwoorde kan insluit:  Die kanse vir iemand om volkome te herstel, is beter. ()  Onnodige sterftes kan voorkom word/die kanse om te oorleef is groter.()  Behandeling kan meer effektief wees. ()  'n Persoon se lewenskwaliteit sal nie so erg geaffekteer/beïnvloed word nie. ()  Om te herstel/goeie gesondheid te handhaaf, sal nie so duur wees nie. ()  Die kondisie kan bestuur/beheer word in plaas daarvan dat dit vererger. ()  Intervensies kan gedoen word om 'n gepaste leefstyl te handhaaf wat tot 'n langer, gesonder lewe kan lei. ()  Skade aan ander organe in die liggaam kan verhoed word/dit kan jou algehele gesondheid beskerm. ()  Dit kan voorkom dat die siekte ten volle ontwikkel. ()  Die kans om vir 'n langtermyn genees te wees. is beter as wanneer die siekte ontwikkel het. ()  Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4x1) (4) Analiseer die negatiewe uitwerking van mense se persoonlike sieninge oor aansteeklike siektes op die gesondheid en veiligheid van mense. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 14 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne Indien mense...  hulle eie teorieë oor die siekte/virus sou vorm, () kan dit ander beïnvloed om daardie opinies te glo () wat kan lei tot die verspreiding van valse inligting () en dit kan verwarring veroorsaak by mense oor of hulle die veiligheidsregulasies moet volg of nie. ()  die sosiale en ekonomiese aktiwiteite wat as normaal voorkom, sou misbruik () en te gerus raak met die krisissituasie () kan dit veroorsaak dat hulle onverskillig omgaan met ander () en kan sodoende 'n hoër risiko vir hulleself en ander stel om die siekte/virus op te doen. ()  sou verkies om die realiteit van die siekte te ontken () as hulle eie manier om so 'n gesondheidskrisis te hanteer () kan dit veroorsaak dat hulle die verwoestende effek van so 'n siekte ignoreer () en dit kan verder veroorsaak dat hulle die siekte/virus onopsetlik versprei. ()  sou redeneer dat dit hulle reg is om nie die status van hulle gesondheid te verklaar nie, () wetende dat hulle ander kan infekteer, () sal hulle daardeur net hulle eie belange in ag neem () en dit kan ander hulle reg ontneem om veilig en gesond te wees. ()  sou verkies om nie die wetenskaplike bewyse te vertrou oor hoe die siekte/virus opgedoen/versprei word nie () kan dit hulle laat glo dat die siekte bloot 'n politieke sameswering is () en mag hulle dan weier om die verpligte veiligheidsmaatreëls te volg () wat kan veroorsaak dat hulle die erns van die siekte misken/verontagsaam. ()  hulle geloof geheel en al in religieuse/tradisionele praktyke sou plaas, () mag hulle glo dat hulle sodoende nie die siekte/virus sal opdoen nie () wat kan veroorsaak dat hulle moontlik nie enige ander vorm van voorkoming/behandeling sal vertrou nie () en dit kan tot onnodige siekte/ontydige sterftes lei. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) Evalueer die impak van 'n krisis, soos die wêreldwye Covid-19-pandemie, op die huidige tendense in die arbeidsmark. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken vir die EVALUERING, moet kandidate 'n stelling gee, () die stelling motiveer, () 'n tweede stelling gee en die tweede stelling motiveer. () Moontlike antwoorde kan insluit:  Daar was 'n ekstreme/uiterse afname in ekonomiese aktiwiteite as gevolg van die globale/wêreldwye krisis () wat verder 'n erger impak gehad het op die werksmoontlikhede vir die jeug, () maar die situasie het 'n geleentheid vir baie jongmense geskep om entrepreneurs te word/met innoverende besigheids- idees na vore te kom () wat uiteindelik langtermyn/volhoubare besigheids- opsies vir baie van hulle geword het. ()  Die ekonomiese beperkings wat die globale pandemie meegebring het, het 'n enorme/massiewe afname in werksgebaseerde opleidingsgeleenthede veroorsaak() wat die probleme beklemtoon wat jong werksoekers reeds voor die pandemie ervaar het, () maar baie virtuele platforms is intussen geskep() wat mense alternatiewe toegang tot opleidingsgeleenthede bied. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 15 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  'n Nog groter persentasie van jongmense moet nou kompeteer vir een werk () wat hoofsaaklik die jongmense met die beste vaardighede bevoordeel het; () dit het egter ander genoodsaak/forseer om hulle tekortkominge te identifiseer/erken () wat geleenthede vir hulle teweeggebring het om nuwe vaardighede te bekom om in die huidige klimaat van werk soek te oorleef. ()  Baie mense het hulle werk verloor/se salarisse was verminder/het onderbrekings in hulle loopbane gehad () wat beteken dat hulle nou moet kompeteer met 'n nuwe kohort/groep wat die arbeidsmag betree het () wat baie mense aanspoor om ander talente/entrepreneursvaardighede te ontsluit() wat 'n totale nuwe wêreld van werk vir hulle geopen het. ()  Daar is 'n verandering ten opsigte van die werksvaardighede wat vereis word() wat baie werkers forseer om vinnig aan te pas en nuwe tegnologiese vaardighede aan te leer () wat 'n groter aanvraag vir tegniese kursusse/kort aanlynkursusse in tegnologie teweeggebring het () sodat dit mense in staat kon stel om op 'n nasionale/internasionale vlak oor 'n afstand te kan werk. ()  Baie maatskappye moes hulle besigheidstrategieë verander om in hierdie resessietydperk te oorleef () om relevant te bly in hierdie skielik veranderende ekonomiese klimaat () wat daartoe gelei het dat hulle met innoverende idees moes opkom om hulle besighede te bemark () wat nuwe werksgeleenthede vir ander geskep het. ()  Werwingsprosesse kon nie meer in persoon gedoen word nie as gevolg van die inperkingsregulasies () wat groot oponthoude veroorsaak het met die aanstel van mense in beskikbare posisies; () maatskappy moes andersins aanpas om die werwingsprosesse aanlyn te doen () wat 'n makliker/vinniger manier geword het om kandidate te kontak/enige van die nodige dokumentasie/inligting van kandidate te bekom. ()  Die meeste besighede moes werk van die huis af doen () sodat hulle steeds dienste kon lewer/hulle kliënt kon behou/besigheid maak; () inteendeel, van die huis af werk het baie werkers geïsoleerd laat voel () aangesien hulle nie meer kollegas rondom hulle het op wie hulle kon staatmaak vir ondersteuning nie. ()  Die meeste maatskappye het werkers afgedank () aangesien hulle besef het dat die maatskappy klaar kan kom sonder sekere posisies; () terwyl ander maatskappye die situasie as 'n geleentheid gebruik het om die werk van die werknemers meer deeglik te monitor/evalueer () en sodoende meer mense verantwoordbaar te hou vir hulle produktiwiteit/werk wat hulle moet lewer. ()  Baie mense, veral die wat hoofsaaklik op kantoor gewerk het, moes aanpas om van de huis af te werk () wat hulle geforseer het om nuwe maniere aan te leer om te werk en terselfdertyd hulle huishoudelike verantwoordelikhede te bestuur() (enige een dan die volgende)... - wat daartoe gelei het dat sommige mense dit as 'n geleentheid aangegryp het om meer tyd met hulle families deur te bring () en daarom verkies om as digitale nomades te werk. () - wat daartoe gelei het dat ander die interaksie met ander kollegas/die werksomgewing mis () en daarom steeds verkies om van die kantoor af te werk. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x 4) (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 16 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne VRAAG 5 NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is. Noem VIER maniere waarop die media toegang tot inligting vir alle gemeenskappe kan verseker. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt () vir elke antwoord. Die media kan...  verseker dat alle gedrukte media/subskripsies vir elektroniese media bekostigbaar is. ()  in die behoefte van al die verskillende taalgemeenskappe voorsien (insluitend braille). ()  netwerk met die staat se telekommunikasie afdeling om te help met die voorsiening van infrastruktuur/torings vir uitsending. ()  radio/TV-uitsendings uitbrei deur te help om meer radio/TV uitsaaistasies/ kanale tot stand te bring. ()  gemeenskappe aanmoedig om hulle eie plaaslike koerante/tydskrifte/ radiostasies te hê. ()  belangrike plaaslike/internasionale nuus/gebeure op advertensieborde/ pamflette/by gemeenskapsgeleenthede/via mobiele stasies adverteer. ()  gebruik maak van 'n massaboodskapstelsel () om alle gemeenskappe ingelig te hou oor enige belangrike nuus. ()  nuwe tipe koerante soos ponie-/sensasiekoerante gratis nuusblaaie, ens. instel.()  Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4x1) (4) Analiseer hoe beperkings op die media se reg op vryheid om hulle menings te gee, kan help om openbare veiligheid te bevorder. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Deur…  die oorbeklemtoning van kriminele insidente/aktiwiteite in hulle verslaggewing te beperk, () kan die media die roekelose gebruik van skokkende details in nuusberigte beheer () en kan sodoende help om die publiek kalm te hou () en op die manier kan dit verhoed dat landsburgers by enige gewelddadige onrus/aksies/ misdaad betrokke raak wat mense se lewens in gevaar kan stel.() Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 17 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  te verseker dat nuus oor die plaaslike/provinsiale/nasionale regerings waar/ akkuraat is, () word die regering in 'n positiewe lig gestel () wat die landsburgers aanmoedig om die regering te respekteer/vertrou () en dit kan help om publieke uitbarstings/gewelddadige betogings oor sake van publieke belang te voorkom. ()  die identiteit van kinders te beskerm wat slagoffers van misbruik/uitbuiting/skuldig is aan jeugmisdaad () kan die kinders se veiligheid in ag geneem word () wat hulle teen verdere uitbuiting deur oortreders/pedofiele/kriminele kan beskerm () en dit kan dan help om hulle persoonlike welstand te verseker. ()  die uitsending/publikasie van ontstellende onderhoude/foto's van mense wat in beskermende bewaring is, te beperk, () kan hulle veilig laat voel () met die wete dat hulle die regssisteem kan vertrou () en dit kan help om hulle te beskerm teen enige verdere viktimisering deur/dreigement van die oortreders.()  die publikasie/verspreiding van onwettige protesaksies van die gemeenskap reguleer, () mag hulle in staat wees om te verhoed dat oproere na ander areas versprei () en dit mag die sosiale orde in hierdie gemeenskappe verseker () en sodoende die landsburgers beskerm teen gevaar/voorkom dat eiendomme gevandaliseer/beskadig word. ()  mediaverslaggewing oor kwessies van nasionale sekuriteit en publieke orde te beskerm, () word die media verplig om verantwoordelik om te gaan met hulle uitsendings; () sodoende kan hulle beperk word om inligting te publiseer wat die nasionale sekuriteit in gedrang kan bring () en dit mag die landsburgers/die land teen moontlike nasionale bedreigings beskerm. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) Bespreek krities die impak van die toenemende digitale gaping op verskillende groepe in die samelewing, spesifiek die armer gemeenskappe. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Moontlike antwoorde kan insluit:  Die armer gemeenskappe word weereens agtergelaat in die voortdurende veranderende tegnologiese ontwikkeling, () want hierdie gemeenskappe word moontlik nie voorsien van die gevorderde tegnologiese infrastruktuur wat hulle benodig nie () sodat hulle ook onbeperkte toegang tot die moderne inligtings- en kommunikasietegnologie kan hê () en as 'n gevolg kan dit die sosio- ekonomiese ontwikkeling/status in hierdie gemeenskappe selfs verder kniehalter.()  Mense wat in ver afgeleë areas bly mag dalk nie in staat wees om vir werk aansoek te doen wat op die verskillende digitale netwerke/platforms geadverteer word nie() aangesien hulle nie die nodige middele/toestelle het om toegang tot die inligting te verkry wat op hierdie platforms/netwerke verskaf word nie, () wat kan lei tot die konstante toenemende werkloosheidskoers in hierdie gemeenskappe () en dit kan die bestaande sosiale ongelykhede/die gaping tussen ryk en arm verder laat eskaleer/toeneem. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 18 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  Benadeelde gemeenskappe mag steeds baie beperkte blootstelling aan virtuele/ aanlyn/geleenthede vir afstandsleer/opvoedkundige programme hê () wat kan veroorsaak dat hierdie gemeenskappe nie die kwaliteit opvoeding kry wat hulle ook verdien nie; () gevolglik kan daar altyd 'n toename wees in ongeletterde/ onopgevoede massas () en dit mag 'n negatiewe impak hê op hulle kanse om vir beter werk te kwalifiseer wat hulle sosio-ekonomiese omstandighede kan verbeter. ()  Onvoldoende e-kommunikasie kan daartoe lei dat sommige groepe verder verwyder word van die samelewing () wat hulle meer geïsoleerd kan laat voel() en dit kan veroorsaak dat hulle selfs meer afsydig raak teenoor belangrike kwessies wat hulle direk affekteer, () want hulle word ontneem van geleenthede om deel te hê aan die breër samelewing. ()  Armer gemeenskappe mag ontneem word van toegang tot digitale/elektroniese inligting wat hulle magteloosheid/weerloosheid verder beklemtoon () en sodoende neem hulle onvermoë om hulle opinies te uiter net verder toe () wat hulle net nog verder magteloos maak () aangesien hulle nie in staat mag wees om deel te hê aan/hulle invloed kan uitoefen op besluitnemingsprosesse wat hulle lewens affekteer nie. ()  Deur nie toegang tot inligting te hê nie beperk die moontlikheid om die armoede-siklus te stop, () want kennis is krag () en deur inligting te beperk kan landsburgers onderdruk () terwyl dit in stede daarvan as 'n instrument gebruik behoort te word om alle gemeenskappe by die breër samelewing in te sluit/te integreer. ()  Nie alle individue mag weet hoe om die moderne inligtings- en kommunikasietoestelle te gebruik nie () en kan daarom nie in staat wees om hierdie tegnologiese kommunikasiegapings te oorbrug () en die modern tegnologie optimaal te benut nie, () daarom bly die ekonomiese status van mense wat in sulke gemeenskappe bly onveranderd. ()  Die digitale gaping skend die siviele regte van mense in armer gemeenskappe,() want dit veroorsaak dat hierdie gemeenskappe nog verder agter raak met die moderne inligtings- en kommunikasietegnologie () wat 'n duidelike aanduiding is dat die belange en besorgdhede nie voldoende aandag geniet nie () en dit kan verder bydra tot die bestaande dilemma van armoede in hierdie gemeenskappe wat uitgesluit word. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x4) (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 19 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne VRAAG 6 Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees. NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is. Noem VIER maniere waarop werk jou kan laat voel dat jy 'n doel in die lewe het. Punte moet soos volg toeken word: EEN punt () vir elke antwoord. Moontlike antwoorde kan insluit:  Elke dag van jou lewe kan gevul wees met daaglikse doelwitte om te bereik. ()  Jy het 'n spesifieke rol om te vervul by die werk. ()  Jy kan nuwe vaardighede aanleer en elke dag nuwe dinge ervaar. ()  Jy kan 'n gevoel van kameraadskap/ervaar dat jy deel is van/behoort aan/inpas by jou portuurs/kollegas. ()  Dit kan jou geleenthede bied om in die verskillende fasette van jou lewe te groei as persoon/alternatiewe loopbane te verken. ()  Jy is in staat om by te dra tot die ekonomie en jou gemeenskap. ()  Dit kan gevoelens van eiewaarde/bekwaamheid/betekenis by jou vestig. ()  Jy kan dit doen waarvoor jy lief is/jou roeping in die lewe volg. ()  Jy kan jou lewe as waardevol en lonend vir jouself en ander beskou. ()  Dit kan jou balans bied in die lewe. ()  Dit kan jou sekerheid/finansiële en/of emosionele stabiliteit/rigting in die lewe bied. ()  Jy kan as 'n rolmodel vir ander lede van jou gemeenskap dien. ()  Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4x1) (4) Analiseer waarom dit vir alle werkers nodig is om die vereiste etiese gedrag in die werkplek te volg. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Indien alle werkers…  hulle werk met ywer/toewyding sou doen () sal hulle strewe om voortdurend op hulle beste te presteer () wat die algehele produktiwiteit in die werksplek grootliks sal bevorder () en dit kan help dat die gemene doel van die maatskappy bereik word. ()  sou verbind om altyd doeltreffend te funksioneer, () kan dit enige moontlike frustrasie tussen medewerkers verminder () wat 'n gevoel van 'n verenigde werksmag kan skep () en dit kan almal in staat stel om hulle werk binne die vereiste tydperke te voltooi. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 20 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  hulle trots sou wees op hulle werk, () sou hulle hul werk met die nodige entoesiasme doen () wat sodoende ten alle tye uitstaande dienslewering kan verseker () en dit kan die integriteit van elke werker in die maatskappy versterk.()  die verantwoordelikhede nakom wat aan hulle toegeken word () dan sal elkeen ook verantwoordbaarheid aanvaar vir hulle eie mislukkings/suksesse () wat enige vyandigheid tussen werkers kan voorkom () en dit kan goeie werksverhoudinge in die werksplek bevorder. ()  poog om ten alle tye professioneel te wees () kan almal aangemoedig word om hierdie optrede streng na te volg () wat alle werkers kan help om dieselfde standaard van werk te handhaaf () en kan sodoende verseker dat die beginsels van die maatskappy handhaaf word. ()  mekaar onder alle omstandighede met respek sou behandel () kan dit 'n positiewe verandering teweegbring in die manier hoe hulle met mekaar omgaan () wat 'n bedagsame ingesteldheid kan kweek () en dit kan 'n emosioneel veilige werksomgewing vir almal verseker. ()  alles met integriteit doen () mag hulle hulself daarvan weerhou om by oneerlike praktyke betrokke te raak () wat bedrog/korrupsie in die werksplek kan voorkom() en dit kan verseker dat almal sal strewe om 'n hoë moraal in die werksplek te handhaaf. () (8)  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) Bespreek krities die belangrikheid daarvan om jou kernwaardes te verstaan om te verseker dat jy betekenis in jou werk vind. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()  Verkenning van jou kernwaardes, is die eerste belangrike stap om realistiese loopbaandoelwitte te stel,() want jy kan nie 'n doelwit stel vir wat jy wil hê indien jy nie weet waarna jy soek nie,() maar deur bewus te wees van hierdie waardes, kan dit jou klarigheid gee oor wat jy uit die lewe wil hê () en dit kan jou in 'n beter posisie plaas om 'n werk na te volg wat betekenis vir jou sal hê.()  Identifisering van jou kernwaardes is noodsaaklik as jy belangrike besluite in die lewe moet neem, () want dit kan jou in staat stel om hierdie waardes te prioritiseer () wat jou dan kan lei om die werk te vind wat die waardes sal bied waarvoor jy in 'n werk soek() en dit kan jou help om te besin of jy die regte beroep volg. ()  Omskrywing van jou kernwaardes is belangrik wanneer jy 'n werksgeleentheid najaag, () want dit kan jou help om te bepaal of jou eie waardes ooreenstem met die waardes van werk() en indien nie, of jy andersins in staat sal wees om aan te pas daarby() en dit kan jou help om werksgeleenthede in die regte lig te beskou.() Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 21 DBE/September 2021 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  Jou fundamentele waardes kan die kompas wees wat jou tot 'n geskikte beroep kan lei () daarom is dit van kardinale belang dat jy altyd moet hierdie waardes moet heroorweeg () om seker te maak dat jy nie uit die oog verloor wat werklik saak maak in jou lewe nie () en dit kan jou help om te bepaal watter veranderinge jy in jou loopbaan behoort of nie behoort te maak nie/of jy 'n werk moet of nie. ()  As jy jou fundamentele waardes duidelik uiteensit, () kan dit jou help om te reflekteer oor wat belangrik is vir jou in 'n werk () wat jou meer leiding kan gee wanneer jy die moontlikhede van die werk moet oorweeg () en kan dit makliker maak vir jou om 'n spesifieke werk te aanvaar of van die hand te wys. ()  Jou fundamentele waardes kan jou help om te bepaal hoe betekenisvol 'n spesifieke werk vir jou is () en deur hierdie waardes vroeg in jou loopbaan te volg,() kan dit makliker maak om te besluit watter werksgeleenthede om te oorweeg () en dit kan jou help om die werk te vind wat vir jou die satisfaksie/ vergenoegdheid sal bied waarvoor jy in 'n werk soek. ()  Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Life Orientation

View all