NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
LEWENSWETENSKAPPE V1
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20March%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9b729444-9226-4075-9f8a-8379a2d74f1e/v1-d9ba15da7eada13bdf42/card.webp)
%20March%202023%20Question%20Paper--3500bfb1-6847-4c2a-aaae-4f964b34bc5d/v1-9f4a21c632592c12a02c/card.webp)





/LIFE%20SCIENCES%20P2%20QP%20GR10%20NOV2018_Afrikaans--4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad/v1-27dd8ad68f66af73f0cc/card.webp)


/LIFE%20SCIENCES%20P1%20GR10%20QP%20NOV2019_Eng%20D--366c216f-139c-4ac1-8485-e37e76392b66/v1-ed1a1819f33c2db267e1/card.webp)

View all





LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020_Afrikaans.pdf
Life Sciences · Grade 10 · Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC)
- Paper
- 1
- Pages
- 13
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Rond ALLE berekeninge af tot twee desimale na die komma.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Die algemene funksie van kalsium en fosfor by soogdiere is dat dit ...
A vorm deel van nukleïensuur.
B ʼn rol speel in die sintese van proteïene.
C voorkom ragitis.
D by die vorming van hemoglobien betrokke is.
1.1.2 Watter van die volgende stowwe word deur die wortelhare uit die grond
geabsorbeer?
(i) Minerale ione
(ii) Nitrate
(iii) Suurstof
(iv) Humus
(v) Water
A Slegs (i) en (ii)
B (i), (ii), (iv) en (v)
C (i), (ii), (iii), (iv) en (v)
D (i), (ii), (iii) en (v)
1.1.3 By watter van die volgende prosesse is mitose NIE betrokke NIE?
A Produksie van sperms in die testes.
B Vervanging van selle in ʼn sny deur die vel.
C Groei van ʼn organisme.
D Produksie van identiese dogterselle.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 1.1.4 en 1.1.5 is gebaseer op die onderstaande diagram wat die sel
toon wat in ʼn sterk soutoplossing geplaas is.
1.1.4 Die diagram hierbo stel ... voor.
A diffusie
B osmose
C plasmolise
D turgordruk
1.1.5 Hoe sal die waterpotensiaal by 1, 2 en 3 vergelyk?
A Waterpotensiaal by 2 en 3 is hoër as 1.
B Waterpotensiaal by 1, 2 en 3 is gelyk.
C Waterpotensiaal by 3 is hoër as by 1 en 2.
D Waterpotensiaal by 1 is hoër as by 2 en 2 is hoër as by 3.
1.1.6 Tamaties is rooi omdat ...
A meer suurstof deur ryp tamaties opgeneem word.
B baie chloroplaste word gevorm.
C pigmente in sel sap gevorm word.
D baie chromoplaste word gevorm.
1.1.7 Watter eienskap van ensieme word deur die reeks diagramme hieronder
voorgestel?
A Ensieme kan ʼn chemiese reaksie bespoedig.
B Ensieme kan die aktiveringsenergie verlaag.
C Ensieme is proteïene.
D Ensieme is spesifiek in hul funksie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.8 Watter van die volgende is eienskappe van eritrosiete?
(i) Bevat hemoglobien.
(ii) Vernietig bakterieë.
(iii) Help met bloedstolling.
(iv) Geproduseer in sponsagtige weefsel van lang eritrosiete.
A (i) en (iv)
B (ii) en (iii)
C (iii) en (iv)
D (i) en (ii)
1.1.9 Die tabel hieronder toon die verskille tussen plant- en dierselle.
Watter vergelyking is verkeerd?
Plantsel Diersel
A Groot vakuool Vakuool is klein of afwesig
B Selmembraan teenwoordig Selmembraan afwesig
C Sellulose selwand teenwoordig Geen sellulose selwand nie
D Chloroplaste teenwoordig Geen chloroplaste nie
1.1.10 Bestudeer die onderstaande diagram.
Die hooffunksie van die plantorgaan in die diagram hierbo is …
A vervoer van water vanaf wortels na blare.
B berging van water en minerale soute.
C toenemende oppervlak vir absorpsie.
D beweging van stowwe deur die plant. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf SLEGS die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Koolhidrate wat uit drie of meer monosakkariede bestaan
1.2.2 Die chemiese element in hemoglobien wat noodsaaklik is vir die
vervoer van suurstof
1.2.3 Die wasagtige laag wat die blaar bedek, wat oormatige verlies aan
water deur verdamping voorkom
1.2.4 ʼn Opening waardeur die rugmurg die skedel verlaat
1.2.5 Bloedgroep bekend as ʼn universele skenker
1.2.6 Gebruik van chemiese middels om kanker te behandel
1.2.7 Vette wat hoofsaaklik van plante afkomstig is en is vloeibaar by
kamertemperatuur
1.2.8 Die tipe weefsel in die vaatbundel wat sekondêre verdikking
veroorsaak
1.2.9 ʼn Versameling selle van dieselfde tipe wat dieselfde funksie verrig
1.2.10 Die verlies aan water in die vorm van waterdamp deur lugdele van ʼn
plant (10)
1.3 Dui aan of elkeen van die stellings in KOLOM A van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B, of GEEN van die items in KOLOM B nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Reaksies waarby ensieme A: Anabolies
betrokke is B: Katabolies
1.3.2 Die medium waarin chemiese A: Ensieme
reaksies in die liggaam B: Water
plaasvind
1.3.3 Die wetenskaplike wat die A: Robert Hooke
elektronmikroskoop in 1939 B: Max Knott
uitgevind het
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.4 Die onderstaande diagram stel ʼn sinoviale gewrig voor.
1.4.1 Benoem dele A en B. (2)
1.4.2 Identifiseer die sinoviale gewrig wat in die diagram hierbo geïllustreer
word. (1)
1.4.3 Verduidelik wat sou gebeur as vloeistof in die holte gemerk C uitdroog. (2)
1.4.4 Noem TWEE siektes wat die gewrigte kan aantas. (2)
1.5 Voltooi die onderstaande tabel wat gebaseer is op chemiese toetse vir
organiese voedselverbindings:
Organiese Chemiese reagens Verander vir ʼn positiewe
verbindings resultaat
Bruin jodiumoplossing word
Stysel
1.5.1 blou-swart
Proteïene 1.5.2 1.5.3
1.5.4 Eter 1.5.5
1.5.6 1.5.7 Oranje-bruin kleur resultate (7)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Soms, tydens selmetabolisme word chemiese stowwe wat giftig vir die liggaam
is, gevorm. Die liggaamselle word egter nie vernietig nie weens die
aanwesigheid van ensieme wat hierdie giftige stowwe in skadelose produkte
ontbind. Een so ʼn giftige stof wat tydens normale sellulêre reaksies as ʼn
neweproduk vrygestel word, is waterstofperoksied. Die ensiem, katalase,
verseker egter dat hierdie giftige stof so vinnig as moontlik in twee onskadelike
produkte omgeskakel word.
2H2O2 2H2O + O2
waterstofperoksied water suurstof
[Bron: Liesl Sterrenberg en Helena Fouche, 1975]
2.1.1 (a) Wat is die funksie van ʼn ensiem? (2)
(b) Beskryf die voordele wat mense het as gevolg van die funksie van
ensieme wat in VRAAG 2.1.1 genoem word. (2)
(c) Identifiseer TWEE skadelose produkte wat tydens die ontbinding
van waterstofperoksied vrygestel word. (2)
(d) Watter effek het die betrokkenheid van ʼn ensiem by ʼn chemiese
reaksie op sy struktuur en sy vermoë om aan daaropvolgende
reaksies deel te neem? (2)
2.1.2 ʼn Eksperiment is uitgevoer om die effekte van verskillende temperature
op die werking van die ensiemkatalase, wat in rou hoenderlewers
voorkom, te bepaal. Die apparaat is opgestel soos hieronder aangetoon.
(a) Formuleer ʼn hipotese vir hierdie ondersoek. (2)
(b) In watter proefbuise A, B of C sou die reaksie die vinnigste
plaasvind? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
(c) Watter waarneming dui op ʼn positiewe reaksie van die katalase? (1)
(d) Watter resultate sal na die eksperiment in proefbuise A en B
onderskeidelik waargeneem word? (4)
(e) Noem die eienskap van ensieme wat in hierdie ondersoek
ondersoek word. (1)
(f) Identifiseer die TWEE faktore wat konstant in hierdie ondersoek
gehou moet word. (2)
(g) Gee ʼn rede waarom die ondersoek meer as een keer herhaal is
deur baie monsters te gebruik. (1)
2.2 Bestudeer die onderstaande mikrofoto’s wat twee organelle toon.
Organel 1 Organel 2
2.2.1 Identifiseer organelle 1 en 2 onderskeidelik. (2)
2.2.2 Watter EEN van die organelle hierbo word slegs in ʼn plantsel aangetref? (1)
2.2.3 Teken ʼn volledig benoemde diagram van organel 2. (5)
2.2.4 In watter deel van organel 2 is die pigment verantwoordelik vir die
opname van lig? (1)
2.2.5 Ondersteun die stelling wat sê dat organel 1 die ‘kragstasie’ van die sel
genoem word? (2)
2.2.6 Watter sel tussen ʼn spiersel en ʼn velsel bevat meer van organel 1?
Verduidelik jou antwoord. (2)
2.2.7 Tabuleer DRIE verskille tussen organelle 1 en organelle 2. (7)
2.2.8 Bereken die werklike grootte van die mikrofoto van organel 2 in
mikrometer as die grootte van die beeld met behulp van ʼn liniaal 86 mm
is en die elektronmikroskopiese vergroting 4000x is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3 Bestudeer die onderstaande diagram.
2.3.1 Verskaf die byskrif vir die diagram hierbo. (1)
2.3.2 Teken ʼn benoemde diagram van die bostaande struktuur en dui met ʼn
pyl die vloeirigting van ʼn impuls aan. (3)
2.3.3 Identifiseer ʼn struktuur uit die diagram in VRAAG 2.3.2 met die volgende
funksie:
(a) Verskaf voeding en energie aan die impuls
(b) Vorm ʼn sinoptiese gaping en vervoer impuls van die neuron af (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3
3.1 Die histogram hieronder toon die samestelling van diëte van twee mense.
3.1.1 (a) Noem TWEE soorte voedingstowwe uit dieet B uit die histogramme
wat ʼn soortgelyke persentasie dieet verteenwoordig. (2)
(b) Gee TWEE funksies van graan in ʼn diet. (2)
(c) Bereken die verskil tussen die persentasies vrugte / groente in dieet
A en B? (3)
(d) Watter dieet verskaf meer energie? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
(e) Dieet B word deur ʼn vegetariër geëet, maar dit is duidelik dat hierdie
persoon ook suiwelprodukte verbruik. Verskaf bewyse uit die
grafiek. (1)
3.1.2 (a) Definieer die term vetsug. (2)
(b) Gee EEN rede waarom vetsug as ʼn lewensbedreigende toestand
beskou word? (2)
(c) Diabetes is een van die siektes wat deur vetsug veroorsaak word.
Gee die oorsake en maniere waarop diabetes voorkom kan word. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
3.2 Die diagram hieronder toon ʼn tweesaadlobbige blaar:
3.2.1 Gee TWEE funksies van hierdie plantorgaan. (2)
3.2.2 Wat is die versamelnaam vir die dele gemerk A en C? (1)
3.2.3 Noem die metaboliese proses wat by B plaasvind. (1)
3.2.4 Identifiseer die LETTER en die NAAM van die weefsel met kompakte
selle waar fotosintese plaasvind. (2)
3.3 Die onderstaande diagram toon ʼn deel van ʼn menslike skelet.
3.3.1 Noem die sinoviale gewrig wat been C met bene D en E verbind. (1)
3.3.2 Gee die LETTERS van die bene waaruit die borsgordel bestaan. (3)
3.3.3 Verskaf byskrifte vir onderdele genommer F en G. (2)
3.3.4 Skryf die aantal falanges in elke hand neer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.3.5 TWEE stelle spiere is onderskeidelik aan die voor- en agterkant van die
humerus vasgemaak.
(a) Noem hierdie TWEE spiere. (2)
(b) Noem die stof wat spierweefsel opbou en herstel. (1)
(c) Beskryf hoe hierdie spiere funksioneer om beweging te
bewerkstellig. (1)
(d) Wat sou die gevolge wees as die spier wat aan die agterkant van
die humerus vas is, nie funksioneer nie? (1)
3.4 Die diagram hieronder toon ʼn sel wat ʼn fase in seldeling ondergaan, genaamd
mitose.
3.4.1 Identifiseer die fase van mitose wat hierbo voorgestel word. (1)
3.4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1. (1)
3.4.3 Identifiseer dele gemerk A, B en C. (3)
3.4.4 Noem die fase wat na die fase hierbo volg. (1)
3.4.5 Hoeveel chromosome sal aan die einde van mitose in die sel hierbo
voorkom? (1)
3.4.6 Watter naam word gegee aan die abnormale en onbeheerbare verdeling
van selle wat tot die vorming van ʼn gewas lei? (1)
3.4.7 Noem DRIE biologiese belangrikhede van mitose. (3)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20March%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9b729444-9226-4075-9f8a-8379a2d74f1e/v1-d9ba15da7eada13bdf42/card.webp)
Question paper
Gr 10 Life Science (Afrikaans) March 2023 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20March%202023%20Question%20Paper--3500bfb1-6847-4c2a-aaae-4f964b34bc5d/v1-9f4a21c632592c12a02c/card.webp)
Question paper
Gr 10 Life Science (Afrikaans) March 2023 Question Paper.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019_Afr D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019_Eng D_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
LIFE SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
/LIFE%20SCIENCES%20P2%20QP%20GR10%20NOV2018_Afrikaans--4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad/v1-27dd8ad68f66af73f0cc/card.webp)
Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2018_Afrikaans.pdf

Question paper
LIFE SC P1 QP GR10 NOV 2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
LIFE SCIENCES P2 MEMO GR10 NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
/LIFE%20SCIENCES%20P1%20GR10%20QP%20NOV2019_Eng%20D--366c216f-139c-4ac1-8485-e37e76392b66/v1-ed1a1819f33c2db267e1/card.webp)
Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019_Eng D.pdf

Memorandum
LIFE SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 10 Life Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 10 Life Sci ATP 2023-24.pdf

Question paper and memo
EC-Life-Sciences-Grade-10-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
FS-Life-Sciences-Grade-10-March-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-10-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-10-March-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
/LIFE%20SCIENCES%20P1%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--b5b26292-d2f2-40a6-a57a-7f4cf6d0b06c/v1-3f53c5bf9d6b357a79ae/card.webp)