NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20March%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9b729444-9226-4075-9f8a-8379a2d74f1e/v1-d9ba15da7eada13bdf42/card.webp)
%20March%202023%20Question%20Paper--3500bfb1-6847-4c2a-aaae-4f964b34bc5d/v1-9f4a21c632592c12a02c/card.webp)


/LIFE%20SCIENCES%20P1%20GR10%20QP%20NOV2020_Afrikaans--2e0182c7-399f-4adc-8857-b3fb7c04b003/v1-cb97754797b2aa8d3536/card.webp)



View all


LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2018_Afrikaans.pdf
Life Sciences · Grade 10 · Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC)
- Paper
- 2
- Pages
- 16
- File size
- 994.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. Teken ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte in blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik nie.
10. Jy mag, waar nodig, ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en
passer gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die deel van die biosfeer wat uit grond (land) bestaan, word die …
genoem.
A terasfeer
B atmosfeer
C hidrosfeer
D litosfeer
1.1.2 Organismes wat tydens die winter onaktief raak, ...
A estiveer.
B hiberneer.
C migreer.
D insuleer.
1.1.3 ʼn See kan as ʼn ... bioom beskou word.
A akwatiese
B terrestriële
C varswater
D woestyn
1.1.4 Watter van die volgende word NIE met die limfstelsel geassosieer
NIE?
A Lae druk
B Hoë konsentrasie metaboliese afvalstowwe
C Vervoer verteerde vette
D Hoë konsentrasie suurstof
1.1.5 Watter van die volgende kombinasies van grondsoorte toon ʼn
toename in waterhouvermoë van die laagste tot die hoogste?
Laagste Hoogste water-
waterhouvermoë houvermoë
A sand klei leem
B klei sand leem
C sand leem klei
D klei leem sand
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 verwys na die onderstaande diagram.
Sonstrale
1.1.6 Watter fisiografiese faktor word in die bostaande diagram
geïllustreer?
A Aspek
B Hoogte bo seevlak
C Bestraling
D Helling
1.1.7 Die rede waarom daar minder plantegroei op die Noordelike
helling is, is as gevolg van …
A plante wat nie sonlig kan verdra nie.
B laer reënval.
C meer sonlig en meer water wat verdamp.
D gronderosie.
1.1.8 Bestudeer die onderstaande lys en beantwoord die vrae wat
volg.
(i) Soogdiere
(ii) Fotosinterende bakterieë
(iii) Eensellige eukariotiese organismes
(iv) Versameling/ophoping van suurstof in die atmosfeer
Die korrekte volgorde van gebeure wat op die vroeë aarde
plaasgevind het, is …
A (iv), (iii), (ii) en (i)
B (iv), (ii), (i) en (iii)
C (ii), (iv), (iii) en (i)
D (i), (ii), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.9 Watter een van die volgende is NIE ʼn oorsaak van die ‘Sesde
Massa Uitsterwing’ NIE?
A Bewaring
B Verbranding van fossielbrandstowwe
C Stropery
D Habitat vernietiging
1.1.10 Watter TWEE klimaatsfaktore het ʼn direkte invloed op die
verspreiding van wêreld-biome?
A Temperatuur en hoogte bo seevlak
B Temperatuur en breedtegraad
C Hoogte bo seevlak en presipitasie (neerslag)
D Temperatuur en presipitasie (neerslag)
(10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die studie van fossiele
1.2.2 Die oorspronklike landmassa wat 200 mjg begin opbreek het
1.2.3 Abiotiese faktore wat verband hou met grond
1.2.4 Organismes wat nie in staat is om hul eie voedsel te vervaardig
nie en van ander organismes afhanklik is vir hul voedsel
1.2.5 ʼn Duidelike, afgebakende gebied waarin daar ʼn noue
wisselwerking is tussen plante, diere en die omgewing
1.2.6 ʼn Landelike gebied, soos ʼn moeras, wat permanent óf
seisoenaal met water bedek is
1.2.7 Verwys na hoogte bo seevlak
1.2.8 Organismes wat vir ontbinding verantwoordelik is en by alle
trofiese vlakke aangetref word behalwe by die eerste vlak
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι, van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommer in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 Fossielbewyse dat die Karoo en ander dele A: Trilobiete
van Suid-Afrika vroeër met water bedek B: Ammoniete
was
1.3.2 Veroorsaak ʼn toename in die biodiversiteit A: Koolstofdioksied
B: Gletservorming
1.3.3 Aanpassing om in water te leef A: Kiewe
B: Dik kutikula
(3 x 2) (6)
1.4 Elk van die onderstaande organismes behoort aan ʼn verskillende Ryk volgens die
Vyf-Ryk klassifikasiestelsel. Voltooi die tabel deur slegs die ontbrekende woorde in
te vul. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer byvoorbeeld
1.4.11 Animalia.
Organisme
Ryk 1.4.1 Protista Fungi 1.4.2 Animalia
Genus Paramecium Agaricus Protea Bos
Spesie Caudatum Bisporus Cynaroides Taurus
Prokarioot of Eukarioot Eukarioot
1.4.3 1.4.4 1.4.5
Eukarioot
Eensellig of Eensellig of Meersellig Meersellig
1.4.6 1.4.7
Meersellig meersellig
Voedingswyse Outotrofies Outotrofies,
en Heterotrofies
1.4.8 1.4.9
Heterotrofies en
Saprofities
Wetenskaplike
1.4.10
naam
(10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.5 Bestudeer die onderstaande diagram wat die stikstofkringloop voorstel en
beantwoord die vrae wat volg.
1.5 1.5.1 Noem die stikstofbevattende verbindings wat deur byskrifte A–C
voorgestel word. (3)
1.5.2 Noem die proses gemerk D waardeur stikstof in die atmosfeer vrygestel
word. (1)
1.5.3 Noem die plante gemerk E wat ʼn simbiotiese verwantskap met
stikstofbindende bakterieë het. (1)
1.5.4 Noem die weerverskynsel gemerk F wat verantwoordelik is vir die
vorming van nitrate in die atmosfeer. (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Dokters raai ons aan om weg te bly van voedsel ryk aan versadigde vette
soos botter, eiers en vleis, omdat dit vir hartsiektes verantwoordelik is.
Maar wat as dit verkeerd is? Dr. Stephen Sinatra, ʼn kardioloog wat al vir
meer as 30 jaar praktiseer en die skrywer van The Great Cholesterol Myth is,
dink dit is verkeerd.
Sinatra verduidelik dat aangesien die helfte van alle pasiënte wat vir
hartsiektes gehospitaliseer word hoë cholesterol het, die ander helfte dus nie
hoë cholesterol het nie.
Hy sê dat hartsiektes veroorsaak word deur inflammasie in die bloedvate wat
deur ʼn hele aantal faktore veroorsaak kan word. ʼn Té hoë suikerinname is
bo-aan die lys. Suiker beskadig die slagare, verhoog bloeddruk en laat jou
organe verouder. Ons is bewus daarvan dat suiker aangetref word in
gaskoeldrank en lekkergoed, maar ook in kosse soos brood en pasta.
Sinatra stel voor dat al die suiker vervang moet word met groente en vette.
Hy beveel ook die eet van onversadigde vette soos neute, avokado’s, vis en
olyfolie ten sterkste aan. Hy is ten gunste van (‘promotes’) versadigde vette
soos botter, onverwerkte (ongeprosesseerde) vleis en klapperolie.
Ons moet egter nie versadigde vette met trans-vette verwar nie. Trans- vette
is mensgemaak en word in die meeste geprosesseerde kosse aangetref.
Trans-vette help om die rakleeftyd van voedsel te verleng. Ongelukkig is
trans-vette se molekulêre samestelling soortgelyk aan plastiek! Dit rig groot
skade in jou liggaam aan, veral jou hart.
[Aangepas van ʼn artikel deur Lorie Johnson, ʼn CBN Nuus Mediese Verslaggewer
(December 2012).
Die oorspronklike artikel was: Cholesterol Myth: What really causes heart disease?]
2.1.1 Noem TWEE voedselsoorte wat volgens dr. Sinatra vermy moet
word omdat dit inflammasie in die slagare veroorsaak. (2)
2.1.2 Watter soort vet kom NIE natuurlik in voedsel voor NIE? (1)
2.1.3 Hoe verskil dr. Sinatra se teorie rakende die oorsaak van hartsiektes
van wat die meeste ander mense glo? (2)
2.1.4 Beskryf hoe vetneerslae wat in die slagare neergelê word tot ʼn
hartaanval kan lei. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
2.2 Bestudeer die onderstaande kaart van Suid-Afrika wat die verskillende
biome aandui en beantwoord die vrae wat volg.
Plantegroei Biome
2.2.1 Definieer die term ‘bioom’. (2)
2.2.2 Noem (identifiseer) die biome C en D. (2)
2.2.3 Gee SLEGS die LETTER van die bioom waar:
(a) Fynbos plantegroei aangetref word (1)
(b) Die ‘Groot Vyf’ voorkom (1)
2.2.4 Beskryf die klimaat van die fynbos bioom. (2)
2.2.5 Noem EEN verskil tussen die grondsoorte in Woude en die van
Grasvlaktes. (2)
2.2.6 Bioom F is die Sukkulente Karoo. Verduidelik EEN aanpassing wat
plante in staat stel om in hierdie gebied te oorleef. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
2.3 Esethu en Christine het die onderstaande uittreksel in ʼn tydskrif gelees.
WAT IS DIE VERBAND TUSSEN ʼn KRIEK SE GETJIRP EN
TEMPERATUUR?
Krieke is insekte. Soos met alle lewende organismes is daar baie chemiese
reaksies wat in hul liggame plaasvind, soos reaksies wat die spiere laat
saamtrek om die tjirpgeluid te produseer. Krieke, soos
alle ander insekte, is koudbloedig en neem die
temperatuur van die omgewing aan. Dit beïnvloed hoe
vinnig hierdie chemiese reaksies, wat die spiere in
staat stel om saam te trek, kan plaasvind.
Hulle het besluit om ʼn eksperiment uit te voer. Hulle het 4 houtkissies geneem
en 1 kriek in elke kissie geplaas. Elke kissie is uitgevoer met ʼn temperatuur-
beheerde verwarmer. Hulle het die kissies A, B, C en D gemerk. Die
verwarmer in kissie A was op 10 °C gestel, kissie B was op 15 °C, kissie C op
20 °C en kissie D op 25 °C.
Elke kissie is vir 30 minute gelos sodat die krieke aan die temperatuur
gewoond kan raak. Daarna het hulle die aantal tjirps per minuut aangeteken.
Hierdie resultate word in die onderstaande tabel getoon.
Temperatuur (°C) Tjirps per minuut
10 40
15 75
20 105
25 140
2.3.1 Skryf ʼn gepaste doel vir hierdie ondersoek. (2)
2.3.2 Noem TWEE faktore wat Esethu en Christine moet beheer om hul
ondersoek meer geldig te maak. (2)
2.3.3 Teken ʼn lyngrafiek van die data getoon in die bostaande tabel. (6)
2.3.4 Hoe kon Esethu en Christine die betroubaarheid van hul ondersoek
verbeter het? (2)
2.3.5 Gedurende watter seisoen sou jy verwag om meer krieke te hoor
tjirp? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.3.6 Krieke is snags meer aktief. Watter term word gebruik vir diere wat
snags aktief is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.4 Bestudeer die onderstaande voedselketting en beantwoord die vrae wat
volg.
Sprinkaan Slang Sekretarisvoël
Gras
300 000 kJ 30 000 kJ 3 000 kJ 300 kJ
2.4.1 Wat stel die pyltjies in die voedselketting voor? (1)
2.4.2 Noem die primêre verbruiker in bostaande voedselketting. (1)
2.4.3 Waarom verminder die totale energie by elke trofiese vlak soos ons
met die voedselketting opbeweeg? (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die onderstaande kaart en beantwoord die vrae wat volg.
Indië
Afrika
Suid-Amerika
Australië
Antarktika
3.1.1 Wat noem ons die studie van die verspreiding van individuele
spesies? (1)
3.1.2 Noem die superkontinent wat in die diagram sigbaar is. (1)
3.1.3 Deur gebruik te maak van die bostaande diagram, verduidelik hoe
fossielbewyse die feit dat Afrika en Suid-Amerika, moontlik eens op
ʼn tyd deel was van dieselfe kontinent, ondersteun. (2)
3.1.4 Watter organismes se fossieloorblyfsels word op al ses
landmassas, hierbo getoon, aangetref? (1)
3.1.5 Daar word vandag steenkoolneerslae in Antarktika aangetref.
Watter van die organismes, in die bostaande diagram, sou moontlik
ʼn bron kon gewees het van hierdie steenkoolneerslae? (1)
3.1.6 Die beweging van die kontinente het gelei tot die “Plaattektonika
Teorie”. Beskryf die rede agter die beweging van die kontinente
volgens hierdie teorie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
3.2 Die onderstaande kaart toon sommige van die fossielterreine in Suid-
Afrika. Bestudeer die kaart en beantwoord die vrae wat volg.
Noordwes
Provinsie
Vrystaat
Noord-Kaap
Oos-Kaap
Wes-Kaap
3.2.1 Noem EEN van die dorpe in Gebied A op die kaart waar fossiele
van primitiewe plante soos Glossopteris gevind is. (1)
3.2.2 Watter dorp in die Oos-Kaap (gemerk B) het fossielbewyse van
vroeë plante? (1)
3.2.3 Vroeë mens en oermens-fossiele is op ʼn hele paar plekke in
Suid-Afrika gevind. Watter letter op die kaart dui die ‘Wieg van die
Mensdom’ aan waar baie van hierdie fossiele ontdek is? (1)
3.2.4 Die selakant is in gebied C op die kaart ontdek. Waarom word
hierdie vis ʼn ‘lewende fossiel’ genoem? (3)
3.2.5 Beskryf hoe ʼn fossiel van ʼn selakant gevorm sou word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
3.2.6 Noem TWEE maniere waarop fossiele gedateer kan word. (2)
3.2.7 Stel TWEE redes voor waarom nie alle organismes fossiele sal
vorm nie. (2)
3.2.8 Die Karoo Nasionale Park word by D op die kaart aangetref. Hoe
kan fossiele wat in die Karoo Nasionale Park ontdek is die
mense wat in die gebied woon, bevoordeel? (2)
3.3 Bestudeer die Geologiese Tydskaal hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
Huidiglik
MJG
3.3.1 Waarvoor staan “MJG” soos in die diagram aangedui? (1)
3.3.2 Wanneer het die Triassiese periode begin? (2)
3.3.3 In watter Era en Periode leef ons nou? (2)
3.3.4 Hoe lank het die Ordovisiese periode geduur? Toon al jou
bewerkings. (3)
3.3.5 Tydens watter geologiese periode het die eerste reptiel verskyn? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
3.3.6 Watter belangrike gebeurtenis het 543 mjg plaasgevind wat tot ʼn
vinnige toename in die aantal spesies op Aarde gelei het? (1)
3.3.7 Tydens watter periode het die Massa-uitsterwing plaasgevind wat
die dinosourusse uitgewis het? (1)
3.3.8 Bespreek enige EEN teorie wat wetenskaplikes voorhou ter
verduideliking van die Massa-uitsterwing in VRAAG 3.3.7 genoem. (3)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf in detail die reis van ʼn rooibloedsel soos dit beweeg van die regteratrium
van die hart, deur die liggaam en terug tot by die linkeratrium van die hart. Noem
ook die verskille tussen slagare (arterieë) en are (venes).
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20March%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9b729444-9226-4075-9f8a-8379a2d74f1e/v1-d9ba15da7eada13bdf42/card.webp)
Question paper
Gr 10 Life Science (Afrikaans) March 2023 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20March%202023%20Question%20Paper--3500bfb1-6847-4c2a-aaae-4f964b34bc5d/v1-9f4a21c632592c12a02c/card.webp)
Question paper
Gr 10 Life Science (Afrikaans) March 2023 Question Paper.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
/LIFE%20SCIENCES%20P1%20GR10%20QP%20NOV2020_Afrikaans--2e0182c7-399f-4adc-8857-b3fb7c04b003/v1-cb97754797b2aa8d3536/card.webp)
Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020_Afrikaans.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019_Afr D_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
LIFE SC P1 QP GR10 NOV 2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR10 NOV.2019_AfrD.pdf

Memorandum
LIFE SC P1 MEMO GR10 NOV 2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 10 Life Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Annual teaching plan
Gr 10 Life Sci ATP 2023-24.pdf

Question paper and memo
EC-Life-Sciences-Grade-10-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
FS-Life-Sciences-Grade-10-March-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-10-June-2025-QP-and-Memo.pdf
Question paper and memo
KZN-Life-Sciences-Grade-10-March-2025-QP-and-Memo.pdf
Question paper and memo