NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2017
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*XLFSA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

%20March%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9b729444-9226-4075-9f8a-8379a2d74f1e/v1-d9ba15da7eada13bdf42/card.webp)
%20March%202023%20Question%20Paper--3500bfb1-6847-4c2a-aaae-4f964b34bc5d/v1-9f4a21c632592c12a02c/card.webp)





/LIFE%20SCIENCES%20P2%20QP%20GR10%20NOV2018_Afrikaans--4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad/v1-27dd8ad68f66af73f0cc/card.webp)


View all





LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017 Afrikaans
Life Sciences · Grade 10 · National November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 16
- File size
- 963.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. Teken ALLE tekeninge in potlood en skryf byskrifte in blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik nie.
10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ʼn kompas
gebruik waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Die deel van die Aarde waar organismes woon, word die ...
genoem.
A atmosfeer
B litosfeer
C biosfeer
D hidrosfeer
1.1.2 Bestudeer die onderstaande lys:
(i) Ontbinders
(ii) Sonlig
(iii) Plante
(iv) Edafiese faktore
Watter van die volgende kombinasies kan as biotiese faktore
beskou word?
A (i) en (iii)
B (ii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.3 Proteas is eie aan watter bioom?
A Woud
B Grasvlaktes
C Savanne
D Fynbos
1.1.4 Die koninkryk waaraan bakterieë behoort:
A Plantae
B Protista
C Monera
D Animalia
1.1.5 Watter van die volgende vorm NIE deel van die sistemiese
bloedsomloop NIE?
A Regteratrium
B Aorta
C Linkerlong
D Vena cava
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.6 Tydens die koolstofkringloop word koolstofdioksied uit die atmosfeer
verwyder deur ...
A primêre verbruikers.
B sekondêre verbruikers.
C ontbinders.
D produseerders.
1.1.7 Die grootste bloedvat in die menslike liggaam, wat suurstofryke
(geoksigineerde) bloed vervoer, is die ...
A longslagaar.
B aorta.
C vena cava superior.
D kroonslagaar.
1.1.8 Bestudeer die onderstaande lys en beantwoord die vrae wat volg:
(i) Tektoniese plate
(ii) Ystydperke
(iii) Afname in koolstofdioksiedvlakke
(iv) Fossiel-toerisme
Watter van die bostaande veranderinge was ʼn belangrike invloed op
die geskiedenis van lewe op Aarde?
A (i) en (ii)
B (i) en (iii)
C (i), (ii) en (iii)
D Al die bogenoemde
1.1.9 Die plek in Gauteng waar mense moontlik hul oorsprong kan hê, is …
A die Wieg van die Mensdom.
B die Drakensberge.
C Mapungubwe.
D Egoli.
1.1.10 Die relatiewe kort geologiese tydperk waartydens organismes
gediversifiseer het en ʼn toename in die diversiteit van spesies op
aarde veroorsaak het:
A Paleosoïese era
B Kambriese Ontploffing
C Jurassiese periode
D Krytperiode
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die spierlaag wat die regter- en linkerkant van die hart skei.
1.2.2 Die groot verskeidenheid lewende organismes wat op die Aarde
voorkom.
1.2.3 Die proses waartydens groot plate ys, wat ons gletsers noem,
gevorm word.
1.2.4 Bloedvate met eenrigtingkleppe.
1.2.5 ‘Lewende fossiel’ wat langs die noordelike kus van KwaZulu-
Natal aangetref word.
1.2.6 Die tydskaal wat gebruik word om die geskiedenis van lewe op
Aarde te meet.
1.2.7 ʼn Persoon wat fossiele bestudeer.
1.2.8 Die laag gasse rondom die Aarde.
1.2.9 Bloedplasma wat die kapillêres verlaat en die selle omring.
(9 x 1) (9)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι, van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in
KOLOM ΙΙ nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 Bron van nitrate in die grond A Bakterieë
B Fotosintese
1.3.2 Abiotiese faktore A Temperatuur
B Lig
1.3.3 Limfvate A Kleppe
B Lengtespiere
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
1.4 Bestudeer die onderstaande diagram van die watersiklus en beantwoord die
vrae wat volg.
1.4.1 Noem die prosesse wat A–D gemerk is. (4)
1.4.2 Noem EEN menslike aktiwiteit wat ʼn invloed op die watersiklus kan
hê. (1)
1.4.3 Wat is die belangrikste faktor wat die tempo van die proses gemerk
B beïnvloed? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.5 Bestudeer die onderstaande diagram van die hart en beantwoord die
vrae wat volg.
1.5 1.5.1 Noem die bloedvate gemerk 1 en 2. (2)
1.5.2 Gee die NOMMER van die kamer(s) in die diagram wat
suurstofarme (gedeoksigineerde) bloed bevat. (2)
1.5.3 Skryf die NOMMER en NAAM neer van die klep wat verhoed dat
bloed terugvloei in die regteratrium wanneer die regterventrikel
saamtrek. (2)
1.5.4 Uit watter soort spierweefsel bestaan die hart? (1)
1.5.5 Noem TWEE strukturele maniere waarop die hart beskerm word. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die onderstaande ekostelsel en beantwoord die vrae wat volg.
jakkals wesel
s
valk
lyster muis
eekhoring
konyn
ruspe
struike
gras sampioene
[www.phinglink.com]
2.1.1 Vanuit die bostaande voedselweb noem:
(a) EEN produseerder (1)
(b) TWEE sekondêre verbruikers (2)
2.1.2 Gebruik ʼn voedselketting van die bostaande ekostelsel om ʼn volledig
geannoteerde piramiede van energie, met VIER trofiese vlakke te
teken. (7)
2.1.3 Wat sal gebeur indien al die wesels uit die ekostelsel verwyder
word? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
2.2 Aalwyne groei oor die algemeen op rotsagtige hellings met ʼn
noordelike aansig, veral in die Oos-Kaap. Bestudeer die onderstaande
diagram en beantwoord die vrae wat volg.
aalwynplante
Helling met
noord-aansig
Helling met
suid-aansig
2.2.1 Gee EEN strukturele aanpassing van die blare van aalwynplante by
hul xerofitiese lewenswyse. (2)
2.2.2 Waarom verkies aalwyne om op ʼn helling met ʼn noordelike aansig
eerder as ʼn suidelike aansig te groei? (2)
2.2.3 Verduidelik wat bedoel word met die terme:
(a) Aspek (1)
(b) Hoogte (1)
2.2.4 Noem TWEE abiotiese faktore wat in die bostaande diagram gesien
(2)
kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
2.3 Die onderstaande tabel toon die resultate van ʼn ondersoek wat die
gemiddelde globale koolstofdioksiedvlakke oor ʼn vyf-jaar periode gemeet het.
Jaar Koolstofdioksiedvlakke (dele per miljoen)
2004 376,0
2005 377,0
2006 379,5
2007 381,0
2008 383,5
2.3.1 Teken ʼn lyngrafiek om die verandering in koolstofdioksiedvlakke
oor tyd te toon. (6)
2.3.2 Beskryf die tendens wat getoon word in die grafiek wat jy in
VRAAG 2.3.1 geteken het. (2)
2.3.3 Wat is die afhanklike veranderlike in die bostaande ondersoek? (1)
2.3.4 Bereken die toename in koolstofdioksiedvlakke van 2004 tot 2008.
Toon alle berekeninge. (2)
2.3.5 Beskryf hoe ʼn toename in koolstofdioksiedvlakke kan lei tot
klimaatsverandering. (4)
2.3.6 Jou koolstofvoetspoor is die hoeveelheid koolstofdioksied wat jy in
die atmosfeer vrystel tydens jou daaglikse aktiwiteite.
(a) Noem DRIE menslike aktiwiteite wat ʼn toename in die
koolstofvoetspoor in die atmosfeer kan veroorsaak. (3)
(b) Noem TWEE maniere waarop jy en jou gesin/familie jul
koolstofvoetspoor kan verminder. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
VRAAG 3
3.1 Kuhle en Bongile het in ʼn nabygeleë veld op die voetspore van die diere,
hieronder getoon, afgekom terwyl hulle op ʼn klas-uitstappie was.
Hul onderwyser het hulle die onderstaande sleutel gegee om hulle te help
om die voetspore te identifiseer.
klou
A B C
D E F
klou-afdruk
toonkussing
hoofkussing
Spoor het duidelike klou-afdrukke Gaan na 2
1
Spoor het nie klou-afdrukke nie Gaan na 5
Spoor het vier toonkussinkies Gaan na 3
2
Spoor het drie of vier toonkussinkies Gaan na 4
Gewebde pote Krokodil
3
Pote nie geweb nie Jagluiperd (Cheetah)
Drie toonkussinkies Afrika Pikkewyn
4
Vyf toonkussinkies Bobbejaan
Toonkussing-afdrukke sigbaar Gaan na 6
5
Toonkussing-afdrukke nie sigbaar nie Olifant
Vier toonkussing-afdrukke Luiperd
6
Drie toonkussing-afdrukke Dassie
Gebruik die bostaande sleutel om voetspore A, B, C en D te identifiseer. Skryf
slegs die letter (A, B, C of D) en die naam van die dier neer. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
3.2 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn vereenvoudigde geologiese
tydskaal wat toon hoe die aantal families (groepe verwante spesies) oor ʼn
tydperk verander het.
Paleosoïese Mesosoïese Senosoïese
Aantal families
Kryt
Devoniese
Ordovisiese
Triassiese
Permiese
Miljoen jaar gelede
3.2.1 Hoeveel massa-uitwissings het al plaasgevind sedert die ontstaan
van die aarde? (1)
3.2.2 Watter massa-uitwissing het plaasgevind naby die einde van die
Paleosoïese era? (1)
3.2.3 Watter era het die langste geduur? (1)
3.2.4 Noem TWEE faktore of gebeurtenisse wat moontlik die massa-
uitwissings kon veroorsaak het. (2)
3.2.5 Wanneer het die Triassiese uitwissing plaasgevind? (1)
3.2.6 Watter uitwissing is die grootste in terme van die aantal families wat
uitgesterf het? (1)
3.2.7 Wetenskaplikes glo dat ons tans die sesde massa-uitwissing beleef.
Wat, dink hulle, is die oorsaak van hierdie massa-uitwissing? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
3.3 Lees die onderstaande gedeelte en beantwoord die vrae wat volg.
Armadillo’s, miervreters en luidiere behoort almal aan die soogdier-orde
Xenarthra. Hulle lyk almal baie verskillend soos jy in die onderstaande
diagram kan sien. Hulle is egter geneties meer soortgelyk aan mekaar as
aan enige ander soogdiere. Dit suggereer dat hierdie drie verskillende
groepe diere van ʼn gemeenskaplike voorouer afstam. Xenarthra is ook
verlangs verwant aan ietermago’s wat in Afrika aangetref word.
Vandag tref ons luidiere en die reuse-miervreter (Myrmecophaga tridactyla)
in Suid-Amerika aan, die “nege-streep” armadillo (Dasypus novemcinctus) in
Noord-Amerika, die stekelrige miervreter in Australië en 44 spesies
ietermago’s in Afrika.
Noord-Amerika
Afrika
Suid-Amerika
Australië
Luidier ietermagog
Reuse-miervreter
stekelrige miervreter
3.3.1 Wat noem ons die studie van die verspreiding van bestaande en
uitgestorwe plant- en dierspesies oor spesifieke gebiede op Aarde? (1)
3.3.2 Noem die kontinent waarvan Suid-Amerika, Afrika en Australië deel
uitgemaak het nadat dit van Pangaea weggebreek het. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die kontinentale drywingsteorie. (3)
3.3.4 Behoort reuse-miervreters en armadillo’s aan dieselfde genus? (1)
3.3.5 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.3.4. (2)
3.3.6 Skryf die wetenskaplike naam van die “nege-streep” armadillo
korrek neer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
3.4 Verduidelik hoe die verandering in suurstofvlakke die geskiedenis van lewe
op Aarde beïnvloed het. (5)
3.5 Die onderstaande diagramme vorm deel van die kardiale siklus. Bestudeer
hulle aandagtig en beantwoord die vrae wat volg.
A B C
[www.coursesss.lumen.biology.com]
3.5.1 Noem onderskeidelik fases A, B en C. (3)
3.5.2 Beskryf wat in die hart tydens fase B gebeur. (4)
3.5.3 Noem die spesiale weefsel wat elektriese impulse na die
spiervesels in die atria stuur wat veroorsaak dat hulle saamtrek. (1)
3.5.4 Hoe lank duur elke kardiale siklus? (1)
3.5.5 Verduidelik hoe hoë koolstofdioksiedvlakke in die bloed ʼn
verandering in die tempo waarteen die hart klop, sal veroorsaak. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
AFDELING C
VRAAG 4
Fossiele is die gepreserveerde oorblyfsels of spore van diere, plante, en ander
organismes vanuit die verlede. Fossiele is belangrike bewyse vir evolusie omdat
hulle toon dat lewe vroeër op aarde verskil het van die lewe wat tans op aarde
aangetref word.
Beskryf hoe versteende fossiele in sedimentêre gesteentes gevorm is en gee
voorbeelde van fossiele wat op ander plekke as gesteentes (rots) gevind is.
Verduidelik hoe wetenskaplikes die ouderdom van hierdie fossiele bepaal en hoe
fossiel-toerisme voordelig kan wees vir die land.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
NOTA: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
LIFE SCIENCES MG JUNE 2024

Question paper
NW 10 LIFE SCIENCES QP JUNE 2024
%20March%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9b729444-9226-4075-9f8a-8379a2d74f1e/v1-d9ba15da7eada13bdf42/card.webp)
Question paper
Gr 10 Life Science (Afrikaans) March 2023 Question Paper hlayiso.com
%20March%202023%20Question%20Paper--3500bfb1-6847-4c2a-aaae-4f964b34bc5d/v1-9f4a21c632592c12a02c/card.webp)
Question paper
Gr 10 Life Science (Afrikaans) March 2023 Question Paper

Question paper
LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2018 Afrikaans hlayiso.com
/LIFE%20SCIENCES%20P2%20QP%20GR10%20NOV2018_Afrikaans--4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad/v1-27dd8ad68f66af73f0cc/card.webp)
Question paper
LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2018 Afrikaans

Memorandum
LIFE SCIENCES P2 MEMO GR10 NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 10 Life Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Lewenswetenskappe OG studyguide LR hlayiso.com

Study guide
Gr10 Life Sciences TG studyguide LR hlayiso.com

Question paper and memo
KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo

Annual teaching plan
Gr 10 Life Sci ATP 2023 24

Question paper and memo
EC Life Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo

Question paper and memo
