Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 



/LIFE%20SCIENCES%20P2%20QP%20GR10%20NOV2018_Afrikaans--4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad/v1-27dd8ad68f66af73f0cc/card.webp)

View all





Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP
Grade 10 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 500.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape November 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. Teken ALLE tekeninge in potlood en skryf die byskrifte in blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ʼn passer gebruik
waar nodig.
11. Rond alle berekeninge af tot twee desimale na die komma.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die
vraagnommer (1.1.1‒1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer byvoorbeeld
1.1.10 D.
1.1.1 Glukose en fruktose is voorbeelde van …
A proteïene.
B monosakkariede.
C disakkariede.
D polisakkariede.
1.1.2 Die nie-proteïen, organiese vennote van ensieme is …
A katalisators.
B koënsieme.
C pro-ensieme.
D ensiemkomplekse.
1.1.3 Die proses van osmose kan beskryf word as die beweging van …
A molekules van ʼn gebied met ʼn hoë konsentrasie na ʼn gebied met
lae konsentrasie.
B ʼn oplosmiddel deur ʼn differensieel-deurlatende membraan.
C ʼn opgeloste stof deur ʼn differensieel-deurlatende membraan.
D ʼn opgeloste stof wat van ʼn gebied met ʼn hoë konsentrasie na ʼn
gebied met ʼn lae konsentrasie beweeg.
1.1.4 Die volgende is waar rakende ensieme behalwe ...
A ensieme word by uiterste temperature gedenatureer.
B ensieme word by uiterste pH-waardes gedenatureer.
C ensieme word opgebruik in chemiese reaksies.
D ensieme beheer en reguleer alle chemiese reaksies wat in ʼn sel
plaasvind.
1.1.5 Die volgende is NIE van toepassing op xileemvate (houtvate) NIE:
A Lang, silindriese selle
B Geperforeerde dwarswande óf geen dwarswande nie
C Verdikte selwande wat lignien bevat
D Volwasse selle met ʼn duidelik-gedefinieerde selkern.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.1.6 Die weefsel tussen die boonste en onderste epidermis in blare
staan as … bekend.
A kutikula
B mesofil
C stoma
D okselstandig/aksillêre
1.1.7 In plante met drywende blare word stomata aangetref …
A slegs op die onderste epidermis.
B slegs op die boonste epidermis.
C op die boonste en onderste epidermis.
D nie op die boonste of die onderste epidermis nie.
1.1.8 Epiteelweefsel wat die mond en longe uitvoer staan as … bekend.
A kubiese
B kolom
C gesilieerde kolom
D plaveisel (8 x 2) (16)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1‒1.2.7) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Plastiede wat ʼn geel of oranje pigment bevat
1.2.2 Selorganel wat verteringsensieme bevat
1.2.3 Proses waardeur komplekse molekules, in lewende organismes,
afgebreek word
1.2.4 Selle wat die kurkkambium in stingels vorm
1.2.5 Beheer die oorerwing van eienskappe van ouer na kinders
(nakomelinge)
1.2.6 Weefsel wat organiese voedsel vervoer in plante
1.2.7 Organiese katalisator wat chemiese reaksies versnel (7 x 2) (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM A van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM B nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1‒1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Oormaat voedingstowwe in water A: Chlorose
wat lei tot die welige/digte groei B: Eutrofikasie
van plante
1.3.2 Onwillekeurige spierweefsel A: Hart
B: Gestreepte
1.3.3 Verminder wrywing tussen bene A: Glasagtige kraakbeen
by gewrigte B: Geel, elastiese kraakbeen
1.3.4 Ensieme wat vette in die dieet A: Proteases
afbreek B: Lipases
1.3.5 Nuwe ringe sekondêre xileem in A: Jaarringe
stingels. B: Kambiumringe
1.3.6 Soogdierweefsel A: Spiere
B: Bloed
1.3.7 Groot, gedifferensieerde selle wat A: Meristematiese weefsel
in plantorgane aangetref word B: Permanente weefsel
(7 x 2) (14)
1.4 Bestudeer die diagramme hieronder van voedseltoetse op organiese
verbindings. Beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: www.tes.com/teaching-resource]
1.4.1 Vir watter organiese verbinding word getoets in?
(a) A
(b) B (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.4.2 Noem die chemiese stof wat gebruik word om vir suiker te toets. (1)
1.4.3 Gee die positiewe kleurverandering(e) vir die volgende:
(a) A
(b) C
(c) D (3)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die onderstaande diagram van dierweefsel en beantwoord die vrae
wat volg.
1
A B
2 9
7 8
3
4
5
6 11 10
[Bron: www.termandhistology.wordpress.com] [Bron: www.slideplayer.com]
2.1.1 Identifiseer A en B. (2)
2.1.2 Verstrek byskrifte vir strukture 3, 4, 8 en 10. (4)
2.1.3 Gee EEN funksie van sel A. (1)
2.1.4 Gee die NOMMER van die struktuur wat:
(a) Suurstof in die liggaam vervoer (1)
(b) Die liggaam teen virusse en bakterieë verdedig/beskerm (1)
2.1.5 Bespreek die uitwerking op die liggaam indien sel A beskadig word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
2.2 Bestudeer die onderstaande diagramme en beantwoord die vrae wat volg.
D/S dikotiele wortel Wortelhaar
[Plant-struktuur.weebly.com]
[Bron: Plant-struktuur.weebly.com] [Bron: www.sliderbase.com]
2.2.1 Verskaf byskrifte vir 1 en 2. (2)
2.2.2 Gee die nommer van die weefsel wat:
(a) Oorsprong gee aan sywortels (1)
(b) Organiese voedsel in die plant vervoer (1)
(c) Stysel berg in die wortel (1)
(d) Water vervoer in die plant (1)
2.2.3 Noem EEN manier waarop die wortelhaar vir sy funksie struktureel
aangepas is. (2)
2.2.4 Het wortelhare ʼn kutikula? Gee ʼn rede daarvoor. (3)
2.2.5 Voorspel wat sou gebeur indien daar geen wortelhare was nie. (2)
2.3 ʼn Wetenskaplike wou ondersoek instel om uit te vind of lig
noodsaaklik is vir die ontkieming van sade. Sy het twee
potplanthouers van dieselfde grootte met dieselfde hoeveelheid
grond gevul.
Pot 1 is gemerk ‘LIG’ en Pot 2 ‘DONKER’. Vyf blaarslaai-sade is in
elke pot geplant. Beide plante is van genoeg water voorsien.
Pot 1 is in direkte sonlig geplaas. ʼn Kartonboks is oor Pot 2 geplaas
en geen lig kon inkom nie.
2.3.1 Skryf ʼn hipotese vir die ondersoek neer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
2.3.2 Identifiseer die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
2.3.3 Noem TWEE veranderlikes wat konstant gehou is. (2)
2.3.4 Stel TWEE maniere voor waarop die betroubaarheid van hierdie
ondersoek verbeter kon word. (2)
2.4 Bestudeer die onderstaande grafieke van transpirasietempo in verskillende
omgewings en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: www.albet.io]
2.4.1 Wat beteken die term transpirasie? (2)
2.4.2 Bestudeer grafiek A. Wat kan jy aflei omtrent die verhouding tussen
temperatuur en transpirasietempo? (2)
2.4.3 Verduidelik die vorm van die grafiek by X, in grafiek C. (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3
3.1 Die wortel van ʼn ui is ʼn snelgroeiende deel van die ui. Baie selle sal in
verskillende fases van mitose wees. ʼn Monster van die punt van ʼn ui is
gekleur en onder ʼn mikroskoop bestudeer.
Die verskillende fases van mitose is geïdentifiseer en die aantal selle in elke
fase is getel. Die resultate is in die onderstaande tabel opgeteken.
Aantal selle
1 2 3 Totaal
Interfase 47 49 58 154
Profase 5 7 18 30
Metafase 2 4 1 7
Anafase 10 10 2 22
Telofase 4 4 4 12
3.1.1 Watter fase produseer die:
(a) Meeste (grootste aantal) selle?
(b) Minste (kleinste aantal) selle? (2)
3.1.2 Bereken die persentasie selle wat tydens profase geproduseer is.
Toon ALLE berekeninge. (3)
3.1.3 Beskryf kortliks die belangrikheid van mitose in ʼn lewende organisme. (2)
3.1.4 Aanvaar dat ʼn sel 24 uur neem om een siklus te voltooi. Bereken die
lengte (tydsduur) van die interfase. Toon ALLE berekeninge. (3)
3.1.5 Beskryf kortliks wat tydens die anafase van mitose plaasvind. (2)
3.1.6 Teken ʼn kolomgrafiek wat die totale aantal selle in elke fase van die
selsiklus voorstel. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
3.2 Bestudeer die onderstaande diagram wat ʼn deel van die pelviese
(bekken) gordel en die onderste ledemate voorstel. Beantwoord die vrae
wat volg.
1
2 sakrum
9
3 femur
sacrumsac
4
5
6
7
8
[Bron: www.pocketdentistry.com/10-the-lower-limb]
3.2.1 Noem die gewrig wat by 9 aangetref word. Gee ʼn rede waarom
dit ʼn diep potjie (asetabulum) het. (2)
3.2.2 Die femur is ʼn voorbeeld van ʼn langbeen. Dit bevat beide rooi
en geel murg. Wat is die funksie van die rooi murg? (2)
3.2.3 Stel ʼn rede voor waarom die bekken(pelviese) gordel rigied
moet wees. (2)
3.2.4 Differensieer tussen manlike en vroulike heupbene. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
3.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Die woord artritis beteken inflammasie van die gewrigte, en daar is meer as
100 soorte artritis. Een van die meer algemene soorte is osteoartritis.
Osteoartritis kom dwarsoor die wêreld voor en affekteer mense verskillend,
met skade aan die gewrigte wat oor jare kan ontwikkel of in sommige gevalle
redelik vinnig.
Osteoartritis is ʼn degeneratiewe vorm van artritis wat dikwels middeljarige
mense affekteer, maar kan ook by jong mense,wat aan gewrigsbeserings ly,
voorkom.
Reumatoloë is dokters wat deskundiges is in die diagnosering van artritis en
ander siektes van die gewrigte, spiere en bene.
Gevaartekens van hierdie siekte is tipies; pyn na ʼn aktiwiteit, beperkte
bewegingsmoontlikhede en styfheid, en swelling en gevoeligheid van een of
meer gewrigte.
3.3.1 ʼn Gewrig is ʼn plek waar twee bene ontmoet. Noem die bindweefsel
wat hierdie bene aanmekaar bind(heg). (1)
3.3.2 Noem die DRIE klasse waarin gewrigte geklassifiseer kan word. (3)
3.3.3 Beskryf die toestand van die gewrig indien ʼn persoon osteoartritis
het. (4)
3.3.4 Stel EEN rede voor waarom osteoartritis meer algemeen by
middeljarige mense voorkom. (2)
3.3.5 Gewrigsvervangings is besig om al meer voor te kom by mense wat
aan osteoartritis ly. Allooie van kobalt-chroom en titaan word
gewoonlik in hierdie prosedures gebruik. Waarom word yster nie
gebruik nie? (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
AFDELING C
VRAAG 4
4.1 Die sel word beskou as die basiese eenheid van lewe. Dit bestaan uit ʼn
aantal organelle wat die effektiewe funksionering verseker.
Bespreek hierdie stelling met verwysing na die struktuur (bou) en die rol van
die selmembraan, selkern en die mitochondria.
NOTA: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2018 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo

Errata
Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 Errata
/LIFE%20SCIENCES%20P2%20QP%20GR10%20NOV2018_Afrikaans--4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad/v1-27dd8ad68f66af73f0cc/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 10 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2017 QP
More from Grade 10 Life Sciences

Study guide
Gr10 Lewenswetenskappe OG studyguide LR

Study guide
Gr10 Life Sciences TG studyguide LR

Question paper and memo
Life Sciences Grade 10 KZN March Test 2026 Paper & Memo

Annual teaching plan
Gr 10 Life Sci ATP 2023 24

Question paper and memo
Life Sciences Grade 10 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo