Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*XLFSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP
Grade 10 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 448.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik waar nodig.
11. Rond ALLE berekeninge af tot twee desimale na die komma.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Die basiese eenheid van die lewe is ʼn ...
A sigoot.
B sel.
C protoplasma.
D selkern.
1.1.2 Wat is die verskil tussen kraakbeen en been?
A Been is rubberagtig en kraakbeen is ferm
B Kraakbeen is rubberagtig en been is ferm
C Been is ʼn meer primitiewe weefsel as kraakbeen
D Been is binne-in die liggaam en kraakbeen is buite
1.1.3 Watter tipe gewrig word tussen die humerus en die skapula gevorm?
A Skarniergewrig
B Bal-en-potjiegewrig
C Glygewrig
D Pektorale gordel
1.1.4 Watter van die volgende is ʼn korrekte definisie van stamselle?
A Selle met ʼn definitiewe kern wat deur ʼn membraan omsluit is.
B Selle wat die drie soorte plastiede bevat.
C Ongedifferensieerde selle wat die potensiaal het om te
differensieer om enige weefsel of orgaan in die liggaam te
vorm.
D Selle wat onbeheerbaar en voortdurend verdeel en swelling
veroorsaak.
1.1.5 Materiaal wat gebruik word om genetiese inligting in ʼn sel te stoor,
is ...
A ribosoom.
B deoksiribonukleïensuur.
C endoplasmiese retikulum.
D sentriole.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.6 Die diagramme hieronder toon sekere skeletsiektes.
Watter van die volgende kombinasies verteenwoordig die siektes hierbo?
X Y
A Osteoporose Athlerosis
B Osteomalasie Osteoporose
C Artritis Osteoporose
D Athlerosis Osteomalasie
1.1.7 Die reuse-organiese molekules wat elemente C, H, O, N en soms S bevat,
waarvan die funksie is om verslete weefsels te herstel:
A Aminosure
B Proteïene
C Koolhidrate
D Lipiede
1.1.8 Die diagram hieronder toon ensiemwerking.
P Q R S T
Wat stel Q hierbo voor?
A ʼn Ensiem
B Ensiem-substraat-kompleks
C Produk
D Substraat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 Die grafiek hieronder toon die effek van temperatuur op ensiemaktiwiteit.
6.0
5.0
Ensiemaktiwiteit.
4.0
3.0
2.0
1.0
0.0
0 20 30 40 50
°
Temperatuur ( C)
Watter gevolgtrekking kan uit die bostaande grafiek gemaak word?
A Hoe hoër die temperatuur, hoe hoër is die tempo van ensiemaktiwiteit.
B Ensieme word deur hoë temperature gedenatureer.
C ʼn Toename in ensiemaktiwiteit laat temperatuur styg.
D Ensieme funksioneer goed by uiters lae temperature.
1.1.10 Die senuwee-weefsel wat impulse vanaf die sintuigorgane (reseptore) na die
sentrale senuweestelsel vervoer:
A Motoriese
B Sensoriese
C Bipolêre
D Inter/verbindings (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 ʼn Tekorte siekte wat deur die vergeling van plantblare gekenmerk
word
1.2.2 Die boustene van lipiede
1.2.3 Selle wat ryk aan hemoglobien is en suurstof na alle liggaamsdele
vervoer
1.2.4 Die produksie van geneties identiese organismes
1.2.5 ʼn Tekorte siekte wat verband hou met bloeiende tandvleis
1.2.6 Weerstand teen infeksie deur organismes wat siekte veroorsaak
1.2.7 Selorganelle wat sentrums vir sellulêre respirasie is
1.2.8 Groen pigment wat in groen plante voorkom
1.2.9 Die eenhede wat gebruik word om die klein struktuur van 'n sel met
behulp van ʼn mikroskoop te meet
1.2.10 Die apparaat wat gebruik word om die transpirasietempo te meet
(10 x 1) (10)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM
II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Ongedifferensieerde selle kom voor A: Meristematiese weefsel
op die punte van stingels en wortels B: Permanente weefsel
wat aktief deur mitose verdeel word
om nuwe selle te produseer
1.3.2 Die versagting van bene by kinders A: Ragitis
wat lei tot frakture en been- B: Artritis
misvorming
1.3.3 Soogdierweefsel A: Spier
B: Bloed
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.4 Die diagram hieronder toon ʼn groep soogdierweefsels.
1.4.1 Skryf die LETTER en die NOMMER van die weefsel/sel neer:
(a) Vorm bene wat die skelet van soogdiere vorm (2)
(b) Dra impulse vanaf die sentrale senuweestelsel na die effektore
(spiere of klier) (2)
(c) Verantwoordelik vir vrywillige beweging, soos beenbewegings
tydens loopbeweging (2)
(d) Bevat mikroskopiese haaragtige projeksies in die voering van
neusholtes en lugpyp (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.5 Bestudeer die onderstaande tabel en vul die ontbrekende woorde in wat met
die nommers (1.5.1–1.5.6) aangedui is. Skryf SLEGS die korrekte antwoord
langs die ooreenstemmende nommer neer.
WEEFSEL/SEL FUNKSIE
Bloed 1.5.1
Bevat hemoglobien wat die bloed
1.5.2 rooi kleur gee
Witbloedselle 1.5.3
1.5.4 Vorm bloedklonte
Chlorenchiem 1.5.5
Sponsagtige mesofil 1.5.6
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagramme hieronder stel verskillende fases van ʼn bepaalde proses
voor.
2.1.1 Identifiseer die proses hierbo voorgestel. (1)
2.1.2 Benoem strukture A, B en C. (3)
2.1.3 Watter fase word deur diagram 3 voorgestel? (1)
2.1.4 Teken ʼn benoemde diagram van ʼn fase wat volg op die fase
genoem in VRAAG 2.1.3 hierbo. (3)
2.1.5 Verduidelik wat sou gebeur as die proses in VRAAG 2.1.1 genoem,
nie plaasvind nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Piek beenmassa
Ouderdomsverwante
beenverlies
Beenmassa
Mans
Menopousale
Vroue
beenverlies
Ouderdom (jare)
2.2.1 Noem die siekte van die skeletstelsel waarin bene as gevolg van
swak beenvorming gebuig word. (1)
2.2.2 Beskryf die verband tussen beendigtheid en ouderdom. (2)
2.2.3 Met verwysing na die grafiek, wanneer word die piek beendigtheid
by mans en vroue gevorm? (2)
2.2.4 Gee TWEE redes waarom gewigoptel-oefeninge en kalsiumryke
voedsel die risiko vir lae beendigtheid kan verlaag. (2)
2.2.5 Noem watter deel van die liggaam deur die kranium beskerm word. (1)
2.2.6 Afgesien van die beskerming, noem enige ander DRIE funksies van
ʼn skelet. (3)
2.3 Noem en beskryf DRIE verskillende skeletsisteme wat in lewende
organismes voorkom. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.4 Die volgende diagramme stel verskillende soorte selle voor.
2.4.1 Identifiseer die tipe selle wat deur diagramme I en II voorgestel
word. (2)
2.4.2 Gee die NOMMER en die NAAM van die organel wat as
opbergplek vir water- en minerale soute dien. (2)
2.4.3 Voorsien byskrifte vir dele A, B en C. (3)
2.4.4 Noem of deel D deurlaatbaar, ondeurdringbaar of selektief
deurlaatbaar is. Gee EEN rede vir jou antwoord. (3)
2.4.5 ʼn Plantsel op ʼn foto word op 15 mm dwarsoor gemeet. As die
werklike grootte van die sel 0,015 mm is, wat is die vergroting op
die foto? (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3
3.1 Lees die volgende gedeelte en beantwoord die vrae wat volg.
Kanker veroorsaak meer sterftes in Suid-Afrika as MIV/vigs, tuberkulose en
malaria. Dit is die oorsaak van ongeveer een uit elke vier sterftes, wat beteken
dat 25% van die sterftes weens kanker is. Wêreldwyd is longkanker boaan die
lys vir mans, gevolg deur prostaatkanker en kolorektale kanker. By vroue is
borskanker die algemeenste; dan servikale / baarmoederkanker en longkanker.
Die top vyf kankers volgens koste was: leukemie (R280 000) veelvuldige
myeloom (R230 000), kanker van die sentrale senuweestelsel (R180 000),
longkanker (R160 000) en kolorektale kanker (R120 000), gemiddeld per geval.
[Bron: www.iol.co.za/cancer. Toegang op 15 September 2018 verkry.]
3.1.1 Wat is kanker? (1)
3.1.2 Watter tipe kanker kom die meeste by mans voor? (1)
3.1.3 Noem TWEE maniere waarop kanker behandel kan word. (2)
3.1.4 Gebruik die inligting in die onderstaande tabel en teken ʼn kolomgrafiek
om die top vyf kankers en hul koste per geval aan te toon.
TIPE KANKER KOSTE PER GEVAL
Leukemie R280 000
Veelvuldige myeloom R230 000
Kanker van die sentrale R180 000
senuweestelsel
Longkanker R160 000
Kolorektale kanker R120 000 (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Noem die dele gemerk A–D. (4)
3.2.2 Verduidelik enige TWEE strukturele aanpassings van deel D wat dit in
staat stel om sy funksie effektief te verrig. (4)
3.2.3 Wat is die versamelnaam van die weefsels wat water en voedsel
vervoer, in die struktuur hierbo? (1)
3.2.4 Gee EEN funksie van deel B. (1)
3.2.5 Tabuleer TWEE verskille tussen ʼn dwarssnitstruktuur van ʼn wortel en ʼn
stam. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.3 ʼn Groep graad 10-leerders het ʼn eksperiment uitgevoer om te toets of sekere
voedingstowwe teenwoordig is. Hulle het eierwit, glukose-oplossing,
styselpoeieroplossing sowel as olyfolie gebruik. Die apparaat is opgestel soos
hieronder aangedui.
3.3.1 Wat is die doel van Toets 1 en Toets 2 in die bostaande diagram? (2)
3.3.2 Identifiseer:
(a) Oplossing X (1)
(b) Oplossing Y (1)
3.3.3 Wat is die positiewe resultate vir kleur 1 en kleur 2 in bogenoemde toetse? (2)
3.3.4 Gee TWEE voorsorgmaatreëls wat in ag geneem moet word by die
opstelling van bogenoemde apparaat. (2)
3.3.5 Lys enige DRIE stappe wat in die beplanning van die eksperiment hierbo
gevolg is. (3)
3.3.6 Stel EEN manier voor waarop die betroubaarheid van die eksperiment
kan verbeter. (1)
3.3.7 Waar in die diereweefsel kan jy die organiese verbindings vind wat in
toets 1 getoets is? (1)
3.3.8 Gee EEN biologiese belang van die verbinding wat getoets is in:
(a) Toets 1 (1)
(b) Toets 2 (1)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
AFDELING C
VRAAG 4
ʼn Blaar is een van die belangrikste organe van ʼn plant. Beskryf hoe die blaar
aangepas is om die funksies van fotosintese, transpirasie, respirasie en guttasie uit
te voer.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte word toegeken vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Life Sciences Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Eng)
More from Grade 10 Life Sciences

Study guide
Gr10 Lewenswetenskappe OG studyguide LR

Study guide
Gr10 Life Sciences TG studyguide LR

Question paper and memo
Life Sciences Grade 10 KZN March Test 2026 Paper & Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P1 November Mock 2026 Memo (English)

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P2 November Mock 2026 Memo (English)

Memorandum