Skip to content

Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP

Question paperLife SciencesGrade 10201916 pages

Grade 10 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019, 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2019 LEWENSWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *XLFSA2* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag. 6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 ʼn Kamer in die hart met dik spierwande wat bloed deur die aorta pomp. A Regteratrium B Linkeratrium C Regterventrikel D Linkerventrikel 1.1.2 ʼn Bloedvat wat bloed na die niere neem. A Lewerslagaar B Nierslagaar C Mesenteriese slagaar D Dermslagaar 1.1.3 Gespesialiseerde geleidingsweefsel in die hart, ook as die pasaangeër van die hart bekend. A Sino-atriale knoop B Atrio-ventrikulêre knoop C Simpatiese senuwee D Parasimpatiese senuwee 1.1.4 Die vloeibare deel van bloed word ... genoem. A plasma B weefselvloeistof C limf D bloed 1.1.5 ʼn Deel van die biosfeer wat uit grond en rotse bestaan, word die ... genoem. A geosfeer B litosfeer C terasfeer D hidrosfeer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.1.6 ʼn Algemene groep plante wat aangepas is om in uiters droë streke te groei, word na verwys as ... A hidrofiete. B mesofiete. C xerofiete. D woestynplante. 1.1.7 Bestudeer die lys hieronder en beantwoord die vraag wat volg: (i) Warm somers met hoë reënval, koue winters met swaar ryp (ii) Groot Vyf (iii) Sanderige grond arm aan voedingstowwe (iv) Plante is meestal grasse en klein struike Watter van die bogenoemde stellings is van toepassing op die Savanna-bioom? A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (i), (ii) en (iii) D (i), (ii), (iii) en (iv) 1.1.8 Wat sal jy ʼn boer aanbeveel wat ʼn plek soek om gewasse te plant wat groot hoeveelhede sonlig, voedingsryke grond en goeie dreinering benodig? A Plant op ʼn noordelike helling in grond wat hoofsaaklik uit leem bestaan B Plant op ʼn noordelike helling in sanderige grond C Plant op die suidelike helling in grond wat hoofsaaklik uit leem bestaan D Plant op ʼn suidelike helling in grond met goeie klei-inhoud 1.1.9 Wetenskaplikes het voorgestel dat die bome in die Amasone- oerwoud hul eie wolke en reën opwek. Dit word waarskynlik deur ... veroorsaak. A neerslag B verdamping C kondensasie D transpirasie 1.1.10 Watter van die volgende verteenwoordig NIE die belangrikheid van vleilande NIE? A ʼn Groot verskeidenheid habitatte aan die kus, soos strandmere en riviermondings. B Gee ʼn gereelde watervoorsiening en help om die effek van droogtes te verminder C Lae biodiversiteit D Hoë watertafel en grond met ʼn hoë waterhouvermoë (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V2 5 1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) op die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 ʼn Bloedsirkulasiestelsel waar bloed binne die bloedvate bly 1.2.2 Bloedvate wat uit ʼn enkele laag epiteel bestaan 1.2.3 ʼn Fase in die hartsiklus waartydens die hele hart ontspan 1.2.4 Die maatstaf van hoe suur of alkalies ʼn stof is 1.2.5 Diere waar liggaamstemperatuur van die omgewings- temperatuur afhang 1.2.6 Die term wanneer ʼn organisme wat gedurende die winter onaktief raak 1.2.7 Voedingsvlakke van verskillende organismes binne ʼn ekosisteem 1.2.8 Die vorm waarin stikstof deur plante met hul plantwortels opgeneem word (8 x 1) (8) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM Ι KOLOM ΙΙ 1.3.1 ʼn Bloedvat wat suurstofhoudende A: Longslagaar bloed vervoer B: Superior vena cava 1.3.2 ʼn Abiotiese faktor betreffende A: Fisiografiese grond B: Edafiese 1.3.3 Organismes wat nie hul eie A: Heterotrofiese voedsel kan produseer nie B: Ontbinders (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.4 Die diagram hieronder toon die struktuur van die menslike hart. 1.4.1 Identifiseer dele A, B en G. (3) 1.4.2 Gee SLEGS die LETTERS van die dele wat die terugvloei van bloed na die atrium voorkom. (2) 1.4.3 Noem die deel wat bloed vanaf die onderste helfte van die liggaam na die hart bring. (1) 1.4.4 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat voorkom dat die geoksigineerde (suurstofryke) en gedeoksigeneerde (suurstofarme) bloed meng. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V2 7 1.5 Die tabel hieronder toon die verskillende hoeveelhede CO2 wat die atmosfeer binnekom (▲) en die hoeveelheid wat uit die atmosfeer verwyder word (▼). Die getalle verteenwoordig miljarde ton CO2 per jaar. ATMOSFEER 120 60 60 1,1 8,4 90 90 ▼ ▲ ▲ ▲ ▲ ▼ ▲ Plantegroei A B C Oseane LITOSFEER HIDROSFEER 1.5.1 Identifiseer die bronne van CO2 in die atmosfeer wat deur die volgende voorgestel word: (a) A (1) (b) B (1) (c) C (1) 1.5.2 Plantegroei dra jaarliks 60 miljard ton CO2 tot die atmosfeer by. Watter biologiese proses is hiervoor verantwoordelik? (1) 1.5.3 Volgens die tabel, wat is die netto hoeveelheid CO2 wat elke jaar die atmosfeer binnedring? (3) 1.5.4 Noem die wêreldwye verskynsel van toenemende temperatuur wat deur oormatige CO2 in die atmosfeer veroorsaak word. (1) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram toon die aorta-druk tydens die hartsiklus. ଵଶ଴ Normale bloeddruk is , wat die sistoliese druk op die diastoliese druk is. ଼଴ Die sistoliese druk is die hoogste druk wat die bloed in die aorta bereik, terwyl die diastoliese druk die laagste druk is waartoe die bloed in die aorta daal. Druk (mm Hg) Aortadruk 2.1.1 Gebruik die inligting in die diagram hierbo en bereken die persoon se bloeddruk. (3) 2.1.2 Sou jy sê dat hierdie persoon lae, normale of hoë bloeddruk het? (1) 2.1.3 Beskryf wat ʼn beroerte veroorsaak. (3) 2.1.4 Noem TWEE risikofaktore vir ʼn beroerte. (2) [9] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V2 9 2.2 Die kaart hieronder toon een van Suid-Afrika se biome en ʼn afbeelding van ʼn Karoo-dwergverkleurmannetjie. A 2.2.1 Identifiseer die bioom op die kaart wat deur die gemerkte gebied A getoon word. (1) 2.2.2 Beskryf die klimaat van hierdie bioom. (3) 2.2.3 Watter algemene plantegroei kan jy verwag om in hierdie bioom te vind? (2) 2.2.4 Stel jou voor dat jy ʼn wetenskaplike is wat by die universiteit naby hierdie streek werk. Iemand bring vir jou ʼn Karoo dwergverkleur- mannetjie wat hulle gevind het. Dit lyk asof dit al ʼn rukkie lank nie kos gehad het nie en dat dit versorg moet word voordat dit weer in die natuur vrygelaat kan word. Die Karoo-dwergverkleurmannetjie is ʼn klein reptiel, gewoonlik 8–15 cm lank. Soos ander verkleurmannetjies kan dit van kleur verander om homself te kamoefleer. Verduidelik hoe jy ʼn terrarium (ʼn geslote glashouer om plante en / of diere in te hou) sal opstel, om dit lank genoeg aan die lewe te hou totdat sy gesondheid verbeter. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 2.3 Bob het besluit om vas te stel hoe die ligintensiteit die oopgaan van blomknoppe in ʼn spesifieke plantspesie, wat bekend staan as Watsonias, beïnvloed. Hy het vier buitelug-houers vir die Watsonias gebou. Die eerste een is bedek met een laag groen skadu-net. Die tweede een is met twee lae bedek, die derde met drie lae en die vierde met vier lae. Watsonias blom in die lente tot vroeë somer, dus het Bob sy eksperiment in Oktober gedoen met blomme wat hy by die kwekery gekoop het. In elke houer het Bob vyf identiese potte Watsonias gesit. Elke pot het ʼn enkele Watsonia-plant gehad van 20 cm hoog, bevat en het geen oop blomme gehad het nie. Elke houer is in volle sonlig op sy grasperk geplaas. Aan die einde van elke week het hy die totale aantal oop blomme in elke houer getel en sy resultate neergeskryf. Sy resultate word in die onderstaande tabel aangetoon. Aantal blomknoppies wat oor vier weke in Oktober op Watsonia- plante in vier verskillende houers oopgaan Houernommer Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 1 (25% skaduwee) 4 7 17 29 2 (50% skaduwee) 2 5 9 15 3 (75% skaduwee) 0 3 4 7 4 (100% skaduwee) 0 0 0 3 2.3.1 Wat is die: (a) Afhanklike veranderlike? (1) (b) Onafhanklike veranderlike? (1) 2.3.2 Noem EEN ding wat Bob kan doen om die geldigheid van sy eksperiment te verseker. (1) 2.3.3 Hoe kon Bob ʼn kontrole vir sy eksperiment opgestel het? (2) 2.3.4 Bereken die persentasie toename in aantal oop blomme vir buitelug-houer 2 van week 2 tot week 3. (3) 2.3.5 Wat kan Bob uit sy resultate aflei? (2) 2.3.6 Teken ʼn staafgrafiek van Bob se resultate van week 4. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V2 11 2.4 Die diagram hieronder toon ʼn voedselweb. Leeu Hiëna Springbok Sebra Gras 2.4.1 Noem die organisme hierbo wat ʼn ... (a) produseerder is. (1) (b) primêre verbruiker is. (1) 2.4.2 Verduidelik wat kan gebeur as die hiëna uit hierdie ekosisteem verwyder word. (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 3 3.1 Die sneeu-luiperd word soos volg geklassifiseer: Animalia, Chordata, Mammalia, Carnivora, Felidae, Panthera, Uncia 3.1.1 Aan watter Orde en Familie behoort die sneeu-luiperd? (2) 3.1.2 Korrigeer die foute in die binomiale (wetenskaplike) naam van die sneeu-luiperd. (2) 3.1.3 Hoeveel koninkryke van lewende organismes is daar? (1) 3.1.4 Die sneeu-luiperd is eukarioties. Wat beteken dit? (1) 3.1.5 Stel voor watter voedingswyse en voortplantingsmetode by sneeu- luiperde voorkom. (2) 3.1.6 Tiere, jaguars, leeus en luiperde behoort tot dieselfde genus as sneeu-luiperde. Noem die tipe tweestap-sleutel wat gebruik kan word om hierdie katte te identifiseer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V2 13 3.2 Die tabel hieronder toon ʼn geologiese tydskaal. ERA PERIODE MJG Kwaternêr 2 Senosoïes Tersiêr 65 Kryt 140–65 Mesosoïes Jurassies 190–140 Triassies 250–190 Permies 280–250 Karbonies 345–280 Devonies 400–345 Paleosoïes Siluries 435–400 Ordovisies 515–435 Kambries 570–515 3.2.1 Wetenskaplikes het fossiele van vroeë mense op baie plekke in Afrika ontdek. In watter era en periode sou hierdie fossiele geleef het? (2) 3.2.2 Wetenskaplikes het onlangs ʼn vroeë fossiel van die soogdier, genaamd Megaconus, ontdek, met die bynaam ‘Jurassiese Eekhoring’. Volgens wetenskaplikes het dit presies in die middel van die Jurassiese periode geleef. Bereken hoeveel miljoen jaar gelede dit was. (2) 3.2.3 Ongeveer 543 MJG het ʼn gebeurtenis bekend as die 'Kambriese Ontploffing' plaasgevind. Wat het tydens hierdie gebeurtenis gebeur? (2) 3.2.4 Die dinosourusse het aan die einde van die Krytperiode uitgesterf. Wetenskaplikes het voorgestel dat dit moontlik deur ʼn vulkaniese uitbarsting veroorsaak is. Verduidelik hoe die uitbarsting hierdie uitwissing kon veroorsaak het. (5) 3.2.5 Alle uitsterwingsgebeurtenisse soos die einde van die dinosourusse was te wyte aan fisieke oorsake, maar tog veroorsaak mense die uitsterwing van verskillende spesies teen ʼn hoër tempo as ooit tevore. Noem hierdie huidige massa-uitwissingsgebeurtenis en noem TWEE maniere waarop menslike aktiwiteite biodiversiteit bedreig. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 3.3 Die diagram hieronder toon hoe Suid-Amerika en Afrika eens in die verlede verbind was. SUID-AMERIKA AFRIKA RHEA VOLSTRUIS 3.3.1 Aan watter een van die twee groot super-kontinente het Suid- Amerika en Afrika behoort? (1) 3.3.2 Wat noem ons die studie van die verspreiding van bestaande en uitgestorwe organismes in verskillende geografiese gebiede? (1) 3.3.3 Voëls wat nie kan vlieg nie soos die rhea en volstruis is verskillende spesies, maar tog het hulle baie soortgelyke eienskappe. Verduidelik hoe sulke soortgelyke voëls wat nie kan vlieg nie op kontinente wat deur ʼn groot oseaan geskei is, beland het. (3) 3.3.4 Ysbere woon in die Noordpool, die Arktiese gebied, terwyl pikkewyne in die Suidpool, die Antarktika, woon, wat albei baie eenderse klimaatstoestande het. Stel ʼn rede voor waarom pikkewyne en ysbere nie by albei pole aangetref word nie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) LEWENSWETENSKAPPE V2 15 3.4 Die kaart hieronder toon verskillende terreine waar bewyse van die ryk fossielgeskiedenis van Suid-Afrika gesien kan word. A B C D 3.4.1 By watter nasionale erfenisgebied en grotte op punt A is die fossieloorblyfsels van mense gevind? (2) 3.4.2 Noem TWEE voordele wat fossielterreine, soos dié by punt A, vir die plaaslike bevolking inhou. (2) 3.4.3 Gee die wetenskaplike naam van die primitiewe plante by punt B wat verantwoordelik is vir die meeste van Suid-Afrika se steenkoolafsettings. (2) 3.4.4 Noem die uitgestorwe geleedpotiges met gesegmenteerde liggame wat by punt C ontdek is. (1) 3.4.5 Watter ‘lewende fossiel’ is aan die kus naby Oos-Londen by punt D gevang? (1) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING C VRAAG 4 Gee ʼn gedetailleerde beskrywing van die proses van fossielvorming in sedimentêre gesteentes en beskryf hoe wetenskaplikes die ouderdom van die fossiele kan skat met behulp van relatiewe datering. Noem ook hoe fossiele moontlik deur wetenskaplikes ontdek kan word. Inhoud: (17) Sintese: (3) LET WEL: GEEN punte word toegeken vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 Life Sciences

View all