Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 10
LEWENSWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 2½ ure
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Life Sciences Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)
Grade 10 Life Sciences Paper 1 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- North West November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 850.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
North West November 2019
Questions in this paper
- Question 1.1Plant and animal tissues18 marks
- Question 1.2Plant and animal tissues20 marks
- Question 1.3Transport systems in mammals14 marks
- Question 1.4Transport systems in mammals6 marks
- Question 2.1Cells: Basic units of life15 marks
- Question 2.2Chemistry of life9 marks
Show all 14 questions
- Question 2.3Support and transport systems: Plants11 marks
- Question 2.4Cells: Basic units of life5 marks
- Question 3.1Support and transport systems: Plants10 marks
- Question 3.2Support and transport systems: Plants5 marks
- Question 3.3Support systems: Animals6 marks
- Question 3.4Support systems: Animals4 marks
- Question 3.5Chemistry of life14 marks
- Question 3.6Chemistry of life9 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ‘n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
3
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
1.1.1 Begeleidende selle is deel van ...
A xileem.
B parenchiem.
C kollenchiem.
D floeëm.
1.1.2 Watter een van die volgende bene pas nie by die ander nie?
A Karpale
B Metakarpale
C Ulna
D Fibula
1.1.3 ‘n Organel wat die genetiese inligting van ‘n organisme bevat.
A Chloroplast
B Mitochondrion
C Nukleus
D Sentrosoom
1.1.4 Watter EEN van die volgende kan as dierweefsel geklassifiseer word?
A Lewer
B Bloed
C Hart
D Maag
1.1.5 Die ... bestaan uit neurone.
A hartspier
B gladde spier
C skeletspier
D senuwees
1.1.6 Trageïede vorm deel van ...
A xileem.
B sklerenchiem.
C sifvate.
D parenchiem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
1.1.7 Selle in ‘n blaar wat nie chloroplaste bevat nie.
A Sluitselle
B Sklerenchiem
C Palissade selle
D Parenchiemselle
1.1.8 Kwasjiorkor is ‘n gebreksiekte van ...
A proteïene.
B vitamien A.
C vitamien B.
D vette/lipiede.
1.1.9 Die bene van die pols staan bekend as ...
A tarsale.
B metatarsale.
C karpale.
D falankse.
(9 x 2) (18)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die temperatuur waarby ‘n ensiem die beste funksioneer
1.2.2 Die heel buitenste laag selle by plante
1.2.3 Die deel van die mikroskoop wat natuurlike lig verskaf
1.2.4 Die groei in dikte in die stingel van dikotiele plante
1.2.5 Openinge in die blaar waardeur gasse beweeg
1.2.6 Die vloeistof wat wrywing in ‘n gewrig voorkom
1.2.7 Plantweefsel wat reeds gedifferensieer is om sekere funksies
te verrig
1.2.8 Die langste been in die mens se liggaam
1.2.9 Die liggaam se vermoë om teenliggaampies te produseer om siektes
te beveg
1.2.10 Ongedifferensieerde, aktiefdelende plantweefsel
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
5
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 tot 1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Heg ‘n spier aan ‘n been A: Tendon
B: Ligament
1.3.2 Vervoer impulse van die sentrale A: Sensoriese neuron
senuweestelsel na spiere en kliere B: Motoriese neuron
1.3.3 Maak deel uit van die stele/vaatbondels A: Epidermis
B: Endodermis
1.3.4 Veroorsaak turgessensie in ‘n sel A: Selwand
B: Vakuool
1.3.5 Tipe skelet by reptiele, voëls en soogdiere A: Endoskelet
B: Eksoskelet
1.3.6 Selle waarin fotosintese plaasvind A: Sluitselle
B: Spons-parenchiem
1.3.7 Die weefsel wat net onder die boonste A: Palissade mesofil
epidermis van blare voorkom B: Sponsmesofil
(7 x 2) (14)
1.4 Bestudeer die tabel met inligting oor bloedselle in DRIE verskillende persone se
bloedmonsters en beantwoord die vrae wat volg.
AANTAL PER mm3 BLOED
TIPE BLOEDLIGGAAMPIE
PETER JOHAN SUZAN
Eritrosiete/rooibloedselle 5 000 500 2 100 000 8 200 000
Leukosiete/witbloedselle 6 100 5 100 510
Trombosiete/bloedplaatjies 100 255 000 249 000
1.4.1 (a) Watter persoon is waarskynlik anemies? (1)
(b) Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)
1.4.2 (a) Watter persoon se bloed sal moontlik nie maklik stol nie? (1)
(b) Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)
1.4.3 (a) Watter persoon het onlangs hoog bo seevlak gebly? (1)
(b) Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
1.4.4 (a) Watter persoon sal maklik siek word as hy/sy aan ‘n virus
blootgestel word? (1)
(b) Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)
(8)
TOTAAL AFDELING A: 50
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die volgende diagramme van selle en beantwoord die vrae wat volg.
1
2.1.1 Watter diagram, A of B, verteenwoordig ‘n plantsel? (1)
2.1.2 Gee DRIE sigbare redes vir jou keuse in VRAAG 2.1.1. (3)
2.1.3 Skryf die NOMMER neer van die deel wat geassosieer word met:
(a) proteïensintese (1)
(b) fotosintese (1)
2.1.4 Identifiseer die dele wat onderskeidelik 3, 5 en 8 genommer is. (3)
2.1.5 Verduidelik waarom daar na die organel wat 7 genommer is,
verwys word as die “kragstasie” van die sel? (2)
2.1.6 Maak ‘n netjiese, benoemde skets van die deel wat alle metaboliese
prosesse in die sel beheer. (4)
(15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
7
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
2.2 Bestudeer die onderstaande tabel wat die samestelling van sekere voedsel-
soorte in die mens se dieet per 100 g aantoon en beantwoord die vrae wat volg.
VOEDSEL ENERGIE PROTEIEN VETTE KOOLHI- KAL- YSTER VIT. A VIT. C
SOORT (kJ) (g) (g) DRATE SIUM (mg) (µg) (µg)
(g) (mg)
Spek 1983 18,0 52,0 0 15 0 0 0
Boontjies 376 7,0 0,4 22,0 65 2,4 298 0
Brood 1072 8,8 1,4 58,1 102 1,8 0 0
Botter 3230 0,2 87,3 0 1,7 0 2015 1,5
Melk 281 3,9 4,6 5,4 129 0,15 87 0,1
2.2.1 (a) Watter voedselsoort voorsien die beste voeding
vir die liggaam? (1)
(b) Gee ‘n rede vir jou antwoord in VRAAG 2.2.1 (a). (1)
2.2.2 Watter voedselsoort voorsien die meeste energie per porsie? (1)
2.2.3 Watter voedselsoort voorsien die minste energie per porsie? (1)
2.2.4 Watter voedselsoort beskou jy as die doeltreffendste vir:
(a) die voorkoming van bloeiende tandvleis? (1)
(b) groei en ontwikkeling? (1)
2.2.5 Die aanbevole daaglikse inname van yster is 18 mg per dag.
Bereken die persentasie yster wat deur ‘n 100 g porsie
brood per dag voorsien word. (Toon ALLE berekeninge) (3)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
2.3 Die diagram hieronder toon apparaat wat in ‘n laboratorium opgestel is.
Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
liniaal
kapillêre buis
2.3.1 Noem die apparaat in die diagram hierbo. (1)
2.3.2 Waarvoor word hierdie apparaat gebruik? (2)
2.3.3 Verskaf byskrifte vir die dele wat onderskeidelik 1, 2 en 3 genommer is. (3)
2.3.4 Verduidelik hoe die deel wat 2 genommer is, in die apparaat geplaas is. (2)
2.3.5 Noem EEN voorsorgmaatreël wat jy sal tref om die apparaat korrek op te
stel. (1)
2.3.6 Noem EEN ander eksterne faktor wat dieselfde effek as wind op
die praktiese ondersoek sal hê. (2)
(11)
2.4 Lees die volgende voorbeeld van ‘n proses wat na die beweging van molekules
verwys en beantwoord die vrae wat volg.
Thandi spuit parfuum in die hoek van ‘n klein, geslote kamer. Jacob staan
in die middel van die kamer en Lerato staan in die teenoorgestelde hoek.
2.4.1 Wie gaan die parfuum eerste ruik? Jacob of Lerato? (1)
2.4.2 (a) Sal die ander leerder ook uiteindelik die parfuum ruik? (1)
(b) Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.4.2 (a). (2)
2.4.3 Is die proses wat in VRAAG 2.4.2 genoem is, ‘n aktiewe of passiewe
proses? (1)
(5)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
9
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
weefsel A
weefsel B
blaar stingel
wortel
3.1.1 Verduidelik EEN waarneembare strukturele aanpassing wat die plant
in staat stel om waterverlies te voorkom. (3)
3.1.2 (a) Noem die weefsel wat water van die wortel na die
blaar vervoer. (1)
(b) Verduidelik TWEE maniere waarop die weefsel wat in
VRAAG 3.1.2 (a) genoem is, struktureel aangepas is om sy
funksie effektief te kan verrig. (4)
3.1.3 Noem die proses waarvoor weefsel A verantwoordelik is. (1)
3.1.4 Noem die proses wat veroorsaak dat water van een parenchiem-sel
se sitoplasma na ‘n ander sel s’n beweeg, wanneer dit deur die korteks
van die wortel beweeg. (1)
(10)
3.2 Tabelleer TWEE strukturele verskille tussen ‘n dikotiele wortel en ‘n
dikotiele stingel. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
3.3 Bestudeer die diagramme hieronder wat verskillende gewrigte aantoon en
beantwoord die vrae wat volg.
A
3.3.1 Identifiseer die tipe gewrigte volgens die beweging wat dit toelaat.
(a) A
(b) B
(c) C
(d) D (4)
3.3.2 Definieer die term; gewrig. (2)
(6)
3.4 Die diagramme in Kolom B stel ‘n tipe sinoviale gewrig voor. Kies die
LETTERS (A tot D) om by die plek in die mens se liggaam (Kolom A) te pas
waar dit voorkom. Bv. 3.4.5 E
KOLOM A KOLOM B
3.4.1 Falankse A
3.4.2 Karpale B
3.4.3 Humerus in gewrigsholte van C
pektorale gordel
3.4.4 Radius en ulna D
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
11
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
3.5 Bene en tande bestaan hoofsaaklik uit proteïene en kalsiumsoute. Die hardheid
van die materiaal hang af van die hoeveelheid kalsiumsoute wat teenwoordig is.
Dentien en emalje is die twee materiale waaruit tande bestaan.
In ‘n ondersoek het wetenskaplikes probeer vasstel watter deel van ‘n tand die
hardste is. Die tabel hieronder toon die hoeveelheid kalsiumsoute en proteïene in
been, dentien en emalje. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.
SAMESTELLING
TIPE MATERIAAL (% DROË MASSA)
KALSIUMSOUTE PROTEÏENE
Been 60 40
Dentien 80 20
Emalje 90 10
3.5.1 Verduidelik die gevolgtrekking van die ondersoek. (2)
3.5.2 Vanuit die tabel, identifiseer die:
(a) onafhanklike veranderlike. (1)
(b) afhanklike veranderlike. (1)
3.5.3 Gebruik die data in die tabel om ‘n staafgrafiek te teken. (6)
(10)
3.6 Sommige huishoudelike waspoeiers word beskryf dat hul ‘n ‘biologiese’ aksie
het omdat hulle ensieme bevat. Hierdie waspoeiers is veral geskik om vlekke
soos bloed, eier, sjokolade en vleissous te verwyder. Die vervaardigers beweer
dat hierdie waspoeiers meer effektief in louwater as in koue of baie warm
water werk.
3.6.1 Gee ‘n rede waarom die biologiese waspoeiers meer effektief is as
gewone waspoeiers om vlekke soos hierbo genoem, te verwyder. (1)
3.6.2 By watter temperatuur (in oC) sou jy sê moet die lou water wees vir
die beste resultate? (1)
3.6.3 Verduidelik waarom die vervaardigers beweer dat biologiese
waspoeiers minder effektief is by hoë temperature. (2)
3.6.4 Noem EEN rede waarom biologiese waspoeiers meer ekonomies is
as gewone waspoeiers. (1)
(5)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12
Lewenswetenskappe/V1 NSS – Graad 10 NW/November 2019
AFDELING C
VRAAG 4
Verduidelik wat kanker is en onderskei tussen TWEE soorte gewasse. Bespreek die
oorsake en behandeling van kanker.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van ‘n tabel, vloeidiagramme
of diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P1 North West November 2019 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P1 North West November 2019 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 10 P2 North West November 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 10 P2 North West November 2019 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 10 Life Sciences

Study guide
Gr10 Lewenswetenskappe OG studyguide LR

Study guide
Gr10 Life Sciences TG studyguide LR

Question paper and memo
Life Sciences Grade 10 KZN March Test 2026 Paper & Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P1 November Mock 2026 Memo (English)

Memorandum
Life Sciences Grade 10 P2 November Mock 2026 Memo (English)

Memorandum