Skip to content

Mathematics Grade 12 Mathematics 2021 Exam Guideline (Afr)

Exam guidelineMathematicsGrade 12202116 pages

Grade 12 Mathematics exam guideline from the Mathematics 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDE EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 2 DBO/2021 Eksamenriglyne INHOUD Bladsy Hoofstuk 1: Inleiding 3 Hoofstuk 2: Assessering in graad 12 2.1 Formaat van vraestelle in graad 12 4 2.2 Gewig van onderwerpe per vraestel in graad 12 4 2.3 Gewig van kognitiewe vlakke 5 Hoofstuk 3: Uitbreiding van graad 12-inhoud (KABV) 6 Hoofstuk 4: Aanvaarbare redes: Euklidiese Meetkunde 4.1 Acceptable Reasons: Euclidean Geometry (ENGLISH) 9 4.2 Aanvaarbare redes: Euklidiese Meetkunde (AFRIKAANS) 12 Hoofstuk 5: Inligtingsblad 15 Hoofstuk 6: Algemene riglyne vir nasien 16 Hoofstuk 7: Slot 16 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 3 DBO/2021 Eksamenriglyne 1. INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Wiskunde gee 'n uiteensetting van die aard en doel van die vak Wiskunde. Dit lei die filosofie wat onderliggend is tot die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:  Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Wiskunde geassesseer gaan word  Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamen voor te berei Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel nie die skoolgebaseerde assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne praktiese eksamen nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument, wat jaarliks bygewerk word, hanteer word. Hierdie riglyne moet saam met die volgende gelees word:  Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Wiskunde  Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R tot 12)  Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumstelling, graad R tot 12 By hierdie dokument is 'n lys van Euklidiese Meetkunde-redes, in Engels en Afrikaans, ingesluit wat as 'n riglyn gebruik moet word tydens die onderrig van Euklidiese Meetkunde aan leerders. Die Inligtingsblad vir Vraestel 1 en 2 is by hierdie dokument ingesluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 4 DBE/2021 Eksamenriglyne 2. ASSESSERING IN GRAAD 12 Alle kandidate sal, soos voorgeskryf, twee eksterne vraestelle skryf. 2.1 Formaat van Vraestelle vir Graad 12 Vraestel Onderwerpe Tyd Totaal Datum Nasien Getalpatrone en reekse Finansies, groei en vermindering Funksies en grafieke 1 3 uur 150 Oktober/November Ekstern Algebra, vergelykings en ongelykhede Differensiaalrekening Waarskynlikheid Euklidiese Meetkunde Analitiese Meetkunde 2 3 uur 150 Oktober/November Ekstern Statistiek en regressie Trigonometrie Vrae in beide Vraestel 1 en 2 sal prestasie op verskillende kognitiewe vlakke assesseer met die klem op metodiekvaardighede, kritiese denke, wetenskaplike beredenering en strategieë om probleme te ondersoek en op te los in verskillende kontekste. 'n Inligtingsblad is op bl. 15 ingesluit. 2.2 Gewig van Onderwerpe per Vraestel vir Graad 12 VRAESTEL 1 PUNTE VRAESTEL 2 PUNTE Algebra, Vergelykings en Ongelykhede 25 Statistiek en Regressie 20 Getalpatrone 25 Analitiese Meetkunde 40 Funksies en Grafieke 35 Trigonometrie 50 Finansies, Groei en Vermindering 15 Euklidiese Meetkunde 40 Differensiaalrekening 35 Telbeginsel en Waarskynlikheid 15 TOTAAL 150 TOTAAL 150 Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 5 DBE/2021 Eksamenriglyne 2.3 Gewig van Kognitiewe Vlakke Vraestel 1 en 2 sal vrae oor al vier kognitiewe vlakke insluit. Die verspreiding van die kognitiewe vlakke in die vraestelle word hieronder gegee: Benaderde Kognitiewe Beskrywing van Vaardighede wat Getoon Moet Aantal Punte Gewig Vlak Word in 'n 150 punt- vraestel  Herroep van inligting  Identifisering van korrekte formule op die inligtingsblad (nie verandering van onderwerp nie) Kennis 20% 30 punte  Gebruik van wiskundige feite  Toepaslike gebruik van wiskundige woordeskat  Algoritmes  Skatting en toepaslike afronding van getalle  Bewyse van voorgeskrewe stellings en aflei van formules  Uitvoer van bekende prosedures  Eenvoudige toepassings en berekeninge wat 'n Roetine paar stappe kan behels 35% 52–53 punte prosedures  Afleiding uit gegewe inligting kan nodig wees  Identifisering en gebruik (na verandering van die onderwerp) van 'n korrekte formule  Oor die algemeen soortgelyk aan klaswerk  Probleme wat komplekse berekeninge en/of hoër-orde-beredenering behels  Daar is gewoonlik nie 'n duidelike pad na die oplossing nie  Probleme hoef nie op werklike-lewe-konteks Komplekse gebaseer te word nie 30% 45 punte prosedures  Kan ook betekenisvolle konneksies tussen verskillende voorstellings behels  Vereis konseptuele begrip  Daar word van leerders verwag om probleme op te los deur integrering van verskillende onderwerpe  Nie-roetine probleme (wat nie noodwendig moeilik is nie)  Probleme is hoofsaaklik onbekend  Behels hoër-orde-denke en -prosesse Probleem- oplossing  Kan die vermoë vereis om die probleem in sy 15% 22–23 punte samestellende dele op te breek  Interpretasie en ekstrapolasie uit oplossings verkry deur probleme wat op onbekende kontekste gebaseer is, op te los Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 6 DBE/2021 Eksamenriglyne 3. UITBREIDING VAN INHOUD/ONDERWERPE Die doel van die verduideliking van die onderwerpe is om die onderwyser leiding te gee ten opsigte van die vlak en omvang van die onderwerpe wat vir eksamendoeleindes nodig is. Integrasie van onderwerpe word aangemoedig aangesien leerders Wiskunde as 'n holistiese dissipline moet sien. Dus kan vrae wat verskillende onderwerpe integreer, gevra word. FUNKSIES 1. Kandidate moet in staat wees om funksie-notasie te gebruik en te interpreteer. In die onderrigproses moet leerders verstaan hoe getransformeer moet word om , , , en x = f(y) , waar , te verkry. 2. Trigonometriese funksies sal SLEGS in VRAESTEL 2 voorkom. GETALPATRONE 1. Die reeks van eerste verskille van 'n kwadratiese getalpatroon is lineêr. Daarom kan kennis van lineêre patrone in die konteks van kwadratiese getalpatrone getoets word. 2. Rekursiewe getalpatrone sal nie eksplisiet geëksamineer word nie. 3. Verwantskappe tussen getalpatrone wat in vroeëre grade gedoen is, moet deeglik vasgelê word. FINANSIES, GROEI EN VERMINDERING 1. Verstaan die verskil tussen nominale en effektiewe rentekoerse en doen gemaklik omskakeling tussen hulle vir die volgende saamgestelde periodes: maandeliks, kwartaalliks en halfjaarliks. 2. Met uitsluiting van die berekening van i in die formules, en , word daar van die kandidate verwag om enige van die ander veranderlikes te bereken. 3. Piramideskemas sal NIE geëksamineer word NIE. ALGEBRA 1. Oplos van kwadratiese vergelykings, deur middel van kwadraatsvoltooiing, sal NIE geëksamineer word nie. 2. Oplos van kwadratiese vergelykings, deur gebruik te maak van die substitusie-metode (k- metode), is eksamineerbaar. 3. Vergelykings met wortelvorme, wat lei tot kwadratiese vergelykings, is eksamineerbaar. 4. Oplos van nie-kwadratiese ongelykhede moet in die konteks van funksies gesien word. 5. Aard van die wortels sal intuïtief by die oplossing van kwadratiese vergelykings en in alle voorgeskrewe funksies getoets word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 7 DBE/2021 Eksamenriglyne DIFFERENSIAALREKENING 1. Die volgende notasies kan vir differensiaalrekening gebruik word: , of . 2. Ten opsigte van derdegraadse (kubiese) funksies, kan van kandidate verwag word om:  Die vergelyking van 'n derdegraadse funksie te bepaal.  Die aard van die stasionêre punte te bespreek, ingesluit lokale maksimum, lokale minimum en infleksiepunte.  Kennis van transformasies op gegewe funksies toe te pas om hul beelde te verkry. 3. Van kandidate word verwag om die grafiek van die afgeleide van 'n funksie te skets en te interpreteer. 4. Buite-oppervlakte en volume sal in die konteks van optimalisering eksamineer word. 5. Kandidate moet die formules vir die buite-oppervlakte en volume van regte prismas ken. Hierdie formules sal NIE op die formuleblad gegee word NIE. 6. Indien 'n optimaliseringsvraag gebaseer is op die buite-oppervlakte en/of volume van 'n keël, sfeer en/of piramide, sal 'n lys van die relevante formules by die vraag gegee word. Daar sal van kandidate verwag word om die korrekte formule uit daardie lys te kies. WAARSKYNLIKHEID 1. Afhanklike gebeurtenisse is eksamineerbaar, maar voorwaardelike waarskynlikhede is NIE deel van die sillabus NIE. 2. Afhanklike gebeurtenisse waar 'n item nie vervang word nie, is eksamineerbaar. 3. Vrae wat vereis dat 'n leerder die verskillende aantal maniere wat items in 'n sirkel gerangskik kan word moet tel en/of die gebruik van kombinasies, is nie in die gees van die kurrikulum nie. 4. Ten opsigte van woordrangskikkings, kan letters wat in die woord herhaal word, beskou word as dieselfde (ononderskeibaar) of verskillend (onderskeibaar). Die vraag sal in so 'n geval baie spesifiek wees. EUKLIDIESE MEETKUNDE 1. Meting kan getoets word in die konteks van optimalisering in differensiaalrekening en twee- en driedimensionele figure in trigonometrie. 2. Saamgestelde figure kan gevorm word deur 'n kombinasie van 'n maksimum van TWEE van die genoemde figure. 3. Die volgende bewyse van stellings is eksamineerbaar:  'n Lyn wat vanuit die middelpunt van 'n sirkel loodreg op 'n koord getrek word, halveer die koord  'n Lyn wat vanuit die middelpunt 'n koord halveer, is loodreg op die koord.  Die hoek wat 'n boog/koord by die middelpunt van 'n sirkel onderspan, is dubbel die hoek wat dieselfde boog/koord by enige punt op die omtrek (aan dieselfde kant van die koord as die middelpunt) onderspan  Die teenoorstaande hoeke van 'n koordevierhoek is supplementêr  Die hoek wat gevorm word tussen 'n raaklyn aan 'n sirkel en 'n koord wat vanuit die raakpunt getrek word, is gelyk aan die hoek in die oorstaande segment  'n Lyn wat ewewydig aan een sy van 'n driehoek getrek word, verdeel die ander twee sye in eweredige dele.  Gelykhoekige driehoeke is gelykvormig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 8 DBE/2021 Eksamenriglyne 4. Afleidings vanaf stellings en aksiomas is nodig vir die oplossing van probleme:  Hoeke in half- of semi-sirkels.  Gelyke koorde onderspan gelyke hoeke op die omtrek van 'n sirkel.  Gelyke koorde onderspan gelyke middelpuntshoeke van 'n sirkel.  In gelyke sirkels onderspan gelyke koorde gelyke hoeke op die omtrek.  In gelyke sirkels onderspan gelyke koorde gelyke middelpuntshoeke.  Die buitehoek van 'n koordevierhoek is gelyk aan die teenoorstaande binnehoek van die vierhoek.  Indien die buitehoek van 'n vierhoek gelyk is aan die teenoorstaande binnehoek van die vierhoek, is die vierhoek 'n koordevierhoek.  Raaklyne wat vanaf 'n gemeenskaplike punt buite die sirkel getrek word, is ewe lank 5. Die stellings van vierhoeke sal in die eksamen in vrae geïntegreer word. 6. Gemeenskaplike snypunte (samelopendheid) is uitgesluit. TRIGONOMETRIE 1. Die resiproke verhoudings: cosec , sec  en cot  kan deur kandidate gebruik word in die beantwoording van vrae, maar sal nie eksplisiet getoets word nie. 2. Die fokus van trigonometriese grafieke is op verwantskappe, vereenvoudigings en die bepaling van snypunte deur oplos van vergelykings. Eienskappe van die grafieke moet egter nie uitgesluit word nie. ANALITIESE MEETKUNDE 1. Bewys van die eienskappe van veelhoeke deur middel van analitiese meetkunde. 2. Begrip van die konsep, saamlynigheid. 3. Daar word van kandidate verwag om Euklidiese Meetkunde stellings en aksiomas in Analitiese Meetkunde probleme te integreer. 4. Die lengte van 'n raaklyn, vanaf 'n punt buite die sirkel, moet bereken kan word. 5. Konsepte wat samelopendheid behels, sal nie geëksamineer word nie. STATISTIEK 1. Kandidate moet aangemoedig word om die sakrekenaar te gebruik by die berekening van standaardafwyking, variansie en die vergelyking van die kleinste kwadrate regressielyn. 2. Interpretasie van die standaardafwyking in terme van die normaalverspreiding is nie eksamineerbaar nie. 3. Daar word van kandidate verwag om uitskieters intuïtief by spreidiagram en die mond-en- snordiagram te identifiseer. In die geval van die mond-en-snordiagram word data wat buite die interval (onderste kwartiel – 1,5 IQR; boonste kwartiel + 1,5 IQR) val as uitskieters beskou. Kandidate sal egter nie gepenaliseer word as hulle nie van hierdie formule gebruik maak om uitskieters te identifiseer nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 9 DBE/2021 Eksamenriglyne 4. AANVAARBARE REDES: EUKLIDIESE MEETKUINDE Om eenvormigheid te bewerkstellig, word die gebruik van die volgende korter weergawes van die stellings aangemoedig. 4.1 ACCEPTABLE REASONS: EUCLIDEAN GEOMETRY (ENGLISH) THEOREM STATEMENT ACCEPTABLE REASON(S) LINES The adjacent angles on a straight line are supplementary. s on a str line If the adjacent angles are supplementary, the outer arms of these angles adj s supp form a straight line. The adjacent angles in a revolution add up to 360. s round a pt OR s in a rev Vertically opposite angles are equal. vert opp s = If AB || CD, then the alternate angles are equal. alt s; AB || CD If AB || CD, then the corresponding angles are equal. corresp s; AB || CD If AB || CD, then the co-interior angles are supplementary. co-int s; AB || CD If the alternate angles between two lines are equal, then the lines are alt s = parallel. If the corresponding angles between two lines are equal, then the lines corresp s = are parallel. If the co-interior angles between two lines are supplementary, then the coint s supp lines are parallel. TRIANGLES The interior angles of a triangle are supplementary.  sum in  OR sum of s in ∆ OR Int s  The exterior angle of a triangle is equal to the sum of the interior ext  of  opposite angles. The angles opposite the equal sides in an isosceles triangle are equal. s opp equal sides The sides opposite the equal angles in an isosceles triangle are equal. sides opp equal s In a right-angled triangle, the square of the hypotenuse is equal to the Pythagoras OR sum of the squares of the other two sides. Theorem of Pythagoras If the square of the longest side in a triangle is equal to the sum of the Converse Pythagoras squares of the other two sides then the triangle is right-angled. OR Converse Theorem of Pythagoras If three sides of one triangle are respectively equal to three sides of SSS another triangle, the triangles are congruent. If two sides and an included angle of one triangle are respectively SAS OR SS equal to two sides and an included angle of another triangle, the triangles are congruent. If two angles and one side of one triangle are respectively equal to two AAS OR S angles and the corresponding side in another triangle, the triangles are congruent. If in two right-angled triangles, the hypotenuse and one side of one RHS OR 90°HS triangle are respectively equal to the hypotenuse and one side of the other, the triangles are congruent Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 10 DBE/2021 Eksamenriglyne THEOREM STATEMENT ACCEPTABLE REASON(S) The line segment joining the midpoints of two sides of a triangle is Midpt Theorem parallel to the third side and equal to half the length of the third side The line drawn from the midpoint of one side of a triangle, parallel to line through midpt || to 2nd side another side, bisects the third side. A line drawn parallel to one side of a triangle divides the other two line || one side of  sides proportionally. OR prop theorem; name || lines If a line divides two sides of a triangle in the same proportion, then the line divides two sides of ∆ in prop line is parallel to the third side. If two triangles are equiangular, then the corresponding sides are in ||| s OR equiangular ∆s proportion (and consequently the triangles are similar). If the corresponding sides of two triangles are proportional, then the Sides of ∆ in prop triangles are equiangular (and consequently the triangles are similar). If triangles (or parallelograms) are on the same base (or on bases of same base; same height OR equal length) and between the same parallel lines, then the triangles (or equal bases; equal height parallelograms) have equal areas. CIRCLES The tangent to a circle is perpendicular to the radius/diameter of the tan  radius circle at the point of contact. tan  diameter If a line is drawn perpendicular to a radius/diameter at the point where line  radius OR the radius/diameter meets the circle, then the line is a tangent to the converse tan  radius OR circle. converse tan  diameter The line drawn from the centre of a circle to the midpoint of a chord is line from centre to midpt of chord perpendicular to the chord. The line drawn from the centre of a circle perpendicular to a chord line from centre  to chord bisects the chord. The perpendicular bisector of a chord passes through the centre of the perp bisector of chord circle; The angle subtended by an arc at the centre of a circle is double the  at centre = 2 × at circumference size of the angle subtended by the same arc at the circle (on the same side of the chord as the centre) The angle subtended by the diameter at the circumference of the circle s in semi-circle OR is 90. diameter subtends right angle OR  in  If the angle subtended by a chord at the circumference of the circle is chord subtends 90 OR 90, then the chord is a diameter. converse s in semi-circle Angles subtended by a chord of the circle, on the same side of the s in the same seg chord, are equal If a line segment joining two points subtends equal angles at two points line subtends equal s OR on the same side of the line segment, then the four points are concyclic. converse s in the same seg Equal chords subtend equal angles at the circumference of the circle. equal chords; equal s Equal chords subtend equal angles at the centre of the circle. equal chords; equal s Equal chords in equal circles subtend equal angles at the circumference equal circles; equal chords; equal s of the circles. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 11 DBE/2021 Eksamenriglyne THEOREM STATEMENT ACCEPTABLE REASON(S) Equal chords in equal circles subtend equal angles at the centre of the equal circles; equal chords; equal s circles. The opposite angles of a cyclic quadrilateral are supplementary opp s of cyclic quad If the opposite angles of a quadrilateral are supplementary then the opp s quad supp OR quadrilateral is cyclic. converse opp s of cyclic quad The exterior angle of a cyclic quadrilateral is equal to the interior ext  of cyclic quad opposite angle. If the exterior angle of a quadrilateral is equal to the interior opposite ext  = int opp  OR angle of the quadrilateral, then the quadrilateral is cyclic. converse ext  of cyclic quad Two tangents drawn to a circle from the same point outside the circle Tans from common pt OR are equal in length Tans from same pt The angle between the tangent to a circle and the chord drawn from the tan chord theorem point of contact is equal to the angle in the alternate segment. If a line is drawn through the end-point of a chord, making with the converse tan chord theorem OR chord an angle equal to an angle in the alternate segment, then the line  between line and chord is a tangent to the circle. QUADRILATERALS The interior angles of a quadrilateral add up to 360. sum of s in quad The opposite sides of a parallelogram are parallel. opp sides of ||m If the opposite sides of a quadrilateral are parallel, then the opp sides of quad are || quadrilateral is a parallelogram. The opposite sides of a parallelogram are equal in length. opp sides of ||m If the opposite sides of a quadrilateral are equal , then the quadrilateral opp sides of quad are = is a parallelogram. OR converse opp sides of a parm The opposite angles of a parallelogram are equal. opp s of ||m If the opposite angles of a quadrilateral are equal then the quadrilateral opp s of quad are = OR is a parallelogram. converse opp angles of a parm The diagonals of a parallelogram bisect each other. diag of ||m If the diagonals of a quadrilateral bisect each other, then the diags of quad bisect each other quadrilateral is a parallelogram. OR converse diags of a parm If one pair of opposite sides of a quadrilateral are equal and parallel, pair of opp sides = and || then the quadrilateral is a parallelogram. The diagonals of a parallelogram bisect its area. diag bisect area of ||m The diagonals of a rhombus bisect at right angles. diags of rhombus The diagonals of a rhombus bisect the interior angles. diags of rhombus All four sides of a rhombus are equal in length. sides of rhombus All four sides of a square are equal in length. sides of square The diagonals of a rectangle are equal in length. diags of rect The diagonals of a kite intersect at right-angles. diags of kite A diagonal of a kite bisects the other diagonal. diag of kite A diagonal of a kite bisects the opposite angles diag of kite Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 12 DBE/2021 Eksamenriglyne 4.2 AANVAARBARE REDES: EUKLIDIESE MEETKUNDE (AFRIKAANS) STELLING AANVAARBARE REDE LYNE Aangrensende hoeke op 'n reguitlyn is supplementêr. e op reguit lyn As aangrensende hoeke supplementêr is, lê die buitenste bene van die aangr. e suppl. hoeke in 'n reguitlyn. Die som van die aangrensende hoeke om 'n punt is 360 . e om 'n punt OF e in 'n omw Regoorstaande hoeke is gelyk. regoorst. e As AB || CD, dan is die verwissellende hoeke gelyk verw. e ; AB || CD As AB || CD, dan is die ooreenkomstige hoeke gelyk. ooreenk. e ; AB || CD As AB || CD, dan is die ko-binnehoeke supplementêr. ko-binne e ; AB || CD As die verwissellende hoeke tussen twee lyne gelyk is, dan is die lyne verw. e = ewewydig. As die ooreenkomstige hoeke tussen twee lyne gelyk is, dan is die lyne ooreenk. e = ewewydig. As die ko-binnehoeke tussen twee lyne supplementêr is, dan is die lyne ko-binne e suppl. ewewydig. DRIEHOEKE Die binnehoeke van 'n driehoek is supplementêr.  som van  OF som van e in  OF binne e Die buitehoek van 'n driehoek is gelyk aan die som van die twee buite  van teenoorstaande binnehoeke. Die hoeke teenoor die gelyke sye van 'n gelykbenige driehoek, is e teenoor gelyke sye gelyk. Die sye teenoor die gelyke sye van 'n gelykbenige driehoek, is gelyk. sye teenoor gelyke e In 'n reghoekige driehoek is die vierkant op die skuinssy gelyk aan die Pythagoras OF Stelling van som van die vierkante op die ander twee sye. Pythagoras As die vierkant op een sy van 'n driehoek gelyk is aan die som van die Omgekeerde Pythagoras vierkante op die ander twee sye, dan is die driehoek reghoekig. OF Omgekeerde stelling: Pythagoras As drie sye van een driehoek onderskeidelik gelyk is aan drie sye van SSS 'n ander driehoek, dan is die driehoeke kongruent. As twee sye en 'n ingeslote hoek van een driehoek onderskeidelik SHS OF SS gelyk is aan twee sye en 'n ingeslote hoek van 'n ander driehoek, dan is die twee driehoeke kongruent. As twee hoeke en 'n sy van een driehoek onderskeidelik gelyk is aan HHS OF S twee hoeke en 'n ooreenstemmende sy van 'n ander driehoek, dan is die twee driehoeke kongruent. As die skuinssy en 'n reghoeksy van 'n reghoekige driehoek RHS OF 90°HS onderskeidelik gelyk is aan die skuinssy en 'n reghoeksy van 'n ander reghoekige driehoek, dan is die twee driehoeke kongruent. Die lynstuk wat die middelpunte van twee sye van 'n driehoek verbind, Midpt.-stelling is ewewydig aan en gelyk aan die helfte van die derde sy. Die lynstuk wat van die middelpunt van een sy van 'n driehoek lyn deur midpt || 2de sy ewewydig aan die tweede sy getrek word, halveer die derde sy. Die lyn ewewydig aan een sy van 'n driehoek verdeel die ander twee lyn || een sy van OF sye in eweredige dele. eweredige stelling; noem || lyne Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 13 DBE/2021 Eksamenriglyne STELLING AANVAARBARE REDE As 'n lyn twee sye van 'n driehoek in eweredige dele verdeel, is die lyn lyn verdeel twee sye van ewewydig aan die derde sy. eweredig As twee driehoeke gelykhoekig is, is hulle ooreenstemmende sye ||| e OF gelykhoekige e eweredig (en is driehoeke dus gelykvormig). e As die ooreenstemmende sye van twee driehoeke eweredig is, is die Sye van eweredig driehoeke gelykhoekig (en is driehoeke dus gelykvormig). Driehoeke (of parallelogramme) op dieselfde basis en tussen dieselfde dieselfde basis ; dieselfde hoogte ewewydige lyne is gelyk in oppervlakte. OF gelyke basis ; gelyke hoogte SIRKELS 'n Raaklyn aan 'n sirkel is loodreg op die radius/middellyn van die raaklyn  radius sirkel by die raakpunt. raaklyn  middellyn As 'n lyn loodreg getrek word na die radius/middellyn by die punt Lyn  Radius OF waar die radius/middellyn die sirkel ontmoet, dan is die lyn 'n raaklyn omgekeerde raaklyn  radius OF aan die sirkel. omgekeerde raaklyn  middellyn Die lynstuk wat die middelpunt van 'n sirkel met die middelpunt van 'n lyn vanuit midpt na midpt van koord verbind, is loodreg op die koord. koord Die loodlyn uit die middelpunt van 'n sirkel na 'n koord, halveer die lyn vanuit midpt  op koord koord. Die middelloodlyn van 'n koord gaan deur die middelpunt van die middelloodlyn van koord sirkel. Die hoek wat 'n koord by die middelpunt van 'n sirkel onderspan, is Midpts = 2 x Omtreks dubbel die hoek wat dit by enige punt op die omtrek onderspan (aan dieselfde kant van die koord as die midpt). Die omtrekshoek wat deur die middellyn onderspan word, is 90°.  in halwe sirkel OF middellyn onderspan regte hoek OF  in  As 'n koord van 'n sirkel 'n regte hoek by die omtrek onderspan, dan is Koord onderspan 90 OF die koord 'n middellyn. omgekeerde  in halwe sirkel Hoeke onderspan deur 'n koord van 'n sirkel, aan dieselfde kant van die e in dieselfde segment koord, is gelyk. As 'n lynstuk wat twee punte verbind, gelyke hoeke by twee ander Lynstuk onderspan gelyke e OF punte aan dieselfde kant van die lynstuk onderspan, dan is die vier omgekeerde e in dieselfde punte konsiklies. (d.w.s. hulle lê op die omtrek van 'n sirkel). segment Gelyke koorde onderspan gelyke omtrekshoeke. gelyke koorde; gelyke e Gelyke koorde onderspan gelyke middelpuntshoeke. gelyke koorde; gelyke e Gelyke koorde in gelyke sirkels onderspan gelyke omtrekshoeke. gelyke sirkels; gelyke koorde ; gelyke e Gelyke koorde in gelyke sirkels onderspan gelyke middelpuntshoeke. gelyke sirkels; gelyke koorde ; gelyke e Die teenoorstaande hoeke van 'n koordvierhoek is supplementêr. teenoorst. e van kvh As die teenoorstaande hoeke van 'n vierhoek supplementêr is, dan is teenoorst. e van vierhoek is supp die vierhoek 'n koordevierhoek. OF omgekeerde teenoorst e koordevierhoek Die buitehoek van 'n koordevierhoek is gelyk aan die teenoorstaande buite van kvh binnehoek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 14 DBE/2021 Eksamenriglyne STELLING AANVAARBARE REDE As die buitehoek van 'n vierhoek gelyk is aan die teenoorstaande buite van vierhoek = teenoorst. binnehoek, dan is die vierhoek 'n koordevierhoek. binne  OF omgekeerde buite  koordevierhoek Twee raaklyn wat vanaf dieselfde punt buite 'n sirkel na 'n sirkel Raaklyne vanuit gemeensk. Punt getrek word, is ewe lank. OF raaklyne vanaf dieselfde punt Die hoek wat gevorm word tussen 'n raaklyn aan 'n sirkel en 'n koord raaklyn koord stelling wat vanuit die raakpunt getrek word, is gelyk aan die hoek in die oorstaande segment. As 'n lyn deur die eindpunt van 'n koord 'n hoek met die koord vorm  tussen lyn en koord OF wat gelyk is aan die hoek in die oorstaande segment, dan is die lyn 'n omgekeerde raaklyn koord stelling raaklyn aan die sirkel. VIERHOEKE Die som van die binnehoeke van 'n vierhoek is 360. som van e in vierhoek Die teenoorstaande sye van 'n parallelogram is ewewydig. teenoorst. sye van ||m As die teenoorstaande sye van 'n vierhoek ewewydig is, dan is die teenoorst sye van vierh is || vierhoek 'n parallelogram. Die teenoorstaande sye van 'n parallelogram is gelyk in lengte. teenoorst. sye van ||m As die teenoorstaande sye van 'n vierhoek gelyk is, dan is die vierhoek teenoorst sye van vierh = OF 'n parallelogram. omgekeerde teenoorst sye van ||m Die teenoorstaande hoeke van 'n parallelogram is gelyk. teenoorst. e van ||m As die teenoorstaande hoeke van 'n vierhoek gelyk is, dan is die teenoorst. e van vierh = OF vierhoek 'n parallelogram. omgekeerde teenoorst. e van ||m Die hoeklyne van 'n parallelogram halveer mekaar. hoeklyne van ||m As die hoeklyne van 'n vierhoek mekaar halveer, dan is die vierhoek 'n hoeklyne van vierh halveer mekaar parallelogram. OF omgekeerde hoeklyne van ||m As een paar teenoorstaande sye van 'n vierhoek gelyk en ewewydig is, teenoorst. sye = en || dan is die vierhoek 'n parallelogram. Die hoeklyne van 'n parallelogram halveer die oppervlakte van die hoeklyn van ||m halveer opp parallelogram. Die hoeklyne van 'n ruit halveer mekaar reghoekig. hoeklyne van ruit Die hoeklyne van 'n ruit halveer die teenoorstaande binnehoeke. hoeklyne van ruit Al vier sye van 'n ruit is gelyk. sye van ruit Al vier sye van 'n vierkant is gelyk. sye van vierkant Die hoeklyne van 'n reghoek is ewe lank. hoeklyne van reghoek Die hoeklyne van 'n vlieër sny mekaar reghoekig. hoeklyne van vlieër Die een hoeklyn van 'n vlieër halveer die ander hoeklyn. hoeklyne van vlieër Een hoeklyn van 'n vlieër halveer die teenoorstaande binnehoeke hoeklyne van vlieër Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 15 DBE/2021 Eksamenriglyne 5. INLIGTINGSBLAD  b  b 2  4ac x 2a A  P(1  ni) A  P(1  ni) A  P(1  i) n A  P(1  i) n Tn  a  (n  1)d Sn  n 2a  (n  1)d  2 Tn  ar n1 ar n  1 ; S  a Sn  r 1 ; 1  r  1 r 1 1 r F  x 1  i   1 n  P  x 1  1  i  n  i i f ( x  h)  f ( x ) f ' ( x)  lim h 0 h  x  x2 y1  y 2  d  ( x 2  x1 ) 2  ( y 2  y1 ) 2 M  1 ;   2 2  y 2  y1 y  mx  c y  y1  m( x  x1 ) m m  tan x 2  x1 x  a 2   y  b2  r 2 a b c 1 In ABC:   a 2  b 2  c 2  2bc. cos A area ABC  ab. sin C sin A sin B sin C 2 sin     sin  . cos   cos  .sin  sin     sin  . cos   cos  .sin  cos     cos  . cos   sin  . sin  cos     cos  . cos   sin  . sin  cos 2   sin 2   cos 2  1  2 sin 2  sin 2  2 sin  . cos  2 cos 2   1  n 2 x  xi  x  x  2  i 1 n n n( A) P( A)  P(A or B) = P(A) + P(B) – P(A en B) nS  yˆ  a  bx b  x  x ( y  y ) (x  x) 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Wiskunde 16 DBE/2021 Eksamenriglyne 6. ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIEN  As 'n leerder meer as een keer probeer om 'n vraag te beantwoord en nie een van die pogings kanselleer nie, word slegs die eerste poging nagesien ongeag watter een van die poging(s) die korrekte antwoord is.  Volgehoue Akkurate (CA) nasien met betrekking tot berekeninge, sal in die volgende gevalle toegepas word: - Subvraag tot subvraag: Indien 'n sekere veranderlike in die eerste subvraag verkeerd bereken is en in 'n ander subvraag vervang moet word, mag volpunte toegeken word vir die daaropvolgende subvrae indien die metodes wat gebruik word, korrek is en die berekenings korrek uitgevoer is. - Aanvaar van waardes/antwoorde om probleme op te los, is onaanvaarbaar.. 7. SLOT Hierdie Eksamenriglyn-dokument is bedoel om die assesseringsdoelstellings wat in die KABV dokumente voorgehou word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger vir die KABV- dokument waarvolgens onderwysers moet onderrig nie. Kwalitatiewe kurrikulumdekking soos aangedui in die KABV kan nie genoeg beklemtoon word nie. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Mathematics

View all